04.05.2013 Views

Graansorghum Cover - Pannar Seed

Graansorghum Cover - Pannar Seed

Graansorghum Cover - Pannar Seed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INHOUDSOPGAWE

Pannar Saad (Edms.) Bpk.

Produksiehandleidingreeks

Graansorghum

A) INLEIDING ................................................................................................................ 1

B) AANPASBAARHEID ............................................................................................. 1

1. Klimaatsvereistes ............................................................................................. 2

2. Grondvereistes ................................................................................................. 3

C) VERBOUINGSPRAKTYKE .................................................................................. 4

1. Grondvoorbereiding ......................................................................................... 4

2. Planttyd ............................................................................................................ 4

3. Plantbevolking .................................................................................................. 5

4. Kultivars ........................................................................................................... 5

5. Saad benodigdhede ......................................................................................... 6

6. Plantdiepte en Planttoestande ......................................................................... 6

7. Bemesting ........................................................................................................ 6

8. Onkruidbeheer ............................................................................................... 10

9. Insekbeheer ................................................................................................... 11

10. Siektebeheer .................................................................................................. 13

D) OESINSAMELING ................................................................................................ 17

E) GRADERING EN BEMARKING ....................................................................... 17

F) OPBRENGSTE ...................................................................................................... 18

A) INLEIDING

-1-

Graansorghum is naas mielies, koring, sonneblom en sojabone die 5 de

belangrikste graangewas in Suid-Afrika. Na raming word meer as 80 000 ha

jaarliks onder die gewas verbou.

Aangesien die plaaslike moutmark redelik beperk is, ding graansorghum direk

met mielies as graangewas mee. Van weë die beter graankwaliteit van

mielies in vergelyking met die meeste graansorghumkultivars, bestaan daar

tans ʼn groter aanvraag vir mielies as graansorghum. Graansorghum speel

egter ʼn belangrike rol as ʼn stabiliserende faktor in die somergraan

produksiegebiede. As gevolg van sy beter droogteverdraagsaamheid, kan

beter ekonomiese resultate van graansorghum, in vergelyking met mielies

verwag word, op marginale en swaar kleigronde. Onder hierdie

omstandighede is dit ʼn goeie alternatiewe kontantgewas vir mielies.

B) AANPASBAARHEID

Die beter droogteverdraagsaamheid van graansorghum in vergelyking met die

meeste ander gewasse, veral mielies, kan aan die volgende faktore toegeskryf

word:

a) Graansorghum besit die vermoë om gedurende ʼn droogtestremming in ʼn

sogenaamde “groeistilstand” fase oor te gaan. Op hierdie wyse word

vogverbruik baie ingekort en die fisiologiese ontwikkeling vertraag. Na

goeie reëns herstel die gewas vinnig met of sonder die vorming van

aardraende spruite.

b) Die stamme en blare van sorghum is bleek met ʼn wasagtige lagie en

besit ʼn kurkagtige opperhuid wat uitdroging en verwelking help teenwerk.

c) Blare besit die vermoë om inwaarts te rol en sodoende die transpirasietempo

te vertraag.

d) Die sorghumplant het ʼn sterk en effektiewe wortelstelsel wat die grond

beter kan binnedring en gestoorde grondvog op swaar kleigronde meer

effektief kan benut as, byvoorbeeld, mielies op swaar kleigronde.

e) Die sorghumplant het ʼn kleiner blaaroppervlakte as die mielieplant en kan

dus gedurende tye van sterk en warm winde transpirasie beter beheer.

Daarby is die vogbehoefte van sorghum minder kritiek net voor, met en

na blom. Skade as gevolg van droogte in dié periode is aansienlik

minder.

f) Gedurende bestuiwing word graansorghum nie so erg soos mielies deur

stremming geaffekteer nie. Die sinkronisasie tussen stempel- en

stuifmeel ontwikkeling is baie beter en bestuiwing vind selfs onder redelik

ongunstige toestande doeltreffend plaas.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-2g)

Graansorghum besit die vermoë om baie goed te kompenseer deur

aardraende spruite te vorm indien die plante te yl geplant word of yl

opkom, of waar die hoofaar in die aktiewe groeiperiode beskadig is.

1. KLIMAATSVEREISTES

a) Graansorghum is goed aangepas in gebiede met ʼn somerreënval van

400 tot 700 mm en hoër. Hoë humiditeit mag egter in sekere seisoene

saadvorming skaad.

b) Die gewas is baie gevoelig vir ryp en die meeste kultivars moet derhalwe

± 130-140 rypvrye dae in hul groeiseisoen hê. Die groeiseisoen van die

kultivar sal hier bepalend wees.

c) Ontkieming geskied stadig by grondtemperature laer as 18ºC. Dit is

meer gevoelig vir lae grondtemperature as mielies, wat nog goed by 10-

12ºC kan ontkiem.

d) Die ideale groeitemperature is 25-30ºC, met ʼn minimum van 15ºC.

Graansorghum kan egter hoë temperature beter weerstaan as die

meeste ander gewasse. Dit is egter gevoelig vir baie hoë temperature

gedurende blomvorming.

