04.05.2013 Views

Gemeente Sake - Gereformeerde Kerk Rietvallei

Gemeente Sake - Gereformeerde Kerk Rietvallei

Gemeente Sake - Gereformeerde Kerk Rietvallei

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vandag

5 Augustus

Maandag

6 Augustus

Sondag 12

Augustus

Gemeente

Sake

Deurkollekte: Studentekas

Gasvryheid: Wyke C32 en C84

18:00 Feeskomitee

19:00 Bybelstudie gemeente

Deurkollekte: Uitreikaksies

Meelewing

Br Jan Venter is nie gesond nie.

Jan Greyling (B75) snr. is in ‘n

hospitaal op George opgeneem

met ‘n septiese wond aan sy hand.

Ons dink steeds in die tyd aan

Pattie van Heerden (A87) na die

afsterwe van haar eggenoot.

Gelukwensing

Wessel en Trina du Plessis (B41

0823225343) het weer ‘n kleindogter

ryker geword.

Gesprek oor aanbidding

Hoe loof ons die Here? Met ‘n orrel of

dromme? Of met ons harte? Kom

gesels saam met medegelowiges oor

die hoe van aanbidding en ons

gesindheid wat in ons harte behoort te

wees. Ons sal twee inleiers hê, Ds

Griffel van Wyk en Phia van Helden.

Wanneer: Donderdagaand 16

Augustus 19:00-21:00

Tema: Nie aan ons nie, Here, nie

aan ons nie, maar aan u Naam kom

die eer toe.

Naamplaatjies

Kom haal asb. die naamplaatjies wat u

bestel het by die kerkkantoor, tussen

die twee eredienste. Naamplaatjies

kos R20 elk en kan nog bestel word.

Rietvallei wyne te koop

In die lig van ons 25 jaar feesvieringe,

watter beter manier as om saam met

gelowiges ‘n glasie wyn te drink. Ons

het weereens wyn vanaf die Rietvallei

Kelders (naby Ashton) bestel. Op die

oomblik is daar net witwyn

(Chardonnay en Sauvignon Blanc) en

dit sal teen R40-00 per bottel of R240-

00 per boks verkoop word. Skakel Ds

Werner (0824121415) vir meer

inligting.

KKNK

Kom kuier Sondagaand

na die aanddiens saam

met ander jongmense

(19 – 35jr)

in die kerkhuis!

Bring net jouself...

die koffie is gratis!!!

5 Staanplekke oop vir kampering in

Maart/April 2013 by Maroela kamp -

Wildtuin. As jy wil saam met ‘n hele klomp

gemeentelede wil gaan kamp kontak

Karen in die kerkkantoor dadelik

2012 , Nommer 22 1 5 Augustus 2012

Uitreik

Belangrike inligting rondom

Eljadahuis!

Eljada Huis is nou geregistreer as ‘n

Artikel 21 maatskappy.

Neem asb kennis dat die

bankrekening (nr 9235728935)

gesluit gaan word.

Moet asb geen verdure betalings na

hierdie rekening maak nie! Kanselleer

ook asb aftrekorder/debietorder by u

bank.

Vir die korttermyn kan betalings

gemaak word na die Diakonie se

rekening:

Diakonie Rietvallei, ABSA, tak 632005,

reknommer 4051138620 met

DUIDELIKE VERWYSING:

ELJADA HUIS.

Die nuwe bankbesonderhede sal

binnekort aan u deurgegee word.

2 Augustus 2012

Dagsê Almal

Boekenhoutkloofstraat 949,

Claremont.

012 377 0503 / 072 855 8289

eljadahuis@mweb.co.za

www.eljadahuis.weebly.com

Ek kan maar net in stil dankbaarheid

kniel voor ons Skepper vir die genade

wat ek hierdie week ontvang het.

Voldoende vleis en kos om ons weer

vir die volgende week of twee deur te

sien. BAIE DANKIE aan een en almal

wat ‘n bydrae gelewer het.

Sy staan voor my met haar sagte blou

oë waarin die trane blink en sy sê baie

dankie vir my hulp. Haar jongste

seun(27) is die afgelope 10jaar reeds

aan heroien verslaaf en die aftakeling

van sy liggaam breek haar hart, soos

ook al die kere wat hy haar huis byna

leeggedra het, selfs haar blikkieskos,

om sy verslawing te bevredig. Hy was

al in verskeie sentrums vir hulp maar

keer op keer het hy weggeloop terug

na haar toe. Sy was al verplig om hom

te laat toesluit om haarself te beskerm.

