04.05.2013 Views

FINAAL MEMO Kuns teorie.pdf - sacai

FINAAL MEMO Kuns teorie.pdf - sacai

FINAAL MEMO Kuns teorie.pdf - sacai

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

1 | BLADSY

VISUELE KUNS

VRAESTEL 1 TEORIE

REKORDEKSAMEN

2012

MEMORANDUM

HIERDIE MEMORANDUM BESTAAN UIT 13 BLADSYE

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

2 | BLADSY

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat nagesien word.

1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Leerders moet enige VYF vrae vir 'n

totaal van 100 punte beantwoord.

2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die leerder in baie

gevalle:

• Leerders moet krediet ontvang vir die gee van hul eie menings en idees

in antwoorde.

• Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.

• Dit is ook belangrik dat argumente en stellings goed beredeneer en

gemotiveer moet word deur verwysings na spesifieke faktore.

3.

Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.

4. Inligting en kunswerke bespreek in een vraag, mag nie weer krediet kry as dit

herhaal word in 'n ander vraag nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke

is toelaatbaar.

5. Leerder moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk

noem, waar van toepassing.

6.

Leerder mag beide twee- en drie-dimensionele kunswerke in enige vraag

bespreek, waar van toepassing.

7. Onthou dat baie leerders hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle

dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom die feitelike,

akademiese inligting verwag nie. Hulle moet neem uit hul eie ervarings,

kulture en interpretasies van die kunswerke, binne die konteks van die

vraag. Daarom moet nasieners buigbaar wees en 'n oop gemoed hê in

die merkproses.

ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS

• Hierdie nasienmemorandum moet dien as beide 'n riglyn vir nasieners en 'n

ondderrigmiddel. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte

behandel sodat die materiaal as 'n onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele

van die memorandum is slegs 'n voorgestelde gids.

• Nasieners word aangemoedig om leerders te beloon vir wat hulle weet, eerder as

om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.

• Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet leerders in opstel-

/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.

• Leerders moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die

vereistes van die vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte behaal nie.

• Nasieners moet verwys na die Visuele Kunste VAG-dokumentmatriks vir 'n gids

om die vlakke van prestasie te bepaal.

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

3 | BLADSY

Assessering van leerders se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en

daarop te reageer

PRESTASIE-

KODE

7

Uitstekend

80 - 100%

6

Verdienstelik

70 - 79%

5

Substansieel

60 - 69%

4

Gemiddeld

50 - 59%

3

Bevredigend

40 - 49%

2

Elementêr

30 - 39%

1

Nie behaal nie

0 - 29%

LEERUITKOMS 4: VISUELE KULTUURSTUDIES

Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,

sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.

Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van

kuns.

Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul

kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar

te lewer.

Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van

kuns.

Toon uitstekende insig en begrip.

Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,

sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.

Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.

Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,

sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.

Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.

Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,

sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.

Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.

Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,

sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.

Toon min vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.

Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

Demonstreer min of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul kulturele,

sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.

Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunste-terminologie.

Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.

Toon min of geen begrip of insig nie.

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

4 | BLADSY

VRAAG 1: DIE OPKOMENDE STEM VAN SWART KUNS

1.1 Leerders moet die visuele bronne in FIGUUR 1a,1b, 1c en 1d bestudeer en 'n

opstel (ongeveer 1 tot 1½ bladsy) skryf waarin die volgende bespreek word:

Stedelike identiteit en sosiale probleme:

In al die voorbeelde dra die figure stylvolle westerse kleredrag en die stad is sigbaar in die

agtergrond in figure 1b,1c en 1d. Die inhoud van die werke stel probleme en kultuurgebruike

van die stad voor: onluste en terreur met die bus en woongebied as konteks (1b), die

naamloosheid, gebrek aan huisvesting en ekonomiese druk van die stad (1c) en die sosiale

vermaak, musiek en dansstyle van die stad (1d).

Ruimte

In fig 1b, 1c en 1d word die voorste figure kleiner of in sagter toonwaardes as en voor die

agterste figure uitgebeeld. In figure 1b en 1c word gebruik gemaak van eenpunt-perspektief

met „n sentrale verdwyningspunt wat die illusie van ruimte skep.