LAE TEMPERATURE GEDURENDE VLAGBLAAR- TOT BLOMSTADIUM

a) Invloed op bestuiwing:

Tydens die vlagblaarstadium, net voor die aar verskyn, is die

sorghumplant ook baie sensitief vir lae temperature. Dit is dié stadium

net voor die ontwikkeling van stuifmeelkorrels. Studies wat in die

verband gedoen is, het bevind dat by temperature van 10ºC,

stuifmeelontwikkeling tot so ʼn mate benadeel kan word, dat steriele

stuifmeel geproduseer word. Dit is ook verder gevind dat so min as slegs

twee ure by sekere kritiese lae temperature nodig is, om die manlike

steriliteit te veroorsaak, terwyl die vroulike gedeelte van die aar (blom) nie

deur die lae temperature benadeel word nie.

Die laaste paar jaar is groot vordering gemaak met die ontwikkeling van

kultivars met goeie koue verdraagsaamheid. ʼn Eienskap wat groot

voorkeur by kultivarkeuse moet kry in koeler produksiegebiede.

b) Invloed op siektes:

Die siekte wat moontlik van die grootste ekonomiese belang vir die boer

is, is die gevreesde Ergotsiekte. Koel en nat klimaatstoestande bevorder

besmetting en ontwikkeling van die siekte. In die geval word die

saadknoppe (vroulike gedeelte van die blom) met die Ergotswam net voor

bestuiwing, besmet. Bestuiwing vind nie plaas waar saadknoppe besmet

is nie. Tipiese simptome in die geval, is die taai gomagtige afskeidings

wat deur die saadknoppe afgeskei word. Oesskade in die geval sal

afhang van die graad van besmetting en kan tot algehele oesverliese lei.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-3-

Weereens kom die siekte meer in die hoë reënval en koeler

produksiegebiede voor.

LAE TEMPERATURE MET GRAANVULPERIODE

Opbrengspotensiaal

Vir optimale graanproduksie vereis die sorghumplant maksimum daaglikse

temperature van 25-30ºC. Laer temperature lei tot swakker opbrengste,

gevolglik moet die plantdatums so gekies word om die beste voordeel uit

klimaattoestande te verkry. Te laat aanplantings kan dus die opbrengs

nadelig beïnvloed. Die sorghumplant is ook baie gevoelig vir ryp en dus moet

die plante volwassenheid bereik voor die eerste voorkoms van ryp.

LIGINTENSITEIT

Die tweede belangrikste aspek wat oesopbrengste benadeel en dikwels uit

die oog verloor word, is die aantal sonligure (ligintensiteit) wat gedurende die

groeistadium voorkom.

In die opsig is die volgende twee groeistadiums van belang:

a) Kelkblaar- tot volledige Aaruitstootstadiums

Die periode is ongeveer twee weke voor die 50 persent blomperiode. In

die geval kan minder sonligure minder sade per aar tot gevolg hê, wat op

sy beurt weer die opbrengs nadelig beïnvloed.

b) Melk- tot Sagtedeegstadium

Gedurende die periode is voldoende sonligure noodsaaklik vir ʼn goeie

skepelmassa van die graan. Baie bewolkte dae in die periode, kan graan

met ʼn swak skepelmassa tot gevolg hê. Dit is onder dié toestande dat

opbrengste swakker is as wat normaalweg verwag word. Die oes kan

baie belowend lyk, maar resultate mag uiteindelik teleurstellend wees.

2. GRONDVEREISTES

a) Die beste resultate word verkry op diep, goed gedreineerde, vrugbare,

sanderige klei-leemgronde met ʼn pH van ongeveer 5.0 (KCl).

Graansorghum is egter aangepas by ʼn wye reeks grondtipes mits die

grondvrugbaarheid op ʼn redelike vlak is. Die gewas produseer ook goed

in gronde met ʼn pH (KCl) van 4.5 tot 7.5 en kan ʼn mate van brak

weerstaan.

b) Graansorghum kan met meer sukses as mielies verbou word op minder

vrugbare grond, vlak grond en swaar turfgrond.

c) Swaar gronde lewer die beste opbrengste in goeie seisoene, maar

gedurende droogtetoestande is sanderige koel gronde beter.

Graansorghum sal egter gedurende ʼn normale droogte nog bevredigende

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-4opbrengste

lewer op swaar gronde met meer as 50 persent klei, terwyl

mielies onder sodanige toestande weinig graan sal produseer.

d) Graansorghum is meer gevoelig vir aluminiumvergiftiging as mielies en

moet nie op gronde met ʼn hoë suurversadigingsinhoud geplant word nie.

Die persentasie suurversadiging behoort minder as 15% te wees.

e) Gronde wat swaar met rooiblom besmet is, moet ook vermy word,

aangesien sorghum straf deur die parasietplant geaffekteer word.

C) VERBOUINGSPRAKTYKE

1. GRONDVOORBEREIDING

Net soos vir mielies, maar aangesien graansorghumsaad baie kleiner is, moet:

a) Die saadbed, veral op swaar gronde, fyner wees om goeie ontkieming te

verseker.

b) Die grondkors wat na planttyd mag ontwikkel gebreek word, sodat die

jong plantjies nie voor opkoms stik nie.

Goeie grondvoorbereiding kan opbrengste met 25-30 persent verhoog. Op

gronde wat geneig is om te waai moet windbestrydingsvore getrek of

strookbewerking toegepas word.

