UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT - orthoclinic.co.za

UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT - orthoclinic.co.za UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT - orthoclinic.co.za

kneeclinic.co.za
from kneeclinic.co.za More from this publisher
04.05.2013 Views

DIE OPERASIE U sal vroegmiddag op die dag voor die operasie tot die hospitaal toegelaat word. Die aand voor die operasie sal ons heparien begin toedien, om die moontlikheid van 'n trombose te verminder. Hierdie terapie word volgehou vir 'n week na ontslag. Die operasie word in die meeste gevalle onder 'n spinale narkose – 'n tipe lokale narkose – gedoen. Lokale narkose verminder die moontlikheid van trombose en infeksie, asook die lading op die kardiovaskulêre stelsel. Dit beteken dat 'n bietjie lokale verdowing in die rug ingespuit word wat alle sensasie in die bene wegneem. Daarby dien die narkotiseur ook gewoonlik 'n baie ligte narkose toe sodat u onbewusisvanaldiebedrywighedeindieteater. Die narkotiseur sal ook 'n femorale senuweeblok doen wanneer ons klaar geopereer het. Dit gee goeie postoperatiewe pynbeheer, maar sal ook veroorsaak dat u kwadrisepsspier vir ongeveer 24 - 36 uur verlam sal wees. Dit beteken dat u eers op die tweede dag na die operasie sal kan loop. 'n Unikompartementele knievervanging duur ongeveer 1 uur. Vir die eerste 24 uur na die operasie sal u in 'n hoësorgeenheid verpleeg word. U behoort gemaklik te voel en baie min pyn te verduur. POSTOPERATIEF Vir die eerste dag na die operasie het u 'n binneaarse drup aan die arm waardeur ons antibiotika en 'n pynstiller toedien. Daar sal ook dreineringsbuise in u knie wees. Ons gebruik medikasie wat bloeding aansienlik verminder en 'n bloedoortapping onwaarskynlik maak. Die binneaarse drup en dreineringsbuise word gewoonlik na die eerste dag verwyder. Die fisioterapeut sal u vanaf die dag van die operasie daagliks besoek. Die rehabilitasieoefeninge kan dalk eenvoudig en maklik voorkom, maar dit is uiters belangrik dat u dit gereeld en op die regte manier doen. So sal u u knie se funksie vinnig en volledig herwin. Vanaf die tweede dag na die operasie kan u begin stap, en daarna behoort u elke dag beter te loop. Vir 'n uniknievervanging sal u ongeveer 3 - 4 dae in die hospitaal moet deurbring. EERSTE PAAR WEKE TUIS Met ontslag uit die hospitaal sal u 'n voorraad medisyne ontvang, waaronder pynmedikasie, antibiotika en middels om bloedklonte te voorkom. Vir die eerste 4 weke verkies ons dat u met 1 of 2 krukke stap, alhoewel u u volle gewig op die geopereerde been kan plaas. Teen die tyd dat u ontslaan word, behoort u in staat te wees om u self goed te kan help. Sodra die wonde goed genees het, kan u stort – gewoonlik op die derde dag na die operasie. Die steke is oplosbaar en onder die vel en hoef nie verwyder te word nie. Pasiënte ondervind in die eerste paar weke na die operasie gewoonlik moeite om die knie te buig; dit is dus belangrik dat u tuis konsensieus voortgaan met die oefeninge soos deur die fisioterapeut voorgeskryf. Sorg dat u elke dag 'n kort ent stap, verkieslik buite. U kan motor begin bestuur sodra u voel u kan dit veilig doen (gewoonlik so 2 - 4 weke na die operasie). LANGTERMYNVERWAGTINGE Ons verwag dat u binne 3 maande na die operasie goed sal kan loop. Dit is egter ook belangrik om te besef dat die knie se funksie tot 1 jaar na die operasie sal verbeter. Ons wil nie hê dat u aan enige hardloop- of springaktiwiteite deelneem nie. U moet ook nie op u hurke probeer sit nie. Daar is geen beperking op sporte soos rolbal, gholf en ontspanningstennis (dubbelspel) nie. Stap, swem en fietsry is ook in orde. Dit is normaal dat daar soms 'n "klik"-geluid in die knie gehoor word. Dit word veroorsaak deur die beweging van die metaaloppervlak teen die plastiek. U sal ook ervaar dat die vel om die wond effens dood voel. Dit is as gevolg van die fyn senuwees in die vel wat tydens die operasie deurgesny word. Die sensasie behoort stadigaan te verbeter, maar 'n effens dooie gevoel kan dalk van blywende aard wees. Dit is raadsaam om nie enige langafstand- (internasionale) vlugte te onderneem binne die eerste 3 maande na die operasie nie, weens die risiko van trombose. Binnelandse vlugte is egter nie 'n probleem nie. Wees net daarop bedag dat die knieprostese soms die metaalverklikkers by veiligheids- kontrolepunte op die lughawe laat afgaan. Dit is 'n goeie idee om lospassende klere te dra sodat u, u littekens maklik kan ontbloot indien nodig. Indien u enige ander chirurgiese prosedure benodig, selfs tandheelkundig, moet u u geneesheer/tandarts inlig dat u 'n knievervanging ondergaan het en dat hy/sy 'n profilaktiese (voorkomende) antibiotikum moet voorskryf. Ons stel een van die volgende voor: • Indien u nie allergies vir penisillien is nie: kefaleksien (bv. Keflex), kefradien (bv. Cefril), of amoksisilien (bv. Amoxil). Die dosis is 2 g per mond een uur voor die prosedure. • Indien u allergies is vir penisillien: klindamisien (bv. Dalacin-C) 600 mg een uur voor die prosedure. LET WEL: Onder GEEN omstandighede moet enigiemand, behalwe 'n ortopediese chirurg, 'n naald in u vervangde knie steek nie, hetsy as 'n inspuiting of aspirasie (vloeistofonttrekking). U opvolgbesoek aan ons kamers is gewoonlik 4 - 6 weke na die operasie. Indien moontlik, wil ons u graag elke 18 maande opvolg (of vroeër indien daar iets is wat u pla). PAGE 2 / 2

