INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ... INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

wced.pgwc.gov.za
from wced.pgwc.gov.za More from this publisher
04.05.2013 Views

4. RIGLYNE vir die PRAKTIESE EKSAMEN 4.1 Hoër Graad Module 1 en Standaardgraad Die praktiese eksamen sal deur die Dansopvoeder opgestel en bestuur word en deur ‘n paneel gemerk en gemodereer word. In Kontemporêre Dans en Ballet is daar ‘n vasgestelde klas. Dit word voorgestel dat dit as riglyn vir die verwagte standaard gebruik word. In die ander Dansvorms behoort die Interim Sillabus van 1996 as riglyn vir die opstel van die eksamenklas te dien. Die eksamenklas behoort nie langer as een uur per module te duur nie. Die eksamen behoort uit die klaswerk, insluitend danskombinasies, en die opvoering van minstens een volledige dansstuk te bestaan. Vier tot vyf leerders kan saam geëksamineer word. Die dansopvoering behoort elke leerder die geleentheid te gee om sy of haar vaardighede ten toon te stel. 4.2 Hoër Graad Module 2 As die twee modules dieselfde gewig (50%:50%) dra, moet die tweede module dieselfde duur en standaard as die eerste een toon. Indien hulle nie gelyke gewig dra nie (60%:40%), kan die tweede module 45 minute duur. Indien roosterverwante beperkings veroorsaak dat minder kontaktyd aan die tweede module afgestaan kan word in vergelyking met die eerste module, kan dit 40% van die gewig van die eerste tel. Leerders wat Komposisie as ‘n tweede module aanbied moet ‘n dans wat hulle vir twee of meer dansers buiten hulself gechoreografeer het, aanbied. Hierdeur sal die leerders demonstreer dat hulle repetisieskedules kan organiseer, ander dansers kan bestuur en hulle vaardigheid met visuele geletterdheid vir die strukturering van komposisies kan gebruik. Die dans behoort minstens twee minute te duur, maar nie langer as vyf minute nie. Die komposisie moet twee keer tydens die eksamen opgevoer word. Die gebruik van kostuums en ander teatrale effekte is opsioneel. Leerders mag binne of oor die 10 praktiese dansvorms wat deel uitmaak van die lys dansvorms in die Interim Kernsillabus vir Dans van 1996 heen werk . Kandidate in Komposisie behoort 'n joernaal, wat die beplanning, ontwikkeling en selfbesinning oor hulle choreografiese proses aandui, voor te lê. Daar moet nie van kandidate verwag word om hulle finale danswerk sonder die leiding en gereelde konstruktiewe terugvoering van hulle opvoeders te choreografeer nie. 4.3 Dansuitvoering Standaardgraad Let asseblief daarop dat die Interim Kernsillabus vir Dansuitvoering, Standaardgraad aandui dat: Dansuitvoering Standaardgraad, Standerds 8,9 en 10 'n praktiese vak is en slegs as 'n tweede vak in die Studie-area van die Kunste: Dans, tesame met die 4

