04.05.2013 Views

BYL AAG ELD 18 SEPTEMBER 2007 GR AAD 0 - 3 - 24.com

BYL AAG ELD 18 SEPTEMBER 2007 GR AAD 0 - 3 - 24.com

BYL AAG ELD 18 SEPTEMBER 2007 GR AAD 0 - 3 - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEER EN PRESTEER

BYLAAG TOT BEELD 18 SEPTEMBER 2007 GRAAD 0 - 3

Jy is baie spesiaal, kyk net

hoe lief jou familie en maats

vir jou is.

Dit is belangrik dat jy altyd

mooi na jouself moet kyk.

Lees die bylaag en doen al

die werkkaarte – dit sal jou

help om te weet hoe jy

gesond kan bly en altyd seker

te maak jy is veilig.

Kyk na die middelblad. Wat is

vir jou die belangrikste wat jy

geleer het? Skryf ‘n sin.

Onthou, lees maak jou slim.

Lees elke dag die koerant.

Beeld vertel alles wat jy moet

weet.

Lekker skool gaan, leer fluks

en doen altyd jou bes!

Elize Engelbrecht

Hoof: Beeld in Onderwys

Lisa Blakeway

Besturende Direkteur:

Learning Channel

OUERSTIPLYS

Ouers weet dat skooltoetrede vir elke kleuter ‘n groot stap in hulle lewe is. Dit is vir

hulle die begin van formele akademiese onderrig en dit kan nie genoeg beklemtoon

word dat ‘n positiewe ervaring vir die kind van onskatbare waarde sal wees ten

opsigte van die vestiging van ‘n positiewe selfbeeld en gevoel van eie waarde nie.

Met skooltoetrede om die draai moet ons seker maak dat ons kleuters gereed is vir

hierdie groot stap.

Aktiwiteit wat van die skoolbeginner verwag word

Is die kind skoolpligtig (m.a.w. word 7 jaar oud in jaar

waarin hy/sy skool toe gaan)

Fisiese gereedheid, visuele en ouditiewe gereedheid

• Is leerder fisies gesond en lewenslustig (nie moeg,lusteloos nie)?

• Kan self toilet besoek en aandui wanneer hy ‘n behoefte het

• Kan goed sien/het visie laat toets

• Kan goed hoor/het gehoor laat toets

JA NEE

Waarom moet my kind fisies gereed wees? Dit is belangrik dat u kind gesond

is, goed kan sien en hoor, asook selfstandig sal wees met betrekking tot sy/haar

behoeftes (honger, dors, toilet toe gaan ens.)

Wat kan ek doen? Leer u kind om behoeftes op aanvaarbare, maar duidelike

wyse uit te spreek. Laat u kind deur die Kinderarts of Algemene praktisyn medies

ondersoek en laat die visie en gehoor toets indien u onseker is oor die effektiwiteit

daarvan.

Growwe motoriek (Groot spierbewegings)

Kan met sy vingerpunt en hand bo-oor sy kop aan sy oor raak

Is nie meer lomp nie, val of loop nie meer vas in voorwerpe nie

Kan gemaklik van ‘n trappie of klimraam spring

Kan ongeveer vyf tree agteruit loop

Kan op ‘n reguit streep op die vloer loop

Kan vir tien tellings lank op een been staan

Kan vyf tree vorentoe op een been spring

Kan hande ritmies klap en ‘n eenvoudige ritme-patroon na-aap

Kan ritmies saam met die musiek hande klap

Kan regter – en linkerhande benoem en onderskei

JA NEE

Werkkaart Ek kan lees! Ek is versigtig!

Lees die leeskaart. Lees die woord ‘versigtig’ vir die teken:

Daar is plek gelaat vir jou om die leeskaart te voltooi.

Kan self aan- en uittrek

Kan ‘n bal met albei hande vang

Waarom is growwe motoriek so belangrik? Die skool verwag dat die

skoolbeginner oor genoegsame beheer en koördinasie beskik om hom/haar in staat

te stel om te hardloop, te spring en te reik sonder om lomp te wees. Hierdie

aktiwiteite moedig ook integrasie tussen die verskillende breinmodaliteite aan wat

lees- en skryfaktiwiteite aanhelp.

Wat kan ek doen? Moedig fisieke aktiwiteite aan, laat die kind heelwat speletjies

buite die huis speel, swem, leer fietsry. Moedig die kind aan om self (onder u toesig)

brood te sny en smeer, water in ‘n glas te gooi ens.