Kleurgebruik, tegniek en styl

Pemba gebruik helder, sterk kleure en verf spontaan met los, sigbare kwashale. Sy

styl het elemente van ekspressionisme en realisme. In fig 1b, 1c en 1d is daar „n duidelike

emosionele toon, bv in 1b angs, woede, desperaatheid en aggressie; 1c eensaamheid,

verlorenheid, hartseer; 1d helder kleure stel vrolikheid, energie en blydskap voor.

Selfportret

Pemba se selfportret spreek van selfvertroue en selfrespek as kunstenaar. Die kwashale

in die agtergrond toon sy waagmoed as skilder. Sy houding is die van „n wyse waarnemer

wat met insig na sy mense en hulle omstandighede kyk. Daar is geen naïwiteit te bespeur

nie. Hy dokumenteer die lotgevalle en emosies van sy mense. Hy sien onregte raak en is

saam met hulle bly oor politieke bevryding. (10)

1.2 Die leerder moet die werk van nog EEN Suid-Afrikaanse stedelike swart kunstenaar van

die twintigste eeu wat bestudeer is bespreek en aantoon hoe die kunstenaar werk „n

stedelike identiteit in sy/haar werk weerspieel. Daar moet ook kommentaar gelewer word

op die tegniek en styl van die kunswerke. Bespreek EEN OF MEER kunswerke in „n

opstel van ten minste een bladsy.

(10)

[20]

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

5 | BLADSY

VRAAG 2: SOEKE NA 'N AFRIKA-IDENTITEIT IN SUID-AFRIKAANSE KUNS

SEDERT 1950

2.1

Keuse van onderwerp

Die tradisionele masker is die uitbeelding van „n kop en Skotnes se

werk is „n interpretasie van twee tradisionele figure: die kop en skouers

van „n manlike en vroulike figuur.

Materiaal, styl en tegniek

Fig 2a is „n driedimensionele voorwerp gekerf uit hout en versier met

gevonde materiaal soos skulpe. Fig 2 is ook gekerf, is tweedimensioneel,

maar tekstuurryk. Fig 2a en 2b: vereenvoudiging en stilering en distorsie

van vorm. Geometriese vlakke word beklemtoon. In albei kunswerke is

bruine en natuurlike kleure sigbaar.

In watter mate het Skotnes weggebreek van tradisie en sy eie styl

gevestig?

Skotnes (fig 2b) neem die eienskappe van inheemse Afrika- styl artefakte

en improviseer verder om „n dekoratiewe en liniêre effek te kry, sy eie

interpretasie van „n herkenbare Afrika-geïnspireerde styl. Hy wissel

donkerbruin af met roesrooi en oker en die donker fatsoene lyne en merke

word gekontrasteer teen „n ligter agtergrond.

(6)

2.2 Die leerder moet „n opstel van ongeveer een en ‘n halwe bladsy skryf oor

TWEE of meer Suid-Afrikaanse kunstenaars wat „n Afrika-identiteit in hulle

werk inbou. Die onderwerpe, style en tegnieke wat hierdie kunstenaars

gebruik, moet bespreek word en daar moet aangetoon word in watter opsigte

hulle werk kenmerkend is van „n Afrika-identiteit. Verwys na ten minste VIER

voorbeelde van kunswerke.

(14)

[20]

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 3: KUNS EN POLITIEK: WEERSTANDSKUNS ('RESISTANCE ART')

3.1

3.1.1 Fig 3a: Die figure is gestileer en vereenvoudig. Die kind se gesig is

weggesteek in die hoekie van die formaat. Die kind kom bang en kwesbaar

voor en sy gesig is in kontras met die aggressiewe, sterk houding van die

volwassenes. Die effek is dat die volwassenes ter wille van die kind envan die

vervulling van basiese behoeftes optree, en nie om politieke mag te verkry nie.

