04.05.2013 Views

UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT - orthoclinic.co.za

UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT - orthoclinic.co.za

UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT - orthoclinic.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WAT IS 'N UNIKOMPARTMENTELE

VERVANGING?

Die kniegewrig kan in drie gedeeltes, wat elk as

'n afsonderlike eenheid funksioneer, verdeel word:

• Patello-femorale kompartement: tussen die

knieskyf en die voorkant van die bobeen.

• Mediale kompartement: die gedeelte tussen

die binneste helfte van die bobeen en onderbeen.

• Laterale kompartement: die gedeelte tussen die

buitenste helfte van die bobeen en onderbeen.

Net een van die drie kompartemente (mediaal,

lateraal of patello-femoraal) is uitgeslyt,

met die ander twee in 'n goeie toestand.

Met 'n unikompartementele vervanging word net

die oppervlakke van die beskadigde kompartement

vervang. In teenstelling hiermee word die oppervlakke

van al drie kompartemente tydens 'n algehele

knievervanging vervang.

VOOR- EN NADELE

UNI-COMPARTMENTAL KNEE REPLACEMENT

'n Unikompartementele vervanging vergelyk

as volg met 'n algehele vervanging:

VOORDELE

• Dit is 'n kleiner prosedure.

• Daar is 'n effens vinniger en makliker herstelperiode.

• Funksiegewys is die resultaat beter.

Die knie se buigbaarheid is beter en dit voel

soos 'n "gewone" knie.

• Dit kan maklik omskep word in 'n

algehele knievervanging.

NADELE

• Die onvervangde gedeelte van die knie kan

mettertyd ook verweer wat verdere

kniechirurgie kan noodsaak.

• Alhoewel 'n unikompartementele vervanging 'n

kleiner prosedure is, is dit tegnies moeiliker.

• Die lewensduur van 'n univervanging is effens korter

as dié van 'n algehele vervanging: ongeveer 10 - 15

jaar, teenoor die 15 - 20 jaar van 'n totale

vervanging. Dit kan egter maklik in 'n algehele

vervanging omskep word, indien nodig.

(MEDIAL/LATERAL/PATELLO-FEMORAL)

MOONTLIKE KOMPLIKASIES

Soos met alle chirurgie is daar ongelukkig ook met

'n knievervanging die moontlikheid van probleme.

Algemene komplikasies, veral kardiovaskulêr, is 'n

klein moontlikheid. Ten opsigte van die knie self is

ons spesifiek bekommerd oor die moontlikheid van

infeksie. Statisties gesproke is die kans daarop in

ons praktyk egter gering (minder as 0,3%).

Diepveentrombose (bloedklonte) is nog 'n moontlike

komplikasie, met 'n voorkoms van ongeveer 2%.

PRE-OPERATIEF

Om die moontlikheid van komplikasies tot 'n minimum

te beperk, reël ons met 'n patoloog om 'n aantal

spesiale ondersoeke uit te voer om die geringe

moontlikheid uit te sluit dat daar êrens in die liggaam

'n laegraadse infeksie is. Dit is ook moontlik dat ons

sal reël dat die narkotiseur u pre-operatief sien.

As hy/sy dit nodig ag, sal u ook deur 'n kardioloog

of internis ondersoek word.

MEDIKASIE

Anti-inflammatoriese middels soos Voltaren, Brufen,

ens. verhoog die risiko van postoperatiewe bloeding.

Dit is dus belangrik dat u die gebruik van hierdie

middels ten minste 3 dae voor die operasie staak.

Plaatjie-inhibeerders soos Disprin, Plavix, ens. moet

10 dae voor die operasie gestaak word. Indien u

Warfarin gebruik moet u dit 4 dae voor die operasie

staak en met heparien vervang. Vroue wat hormoonterapie

ontvang, moet dit verkieslik in die week voor

en vir 2 weke na die operasie nie gebruik nie.

Indien u gereeld 'n drankie geniet, wil ons graag hê

dat u dit ook in die hospitaal doen; dit sal u herstel

bespoedig. Die hospitaal verskaf

egter nie drank nie; bring dus u eie.

Dit is belangrik dat u u tuiskoms

beplan. Dink daaraan dat u nie sal

kan hurk nie en met 'n kruk sal moet

stap. U sal kan stort, maar sal nie

kan bad vir 6 weke nie. Alhoewel u

met ontslag uit die hospitaal

selfstandig sal wees, is dit verkieslik

dat u nie in die eerste paar weke

alleen bly nie.

PAGE 1 / 2

DIE OPERASIE

U sal vroegmiddag op die dag voor die operasie

tot die hospitaal toegelaat word. Die aand voor die

operasie sal ons heparien begin toedien, om die

moontlikheid van 'n trombose te verminder. Hierdie

terapie word volgehou vir 'n week na ontslag.

Die operasie word in die meeste gevalle onder 'n

spinale narkose – 'n tipe lokale narkose – gedoen.

Lokale narkose verminder die moontlikheid van

trombose en infeksie, asook die lading op die

kardiovaskulêre stelsel. Dit beteken dat 'n bietjie lokale

verdowing in die rug ingespuit word wat alle sensasie

in die bene wegneem. Daarby dien die narkotiseur

ook gewoonlik 'n baie ligte narkose toe sodat u

onbewusisvanaldiebedrywighedeindieteater. Die

narkotiseur sal ook 'n femorale senuweeblok doen

wanneer ons klaar geopereer het. Dit gee goeie

postoperatiewe pynbeheer, maar sal ook veroorsaak

dat u kwadrisepsspier vir ongeveer 24 - 36 uur verlam

sal wees. Dit beteken dat u eers op die tweede dag

na die operasie sal kan loop.

