04.05.2013 Views

Van Spyskaart tot Feesmaal Skriflesing: Fil 1:27 ... - Worcester | Vallei

Van Spyskaart tot Feesmaal Skriflesing: Fil 1:27 ... - Worcester | Vallei

Van Spyskaart tot Feesmaal Skriflesing: Fil 1:27 ... - Worcester | Vallei

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

26 Augustus 2012

Tema 3: Van Spyskaart tot Feesmaal

Skriflesing: Fil 1:27 - 2:4

Tydens ons staptog deur die noorde van Spanje was en van die vreugdes om saans op ‘n klein middeleeuse dorpie

aan te kom en dan te ontdek die inwonders het ‘n spesiale spyskaart saamgestel vir peregrinos(pelgrims). Hulle

noem dit die menu del dia, oftewel die ete van die dag! Die menu del dia het nogal ‘n primereo plato (voorgereg),

secundo plato (hoofgereg) en postre(nagereg) gehad. Meestal was die menu del dia sommer op ‘n swartbord buite

in die straat waar honger pelgrims na die vreemde Spaanse woorde gestaar het en probeer ontsyfer het wat dit

beteken. Woorde soos ensalada mixtum (gemengde slaai), pollo (hoender) , pulla(seekat), boccadillo a

jamon(toebroodjie met ham), tarta de Santiago(koek) en soupa de Galicia(sop eie aan Galicia) het ons gefassineer.

Gewoonlik was daar ook vino tinto of vino blanco (rooi en wit wyn) en pan (brood) by die maaltyd.

Na ons die bestelling geplaas het, het ons met groot afwagting gewag vir die gereg om tafel toe te kom. Meestal het

ons maar ons harte vasgehou en gehoop die opwindende name op die spyskaart sal ons nie teleurstel nie.

Ongelukkig het dit soms. En daar is niks erger vir ‘n honger pelgrim wat heel dag geloop het en half sterwend kom

aansit aan die tafel, om te ontdek die gereg wat so belowend geklink het op papier, is in werklikheid niks anders as

‘n baie droë stuk brood met ‘n halfverlepte slaaiblaar en ‘n vetterige stuk hoender op nie. Almal van ons ken die

teleurstelling as dit wat op die spyskaart belowe word in die praktyk nie naastenby lyk of proe soos ons gedink het

nie. Aan die ander kant word die beloofde gereg op die spyskaart eers werklik ‘n feesmaal as dit proe soos dit lyk!

Dan kan jy vir dae nog praat oor die ongelooflike sop of slaai of tuna wat jy op Melida of Villafranca of Triacastello

geëet het!

Die week wil ons dink daaroor dat dit ook waar is van gelowiges se lewe. Die Bybel is nes ‘n spyskaart is wat jy in

die restaurant kry. Dis vol beskrywings en prentjies van heerlike geregte wat jou mond laat water. MAAR dit bly net

woorde en prentjies op papier totdat die maaltyd bedien word. Eers dan, as die maaltyd bedien word, word dit

woorde op die spyskaart ‘n feesmaal. So is dit met gelowiges se lewe. Al die wonderlike dinge waarvan die Bybel

praat en al die wonderlike dinge wat Christus ons leer, word eers ‘n ware feesmaal as ons die bestanddele van ons

lewe byvoeg en dit elke dag begin lewe!

Ongelukkig is dit die nie die ervaring van baie ongelowiges nie: hulle lees en hoor van al die wonderlike dinge

waarvan die Bybel praat – oor liefde en vergifnis en aanvaarding en nederigheid en vriendelikheid, en

lankmoedigheid, om ander se belange hoër as joune te stel, om jou vyande lief te hê, om jou broer se nood te verlig,

ens. Dit laat hulle monde soos ‘n goeie spyskaart water. Hulle kan nie wag vir die gereg nie. Totdat hulle Christene

ontmoet en dan die wrede ontdekking maak: die geregte waarvaan die Bybel praat is nie beskikbaar nie. Christene

se lewe lyk stem nie ooreen met die Bybel nie. Ons het nie die woorde van die Bybel gemeng met ons lewe van elke

dag nie. En as dit gebeur – word ongelowiges ontnugter - en wil hulle met Christus en Christenskap niks te doen hê

nie.

