04.05.2013 Views

Goddelike Genesing pdf - Ecclesia

Goddelike Genesing pdf - Ecclesia

Goddelike Genesing pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Goddelike Genesing

“Hy is deurboor ter wille van ons oortredinge,

Hy is verbrysel ter wille van ons ongeregtighede,

Op Hom was die straf wat vir ons vrede aanbring,

Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom”.

Teksverse geneem uit 1953 vertaling.

Deur: F.W.C. Neser, M.Sc.

(Jesaja 53:5)

1

Goddelike Genesing

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

e-pos: ekklesia@telkomsa.net

Kantoorure: Maandag,Dinsdag

Donderdag,Vrydag

09:00-12:00

Drukker Jotha Drukkers,

CK95/28940/23

Tel: (012) 46-5964

(083) 453-0969

Nuwe Druk 2006

ISBN 0-9584511-4-1

2

Goddelike Genesing

Goddelike genesing is van God en daarom onveranderlik en ewig, want die Here

sê:

Maleági 3:6;

Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, nie

verteer nie.

Die woord sê verder in:

Exodus 15:26;

en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen

wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan

sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het

nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

Hy is die Ewige: “Ek Is”, sonder ‘n begin en sonder ‘n einde. Wat Hy gister was,

is Hy vandag en sal Hy môre wees en tot in alle ewigheid.

Jesus van Násaret het gekom om die “wil” van die Vader te doen, sien:

Hebreërs 10:7;

Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom - in die boekrol is dit van My geskrywe -

om u wil te doen, o God.

Nou staan dit geskrywe in:

Handelinge 10:38;

met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die

Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en

almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met

Hom was.

Met ander woorde, as ons hierdie twee Skrifte bymekaar sit, dan sien ons dat

Jesus gekom het om die “wil” van God te doen en daardie “wil” was en is (want

God is die Ewige “Ek Is”) om almal te genees wat onder die mag van die duiwel

is.

Ver meer as die helfte van ons Here Jesus se Bediening op aarde was Goddelike

genesing en ons lees in:

Johannes 14:12;

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen;

sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my

Vader gaan.

Dit geld vir almal wat in Hom glo, vir alle tye.

Johannes 20:21;

Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur

het, stuur Ek julle ook.

Hierdie bevel staan vir alle tye en vir alle dissipels.

3

Jesus is nie net geskiedkundig nie.

Die een groot oorsaak van die kragteloosheid van die hedendaagse kerk is dat

Jesus van Násaret vir hulle ‘n geskiedkundige figuur geword het.

Hulle sal wonderlik preek ensovoorts oor die wonderwerke en kragte van Jesus,

maar dit was vir daardie dae, maar nie meer vir vandag nie.

Nee, dank God:

Hebreërs 13:8;

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Wat Hy gister gedoen het, en wat Hy in die toekoms gaan doen, doen Hy ook

vandag! Halleluja! Siek wêreld, sondige wêreld, bevreesde en beangste wêreld,

daar is verlossing vir u vandag net soos daar was vir hulle in die dae van Sy

omwandeling op aarde.

En deur sy wonde.

Ons lees in:

Matthéüs 8:16-17;

16 En toe dit aand geword, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels

besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat

ongesteld was, het Hy gesond gemaak,

17 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy

gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

Met ander woorde, Jesus het self in: - - - -

Jesaja 53:4-5;

4 Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte - dié het

Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God

geslaan en verdruk was.

5 Maar Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons

ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring,

was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

- - - - verklaar deur dit op die siekte van die liggaam toe te pas.

En moet nou nie toelaat dat iemand vir u sê dat dit net vir die tyd van Jesus en sy

apostels bedoel was nie, want dan moet die res van Jesaja 53 ook net vir daardie

tyd bedoel wees en dus ook:

Jesaja 53:6;

6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop;

maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat

neerkom.