Fig 3b: Stalin word uitgebeeld as „n sagmoedige, vaderlike figuur wat

omgee vir die jeug, die toekomstige draers van die ideologie, soos

gesimboliseer deur die vlag. Die uitbeelding is sentimenteel en die pastelkleure

is suikeragtig. Die uitbeelding van Stalin is in sterk kontras met die feite van sy

wandade en dus ironies. Dit is „n voorbeeld van propaganda.

Fig 3c: Die kind word uitgebeeld as „n lydende, hartseer en bang figuur,

die slagoffer van apartheid. Hy het „n boek in sy hand – hy wil ontwikkel en leer

ten spyte van teenstand en sy opvoeding vind plaas in uiters moeilike

omstandighede. Die figuur lok emosie by die toeskouer en impliseer „n

magstruktuur wat wandade veroorsaak. Dit is bedoel om empatie by die

toeskouer te ontlok. Die sterk kleurkontraste: swart, wit en rooi het „n sterlk

visuele impak en trek die aandag.

(6)

3.1.2 In figuur 3a is daar „n paar belangrike elemente: huise, voertuie, mense,

letterwerk, sterk kleurkontraste en eenvoudige, plat vorms. Die huise is die

eenvoudige huisies in „n plakkerskamp. Die voertuie is weermagvoeruie wat

gebruik word om gesag af te dwing. Die mense staan op vir hulle regte en hulle

gebalde vuiste is prominent. Die plakkaat dra „n sterk boodskap oor van mense

wat magsuitbuiting nie meer duld nie. Die basiese elemente dra „n hele konteks

oor. Min word gesê met baie. Die plat helder kleur trek die aandag en het „n

sterk visuele impak. Die letterwerk ondersteun die beeld. Die plakkaat dra sy

boodskap duidelik en effektief oor.

(4)

3.2 Bespreek die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat tydens die

Apartheidsera hulle kuns gebruik het om kommentaar te lewer op politieke onreg

of om ‘n bewussyn daarvan te kweek. Verwys ten minste na TWEE voorbeelde

van kunswerke.

(10)

[20]

6 | BLADSY

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 4: KUNSVLYT ('CRAFT') EN TOEGEPASTE KUNS

Bestudeer die afbeeldings van keramiek gebruiksvoorwerpe (figure 4a, 4b, 4c en 4d).

Die Bauhaus-styl weerspieël die beginsel: minder is meer en is „n styl wat vroeg in die

twintigste eeu in Europa ontstaan het. Ardmore is „n keramiek-ateljee in KwaZulu-Natal

waar werklose mense opgelei word in pottebakkerswerk.

4.1 Skryf „n kort opstel waarin jy bogenoemde twee style in keramiekontwerp met

mekaar vergelyk op grond van die voorbeelde wat jy hier waarneem. Vergelyk

die vorms, kleure en dekorasies op die voorwerpe. Wat weerspieël hierdie

voorwerpe van die kultuur waaruit hulle ontstaan het?

Vorm en dekorasie: Fig 4a eb 4b: basies geometriese vorms wat herhaal word

in die dekorasie op die bord. Fig 4b het geen dekoratiewe element en die

elegansie van die vorm verhoog die estetiese waarde. Fig 4c en 4d het

ingewikkelde profiele en is ryklik versier met organiese, figuratiewe vorms en

lyne. Al vier die voorwerpe is funksioneel. Die funksie word meer beklemtoon by

fig 4a en 4b en by fig 4c en 4d word dekorasie meer beklemtoon.

Kleur: Fig 4a en fig ab: eenvoud, slegs twee kleure, die wit van die porselein en

blou. Die kleur is ingehoue en onderbeklemtoon.

Fig 4c en 4d: helder primêre en sekondêre kleure. Die kleure is opvallend, ryk en

eksoties.

Kultuur : Fig 4a en 4b: Westerse funksionaliteit en elegansie, eenvoud,

modernisme, stedelikheid, abstrakte dekorasie van die vroeg twintigste eeu. Fig

4c en 4d verwysna inheemse Afrika-kultuur. Figuratiewe plante en diere verwys

na die ongeskonde oorvloedige natuur.