DIE OPERASIE

U sal vroegmiddag op die dag voor die operasie

tot die hospitaal toegelaat word. Die aand voor die

operasie sal ons heparien begin toedien, om die

moontlikheid van 'n trombose te verminder. Hierdie

terapie word volgehou vir 'n week na ontslag.

Die operasie word in die meeste gevalle onder 'n

spinale narkose – 'n tipe lokale narkose – gedoen.

Lokale narkose verminder die moontlikheid van

trombose en infeksie, asook die lading op die

kardiovaskulêre stelsel. Dit beteken dat 'n bietjie lokale

verdowing in die rug ingespuit word wat alle sensasie

in die bene wegneem. Daarby dien die narkotiseur

ook gewoonlik 'n baie ligte narkose toe sodat u

onbewusisvanaldiebedrywighedeindieteater. Die

narkotiseur sal ook 'n femorale senuweeblok doen

wanneer ons klaar geopereer het. Dit gee goeie

postoperatiewe pynbeheer, maar sal ook veroorsaak

dat u kwadrisepsspier vir ongeveer 24 - 36 uur verlam

sal wees. Dit beteken dat u eers op die tweede dag

na die operasie sal kan loop.

'n Unikompartementele knievervanging duur ongeveer 1 uur.

Vir die eerste 24 uur na die operasie sal u in 'n

hoësorgeenheid verpleeg word. U behoort gemaklik

te voel en baie min pyn te verduur.

POSTOPERATIEF

Vir die eerste dag na die operasie het u 'n binneaarse

drup aan die arm waardeur ons antibiotika en 'n

pynstiller toedien. Daar sal ook dreineringsbuise in

u knie wees. Ons gebruik medikasie wat bloeding

aansienlik verminder en 'n bloedoortapping onwaarskynlik

maak. Die binneaarse drup en dreineringsbuise word

gewoonlik na die eerste dag verwyder.

