04.05.2013 Views

Slingervel September 2011.indd - CJBF

Slingervel September 2011.indd - CJBF

Slingervel September 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Slingervel, Jaargang 53

Nommer 926, September 2011

in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...

3 Oom Nico se Possak

4 Spreuke vir die tiener

verklaar

5 Blokkiesraaisel 429

6 Die 12 seuns van Jakob

(9)

7 Het jy geweet ...?

8 Tina se straf (2)

9 SPOOK in Afrikaanse

idiome

10 Dorpe se name herken

11 Bybelleesrooster vir

Oktober

12 Oordenkings vir

laerskoolkinders

14 Verjaardaghoekie

15 Blokkiesraaisel

Kopkrapper: tabernakel

16 Die monster van

Kalabasfontein (4)

18 Soos 'n boom

20 Oordenkings vir tieners

22 Tienervers

Ons eie Slingervel-

Digtershoekie

23 Die Galileo-ruimteprojek

24 Boekeblad

Die redakteur skryf kryf . ...

Gewoonte wat die afgelope aantal jare al meer in gebruik geraak het, is die dra van

’n ’n aantal ringe aan die ore, neus en naeltjie en knopies in die wenkbroue, lippe of

die tong. Dan is daar ook mense wat op die lyf iets laat tatoeëer.

Die vraag vir elke Slingervellie is: Wat leer ons in die Bybel van hierdie gebruike?

In Levitikus 19:28 lees ons: “Julle mag nie .. .snye en tatoeëermerke op julle liggame

maak nie. Ek is die Here.” Die Here het hierdie dinge vir sy volk verbied omdat dit

deel was van die heidense lewensgewoontes. God se kinders moet weet dat geloof

en gedrag twee kante is van dieselfde munt. Jou geloof in God word sigbaar in jou

alledaagse lewe. Die volk van die Here moet dus weet dat hierdie dinge waarvan die

Here praat, snye en tatoeëermerke op die liggaam, deel was van ’n heidense leefwyse.

Op ’n hele paar plekke in die Bybel word na ringe, oor- en neusringe en juwele verwys

– lees Genesis 35:4, Eksodus 32:2, Numeri 31:50, Spreuke 25:12, 1 Timoteus 2:9 en

1 Petrus 3:3-4.

In die Bybel sê die Here nie dat ’n mens, veral ’n vrou, nie mag juwele dra nie. Maar

as dit by “body piercing” kom, is daar ’n ander aspek wat vir die Christentiener van

belang is. ’n Gelowige se liggaam is ’n tempel van God (1 Kor. 3:16). Dit beteken dat

God die Heilige Gees in jou woon (1 Kor. 6:19) en dat jy jou liggaam moet respekteer.

“As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van

God is heilig, en die tempel is julle” (1 Kor. 3:17). Die heidene het in die tyd van die

Bybel hulle liggame gesny en gekerf, getatoeëer en allerlei ringe en knopies aan hulle

liggame gedra ter wille van die afgode. Daar is baie stamme in Afrika, Nieu-Guineë en

die Amasone-oerwoud wat aan hulle liggame insnydings maak en oorringe, neusringe,

tongknopies, veelvuldige deurstekings en tatoeëring toepas.

Jy moet dus baie mooi daaroor dink voordat jy jou gesig vol ringe en knopies hang

en op jou liggaam enigiets laat tatoeëer. Dit mag vir jou nou onskadelik lyk en groot pret

wees. Jy kan voel dat as jy nie ten minste oorringe of wenkbrouringe of ’n knopie in jou

tong of ’n tatoeëermerk op jou liggaam het nie, dat jy uit die mode sal wees, want byna

almal doen dit. Onthou dan, jy is nie sommer maar net een van die “almal” nie. Jy is ’n

kind van God wat deur God gedoop is. Dit is die merkteken wat jy moet dra. Die teken

van die verbond van God. Enigiets anders beteken die “verontreiniging van jou liggaam”

(2 Kor. 7:1).

Jy moet jou liggaam met die nodige agting behandel – dit is nie jou eie waarmee jy

kan maak wat jy wil nie. Dit behoort aan God wat dit geskape het en met sy eie bloed

gered en gereinig het (1 Kor. 6:19-20). Wat vir die wêreld aanvaarbaar is, is nie vir die

geloof aanvaarbaar nie. Die mode en grille van die wêreld kan nie aan die gelowige

voorskryf wat om te doen of nie te doen nie.

Paulus skryf: “As julle dink aan alles wat God in sy groot ontferming vir julle gedoen

het, gee dan julleself aan Hom as lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan

Hy hou en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Moenie julle leefstyl aanpas by

die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle

denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê julle moet doen,

naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is” (Rom. 12:1-2). SV

Ringe, knopies en

tatoeëring

2 slingervel september 2011

Liewe Maats,

oom nico se

possak

Weet julle wat is die lekkerste van die Slingervel se possak?... om te weet dat elkeen wat die

brief uit die possak lees, ’n Christen is. Dit sou baie moeilik gewees het om vir die lesers

van die Slingervel ’n brief te skrywe en sommige was glad nie gelowiges nie, of hulle was

Moslems of enige ander heidense godsdiens. ’n Mens sou nie weet waaroor om te skryf nie! Maar

omdat die lesers van die Slingervel almal gelowiges is, kan ’n mens met vrymoedigheid oor die lewe

skrywe.

Om ’n Christen te wees, beteken nie dat jy heeldag met die Bybel onder die arm moet loop en net

oor godsdiens gesels nie. Jou hele lewe staan in die lig van die Bybel. Paulus het op ’n keer geskryf:

“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Kor. 10:31). Dit

beteken dat jy oral en altyd soos ’n Christen sal optree. Dink net aan alles wat jy doen: eet, drink,

slaap, ontspan, skoolgaan, studeer, aan sport deelneem, by jou maats kuier, inkopies doen ens. ens.

Terwyl jy al hierdie dinge doen, moet jy dit doen soos dit ’n gelowige betaam. Daarom sal jy nie steel

as jy in ’n winkel is nie. Jy sal ook nie iemand anders vloek en slegsê nie. Jy sal nie oneerlik wees as

jy eksamen skryf nie. Jy sal nie oneerbiedig en ongehoorsaam aan jou ouers wees nie ... en so kan

ons alles en nog meer opnoem. Dit sal eendag van jou beroepslewe ook geld. Waarvoor jy jou ook

al gaan bekwaam na skool, in watter beroep jy ook al gaan staan, daarin sal jy ook soos ’n Christen

moet optree.

Jy sal in die jare wat vir jou voorlê, móét onthou dat God nie net na gebede luister nie, maar ook

kyk hoe jy die graaf of die naald of die boek of die verfkwas in sý skepping hanteer. In Suid-Afrika

leef ons nie net van goudmyne, bedrywe en uraan-navorsing en parlementsittings en diplomatieke

behendigheid, invoer en uitvoer, wette maak en wette toepas nie. Vir elke Christen is alles wat jy doen

belangrik en vra dit van jou jou uiterste beste.

Weet jy al watter beroep jy eendag gaan volg? Stel jou nou al daarop in om vas te stel watter plek

jou beroep in die ganse skepping van God inneem.

- Oom Nico

slingervel september 2011 3

Spreuke vir die tiener verklaar Dr. Nico van der Merwe

Op Capitoline-heuwel in Rome

is daar ’n reuse marmerkop wat

eeue gelede die kop was van ’n

kolossale standbeeld wat sewe keer

lewensgrootte was. Die beeld was

van Flavius Valerius Constantinus,

wat ons uit die geskiedenis ken as

Konstantyn die Grote.

Hy was die eerste Christelike

keiser van die Romeinse Ryk. Hy is

op 27 Februarie 272 gebore en is

oorlede op 22 Mei 337. Hy was die

57ste keiser van die Romeinse Ryk.

As jy vandag na die beeld se kop kyk, dan sien jy sy oopgesperde

oë wat sonder lewe na die hemel staar. Dit is duidelik dat daardie

starende oë niks kan sien nie. Die simbool van ’n regeerder wat nie

sy wysheid en insig van God gevra het tydens die grootste deel van

sy regering nie. Al die keisers voor hom was heidene wat afgode

aanbid het. Daarby het hulle die Christene wreed vervolg, want hulle

het God nie as die ware God erken nie en betekenisloos na die

hemel bly staar.

Salomo het ook, toe hy koning van Israel geword het, met sy oë na

God gestaar maar hy het iets raakgesien. Hy het God raakgesien

in Wie se Naam hy die volk moet regeer. Daarom vra hy: “Gee

my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk

te regeer, want wie kan op sy eie oor hierdie groot volk van U regeer?”

(1 Kon. 3:9). Hiermee toon Salomo die beginsel aan dat iemand wat

in ’n regeringsamp is, ’n koning, president, goewerneur of premier, nie

suksesvol kan regeer as hy dit nie doen met sy oë op God gerig nie. Dit

is wat ons in Spreuke 8:15 hoor: “Konings regeer met my hulp. Deur my

maak regeerders die regte wette.”

Van iemand wat in ’n regeringsposisie is, verwag die Here groot integriteit.

Niemand is volmaak nie en daarom sal jy op aarde ook nie ’n volmaakte

regeerder kry nie. Jakobus skryf: “Vra vir God as jy nie kan

agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie

wysheid gee en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie” (Jak.1:5). Die

wysheid van God leer regeerders baie dinge:

Konings en regeerders het die Here nodig

om hulle taak suksesvol uit te voer

• Spreuke 8:15 •

die onderskeiding tussen wat reg en verkeerd is (Spr. 20:8 & 26);

die waarde van die waarheid

teenoor die leuen (Spr. 14:35;

16:13).

om armes billik te behandel

(Spr. 29:14; 31:8-9);

die betekenis van alledaagse

dinge (Spr. 25:2);

die verkeerdheid van omkoopgeld

(Spr. 29:4);

om waaksaam te wees vir

drankmisbruik (Spr. 31:4-5);

om versigtig te wees vir

vraatsug en gulsigheid (Pred.

10:16-17);

om te waak teen leuens (Spr.

17:7; 29:12);

om op te pas vir bose raadgewers

(Spr. 25:5).

4 slingervel september 2011

Die volmaakte Koning is Jesus

Christus (Jer. 23:5-6). Hy is getrou

en betroubaar (Openb. 19:11). Hy

regeer met die geheime skatte

van wysheid en kennis (Kol.

2:3). Op sy sterfbed het koning

Dawid geprofeteer van die koms

van God se Seun wat ons met

regverdigheid, in eerbied aan

God, sal regeer (2 Sam. 23:1-

5). Wie ’n land se regering wil

beoordeel, moet dit doen in die lig

van die Skrif. SV

van die Skrif.

TERSIA

blokkiesraaisel 429

Pos julle antwoorde aan:

Posbus 6433, Flamwood

2572

DWARS

1. Dit wat hulle praat (enkv.) (Ps. 59:13).

3. Aäron en sy seuns moet hulle hande op hierdie dier se kop sit

(Eks. 29:19).

5. Jaïr se pa (1 Kron. 2:22).

7. Hier was die huis van God (Rigt. 18:31).

8. Seraja se seun (Esra 7:1).

10. Die seun van Dawid en Aginoam (2 Sam. 3:2).

12. Josua se pa (Num. 11:28).

13. Die koning van Moab (Rigt. 3:14).

AF

1. Jesus sê: “My ______ is lig (Matt. 11:30).

2. Die vierde van die nege seuns van Dawid (1 Kron. 3:7).

4. Sy het drie maande by Elisabet gebly (Luk. 1:56).

5. Tubal-Kain se ma (Gen. 4:22).

6. Hierdie plek se koning se naam was Og (Deut. 29:7).

7. Sy ander naam was Petrus (Luk. 6:14).

9. “ …. voor My sal elke ______ buig” (Rom. 14:11).