Hoe moet ek haar troos want ek was

so bevoorreg in my lewe dat sulke

dinge by my verbygegaan het. My drie

dogters is gelukkig getroud en ek ‘n

ouma van vier kleinkinders wat ook

maar groen koring op my land is, dank

my Hemelse Vader dat ek so beskerm

was tot vandag toe. Vandag is haar eie

liggaam al so gebreek as gevolg van al

die spanning dat sy op 52 nie meer

produktief kan gaan werk nie en kry sy

net ongeskiktheidspensioen. Ons het

haar seun na die KuriakéBediening

geneem in Centurion waar Walther en

sy vrou Thereza met behulp van die

(Gos)pil mense met geloof deur hierdie

stryd help. Ons vra jul voorbidding vir

haar as opregte gelowige wat hierdie

keer werklik glo dat dit met hom sal

goed gaan. Volgens Walther het hy die

afgelope twee nagte deur hel gegaan

maar hulle ondersteun hom al die pad.

Sy moet egter R5000 bymekaarmaak

om die koste van hierdie program te

dek. Sy kan baie goed naaldwerk doen

en is bereid om daarvoor te werk.

Ek staan op die vooraand van reelings

vir Ds Willem – ons geestelike

steunpilaar se afskeid. Hy vertrek na

Potchefstroom waarheen hy beroep is.

Ons gaan hom onbeskryflik baie mis

maar gun hom hierdie nuwe uitdaging

en weet en vertrou dat hy dit met net

soveel passie sal uitvoer as sy

betrokkenheid hier by die Eljada Huis

die afgelope twee en ‘n half jaar. Hy

was een van die stigterslede van die

diensgroep toe die huis aangekoop is

en huidiglik ook nog een van die

direkteure. Ek vra almal se seenbede

vir hom.

2012 , Nommer 22 2 5 Augustus 2012

Met groot opgewondenheid wil ek

graag die skepping van ons webblad

en koppeling met “facebook”

aankondig. Ons webblad adres is

www.eljadahuis.weebly.com en ons

facebookbladsy se naam is eenvoudig

Eljada Huis. Ek is baie dankbaar

teenoor Magda en haar seun Johan

wat dit aan die gang gekry het. Ek is

besig om die ander inligting vir hulle

voor te berei om op die webblad te

plaas.

Soveel dankbaarheid en soveel

genade word ontvang by hierdie huis

en ons begin Maandag 13 Augustus

om dit ook verder uit te brei na ons

bejaardes toe. Liza Roux van

bejaardesorg in die omgewing het

gevra of ons die minder bevoorregte

bejaardes een maal per week kan

ontvang. ‘n Mooi program is

saamgestel wat dan inval met ons

bybelstudie saam met Ds Cobus

Rossouw van GK Daspoort om 10 uur

en dan daarna ‘n paar lekker besigbly

dinge. ‘n Middagete sal dan aan hulle

voorgesit word. Kom kuier gerus en

geniet dit saam met ons.

Eljada Huis groete. Annatjie

Uitreik na Malawi

Studente van GK Cachet beplan om

DV gedurende Desember 2012 ‘n

sendingwerker in Malawi te

ondersteun.

Alhoewel 76 % van Malawi se

inwoners Christene is, beskik die

meeste nie oor hul eie Bybel nie. Daar

is selfs predikante in Malawi wat nie

hul eie Bybel kan bekostig nie. Hulle

gebruik slegs teksverse wat hulle

gememoriseer het.

Ons vra vir voorbidding vir hierdie

aksie, en indien moontlik enige ander

hulp wat voorsien kan word.

Om hierdie aksie te ondersteun word

die volgende benodig:

R55000 vir Bybels (R45 per Bybel)

R15000 vir vervoer in die vorm van

fietse. ( Hierdie fietse word

aan predikante uitgedeel om

by hul wydverspreide

gemeentes uit te kom.)

R70000 Totaal

Studente gaan:

Bybels en fietse versprei onder

betrokke gemeenskappe en predikante

Die sendingwerker help met fisiese

arbeid wat verrig moet word

Tyd onder die kinders in die

gemeenskappe spandeer

Die hoofdoel is om ‘n kultuur van

onafhanklikheid binne gemeentes te

kweek.

Volledige terugvoer sal in kerklike

tydskrifte soos “Die Kerkblad” en

“Kruispad” gegee word.

Baie dankie vir u hulp en voorbidding.