Fyn motoriek (Klein spierbewegings)

Kan knopies vas- en losmaak, asook skoenveters vasmaak

Het ‘n stewige potloodgreep (duim en wysvinger op die potlood

terwyl die potlood op die middelvinger rus)

In staat om eenvoudige prentjies van ‘n huis, boom en mens te teken

Kan ‘n skêr gebruik en op ‘n reguitlyn uitknip

In staat om die volgende vorms te benoem en te teken (sirkel,

vierkant, driehoek, kruisie)

JA NEE

Waarom is fyn motoriek belangrik? Die voornemende leerder moet voldoende

beheer oor die fynspierbewegings van die liggaam hê sodat hy/sy ‘n potlood kan

vashou, ‘n liniaal kan gebruik, met ‘n skêr kan knip, die blaaie van ‘n boek kan

omblaai, ens.

Wat kan ek doen? Moedig aktiwiteite aan soos papiere knip, plak, inkleur, om tou

deur knopies te ryg, klei te speel, papiere te frommel, prentjies na te trek, legkaarte

te bou, skoene vas te maak, strikkies te vou, ritsluiter oop en toe te maak ens.

Taalgebruik

Gebruik volsinne

Praat vloeiend, druk gedagtes redelik maklik uit

Benoem die meeste voorwerpe maklik

Praat verstaanbaar, duidelik en die meeste ander persone

verstaan die kind .

JA NEE

Waarom is taalgebruik so belangrik? Taal is die kommunikasiemedium en die

skool verwag dat die voornemende leerder in staat sal wees om die taal te verstaan,

te praat en gedagtes, behoeftes logies en verstaanbaar uit te druk.

Ek is met Ek is met

Ek is met Ek is met

Ek is met Ek is met

2 Leer en presteer, graad 0-3, bylaag tot Beeld, Dinsdag 18 September 2007

Werkkaart 1 Praat daaroor Ek herken gevaar Werkkaart 2 Padtekens en vorms Ek ken vorms

Maats, dit is belangrik om gevaar te herken en te weet

wat jy moet doen. Kyk na die prentjies en vertel vir ‘n

maat wat die gevaar is en hoe jy die gevaar sal hanteer

of vermy.

gif

‘n Vreemde

persoon bied

jou lekkers

aan.

Kyk mooi na die padtekens. Vertel vir jou maat watter

vorm die teken het en wat dit beteken. Kyk ook na die

middelblad van hierdie bylaag.

Ontwerp jou eie padteken in die blok hieronder. Vertel jou

maat watter vorm jou teken het en wat jou padteken

beteken.

Werkkaart 3 Gee raad Ek is bewus van my veiligheid by die skool

Wat doen die kinders wat gevaarlik is? Watter raad sal jy vir

hulle gee om te sorg dat hulle veilig sal wees in die skoolbus?

Watter raad sal jy vir kinders gee wat skool toe loop?

Pieter bestudeer insekte deur sy

vergrootglas, maar hy stel homself in

gevaar. Hoe doen hy dit? Watter raad sal jy

vir hom gee? Watter raad sal jy vir kinders

gee om veilig by die skool te speel?

Teken jou eie

prent op ‘n vel

papier oor

veiligheid by

die skool. Vertel

jou maat van

jou prent.

Leer en presteer, graad 0-3, bylaag tot Beeld, Dinsdag 18 September 2007 3

Werkkaart 1 Praat daaroor Drie soorte brande om te blus

Die prente wys vir ons drie soorte brande: A - ‘n Gewone brand (hout, papier, ens.) B - ‘n Brandstofvuur C –‘n Elektriese brand.

Gesels daaroor. Weet jy hoe ‘n mens die drie soorte brande blus? Moet nooit ‘n elektriese vuur met water blus nie!

Ken jy die STOP, VAL, ROL-reël? Dit is wat ‘n

mens moet doen as jou klere aan die brand

raak. As jy rol, veral in sand, sny jy die vuur se

suurstof af en vrek die vlamme.

Maak ‘n tekening om te wys hoe jy die STOP,

VAL, ROL-reël toepas of hoe die brandweer

‘n vuur blus.

Skryf ‘n sin by jou tekening.

(Juffrou: Verduidelik asseblief dat water elektrisiteit gelei

en dat ‘n mens doodgeskok kan word as jy ‘n elektriese

brand met water probeer blus. Verduidelik ook dat

suurstof vlamme voed. As die suurstof afgesny word,

sal die vuur uitdoof. Plaas ‘n glas oor ‘n brandende kers

om dit te illustreer. Verduidelik dat dit is wat gebeur as

‘n mens ‘n gewone vuur met water en die ander twee

soorte met chemikalieë blus – jy sny die suurstof af.)