11. Elimelek was dit van Naomi (Rut 1:3).

Redakteur

Dr Nico vd Merwe

e-pos: slingervel@telkomsa.net

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Nicolaas

Tellie Skoop

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 328 7180

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R168,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 53

Nommer 926, September 2011

ISSN 0037 685 X

slingervel september 2011 5

Die 12 seuns van Jakob – 9

Die naam Issaskar hou verband

met ’n Hebreeuse woord vir loon

of beloning. In werklikheid is die

naam van Issaskar ’n uitdrukking

van die gebeure wat plaasgevind

het rondom sy geboorte.

Issaskar is die negende seun wat

vir Jakob gebore is. Issaskar se

ma was Lea. Haar ander seuns

was: Ruben, Simeon, Levi, Juda

en Sebulon. Jakob het ook

twee seuns, Gad en Aser, by

Lea se slavin, Silpa gehad. By sy

lieflingsvrou Ragel het hy vir

Josef en Benjamin gehad. Dan en

Naftali is die twee seuns wat vir

Jakob uit Ragel se slavin, Bilha,

gebore is.

Die stryd tussen Lea en Ragel

Jakob se probleem was dat

hy van sy twee vroue vir

Ragel die liefste was en nie

vir Lea nie. Ragel het begeer om

die meeste kinders vir haar man

te gee. Ná hulle huwelik blyk dit

egter dat Ragel onvrugbaar is

en nie vir Jakob kinders kan gee

nie. Daarteenoor het Lea al vier

seuns gehad (Ruben, Simeon,

Levi, Juda).

Tussen Lea en Ragel ontstaan

’n geweldige stryd om die

mees te kinders vir Jakob te

gee. Daarom het Ragel ’n desperate

plan gemaak en gereël

dat Jakob by haar slavin, Bilha,

slaap en toe is twee seuns gebore

(Dan, Naftali). Lea het

ISSASKAR

NICOLAAS

be kommerd geraak omdat sy toe nie meer geboorte aan kinders

gegee het nie. Daarom het sy toegelaat dat Jakob by haar slavin,

Silpa, twee seuns kry (Gad, Aser). Lea was toe voor Ragel wat die

getal kinders betref: 6 teen 2.

Die drama rondom Issaskar se geboorte (Gen. 30:14-18)

Die stryd tussen Lea en Ragel het hulle hele lewe in beslag geneem.

In alles wat gebeur het, het hulle ’n geleentheid gesoek om mekaar

te troef. Op ’n dag was Lea se oudste seun, Ruben, in die veld en

het hy liefdesappels gepluk en vir sy ma gebring. In Hebreeus is dit

dudaïm genoem. Dit was ’n narkotiese plant met ’n gevurkte wortel

(ons ken dit as alruin of mandragora). Die vrug van die plant is gelerige,

geurige bessies wat ongeveer so groot soos ’n kleinerige

appel was. Dit het alkaloïde bevat en daar is geglo dat die vrugte

’n geheime liefdeskrag besit; daarom is dit liefdesappels genoem

(Hoogl. 7:13).

Daar is geglo dat hierdie plant onvrugbaarheid by ’n vrou genees

sodat sy kinders kan verwag. Dit blyk net ’n bygeloof te wees. Ragel

het egter vas geglo dat hierdie magiese plant wel die oplossing vir haar

onvrugbaarheid sal wees. Sy “koop” as’t ware die liefdesappeltjies

6 slingervel september 2011

van Lea deur haar toe te laat om die nag by Jakob deur te bring.

Daar kan ook gesê word dat Lea die geleentheid saam met haar

man van Ragel gekoop het met liefdesappeltjies en uit die gekoopte

geleentheid is ’n seun gebore, want daarna het Lea hulle vyfde seun

verwag. Toe sy aan die seun geboorte skenk sê sy: “God het my ’n

loon gegee omdat ek my slavin aan my man gegee het. Toe noem

sy die seun Issaskar” (vs. 18). Issaskar beteken loon of beloning.

Issaskar word ontvang as die kind van ’n “kontrak”. Dit is die seun

van berekende loon of beloning. Issaskar beteken vir Lea wins. Sy

sien dit egter nie as ewige wins nie, maar slegs ’n wins in haar stryd

met Ragel om meer kinders vir Jakob in die lewe te bring. Sy en

Ragel het tot die laagtepunt gedaal dat hulle liefde verskraal het

tot ’n koop- en ruiltransaksie tussen twee mense wat ’n vete teen

mekaar het.

Die seën van Jakob oor Issaskar

Toe Jakob aan die einde van sy lewe sy seën uitspreek oor sy

seuns, sê hy van Issaskar: “Issaskar is ’n sterk pakdier, hy gaan

lê tussen sy twee saalsakke. Hy sien ’n goeie woonplek, ’n mooi

landstreek, en daarvoor onderwerp hy hom aan dwangarbeid, doen

hy slawewerk” (Gen. 49:14-15). Jakob sien Issaskar as ’n sterk pakdier

(donkie). Sterk, maar ’n donkie! ’n Donkie is ’n gemaksugtige

het jy geweet ...

In Engeland, hoor ons oor die TV en die radio,

is hulle besig om sportstadions te bou met

die oog op die Olimpiese Spele in 2012.

Engeland E is aangewys om die Spele van 2012

aan a te bied en met die voorbereiding daarop is

hulle h tans besig.

dier – “hy gaan lê tussen sy

twee saalsakke”. Die laste en

ver antwoordelikheid en roeping

is wel daar, maar hy gaan liewer

tussen die saalsakke lê sonder

om dit op te neem en te dra. As

hy te veel geslaan word, staan

hy op en dra dit om later beloon

te word.

Só sien Jakob vir Issaskar, wat

volgens sy naam by geboorte

net gerig is tot die aardse voordeel

wat verkry kan word. Hy

ge hoorsaam nie vanweë die

roeping nie, maar net met die oog

gerig op die loon wat daaraan

verbonde is. Aan die naam van

Issaskar kleef die getuienis van

aardsheid, die wêreldse. Dan

word God uit die oog verloor en

word jou hele lewe ’n patroon

van verwêreldliking. SV

Maar M het jy geweet … waar die gedagte vir ‘n Olimpiese Spele vandaan

kom? k

Die D Olimpiese Spele word elke vier jaar gehou en elke keer tree ’n ander

land l as gasheer op. Die Olimpiese Spele het in die jaar 776 voor Christus

in n Griekeland ontstaan. ontstaan Dit is gereeld ger aangebied totdat die Romeinse keiser Theodosius I dit in 393 na

Christus afgeskaf het. In die jaar 1896 is daar weer begin met die Olimpiese Spele. Deur al die eeue heen

was daar nog net drie lande wat die spele meer as eenkeer aangebied het. Atene het die Spele in 1896

en weer in 2004 aangebied. Parys in Frankryk het die Spele ook vir twee keer aangebied, 1900 en 1924.

Londen is die derde stad wat vir die tweede keer as gasheer gaan optree. Die Olimpiese Spele is in 1948

ook in Londen gehou en dan nou weer in 2012.

(Bron: Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia. 2004.)

slingervel september 2011 7

deur Rika du Plessis

Hoofstuk 2 van ons nuwe

vervolgverhaal vir tieners -

Gewoonlik is Tina se ma

nog in die kombuis

wanneer Tina soggens

daar instap om haar ontbytgraan

te eet voor sy skool toe met haar

fi ets ry. Vanoggend is die hele

huis egter so stil soos kan kom.

Versigtig loer sy by haar ma

se kamer in, maar die bed is

netjies opgemaak en sy is nie

daar nie. By verdere ondersoek

sien sy haar ma se handsak en

motorsleutels is weg. Natuurlik

was sy vanoggend nog so kwaad

Tina se straf

vir haar dat sy met opset vroeër werk toe is om haar nie te moet sien

nie.

Tina is sommer nie lus vir eet nie. Nou moet sy nog die hele dag

lank wonder met watse straf haar ma vorendag gaan kom. By die

skool kla sy teenoor Ben, haar spesiale vriend oor alles.

“Moet ek nou vir jou jammer wees, Tina? En dit nadat jy my nie

eens van gisteraand se jollery vertel het nie? Wat loop soek jy op so

’n plek sonder my? Wil jy nou met ander outjies uitgaan? Is ek nie

meer goed genoeg vir jou nie?”

“Nou is jy ook nog vir my kwaad. Ek weet ek moes jou sê, maar ek

wou nie, want ek het geweet jy gaan my keer omdat jy nie genooi

was nie.”

“En hoekom is ek nie genooi nie? Omdat ek sommer gesien het

hierdie nuwe outjie beteken moeilikheid en ek het dit vir hom gesê

ook toe ek nou die dag gesien het dat hy ’n dwelmpil sluk. Daarom

wou hy my nie by sy jol hê nie. Moet net nie vir my vertel jy het

saam met die spul van die gemors gesluk nie!”

“Is jy nou simpel, Ben! Ek het nie eens by iemand so iets gesien

nie. Daar … daar was wel alkohol in die pons wat ons gekry het. Ek

he het nie my glas leeggedrink toe ek dit proe nie.”

“ “Wat jou ma ook al met jou gaan doen, ek dink jy verdien dit. Jy

he hhet

’n goeie ma wat hard werk om vir julle ’n ordentlike lewe te laat

ly l ly nadat jou pa dood is. Jy moet haar waardeer en weet dat sy vir jou

ne nnet

goeie raad gee.”

“ “Ag, Ben, kom namiddag saam met my huis toe, asseblief? Sy sal

da ddalk

minder kwaad wees as jy by is.”

“ “Nee, Tina, ek gaan jou ma beslis nie laat dink dat ek goedkeur wat

jy j jy gedoen het nie. Hierdie keer is jy op jou eie. Daar lui die klok, laat

on oons

ingaan vir ons laaste twee periodes.”

LLater

die dag kan Tina nie rustig raak nie. Dis nog net ’n halfuur

vo vvoor

haar ma huis toe kom en haar hart klop reeds in haar keel van

be benoudheid. Toe die motor ’n rukkie later by die hek indraai, gaan

sk ska skakel sy die ketel aan om solank vir haar ma tee te maak, want sy

we weet dit is die eerste ding wat haar ma elke dag doen wanneer sy tuis

ko kkom.

HHaar

ma groet, sê niks en stap na haar slaapkamer toe. Sy gaan nou

ha hhaar

handsak wegsit, haar skoene uittrek en kaalvoet kombuis toe

8 slingervel september 2011

kom net soos elke ander dag, weet Tina. Die koppie tee staan gereed

toe haar ma weer die kombuis binnekom en haar ma gaan sit by die

tafel. Rustig drink sy eers ’n paar slukkies en dan kyk sy streng na

Tina.

“Tina, ek was nog nooit vantevore vir jou so kwaad soos gisteraand

nie. Jy het my al baie keer teleurgestel, maar nie so erg soos gisteraand

nie. Jy het rebels geword, Tina, en daarom verdien jy wat na

jou toe kom. Die dag wanneer die skole volgende week vir die

vakansie sluit, sit ek jou op die trein na jou oom Gys se plaas toe. Jy

sal die hele vakansie daar vir hom werk voordat jy universiteit toe

moet gaan. Gys sal my gedurig op hoogte hou van jou gedrag, so

moenie eens daaraan dink om daar ook jou streke uit te haal nie.”

Tina sak op ’n stoel neer. Oom Gys se plaas is in die boendoes

iewers in die Bosveld. Daar is net doringbome en bosse en lang

grasse rondom sy plek vir so ver as jy kan kyk. Daar gaan absoluut

niks aan nie. Haar oom het ’n vakansieplek vir diere op sy plaas

opgerig. Dit is vir mense wat met vakansie wil gaan en dan ’n

losiesplek vir hulle diere soek. Ook het oom Gys ’n ander deel op sy

plaas waar hy mense se diere gehoorsaamheid leer wanneer mense

self sukkel om hulle troeteldiere maniere en gehoorsaamheid te leer.

Tina sug. Sy was baie jare gelede laas vir ’n naweek saam met haar

ma daar en die plek het haar verveel. Nou moet sy boonop hoor dat

sy daar vir haar oom gaan werk … nie vakansie hou nie, maar werk.

“Ma … Ma is darem seker nie nou heeltemal ernstig nie,” probeer

sy nogtans uitkomkans soek al weet sy dat dit verniet is.