4.2 In 1½ bladsye,bespreek die werk van TWEE vlytkunstenaars wie se werk die identiteit

uitdruk van die kultuur waarvan die kunstenaar deel is. Verduidelik die tegniek en

bespreek die materiaal wat die kunstenaars gebruik. Watter rol speel dekorasie in

hulle werk?

(12)

7 | BLADSY

(8)

[20]

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 5: KUNS EN MAG – GEDENKGEBOUE, -TEKENS EN -KUNSWERKE

(‘COMMEMORATIVE BUILDINGS, MEMORIALS AND ARTWORKS’)

5.1

Watter eienskappe van die leier word telkens beklemtoon?

Fig 5a: Paul Kruger word uitgebeeld as „n waardige staatsman wat gerespekteer word. Hy

staan vier, regop en trots en is geklee as staatsman met keil en banier.

Fig 5b: Nelson Mandela word uitgebeeld as „n vriendelike en toeganklike mens en nie as „n

politieke figuur nie. Hy is informeel geklee in „n loshangende “Madiba-hemp”, besig om te

dans. Die groot skaal simboliseer sy statuur in die samelewing.

Fig 5c: Stalin is verhewe bo die gewone mens, met sy rug na hule gedraai. Hy is

ontoeganklik, „n grys, monolitiese figuur met formele houding in „n onpersoonlike jas

toegedraai.

Lewer kommentaar op die konteks/omgewing waarin die beelde geplaas is.

Fig 5a: Kruger is die kern van sy tuisstad, omring deur boerekrygers, direk voor sy raadsaal.

Hy is „n geliefde figuur en verteenwoordig „n historiese tydperk.

Fig 5b: Mandela is geplaas in „n kommersiële omgewing waar hy sigbaar is vir toeriste en

verbruikers. Hy word hier „n uitvoerproduk en voeg ekstra waarde by vir die verbruiker wat

gekom het om inkopies te doen of by „n restaurant tee eet. Die beeld het “vermaakwaarde”

in hierdie konteks.

Fig 5c: Stalin word uitgebeeld hoog bo grondvlak. Sy status as magsfiguur word beklemtoon

Die beeld van Stalin is in skaal die grootste van die drie en het net twee

dekades lank bly staan. Dink jy die ander twee beelde behoort bewaar te word vir

toekoms? Gee redes vir jou antwoorde.

Die leerder is vry om positief of negatief te reageer, maar moet sy/haar antwoord goed

motiveer. (8)

5.2 Bespreek voorbeelde van EEN OF MEER geboue/monumente wat ontwerp is om

geskiedkundige gebeure te gedenk. Verduidelik die redes vir oprigting en gee jou

mening oor die sinvolheid van die gebou/struktuur: moet dit bewaar word of daarvan

ontslae geraak word soos Stalin se beeld? Bespreek ook die eienskappe van die

struktuur of strukture wat jy bestudeer het en die omgewing of konteks waarin dit

geplaas is. Lengte: 1 - 1½ bladsye.

8 | BLADSY

(12)

[20]

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 6: DIE ROL VAN DIE FORMELE EN INFORMELE KUNSSENTRUMS IN DIE

OPLEIDING VAN KUNSTENAARS IN SUID-AFRIKA GEDURENDE APARTHEID/POST-

APARTHEID

6.1

Wat is die voordele asook die beperkinge van die medium linosnee?

Voordele: meer as een identiese kopié kan gemaak word en verkoop word en die

medium is relatief goedkoop. Beperkings: vorms moet vereenvoudig word, dit is moeilik

om oorgange tussen lig en donker toonwaardes te skep, baie moet met min gesê word,

die tegniese aspekte van die drukproses moet onder die knie gekry word.

Tema en onderwerp

Fig 6a is „n religieuse onderwerp en die figure is simbolies. Fig 6b toon „n toneel uit die

alledaagse werklikheid, maar kan ook dien as aansporing tot onderwys of verering van

die onderigsituasie.

Die kunswerke toon beide een figuur wat langs ‘n groep figure voorgestel is. Hoe het

elkeen die plasing van die figure hanteer?

