Heilige Gees

Heilige Gees Heilige Gees

04.05.2013 Views

1 A L B E R TO N L S EW EN ENTRUM GEMEENTE BYBELSTUDIE VIR SELGROEPE DIE HEILIGE GEES IN DIE CHRISTEN SE LEWE INHOUDSOPGAWE Lesing 1: Die Heilige Gees in die Bybel Lesing 2: Die doping of vervulling met die Heilige Gees Lesing 3: Die doel met die doping in die Heilige Gees Lesing 4: Hoe om met die Gees vervul te word Lesing 5: Diensbaarheid aan die Gees Lesing 6: Die gawes van die Gees In dié Woordskool, wat vir selfstudie in u binnekamer bedoel is, wil ons u voorstel aan die Heilige Gees - wie Hy is, en wat sy werk in die gelowige se lewe is. Die studiestuk wil die Bybel ontsluit sodat u sal verstaan hoekom die Here sy Gees in ons lewe uitstort - om ons sy medewerkers te maak. Dit wil ook vir u insig gee in die wonderlike gawes wat Hy aan sy kinders belowe. Want dit is deur sy Gees dat ons heeltemal vervul word met die volheid van God (Efesiërs 3:19). Ons gebed is dat die Gees Jesus Christus aan u sal voorstel terwyl u die Bybel bestudeer aan die hand van dié Woordskool. Belangrik is dat u elke Skrifgedeelte naslaan, en moeite doen om by die Bybelse boodskap uit te kom.

1

A

L B E R TO N

L S

EW EN ENTRUM

GEMEENTE

BYBELSTUDIE VIR SELGROEPE

DIE HEILIGE GEES IN DIE CHRISTEN SE LEWE

INHOUDSOPGAWE

Lesing 1: Die Heilige Gees in die Bybel

Lesing 2: Die doping of vervulling met die Heilige Gees

Lesing 3: Die doel met die doping in die Heilige Gees

Lesing 4: Hoe om met die Gees vervul te word

Lesing 5: Diensbaarheid aan die Gees

Lesing 6: Die gawes van die Gees

In dié Woordskool, wat vir selfstudie in u binnekamer bedoel is, wil ons u voorstel aan die

Heilige Gees - wie Hy is, en wat sy werk in die gelowige se lewe is. Die studiestuk wil die Bybel

ontsluit sodat u sal verstaan hoekom die Here sy Gees in ons lewe uitstort - om ons sy

medewerkers te maak. Dit wil ook vir u insig gee in die wonderlike gawes wat Hy aan sy kinders

belowe. Want dit is deur sy Gees dat ons heeltemal vervul word met die volheid van God

(Efesiërs 3:19). Ons gebed is dat die Gees Jesus Christus aan u sal voorstel terwyl u die Bybel

bestudeer aan die hand van dié Woordskool. Belangrik is dat u elke Skrifgedeelte naslaan, en

moeite doen om by die Bybelse boodskap uit te kom.

2

Lesing 1: Die Heilige Gees in die Bybel

Voltooi asseblief al die vrae so volledig moontlik - op dié wyse sal die Woordskool vir u die meeste

nut hê.

Het die Heilige Gees op dieselfde wyse in gelowiges gewerk en gewoon in die tyd van die Ou

Testament as in die tyd waarin ons vandag leef? Hoekom sê u so?

Die Ou en Nuwe Testament verwys telkemale na die Heilige Gees. Daar is ook 'n duidelike verskil

in hoe die twee Testamente oor die Gees praat, en 'n duidelike ontwikkeling te bespeur. Ons gaan

eers hierna kyk.

1 In die Ou Testament word die Heilige Gees meer as 'n goddelike krag en invloed geken,

terwyl in die Nuwe Testament Hy as 'n spesifieke goddelike Persoon geken en ondervind

word.

2 In die Ou Testament het die Heilige Gees periodiek op 'n kenbare wyse oor sekere persone

gekom om deur hulle 'n openbaring aan die volk of man van die Here oor te dra, waarna

die Gees weer die persoon verlaat het. In die Nuwe Testament kom Hy op kenbare wyse in

die lwens van mense en word Hy nou voortdurend geken en ondervind. Die Here stort sy

Gees nou in mense se lewens uit om in hul lewe teenwoordig te wees.

Waarna verwys die nuwe verbond in Jeremia 31:31-37, en wat is die besondere van die inhou van

die nuwe verbond (kyk veral na vers 33)?

