04.05.2013 Views

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

INHOUD 1. INLEIDING 3 2. EKSTERNE EKSAMENS 3 3. RIGLYNE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INHOUD

1. INLEIDING 3

2. EKSTERNE EKSAMENS 3

3. RIGLYNE vir die TEORIE-EKSAMENVRAESTEL 3

RIGLYNE vir die PRAKTIESE EKSAMEN 5

4.1 Hoër Graad (eerste module) en Standaardgraad 5

4.2 Hoër Graad (tweede module) 5

4.3 Dans: Uitvoering Standaardgraad 5

5. TEORIEKOMPONENT 6

5.1 Geskiedenis 6

5.2 Teorie 9

5.3 Musiek 10

5.4 Gesondheidsorg 11

6. DANS: WEBTUISTE-ADRESSE 12

Vir verdere inligting kontak:

J. van Papendorp, Senior Kurrikulum Beplanner: Dans, Kuns en Kultuur

(021) 467-2593

e-pos jpapendorp@pgwc.gov.za

adres op die web: http://curriculum.wcape.school.za/site/32/page/view/

1. INLEIDING

Die doel van hierdie dokument is om duidelike riglyne aan opvoeders te verskaf

met betrekking tot die Senior Sertifikaateksamens vir die volgende:

• Dans Hoër Graad

• Dans Standaardgraad en

• Dans: Uitvoering Standaardgraad

Hierdie dokument is van toepassing op die kohort leerders wat tussen November

2005 en Maart 2008 kandidate sal wees vir die Senior Sertifikaateksamens.

2. EKSTERNE EKSAMENS

Die Graad 12 eksamen in Dans Hoër behels:

• Een 3-uur teorievraestel insluitend

Geskiedenis, Teorie, Musiek en

Gesondheidsorg

2

150 punte

• Praktiese Danseksamens – twee modules 150 punte

• ‘n Jaarpunt (Deurlopende Assessering 1 ) 100 punte

Totaal 400

Die Graad 12 eksamen in Dans: Standaardgraad behels:

• Een 3-uur teorievraestel insluitend

Geskiedenis, Teorie, Musiek en

Gesondheidsorg

110 punte

• Praktiese Danseksamen – een module 115 punte

• ‘n Jaarpunt (Deurlopende Assessering 1 ) 75 punte

Totaal 300

Die eksamen in Dansuitvoering, Standaardgraad 12 behels:

• ‘n Praktiese Danseksamen met komponente

wat 'n uitvoering met skeppende en

mondelinge elemente behels

300 punte

Totaal 300

3. RIGLYNE VIR DIE TEORIE-EKSAMENVRAESTEL

Vir alle vraestelle:

• Keuses wat die verskillende dansvorms akkommodeer, is by die Geskiedenis

(Afdeling A) geïnkorporeer. Elke geskiedenisvraag in Afdeling A is voorsien

van ‘n opskrif om kandidate in te lig oor watter Dansvorm aangespreek word.

Om tydens die eksamen tyd te spaar, behoort die Leerders eers die

eksamenvrae met opskrifte wat aan hulle Dansvorm verwant is, deur te lees

1 Sien WKOD Dans DASS-Dokument Februarie 2004

1 Sien WKOD Dans DASS Dokument Februarie 2004

en daarna vinnig deur die ander kyk. Leerders mag vrae vanuit enige

dansvorm beantwoord.

• Keuses word ook in die teorie- en gesondheidsorg-afdelings geïnkorporeer.

Leerders moet herinner word om die vrae sorgvuldig deur te lees.

• Sommige vrae oor Gesondheidsorg moet op die beskikbare antwoordblad

beantwoord word en die ander moet in die kandidaat se eksamenboek

beantwoord word.

• Leerders behoort herinner te word om elke afdeling op ‘n nuwe bladsy te

begin en om DRIE lyne na elke vraag wat beantwoord word, oop te laat.