Fig 6a: die figure word horisontaal oor die prentoppervlak versprei. Die enkel-figuur van

die herder word gebalanseer deur die rye skape wat netjies georden is op die res van

die vlak. Ruimte is plat en gestileer. Fig 6b: driedimensionele ruimte word geskep en die

enkelfiguur is agter die groepgeplaas, wat ook georden is in rye. Die kunstenaar was

suksesvol in die skep van die illusie van ruimte, ten spyte van die plat, gestileerde

vorms.

Hoe het elke kunstenaar visuele afwisseling en variasie geskep?

Albei kunstenaars wissel wit en swart vlakke suksesvol teenoor mekaar af en skep

afwisseling deur tekstuur, strepe, kolle en patrone.

(8)

6.2 Skryf „n opstel van ongeveer een tot een en „n halwe bladsy oor EEN kunssentrum

wat „n belangrike bydrae gelewer het tot die opleiding en vestiging van kunstenaars.

Sluit die volgende in jou antwoord in:

Die naam van die sentrum

Watter kursusse het hierdie sentrum aan die studente gebied?

Bespreek die werk van ten minste EEN kunstenaar wat sy/haar opleiding hier

ontvang het. Verwys na voorbeelde van sy/haar werk en bespreek die temas,

tegnieke, materiaal en betekenis van die kunstenaar se werk.

9 | BLADSY

(12)

[20]

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 7: MULTIMEDIA - ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE

KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

7.1 In hierdie kunswerk (figuur 7) deur Cornelia Parker, „n Britse kunstenares, word

gebruik gemaak van ongewone materiale en tegnieke. Die kunstenares het „n

tuinskuur laat ontplof en al die broksukke bymekaar gemaak en weer

geherrangskik in die kunsgalery. Skryf „n opstel van ongeveer „n halwe tot

een bladsy waarin jy hierdie kunswerk ontleed.

Gebruik die volgende punte as riglyn:

Installasie : die benutting van ruimte en beligting

Die totale ruimte waarin die kunswerk geïnstalleer is word betrek. Wanneer die

toeskouer die ruimte betree, is hy/sy deel van die werk. Objekte (skrapnel van die

ontploffing) word van die dak gehang en in die sentrale gedeelte van die ruimte

gekonsentreer. In die kern van die objekte skyn „n baie sterk lig. Die effek is dat elke

voorwerp se skadu vergroot word en dat die profiel van elke voorwerp herhaal word,

in vergrootte skaal, teen die vloer, dak en muur.

Die gebruik van gevonde materiaal:waarom kan die werk as kuns beskou

word?

Marcel Duchamp en die Dadaïste het gevonde materiaal onveranderd uitgestal as

kunswerke in die tweede dekade van die twintigste eeu. Dit was „n reaksie op

massavervaardiging, industrialisasie en anonimiteit, kenmerke van „n tegnologiese

samelewing. Kunstenaars het begin om gebruik te maak van afvalmateriaal in hulle

werk. Picasso het ook afval gehersirkuleer in Kubistiese collages.

Die geslaagdheid van hierdie kunswerk. Stem jy saam dat hierdie kunswerk

moontlik kan verwys na ‘n skeppingsdaad? Bespreek die moontlike

betekenisse van die werk en gee redes vir jou stellings.

Elke toeskouer reageer individueel, maar die kunswerk lyk soos „n ontploffing wat

gevries is : miskien die manier waarop ons as mense die skepping van die heelal

ervaar- die nagevolge van „n ontploffing wat reeds aan die gebeur is en wat ons in

“stadige aksie” ervaar. Die kunswerk kanook verwys na die skeppingsdaad van die

kunstenaar en sy/haar herrangskikking van materie of voorwerpe om daaraan

betekenis te gee. Daar is „n spel met die begrippe orde en chaos on die werk. Die

kunswerk het „n sterk visuele en sintuiglike impak, ongeag die betekenis daarvan.

(8)

7.2 Bespreek die werk van EEN of MEER Suid-Afrikaanse kontemporêre

kunstenaar/s wat gebruik maak van ongewone konsepte, materiale en

tegnieke. Verwys na ten minste DRIE voorbeelde van kunswerke.