3 In die Ou Testament het die Heilige Gees net oor sekere uitverkore werktuie met die oog

op 'n besondere dienswerk vaardig geword, soos om te profeteer. In die Nuwe Testament

kom Hy om alle gelowiges te vul en toe te rus.

4 Die openbaring van die Heilige Gees in die Ou Testament was veral met die doel om God,

sy wil, leiding, heil en oordeel na mense te bring. In die Nuwe Testament kom die Gees

om Jesus Christus te verheerlik en voor te hou as Redder, om die gemeente van gelowiges

op te bou en die koninkryk uit te brei, spesifiek deur die gawes van die Gees.

Wat leer Romeine 8:13-17 oor die werking en doel van die Gees in 'n gelowige se lewe?

Waarteenoor word dit gestel?

Opsommend: die bedeling van die Kerk, wat begin met die uitstorting van die Gees op

Pinksterdag, sien 'n nuwe taak wat aan die Heilige Gees toegeskryf word, wat met die volgende

begrippe in die Nuwe Testament saam gevat word - die doping of vervulling met die Heilige Gees,

en die gawes van die Gees. Deur die vervulling met die Gees kom woon die HERE in al sy

heerlikheid in die gelowige se lewe, en die sy gawes word die gelowige 'n gawe aan medegelowiges

en die wêreld om die genade en liefde van God te demonstreer.

3

4

Lesing 2: Die doping of vervulling met die Heilige Gees

Wat, meen u, is die verskil tussen die doping met die Gees, en die vervulling met die Gees?

Is daar 'n verskil tussen die ervaring van wedergeboorte, en die doping met die Gees? Vergelyk

Handelinge 19:1-6 voordat u antwoord.

Enkele opmerkings oor die onderskeid wat die Nuwe Testament tussen die ervaring van

wedergeboorte en dié van die doping met die Gees tref, is nodig. Lees dit aandagtig deur. Stem u

saam hiermee?

1 Wedergeboorte veronderstel 'n geestelike geboorte naas 'n natuurlike geboorte. Die

wedergeboorte gebeur volgens Johannes 3:5 deur die Gees.

Wat bedoel Johannes 3:5 met "uit water en Gees"?

En Johannes 3:8 - hoekom word dié wat uit die Gees gebore is, met die wind vergelyk?

2 Bekering en wedergeboorte gaan hand aand hand. Deur dié besluit van die mens -

bekering, volg 'n daad van God se gees - wedergeboorte. En dit gee aan die mens, volgens

Johannes 1:12, die reg om 'n kind van God genoem te word.

3 By die ervaring van die vervulling met die Gees ontvang die gelowige krag om 'n getuie vir

Jesus Christus te wees - lees gerus Handelinge 1:8. Dit beteken nie dat die gelowige nie

reeds mag getuig na sy wedergeboorte en voor sy doping met die Gees nie. Dit beteken

slegs dat jy die volheid eers met die doping met die Gees ontvang.

Wat leer Efesiërs 1:23 en 3:19 asook Kolossense 2:10 oor die volheid van God?

4 Wedergeboorte is 'n stille, verborge werking in die hart van die mens. Die toeskouers het

nie gesien hoe die Gees die misdadiger aan die kruis langs Jesus wederbaar nie (Lukas

23:40-43), of hoe die Gees die hart van die sondige vrou verander het nie (Lukas 7:36-50).

Selfs filippus kon nie agterkom dat die Gees reeds van die heidense hofdienaar 'n gelowige

navolger van Jesus gemaak het nie - daarom eis hy dat die man eers openlik sy geloof moet

bely (Handelinge 8:36-37). Met die vervulling met die Gees is dit gans anders. Op

Pinksterdag kon die toeskouers dadelik sien en hoor dat die dissipels met die Gees vervul

is. So aanskoulik was die gebeurtenis dat duisende mense saam gestroom en verbaas

gestaan het. En Petrus se verklaring? sien Handelinge 2:33. Die aanskoulike en duidelike

waarneembare element in die doping met die Gees blyk ook uit die reaksie van Simon die

towenaar in Handelinge 8:17-19, asook Petrus en sy vriende se gevolgtrekking oort wat

met Kornelius gebeur het, volgens Handelinge 10:44-47.

5 Die wedergeboorte kom reeds in die Ou Testament voor, anders sou niemand in dié tyd

salig kon word en in 'n persoonlike verhouding met die HERE staan nie. Die term word nie

gebruik nie. Die vervulling met die Gees is 'n ondervinding wat eers as 'n belofte van Jesus

op Pinksterdag kom, en daarna telkemale voorkom. Petrus verklaar dan ook dat hier

gebeur wat Joël (2:28-32) belowe het. Vergelyk ook Johannes se opmerking in Johannes

7:37-39.