“Ek was nog nooit in my lewe so ernstig nie, Tina. Ek sal veel meer

gerus voel bedags wanneer ek werk en ek weet jy is veilig by Gys se

plek as wat ek moet loop en wonder wat jy bedags hier by die huis

of wie weet waar ook al aanvang. Sorg dat jou denims en bloese

skoon en gepak is saam met jou ander benodigdhede teen Vrydag se

kant, want die Saterdagoggend neem ek jou stasie toe.”

“Maar Ma …”

“Ek het klaar gepraat, Tina. Ek is moeg. Dit is jou beurt om kos te

maak en ek is lus vir ’n lekker pasta. Spring aan die werk, want ek

SPOOK in Afrikaanse idiome

Vir 'n spook moet ’n mens maar versigtig wees Daarom is daar ook nie te veel

spook-idiome in die Afrikaanse taal nie.

• So maer soos 'n spook = Net vel en been wees/Brandmaer

• Spoke opjaag/sien = Vrees vir denkbeeldigde gevare

• Die spook trek saam = 'n Verandering van lewenswyse of gewoonte beteken nie

dat vorige probleme afgeskud is nie

wil vannag die slaap inhaal wat

jy my laasnag laat verloor het.

Ek gaan intussen bad.”

Haar ma staan op, sit haar

koppie in die wasbak en stap

met vaste tred die huis in. Tina

het lanklaas so sleg gevoel. Nie

net is haar ma steeds vir haar

kwaad en met haar ontevrede

nie, sy het niks om na uit te sien

vir hierdie komende vakansie

voor sy moet universiteit toe

gaan nie. Sy gaan die hele tyd

tussen ’n spul stinkende diere

op ’n Bosveldplaas rondploeter.

So baie keer het sy nog nooit

gesug nie, dink Tina toe sy

eindelik die pasta klaar gemaak

het. Sy het net ’n bietjie daarvan

geëet, die res in die warmlaai

vir haar ma gesit en toe kamer

toe gegaan. Sy stort en klim dan

in die bed met die lig vroeg

afgeskakel. Sy het sommer nou

vir niks lus nie. Die slaap kom

egter nie en sy is nog wawyd

wakker toe haar ma soos gewoon

lik by haar kamer inloer

om nag te sê.

Moedswillig maak sy of sy nie

hoor nie en hoor hoe haar ma

verder na haar eie kamer toe

stap. (Vervolg)

Oom Carel

Bron: Idiome-woordeboek. 1988; Spreekwoorde, Anton F. Prinsloo. 2004

slingervel september 2011 9

MARINA

Skryf die eerste letter van elke prentjie neer en kyk of

julle die dorpe se name kan herken

10 slingervel september 2011

Dr. Nico van der Merwe

Bybelleesrooster vir Oktober

Toewyding in die geestelike oefensaal van die geloof

Saterdag 1 Oktober – Lees: 1 Timoteus 4:6-16 (vs. 7-8)

’n Christentiener moet ’n gimnas in godsaligheid wees. Oefen jou in

toewyding aan God.

Sondag 2 Oktober – Lees: Jesaja 40:12-31 (vs. 29)

’n Fiksheidsprogram is vermoeiend. As jy moeg word, vra vir God

om moed en krag.

Maandag 3 Oktober – Lees: 1 Korintiërs 9:1-27 (vs. 24-27)

In die taal van die sportwêreld skryf Paulus oor die geestelike lewe.

Dinsdag 4 Oktober – Lees: Romeine 6:15-23 (vs. 19)

Die mens wat nie sy ganse lewe in diens van God stel nie, is geestelik

onfi ks.

Woensdag 5 Oktober – Lees: Handelinge 24:1-23 (vs. 16)

Die Here ons God is my en jou Verlosser en vra geestelike fi ksheid.

Donderdag 6 Oktober – Lees: Handelinge. 3:11-26 (vs. 21)

Dit is nodig om deur inspanning jouself te oefen tot die nodige geestelike

fi ksheid.

Vrydag 7 Oktober – Lees: Hebreërs 5:11 – 6:12 (vs. 14)

Geestelike fi ksheid groei deur oefening om goed en kwaad te

onderskei.

Saterdag 8 Oktober – Lees: Matteus 6:5-15 (vs. 6)

Die oefenbaan van die geloof om geestelik fi ks te word, is die

binnekamer van die gebed.

Sondag 9 Oktober – Lees: 2 Petrus 2:1-22 (vs. 14)

Wie oefen in geestelike fi ksheid, moet waaksaam wees vir die verkeerde

oefenprogram.

Maandag 10 Oktober – Lees: 1 Kor. 10:23 – 11:1 (vs. 31)

Geestelike fi ksheid stel die gelowige in staat om in sy hele lewe God

te prys en te dien.

Dinsdag 11 Oktober – Lees: Kolossense 3:18 – 4:1 (vs. 23)

Oefeninge om tot geestelike fi ksheid te kom, is noodsaaklik vir jou

verhouding met God.

Woensdag 12 Oktober – Lees: 1 Korintiërs 9:19-27 (vs. 25)

Die Christentiener wat hom instel om geestelik fi ks te word, sal baie

genietinge moet ontbeer.

Donderdag 13 Oktober – Lees: 2 Timoteus 2:1-13 (vs. 5)

Wie geestelik fi ks is en aan die wedloop van die geloof deelneem,

moet die reëls nakom.

Vrydag 14 Oktober – Lees: Filippense 3:1 – 4:1 (vs. 13-14)

Wie fi ks is in die geloof, kyk vorentoe na die wenpaal, want daarheen

is jy op weg.

Saterdag 15 Oktober – Lees: Matteus 6:5-15 (vs. 6)

Die oefenbaan van die geloof om geestelik fi ks te word, is die

binnekamer van die gebed.

Sondag 16 Oktober – Lees: 2 Petrus 2:1-22 (vs. 14)

Wie oefen in geestelike fi ksheid, moet waaksaam wees vir die verkeerde

oefenprogram.

Maandag 17 Oktober – Lees: Romeine 12:1-8 (vs. 1)

Jou geestelike fi ksheidsprogram sal net slaag in volledige oorgawe

aan God die Here.

Dinsdag 18 Oktober – Lees: Matteus 4:1-11 (vs. 4)

Die volmaakte oefenprogram vir geestelike fi ksheid is uitsluitlik die

Woord van God.

Woensdag 19 Oktober – Lees: Efesiërs 6:10-20 (vs. 18)

Uit die Bybel moet die gelowige sy geestelike fi ksheidsoefeninge

bid dend nakom.

Donderdag 20 Okt – Lees: Spreuke 1:1-9 (vs 2a) (1ste doel van

die Spreukeboek)

Oefening uit God se Woord leer jou praktiese wysheid van hoe jy

moet lewe.

Vrydag 21 Oktober – Lees: 1 Konings 3:1-15 (vs. 9; Spr. 1:2b)

(2de doel van die Spreukeboek)

Oefening uit God se Woord leer aan jou om insig in sake van die

lewe te kry.

Saterdag 22 Oktober – Lees: Spreuke 8:1-21 (Spr. 1:3) (3de doel

van die Spreukeboek)

Oefening uit God se Woord leer jou om die regte verhoudinge te

kweek.

Sondag 23 Oktober – Lees: Spreuke 22:1-10 (vs. 3; Spr. 1:4) (4e

doel van die Spreukeboek)

Oefening uit God se Woord leer jou om planmatig en ordelik te

lewe.

Maandag 24 Oktober – Lees: Spreuke 1:1-7 (vs. 5) (5de doel van

die Spreukeboek)

Oefening uit God se Woord kweek geestelike wysheid en verstandigheid

by jou.

Dinsdag 25 Oktober – Lees: Galasiërs 5:13-26 (vs. 24)

Kruisig jou sonde met alle hartstog en begeertes om geestelik fi ks

te wees.

Woensdag 26 Oktober – Lees: Galasiërs 5:13-26 (vs. 16 & 25)

Jou geestelike fi ksheidsprogram sal suksesvol wees as die Heilige

Gees jou Afrigter is.

Donderdag 27 Oktober – Lees: 1 Tessalonisense 5:12-28

Die riglyne van vs. 16-28 is goue reëls om na te kom vir die duur van

die fi ksheidsprogram.

Vrydag 28 Oktober – Lees: Lukas 9:18-27 (vs 23)

Oefen jouself om Christus in geloofsgehoorsaamheid te volg en te

dien in selfverloëning.

Saterdag 29 Oktober – Lees: 2 Konings 4:1-7 (vs. 5)

Jou oefening in die Bybel is ’n krag tot redding vir elkeen in ge loofsgehoorsaamheid.

Sondag 30 Oktober – Lees: Jesaja 40:12-31 (vs. 29)

’n Fiksheidsprogram is vermoeiend. As jy moeg word, vra vir God

om moed en krag.

Maandag 31 Oktober – Lees: Psalm 1 (vs. 6)

Geestelike fi ksheid is nodig vir die lewenspad van die gelowige.

slingervel september 2011 11

dr. nico van der merwe

97. Die Christenkind is aan God gehoorsaam

Lees in jou Bybel Genesis 12:1-9

Soms trek mense van een huis na ’n ander omdat dit

’n beter huis is. Soms trek mense van een dorp na ’n

an der vanweë hulle werk. In ons tyd trek baie mense na

lan de oorsee omdat Suid-Afrika volgens hulle onveilig is.

Abraham het ook uit sy geboorteland na ’n ander land toe

getrek. Maar Abraham het ’n ander rede gehad. Abraham

het van Ur, ’n plek in die land van die Galdeërs, na Kanaän

toe getrek omdat God vir Hom gesê het om dit te doen. Wat

God vir ons in Genesis 12 van Abraham wil vertel, is dat

hy gehoorsaam gedoen het wat die Here van hom verwag

het.

As jy Bybel lees, hoor jy elke keer van die dinge wat

God vir jou sê om te doen. Die vernaamste is dat God jou

ge red het in Jesus Christus. God het ’n baie goeie rede

waar om Hy dié dinge van jou verwag. Span jou in om aan

God gehoorsaam te wees.

99. God beskerm die Christenkind

Lees in jou Bybel Genesis 14:1-17

Besluite wat jy in die lewe neem, het gevolge vir jou.

Dit sien ons baie duidelik in wat met Lot gebeur. Toe

Lot vir hom land moes kies (Gen. 13:10-11) sodat hy en

Abraham elkeen op sy eie stuk grond kan bly, het Lot net

aan homself gedink en die beste stuk land gekies wat daar

was. Hy kies die landstreek waardeur die Jordaanrivier

vloei en waar die dorpe Sodom en Gomorra was. Onder

tuin verstaan ons die ganse lewe van die mens.

Wat is alles deel van jou lewe? Jou huisgesin, skool,

sport, vriendekring, ontspanning, familie ens. ens. Godsdiens

is om op al hierdie gebiede God te dien (lees ook 1

Kor. 10:31).

Die mens is deur God geskep en word deur God onder

hou sodat jy kan optree om in die lewe van elke dag die

Naam van God te prys.

Doen jy dit?

101. Die Christenkind is aan Jesus gebind

Lees in jou Bybel Efesiërs 2:1-10 (vs. 8)

Julle huis is met kragdrade verbind aan die kragsentrale

en so kry julle in die huis elektrisiteit. Met waterpype is

julle huis verbind met die waterbron en julle het water in

julle huis. Julle telefoon is met kabels verbind aan die telefoonsentrale,

daarom kan julle van julle huis af orals in die

wêreld skakel.

Die vraag is: Hoe is jou hart aan Jesus Christus verbind

deur Wie jy verlos word van jou sonde. Daar moet ook iets

wees wat jou aan Jesus verbind. Daar is!! Dit is geloof.

Geloof is die wyse waarop jy aan Jesus verbind is en

waar deur die verlossing wat Jesus op Golgota bewerk het,

in jou eie lewe kom (vs. 8).