Alan Hirsch vertel ‘n aangrypende storie van hoe hy en sy seun op reis was tussen St Louis en Milwaukee. Hulle het

vroeg oggend gestop vir ontbyt by ‘n kitskos-plek langs die pad. Dit was ‘n Sondagoggend, die plek was oorvol en

daar was hopeloos te minpersoneel. Daar was net een ou in die kombuis en ‘n middeljarige vrou moes al die

bestellings neem en alleen die bediening behartig. Terwyl die arme vrou gespook het om alles te behartig het sy kort

kort verskoning gemaak aan die kliënte wat moes wag en verduidelik dat twee ander werkers siek geraak het en nie

opgedaag het vir werk nie. T.s.v. die hopelose situasie het die 2 werkers so hard en vinnig as moontlik gewerk om

almal se kos te bedien. Gelukkig was almal geduldig en het hulle begrypend vir hulle kos gewag. Almal behalwe een

man. Die middeljarige man was byne voor in die ry, aangetrek in kerkklere en met ‘n Sondagskool boek in sy

handDit was vir almal duidelik dat hy oppad kerk toe was. Kort na hy sy bestelling geplaas het, het hy oor die

toonbank geleun en hardop begin kla. Na ‘n ruk het hy letterlik op hulle begin skreeu en gesê: Ek wil asseblief nou

dadelik my kos hê sodat ek op pad kan wees! Die arme kelnerin het weer probeer verduidelik hoekom hulle so

sukkel, toe hy in woede sy Sondagskool boek gryp en met ‘n laaste belediging by die restaurant uitgestorm het.

Terwyl die kelnerin in trane uitgebars het, het die ander mense verslae gestaan. Alhoewel niemand iets gesê het nie,

was dit duidelik wat hulle gedink het: “ Ongeskik. Regte buffel. Huigelaar. Tipiese Christen. En om te dink hy is

oppad kerk toe.” Die restaurant was vol mense wat met woede en hartseer reageer het op die gedrag van die

getroue kerganger. Die punt is: sy lewe het ongelukkig nie gepas by die boodskap van jesus Christus nie en daarom

het die spyskaart nooit ‘n feessmaal geword nie. Inteendeel. Dit het baie mense ontnugter oor die Christendom en

Christene. Heel waarskynlik sou hulle moeilik oorreed word om ooit weer ‘n kerk te besoek, wat nog te sê van in

Christus te glo!

Die hartseer is dat dit maar een storie is. Ons kan ongelukkig almal stories vertel van Christene wie se optrede nie ‘n

advertensie vir Jesus Christus was nie. En nog erger. Ons kan elkeen vertel hoe ons eie optrede al vir Jesus Christus

‘n verleentheid was. En as dit gebeur, dan word die spyskaart nie ‘n feemaal nie. Dan raak die sout laf en word die

lamp onder ‘n maatemmer weggesteek.

Omdat Paulus dit weet - omdat hy weet hoe belangrik ons lewe vir die Here is, skryf hy gereeld in sy briewe hieroor.

In ons Skrifgedeelte begin hy ook deur ons te vermaan: Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met

die Evangelie van Christus moet wees.(1:27) M.a.w. die belangrikste ding waaraan ek julle wil herinner is dat die

dinge waarmee julle elke dag besig is (Gr woord vir lewenswandel is woord wat met alledaagse/ gewone lewe

verband hou) in lyn moet wees/ verband hou/ lyk soos die boodskap oor Jesus Christus. Die Message vertaling

beklemtoon dit pragtig: “Meanwhile, live in such a way that you are a credit to the Message of Christ.” Lewe so dat

jy ‘n advertensie vir Jesus Christus is.

Vriende, dis die hart van ons 40 dae reeks oor sout en lig wees: ons moet so lewe dat alles wat ons elke dag doen en

sê, ‘n advertensie vir Jesus Christus is. Dis die beste manier om sout en lig vir die wêreld te wees. Met jou lewe.