As dit dan net vir daardie tyd was, dan was daar vergiffenis van sonde net vir

diegene wat in die tyd van Jesus geleef het. Dan is almal wat nie in daardie tyd

geleef het nie, verlore, so ook vandag, en ons kan met alle vrymoedigheid staan

op “Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte (pyne) - die

het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan

en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van

4

ons ongeregtighede is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was

op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom”.

Dit word vir ons bevestig in:

1 Petrus 2:24;

wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons

die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde

julle genees is.

Lees weer Matthéüs 8:16-17. Dank God, Jesus het gesterwe en opgestaan om

my en u van ons sondes en siektes te genees. Kom, terwyl u hierdie woorde lees

en word gered en genees ooreenkomstig die onfeilbare beloftes van God!

Die mens sal van brood alleen nie lewe nie.

Hierdie woorde het Jesus vir die Satan gesê toe hy Hom in die wildernis versoek

het.

Lees self Matthéüs 4:1-11 en Lukas 4:1-13.

Die mens se liggaam moet leef van brood (voedsel), maar sy siel kan alleen leef

op die Woord van God, anders sterwe hy.

Jesus het vir die Fariseërs gesê:

Matthéüs 22:29;

Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie

ken nie en ook nie die krag van God nie.

Dit is die tragedie van die moderne mens. Sy kop is vol van verstandskennis

maar sy hart is leeg van die Woord van God. Sy hart vergaan van die honger en

dus sy liggaam van siekte.

Dawid sê in:

Psalm 103:2-3;

2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

3 Wat al jou ongeregtighede vergewe, wat al jou krankhede genees,

Word deurdring met die Woord van God;

Leer sy beloftes ken, glo dit;

Sy gebooie en doen dit;

Sy wonderwerke en bewonder dit en prys Hom daarvoor;

Sy Almag en aanbid Hom.

Kyk of sy lewe nie deur u sal begin vloei nie en daar genesing vir u gebeente sal

kom nie.

O! Jesus staan by die deur van u hart en klop en vra om ingelaat te word sodat

Hy met u kan maaltyd hou en u met Hom - u redding, verlossing en genesing en

doping in die Heilige Gees met u kan vier en u kan gereed maak om Hom as

Spoedig Komende Koning te kan ontmoet.

Openbaring 3:20-21;

5

20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die

deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou,

en hy met My.

21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon,

soos Ek ook oorwin het en saam met die Vader op sy troon gaan sit het.

Die bevel en die belofte.

In sy opstandingsheerlikheid en krag het Jesus vir sy dissipels van alle tye gesê:

Matthéüs 28:19-20;

19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die

Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om

alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.

Amen.

Let wel:

Jesus het gesê: “met julle tot aan die voleinding van die wêreld”.

Die dissipels wat op daardie gedenkwaardige dag teenwoordig was, is almal nie

baie jare daarna dood, en tog sê die Meester:

“- - - - tot aan die voleinding van die wêreld”.

Dit het nog nie aangebreek nie, dus staan die bevel en die belofte ook nog

vandag. Met ander woorde, Hy is nog met elkeen wat gaan om sy bevel uit te

voer, ook vandag.

Markus stel dit so:

Markus 16:19-20;

19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel

en het gaan sit aan die regterhand van God.

20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk

en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.

As die Here toe saamgewerk het, dan ook vandag, want die belofte is:

“Ek is met julle tot aan die voleinding van die wêreld”.

Nêrens staan dit in die Skrif dat die wonders en die tekens ooit sou ophou voor

die voleinding van die wêreld nie. Dit staan ook nie geskryf dat die tekens en

wonders bedoel was om aan te hou net totdat die Nuwe Testament voltooi is nie.

Dit is menslike vertolkings wat ontstaan uit ongeloof en nie uit die Woord nie.

Tekens en wonders Skriftuurlik.

Ons Here Jesus het Homself op die tekens en wonders beroep as bewys van sy

Goddelike sending toe ‘n sondige en owerspelige geslag nie in Hom wou glo nie.

Lees Johannes 14:11;

Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My

terwille van die werke self.