Onderwerp Dans Hoër Graad

Vraestel Dans: Geskiedenis, Teorie, Musiek en Gesondheidsorg

Tyd 3 Uur

4 Afdelings Afdeling A Geskiedenis Beantwoord 2 vrae 50 punte

Afdeling B Teorie 2/3 vrae 20 punte

Afdeling C Musiek 6 vrae 35 punte

Afdeling D Gesondheidsorg 45 Punte

Totaal 150 punte

Onderwerp Dans Standaardgraad

Vraestel Dans: Geskiedenis, Teorie, Musiek en Gesondheidsorg

Tyd 3 Uur

4 Afdelings Afdeling A Geskiedenis - Beantwoord 2 vrae 45 punte

Afdeling B Teorie – Beantwoord 2/3 vrae 10 punte

Afdeling C Musiek 5 vrae 20 punte

Afdeling D Gesondheidsorg 35 Punte

Totaal 110 Punte

3

4. RIGLYNE vir die PRAKTIESE EKSAMEN

4.1 Hoër Graad Module 1 en Standaardgraad

Die praktiese eksamen sal deur die Dansopvoeder opgestel en bestuur word en

deur ‘n paneel gemerk en gemodereer word. In Kontemporêre Dans en Ballet is

daar ‘n vasgestelde klas. Dit word voorgestel dat dit as riglyn vir die verwagte

standaard gebruik word. In die ander Dansvorms behoort die Interim Sillabus van

1996 as riglyn vir die opstel van die eksamenklas te dien.

Die eksamenklas behoort nie langer as een uur per module te duur nie. Die

eksamen behoort uit die klaswerk, insluitend danskombinasies, en die opvoering

van minstens een volledige dansstuk te bestaan. Vier tot vyf leerders kan saam

geëksamineer word. Die dansopvoering behoort elke leerder die geleentheid te

gee om sy of haar vaardighede ten toon te stel.

4.2 Hoër Graad Module 2

As die twee modules dieselfde gewig (50%:50%) dra, moet die tweede module

dieselfde duur en standaard as die eerste een toon. Indien hulle nie gelyke gewig

dra nie (60%:40%), kan die tweede module 45 minute duur. Indien

roosterverwante beperkings veroorsaak dat minder kontaktyd aan die tweede

module afgestaan kan word in vergelyking met die eerste module, kan dit 40%

van die gewig van die eerste tel.

Leerders wat Komposisie as ‘n tweede module aanbied moet ‘n dans wat hulle

vir twee of meer dansers buiten hulself gechoreografeer het, aanbied. Hierdeur

sal die leerders demonstreer dat hulle repetisieskedules kan organiseer, ander

dansers kan bestuur en hulle vaardigheid met visuele geletterdheid vir die

strukturering van komposisies kan gebruik. Die dans behoort minstens twee

minute te duur, maar nie langer as vyf minute nie. Die komposisie moet twee

keer tydens die eksamen opgevoer word.

Die gebruik van kostuums en ander teatrale effekte is opsioneel. Leerders mag

binne of oor die 10 praktiese dansvorms wat deel uitmaak van die lys dansvorms

in die Interim Kernsillabus vir Dans van 1996 heen werk .

Kandidate in Komposisie behoort 'n joernaal, wat die beplanning, ontwikkeling en

selfbesinning oor hulle choreografiese proses aandui, voor te lê. Daar moet nie

van kandidate verwag word om hulle finale danswerk sonder die leiding en

gereelde konstruktiewe terugvoering van hulle opvoeders te choreografeer nie.

4.3 Dansuitvoering Standaardgraad

Let asseblief daarop dat die Interim Kernsillabus vir Dansuitvoering,

Standaardgraad aandui dat:

Dansuitvoering Standaardgraad, Standerds 8,9 en 10 'n praktiese vak is en

slegs as 'n tweede vak in die Studie-area van die Kunste: Dans, tesame met die

4

eerste vak, Dans Hoër Graad en Standaardgraad, Standerds 8, 9 en 10.

(Departement van Onderwys 1996, p. 1) aangebied word.

Die assessering behels drie komponente:

• Praktiese werk – Die eksterne eksamen behoort klaswerk en

kombinasies wat deur die opvoeder voorgeskryf is, in te sluit. Daarby kan

leerders verwag word om kombinasies wat deur die eksamenpaneel

voorgeskryf is, uit te voer.

• Kreatiewe Komponent – Kreatiwiteit word deurlopend deur die praktiese

evaluering ge-assesseer. Leerders kan verwag word om ‘n improvisering

met ‘n gegewe struktuur – met of sonder musiek – uit te voer.

• Mondelingse Komponent – Die mondelingse komponent behoort die

leerders se insig en kennis van repertoire van die verskillende style binne

die dansvorms, sowel as die kenmerke van die dansvorms, die nodige

tegnieke, die kreatiewe proses van die dansvorm en die rol van die

dansvorm binne die gemeenskap te evalueer. Leerders behoort ‘n kort (2tot

3-minute) mondelingse aanbieding voor te berei.

5. TEORIEKOMPONENT

5.1 Geskiedenis

Die silabusdoelwitte sluit die volgende in: die ontwikkeling van begrip ten opsigte

van die filosofie en geskiedenis van dans; dansgeletterdheid; die ontwikkeling

van navorsingskapasiteit en die kweek van kritiese denke. Daar word op beide

plaaslike en internasionale dans gefokus.