Geloof is die “hande” waarmee jy die genade van God

op vang en in jou eie lewe oorgooi. Die geloof kom egter

van God af (vs. 8). God werk die geloof in jou hart en bind

jou aan Jesus vas.

98. Die Christenkind neem geloofsbesluite

Lees in jou Bybel Genesis 13:1-18

Dink ’n bietjie oor besluite wat jy al geneem het. Dit maak

nie saak waaroor jy al besluite geneem het nie, dink ’n

oomblik daaraan.

Ons kon vir die grootmense ook die vraag gevra het

en dan sal ons agterkom dat ’n mens in die besluite wat

jy neem grotendeels aan jouself dink. Kyk vir Lot in vers

10-11: Lot het vir homself gekies … Abraham, sy oom,

is baie ouer as hy, tog kies hy eerste die beste deel van

die land vir hom. Abraham en Lot se veewagters het stry

gekry, daarom moes Abraham en Lot elkeen hulle eie stuk

grond ontvang. Hy kies die landstreek waarin Sodom en

Gomorra, die twee sondige stede, was. Dit het later vir

hom baie smart ingehou.

God leer in die Bybel dat as ’n mens besluite neem,

moet jy eers dink hoe God oor jou besluit sal oordeel. Dit

is nodig, want God beheer jou hele lewe.

100. Die Christenkind word deur Jesus bedien

Lees in jou Bybel Matteus 20:20-28 (vs. 28)

Ons het in die Bybel geleer dat dit die mens is wat God

moet dien. Dit is immers ons opdrag. In alles wat jy

doen, moet die Naam van God vereer word. Die mens dien

God. Wat sê Jesus in Matteus 20:28? Jesus sê Hy het na

die aarde toe gekom om te dien. By valse godsdienste en

die heidene word na maniere gesoek waardeur die mens

op sy eie manier die afgod moet bereik.

God sê vir almal wat in Hom glo dat Hy vanuit die hemel

na die mens toe kom. Dit het gebeur toe Jesus Christus op

aarde gebore is.

Christus sê Hy het gekom om te dien en sy lewe te gee

as ’n losprys vir baie mense. ’n Mens kan dit omtrent nie

glo nie: Jesus bedien jou! Want Jesus het aan die kruis

die skuld vir jou sonde betaal en aan jou die ewige lewe

gegee. Deur sy werk word jy verlos van die sonde in jou

lewe.

102. Die Christenkind luister na die Here

Lees in jou Bybel Johannes 10:22-30 (vs. 26-27)

In die tyd van die Bybel was ’n skaapwagter noodsaaklik.

Hy het voor die kudde skape geloop en vir hulle die pad

gewys na voer en water toe. Jesus gebruik die beeldspraak

dat gelowiges skape van Hom is. Gelowiges is deel van

Christus se kudde. Hulle ken Hom, daarom volg hulle Hom

getrou.

God het ’n manier gegee waarop jy Hom kan ken. God

het aan die mens die Bybel gegee waardeur ons Hom

kan ken. Dit is waarom Mamma en Pappa jou tuis van

God leer. Dit is die rede waarom jy in die katkisasie in die

Woord van God onderrig word.

Dit is die rede waarom daar Sondag vir Sondag in die

eredienste gepreek word sodat die gemeente God beter

en beter kan leer ken, want dan sal hulle baie makliker

gehoorsaam wees aan God en alles doen wat Hy van

hulle vra.

12 slingervel september 2011

103. Die Christenkind is ’n lig vir die wêreld

Lees in jou Bybel Matteus 5:13-16 (vs. 14-16)

In ons tyd het ons só baie elektriese ligte dat dit maar min

gebeur dat jy heeltemal in die donker is. Partykeer kom

daar fout met die krag en dan is dit in julle huis pikdonker.

Maar dadelik skakel julle ’n fl its of ’n lamp aan of steek

kerse op wat Mamma vir sulke tye in die kas bêre. Dink

net hoe wonderlik is dit as daar ’n lig begin skyn sodat jy

weer in die donker kan sien.

Jesus sê dat dit in die gewone lewe net so gaan. Omdat

die mense so baie sonde doen, is dit stikdonker in

mense se harte. Daarom doen die mense verskriklike sonde.

Maar Jesus het ’n plan. Hy sê dat elkeen wat in Hom

glo, is soos ’n lig in die donkerte van die sonde. As jou

maats iets baie verkeerds wil doen en jy keer hulle, dan

was jy die lig wat die donkerte van die sonde gekeer het.

Dit is wonderlik om te weet dat God jou so gebruik in die

wêreld.

105. Die Christenkind se ware vyand

Lees in jou Bybel Genesis 3:1-5

Mens sien baie dinge as ’n vyand wat aan jou kwaad

’n kan doen. Dink aan die misdadigers, die moor denaars,

die diewe, die kapers, die inbrekers en ons kan nog

baie ander noem.

Is hulle vir jou ’n vyand wat jou daaglikse lewe in gevaar

stel? Dit kan so wees. Maar agter hierdie mense sit

die ware vyand, Satan. Onthou, dat al is jy nog jonk, net

’n kind, wil Satan reeds hê dat jy aan God ongehoorsaam

moet wees, net soos hy dit gedoen het in die lewe van

Eva en Adam.

Om jou ongehoorsaam te maak aan God, kom Satan

op verskillende maniere om jou te verlei. Hy kom deur

die mense waarvan ons hierbo gepraat het, hy kom deur

jou maats wat jou wil verlei om te doen wat verkeerd is,

hy kom deur die televisie en video’s. Jy moet baie goed

onderskei wat in jou lewe gebeur.

107. Die Christenkind se verlossing

Lees in jou Bybel Hebreërs 10:11-18 (vs. 17)

As ’n kind wat nog op laerskool is, weet en sien jy hoe

mense onder mekaar stry en baklei. Jy sien dit nie net

tussen jou maats nie maar ook tussen die tieners en ook in

die lewe van grootmense. Baie keer sê ’n mens vir die een

wat aan jou kwaad gedoen het, ek sal jou vergewe, maar

ek sal nooit vergeet nie.

Doen die Here dit ook? O nee, die Here sê dat Hy jou

sondes vergewe het in Jesus Christus en aan al jou sondes

nie meer sal dink nie. Om dit te hoor, het vir ’n mens baie

betekenis.

As jy in God glo, kan dit nie anders nie as dat jou sonde

jou baie sal hinder. Maar omdat jy in God glo, neem Hy

jou sonde in Jesus Christus weg en dink nie eers meer

daaraan nie. Omdat God dit vir jou gedoen het, moet jy vir

Hom baie dankie sê. Dit doen ’n mens deur te lewe soos

die Here dit van jou verwag en in die Bybel vir jou sê.

104. Die Christenkind se lig skyn in hierdie wêreld

Lees in jou Bybel Lukas 11:33-36

Die vraag is hoe jy ’n lig vir die wêreld kan wees? Die

antwoord is duidelik: Jy kan nie ’n lig vir die wêreld

wees as jy nie self ’n lig is nie. Hoe word jy ’n lig wat jou

strale laat skyn? Dit is wanneer die Gees van die Here in

jou hart is. Namate jy die Bybel lees, gereeld tot die Here

bid, na die eredienste toe gaan, katkisasie gereeld bywoon

en hard probeer om te leef soos God in die Bybel van jou

vra, maak God dit in jou hart al ligter en ligter. En as God

se lig in jou hart skyn, kan jy nie die donkerte van die sonde

verdra nie. God gee sy lig in jou hart sodat jy as kind van

die Here in die donkerte van die sonde soos ’n lig sal kan

skyn wat aan jou maats die regte pad verduidelik. Jy merk

op dat dit nie jou eie, goeie lewe is wat van jou ’n lig maak

nie, maar dat dit God is wat die lig in jou hart gee wat jy na

buite moet uitstraal.

106. Die Christenkind vertel wat God aan hom

ge doen het

Lees in jou Bybel Markus 5:1-20 (vs. 19)

Toe Jesus in die land van die Geraseners kom, storm daar

’n man op hom af. Hierdie man het in die begraafplaas

gebly, want in hom was ’n onreine gees. As hy buite beheer

raak, het die mense nie geweet wat om met hom te doen

nie. Die bose gees het hom verskriklike dinge laat doen.

Jesus is sterker as Satan en sy bose geeste, daarom

beveel Hy die bose gees om uit die man uit te gaan. So

verlos Jesus hierdie man van die inwerking van Satan op

hom. Jesus het jou ook van Satan bevry. Toe Hy aan die

kruis gesterf het en opgestaan het uit die dood, het Hy

Satan oorwin. Toe jy gedoop is, het die Here dit aan jou bevestig.

Nou kan jy nie anders as om vir almal te vertel dat

Jesus Christus jou Verlosser is nie.

Jy moenie daaroor stilbly en skaam wees nie. Vertel vir

mense hoe jy verlos is van die sonde.

108. Die Christenkind behoort aan die Here

Lees in jou Bybel 1 Korintiërs 6:12-20 (vs. 20)

J y besit seker ’n paar dinge. Dalk ’n fi ets, ’n musiekinstrument,

’n krieketkolf of ’n rugbybal, ’n tennisraket of ’n

baie mooi pop. Van al hierdie dinge kan jy sê: Dit is myne!

Dit is my eiendom.

Dit is wonderlik om iets te kan besit. Jou besittings pas

jy op, jy hou dit in ’n goeie toestand, jy bêre dit op ’n veilige

plek. Al is jy net op laerskool, kan jy tog sê: Ek is ’n eienaar

... ek is ’n besitter van ’n paar dinge.

Maar weet jy, jy is nie net ’n besitter nie, jy is ook ’n

be sit ting, ’n eiendom. God het jou gekoop (1 Kor. 6:20).

God het jou vrygekoop uit die mag van Satan. Jesus se

bloed was die geld waarmee God jou gekoop het sodat jy

sy besitting kan wees. Dit is wonderlik om dit te hoor – ek

behoort nie aan Satan nie, maar aan God.

Dit beteken só baie dat mense dit in jou lewe moet kan

sien.

slingervel september 2011 13

Andrea Jansen (Benoni), Chané

1 Grobler (Wapadrant), Henco

Pot gie ter (Boksburg), Henk Buys

(Boksburg), Karla Steyn (Wapadrant).

Almarie Snyman (Krugersdorp),

2 Anzelle de Wet (Derdepoort), Caley-Lee

Daschner (Boksburg), Gustav

van der Westhuizen (Derde poort), Wilmarie

Kruger (Kuruman).

Alexander Visagie (Derdepoort),

3 Bianca Nel (Benoni), Tiaan Bylsma

(Kathu).

Bernard van Krieken (Boksburg),

4 Gerhard Burger (Bethal), Mechiel

Frey (Derdepoort), Rouxne Kruger

(Ver eeniging-Oos).

Marilie Reyneke (Kathu), NJ

5 Wallace (Wolmaransstad).

Anjulee Kruger (Kuruman), Cha-

6 né van den Heever (Krugersdorp),

Christelle Steyn (Kathu), Leandri

Fourie (Kuruman).

Anrike Pienaar (Buffeldoorns),

7 Ockert van Wyk (Waterkloof rand),

Richelle van Kaam (Krugers dorp).

Anri van der Walt (Waterkloof-

8 rand), John-Stephen Turner

(Wapadrant), Lauren Jansen (Elsiesrivier),

Martin de Klerk (Vereeniging-

Oos), Stephie de Klerk (Vereeniging-

Oos), Theunitha van der Walt

(Wa pad rant).

Elmien van Kaam (Krugersdorp),

9 Jana Ferreira (Wapadrant).

Mark Büchner (Wapadrant),

10 Tjaart van der Merwe (Wapad

rant).

Chenike Swart (Hermanus),

11 Hannes Aucamp (Reitz), Pieter

Steenkamp (Wapadrant), Rinaldo

Boersma (Krugersdorp), Ros lyn Cloete

(Heidelberg Gauteng), Suzanne Linde

(Reitz).

André Lategan (Middelburg-

12 Mpumalanga), Nardus Mostert

(Reitz), Shannon Snyman (Dendron),

Tania de Lange (Derdepoort).