10 | BLADSY

(12)

[20]

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 8: KUNS EN DIE GEESTELIKE (SPIRITUELE) GEBIED – KWESSIES

RAKENDE GELOOFSTELSELS EN DIE GEWYDE IN KUNS

8.1 Bestudeer figure 8.1, 8.2 en 8.3. In al drie figure word die Madonna en Kind

(Maria en Jesus) uitgebeeld, tog is daar groot verskille wat styl en uitvoering

betref. Skryf „n aparte paragraaf oor elkeen van die drie werk waarin jy aandag

gee aan die volgende:

Ontleed die styl en gebruik van kunselemente by elke werk. Watter soort

vorm, lyn en materiaalgebruik is sigbaar by elk? Hoe sou jy elk se styl tipeer?

Wat is die funksie of doel van elke kunswerk?

Let besonder fyn op na die simboliek in figuur 8c, „n kontemporêre kunswerk.

Hoe is die twee figure herkenbaar as Maria en Jesus en waarom is hulle op

hierdie wyse uitgebeeld? Wat is die betekenis van die ander elemente in

hierdie werk?

LET WEL: Skryf drie aparte paragrawe oor elk van die drie werke waarin jy

telkens die kwessies aanraak waarna hierbo verwys is.

Fig 8a: Die vorms is gestileer en vereenvoudig, die uitbeelding is volgens

tradisie. Hulle is nie realisties nie en daar is distorsie van vorm en proporsie.

Die ikoon word versier met goud en ryk kleur, simbolies van die waarde wat

daaraan geheg word as objek van aanbidding. Daar is simbole om hulle te

identifiseer, soos die stralekrans om hulle koppe en die blou kleur van Maria se

kleed. Die middeleeuse mens in die weste en Bizantynse wêreld het die figure

herken en gebruik in „n daaglikse aanbiddingsritueel.

Fig 8b: Ekspressionistiese styl. Daar is spontane merke, signare kwaswerk en

distorsie en vereenvoudiging van vorm. Emosie en die band tussen ma en kind

word beklemtoon. Die beeld is minder formeel as fig 8a, maar is steeds

herkenbaar as religieuse kuns, al word gesuggereer dat die figure landelike

mense van Afrika is. Die figure is toeganklik en menslik.

Fig 8c: Maria en Jesus is herkenbaar as gevolg van die sigbare stralekranse en

houding van die figure. Daar is sterk simbole van dood en leweloosheid: die

geraamtes, die dooie, woestynagtige landskap en die dooie wingerdstok, „n bekende

Bybelse simbool. Een druiftrossie en blaar suggereer dat geloofsisteme kwyn in

kontemporêre kultuur en dat geestelike vervlakking intree. Die linotegniek en tema

roep ou tradisies op toe die tema en rol van die kunstenaar duidelik was,

byvoorbeeld in die werk van die renaissance-kunstenaar, Dürer. (10)

8.2 Skryf „n opstel van ongeveer een tot een en „n halwe bladsy oor een

kontemporêre kunstenaar (1960+) wat geestelike kwessies aanspreek in

sy/haar kunswerke. Verwys na die styl, kunselemente en betekenis van

ten minste twee voorbeelde van kunswerke. (10)

[20]

11 | BLADSY

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

VRAAG 9: GESLAGSKWESSIES

9.1 In figure 9a en 9c (beide geskilder deur Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars)

word vroue voorgestel as bediendes en tog word albei as waardige mense

uitgebeeld. Die skilderye lewer kommentaar op die rolle wat deur die samelewing

toegeken is aan hierdie vroue. Stem jy saam met hierdie stellings?

Skryf „n opstel van ongeveer een bladsy waarin jy kommentaar lewer op

bogenoemde stellings en jou antwoorde goed motiveer. Bespreek figuur 9a en

9b apart. Ontleed ook die gebruik van kunselemente, plasing, styl en

materiaalgebruik by elk.

