04.05.2013 Views

Graad 6

Graad 6

Graad 6

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Let wel:

Die nomerering van die paragrawe in dié dokument is in ooreenstemming met die

WKOD-tabelle vir Beplanning, bv.

6.3.2 verwys na Graad 6, Leeruitkoms 3, Assesseringstandaard 2

Graad 6 Leeruitkoms DRIE

Assesseringstandaarde en voorbeelde

Die leeruitkoms is bereik wanneer die leerder die volgende doen:

6.3.1 Herken, visualiseer en benoem tweedimensionele vorms en driedimensionele

voorwerpe in natuurlike en kulturele vorms en meetkundige agtergrond,

insluitend dié wat vroeër behandel is, met die klem op:

• ooreenkomste en verskille tussen viervlakke en ander piramides

6.3.1(a) Wat het die volgende vorms met mekaar gemeen?

Hoe verskil hulle?

NOTA: Dit is verskriklik belangrik dat leerders die verskille tussen die piramides

ontdek en bespreek - en dan vorendag te kom met hul eie (sinvolle) redes vir die

ooreenkomste en verskille tussen die piramides.

Die eerste figuur is ‘n viervlak/tetraëder en die tweede is ‘n vierkantbasis-piramide

(die een wat ons die beste ken). Die ander twee is vyfhoekbasis- en seshoekbasispiramides

onderskeidelik. Leerders kan probeer om sewehoekbasis- en

agthoekbasis-piramides self te maak.

Leerders kan die vlakke op elke piramide tel – dit kan moontlik aan LO2 verbind

word. Daar is heelwat interessante vrae en gevolglike ondersoeke wat sal voortspruit

uit die bestudering van piramides. Viervlakke (tetraëders) word uit vier gelyksydige

driehoeke saamgestel en ‘n vierkantbasis-piramide kan vier gelyksydige driehoeke as

sy vlakke hê. Die vraag ontstaan op watter punt ons sal moet stop om gelyksydige

driehoeke te gebruik.

• ooreenkomste en verskille tussen reghoeke en parallelogramme

6.3.1(b) Sorteer die volgende vorms in groepe:

B

A

D

Verduidelik waarom jy dink hulle saam in een groep hoort.

C

Wat het die vorms gemeen? (Hul sye? Die grootte van die hoeke?)

Let op dat vierkante, rombusse en ‘n trapesium onder die voorbeelde verskyn. Dit is om die

leerders te help om die eienskape van veral reghoeke en parallelogramme te ontwikkel.

E

F

G

H

I

Interessante vrae kan gestel word:

• Is ‘n reghoek ‘n parallelogram? (Bevat dit al die eienskappe van ‘n parallelogram?)

• Kan ‘n parallelogram ‘n reghoek wees?

As jy vierkante en rombusse oorweeg, kan jy ook begin om dit in te sluit vir bespreking.

6.3.2 Beskryf en klassifiseer tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe

volgens eienskappe, insluitend:

6.3.2(a) Een manier om dié assesseringstandaard te hanteer, is om die leerders ‘n

verskeidenhied van voorwerpe te gee – wat dan noukeurig uitgesoek moet word.

Voorbeelde van kubusse is (dobbelstene, blokkies); reghoeke (bokse, houtblokke),

driehoekige prismas (houtwiggies, sjokoladedose), sfere (balle), piramides (hout of

plastiek), silinders (toiletrolle, penne, gordynstokke), keëls (partytjiehoedjies,

roomyshorinkies). Dit sal ‘n goeie idee wees om een of twee onreëlmatige of halfonreëlmatige

voorwerpe (klippe, skulpe) in te sluit om bespreking te ontlok.

Laat leerders die voorwerpe sorteer in groepe (moenie aanvanklik die aantal groepe

spesifiseer nie – moet hulle NIE kriteria gee vir klassifikasie nie).

Hulle moet elke kriterium vir elke groepering verduidelik. Graad 6-leerders moet

vorendag kom met meer gesofistikeerde kriteria as graad 5-leerders. Jy kan dit

gebruik om jou leerders se standaard te toets.

Jy kan later die aantal groeperings verminder tot 3 of 4.

• vlakke, hoekpunte en rande

Maak seker dat die leerders ‘n goeie begrip het waarna die drie terme verwys.

VLAK

RAND

HOEKPUNT

VLAK

GEBOë

OPPERVLAKTE

RAND

6.3.2(a) Die leerders moet nou vlakke, hoekpunte en kante as kriteria begin gebruik.

Hulle kan begin deur al die voorwerpe wat plat vlakke het te groepeer. Hulle mag dié

wat beide vlakke en geboë oppervlakke het, saam groepeer en laastens slegs dié

met geboë oppervlakke.

Leerders kan ook voorwerpe volgens die vorm van hul vlakke groepeer, bv. dié wat

reghoekige of vierkantige vlakke het (kuboïedes of reghoekige blokke).

• lengte van sye

6.3.2(b) Reëlmatige en onreëlmatige veelhoeke (poligone) kan ook op dié manier

bekendgestel word.

(sien Graad 5-assesseringstandaard 5.3.2(c))

6.3.2(c) Die aktiwiteit kan ook verbind word met 6.3.1(b), waar leerders ‘n begrip van die

verskille en ooreenkomste vorm en parallelogramme en reghoeke bestudeer.

Dit skep ‘n geleentheid om die verskille tussen vierkante en reghoeke, asook

parallelogramme en rombusse verder te bespreek.

Opvoeders kan die debat lei rondom die kwessie of ‘n vierkant ‘n reghoek is, al dan

nie (in ag genome dat vierkante se teenoorstaande sye ewe lank is en al die hoeke

90 grade is).