2. PLANTTYD

Aanplanting kan begin wanneer die grondtemperature minstens 18ºC is en die

grondvog voldoende is vir ontkieming. In die meeste gebiede behoort

aanplantings dus gedurende laat Oktober en November plaas te vind.

Aanduidings in die oostelike gebiede is dat hoe vroeër geplant kan word, hoe

beter. Graansorghum kan egter nog suksesvol tot in Januarie in die warm

gebiede geplant word, afhangende van die klimaatstoestande, asook die

groeiseisoen van die kultivar.

In die westelike gebiede is die beste planttyd ongeveer middel November.

BEPLAN U PLANTDATUM

Wat ʼn besonderse groeiseisoen se klimaatstoestande gaan oplewer is

onmoontlik om vooraf te bepaal. Kies egter die plantdatum sodat die

langtermyn klimaatstoestande die beste by die gewas se behoefte inpas.

Moontlike koel toestande tydens planttyd en later in blomstadium moet, waar

moontlik, vermy word. Versprei verder u risiko met ʼn redelike lang

plantperiode. Plant verder meer as een baster om die risiko nog meer te

versprei.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

3. PLANTBEVOLKING

-5-

Graansorghum is nie minder gevoelig vir plantbevolking as die meeste ander

droëlandgewasse. Met ʼn lae plantbevolking kompenseer die gewas ruim met

aardraende spruite, met die gevolg dat, sover dit die uiteindelike aartellings in

die praktyk betref, selde ʼn groot verskil gevind word tussen ʼn redelike lae en ʼn

hoë plantbevolking. Daar moet egter teen ʼn te lae plantbevolking gewaak

word, dit wil sê minder as 90 000/ha, aangesien ʼn swak skadu-effek op vroeë

onkruide tot ʼn onkruidprobleem kan lei.

Plantbevolkings van 100 000 tot 160 000 plante/ha word normaalweg

aanbeveel. Die hoër plantbevolking moet veral gehandhaaf word waar

onkruidmededinging baie straf is.

4. KULTIVARS

Verskeie faktore moet in aanmerking geneem word voordat ʼn geskikte

graansorghumkultivar vir ʼn bepaalde gebied gekies kan word:

a) Die opbrengspotensiaal van die kultivar.

b) Die aanpasbaarheid van die kultivar vir die grond- en klimaatsituasie van

die gebied.

c) Die lengte van die groeiseisoen in die betrokke gebied.

d) Die belangrike agronomiese eienskappe van die kultivars soos:

Staanvermoë

Groeiseisoen lengte

Planthoogte en egaligheid

Dorsbaarheid

Kompaktheid van die are

Voëlbestandheid

Mouteienskappe

Weerstand teen siektes en plae

Voereienskappe

Aaruitstoot onder stremming

Koue verdraagsaamheid

e) Die moutklas waarin die kultivar bemark word, asook die aanvraag vir en

prys van die klas.

Aangesien die bestaande kultivars van tyd tot tyd deur nuwe, verbeterde

kultivars vervang word, word aanbeveel dat die jongste Pannar brosjure

of die plaaslike Pannar verteenwoordiger of landboukundige geraadpleeg

word vir inligting oor die jongste verwikkelinge en aanbevelings per

produksiegebied.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

5. SAAD BENODIGDHEDE

-6-

Spasiëring tussen rye Spasiëring in rye Saad benodigdhede

.9 m (3’) 5 -7 cm (2-3”) 5-9 kg

0.9 m x 2.3 m (3’ x 7.6”)

of

1.5 m (5’)

5-7 cm (2-3”) 4-6 kg

2.3 m (7’6”) 5-7 cm (2-3”) 3-4 kg

Die spasiëring tussen die rye sal afhang van die opbrengspotensiaal van die

betrokke gebied. In die hoë-potensiaal, veral oostelike gebiede, word 0.9 m

rye aanbeveel, terwyl ondermarginale toestande, wye rye of treinspore verkies

word.

6. PLANTDIEPTE EN PLANTTOESTANDE

Graansorghum moet vlak geplant word, veral op swaar gronde, maar die saad

moet in vogtige grond geplaas word, anders is die ontkieming swak. Die

plantdiepte wissel tussen 3-5 cm. Korsvorming moet ten alle tye voorkom

word.

7. BEMESTING

Die bemestingsbehoeftes van graansorghum stem baie ooreen met dié van

mielies, en min of meer dieselfde hoeveelhede N, P en K word deur hierdie

twee gewasse uit die grond verwyder. Die gewas kan egter beter van

grondvoedingstowwe gebruik maak as mielies. Die aanbevelings vir mielies

kan dus, behalwe vir ʼn klein aanpassing onder sekere toestande, net so

aanvaar word.

Soos in die geval van ander gewasse, moet die bemestingsprogram gebaseer

word op die voorgestelde opbrengsmikpunte en ʼn betroubare ontleding van die

grond

RIGLYNE VIR DIE TOEDIENING VAN MAKRO-VOEDINGSELEMENTE

a) Kalk

Kalk word aanbeveel waar die pH (KCl) van die grond laer as 4.6 is,

(d.w.s. pH (H2O) 5.6 of waar suurversadiging hoër as 15% is. Die

doeltreffendheid van kunsmis verhoog namate die grond minder suur

word. Die keuse tussen kolomietiese en kalsietiese kalk sal afhang van

die Mg-inhoud van die grond. Bekalking van gronde met ʼn

aluminiumprobleem is noodsaaklik indien graansorghum suksesvol

verbou wil word.