Amce du Plessis (Lydenburg),

Lourens Parker (Kuruman).

13

verjaardaghoekie

Die volgende Vellies verjaar gedurende SEPTEMBER 2011. Geluk aan almal van

julle wat ’n jaar ouer gaan word. Mag die nuwe jaar wat kom, net geluk en voorspoed

vir julle bring. Hernu asseblief self julle verjaardae, of vra een van julle kategete om

dit aan my te stuur. My adres is: Posbus 614, Paardekraal 1752, of e-pos jonkerp@

mweb.co.za Groete, Tannie Riana

Fanus van der Walt (Bloem fontein-Noord), Jan-Louis Ras (Bloemfontein-

14 Noord), Jaydene Wiggett (Benoni).

Nicolaas Grobler (Derde poort), NP Linde (Reitz).

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

Gerrit Alberts (Benoni), Gideon Germishuys (Krugersdorp), Magdel Cloe te

(Heidelberg Gauteng).

Cibelle Ferreira (Wapadrant), Jean-Pierre Retief (Krugersdorp), Johanette

Retief (Krugersdorp), Minette Turner (Wapadrant), Tiaan Kruger (Vereeniging-Oos).

Brian Herman (Wapadrant), Carly-Allison Hattingh (Krokodilrivier), Christiaan

van der Merwe (Waterkloofrand), Ethel Coetzee (jnr) (Waterkloofrand),

Kirsten Beyers (Bloemfontien-Noord).

Kara von Maltitz (Wapadrant), Paula le Roux (Lydenburg).

Annerie du Toit (Lydenburg), Kyle Richie (Benoni), Maryna van Zyl (Boksburg),

Wald Grönum (Wapadrant), Willie Boshuisen (Benoni).

Chaney Watt (Benoni).

Charlize Nortje (Buffeldoorns), Jacques de Bruin (Bloemfontein-Noord),

Viebke van Wyk (Krugersdorp).

Dawie Snyman (Pretoria-Wonderboom-Suid), Ristha Ciliiers (Kuruman).

Markus Venter (Vanderbijlpark Trinitas).

Arno Krüger (Benoni), Heino Hoffman (Lydenburg), Willem Kurpershoek

(Middelburg-Mpumalanga).

Pieter Dickson (Middelburg-Mpumalanga).

Kylee van den Berg (Boksburg).

Juan-Mari Vermeulen (Bloemfontein-Noord), Kobus Poolman (Kathu), Mia

Smit (Benoni), Zaanri Smith (Vereeniging-Oos).

Alet Kotze (Kuruman).

Anrich Lessing (Wapadrant), Corne de Villiers (Benoni), Jaco Jacobs (Kuru

man).

14 slingervel september 2011

Blokkiesraaisel

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

13.

14.

15.

Soek die antwoorde in die berymde Psalms in

die Psalmboek

kopkrapper: tabernakel

RINA

Wat dring en dryf die wilde heidendom ____ volke raas in opgewondenheid

(Ps. 2).

Daar is geen land, so ___ of woes geleë (Ps. 8).

My skild die weerkrag ___ my heil (Ps. 18).

Geloofd sy God ____ diep ontsag (Ps. 68).

U alleen U loof ____ bly (Ps. 75).

Open julle mond ____ van My vrymoedig (Ps. 81).

Van goedertierenheid ____ ek vir ewig sing (Ps. 89).

Wie toevlug neem in veil’ge ____ (Ps. 91).

My tong deur digvuur aangedryf is soos ’n ____ wat vaardig

skryf (Ps. 45_.

As in my angs en teëspoed die krag en moed my ____ begewe

(Ps. 138).

Hoe liefl ik om dié ____ te sing (Ps. 147).

Sing tot Gods ____ met lof en dank (Ps. 149).

Laat berge uit hul stee, wegwankel in die ____ (Ps. 46).

Altyd vir Hom my lof laat ____ (Ps. 34).

Neig o God tot my die ____ (Ps. 61).

Kyk of jy die

volgende

komponente van

die tabernakel

(Eks. 26) kan

kry in die

kopkrapper:

gerubs, lissies,

hakies, tent,

seil, rame,

dwarslatte,

voorhangsel,

tafel, altaar.

RINA

slingervel september 2011 15

Die MONSTER

van Kalabasfontein (4)

Al was die klein brak, Spikkels, so bang die vorige nag, makeer hy niks die volgende môre nie. Opgewonde spring

hy net op sy agterbene rond en maak klein tjankgeluidjies van vreugde toe Johan, Hanlie, Neelsie en Ricka buite

kom. Die klein brak is reg vir avontuur en aksie vir die dag saam met die kinders op die plaas. Eers drentel hulle

almal agter hulle pa aan. Hulle staan op ’n veilige afstand om te kyk hoe hy die ou murasies, wat agter die huis is,

se stukkende mure omstoot.

“Hoekom doen Pappie dit?” vra Johan nuuskierig. “Ek wil nie hê hierdie stukkende mure moet op julle val as julle

heen en weer oor hulle klouter of naby hulle speel nie,” antwoord hy en gaan rustig voort om een na die ander

stukkende muur om te stamp. Digte stofwolke dwarrel hoog in die lug op wanneer die mure met ’n harde geluid

fl enters op die grond val. Toe al die stukkende mure omgestoot is vra Johan: ”Pappie, wat se sinkplate is hier agter

die huis, waar die gras oor groei? As ek deur die gate aan die kante loer, dan lyk dit asof dit ’n diep, donker gat is.”

“Dit is beslis ’n groot, donker gat, want dis die drein. Al die water wat ons in die huis gebruik, loop daarin. Julle moet

liewer nie daar speel nie. Ons weet nie of die sinkplate al vrot is nie, netnou val een van julle in die gat,” waarsku

sy pa en die vier besluit om na hom te luister.

’n Rukkie later kom Borina, die swart vrou wat die kinders al gesien het, om die hoek van die huis. Sy groet hulle

almal en hulle groet haar terug. Hanlie hardloop gou in die huis in om hulle ma te roep. Toe hulle ma uit die huis

uit kom, groet Borina. “Môre, Nooi, ek is Borina en ek kom soek die was- en strykwerk.”

“Môre, Borina, dis al te gaaf. Wil jy sommer vanoggend al begin werk?” vra hulle ma gretig. “Ja, Nooi, ek wil so

maak,” sê sy en maak gereed om met die werk vir die dag te begin.

Die res van die week gaan baie vinnig verby en die kinders geniet elke dag op die plaas. Daar is sulke lekker

plekke waar hulle kan speel. Elke dag is amper te kort vir alles wat hulle wil sien en doen. Die Sondagmiddag ná

ete stop daar ’n motor voor die plaashuis se deur. Dis oom Koot en sy vrou, tannie Corrie en hulle dogter Alta wat

kom kuier. Hulle twee seuns, Boetie en Jorsie (sy naam is George, maar niemand noem hom so nie), het by die

huis gebly.

“Ja, oom Koot,” sê hulle ma en sy kyk hom kwaai aan, “nou weet ek waarom julle nie vir ons die plaas kom wys

het nie. Eers gewag totdat ons veilig hier ingetrek het, nè?”

Oom Koot en tannie Corrie lag lekker. Sy blou oë vonkel ondeund toe hy antwoord: “Ek ken jou mos. Jy sou

nooit hier kom bly het as jy eers die huis gesien het nie. Toemaar,” troos hy, “julle sal nog baie lekker hier bly, jy

sal sien. Môre stuur ek een van my plaasvolk hiernatoe. Hy sal vir julle ’n koei bring, dan het julle sommer lekker

vars melk ook.”

Tannie Corrie druk hulle ma se arm: “Ag, ek is so bly julle is nou so naby aan ons. Ons sal mekaar meer dikwels

kan sien en lekker saam kuier.”

Die grootmense gaan in die sitkamer sit om te gesels en die kinders verdwyn gou na buite toe. Hulle drentel

eers ’n rukkie op die plaas rond en dan gaan sit hulle in die skaduwee van ’n boom om lekker te gesels. Alta is

’n gawe maatjie, hulle hou so baie van haar. Omdat hulle so min van die plaas af weet, vra hulle allerhande vrae

oor Kalabasfontein. Nuuskierig luister hulle toe Alta sê: “Elke Nuwejaarsdag hou die boere wat hier rond bly ’n

boeresportdag op hierdie plaas. Elke huisgesin bring dan ’n piekniekmandjie vol lekker eetgoed om te eet. Die hele

dag deel almal dan in die dag se speletjies en sport. Ons was almal hierdie jaar weer hier. Ek het ook gehardloop.

Nie gewen nie, maar ek het nie omgegee nie. Dit was vet pret om in ’n sak te klim.”

“Wat maak jy in ’n sak?” wil Hanlie weet. “Almal wat aan daardie resies deelneem, klim in goiingsakke. Hulle

noem dit sakresies,” sê Alta. “Wag, ek sal dit mooi vir julle verduidelik. Almal wat deelneem, moet in ’n ry by die

beginpunt staan. ’n Oom skiet dan ’n skoot met sy rewolwer en dan is dit tyd om te beweeg. Tot by die wenstreep

moet almal dan in sy sak spring-spring. Die een wat eerste daar is, wen ’n prys.”

“Wat het julle nog gedoen?” vra Johan. “Ertappel- en eierresies. Om met ’n eier of ’n ertappel op ’n lepel te

hardloop, is nie maklik nie. Dit kan afval en die eier kan breek. Sodra iemand iets laat val, mag hy nie meer

'n Ware verhaal vir laerskoolkinders deur Sophia van der Walt

16 slingervel september 2011

deelneem nie.” Alta begin lag. “Julle moes gesien het hoe Jorsie en Boetie teen mekaar toutrek, want hulle was in

twee spanne. Boetie se span het gewen. Jorsie was nie gelukkig daaroor nie en Boetie het aangehou spog oor sy

span wat so sterk was.” Omdat Alta so lekker lag, lag hulle maar saam en hulle gesiggies blink. Hulle kan hulle net

voorstel hoe ’n lekker dag dit moes gewees het.

“Gaan julle Dinsdag skool toe?” verander Alta skielik die onderwerp. “Ja, ons gaan.” Johan skop na ’n klip. “Maar

vertel ons liewer nog van die ou plaashuis, asseblief? Vertel ons enigiets, want die ou plek is so oud, alles is al

omtrent stukkend hier.”

“Ek het gehoor in die Boere-oorlog, en julle weet dit was al baie lank terug, is die huis gebruik as ’n hospitaal vir

die mans wat gewond was in die oorlog,” sê Alta en die vier van hulle wat luister, se oë rek groot.

“Vir die Tommies of vir die Boere?” vra Johan en Alta antwoord vinnig: “Ek weet nie, maar kom ons gaan eet

van die lekker pere. Ek is nou lus daarvoor.” “Ja, kom ons gaan. Ons wil vir jou ook iets wys,” sê Johan en hulle

hardloop na die groot peerbome toe. Toe hulle daar kom praat hy weer. “Kyk daar bo op die tak, Alta. Kyk wat hang

daar.”

Alta kyk en haar mond val oop. “So iets het ek nog nie gesien nie. ’n Dooie kalf wat stukkend in ’n boom hang!?

Kom ons loop liewer. Los maar die pere. Ek is nou bang.”

“Kom ons gaan kyk wat is alles in die stoor,” stel Hanlie voor en almal loop na die stoor toe. “Wat is hierdie goed

wat in die dromme is, Alta?” vra Johan. “Dis molasse, vir die beeste. Proe. Dis lekker soet,” antwoord sy. Elkeen

proe en dit is regtig lekker. Hulle sal beslis weer hiervan kom eet. Dit proe dan soos lekkers.

Die volgende oggend is die koei wat oom Koot belowe het, al vroeg daar. Haar naam is Kokaai, want haar een

heup is skeef en kraak vreeslik wanneer sy loop. Vir die eerste keer in haar lewe probeer hulle ma om ’n koei te

melk. Dit gaan maar sukkel-sukkel, maar daar beland darem ’n bietjie melk in die emmer. Gelukkig is ou Kokaai

ook hondmak en sy staan doodstil terwyl die gesukkel om melk uit haar uit te kry, voortgaan. Hulle ma gesels

vriendelik met die koei terwyl sy so sukkel en dit lyk of Kokaai verstaan, want haar groot, ronde, bruin oë lyk rustig.