Die fisioterapeut sal u vanaf die dag van die operasie

daagliks besoek. Die rehabilitasieoefeninge kan dalk

eenvoudig en maklik voorkom, maar dit is uiters

belangrik dat u dit gereeld en op die regte manier

doen. So sal u u knie se funksie vinnig en volledig

herwin. Vanaf die tweede dag na die operasie kan u

begin stap, en daarna behoort u elke dag beter te loop.

Vir 'n uniknievervanging sal u ongeveer 3 - 4 dae in

die hospitaal moet deurbring.

EERSTE PAAR WEKE TUIS

Met ontslag uit die hospitaal sal u 'n voorraad

medisyne ontvang, waaronder pynmedikasie, antibiotika

en middels om bloedklonte te voorkom. Vir die

eerste 4 weke verkies ons dat u met 1 of 2 krukke

stap, alhoewel u u volle gewig op die geopereerde

been kan plaas. Teen die tyd dat u ontslaan word,

behoort u in staat te wees om u self goed te kan help.

Sodra die wonde goed genees het, kan u stort –

gewoonlik op die derde dag na die operasie.

Die steke is oplosbaar en onder die vel en hoef nie

verwyder te word nie. Pasiënte ondervind in die eerste

paar weke na die operasie gewoonlik moeite om die

knie te buig; dit is dus belangrik dat u tuis konsensieus

voortgaan met die oefeninge soos deur die fisioterapeut

voorgeskryf. Sorg dat u elke dag 'n kort ent stap, verkieslik

buite. U kan motor begin bestuur sodra u voel u kan dit

veilig doen (gewoonlik so 2 - 4 weke na die operasie).

LANGTERMYNVERWAGTINGE

Ons verwag dat u binne 3 maande na die operasie goed

sal kan loop. Dit is egter ook belangrik om te besef dat

die knie se funksie tot 1 jaar na die operasie sal verbeter.

Ons wil nie hê dat u aan enige hardloop- of springaktiwiteite

deelneem nie. U moet ook nie op u hurke

probeer sit nie. Daar is geen beperking op sporte soos

rolbal, gholf en ontspanningstennis (dubbelspel) nie.

Stap, swem en fietsry is ook in orde. Dit is normaal

dat daar soms 'n "klik"-geluid in die knie gehoor word.

Dit word veroorsaak deur die beweging van die

metaaloppervlak teen die plastiek. U sal ook ervaar

dat die vel om die wond effens dood voel. Dit is as

gevolg van die fyn senuwees in die vel wat tydens

die operasie deurgesny word. Die sensasie behoort

stadigaan te verbeter, maar 'n effens dooie gevoel

kan dalk van blywende aard wees.

Dit is raadsaam om nie enige langafstand- (internasionale)

vlugte te onderneem binne die eerste 3 maande na

die operasie nie, weens die risiko van trombose.

Binnelandse vlugte is egter nie 'n probleem nie.

Wees net daarop bedag dat die knieprostese soms die

metaalverklikkers by veiligheids- kontrolepunte op die

lughawe laat afgaan. Dit is 'n goeie idee om

lospassende klere te dra sodat u, u littekens

maklik kan ontbloot indien nodig.

Indien u enige ander chirurgiese prosedure benodig,

selfs tandheelkundig, moet u u geneesheer/tandarts

inlig dat u 'n knievervanging ondergaan het en dat

hy/sy 'n profilaktiese (voorkomende) antibiotikum

moet voorskryf. Ons stel een van die volgende voor:

• Indien u nie allergies vir penisillien is nie:

kefaleksien (bv. Keflex), kefradien (bv. Cefril), of

amoksisilien (bv. Amoxil). Die dosis is 2 g per mond

een uur voor die prosedure.

• Indien u allergies is vir penisillien: klindamisien

(bv. Dalacin-C) 600 mg een uur voor die prosedure.

LET WEL: Onder GEEN omstandighede moet

enigiemand, behalwe 'n ortopediese chirurg,

'n naald in u vervangde knie steek nie, hetsy as

'n inspuiting of aspirasie (vloeistofonttrekking).

U opvolgbesoek aan ons kamers is gewoonlik

4 - 6 weke na die operasie. Indien moontlik,

wil ons u graag elke 18 maande opvolg

(of vroeër indien daar iets is wat u pla).

PAGE 2 / 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!