Die kalk moet egalig uitgestrooi en deeglik met die grond gemeng word,

verkieslik ongeveer 2 maande voor planttyd.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

) Stikstof

-7-

Aanbevelings vir stikstof word gebaseer op opbrengspotensiaal.

Volgens die resultate van ʼn groot aantal wyd verspreide proewe, is tabel

1 as riglyn vir stikstof vir die westelike- en oostelike gebied opgestel. Die

laagste waarde in elke opbrengsklas is die onderste 50%

betroubaarheidsband, die middelste waarde die regressiewaarde en die

hoogste waarde die boonste 50% betroubaarheidsband. Die

betroubaarheidsband sluit die spanwydte van berekende N-optima in

50% van die gevalle in. Hierdie variasie in N-optima word deur verskeie

faktore beïnvloed.

Tabel 1: Reeks van waardes vir stikstoftoediening volgens

opbrengspotensiaal en streke (Figuur 1):

Beplanningsopbrengs

(ton/ha -1 N- toediening

(kg/ha -1 )

*Wes Oos

2 0-15-30 0 -20-40

3 5-25-40 20-40-60

4 10-35-60 40-60-80

5 40-65-90 60-80-100

6 75-95-120 80-100-120

7 100-120-140

8 120-140-160

Vir sandgronde (

d) Fosfor

-8-

Grondontledings word as basis gebruik vir die bepaling van die P-status

van ʼn grond. Fosforbemestingsriglyne word gegee waar grond P-status

bepaal is volgens die gestandaardiseerde Bray 1-ekstra-heringsmetode.

Ander metodes word ook gebruik. Hoewel daar nie ʼn eenvoudige vaste

verwantskap tussen metodes is wat vir alle gronde geld nie, kan die

vergelykende ontledings in Tabel 2 vir die meeste gronde gebruik word.

Uitsonderings wat in ag geneem behoort te word, is swaar kleigronde,

alkaliese gronde (pH [KCl] > 6) en veral gronde wat vry kalk bevat. Tabel

2 is ook nie geldig wanneer rotsfosfaat toegedien is nie.

Tabel 2: Vergelykende P-waardes vir verskillend Pekstraksiemetodes:

Bray I Bray II Ambic I Olsen

7 9 5 4

10 13 8 6

13 18 11 9

16 22 13 11

19 26 15 13

23 31 18 15

27 36 21 17

30 40 24 19

33 45 27 22

Toedieningspraktyke

Die algemene praktyk is dat P-bemesting gewoonlik gebandplaas word

tensy die hoeveelheid om praktiese redes nie in die misstofmengsel

gegee kan word nie.

Die optimum fosforkonsentrasie onder omstandighede waar tussen 5 en

11 kg P ha -1 in die band met plant toegedien is, is op 17 mg P kg -1 oor

alle streke vasgestel.

Die hoeveelheid fosfor wat per hektaar toegedien moet word om die

grondkonsentrasie met 1 mg P kg -1 (Bray I) te verhoog, ook bekend as

die P-behoeftefaktor, is 5, 7 en 9 kg P ha -1 vir tekstuurklasse van

-9ton

graan geproduseer. Konsentrasies wat laer as die optimum is, kan

met inagneming van die finansiële implikasies vir die produsent oor ʼn

aantal jare opgebou word.

Die volgende voorbeelde vir die toepassing van P-riglyne word

aangebied:

Voorbeeld 1

Beplanningsopbrengs : 3 ton ha -1

Grondtekstuur : sand (8% klei)

Grond-P-optimum : 17 mg kg -1

Grond-P-behoeftefaktor : 5 kg ha -1

Grond-P-ontleding : 7 mg kg -1

P-benodig : (17 – 7) x 5 = 50 kg ha -1

P-instandhouding per jaar : 3 x 4 = 12 kg ha -1

Die produsent neem risiko’s in ag en besluit om die grond-P-konsentrasie

binne vier jaar tot die optimum vlak op te bou) m.a.w. 50 kg ha -1 ÷ 4 =

12.5 kg ha -1 ).

Die P-bemestingsprogram (kg P ha -1 ) is dus soos volg:

Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4 Jaar 5

Basiese toediening 12.5 12.5 12.5 12.5 -

Onderhoud 12 *8 *16 *8 *20

Totaal 24.5 20.5 28.5 20.5 20

*Gedurende jaar 1, 2, 3 en 4 is onderskeidelik 2, 4, 2 en 5 ton ha -1

gerealiseer en daarom is die hoeveelhede in die opvolgende jaar

dienooreenkomstig aangepas.

e) Kalium

Grondontledings word as basis gebruik om die K-status van ʼn grond te

bepaal.

Bevindinge dui daarop dat daar min verskil is tussen die hoeveelhede

kalium wat volgens die Ambic, of ammoniumasestaatmetode in grond

bepaal word. In Tabel 3 word dus na grondkalium verwys sonder

verdere vermelding van die ontledingsmetode.