Johan wens skielik dat hy al groter was, want dan kon hy die koei gemelk het en hy is seker hy sou nie so gesukkel

het soos sy ma nie. Hulle vier kinders staan met verwondering en kyk. Melk uit ’n koei? Dis vreemd. Hulle ken net

melk wat in bottels in die winkels op die dorp gekoop word. Die aand drink hulle yskoue melk en lag vir mekaar se

wit snorre wat die melk om hulle monde maak.

Toe breek die tyd uiteindelik aan dat die nuwe skooljaar begin. Johan,

Hanlie en Neelsie se eerste skooldag in die plaasskooltjie. Hulle ry

saam met hulle ma met hulle motor skool toe. Daar gaan hulle eerste

na die hoof se kantoor toe om hom te ontmoet. Hulle ma gaan toe terug

huis toe en hulle word na hulle klaskamers toe gevat. Hanlie en Neelsie

is in een klas by ’n baie mooi juffrou. Johan kry by die hoof klas, want hy

is saam met die ouer kinders. Alles is nuut en vreemd vir die drie nuwe

leerlinge by die skool. Die oggend gaan dan ook baie vinnig verby en

heel gou is dit pouse. Hulle eet hulle toebroodjies wat in hulle kosblikke is en drink di kdi die koeldrank koeldra k wat th hulle ll ma vir ir

hulle saam gegee het. Vir Hanlie is die klein, ronde skoppelmaai, wat net soos die grote van ’n mallemeule lyk,

op die speelgrond die aantreklikste. Sy gaan sit dan ook dadelik daarop om in die rondte te swaai. Daar is ook ’n

wipplank en Johan en Neelsie klim daarop om te wip. Van die ander kinders begin om met hulle te lag en gesels

en hulle maak sommer nuwe vriende op die speelgrond.

Ná skool die middag wag hulle saam met die ander kinders vir die skoolbus. Opgewonde klim hulle in die bus en

gaan sit naby aan mekaar. Die bus raas vreeslik terwyl hulle ry en almal moet omtrent vir mekaar skree as hulle

met mekaar wil praat. Terwyl hulle ry, wonder Johan of die oom darem sal weet waar om hulle af te laai, maar

gelukkig stop hy reg voor hulle hek. Hulle sê baie dankie vir die oom en toe hardloop hulle al met die paadjie, langs

die bos swartbasbome verby huis toe. Elkeen wil graag eerste by die huis wees om vir hulle ma en Ricka te vertel

wat die dag alles met hulle gebeur het. Hulle kwetter soos voëls toe hulle by die huis kom en hulle ma en Ricka

luister gretig na wat hulle vertel. Later doen Johan en Hanlie hulle huiswerk en Neelsie staan langs sy ma by die

kombuis tafel met sy nuwe leesboek. Omdat sy so gewoond is met Hanlie en Johan, toe hulle in Graad 1 skool toe

is, begin sy om die woorde vir Neelsie te klank.

“Nee, Mammie,” help Hanlie haar reg, “ons juffrou het gesê Neelsie-hulle gaan nie meer leer om te klank nie.

Hulle moet na die prentjie kyk en dan begin lees.”

Hulle ma kyk na die Piet Papegaai-leesboek en probeer om vir Neelsie te leer. Gou kom sy agter hy raai wat die

woorde is en in haar hart weet sy, hierdie nuwe manier wat die skool nou vir haar seuntjie leer, sal nie so goed werk

nie. Die kinders wat so leer, sal moeilik lees en glad nie leer om reg te spel nie. Sy weet ook sy sal maar moet maak

soos wat die juffrou in die skool sê, anders sal haar seuntjie swaar kry as hy nie doen soos wat Juffrou sê nie.

Skielik begin Spikkels om buite agter die huis opgewonde te blaf. Almal spring gelyk op en hardloop by die

agterdeur uit om te kyk. Geskok steek hulle buite in hulle spore vas. Spikkels blaf vir ’n groot, swart slang wat besig

is om na een van die dreingate toe te seil. (Word vervolg)

slingervel september 2011 17

Oom Attie Venter

Soos 'n boom

En die Here het allerhande bome uit die

grond laat uitspruit, begeerlik om te sien

en goed om van te eet (Gen. 2:9). Lees ook

Genesis 1:1 en 12; 2:9 en 15.

Toe die Here die hemel en die aarde gemaak

het, het Hy dit nie kaal en lelik laat staan nie.

Nee, Hy het baie plante uit die aarde laat

groei, onder andere sierbome en vrugtebome.

Die sierbome was van ’n groot verskeidenheid om

vir die Here en die mens mooi te lyk. Hulle versier

die veld en tuine waar hulle geplant is.

Verskeidenheid vorms en soorte

Kyk ’n bietjie mooi na byvoorbeeld ’n boom se

blare. As die blare nog jonk is, is dit gewoonlik

liggroen van kleur, maar later kry dit ’n meer

don ker groen kleur. In die herfs verkleur baie

van die bome se blare en dan sien ons weer ’n

groot verskeidenheid kleure (dink hier self aan

die mooiste herfsblare wat jy al gesien het). Die

vorm van die blare is baie interessant: sommige is

rond, ander weer langwerpig, hartvormig, ovaal,

ensovoorts. Sommige se rande is glad, ander s’n

getand, gekartel, ensovoorts.

Die soorte bome is net so interessant. Party is

groot (het julle al die reuse geelhoutbome gesien?),

ander klein. Party groei regop, ander sprei hulle

takke wyd. Daarom plant mense nie net een soort

boom in ’n tuin nie, maar verskillende soorte sodat

hulle dit kan geniet om daarna te kyk.

Dink ons ooit daaraan dat bome ’n geskenk is

wat die Skepper aan die mens gegee het om te

geniet? Sê ons vir Hom dankie daarvoor? Gebruik

ons dit nuttig of roei ons dit uit?

Vrugte

Daar is egter ander soorte bome wat die Here

gemaak het, hoofsaaklik om vrugte te dra. Dink

hier aan die heerlike perskes, appelkose, vye,

pruime, lemoene en nog baie ander soorte. Ons

het die vrugte nodig nodig as voedsel, vir ons

gesondheid en omdat dit lekker is. Ja, ons hemelse

Vader wil hê ons moet die dinge wat Hy geskep

het, geniet! Van kleins af moet ons leer om die

mooi en goeie dinge raak te sien en ons daarin te

verbly. Dit verryk ’n mens se lewe. Daarom moet

ons ook saamwerk om die bome by die huis,

langs of op die sypaadjies, by die skool en in die

pragtige parke op te pas en te help versorg.

Is daar ’n les wat ons by bome, veral vrugtebome,

kan leer? Lees nou verder.

Dit gaan goed met die mens ... wat in die

woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en

nag oordink. Hy is soos ’n boom wat by waterstrome

geplant is, wat op die regte tyd vrugte

dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is

18 slingervel september 2011

voorspoedig in alles wat hy aanpak (Ps. 1:1-3).

Lees ook Galasiërs 5:22 en Matteus 5:1-12.

’n Mens vind bome feitlik orals, ook aan die

oewers van riviere en spruite, soos dié waarvan in

Psalm 1 gepraat word. Sommige bome kom met

min water klaar, maar dan word hulle gewoonlik

nie baie groot nie. Waar daar volop water is, word

die bome in die reël dan ook groter.

Die Bybel leer ons in dié Psalm dat die gelowige

mens, die kind van die Here, soos ’n vrugteboom

is wat by ’n waterstroom geplant is. As ons weet

hoe so ’n boom is, weet ons ook hoe ’n kind van

die Here moet wees.

Kom ons vergelyk nou hierdie boom met

’n ware gelowige en kyk in watter opsigte hulle

ooreenkom:

Hierdie boom is deur die eienaar langs die waterstroom

geplant. Hy het nie, soos die wilde

bome, self daar opgekom nie.

So het die hemelse Landbouer die ware geloof

in sy kinders se harte geplant. Watter geloof? Dat

die Here Jesus na die wêreld gekom en aan die

kruis gesterf het om hulle sondes weg te neem.

Hierdie boom is die eiendom van die man wat

hom geplant het. Niemand anders mag oor

hom baasspeel en van sy vrugte eet nie.

So behoort die kinders van die Here ook aan

Hom alleen. Die duiwel mag nie oor hulle baasspeel

nie en hulle mag ook niks vir hom doen

nie.

Die boom is geplant met die doel dat dit vrugte

moet dra. Dit mag nie net daar staan en mooi

lyk nie.

So moet die gelowige ook geestelike vrugte dra,

naamlik liefde, blydskap, gehoorsaamheid, getrou

heid, geduld, vriendelikheid, hulpvaardigheid

(Gal. 5:22).

Die eienaar is nie tevrede as die boom net af

en toe vrugte dra nie – hy verwag dat dit gereeld

vrugte moet dra.

So mag die kind van die Here ook nie byvoorbeeld

net af en toe ander mense liefhê nie. Hy

moet hulle altyd liefhê. Hy mag nie een dag aan

die Here gehoorsaam wees en die ander dag

weer na die duiwel luister nie, of ... nou vriendelik

wees en netnou met ’n nors gesig rondloop nie.

Hy mag ook nie party dae ’n staatmaker wees

en ander dae weer die hemelse Vader, sy ouers,

onderwysers of maats in die steek laat nie.

Die Bybel leer ons in dié Psalm dat die boom

’n baie goeie en verstandige Eienaar het. Hy

sorg goed vir die boom wat hy geplant het. Hy

plant hom in goeie grond, gee hom gereeld en

genoeg water, sodat sy blare altyd groen bly

en hy ook ’n mooi groot boom word. Hy snoei

die onnodige takke af en dien bemesting toe.

Hierdie Eienaar van die boom is onse hemelse

Vader. Hy versorg en bewaar ons as sy kinders:

Hy het sy enigste Seun, ons Here Jesus, na die

wêreld gestuur om ons van ons sonde te verlos,

en ... skenk aan ons die ware geloof in ons hart.

Hy gee aan ons die Bybel om gereeld te lees. Hy

luister na ons as ons in die gebed met Hom praat.

Hy gee gesondheid. Hy gee ’n ouerhuis, ’n kerk,

’n Christelike skool en onderwysers wat hulle bes

doen om julle Christelik op te voed.

Waarlik, die Here sorg vir ons nog baie beter

as die aardse landbouer wat sy boom by die water

stroom geplant het. Daarom moet julle wat so

bevoorreg is, ook julle bes doen om volop geestelike

vrugte te dra. SV

(Verwerk uit SJ Eloff, Skrifl ig by Laerskoolopenings ...)

slingervel september 2011 19

dr. nico van der merwe

129. Die Christentiener lewe volgens God se wil

Lees: 1 Johannes 5:14-17 Teks: 1 Johannes 5:14

Jou gebed moet aan 3 vereistes voldoen om deur God verhoor

te word. 1. Jy moet in Christus bid. 2. Jy moet in ware geloof bid.

3. Jy moet volgens God se wil bid (vs 14). So het Jesus ook gebid

die nag voordat Hy gekruisig is: “Vader, as U wil, neem tog hierdie

lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u

wil geskied” (Luk. 22:42).

God maak sy wil in die Bybel bekend. Om volgens God se

wil te bid, moet jy God se Woord ken. As jy gereeld en getrou die

Bybel met volle aandag lees, maak God deur die Heilige Gees jou

gedagtes nuut. Dan sal jy weet hoe om volgens God se wil te bid.

Dan sal jy weet wat vir God belangrik is om in jou lewe te doen.

Kom, span jou in en maak jou gebedslewe soos die Here dit

van jou verwag en God sal dan op jou gebede antwoord (Jes.

15:7).