Vir enige navrae kontak gerus:

Marthiens Friedrich de Wet

Heymans

072 934 9135 084 629 7051

23050233@nwu.a

c.za

fwdewetjr@gmail.

com

Bankbesonderhede:

Gereformeerde Kerk

Cachet

Bank: Absa

Rekeningnommer: 06703400232

Takkode: 335138

Verwysing: Malawi

Uitreik

BERIG OOR DIE FRANSE

RADIOBEDIENING

Die Mali fonds wat vroeg vanjaar gestig is

om Christelike radiostasies in daardie land

logisties te versterk, het intussen mooi

gegroei, in besonder te danke aan kollektes

wat in Nieeu-Seeland hiervoor gereel is.

Die Noorde van Mali is vroeër vanjaar

oorgeneem deur radikale Moslem

bewegings wat die Sjaria wette letterlik

implementeer: ‘n paar dae gelede is ’n

jong man en ‘n jong vrou wat beskuldig is

2012 , Nommer 22 3 5 Augustus 2012

dat hulle buite-egtelike kinders saam

gehad het, gestenig terwyl twee honderd

mense in die omgewing gedwing is om

hierdie wrede toneel te kom aanskou. Die

aantal vlugtelinge uit die hele gebied neem

toe (hulle vlug meestal na die naburige

Algerië). Uitsprake van Afrika en

Europese leiers om in die Noorde militêr

in te gryp bly tot dusver net vae planne:

die traagheid van die sentrale regering in

Bamako om vordering te maak met sy eie

konstituering maak dit tans onmoontlik om

konkrete stappe in hierdie verband te

neem. Vir ons Christene bly egter die

sterkste wapen in hierdie stryd die

verkondiging van die Evangelie: dit is mos

die swaard van sy Woord wat Christus as

septer wil gebruik om oor die nasies te

regeer (Op. 19:15, HK Sondag 48). Die

verkondiging van die Evangelie deur

Christelike radios in Mali speel ‘n sentrale

rol in hierdie opsig, waaronder die

radioprogramme wat ons aan hulle gereeld

stuur. Indien ons Mali fonds nog bietjie

groei, kan ons oorweeg om nie net

materiaal (soos sonpanele) te help aankoop

nie, maar selfs om ‘n konsultant soon toe

te stuur teen die einde van die jaar: br

Chris-Johan Fourie en sy vrou Jeanette

was vir lank sendelinge in Madagaskar

waar hulle baie ervaring opgetel het met

die bou, bestuur en instandhouding van

radiostasies. Hulle stel beslis belang om in

hierdie projek deel te neem, en broer

Chris-Johan sien sy weg oop om fisies

daar te gaan help. Dit moet nog alles in

detail bespreek word, maar die vooruitsig

is reeds baie opwindend.

Bid asseblief dat die Here al die nodige

middele sal voorsien sodat ons hierdie

groot en noodsaaklike taak met ywer kan

aanpak tot eer van sy heilige Naam.

Ds Eric

Ander sake

Jannie Moolman

KAAS EN WYN AANSIT ETE

Bespreek 'n tafel vir jou en jou vriende

en kom geniet 'n

gesellige aand saam met ons –

10 mense per tafel

17 Augustus 2012,

18:30 / 19:00

Hoërskool Oos-Moot

R200 per persoon

Besprekings:

Retha vd Merwe - 083 752 0930

Marlene Richardson - 076 751 2235

Ten bate van President Kruger

Kinderhuise

BILTONGFEES!!!!!!

Die Gereformeerde Kerk Pretoria

Brooklyn hou 'n informele biltongfees op

Vrydag 17 Augustus in die DSG

skoolsaal in Duxburyweg om 18:30 vir

19:00. Op die spyskaart is daar baie,

baie biltong met vele variasies saam

met heerlike brode, kaas, konfyt, wyn of

koeldrank. Kaartjies is beskikbaar teen

R100 vir volwassenes, R75 per

hoërskool leerling en R50 per laerskool

leerling. Voorskools is gratis. Kontak

die Kerkkantoor by 012 362 0069.

Biltong om weg te neem sal ook te koop

aangebied word.

BEROEP ONTVANG EN AANVAAR

Ds JP le Roux van De

Aar/Strydenburg/Oranjerivier/

Philippolis-kombinasie na

Aranos/Khomas Hoogland/Namib

Kus-kombinasie.

2012 , Nommer 22 4 5 Augustus 2012

Eredienste

Oggenddiens (8:00 en 10:15)

Gooi alles wat jou terughou af,

volhard en voltooi die wedloop deur

op Jesus te fokus!

Hebreërs 12:1-2 “...laat ons elke las

van ons afgooi, ook die sonde wat ons

so maklik verstrik, en laat ons die

wedloop wat vir ons voorlê, met

volharding hardloop, die oog gevestig

op Jesus, die Begin en Voleinder van

die geloof.”