Riglyne

Riglyne vir K-bemesting word in Tabel 3 gegee.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-10-

Tabel 3: Kaliumtoediening vir verskillende bogrondse Kkonsentrasies:

Grondkonsentrasie

(mg K kg -1 Aanbeveling

(kg K ha -1 )

80 0

Kaliumbehoeftes vir ligte-tekstuurgronde (

-11b)

Meganiese onkruidbeheer van net voor opkoms tot net voor pypstadium,

deur gebruik te maak van ʼn roltandeg. ʼn Rolskoffel en ʼn tandskoffel met

tande of swawelsterte, is gewoonlik doeltreffend, maar soms kan die

gebruik van die roltandeg voor die 5-8 cm stadium van die plante tot ʼn

standvermindering lei, aangesien die saad vlak geplant en dus maklik

beskadig kan word. Die tandskoffel kan wortelbeskadiging veroorsaak

indien dit te naby aan die planter ry gebruik word, veral in die latere

stadiums van ontwikkeling.

c) Verskeie chemiese onkruiddoders gee doeltreffende onkruidbeheer in

graansorghum.

Dit is uiters belangrik dat die vervaardigers se instruksies i.v.m. die

gebruik van onkruiddoders noukeurig gevolg word, aangesien

graansorghum (onder sekere toestande) baie gevoelig is vir

onkruiddoders soos 2-4 D en Atrazine.

9. INSEKBEHEER

a) Snywurm

Beheer net soos in die geval van mielies. Snywurms is egter nie so ʼn

groot probleem by graansorghum nie.

b) Mieliestamrusper en Graansorghumstamrusper

Beide hierdie plae kan graansorghum aanval en ernstige skade aanrig.

Mieliestamrusper (Busseolaf fusca) kom normaalweg oor die hele land

voor, terwyl die graansorghumstamrusper (Chilo partellus) tradisioneel

meer bepaald in die laerliggende gebied van Limpopo en die

Springbokvlakte voorkom. Tans word dit egter meer verspreid in meeste

produksiegebiede gevind. Die larwes verskil in dié opsig van die

mieliestamrusper dat hulle effens kleiner en bleekwit van kleur met

pigmentvlekke is.

Die beheermaatreëls van beide is baie dieselfde, alhoewel dit wil

voorkom asof die graansorghumstamrusper moeiliker is om te bestry.

Hul lewensiklusse kom ook grootliks ooreen, maar die

graansorghumstamrusper kan meer siklusse per jaar voltooi as die

mieliestamrusper.

In beide gevalle is vroeë Oktober en laat Desember/Januarie

aanplantings die meeste onderhewig aan besmetting. Veral in laat

aanplantings kan strawwe besmettings verwag word wat die oes feitlik

totaal kan vernietig. Chemiese beheermaatreëls is absoluut noodsaaklik

vir die vroegtydige bestryding van beide plae.

c) Plantluise

Graansorghum word hoofsaaklik deur drie tipes plantluise aangeval,

waarvan die heuningdouluis by verre die belangrikste is. Die ander twee

luistipes staan bekend as die koringluis en mielieluis.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-12-

Die kringloop van plantluise is sodanig dat hul getalle geleidelik in die

vroeë somermaande begin opbou totdat ʼn bevolkingsontploffing in

Desember en Januarie plaasvind. Die stadium val saam met die pyp- en

blomstadium van die graansorghum, wat ʼn baie gevoelige stadium is en

indien die plantluise nie effektief beheer word nie, dit kan tot groot

oesverliese lei.

Kenmerkend van die heuningdouluis is dat ʼn volwasse luis ʼn

lewensverwagting van ongeveer 30 dae het, en in dié tyd kan een luis tot

100 kleintjies voortbring wat op hul beurt weer binne 6 dae

volwassenheid bereik. By plantluise word die verskynsel aangetref waar

alle luise kleintjies kan voortbring en staan bekend as partenogenese

(ongeslagtelike voortplanting).

Die plantluis voed hoofsaaklik op die onderkant van die blaar, waar hulle

op die sorghumplantsappe lewe. Die luis voed veral op die proteïene en

stikstofgedeelte van die plantsap en skei die oortollige suikers uit wat ʼn

taai, gomagtige afskeiding is en bekend staan as heuningdou. ʼn

Swartroetswam groei op die heuningdou, wat die kenmerkende swart

kleur aan besmette plante gee.

Chemiese beheer moet toegepas word sodra plante kol-kol begin

heuningdou afskeidings toon. Kultivars met ʼn natuurlike weerstand teen

luise, kan ook oorweeg word.

d) Swartmieliekewer

Die Swartmieliekewer word hoofsaaklik in oostelike Hoëveld en Oos-

Vrystaat aangetref. Dit het baie dieselfde voorkoms as ʼn miskruier. Die

kleur is pikswart en die kewer is ongeveer 1 cm lank. Hul larwes lyk net

soos miswurms en word baie met dié inseklarwes verwar. Kewers kom

dwarsdeur die jaar voor met getaltoenames in Oktober en Maart.

Kenmerkende skadesimptome is dat die kewer aan jong plante naby die

grondoppervlakte begin vreet en, óf die plant laat vrek, óf die groeipunt

beskadig. Gevrete plante wat herstel se are word hoofsaaklik op spruite

gevorm.