'n Unikompartementele knievervanging duur ongeveer 1 uur.

Vir die eerste 24 uur na die operasie sal u in 'n

hoësorgeenheid verpleeg word. U behoort gemaklik

te voel en baie min pyn te verduur.

POSTOPERATIEF

Vir die eerste dag na die operasie het u 'n binneaarse

drup aan die arm waardeur ons antibiotika en 'n

pynstiller toedien. Daar sal ook dreineringsbuise in

u knie wees. Ons gebruik medikasie wat bloeding

aansienlik verminder en 'n bloedoortapping onwaarskynlik

maak. Die binneaarse drup en dreineringsbuise word

gewoonlik na die eerste dag verwyder.

Die fisioterapeut sal u vanaf die dag van die operasie

daagliks besoek. Die rehabilitasieoefeninge kan dalk

eenvoudig en maklik voorkom, maar dit is uiters

belangrik dat u dit gereeld en op die regte manier

doen. So sal u u knie se funksie vinnig en volledig

herwin. Vanaf die tweede dag na die operasie kan u

begin stap, en daarna behoort u elke dag beter te loop.

Vir 'n uniknievervanging sal u ongeveer 3 - 4 dae in

die hospitaal moet deurbring.

EERSTE PAAR WEKE TUIS

Met ontslag uit die hospitaal sal u 'n voorraad

medisyne ontvang, waaronder pynmedikasie, antibiotika

en middels om bloedklonte te voorkom. Vir die

eerste 4 weke verkies ons dat u met 1 of 2 krukke

stap, alhoewel u u volle gewig op die geopereerde

been kan plaas. Teen die tyd dat u ontslaan word,

behoort u in staat te wees om u self goed te kan help.

Sodra die wonde goed genees het, kan u stort –

gewoonlik op die derde dag na die operasie.

Die steke is oplosbaar en onder die vel en hoef nie

verwyder te word nie. Pasiënte ondervind in die eerste

paar weke na die operasie gewoonlik moeite om die

knie te buig; dit is dus belangrik dat u tuis konsensieus

voortgaan met die oefeninge soos deur die fisioterapeut

voorgeskryf. Sorg dat u elke dag 'n kort ent stap, verkieslik

buite. U kan motor begin bestuur sodra u voel u kan dit

veilig doen (gewoonlik so 2 - 4 weke na die operasie).

LANGTERMYNVERWAGTINGE

Ons verwag dat u binne 3 maande na die operasie goed

sal kan loop. Dit is egter ook belangrik om te besef dat

die knie se funksie tot 1 jaar na die operasie sal verbeter.

Ons wil nie hê dat u aan enige hardloop- of springaktiwiteite

deelneem nie. U moet ook nie op u hurke

probeer sit nie. Daar is geen beperking op sporte soos

rolbal, gholf en ontspanningstennis (dubbelspel) nie.

Stap, swem en fietsry is ook in orde. Dit is normaal

dat daar soms 'n "klik"-geluid in die knie gehoor word.

Dit word veroorsaak deur die beweging van die

metaaloppervlak teen die plastiek. U sal ook ervaar

dat die vel om die wond effens dood voel. Dit is as

gevolg van die fyn senuwees in die vel wat tydens

die operasie deurgesny word. Die sensasie behoort

stadigaan te verbeter, maar 'n effens dooie gevoel

kan dalk van blywende aard wees.

Dit is raadsaam om nie enige langafstand- (internasionale)

vlugte te onderneem binne die eerste 3 maande na

die operasie nie, weens die risiko van trombose.

Binnelandse vlugte is egter nie 'n probleem nie.

Wees net daarop bedag dat die knieprostese soms die

metaalverklikkers by veiligheids- kontrolepunte op die

lughawe laat afgaan. Dit is 'n goeie idee om

lospassende klere te dra sodat u, u littekens

maklik kan ontbloot indien nodig.

Indien u enige ander chirurgiese prosedure benodig,

selfs tandheelkundig, moet u u geneesheer/tandarts

inlig dat u 'n knievervanging ondergaan het en dat

hy/sy 'n profilaktiese (voorkomende) antibiotikum

moet voorskryf. Ons stel een van die volgende voor:

• Indien u nie allergies vir penisillien is nie:

kefaleksien (bv. Keflex), kefradien (bv. Cefril), of

amoksisilien (bv. Amoxil). Die dosis is 2 g per mond

een uur voor die prosedure.

• Indien u allergies is vir penisillien: klindamisien

(bv. Dalacin-C) 600 mg een uur voor die prosedure.

LET WEL: Onder GEEN omstandighede moet

enigiemand, behalwe 'n ortopediese chirurg,

'n naald in u vervangde knie steek nie, hetsy as

'n inspuiting of aspirasie (vloeistofonttrekking).

U opvolgbesoek aan ons kamers is gewoonlik

4 - 6 weke na die operasie. Indien moontlik,

wil ons u graag elke 18 maande opvolg

(of vroeër indien daar iets is wat u pla).

PAGE 2 / 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!