Fig 9a: Die kunswerk is gemaak in die 1950‟s, voor die bevrydingsbewegings en

voor die weerstandskunsbewegings in Suid-Afrika. Annie word sentraal geplaas

teen „n donker agtergrond. Haar skoon wit kopdoek en wit voorskoot kontrasteer

teen haar vel en die donker agtergrond en is simbolies van haar trots en onskuld.

Alhoewel sy opsigtelik uitgebeeld word in haar klere as huishulp, is daar

waardigheid, trots en selfrespek in haar houding en word sy aangesien as mens,

nie slegs as bediende nie. Die dekoratiewe koerantknipsel bo aan die prentvlak

rond die komposisie af, maar is simbolies van die finesse en trots waarmee

Annie haar werk verrig. Die mes bemagtig haar en die bril verleen aan haar „n

gekultiveerde voorkoms. Die uitdrukking op haar gesig is warm – iemand wat

haar medemens eerlik in die oë kyk, op dieselfde vlak as haar toeskouer. Die

styl is realisties.

Fig 9b: Patience is simbolies van vroue wat as bediendes werk wat onsigbaar

was in die geskiedenis, teen die agtergrond van die groot dade van die

hoofkarakters in die geskiedenis. Sy word nou op die voorgrond gestoot (sentraal

geplaas) en haar oomblik in die geskiedenis (wat uitgebeeld word as „n collage

op die agtergrond) breek aan. Die kunstenaar bied „n “regstelling” van die

geskiedenis aan. Die “nuwe Suid-Afrika” lê om die draai. Sy het die klere aan van

„n slaaf, maar word bemagtig deur die mes wat sy vashou. Die kulturele

voorwerpe wat sy moes skoonmaak en versorg, word die “monument” waarop sy

sit. Die kunswerk teken protes aan teen die miskenning van hierdie vroue. Die

styl is simbolies en ekspressionisties, met „n sterk konsepsuele basis. (10)

9.2 Jy het ook kunstenaars bestudeer wat kommentaar lewer op die geslagsrolle wat

deur die samelewing toegeken word. Bespreek twee of meer voorbeelde van

kunswerke waarin hierdie kwessie ter sprake kom. Noem van kunstenaars en

titels van werke.

(10)

12 | BLADSY

Visuele Kuns V1 Memorandum September 2012

RAAG 10: KONTEMPORÊRE ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

10.1 Op watter manier is Rich geïnspireer deur die Zimbabwe Ruïnes?

Oorweeg die vorm, tegniek en materiaalgebruik.

Ronde organiese vorms, natuurlike klip uit die omgewing, tekstuurryke

oppervlak (2)

10.2 Hoe het Rich seker gemaak sy ontwerp pas in by die

bosveldomgewing?

Die vorms herinner aan rysmiershope. Die kleur is natuurlik en die klip is

in die omgewing gevind, pas dus aan by die natuurlike kleur. Die

organiese vorms kontrasteer nie met die lyne en vorms in die landskap

nie. (3)

10.3 Rich se gebou het ‘n klein koolstofspoor. Die materiaal kom uit die

omgewing en die stene is vervaardig deur plaaslike mense.

Waarom is hierdie metodes wenslik?

Volhoubaarheid en laekoste instandhouding is belangrike konsepte in

argitektuur vandag. Die omgewing word so min as moontlik geskaad. Materiale

word nie van ver af aangery nie, boumateriale word op die terrein voorberei,

met min industriële ingryping en werk word verskaf aan mense uit die

omgewing. Volhoubaarheid is belangrik ter wille van ekologiese oorlewing en

energiebronne van die planeet in die toekoms. Sosiale kwessies word ook

aangespreek deur werkskepping. Inheemse kultuur word erken, gerespekteer

en bewaar. (3)

10.4 Bespreek die werk van „n argitek/argiteksfirma wat probeer om sy/haar

ontwerp/e aan te pas in die omgewing, wat gebruik maak van eko-

vriendelike konsepte en materiale en wat „n duidelike behoefte van

die gemeenskap vervul.

(12)

13 | BLADSY

GROOTTOTAAL:100

EINDE

[20]

[20]

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!