Psalm 104:1,8,9,19,20 Psalm 119:1,3

Psalm 33:5,6 Skrifberyming 74

In Hebreërs 12 leer die Here ons hoe

ons die wedloop van die lewe moet

hardloop.

Die dinge wat ons terughou en

keer om die wedloop te voltooi

Ons weet nie wat in die wedloop alles

op ons wag nie, maar ons weet wat die

einddoel is – om die wedloop klaar te

maak en om ewig by God te wees. Die

laste waarna in Hebreërs 12 verwys

word is dinge wat mens terughou,

ekstra gewig wat die wedloop moeilik

maak. Dit is dinge wat ons aandag

aftrek en wat veroorsaak dat ons fokus

op die verkeerde plek is. Behalwe vir

die laste, lees ons ook van die sonde

wat maklik verstrik in Hebreërs 12. Die

sonde wat uit mens se hart kom en

wat lei tot sondige dade, verstrik ons.

Dit draai so styf om ons bene, dat ons

sukkel om te hardloop.

Gooi hierdie dinge af en volhard

om die wedloop te voltooi

Die Here gee vir ons die opdrag om

elke las af te gooi, ook die sonde wat

ons so maklik verstrik. Gooi dit weg.

Kry dit uit jou pad uit. Kry dit uit jou

lewe uit. Stry elke dag teen die sonde.

Verder kry ons die opdrag om te

volhard. Om aan te hou. Om uit te hou.

Al is dit hoe moeilik. Dit vra groot

inspanning van ons. Maar dit is

moontlik om tot die einde toe te

volhard. Ons het ’n groot skare

geloofgetuies rondom ons wat ons

aanmoedig. Hulle getuig van God se

getrouheid en van ’n lewe in geloof.

Ons kan volhard en ons kan die

wedloop voltooi. Ons kan al die laste

afgooi. Hoe doen ons dit? Ons hou

ons oë op Jesus die Begin en

Voleinder van die geloof.

Doen dit deur jou oog op Jesus,

die Begin en Voleinder van die

geloof te hou!

Hy is die Begin van die geloof. Hy is

die Een wat die weg vir ons gebaan

het. Omdat Hy sy wedloop voltooi het,

kan ons ook ons wedloop voltooi. Hy is

die Begin van ons geloof – Hy maak

dit vir ons moontlik om te glo. Hy is die

Voleinder van die geloof – Hy is die

een wat ons geloof vol maak en perfek

maak, wat dit moontlik maak om

hierdie wedloop van ons te voltooi.

Ons kan volhard en die wedloop

voltooi deur ons oë op Jesus te hou.

Mag Hy ons lei om elke las af te gooi,

ook die sonde wat ons so maklik

verstrik – sodat ons die wedloop met

volharding kan hardloop met ons oë op

Hom! Amen.

2012 , Nommer 22 5 5 Augustus 2012

Eredienste

Aanddiens (18:30)

Teks : Hebreërs 9:1-22

Nederlandse Geloofsbelydenis art 21

Psalm 118:1,10 en 13; Psalm 96:1 en

5 ; Psalm 40:3 en 4

DIE LEWE Lê IN DIE BLOED

Wanneer ons werklik nadink oor die

offerdiens van die Israeliete bring dit

beelde na vore wat vir die

hedendaagse mens eerder afstootlik

is. Lees ‘n mens van al die spesifieke

offers wat gebring moes word, dan

was daar baie bloed wat gevloei het.

Maar vir ons om werklik die diepte van

die Evangelie te verstaan moet ons

ons kan vereenselwig met hierdie

offerdiens. Die kern van die offerdiens

en dan ook die Evangelie lê in

Levitikus 17:11. Vir ons om die

Evangelie te verstaan met ons hart en

verstand moet ons hierdie teks se

implikasies eers verstaan.

Hebreërs 9 is geskryf aan lesers wat

die Israelitiese offerdiens verstaan het,

maar ook die wonderlike vervulling in

Christus begin verstaan het. Die

skrywer van Hebreërs beklemtoon dan

in ons teks die tabernakel se

samestelling en wat die simboliek

daarvan was.

(vul die simboliek in die oop

spasies in)

In die Heilige was die

Kandelaar –

Tafel met offerbrode –

In die Allerheiligste was die

Goue wierookaltaar –

Die Ark –

En dan bring die skrywer van Hebreërs

ons na Levitikus 16, die beskrywing

van die Groot Versoendag. ‘n Gewone

mens, die hoëpriester, moes voor die

Here ingaan en versoening doen vir sy

eie en die volk se sonde, omdat sonde

juis skeiding bring tussen ons en God.