131. Die Christentiener volhard in die gebed

Lees: Lukas 18:1-8 Teks: Lukas 18:7

Die gelykenis wat Jesus hier vertel, is van die vrou wat nie opgehou

het om by ’n regter te pleit om haar reg nie. Die regter het

geen eerbied vir God gehad nie (vs 2 & 4) en hy het hom ook nie

juis aan mense gesteur nie (vs 4). Derhalwe het hy ook nie geluister

na die dringende versoek van die weduwee nie. Maar sy

het nie teruggedeins en opgehou nie. Later het die regter tog aan

haar versoek toegegee en haar in haar regsaak gehelp.

Christus pas die gelykenis toe op God die Vader. As God se

kinders tot Hom bid om ’n sekere saak en werklik met diepe geloof

aanhou om die saak in die gebed voor God te bring, sal God hulle

gebed verhoor en hulle help.

Wat hier belangrik is, is die volhardende gebed van die gelowi

ge. Jy mag maar aanhou en aanhou om in geloof jou saak in

ge bed voor God te bring.

133. Die Christentiener se onvolmaakte gebede?

Lees: Matt eus 6:5-8 Teks: Matt eus 6:8

Jou gebedslewe is sekerlik vir jou belangrik. Daarom sal jy beslis

daaroor dink of jy dit reg doen soos wat die Here dit van

jou verwag. Het jy dalk ook die vraag gevra: Sê nou net ek bid

nie soos die Here Jesus dit wil hê nie? Sê nou net my gebede

is heeltemal verkeerd, sal God my dan verlaat? Hoor en verhoor

God onvolmaakte gebede? Kom ons vra ’n ander vraag: Red God

onvolmaakte mense? Natuurlik! Daar is mos nie volmaakte mense

op aarde nie! Ons word as onvolmaakte mense verlos, omdat

Jesus wat volmaak is, vir ons sonde aan die kruis betaal het.

Daar is jou antwoord: Jou onvolmaakte gebede word gehoor,

om dat Jesus vir jou by die Vader intree. Daarom kan die Here

vir ons in die Bybel sê: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog

voordat julle dit van Hom vra” (Matt. 6:8).

135. Die Christentiener se fokus in die gebed

Lees: Kolossense 1:15-20 Teks: Kolossense 1:15

Mens se gedagtes dwaal darem baie maklik af onder gebed.

’n Mense erken dat hulle gedagtes onder die lang gebed in die

erediens gereeld afdwaal, sodat hulle nie weet wat die inhoud van

die gebed was nie.

Die vraag is nou: Dwaal jou gedagtes ook af as jý tot God bid?

Jy probeer om te bid, maar jou gedagtes wil net nie gefokus bly op

God en die gebed nie. Satan sal enigiets doen om jou van God te

vervreem. Jy kan die dwaling van jou gedagtes keer deur positief

op God te fokus.

God kan nie gesien word nie (Kol. 1:15), maar jy kan jou gedagtes

wel op God gerig hou. Voor jy bid, lees eers ’n gedeelte uit

die Bybel en oordink dit. Rig jou gedagtes direk daarop dat jy besig

is om met God te praat in die gebed. Onderdruk dan enige ander

gedagtes wat in jou mag opkom tydens die gebed.

130. Die Christentiener se gebed

Lees: Matt eus 18:15-20 Teks: Matt eus 18:19

As jy tot God bid, moet jou gebed aan 4 vereistes voldoen. 1. Jy

moet in Christus bid. 2. Jy moet in ware geloof bid. 3. Jy moet

volgens God se wil bid. 4. Jy moet met gelowiges saamstem oor

die inhoud van die gebed. Dit wys op God se teenwoordigheid

in die gemeente (vs 19-20). Wanneer die gemeente in biddende

afhanklikheid van God na sondaars uitreik, het dit betekenis in die

lewe van die sondaar en dra dit Christus se goedkeuring weg.

Gebed maak dat gelowiges in pas bly met die wil van God.

Gelowiges moet daarom onderling met mekaar oor hulle gebede

praat en deur gesprek tot insig kom oor wat in die gebed van God

gevra sal word.

Die Heilige Gees laat jou ook deur die gesprekke met ge lowiges

tot die sekerheid kom van wat God se wil is. Om saam met

ander te bid, laat jou gebedslewe groei.

132. Die Christentiener is onderworpe aan God

se wil

Lees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:13

Herodes was baie ingenome toe sy stiefdogter vir sy gaste

dans. Hy sê vir haar: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee”

(Mark. 6:22). Herodes was vrygewig, maar terselfdertyd ook

dwaas, want die dogter vra toe dat hy Johannes die Doper se kop

sal afkap en vir haar gee (vs 25). Sy dwaasheid het hom in ge haal.

Jesus is ook vrygewig, maar glad nie dwaas nie. Hy sê: “Wat julle

ook al in my Naam vra, sal Ek doen” (Joh. 14:13). Jy sal seker nou

sê dat dit nie waar is nie. Hoeveel keer het jy dalk al tot God gebid

en daar het niks van gekom nie? Is jy teleurgesteld in die Here?

Die geheim lê in die woordjie “wat”. God gee vir ons wat ons Hom

vra in ooreenstemming met sy wil.

Die wil van God bewaar ons teen dwase gebede, dat jy ook

dalk in die dwaasheid van Herodes beland.

134. Die Christentiener en gebedsverlamming

Lees: Klaagliedere 3:16-26 Teks: Klaagliedere 3:20

As jy lam word in jou bene, kan jy nie loop nie. As jou arms

verlam is, kan jy hulle nie gebruik nie. Kinderverlamming is ’n

siekte wat kinders kry deur polio, waardeur hulle bene grootliks

verlam is. Maar het jy al ooit gebedsverlamming gehad? Dit is ’n

toestand waarin jy nie kan bid nie. Jy weet jy moet, maar jy kan

nie. Die rede daarvoor is dikwels depressie. Dit is waarvan ons

teks praat. Die lyding van die lewe het vir hom te veel geword

en toe “draai my gedagtes vas”. Depressie maak dat jy in jouself

vasgedraai word.

Gebed is ’n aktiwiteit waarin jy na buite moet kyk. As jy aan

ge bedsverlamming ly, moet jy jou inspan om aan God se liefde te

dink en aan die wonderlike dinge wat die Here vir jou doen. Kyk

na die kruis van Jesus Christus en sien daarin God se liefde in jou

lewe. Bid dan uit dankbaarheid.

136. As jy as Christentiener nie weet wat om te

bid nie Lees: Romeine 8:26-32 Teks: Romeine 8:26

Het jy dit al ervaar dat jy wil bid, maar jy weet nie wat om te bid

nie? Jou oë is toe, jou gedagtes wil die woorde van jou gebed

vorm, maar daar kom niks nie. Jy weet nie wat om te bid nie. Jy

twyfel! Wat moet ek vir God sê? Watter woorde moet ek gebruik?

Hoe moet ek my sinne inspan? In Romeine 8:26 leer die Here

jou dat Hy in sulke oomblikke hulp verleen. “Die Gees staan ons

ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te

bid nie, maar die Gees pleit vir ons.” Jy moet die Gees van God

vertrou. Die Heilige Gees sal jou dom tong op die regte spoor kry.

Die Gees sal jou woorde in jou gedagtes ordelik agter mekaar

stel. As jou gebed vanweë jou sonde of die swaarkry van die lewe

uitmekaar wil val, sal die Gees dit vorm in ’n aangename gebed.

Vra in jou hart opreg en oorgegewe dat die Heilige Gees vir jou

sal intree in jou gebedswakheid.

20 slingervel september 2011

137. God se Koninkryk en die Christentiener se

gebed

Lees: Romeine 14:13-18 Teks: Romeine 14:17

Jesus Christus leer ons om ook te bid: “Laat u koninkryk kom”

(Matt. 6:10). In die hele Bybel leer ons dat God Koning is. Die

gebied waaroor God regeer, is die ganse heelal wat Hy geskep

het. Die inwoners van God se Koninkryk is die mense op aarde.

Satan het ook ’n koninkryk, die koninkryk van die sonde. Waar die

sonde hoogty vier, is die koninkryk van Satan aktief teenwoordig.

As jy bid dat God sy Koninkryk moet laat kom, bid jy dat die

Here jou sal gebruik om die sonde en Satan te oorwin. Jy bid

dus wel vir God om sy Koninkryk te laat kom, maar jy stel jouself

beskikbaar in die koms van die Koninkryk. Jy moet die stryd

voer teen elke mag wat teen God in opstand kom en sy Woord

wil vernietig. Jy moet nie net bid vir die Koninkryk nie, maar jou

daadwerklik daarvoor beywer.

139. Die Christentiener praat met aartappels

Lees: Matt eus 6:25-34 Teks: Matt eus 6:11

Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het

’n dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem

as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is

onnodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net

sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê.

Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood?

Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie. Jou

daag likse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die

kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit

is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in

alles versorg, is net genade.

Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar

Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis besorg. Bid om God

se genadebrood.

141. Verlos ons van die bose

Lees: Kolossense 1:9-14 en Psalm 91 Teks: Kolossense 1:13

Jy moet nie dink dat Satan en sy duiwels net iets is waarmee jou

ouers jou wil bang maak nie. Satan en sy duiwels is in die lewe

van elke mens teenwoordig (Ef. 6:12). Daarom is die tyd waarin

ons lewe, so vol van boosheid en kwaad. Selfs in die geledere van

jou skool of jou vriendekring ervaar jy die ellende van hoe mense

diep in sonde val en dan geweldig ly daaronder. Jongmense wat

jy ken, se lewe is dalk al verwoes vanweë die sondekwaad waarin

hulle beland het.

Van God lees ons: “Hy het ons uit die mag van die duisternis

weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun” (Kol.

1:13). Alleen sal jy nie die versoeking en die verleiding van Satan

kan weerstaan nie. Daarom moet jy opreg en dringend tot God bid

om jou van die Bose te bewaar en jou daarvan te verlos.

143. Die Archimedespunt van die gebed

Lees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:14

Julle het seker al by die skool van Archimedes gehoor. Archimedes

was ’n Griekse wiskundige wat gespog het dat hy die hele wêreld

sal kan beweeg met ’n hefboom as hy net ’n steunpunt vir die hefboom

kan kry. Teoreties was hy reg. Die groot probleem was om ’n

steunpunt, ’n Archimedespunt, te kry.

Ons kan Johannes 14:14 die Archimedespunt van die gebed

noem. Waar moet jy staan om die Skepper van die ganse heelal te

beweeg? Op watter steunpunt moet jy kniel as jy bid?

Daniël 9:18 noem die steunpunt: “Ons pleit by U om ontferming,

nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot

barm hartigheid.”

Die Archimedespunt van jou gebed is die kruis op Golgota

waar God se groot barmhartigheid aan jou gegee is. Daarom moet

jy bid – Om Jesus wil ...

138. In die Christentiener se lewe moet God se

wil geskied

Lees: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:42 en 44

Jesus leer ons om te bid: “Laat u wil ook op die aarde geskied,

net soos in die hemel” (Matt. 6:10). Daar is seker nie nog ’n

gedagte wat so verkeerd verstaan en aangewend word soos

hierdie een nie. Daar word gesê as jy die bede om God se wil bid,

dan beteken dit “what will be will be”. Dit is so verkeerd soos kan

kom. Toe Jesus bid “Laat u wil geskied”, het Hy bloed gesweet,

so intens is hierdie bede. Baie mense se lewe is soos die liedjie

lui: “I did it my way.” Jesus moes ons sondes, volgens die wil van

die Vader, tot op die plek van teregstelling, Golgota, dra. Daar het

Hy met sy bloed vir jou sondeskuld betaal.

Jy moet bid dat God se wil in jou lewe waar word; dat jy jou

hardkoppige en sondige wil sal oorwin en gehoorsaam sal lewe

volgens God se wil. Dit is wat God van jou vra.

140. Vergifnis

Lees: Romeine 12:7-21 Teks: Matt eus 6:12

Jy kan op twee maniere met jou verlede handel: a. Jy kan dit

onderdruk of b. jy kan dit verswyg. As dit by vergewing kom, is

dit die maklikste uitweg. In albei gevalle ignoreer jy die saak om

iemand te vergewe. Jesus leer ons nie net bid: “vergeef ons ons

oortredings” nie, want dit is vas en seker in Jesus Christus. Hy

leer ons ook om te bid: “soos ons ook dié vergewe wat teen ons

oortree.”