Die insek kan chemies beheer word en verskeie geskikte chemikalieë is

in die handel daarvoor verkrygbaar.

e) Amerikaanse Bolwurm

Eiers van die Amerikaanse Bolwurm word enkeld op die plant gelê en die

larwes voed op die are. Gewoonlik vind besmetting kort na die

blomstadium plaas. Die kleur van die larwes varieer van byna swart,

bruinerige tot groen en selfs pienk, maar kan maklik herken word aan die

vuilwit streep aan beide sye waarop die asemhalingsopeninge duidelik

sigbaar is. Hulle skuil gewoonlik binne-in die aar en die vernietiging van

saadkorrels mag aanhou totdat die graan hard is.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-13-

Chemiese bespuiting word aanbeveel sodra die plaag opgemerk word.

By kultivars met baie kompakte are is bespuiting dikwels nie so

doeltreffend nie, aangesien die gif moeilik die aar indring.

f) Sorghummuggie

Hierdie plaag voed op die vrugbeginsels van die blomme en het swak

korrelontwikkeling tot gevolg.

Geen chemiese bestryding word aanbeveel nie, maar waar die

sorghummuggie ʼn probleem is, moet vroeg geplant word.

g) Bontmieliekewer

Hierdie geel en swart kewers val sorghums soms aan en voed op die are,

terwyl die graan nog in die melkstadium is.

Bespuiting word aanbeveel sodra die kewers ernstige afmetings

aanneem.

10. SIEKTEBEHEER

a) Voor- en Na-opkoms Verwelksiekte en Saailingskroeisiekte

Dié siektekompleks word deur ʼn groot groep skadelike swamme

veroorsaak. Die simptome word gekenmerk deur ontkiemende saailinge

wat vrek, voordat hulle uit die grond kan kom, terwyl dié wat wel opkom,

verwelk en ook gewoonlik vrek.

Die saailinge wat geaffekteer is, vertoon ʼn persagtige kleur en toon ʼn

baie vertraagde groei. Die swamme affekteer die mesokotiel en primêre

wortelstelsel. Die wortels vrot en ontwikkeling van die sekondêre

wortelstelsel word vertraag. Sodra laasgenoemde wortels ontwikkel,

herstel die plante redelik vinnig.

Die siekte kom veral straf voor in vroeë aanplantings en waar swaar

reëns net na planttyd voorkom. Alhoewel die siekte kan veroorsaak dat

die meeste plante op die land vrek, gebeur dit egter selde, omdat die

siekte gewoonlik gelokaliseerd is in sekere dele in die land, veral waar

water in die plantvore gestaan het.

Oordrag onkruiddoders soos Atrazien kan die voorkoms van die siekte

vererger, terwyl swambehandelde saad, ʼn beperkte voorkomende effek

op die siekte het.

b) Graansorghumblaarvlek (verskeie organismes)

Graansorhumblaarvlek kom veral in nat jare voor en word veroorsaak

deur ʼn verskeidenheid organismes, wat as ʼn siekte kompleks op die

blare optree. Hierdie organismekompleks word deur saad gedra en kan

onder gunstige ontwikkelingstoestande heelwat skade aanrig.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-14-

Simptome van hierdie siekte varieer van liggroen kolletjies tot groot

rooipers verkleurings en van klein ronde, effens langwerpige ligbruin

nekrotiese vlekke tot groot nekrose dele, wanneer die vlekke inmekaar

vloei. Blaarvlekke begin gewoonlik op die onderste blare en beweeg later

na die boonste blare. Op die blaar self begin die vlekke op die punte en

beweeg terug op die blaarrand. Die siekte kan ook die jong graankorrels

affekteer en het klein, verkrimpte korrels tot gevolg.

Graankorrelbesmetting is veral van groot belang in die geval van

saadproduksie.

Op hierdie stadium is nog geen doeltreffende saadbehandeling teen

graansorghumblaarvlek geregistreer nie. Die gebruik van

weerstandbiedende kultivars bied tans dus die enigste doeltreffende

beheermaatreël.

c) Bakteriese Streepsiekte (Xanthomonas holicicola)

Hierdie siekte staan ook bekend as “rooidood”. Nat of hoë

humiditeitstoestande bevorder die verskyning en ontwikkeling daarvan en

oesverliese in nat jare kan aansienlik wees.

Simptome kan reeds in die 2-blaarstadium waargeneem word. Dun, ligte

rooipers strepies ontwikkel tussen die blaarnerwe en kan van 2 mm tot 25

mm lank wees. Die strepies word groter en breër soos die siekte

ontwikkel en vorm naderhand dooie, nekrotiese dele omring deur ʼn dun

donker rand. Erg besmette plante bly dwergagtig en vorm gewoonlik

geen graankorrels nie.

Min is bekend van die oordraagbaarheid en bestryding van Bakteriese

Streepsiekte. Saadoordraagbaarheid word egter nie as ʼn belangrike bron

van besmetting beskou nie en aanduidings is dat die siekte maklik bestry

kan word deur die verbouing van weerstandbiedende kultivars.

d) Exclorilium Blaarskroei (Exclorilium turcicum)

Soos by mielies, waar dit ook bekend staan as noordelike blaarskroei,

kom hierdie siekte gewoonlik net in die natter, oostelike produksiegebiede

voor. Onder gunstige toestande kom dit ook in die westelike dele voor.

