04.05.2013 Views

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Die skryf van artikels vir 'n skoolnuusbrief of 'n tydskrif

• Voorbereiding van ‘n praatjie, vrae vir ‘n onderhoud of punte vir ‘n debat

• Die vergelyking van choreograwe of dansvorms

Beskikbare Hulpbronne:

• Video-opnames is beskikbaar by die WKOD se Edumedia (021) 689-9536.

• Plaaslike dansgeselskappe kan genader word om van hulle videos, resensies

en programme aan die skool te leen.

• WKOD se Edulis (021) 957-9600 sal in die toekoms videos bestel. Bel en vind

uit. Hulle het boeke te doen met Dansgeskiedenis in voorraad

• Lorna Haupt se Dansteorie handboek is beskikbaar vanaf die skrywer.

• ‘n Video en Opvoedersgids vir Ghost Dances deur Christopher Bruce kan met

behulp van die Danskomponent by die WKOD Hoofkantoor verkry word.

Hierdie dokument word hoog aanbeveel. Die uitleg is pragtig en dit gee 'n

duidelike aanduiding van hoe die besigtiging van ‘n danswerk behoort plaas

te vind.

• Verskeie Dansopvoeders besit self kopieë van video-opnames. Hulle sal

miskien gewillig wees om dit uit te leen.

• Die Internet is ook ‘n goeie bron van inligting.

5.2 Teorie

Die doelwitte van die Teoriekomponent omvat die aanmoediging van kritiese

denke en besinning oor die filosofie van dans en die praktiese implikasies of

bydraes daarvan. Hierdie afdeling omvat die funksie en betekenis van dans in

persoonlike, kulturele, gemeenskaplike en omgewings kwessies. Leerders kry

die geleentheid om te besin oor hoe hulle 'n bydrae deur middel van dans kan

lewer.

Dit is nodig dat leerders ‘n begrip van dansterminologie verwerf. Dit verskaf die

vermoë om oor dans te dink, daaroor te praat en daaroor te skryf. Hulle behoort

die algemene beginsels en elemente van dans te kan identifiseer en omskrywe,

spesifiek met betrekking tot die beginsels en kenmerke van hulle gekose

dansvorm.

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!