Wat bedoel Jesus met die vergelyking van die Gees met water wat 'n mens se dors les? Na watter

dors, dink u, word hier verwys?

6 Dit is duidelik uit die vertelling oor die gelowiges in die Nuwe testament dat hulle eers tot

bekering gekom het / wederbaar is deur die Gees (wat twee kante van een muntstuk is),

en daarna 'n duidelik onderskeie ervaring gehad het waar hulle met die Gees vervul is.

Vergelyk hiervoor Johannes 13:10 met Handelinge 2:1-4, asook Handelinge 8:5-17 en 19:1-

2.

7 Beteken dit dat die gelowige by sy bekering 'n mate van die Gees ontvang, en by die

doping met die Gees die volheid? Ons kan nooit aan die Heilige Gees in terme van

hoeveelheid dink soos aan vloeistof nie. Hy is 'n Persoon, God self. Die volheid van die

Gees, of om vervul te wees met die Gees sien op die toestand van die mens se kant, om in

daardie verhouding tot God te kom waar jy ten volle deur die Gees beheer te word. Dit is

om 'n Geesvervulde lewe te lei - waar jy sy stem elke oomblik kan hoor, waar jy sy leiding

volg. Die Bybel sê dat die Gees as 'n gawe aan die mens gegee is, maar eintlik is dit ons

wat deur die Gees in besit geneem word. Ons staan onder sy kontrole en beheer, soos wat

ons onsself aan die persoon wat ons doop oorgee ( die Gees is die gawe en Doper). Ons

ontvang die Gees juis omdat Hy ons in ontvangs neem.

8 Die doping in die Gees is te onderskei van wedergeboorte, maar kan nooit daarvan geskei

word nie. Ons kan die HERE en sy werk in ons lewe nooit in ons logiese redenasies vasvang

nie, omdat Hy die soewereine God is wat doen wat Hy wil, en soos Hy wil. Hy openbaar

Hom aan elkeen van ons op 'n unieke wyse.

9 Aan die einde van die dag is die vraag of 'n mens met die Gees vervul is, nie of die persoon

'n besondere ervaring met die Gees of openbaring van God ontvang het nie, maar of hy

onder beheer van die Gees lewe. Die definisie van 'n Geesvervulde mens is nie iemand

wat in tale praat of profeteer nie, maar iemand wat die leiding van die Gees met sy/haar

5

lewe volg, en op dié wyse 'n gawe aan ander mense word.

10 Die terme vervulling en doping met die Gees word as wisselterme gebruik - dit verwys na

dieselfde ervaring.

Is u wederbaar deur die Gees? Hoekom sê u so?

Is u gedoop in, of vervul met die Heilige Gees? Hoekom sê u so?

Kritiek word soms teen Pinkstermense ingebring, en met reg, dat die doping in die Gees bloot

gesien en gesoek word as 'n bepaalde soort geestesbelewing, iets subjektiefs sonder behoorlike

objektiewe begronding. So iets lei maklik tot geestesdrywery, outo-suggestie en onbegronde

emosionele uitbarstings. Daarenteen moet gelowiges verstaan dat die doping in die Gees nie slegs

'n ondervinding is nie, maar dat dit gebaseer is op wat in die Bybel gesê word hieroor. Dit is 'n

Bybelse ondervinding gevul met die volgende inhoud: die HERE openbaar Homself aan die mens.

Die ervaring (of ervarings) wat 'n mens het wanneer die Gees oor hom/haar vaardig word, is die

gevolg en uitwerking van die ontmoeting met Jesus Christus as die Doper met die Gees. Die mens

is nie die subjek nie; Jesus is die Subjek wat handel. En daarom is dit nie bloot 'n subjektiewe

ervaring nie, maar 'n ervaring gebaseer in die besluit van God om Hom aan die individu te

openbaar. Jy word bewus van God, met Hom het jy te doen en van Hom ontvang jy die besondere

seën. Die doping in die Gees bestaan uit 'n ontmoeting tussen God en mens.