Strawwe bemesting voor blomtyd kan aansienlike oesverliese

veroorsaak, maar oesverliese is minimaal indien besmetting matig is of

laat voorkom.

Hierdie siekte begin deur klein, rooi of wit kolletjies op die blare te vorm

wat vinnig ontwikkel en later ovaalvormige vlekke met skerp punte en ʼn

rooipers rand word. Soos die vlekke groter word, vloei hulle inmekaar en

kan sodoende groot dele van die blare beskadig. Die siekte begin op die

onderste blare en versprei later na die boonste blare.

Die enigste doeltreffende beheermaatreël is die gebruik van

weerstandbiedende kultivars.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-15-

e) Antraknose (Collectorichum graminicola)

Antraknose is ʼn swamsiekte wat die blare asook die stamme van

graansorghum aantas. As net die blom besmet is, word die plante tot ʼn

mate verswak, maar die effek hiervan op die opbrengs is selde baie

ernstig. Wanneer die siekte egter ook die stamme, veral net onder die

aar, besmet, kan dit ernstige gevolge hê. Afgesien van die

opbrengsverlies, knak en val die plante om wat meganiese oes uiters

bemoeilik.

Die swamme wat Antraknose veroorsaak dring die blare in die jong

stadium binne. Rooibruin, rooi of pers kolle verskyn op die

blaaroppervlakte. Die deursneë van die kolle is gewoonlik ongeveer 3

mm maar kan tot 25 mm wees. Besmette stamme word ook rooi of pers

en wanneer hulle oopgesny word, sal die weefsel binne-in die stam ook

verkleurd wees.

Die enigste doeltreffende beheermaatreël is die gebruik van

weerstandbiedende kultivars. Wisselbou kan die siekte binne perke hou,

aangesien die spore in die plant oorwinter.

f) Bruinroes (Puccinia purpurea)

Bruinroes ontwikkel gewoonlik eers gedurende die rypwordingstadium en

het selde ʼn groot invloed op die opbrengs. Bruin en bruinrooi kolle

verskyn op die blare. Hierdie kolle bars later oop en die tipiese bruinrooi

spore word vrygestel, wat maklik van die blare afvryf.

Beheermaatreëls is selde nodig.

g) Ergot (Sphacelia sorghi)

Ergot is ʼn swamsiekte en staan bekend as “Sugary disease”. Koel, nat

klimaatstoestande bevorder besmetting en ontwikkeling daarvan.

Blomme op die sorghumaar is vatbaar vir besmetting van net voor

bestuiwing, tot met bevrugting van die vrugbeginsel.

Die swam groei binne die vrugbeginsel en vorm dan ʼn massa

swamdrade. Met rypwording van die swam word miljoene spore

vrygestel. Dit is gedurende die stadium dat die sogenaamde (sugary)

afskeisel sy verskyning maak. Dit tap vrylik van die are af en vertoon

spierwit op die grondoppervlakke onder die are. Dikwels skep dit ʼn ideale

medium vir die ontwikkeling van sekondêre organismes.

Sekondêre besmetting van die siekte word deur middel van spore wat in

die taai, gomagtige wit tot pienkerige afskeiding teenwoordig is, versprei.

Verspreiding van blom tot blom word veroorsaak deur wind, insekte en

reën. Soos die are ryp word, ontwikkel hulle ʼn swart massa spore en

vertoon feitlik heeltemal swart. Onder goeie ontwikkelingstoestande vorm

spore in die saadknoppe, die harde grysagtige sogenaamde “ergot”, die

oorwinteringsliggaam van die betrokke swam.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-16-

Alle sorghums en veral voersorghums is vatbaar vir hierdie siekte, Ergot

is die belangrikste sorghumsiekte en gaan veral gepaard met laat

aanplantings. Sekere kultivars toon weerstand teen die siekte.

h) Aarbrand (Sphacilotheca reiliana)

Dieselfde swamspesie, maar ʼn ander ras wat Kop- en Pluimbrand in

mielies veroorsaak, kan ook graansorghum besmet. Die siekte staan

bekend as Kopbrand en die hele aar word vernietig. Aanvanklik is die

spore met ʼn dun, wit vlies bedek. Die vlies bars naderhand oop en

miljoene swart spore word vrygestel. Die gebruik van

weerstandbiedende kultivars bied die enigste doeltreffende

beheermaatreël.

i) Fisiologiese Blaarverkleuring

Dikwels word ʼn rooi tot pers verkleuring van die blare van sorghums

waargeneem, wat baie lyk soos die simptome van sekere siektes soos,

onder andere, Antraknose. Hierdie verkleuring is te wyte aan die

chemiese stof Antocyanin, wat gewoonlik in die blare van sorghums

voorkom.

Fisiologiese blaarverkleuring kan deur die volgende faktore veroorsaak

word:

Koue

Sorghums is vatbaar vir koue, veral in die saailingstadium. Die

groeitempo van die plante word onder hierdie toestande vertraag en

die blare word rooi tot pers. Soos die toestande warmer word, herstel

die plante en ontwikkel weer normaal.