Jesus sê dat as jy nie ander mense hulle oortredings teen jou

ver gewe nie, kan jy nie daarop aanspraak maak om deur God

ver ge we te word nie. “As julle ander mense hulle oortredings ver -

ge we, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle

ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle

oortredings vergewe nie” (Matt. 6:14-15).

Hierdie is ’n saak waaraan jy elke uur moet werk.

142. Die kern van die saak

Lees: Matt eus 6:5-13 Teks: Matt eus 6:7

Die volmaakte gebed ken ons as die “Ons Vader” (Matt. 6:9-15).

In hierdie voorbeeldgebed wys Jesus aan ons dat dit nie die

getal woorde is wat jy gebruik wat aan jou gebed betekenis gee

nie. In die tyd van Jesus het die Fariseërs lang-lang gebede gebid,

maar dit was valse gebede, omdat hulle hulleself daardeur wou

verheerlik. Ook die heidene bid tot hulle afgode met ’n stortvloed

van woorde en verbeel hulle dan dat dit die regte gebede is (vs 7).

Onthou, bid is ’n gesprek met God. Jy bid nie om iets te kry nie,

maar om jou hart en gedagtes op God te rig en Hom te verheerlik.

Jou hart en gedagtes moet op God gefokus wees, waardeur jy

aan God wys dat Hy die middelpunt van jou lewe is. Dan sal God

weet die woorde van jou gebed kom uit die diepte van jou hart en

deur jou geloof in Hom.

144. Jou geloof en jou gebede

Lees: Markus 11:20-26 Teks: Markus 11:24

I n die hitte van ’n oorlog het ’n man wat nie in God glo nie, in

sy nood hardop geskree: “O God, as daar ’n God is, neem my

hemel toe, as daar ’n hemel is.” In hierdie uitroep weerspreek die

man homself. Want so duidelik soos daglig is daar geen geloof in

sy hart nie, waarom roep hy dan tot God? In jou geloof staan of

val jou gebede. Sonder geloof is gebed geen gebed nie. “Alles wat

julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir

julle so wees” (Mark. 11:24) – so het Jesus gesê.

Jy moet glo dat God bestaan en glo dat Hy jou in Jesus Christus

van jou sondes verlos en glo dat Hy almagtig en ewig is. Jy

moet glo dat God jou gebed hoor en jy moet glo dat Hy jou gebed

sal verhoor.

Sonder geloof bid jy tevergeefs. Sonder geloof is jou gebed

niks.

slingervel september 2011 21

tiener

vers

Vier voëltjies op my werf

Die geelvink kwetter,

kwinkeleer

en kweel die sonlig

gemmergeel.

Die trekswael het sy

nessie leeg

gelaat.

Waarheen?

Geen lied met so 'n

volmaakte treurigheid

as wat die groen

lemoenduif heeldag sing.

Snags roep hy

droef

en sag

- die steenuil in die stilte

op die dak

alleen.

(PW Buys uit

WIT KORBEEL – 1987)

ons eie

Slingervel-Digtershoekie

Aspirant-tienerdigters, julle word uitgenooi om van julle

eie gedigte in te stuur vir publikasie in die Slingervel.

Die adres is:

Slingervel-Digtershoekie, Posbus 6433 Flamwood

2572

Faks 018 468 1782. Julle kan julle gedigte ook met

e-pos stuur: slingervel@telkomsa.net

MARISKA SCHEEPERS

is die skryfster van die volgende gedig:

Ek wil

Ek wil meer dans en minder sit,

ek wil minder tob en meer bid.

Ek wil meer doen, minder sê,

ek wil meer dankbaar wees, minder hê.

Ek wil meer skryf, minder praat,

ek wil meer betyds wees, minder laat.

Ek wil minder suiker en meer wortels eet,

ek wil minder kwaad word, meer vergewe en vergeet.

Ek wil meer Oros drink, minder coke,

ek wil meer bedoel wat ek sê en minder sê: ek joke ...

Ek wil meer lag, minder opkrop,

ek wil meer opreg wees en mense minder drop.

Ek wil meer buite sit, minder binne,

ek wil minder kennisse hê, meer vrinne.

Ek wil meer luister, minder voorgee,

dalk moet ek minder Oros drink, en meer tee?

Ek wil meer lees en minder TV kyk,

ek wil meer eg wees, minder pronk en pryk.

Ek wil meer vrae vra, minder stilbly en inhou,

ek wil bietjie meer nugter wees, minder aan illusies vasklou.

Ek wil meer sê: “Ek het!” en minder: “Ek gaan”

ek wil meer lewe, minder bestaan.

Ek wil meer en nie minder nie,

is dit so vergesog?

Dalk, net so bietjie ...

22 slingervel september 2011

Op 18 Oktober 1989 is ’n

ruimtetuig, Galileo, deur die

pendeltuig Atlantis eers in

’n wentelbaan om die aarde geplaas

en toe met ’n aanjaagvuurpyl na

die planeet Jupiter gelanseer. Dit

was die derde program van NASA

om die ruimte te ondersoek. Voor

dit was daar die Pioneers (1973-

74) en die Voyagers (1979) wat die

ruimtes ondersoek het. Op sy tog

na Jupiter het Galileo ook verby

Venus gevaar (10 Februarie 1990).

Galileo was toegerus met optiese

instrumente, veral ’n hoë-resolusie

kamera en ’n infrarooi spektrometer

met die oog op ’n verskeidenheid

ondersoeke. Galileo het ook verby

die asteroïdes Gaspra (29 Oktober

1991) en Ida (28 Augustus 1993)

gevaar.

Op 13 Julie 1995 het Galileo

’n 339 kg-ondersoektuig na Ju piter

afgevuur. Vyf maande later, 7

Desember 1995, het die on dersoektuig

die atmosfeer van Jupiter

binnegedring. Dit het stadig met ’n

valskerm afgedaal na die planeet se

oppervlakte toe. Vir 58 minute het

die ondersoektuig allerlei opnames

gemaak en na die aarde versend

voordat dit opgehou werk het vanweë

die stygende temperatuur op

die planeet. ’n Paar uur daarna het

Galileo, na ’n reis van 6 jaar en 3.7

biljoen km, in ’n wentelbaan om Jupiter

gegaan. Vir die volgende vyf

Die GALILEO-

ruimteprojek

tellie skoop

jaar het Galileo om Jupiter gewentel en opnames gemaak van Jupiter se

vier grootste mane, Io, Europa, Ganymedes en Callisto.

Daar is ook ondersoek gedoen na die wolklae om die planeet. ’n Besondere

hoogtepunt was die opnames van die ysbedekte oppervlakte van

die maan Europa wat die moontlikheid gelaat het dat daar water op die

maan was.

Op 15 Oktober 1997 is die Cassini-ruimtetuig van die aarde af gelanseer

en het dit in Desember 2000 digby Jupiter verbygevaar op weg na Saturnus.

Daarmee is die Galileo-projek afgehandel. Galileo is in September 2003

toegelaat om op Jupiter neer te stort. (Fotomateriaal: Wikipedia.) SV

slingervel september 2011 23

tannie susan

Wat kan ek lees?

Dirks, Cor. 2011. Die Otters se “fi etstoer”. 2de dr. Pretoria: Protea Boekhuis. 151

p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-416-1. (Die Otters 5.)

Met fyn uitgewerkte manipulasie het die drie Otters, Cassie, Buks en Litte, van hulle

ouers elkeen ’n trapfi ets bekom. Hulle was in die wolke, want horisonne kon nou

verskuif word – onmiddellik, met die aanbreek van die vakansie, moes hulle eenvoudig

op hulle eerste fi etstoer vertrek.

Hulle het gemik om die Limpoporivier oor te steek sodat hulle in die Tuli-blok kon gaan rondry.

Duidelik is daar nie vooraf heeltemal voldoende beplan nie, want hulle was baie ontmoedig

toe hulle sommer vroeg op die toer hoor dat dit meer as 400 km is wat hulle moet afl ê om

eers daar te kom. Saamrygeleenthede in leë beestrokke tot naby Mokopani lyk vir hulle soos

geskenke uit die hemel – maar juis hier begin hulle nagmerrie-ervaring toe hulle paaie met dié

van beessmokkelaars, ’n bloeddorstige boer en ’n deurwinterde spoorsnyer kruis. Hulle land ook

in ondergrondse tonnels met wrede en genadelose barbare. Hulle vernuf en vasberadenheid

om te ontsnap en te oorleef, is egter hulle redding.

Die vyfde boek in die Otters-reeks is ook ’n naelbytavontuurverhaal. Die boek lees gemaklik en die humoristiese

taalgebruik en situasies verskaf heerlike ontlading, sonder om aan die spanningslyn afbreuk te doen. Wanneer ’n

mens eers hierdie boek begin lees het, sit jy dit moeilik neer voordat dit klaar gelees is. Die Otters se “fi etstoer” is

nog ’n uitstekende boek in hierdie reeks waaroor jong tieners gek gaan wees.

Burger, Isak. 2009. Die eerste 5 minute na die dood vir kinders. Vanderbijlpark:

Carpe Diem Media. 77 p. ISBN: 978-1-77031-122-0.

Om die moeilike onderwerp van die dood Skrifgetrou en bevatlik aan laerskoolkinders oor

te dra, het Isak Burger hierdie boek geskryf. Sy twee boeke, Die eerste 5 minute na die

dood en Die laaste 5 minute vóór die dood, was op volwassenes gerig. Daar was só ’n

geweldige positiewe reaksie van oraloor oor hierdie boeke dat hy besluit het om ook aan tieners

(Die eerste 5 minute na die dood vir tieners) en laerskoolkinders lig op die onderwerp van die

dood te werp. Vanuit die gebeure van Lukas 16:19-31 (die ryk man en Lasarus) poog hy om die

konsep van die dood aan kinders te verduidelik. Hy beklemtoon dit dat dit normaal is om bang

te wees en dat selfs grootmense en geleerdes nie alles verstaan nie en dat daar nog steeds

baie onbeantwoorde vrae bly. Die groot troos is egter dat ’n kind van die Here seker kan wees

dat hy dadelik by Jesus sal wees na sy dood. Daaroor hoef nooit enigsins twyfel te bestaan nie.

Burger dring sterk by sy lesers aan dat hulle hul lewe sodanig sal inrig dat hulle gereed sal wees s om by Jesus in

die hemel te wees Om hulle lewens met Jesus “reg te maak”, is egter ’n saak wat hulle voortdurend biddend met

die hulp van die Heilige Gees moet doen. Uit eie krag kan hulle niks doen om dit reg te kry nie.

Hierdie boek kan ’n groot vertroosting bied vir laerskoollesers wat met die dood gekonfronteer word of daaroor

wonder. Dit is in eenvoudige taal geskryf en lees maklik. Vir ouers wat graag met hulle kinders hieroor wil gesels,

bied dit uitstekende riglyne en antwoorde gegrond op die Bybel.

Norac, Carl & Cneut, Carll (illus.). 2010. O monster, moenie my

opeet nie! Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-

86919-408-6.

Alex is ’n gulsige varkie en hy wil aanhoudend tussen etenstye peusel. Al

raas sy ma met hom daaroor, luister hy nie – hy is ’n regte vreetvarkie!

Dit is nou totdat sy pad op ’n dag kruis met ’n vreetmonster wat dieselfde

probleem het! Die dilemma is, die monster wil vir Alex as ’n peuselhappie eet. Alex

moet allerhande slim planne beraam om nie deur die monster opgeëet te word

nie. Teks en illustrasies vul mekaar pragtig aan. Die fyn detail in die illustrasies is

humoristies en sorg ook vir heerlike kykgenot. In die persverklaring word hierdie

prenteboek aanbeveel vir “Kinders tussen 5 en 8 jaar en volwassenes met ’n

humorsin”. SV

24 slingervel september 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!