Met doping in die Heilige Gees word in die Nuwe Testament bedoel:

< onderdompeling in die krag van die Gees, wat krag aan die mens meedeel, met die

spesifieke doel om so te leef dat die mens se lewe 'n getuienis is

< dat die mens onder beheer van die Gees kom, tot so 'n mate dat die Gees beheer van die

mens se hele lewe, selfs sy intellek kan oorneem, en waaruit voortvloei dat die mens in

bewustheid van die teenwoordigheid van God in sy lewe voortleef, om telken homself

onder die beheer en leiding van die Gees te stel

< dat Jesus Christus aan die mens op 'n unieke en individuele wyse openbaar word

< die genadedaad wat gebaseer is op Handelinge 1:5 en 8 waardeur God Homself op 'n

persoonlike, onmiddellike en blywende wyse aan die gelowige openbaar, deurdat Hy die

mens onder die beheer en in die volheid van die Gees stel. Hierdeur word die gelowige op

'n besondere wyse bewus gemaak van die verheerlikte Christus in sy lewe. Dit het tot

gevolg dat die mens toegerus word om 'n lewe te lei waarin hy/sy 'n groter getuie vir

Christus kan wees en ook 'n voller dimensie van aanbidding kan beoefen.

6

7

Lesing 3: Die doel met die doping in die Heilige Gees

"Laat ek dit reguit en duidelik stell dat ek meen dit is 'n dwaalleer om na die volgende as

manifestasies van die Heilige Gees te verwys - om te skud of te bewe, of hoendervleis te kry, of te

val of te ween, of te dans of te skree, of hande te klap en soortgelyke aksies. Dit is suiwer

menslike reaksies. Dit mag reaksies wees op die krag van die openbaring van die Heilige Gees.

Maar dit kan ook maklik struikelblikke word sodat mense nie die egte ervaring van die doping in

die Gees deelagtig word nie. Daar is gans en al te veel Christene wat tevrede is met emosionele

reaksies en nie groei in genade om kanale van God se liefde aan die mense in hul wêreld te word

nie. Die Heilige Gees wil jou vul met die volheid van God sodat jy 'n kanaal kan wees waardeur die

Gees sy geskenke aan mense kan gee - aan gelowiges en ongelowiges." Past Dawid du Plessis

Wat, meen u, bedoel Paulus met die woorde in 1 Korintiërs 14:26: "Sorg dat alles tot opbou van

die gemeente verloop?" En wat is u bydrae daarin?

Dit is belangrik dat ons baie goed sal verstaan hoekom die Here sy Gees in ons lewe uitstort, sodat

ons ook hierin sy medewerkers kan word. Dit gebeur nie sodat die gelowige 'n goeie tyd kan hê

nie, maar vir ten minste vyf belangrike redes:

1 Die eerste en belangrikste doel hoekom die Gees gekom het, is om Jesus op te tel en te

verheerlik, sodat ons Hom sal sien vir wie Hy is

Wat is die werk van die Heilige Gees, volgens Jesus se woorde in Johannes 14:18, 23, 25-26?

2 'n Tweede rede hoekom die Gees uitgestort word, is om ons toe te rus met gawes om uit

te deel aan ander mense. Dit is 'n toerusting met die oog op 'n kragtiger bediening, wat vir

elke gelowige belowe word. Daar bestaan 'n verskeidenheid van Geestesgawes wat verskil

van persoon tot persoon sodat ons as gelowiges ons afhanklikheid van mekaar sal begryp,

maar sodat ons ook elkeen in ooreenstemming met ons temperament en omstandighede

die werk van Christus kan doen.

Het u al gevoel: ek het te min krag om die wêreld waarin ek leef effektief vir die Here te wen? Het

dié gevoel van u dalk te doen met wat tot dusver oor die vervulling met die Gees gesê is? In

watter sin?

Wat bedoel Paulus met die beeld van gelowiges as 'n liggaam wat uit verskillende dele bestaan,

volgens 1 Korintiërs 12:12-31?

3 Die Geestegawes is nie slegs bedoel om gelowiges toe te rus sodat hulle in hul daaglikse

lewenstyl 'n verandering teweeg bring nie, maar dit help ook mee om die ongelowiges tot

oortuiging van die evangeliese waarheid te bring. Wanneer Geestesgawes die

verkondiging van die evangelie vergesel, bevestig dit die waarheid daarvan deur tekens en

wonders. Kyk wat sê Paulus hieroor in Romeine 15:18-19. Dit gebeur egter nie net in die

erediens dat die evangelie verkondig word nie. Die Here het ons geroep om dit met die

manier waarop ons lewe te doen. En daarvoor rus Hy ons ook toe met gawes sodat ons

die regte woord, onderskeiding, teken of mag sal hê om die ongelowige te oortuig van die

waarheid van die goeie nuus.