6

Natuurlik het die wat nie wou glo nie, nie geglo nie; al het Jesus ook die tekens

gedoen. Selfs die opwekking van Lasarus kon sommige nie oortuig nie en hulle

wou Jesus en Lasarus doodmaak om die bewyse te vernietig.

Sien Johannes 11:43-46;

43 En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ‘n groot stem geroep: Lasarus, kom

uit!

44 En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke

gebind, en sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Jesus sê vir hulle: Maak

hom los en laat hom gaan.

45 EN baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van

wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.

46 Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat

Jesus gedoen het.

Johannes 12:9-11;

9 En ‘n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het

gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien,

wat Hy uit die dode opgewek het.

10 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,

11 omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.

Selfs die opstanding van Jesus kon baie nie oortuig nie (en hulle was die

kerkleiers van daardie dae) en so is dit ook nog vandag; die wat nie wil oortuig

word nie sal nie oortuig word nie al sal iemand ook terugkom van uit die dode.

Sien:

Lukas 16:31;

Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal

hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

In die dae van die Eerste Kerk het die dissipels gebid vir tekens en wonders toe

hulle baie vervolging van die Priesters, Skrifgeleerdes en Fariseërs van daardie

dae moes verduur.

Luister hierna:

Handelinge 4:29-30;

29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met

alle vrymoedigheid u woord te spreek,

30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die

Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

Paulus skryf aan die Romeine soos volg:

Romeine 15:18-19;

18 Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my

gewerk het nie - om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord

en daad,

7

19 deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van

God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van

Jerusalem af en rondom tot by Illírikum;

As Paulus en die ander Apostels en ons Here Jesus self, deur middel van tekens

en wonders die heiden tot gehoorsaamheid gebring het, het ons dit nie ook

vandag nodig nie? As ons die tekens en wonders van die Eerste Kerk volgehou

het, sou ons nie met die skande vandag gesit het waar die Kommunisme in ‘n

halfeeu meer bekeerlinge gemaak het as die Christendom na twintig eeue.

Elke herlewing lewer sy tekens en wonders.

As mens die geskiedenis van die Christelike Kerk nagaan, sal u sien dat elke

herlewing sy tekens en wonders oplewer. Dit kan ook nie anders wees nie, want

dit is die Heilige Gees wat van Jesus getuig en Sy Bloed en Sy Wonde eer.

Jesus sê in: - - - -

Matthéüs 12:28;

28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die

koninkryk van God by julle gekom.

- - - - - dat Hy self deur die Gees van God die duiwels uitdryf. Dit was juis die

lastering teen die Heilige Gees deur die Fariseërs, wat Jesus gesê het, wat die

onvergeeflike sonde is. Vandag maak ons nog die siekes gesond en dryf duiwels

uit deur die krag van dieselfde Heilige Gees. Laat diegene wat sê dat dit

duiwelswerk is, gewaarsku wees dat hulle nie dieselfde onvergeeflike sonde

begaan soos die Fariseërs nie.

Dit is baie kenmerkend, dwarsdeur die hele geskiedenis, dat, net wanneer die

Gees van God verflou, dan verdwyn Goddelike Genesing ook. Maar, waar God

se kinders heilige, ernstige lewens lei en die Heilige Gees sy regmatige plek kry,

daar is die tekens en die wonders. Prys die Heer. En waar daar tekens en

wonders is, daar is ook altyd die weerstand en vervolging van die Fariseërs en

die Skrifgeleerdes wat buite staan. Hulle ken nie die Skrifte en ook nie die krag

van God nie.

Mislukkings.

Daar is baie mense wat nie deur dokters genees word nie. Waarom dank u dan

nie die dokters af nie? Nee, want daar is baie wat deur dokters gehelp word.

Waarom gee u nie diegene wat vir Goddelike Genesing staan dieselfde

gesindheid nie?

Waarom verwerp u dit as gevolg van die skynbare mislukkings?

Wat van die getuienisse van genesing onder die Hand van God?

