Graansorghum Cover - Pannar Seed

Graansorghum Cover - Pannar Seed Graansorghum Cover - Pannar Seed

pannarseed.co.za
from pannarseed.co.za More from this publisher
04.05.2013 Views

-12- Die kringloop van plantluise is sodanig dat hul getalle geleidelik in die vroeë somermaande begin opbou totdat ʼn bevolkingsontploffing in Desember en Januarie plaasvind. Die stadium val saam met die pyp- en blomstadium van die graansorghum, wat ʼn baie gevoelige stadium is en indien die plantluise nie effektief beheer word nie, dit kan tot groot oesverliese lei. Kenmerkend van die heuningdouluis is dat ʼn volwasse luis ʼn lewensverwagting van ongeveer 30 dae het, en in dié tyd kan een luis tot 100 kleintjies voortbring wat op hul beurt weer binne 6 dae volwassenheid bereik. By plantluise word die verskynsel aangetref waar alle luise kleintjies kan voortbring en staan bekend as partenogenese (ongeslagtelike voortplanting). Die plantluis voed hoofsaaklik op die onderkant van die blaar, waar hulle op die sorghumplantsappe lewe. Die luis voed veral op die proteïene en stikstofgedeelte van die plantsap en skei die oortollige suikers uit wat ʼn taai, gomagtige afskeiding is en bekend staan as heuningdou. ʼn Swartroetswam groei op die heuningdou, wat die kenmerkende swart kleur aan besmette plante gee. Chemiese beheer moet toegepas word sodra plante kol-kol begin heuningdou afskeidings toon. Kultivars met ʼn natuurlike weerstand teen luise, kan ook oorweeg word. d) Swartmieliekewer Die Swartmieliekewer word hoofsaaklik in oostelike Hoëveld en Oos- Vrystaat aangetref. Dit het baie dieselfde voorkoms as ʼn miskruier. Die kleur is pikswart en die kewer is ongeveer 1 cm lank. Hul larwes lyk net soos miswurms en word baie met dié inseklarwes verwar. Kewers kom dwarsdeur die jaar voor met getaltoenames in Oktober en Maart. Kenmerkende skadesimptome is dat die kewer aan jong plante naby die grondoppervlakte begin vreet en, óf die plant laat vrek, óf die groeipunt beskadig. Gevrete plante wat herstel se are word hoofsaaklik op spruite gevorm. Die insek kan chemies beheer word en verskeie geskikte chemikalieë is in die handel daarvoor verkrygbaar. e) Amerikaanse Bolwurm Eiers van die Amerikaanse Bolwurm word enkeld op die plant gelê en die larwes voed op die are. Gewoonlik vind besmetting kort na die blomstadium plaas. Die kleur van die larwes varieer van byna swart, bruinerige tot groen en selfs pienk, maar kan maklik herken word aan die vuilwit streep aan beide sye waarop die asemhalingsopeninge duidelik sigbaar is. Hulle skuil gewoonlik binne-in die aar en die vernietiging van saadkorrels mag aanhou totdat die graan hard is. Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-13- Chemiese bespuiting word aanbeveel sodra die plaag opgemerk word. By kultivars met baie kompakte are is bespuiting dikwels nie so doeltreffend nie, aangesien die gif moeilik die aar indring. f) Sorghummuggie Hierdie plaag voed op die vrugbeginsels van die blomme en het swak korrelontwikkeling tot gevolg. Geen chemiese bestryding word aanbeveel nie, maar waar die sorghummuggie ʼn probleem is, moet vroeg geplant word. g) Bontmieliekewer Hierdie geel en swart kewers val sorghums soms aan en voed op die are, terwyl die graan nog in die melkstadium is. Bespuiting word aanbeveel sodra die kewers ernstige afmetings aanneem. 10. SIEKTEBEHEER a) Voor- en Na-opkoms Verwelksiekte en Saailingskroeisiekte Dié siektekompleks word deur ʼn groot groep skadelike swamme veroorsaak. Die simptome word gekenmerk deur ontkiemende saailinge wat vrek, voordat hulle uit die grond kan kom, terwyl dié wat wel opkom, verwelk en ook gewoonlik vrek. Die saailinge wat geaffekteer is, vertoon ʼn persagtige kleur en toon ʼn baie vertraagde groei. Die swamme affekteer die mesokotiel en primêre wortelstelsel. Die wortels vrot en ontwikkeling van die sekondêre wortelstelsel word vertraag. Sodra laasgenoemde wortels ontwikkel, herstel die plante redelik vinnig. Die siekte kom veral straf voor in vroeë aanplantings en waar swaar reëns net na planttyd voorkom. Alhoewel die siekte kan veroorsaak dat die meeste plante op die land vrek, gebeur dit egter selde, omdat die siekte gewoonlik gelokaliseerd is in sekere dele in die land, veral waar water in die plantvore gestaan het. Oordrag onkruiddoders soos Atrazien kan die voorkoms van die siekte vererger, terwyl swambehandelde saad, ʼn beperkte voorkomende effek op die siekte het. b) Graansorghumblaarvlek (verskeie organismes) Graansorhumblaarvlek kom veral in nat jare voor en word veroorsaak deur ʼn verskeidenheid organismes, wat as ʼn siekte kompleks op die blare optree. Hierdie organismekompleks word deur saad gedra en kan onder gunstige ontwikkelingstoestande heelwat skade aanrig. Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-12-