Werkkaart 2 Grafieke Ek is versigtig met vlamme en vuur

Is jy versigtig met vlamme en vuur? Weet jy dat ‘n mens nie met vuur speel nie? Mooi so! Kyk mooi na die grafiek hieronder en

beantwoord dan die vrae wat Juffrou sal lees. Die grafiek wys hoeveel vure ‘n brandweerafdeling in ‘n week moes blus.

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag Sondag

1. Op watter dag het die brandweer die meeste vure geblus? Hoeveel?

2. Op watter twee dae saam was daar vyf vure?

3. Hoeveel vure was daar op die eerste dag van die week?

4. Hoeveel vure was daar oor die hele week?

5. Op watter dag was dit rustig in die brandweerstasie? Waarom?

6. Waarom dink jy, was daar meer vure op Saterdag en Sondag as gedurende die week?

7. Dink nog twee vrae uit wat ‘n mens oor die grafiek kan vra. Gee ook die antwoorde.

Antwoorde:

1. Saterdag, 6.

2. Woensdag en Donderdag /Maandag en

Vrydag.

3. Sondag was daar 5 vure.

4. 21.

5. Op Dinsdag – daar was geen vuur om te

gaan blus nie.

6. Waarskynlik omdat meer mense tuis is en

vuur maak wat buite beheer raak.

6 Leer en presteer, graad 0-3, bylaag tot Beeld, Dinsdag 18 September 2007

Werkkaart 3 Padreëls My eie padtoneel

Maak jou eie padtoneel en wys jy ken verkeerstekens. Kyk na die prent hieronder. Op ‘n vel papier moet jy voertuie teken, inkleur en

uitknip en dit dan op die padtoneel plak. Jy moet op dieselfde manier verkeerstekens maak en dit op die regte plek in die padtoneel

plak. Kyk na die middelblad van hierdie bylaag na idees vir padtekens. Wys jou prent vir jou maat en gesels daaroor.

Graad 3 Werkkaart 1 Storietyd Ons maak ons eie storie oor vuur

Werk saam in ‘n groep. Dink ‘n storie uit oor die prent. Wat het vooraf gebeur? Wie was in die huis? Hoe het die vuur ontstaan?

Was iemand dalk onverskillig met vuurhoutjies? Sal die brandweermanne die vuur kan blus? Hoe het die storie geëindig?

Werk almal saam aan die storie. Luister na mekaar en oorweeg baie moontlikhede. As julle klaar die storie uitgewerk het, vertel

dit as ‘n kettingstorie aan die res van die klas. Elkeen in die groep vertel ‘n gedeelte van die storie. Geniet julle storie!

Leer en presteer, graad 0-3, bylaag tot Beeld, Dinsdag 18 September 2007 7

12

Werkkaart 2 Kodesomme Die vorm van padtekens het betekenis

Doen kodesomme: Maats, die vorms

van verkeerstekens dra betekenis soos

jy hier kan sien. Ons gaan hierdie vorms

gebruik in kodesomme. Kyk mooi wat

die kode is:

–2

+3 +4

Gebruik die begin

getal. Pas die kode

toe en skryf die

antwoord in die ster.

Gebruik hierdie

antwoord om jou

volgende

berekening te doen.

Verbodtekens wat sê wat jy moet

of nie mag doen nie is rond.

Waarskuwingstekens het die vorm

van ‘n driehoek.

Inligtingstekens is gewoonlik

vierkantig of reghoekig.

Graad 3 Werkkaart 3 Padveiligheid Kies die storie wat vertel wat gebeur het

Lees die twee stories. Watter storie dink jy pas die beste by die prent? Vertel vir ‘n maat waarom jy dink dit pas die beste. Dink jy

David is versigtig of dink jy hy is onverskillig? Waarom sê jy so? Vertel vir jou maat.

David speel in die straat. Hy is baie lief vir

sokker en speel dit graag. Hy bly in ‘n woonstel

waar daar nie speelplek is nie. Daarom speel

hy in die straat.

Hy sien nie die motor wat aankom nie. Voor hy

weet wat gebeur het, stamp die motor hom

op die boud. Hy skrik hom boeglam. Gelukkig

was dit ‘n ligte stampie, maar dit was hard

genoeg om hom te leer: ‘n Mens speel nie in

die straat nie!

David speel in die park. Hy skop sy sokkerbal. Hy

verbeel hom dat hy vir die 2010 sokker-beker

speel. Hy skop hoog en ver. Hy is versigtig dat

hy nie ander mense met die bal pla nie.

Hy sien mense aankom in ‘n trapkar. Trapkar-ry is

een van die dinge wat mens in die park kan

doen. David tel sy bal op en wag dat hulle

verbykom.

Mooi so David! Jy is bedagsaam en versigtig.

8 Leer en presteer, graad 0-3, bylaag tot Beeld, Dinsdag 18 September 2007

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!