Leerders moet die verskillende benaderings leer herken deur choreograwe uit

verskeie tydperke te bestudeer. Hulle moet minstens een Suid-Afrikaanse en een

internasionale dansgeselskap en choreograaf bestudeer. Minstens een danswerk

van elk van die choreograwe behoort deeglik bestudeer te word. Die tabel

hieronder dui die minimum vereistes aan en doen voorstelle aan die hand vir die

verryking van die leerders. Sommige van die werke wat geïdentifiseer word, is

verpligtend en ander word aanbeveel. Opvoeders moet moeite doen om hulle

leerders aan soveel choreograwe en dansgeselskappe as moontlik bloot te stel.

Die keuse van choreograwe behoort op die beskikbaarheid van goeie hulpbronne

gebaseer te word, meer spesifiek op die beskikbaarheid van goeie kwaliteit

video-opnames of werklike uitvoerings. Dit is baie belangrik dat leerders werklike

dansuitvoerings ervaar, werklik of d.m.v ‘n video, en nie slegs van notas

afhanklik is nie. Dit is nodig dat hulle leer om hulle eie opinies te vorm en dit te

regverdig.

Dansvorm/

Kategorie

Choreograwe /

Geselskappe per

Dansvorm

5

Danswerke wat bestudeer moet

word

Spaanse Dans

Verpligtend

Aanbeveel

+ enige ander

Ballet

Verpligtend

Ballet

Aanbeveel

+ enige ander

Kontemporêre

Dans

Verpligtend

Carolina Rosa & La Rosa

Spaanse Dansteater

Antonio Gades

Hazel Acosta &

Mercedes Molina

Dansgeselskap

Antonio Canales se

Joaquin Ruiz

Christopher Bruce

Veronica Paeper &

Kaapstadse Stadsballet

Ninette de Valois

Royal Ballet Company

George Balanchine

George Balanchine

Kenneth Mac Millan

Frederick Ashton

Christopher Bruce

Alfred Hinkel & Jazzart

Dansteater

Martha Graham

Alvin Ailey

6

Tauromagia of Imagines

Carmen or Bodas de Sangre

(Bloedtroue);

House of Bernada Alba of

Bodas de Sangre (Bloedtroue)

El Torero

Mar de Tierras

Ghost Dances

Orpheus in the Underworld:

Checkmate

Apollo

Four Temperaments; Agon

Romeo en Juliet; Isadora; Manon;

Invitation

The Two Pigeons; La Fille Mal

Gardee; Simfoniese Variasies;

Marguerite en Armand

Ghost Dances

Bolero

Appalachian Spring of

Lamentation

Revelations

Aanbeveel

+ enige ander

Choreografiese

Aspekte

Geselskaps-

Aspekte

Twyla Tharp

Paul Taylor

Merce Cunningham

7

When Push comes to Shove

Esplanade; Aureole

Points in Space

• Kenmerke van die dansvorm, genre, styl, werk, spesifieke

bewegingswoordeskat

• Identifikasie van dans-genre vanaf fotos

• Betekenisvolle bydrae van choreografiese styl tot die

ontwikkeling van die dansvorm binne tyd en plek/ruimte.

• Fokus op HOEKOM – wat het die choreograaf gemotiveer

om die werk te choreografeer – met verwysing na konteks,

tydperk, land, geselskap, samewerking, invloede,

agtergrond.

• Minstens een stuk repertoire

• Kenmerke van die styl/ werk

• Oorsig van die werk/ dans-idees/ storie/ tema/ scenario of

draaiboek

• Eienskappe en kenmerke van die werk wat dit eie aan die

choreograaf maak

• Tipe musiek, komponis

• Kostuums, verhoogontwerp of enige ander toneelmatige

aspekte wat hierdie styl help vorm

• Dansers

• Persoonlike reaksie of algemene indruk ten opsigte van die

werkgroep

• Beskrywing van die geselskap – land van oorsprong,

tydperk, grootte, invloede

• Relevante name van direkteure, choreograwe, geselskap,

komponiste, ontwerpers, samewerkers en / of dansers

• Beskrywing van die werk/e – choreograaf, dekor, kostuums,

musiek, styl

• Belangrikheid van die geselskap – bydrae, benadering,

eiesoortige kwaliteite

• Eie reaksie op die werk/e, styl, of opinie

• Agtergrondnotas oor die geselskap, choreograaf

Tydens die eksamens is dit moontlik dat leerders gevra sal word om wat hulle

geleer het binne werklike soorte omstandighede toe te pas, eerder as om slegs

kennis weer te gee. Die volgende kan byvoorbeeld as moontlike eksamenvrae

gestel word:

• Die opstel van programnotas of die ontwerp van ‘n dansprogram of plakaat

• Die skryf van resensies, artikels of 'n huldeblyk

• Die skryf van artikels vir 'n skoolnuusbrief of 'n tydskrif

• Voorbereiding van ‘n praatjie, vrae vir ‘n onderhoud of punte vir ‘n debat

• Die vergelyking van choreograwe of dansvorms

Beskikbare Hulpbronne:

• Video-opnames is beskikbaar by die WKOD se Edumedia (021) 689-9536.