Die kringloop van plantluise is sodanig dat hul getalle geleidelik in die

vroeë somermaande begin opbou totdat ʼn bevolkingsontploffing in

Desember en Januarie plaasvind. Die stadium val saam met die pyp- en

blomstadium van die graansorghum, wat ʼn baie gevoelige stadium is en

indien die plantluise nie effektief beheer word nie, dit kan tot groot

oesverliese lei.

Kenmerkend van die heuningdouluis is dat ʼn volwasse luis ʼn

lewensverwagting van ongeveer 30 dae het, en in dié tyd kan een luis tot

100 kleintjies voortbring wat op hul beurt weer binne 6 dae

volwassenheid bereik. By plantluise word die verskynsel aangetref waar

alle luise kleintjies kan voortbring en staan bekend as partenogenese

(ongeslagtelike voortplanting).

Die plantluis voed hoofsaaklik op die onderkant van die blaar, waar hulle

op die sorghumplantsappe lewe. Die luis voed veral op die proteïene en

stikstofgedeelte van die plantsap en skei die oortollige suikers uit wat ʼn

taai, gomagtige afskeiding is en bekend staan as heuningdou. ʼn

Swartroetswam groei op die heuningdou, wat die kenmerkende swart

kleur aan besmette plante gee.

Chemiese beheer moet toegepas word sodra plante kol-kol begin

heuningdou afskeidings toon. Kultivars met ʼn natuurlike weerstand teen

luise, kan ook oorweeg word.

d) Swartmieliekewer

Die Swartmieliekewer word hoofsaaklik in oostelike Hoëveld en Oos-

Vrystaat aangetref. Dit het baie dieselfde voorkoms as ʼn miskruier. Die

kleur is pikswart en die kewer is ongeveer 1 cm lank. Hul larwes lyk net

soos miswurms en word baie met dié inseklarwes verwar. Kewers kom

dwarsdeur die jaar voor met getaltoenames in Oktober en Maart.

Kenmerkende skadesimptome is dat die kewer aan jong plante naby die

grondoppervlakte begin vreet en, óf die plant laat vrek, óf die groeipunt

beskadig. Gevrete plante wat herstel se are word hoofsaaklik op spruite

gevorm.

Die insek kan chemies beheer word en verskeie geskikte chemikalieë is

in die handel daarvoor verkrygbaar.

e) Amerikaanse Bolwurm

Eiers van die Amerikaanse Bolwurm word enkeld op die plant gelê en die

larwes voed op die are. Gewoonlik vind besmetting kort na die

blomstadium plaas. Die kleur van die larwes varieer van byna swart,

bruinerige tot groen en selfs pienk, maar kan maklik herken word aan die

vuilwit streep aan beide sye waarop die asemhalingsopeninge duidelik

sigbaar is. Hulle skuil gewoonlik binne-in die aar en die vernietiging van

saadkorrels mag aanhou totdat die graan hard is.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!