Kom met die skrywer van hierdie artikel by onderstaande adres in aanraking en

hy sal u self na baie neem wat wonderbaarlik deur God genees is. Dit is die

massa ongeloof, wat vloei uit die prediking van ongeloof, wat die Krag van God

teëwerk.

8

Ongeloof beperk God.

Sien:

Psalm 78:41;

41 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.

Jesus self kon geen kragtige dade doen in Násaret weens die ongeloof van die

mense nie.

Matthéüs 13:58;

58 En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.

Dr. Andrew Murray en Goddelike Genesing.

Toe Dr. Andrew Murray gevra was wat hy van Goddelike Genesing dink en of hy

nie dink dat die Here die dokters en hulle medisyne vandag gebruik om die

genesing te doen nie, was dit sy antwoord:

“Die dokters doen ook goeie werk en, siende dat God die Bron is van alles wat

goed is, moet die goed wat hulle doen van God kom. Maar wat my betref, sal ek

liewer direk by die Bron wil gaan drink as ek dors is, as om na een van die

stroompies te gaan”.

Ons dank die Here ook vir die goeie dokters, want anders, wat sou van die

ongelowige mense en van die ongelowige “gelowiges” geword het?

Ekstase.

Alles wat heerlik, kragtig en bevrydend is, bring ekstase. Die kindjie wat ‘n mooi

groot present ontvang, toon dit met uiterlike tekens van blydskap. Die persoon

wat ‘n wonderlike goeie tyding ontvang, spring dikwels van blydskap op,

manifesteer dit op een of ander uiterlike manier. Die verlamde man by die skone

poort het geloop en gespring en God geprys toe hy sy genesing ontvang het.

Handelinge 3:8;

8 En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die

tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.

As die prediker vervuld is met die Heilige Gees soos predikers behoort te wees, -

Handelinge 1:4-8;

4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van

Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader,

wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige

Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie

tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?

7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te

weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en

julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en

Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

9

Lukas 24:49;

En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die

stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

- - - - - dan sal die blye boodskap van Redding, Verlossing, Genesing, Doping in

die Heilige Gees, die Wederkoms, emosioneel beïndruk. Ek kan nie sien hoedat

‘n persoon so ‘n groot boodskap op ‘n koue, beredeneerde wyse kan bring nie.

Dit is ‘n goeie boodskap van blye tyding, sondaarvriend, kyk op na Jesus en word

gered.

Raak aan die soom van Sy kleed krankevriend, en word genees en prys die Heer

met blye galme.

Lukas 8:43-44;

43 En ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar

hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond

gemaak kon word nie,

44 het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar

bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.

Ps. 150:1-6;

1 HALLELUJA! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!

2 Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!

3 Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;

4 loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;

5 loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!

6 Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

U genesing is net so die “wil” van God as u heiligmaking. Waar daar waarlik op

Goddelike Genesing gestaan word in ‘n beweging, dan sal daar ook gestaan word

op heiligmaking.

Jesus het vir die ou arme melaatse gesê: “Ek wil, word gereinig”.

Sien Lukas 5:12-13;

12 EN terwyl Hy in een van die stede was, kom daar ‘n man vol van

melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom

en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.

13 Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word

gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.

Nêrens sien ons dat Hy ooit geweier het nie.

Prys die Heer!

So ook sê Paulus aan die Hebreërs:

Hebreërs 12:14;

Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die

Here sal sien nie.

1 Thessalonicense 4:3;

Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou

van die hoerery;

10

Jy sal ‘n boom aan sy vrugte ken, en u sal vind dat Goddelike Genesing mense

voortbring wat na aan Jesus leef. As dit van die duiwel was, sou dit net die

teenoorgestelde uitwerking gehad het.

Amen.

Die skrywer van hierdie artikel nooi u vriendelik, in alle beskeidenheid,

om hom te vra om u na mense te neem wat Goddelike Genesing

ontvang het en self hulle getuienisse te hoor.