• Plaaslike dansgeselskappe kan genader word om van hulle videos, resensies

en programme aan die skool te leen.

• WKOD se Edulis (021) 957-9600 sal in die toekoms videos bestel. Bel en vind

uit. Hulle het boeke te doen met Dansgeskiedenis in voorraad

• Lorna Haupt se Dansteorie handboek is beskikbaar vanaf die skrywer.

• ‘n Video en Opvoedersgids vir Ghost Dances deur Christopher Bruce kan met

behulp van die Danskomponent by die WKOD Hoofkantoor verkry word.

Hierdie dokument word hoog aanbeveel. Die uitleg is pragtig en dit gee 'n

duidelike aanduiding van hoe die besigtiging van ‘n danswerk behoort plaas

te vind.

• Verskeie Dansopvoeders besit self kopieë van video-opnames. Hulle sal

miskien gewillig wees om dit uit te leen.

• Die Internet is ook ‘n goeie bron van inligting.

5.2 Teorie

Die doelwitte van die Teoriekomponent omvat die aanmoediging van kritiese

denke en besinning oor die filosofie van dans en die praktiese implikasies of

bydraes daarvan. Hierdie afdeling omvat die funksie en betekenis van dans in

persoonlike, kulturele, gemeenskaplike en omgewings kwessies. Leerders kry

die geleentheid om te besin oor hoe hulle 'n bydrae deur middel van dans kan

lewer.

Dit is nodig dat leerders ‘n begrip van dansterminologie verwerf. Dit verskaf die

vermoë om oor dans te dink, daaroor te praat en daaroor te skryf. Hulle behoort

die algemene beginsels en elemente van dans te kan identifiseer en omskrywe,

spesifiek met betrekking tot die beginsels en kenmerke van hulle gekose

dansvorm.

8

Leerders behoort die volgende te weet:

• Hoe om dansprojekte vir die gemeenskap te formuleer bv. die naam van 'n

projek, die doelstelling, beskrywing, die organisasie wat vereis word, teiken

ouderdomsgroep, plek, tydsverband, nodige hulpmiddels (betreffende mense

en materiale)

• Hoe om dansbeginsels en –elemente te identifiseer en te verduidelik

• Hoe om dansterminologie te verduidelik of woorde vir 'n woordeboek oor

dans te help saamstel

• Hoe om loopbane in dans en die vereiste opleiding te beskrywe, sowel as

waar die opleiding beskikbaar is, die nodige vaardighede en kennis en wat

die loopbaan behels

• Hoe om ‘n advertensie of plakaat wat ‘n opleidingskursus of program in dans

adverteer, te ontwerp

• Hoe om die funksies van dans in die samelewing, die kultuur en die

gemeenskap te beskrywe, bv. in kuns, ritueel, seremonies, tradisies,

uitdrukking, kommunikasie, onderwys, vermaak, persoonlike bevrediging,

ekonomiese bemagtiging, ontspanning, fiksheid, die politiek, sosialisasie,

ens.

• Hoe om die ooreenkomste en verskille tussen die bestudeerde kunsvorms te

vergelyk (ballet, kontemporêre dans, choreografie, Afrikaans, Spaans, ens.)

• Hoe om die kenmerke van dansvorms te identifiseer

• Hoe om die kenmerke van spesifieke choreograwe se style deur die

analisering van prente in die eksamenvraestel te identifiseer

• Hoe om oor hulle eie danservaring te besin, ook oor die sterk punte en swak

punte van hulle eie uitvoering en die dansopvoeding en opleiding wat hulle op

skool ontvang het

5.3 Musiek

Leerders behoort geleenthede te kry om:

• Na verskeie soorte musiek te luister en genres te identifiseer

• Te sing en slagintrumente te bespeel

• Na stampritmes te luister om hulle te identifiseer en die ritme met die hande

te klap en poliritmes te eksploreer

• Met die komposisie van eie ritmes te eksperimenteer

• Met verskillende soorte notasie te eksperimenteer om hulle danse op te teken

9

Leerders behoort die volgende te weet:

• Hoe om musiek-elemente te herken en te omskrywe en hulle in verband te

bring met dans (pulsering, tempo, toonhoogte, dinamika, toonkleur (timbre),

tekstuur, melodie, ritme, die pas hou of aangee (pace), duur)

• Hoe om Italiaanse musiekterme te herken en te verduidelik

• Hoe om musieknootwaardes te identifiseer of te benoem: kwartnoot, agstenoot,

halwe noot, hele noot, rus(teken)

• Hoe om voortekens (time signatures) van gegewe ritmiese notasies of

bekende liedjies te identifiseer

• Hoe om stawe met korrekte nootwaardes te voltooi (hele, halwe, kwart note,

rustekens, gepunteerde note)

• Kennis oor die musiek van een van die danse in terme van die titel van die

werk, die titel van die musiek, die komponis, choreograaf, instrumentasie,

stilistiese kenmerke, genre, dinamika, stemming, musiek struktuur (duur,

afdelings), bydrae van die musiek tot die stemming, geskiktheid van die

musiek, storielyn.

• Hoe om instrumente te identifiseer en hulle in kategorieë in te skakel bv.

blaas/slag/ koper/stryk aërofone, membranofone, elektrofone, idiofone,

chordofone

• Hoe om klankmedia te identifiseer (simfonies, ensemble, solowerk)

• Hoe om musikaliteit en hoe ‘n dans dit kan ontwikkel, te verduidelik

5.4 Gesondheidsorg

Leerders behoort gedurende die jaar geleenthede te kry om:

• Gedragskodes te ontwerp

• Die houding en waardestelsels van dansers te bespreek

• Hulle verbeelding te gebruik, skeppend te dink, hulle eie opinie te gee en

te regverdig

Aspekte wat gedek moet word:

• Soorte gewrigte (gewrigsvog, plane, skarnier, spilgewrig, ellipsoïdaal,

koeëlgewrig) en gewrigsbewegings (wegvoering, aanvoering, buiging,

strekking, rotering, omvoering, inkering, omkering, binnewaartse draaiing,

terugbuiging)

• Die benoeming en herkenning van groter spiere

• Spier – tonus, identifikasie en aksies

• Die redes vir die belangrikheid van goeie voeding

• Terme en omskrywings vanaf die woordelys en van praktiese werk

• Die oorsaak, versorging en voorkoming van beserings

• Fisiese, omgewings en sielkundige aspekte van beserings: stamina,

uithouvermoë, energie, uitputting, vloeibaarheid, spanning, ontspanning,

stres, angs, kramp, steekpyn, liggaamsbeeld, buigsaamheid, fisiese fiksheid,

10

stereotipering, krag, strekking, opwarming en afkoeling

Leerders behoort die volgende te weet:

• Hoe om multi-keuse vrae, bypassende kolomme, omskrywings, waar of

onwaar te hanteer

• Hoe om spiere en beendere in tekeninge van byskrifte te voorsien

• Hoe om beweging in tekeninge anatomies te interpreteer, om spier-aksie

vanaf prente te identifiseer

• Hoe om gesondheidsorg en anatomiese kennis toe te pas en hoe om die

liggaam op ‘n veilige manier te hanteer

• Verduideliking van beseringsorg en voorkoming

• Hoe om kennis wat in die praktiese klasse m.b.t. die gesonde gebruik van die

liggaam ingewin word, toe te pas.

Hoe om hulle eie ervarings asook uitdagings in die dansklas te bespreek.

6. DANS WEBTUISTE-ADRESSE

Om op die Internet te soek gaan eers na www.google.com. Tik die naam van die

choreograaf in aanhalings tekens in, b.v. “George Balanchine” of “ Alvin Ailey”

Hier is ‘n paar webtuistes wat besoek kan word:

http://curriculum.wcape.school.za/site/32/page/view/

http://www.dancedirectory.co.za/content/articles/articles.asp?Section=SpanishDa

ncing

http://www.marthagrahamdance.org/company/#photographs

http://www.southafrica.info/ess_info/sa_glance/culture/dance.htm

http://www.balletcompanies.com/Countries/SouthAfrica.shtml

http://www.paeper.co.za/

http://www.capetowncityballet.org.za/

http://androsdance.tripod.com/biographies/balanchine_george.htm

http://www.ptdc.org/

http://www.merce.org/

http://www.abt.org/education/archive/choreographers/ashton_s.html

http://www.ballet.co.uk/macmillan/ en veel meer…..

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!