Chemiese Bespuiting

Sekere kultivars is meer gevoelig vir die sogenaamde “chemiese

brand” as ander. Die weerstoestande voor en met bespuiting kan ook

die reaksie van die plant beïnvloed. ʼn Algemene pers verkleuring van

die blare vind plaas en is gewoonlik beperk tot die boonste oppervlakte

van die boonste blare. Partykeer kan die verkleuring ook in die vorm

van klein rooipers kolle waargeneem word. Die sorghumplant is die

vatbaarste vir chemiese brand tydens blomstadium.

Fisiese Skade

Fisiese skade deur bewerking of insekte kan ook die verkleuring van

die blare tot gevolg hê.

Oor die algemeen gesproke veroorsaak fisiologiese blaarverkleuring

selde enige oesverliese. Kenners meen dat die sorghumplant tot 50

persent van sy blaaroppervlakte kan verloor sonder dat dit ʼn uitwerking

op die opbrengs het.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

D) OESINSAMELING

-17-

Word hoofsaaklik gedoen met behulp van meganiese stropers.

E) GRADERING EN BEMARKING

Graansorghum word volgens hul mout, voer en looisuurgehalte (tannieninhoud)

gegradeer en teen verskillende pryse bemark.

In die volgende tabel word die klasindeling weergee:

Gradering

Klas Beskrywing

GM Voerklas (Goed mout)

GL 1 Voerklas (Swak mout)

GL 2 Voerklas (Swak mout / graan defekte)

GH 1 Hoë tannien (Moutklas)

GH 2 Hoë tannien (Swak moutklas)

Faktore van belang by verskillende klasse van graansorghums:

a. Kultivars wat ʼn donkerbruin onderhuidlaag het, het ʼn bitter smaak, en is

gevolglik meer voëlbestand. Die bitter smaak word deur tannien

(pollifenole) veroorsaak en het ook ʼn lae voedingswaarde vir

enkelmaagdiere tot gevolg. Sommige van die kultivars met ʼn donker

onderhuidlaag beskik oor ʼn goeie moutgehalte, mits die tannien deur die

behandeling met formaldehied, geneutraliseer word. Tannien het ʼn

invloed op die opname van proteïene deur enkelmaagdiere, soos varke

en pluimvee, vandaar die swakker voedingswaarde.

b. Kultivars wat oor goeie moutkwaliteite beskik, word gekenmerk deur die

volgende:

Die sorghumgraan het ʼn rooi kleur en meelagtige endosperm. In die

moutproses word ensieme gevorm wat die stysel na suikers afbreek.

Hierdie kultivars beskik oor ʼn goeie diastase waarde.

c. ʼn Verdere aspek van graankwaliteit wat in die toekoms moontlik meer

aandag by basterontwikkeling gaan geniet, is ʼn goed ontwikkelde geel

endosperm. Geel endosperms verskaf nie alleenlik vitamien A aan

diere nie, maar verskaf ook ʼn geel vet en donker eiergeel en is gevolglik

baie gewild in die pluimveebedryf.

Graansorghum beskik oor die algemeen oor min of meer dieselfde

voedingswaarde, vir alle tipe plaasdiere, as mielies. Die enigste uitsondering

is die sorghumtipes met ʼn bruin onderhuidlaag (voëlbestande bittertipe).

Laasgenoemde tipes is nie geskik as veevoer vir enkelmaag diere nie.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

-18-

Voordele wat mielies tans bo graansorghum het, is beter smaaklikheid asook ʼn

hoër vitamien A inhoud (in die geval van geelmielies). Daarteenoor is

graansorghum in normale produksieseisoene ongeveer 10 persent goedkoper

as mielies.

F) OPBRENGSTE

Graansorghum vergelyk baie goed met mielies in alle produksiegebiede:

a) In marginale gebiede en op swaar turfgronde kan nog ekonomiese

opbrengste verkry word, wat normaalweg nie die geval met mielies is nie.

Opbrengste van 2.5 tot 4 ton/ha kan hier behaal word, afhangende van

klimaat- en vrugbaarheidstoestande.

b) In suurgronde met ʼn lae pH (KCl) 4.4 sal mielies oor die algemeen beter

presteer. Sorghum is meer gevoelig vir aluminiumvergiftiging.

c) In hoër potensiaalgebiede kan sorghum soortgelyke opbrengste as

mielies lewer, naamlik 4-8 t/ha, afhangende van klimaat- en

grondtoestande. In hierdie areas word tans groter klem op

mielieverbouing gelê, weens makliker bestuurspraktyke en beter pryse.

d) Onder besproeiingstoestande kan ook net soos by mielies 8-12 t/ha

behaal word. 75 cm rye word hier aanbeveel. By die hoër opbrengste

moet ongeveer 10 persent meer stikstof vir elke ton opbrengsmikpunt as

wat vir mielies nodig is, toegedien word.

Neem asseblief kennis dat hierdie dokument alleenlik as ʼn riglyn dien en die inligting word in goeder

trou gegee. Aangesien toestande mag wissel van plaas tot plaas, en selfs van land tot land binne elke

gebied, kan aanpassings gebaseer op plaaslike toestande of vir enige spesifieke voorkeure, nodig

wees.

Sorghum produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms.) Bpk.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!