Praatjies en mooi getuienisse alleen sal mense nie oorreed nie. Net ‘n lewe wat die boodskap van Jesus Christus

waardig is!

En dis die vraag wat elkeen moet vra voor ons aansit aan die nagmaalstafel: hoe lyk my lewe? Kan ander in my vir

Christus sien? Lewe ek so dat ek ‘n lewende advertensie vir Jesus Christus is?

En moenie te gou antwoord nie. Want ons ander teks vanoggend laat mens stil word voor die Here: 1 Joh 2: 6 sê:

“Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.”En die Message vertaling sê:

“Anyone who claims to be intimate with God ought to live the same kind of life Jesus lived.” Dit klink onmoontlik,

maar tog staan dit in die Here se Woord. Elkeen wat beweer dat hy/sy ‘n verhouding met die Here Jesus het,

behoort te lewe soos Jesus geleef het. Dallas Willard sê dit mooi: “Ek leer by Jesus om my lewe so te leef asof Hy

nou in my leef.” As ons ‘n advertensie vir Jesus Christus wil wees, moet ons na mense, na dinge en situasies kyk

deur Jesus se oë en moet ons reageer en optree soos Jesus sou gedoen het as Hy in my skoene was. Baie prakties

beteken dit dat ons moet dink hoe ons optree as die die dame wat telefoonbemarking doen ons tydens ete pla. Ons

moet vra: Hoe sou die Jesus wat in my leef, wou hê dat ek die bemarker hanteer? Dis om die kelner, of motorwag

te behandel soos Jesus sou. Dis om my buurman wat sukkel om te oorleef te behandel soos die Woord van die Here

ons leer om ons naaste te behandel. Dis om jou motor te bestuur met geduld en beleefdheid – soos Jesus sou

bestuur het. Op ‘n manier is dit eenvoudig. Maar tog ongelooflik uitdagend: ons word uitgedaag om soos Jesus te

wees! Hierdie opdrag is so groot en uitdagend dat dit ons ons lewe lank moet besig hou.

Hoe kry mens dit reg? Hoe kan ons leef soos Jesus geleef het? Wat ek die afgelope paar jaar leer is dat Jesus nie van

ons vra: Kom en bestudeer my nie. Hy vra: Kom en volg my! Dis nie genoeg om net meer en meer van Jesus te leer

nie. Ons moet dissipels word! Dissipels leer nie net nie meer van Jesus nie, hulle pas wat hulle leer toe op elke deel

van hulle lewe. Ons doen nie net Bybelstudie nie. Ons hou nie net Stiltetyd nie. Ons begin dit wat ons leer dadelik

inoefen. Ons laat die Woord van die Here toe om ons hande, ons lippe, ons geld, ons talente, ons gesindhede, ja

elke stukkie van ons lewe, te verander. Ons vra elke dag: hoe verander wat ek in die Bybel lees my lewe vandag?

On bid: Here gebruik U Woord om my lewe te verander!

Dis wat dissipels doen: Ons glo nie net in veranderde harte nie, ons wys dat ons harte nuut gemaak is. Ons glo nie

net in liefde nie, ons bewys liefde aan ander. Ons glo nie net daarin om ander in nood by te staan nie. Ons bewys

barmhartigheid aan hulle wat gebroke is. Ons glo nie net in die doen van goeie werke nie, ons doen dit.

Vriende, dis ons grootste uitdaging as kinders van die Here. Ons moet met ons lewe wys dat die Evangelie van Jesus

Christus ons lewe verander het. Dis dringend nodig, want navorsing wys dat Christene se leefwyse baie min verskil

van nie-Christene se lewe. Juis daarom moet ons verstaan hoe belangrik dit is dat elkeen wat sê dat hy/sy in Jesus

Christus glo, dit duidelik moet wys met die manier waarop ons lewe. Ons lewe moet ‘n advertensie vir Christus

wees. Dan, en dan alleen, sal die wêreld glo. Amen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!