Maar dan die ryke Evangelie in die res

van ons teks (vers 11-22). Christus het

die pad oopgemaak vir die gelowiges

om self in die Allerheiligste in te kan

gaan. Ons Here Jesus het die hoogste

prys betaal, sodat ons gewetes deur

Hom skoongemaak is (vers 14 en 22).

Besef ons die werklikheid hiervan. Ons

mag nie meer toelaat dat

skuldgevoelens ons lewens beheer

nie. Ons nuwe lewens word

gekenmerk deur ‘n vashou en leef

saam met die Een wat die volle prys

betaal het. Dit laat ons besef dat ons

oortredings “so ver soos die ooste van

die weste verwyderd is (Psalm 103)”.

Het ons al hierdie groot genade ons

eie gemaak? Het ons al deel gekry

aan die ware lewe in Christus?

2012 , Nommer 22 6 5 Augustus 2012

KONTAKINLIGTING

PREDIKANTE

Dr. Naas Ferreira 012-345 2049

naas@gkrietvallei.co.za

Ds. Werner van den Heever

(082 4121415) werner@gkrietvallei.co.za

Ds. Gerhard van Rhyn 071 6133160,

gerhard@gkrietvallei.co.za

English Service : Rev. Arthur Miskin

(083 657 4980) agmiskin@gmail.com

Jannie Earle ( 012 997 4228 of

083 457 8075)

FRANSE RADIOBEDIENING:

Ds. Eric Kayayan (012 345-3495) Kantoor

Carlien Visser (012 347 1312)

foietvie@absamail.co.za

TOPIA (Toerusting vir predikante in Afrika):

Ds. Johannes Aucamp (072 815 7375)

johannes.aucamp@gmail.com

Ds. Rajesh Kumar (Bediening In Indië)

rajesh_kumarza@yahoo.com

SKRIBA

Hennie Steenkamp

(012-345 5381), (082 783 6130)

Faks (012-345 2365) skriba@gkrietvallei.co.za

KOSTER

Pieter Hoffman (012-345 2249) (082 898 2330)

ORRELIS

Willem Luitingh

(012 807 5952), (082 8400 644)

wluitingh@hotmail.com

KERKKANTOOR

FINANSIËLE AANGELEENTHEDE

Titus Van Aswegen Tel: 012-347 7362

E-pos: gerfriet@absamail.co.za

Faks: 086 537 7392

ATTESTATE EN ADMINISTRATIEWE

AANGELEENTHEDE

Karen de Lange Tel: 012-347 7362

E-pos: admin@gkrietvallei.co.za

Faks: 086 537 7392

Posadres: Posbus 914-1095, Wingatepark,

0153

ELJADA Mariana Steyn

(082 805 8306) eljada@gkrietvallei.co.za

ELJADI

Deleen Kornelius (012-993 4211)

deleenk@gmail.com

Lynelle Steyn (drsweers@gmail.com)

BIBLIOTEEK

Jannie Earle (012 997 4228 of 083 457 8075)

GEELBLADSYE

Trina du Plessis (082 322 5343)

trinaduplessis@gmail.com

DIAKONIE

Johan De Bruin (082 820 6669)

HOPE COMMUNITY CHURCH

Gerrit Kornelius 082 925 9569

PAUL JUNGNICKELHUIS

Rina Steenkamp (012-345 2365)

ELJADA HUIS - DASPOORT

Annatjie van Schalkwyk (012 377 0503/

072 855 8289)

DOMUS JUVENTUS TRUST (REDDERSBURG)

Johan Beumer (083 285 5511)

KONINGSKINDERS

Jacoba Kotzee (012-993 5560)

BERADINGSPAN

Elsie Ferreira (072 449 1982) :

Eferreira@medihelp.co.za

BANKBESONDERHEDE

Gereformeerde Kerk Rietvallei

Absa Menlyn (Takkode: 355 645)

Lopende Rekeningnommer: 3490 144 306

DIAKONIE

Lopende Rekeningnommer: 4051138620

FRANSE RADIOBEDIENING

Reformed Faith and Life; ABSA Menlyn;

Lopende Rekeningnommer: 40-4878 6755

HOPE COMMUNITY CHURCH

King’s Hope Foundation

Lopende Rekeningnommer: 4054747436

DOMUS JUVENTUS TRUST

Lopende Rekeningnommer: 4059 8178 66

JEUG

Sameroeper: Ds. Werner vd Heever (082

4121415) werner@gkrietvallei.co.za

2012 , Nommer 22 7 5 Augustus 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!