eerste vak, Dans Hoër Graad en Standaardgraad, Standerds 8, 9 en 10. (Departement van Onderwys 1996, p. 1) aangebied word. Die assessering behels drie komponente: • Praktiese werk – Die eksterne eksamen behoort klaswerk en kombinasies wat deur die opvoeder voorgeskryf is, in te sluit. Daarby kan leerders verwag word om kombinasies wat deur die eksamenpaneel voorgeskryf is, uit te voer. • Kreatiewe Komponent – Kreatiwiteit word deurlopend deur die praktiese evaluering ge-assesseer. Leerders kan verwag word om ‘n improvisering met ‘n gegewe struktuur – met of sonder musiek – uit te voer. • Mondelingse Komponent – Die mondelingse komponent behoort die leerders se insig en kennis van repertoire van die verskillende style binne die dansvorms, sowel as die kenmerke van die dansvorms, die nodige tegnieke, die kreatiewe proses van die dansvorm en die rol van die dansvorm binne die gemeenskap te evalueer. Leerders behoort ‘n kort (2tot 3-minute) mondelingse aanbieding voor te berei. 5. TEORIEKOMPONENT 5.1 Geskiedenis Die silabusdoelwitte sluit die volgende in: die ontwikkeling van begrip ten opsigte van die filosofie en geskiedenis van dans; dansgeletterdheid; die ontwikkeling van navorsingskapasiteit en die kweek van kritiese denke. Daar word op beide plaaslike en internasionale dans gefokus. Leerders moet die verskillende benaderings leer herken deur choreograwe uit verskeie tydperke te bestudeer. Hulle moet minstens een Suid-Afrikaanse en een internasionale dansgeselskap en choreograaf bestudeer. Minstens een danswerk van elk van die choreograwe behoort deeglik bestudeer te word. Die tabel hieronder dui die minimum vereistes aan en doen voorstelle aan die hand vir die verryking van die leerders. Sommige van die werke wat geïdentifiseer word, is verpligtend en ander word aanbeveel. Opvoeders moet moeite doen om hulle leerders aan soveel choreograwe en dansgeselskappe as moontlik bloot te stel. Die keuse van choreograwe behoort op die beskikbaarheid van goeie hulpbronne gebaseer te word, meer spesifiek op die beskikbaarheid van goeie kwaliteit video-opnames of werklike uitvoerings. Dit is baie belangrik dat leerders werklike dansuitvoerings ervaar, werklik of d.m.v ‘n video, en nie slegs van notas afhanklik is nie. Dit is nodig dat hulle leer om hulle eie opinies te vorm en dit te regverdig. Dansvorm/ Kategorie Choreograwe / Geselskappe per Dansvorm 5 Danswerke wat bestudeer moet word

4. RIGLYNE vir die PRAKTIESE EKSAMEN

4.1 Hoër Graad Module 1 en Standaardgraad

Die praktiese eksamen sal deur die Dansopvoeder opgestel en bestuur word en

deur ‘n paneel gemerk en gemodereer word. In Kontemporêre Dans en Ballet is

daar ‘n vasgestelde klas. Dit word voorgestel dat dit as riglyn vir die verwagte

standaard gebruik word. In die ander Dansvorms behoort die Interim Sillabus van

1996 as riglyn vir die opstel van die eksamenklas te dien.

Die eksamenklas behoort nie langer as een uur per module te duur nie. Die

eksamen behoort uit die klaswerk, insluitend danskombinasies, en die opvoering

van minstens een volledige dansstuk te bestaan. Vier tot vyf leerders kan saam

geëksamineer word. Die dansopvoering behoort elke leerder die geleentheid te

gee om sy of haar vaardighede ten toon te stel.

4.2 Hoër Graad Module 2

As die twee modules dieselfde gewig (50%:50%) dra, moet die tweede module

dieselfde duur en standaard as die eerste een toon. Indien hulle nie gelyke gewig

dra nie (60%:40%), kan die tweede module 45 minute duur. Indien

roosterverwante beperkings veroorsaak dat minder kontaktyd aan die tweede

module afgestaan kan word in vergelyking met die eerste module, kan dit 40%

van die gewig van die eerste tel.

Leerders wat Komposisie as ‘n tweede module aanbied moet ‘n dans wat hulle

vir twee of meer dansers buiten hulself gechoreografeer het, aanbied. Hierdeur

sal die leerders demonstreer dat hulle repetisieskedules kan organiseer, ander

dansers kan bestuur en hulle vaardigheid met visuele geletterdheid vir die

strukturering van komposisies kan gebruik. Die dans behoort minstens twee

minute te duur, maar nie langer as vyf minute nie. Die komposisie moet twee

keer tydens die eksamen opgevoer word.

Die gebruik van kostuums en ander teatrale effekte is opsioneel. Leerders mag

binne of oor die 10 praktiese dansvorms wat deel uitmaak van die lys dansvorms

in die Interim Kernsillabus vir Dans van 1996 heen werk .

Kandidate in Komposisie behoort 'n joernaal, wat die beplanning, ontwikkeling en

selfbesinning oor hulle choreografiese proses aandui, voor te lê. Daar moet nie

van kandidate verwag word om hulle finale danswerk sonder die leiding en

gereelde konstruktiewe terugvoering van hulle opvoeders te choreografeer nie.

4.3 Dansuitvoering Standaardgraad

Let asseblief daarop dat die Interim Kernsillabus vir Dansuitvoering,

Standaardgraad aandui dat:

Dansuitvoering Standaardgraad, Standerds 8,9 en 10 'n praktiese vak is en

slegs as 'n tweede vak in die Studie-area van die Kunste: Dans, tesame met die

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!