U kan hom gerus kontak.

11

DIE BOODSKAP VAN F.W.C. NESER—

“ISRAEL MOET HOOR!”

lets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen vanaf sy

kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf Génesis tot

Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes. siektes

en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en aan

hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van hierdie rampe

sou wees nie; en ook dat Israel as God se demonstrasievolk op aarde is. Dit was

egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die Jood of die Kerk is of kan wees nie.

Mettertyd het hy tot sy groot blydskap ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en

Germaanse nasies inderdaad die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n ware

wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus die Christus

as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra moet

word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het F.W.C. Neser die

onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar van Ekklesia.

No Titel

1 Afrikaner -- ‘n Unieke Volk Die

2* Apartheid -- Wat sê die Skrif?

3 Bedienings Gawes van Jesus Christus Die

4* Berou en Bekering

5 Bybel is Waar Die

6 Christendom en Kommunisme

7 Daniël Die Boek van

8* Daniël se 70ste Week

9 Derde dag Opstanding van Christus Die

10* Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

12

No Titel

13 Doop Die

14 Doop, in watter Naam (pamflet) Die

15 Doping in die Heilige Gees Die

16 Duiwel Die

17 Engele

18 Fondament van die Christelike Lewe Die

19 Gawes van die Heilige Gees Die

20 God se Groot Week

21 Goddelike Genesing

22 Hoséa Die Profeet

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Israelwaarheid - TV Onderhoud Die

25 Jesaja Die Boek van

26* Jesus van Nasaret

27 Joël Die Boek van

28 Kerk van Rome en die Mens van Sonde Die

29* Kruis Die

30 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

31* Moses en sy Kusitiese Vrou

32 Na die Dood – Wat Dan?

33* Name van God Die

34 Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde Die

35* Openbaring Die Boek van

36* Openbaringe van die Apostel Paulus Die

37* Opraping Die

38 Romeine Die Brief aan die

39* Rusland in Profesie

40 Sabbat Die

41* Slang van Génesis 3 Die

42 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

43 Terwille van die Engele

44 Twee Sade op Aarde. Die

45 Tyd van die Heiden Die

46* Verdrukking Die Groot

47* Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1 Die

48* Verlore Tien Stamme van Israel Die

49 Vrug van die Heilige Gees Die

50 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

13

No Titel

51* Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

52 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

53 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

54 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

55 Wederkoms van Christus Die

56 Wet van die Here Die

57 Wie is my Naaste?

58 Wie was Hulle?

59 Wêreldgebeure

No Titel

1 After Death What Then?

2 Apartheid – What saith the Scripture?

3 Bible Predicts "Atomic War" The

4 Book of Joel The

5 Book of Revelation The

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 Great Tribulation The

9 Israel Truth T.V. Interview The

10 Lost Ten Tribes Of Israel Part 1 The

11 Lost Ten Tribes of Israel The

12 New Heavens and the New Earth The

13 Origin, History and Destiny of the White Race The

14 Past the Present and the Future in the Light of Scripture The

15 Rapture The

16 Russia in Prophecy

17 Serpent of Genesis 3 The

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

14

Ander boeke beskikbaar (ander Skrywers).

Die Vrou in Onderdanigheid / Pta. Ekklesia Susters

Wat is Regtig sy naam / J.A.Dreyer

The Bible Distinction between the House of Israel / House of Juda /

F.F.Bosworth

F.W.C. Neser, 'n Lewensbeskrywing / R. Searle

Pilate's Report to Caesar of the Arrest, Trail and Crucifixion of Jesus

The Master Plan / Revd. Albion S. Gaunt

Pastor F.W.C.Neser, A Biography (abridged) / R. Searle

Wêreldgebeure

Sedert 1986 publiseer F.WC. Neser ‘n kwartaallikse oorsig in Afrikaans onder die

titel “Wêreldgebeure” en in Engels onder die titel “World Affairs”.

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en ‘n videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

15

BYLAE

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!