• grootte van hoeke

6.3.2(e ) Sorteer die voorwerpe volgens hulle hoeke:

6.3.3 Ondersoek en vergelyk (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span)

tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe wat in hierdie graad

bestudeer word, volgens die bostaande eienskappe deur die volgende te doen:

• maak driedimensionele modelle deur die volgende te gebruik:

- strooitjies om ‘n raamwerk te maak

6.3.3(a) Maak die volgende vorms deur gebruik te maak van strooitjies. (Leerders kan

ook probeer om raamwerke te maak wat die piramides voorstel wat hulle in

6.3.1(a) ondersoek het.)

- ‘n net/patroon wat deur die onderwyser voorsien word

6.3.3(b) Vou die nette/patrone in 3-D-voorwerpe:

• Teken vorms op grafiekpapier

6.3.3(c) Die vorms word genoem pentomino’s. ‘n Pentomino is ‘n vorm wat gemaak

word van 5 ewe groot vierkante. Dié vierkante moet ten minste vir die hele

lengte van ‘n sy aan mekaar raak.

Hoeveel verskillende pentomino’s ontwerpe kan jy op die grafiekpapier maak?

6.3.3(d) Maak ontwerpe vir mooi bokse of geskenkhouers deur van verskillende grafiekpapier

gebruik te maak.

(Hierdie afdeling kan met die tegnologie-leerarea geïntegreer word.)

• gebruik `n passer om sirkels, patrone in sirkels, en patrone met sirkels te teken

6.3.3(d) Gee die leerders geleentheid om te oefen en te ontdek deur gebruik te maak van ‘n

passer.

Gebruik sirkels en maak `n dekoratiewe ontwerp vir `n boekmerk of geskenkpapier.

6.3.4 Gebruik die woordeskat en eienskappe van rotasies, refleksies en verplasings

om die verwantskap tussen bepaalde tweedimensionele vorms en

driedimensionele voorwerpe binne patrone te beskryf (insluitend transformasies

en simmetrie)

6.3.4(a) Beskryf wat met die vorm gebeur as jy só ‘n patroon maak.

(kantel, skuif, kantel, roteer, kantel, roteer, kantel, skuif, kantel)

6.3.4(b) Maak ‘n patroon met dié vorm deur dit te skuif en dit dan na te teken:

• Maak nou ‘n patroon deur die vorm te om te keer…

• Maak nou ‘n patroon deur die vorm te roteer…

Wat let jy op? Is daar ‘n verskil? Hoekom nie?

Teken die simmetriese lyn(e) van die driehoek.

(‘n Gelyksydige driehoek sal dieselfde patroon maak as dit geskuif, geroteer of omgekeer

word. Watter ander vorm het ook dié eienskap?

6.3.5 Teken vergrotings en verkleinings van tweedimensionele vorms (minstens

vierhoeke en driehoeke) en gebruik grafiekpapier om die grootte en vorm

daarvan te vergelyk

6.3.5(a) Is B ‘n vergroting van A? Gee redes vir jou antwoord.

Hierdie voorbeeld kan met die Natuurwetenskap- en Tegnologie-leerareas

geïntegreer word.

A

6.3.5(b) Teken ‘n verkleining van die driehoek C.

C

B

6.3.6 Herken en beskryf natuurlike en kulturele tweedimensionele vorms,

driedimensionele voorwerpe en patrone na aanleiding van meetkundige

eienskappe

6.3.6(a) Moeder Natuur gebruik baie meer geometriese patrone en eienskappe as wat ons

dink.

Bestudeer die volgende patrone:

Kan jy enige meetkundige patrone in die prente identifiseer?

6.3.6(b) Somtyds gebruik mense dit in hulle skryf- en kunswerk:

Kan jy enige meetkundige patrone in die prente identifiseer?

6.3.7 Teken en interpreteer sketse van eenvoudige driedimensionele voorwerpe vanuit

verskillende posisies (perpektiewe)

6.3.7(a) Kyk na die stapel blokke:

Links

• Teken hoe die stapel van regs sal lyk.

• Hoe sal dit van agter lyk ?

• Hoe sal dit van bo lyk?

Voor

Regs

6.3.7(b) Verbind die skets met die kind wat dit geteken het.

Lundi

1

FRUITY

15l

j ice

Geteken deur: Geteken deur:

Geteken deur:

Andrew

Vuvu

Laat die leerders na satellietfoto`s van die aarde kyk, sowel as die vertikale en skuins

ligfoto`s. (Integreer dié konsep met Natuurwetenskap en Menslike en Sosiale Wetenskap –

Aardrykskunde.)

6.3.8 Bepaal ligging op ‘n gekodeerde rooster, beskryf hoe om tussen posisies op die

rooster te beweeg en herken kaarte as roosters

6.3.8(a) Piet Boer loop deur sy landerye en bekyk sy oes. Hy stop ‘n paar keer om te rus.

A

B

C

D

E

F

G

H

I

J

K

L

Hy begin by D1 en rus by die volgende plekke:

• H3

• E4

• F6

• J7

• G8

• D9

• A10

• F12

Merk sy rusplekke op die rooster af, verbind dan die punte om sy roete aan te toon.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

6.3.8(b) ‘n Persoon begin by die vierkant/blok wat gemerk is met ‘n X en beweeg dan…(X

uitgesluit)

• 3 blokke noord

• 4 blokke wes

• 7 blokke noord

• 5 blokke oos

• 5 blokke suid

• 4 blokke oos

• 3 blokke suid

• 2 blokke wes

Merk sy eindposisie met ‘n X.

Leerders kan hul eie roete afmerk deur gebruik te maak van verwysingspunte.

Hulle kan hul roosters/ruitenet versier sodat dit soos `n kaart lyk.

N

W O

S

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!