4 Die Geestesgawes is ook gegee met die oog op verkwikkende aanbidding. Deur die Gees

word Jesus Christus in die erediens teenwoordig gestel, sodat gelowiges in sy

teenwoordigheid nuwe krag en moed kry. Die gawes van die Gees is 'n uitstraling van die

teenwoordigheid van God. Wanneer die gemeente met 'n gawe bedien word, kom die

Here naby aan die gemeente, is sy Gees in hul middel. En net so in die binnekamer of in

die gelowige se daaglikse lewenswandel - hy/sy word deur die gawes van die Gees versterk

en bemoedig , en wanneer iemand anders met 'n gawe bedien word, beteken dit ook vir

die persoon wat instrument van die Gees is, baie. Die teenwoordigheid van die Gees word

nie slegs in die manifestasie van gawes openbaar nie. Die Here openbaar Hom ook aan

mense in die stilte, direk in die hart

Hoekom word die Gees die Trooster of Voorspraak genoem in Johannes 14:16 en 26 asook 15:26

en 16:7? Wat is die Gees as Voorspraak se take, volgens dié gedeeltes?

5 Die Gees word ook na ons gestuur, en gee aan ons geskenke, met die oog op die behoefte

van die mens. God se erbarmende liefde kenmerk al sy werke in mense se lewens. Mense

is vir die Here belangrik, en daarom het Hy sy Seun na ons wêreld gestuur, en stuur Hy

vandag sy Gees.

Wat is die nut van die gawes en tekens wat in 1 Korintiërs 12:8-10 en Markus 16:17-18 genoem

word in ons stukkende, sterwende wêreld?

DIE GAWES IS DIE LIEFDE-VAN-GOD IN AKSIE.

8

Noudat u verstaan hoekom die gawes van die Gees gegee is - om van ons beter slawe van Jesus

Christus te maak, sodat ons met ons lewenswyse die evangelie sal demonstreer, deur ons

doelbewus te onderwerp aan die leiding en beheer van die Gees - kan die volgende vraag gestel

word: hoe word ek met die Gees vervul?

Sien u kans daarvoor - om die beheer van u lewe aan die Here te oorhandig, om volgens Matteus

16:24-26 te sterwe sodat Hy in en deur u kan lewe?

9

10

Lesing 4: Hoe om met die Heilige Gees vervul te word

Elke Christen behoort sy verstand en hart met die waarhede van die vervulling met die Gees te vul,

want dit is deur sy Gees dat die Here in al sy volheid in ons woon (sien Efesiërs 3:19). Tog is die

belangrikste nog om met die Gees vervul te word en 'n Geesvervulde lewe te lei. Wanneer jy

eenmaal die Pinksterondervinding self deelagtig geword het, kan jy soos die Samaritane van ouds

(in Johannes 4:42) verklaar dat jy nie meer op die ondervinding van ander hoef te bou nie, maar

self weet dat alles so is. Dan sal jy self 'n lewende getuie wees dat die vervulling met die Gees,

soos in die Bybel beskryf, ook vir die gelowige van die moderne dag is.

Die Pinksterbeweging, wat aan die begin van die twintigste eeu ontstaan het, het sy bestaan te

danke aan dié waarheid wat herontdek is: dat die Here nie die uitstorting van sy Gees slegs tot

Pinksterdag of die vroegste CHristelike gemeente beperk het nie, maar vir al sy kinders deur alle

eeue bedoel het. Die A.G.S. van S.A. is deel van die Pinksterbeweging, omdat ons sien dat die

Here die belofte van Handelinge 2:38-39 ook in ons lewens waar maak.

Hoekom, meen u, leer baie kerke dat die uitstorting van die Gees slegs beperk was tot die eerste

eeu na Christus?

Die vraag wat gestel word, is: Hoe word 'n mens met die Heilige Gees vervul?

Dit is heeltemal onmoontlik om die Pinksterwonder te deurgrond of die misterie ten volle in die

taal van mense te omskryf. Daarom is dit nie die regte vraag as daar gesoek word na 'n metode

nie. Die vervulling met die Gees is NIE die resultaat van iets wat ons doen nie, van ons metode of

handelswysen. Dit is GOD, en Hy alleen wat met die Gees doop soos wat Hy wil, wie Hy wil en

wanneer Hy wil.

Daarmee saam moet 'n mens altyd sê: ons glo op grond van wat Hy in sy Woord sê dat die Here

begerig is om almal wat in Hom glo en van harte daarvoor bid, met sy Gees te vul. Verder glo ons

ook dat die Here die mens nie ten spyte van homself met die Gees vul nie, met ander woorde dat

Hy nie die mens as 'n willose instrument in sy hand beskou nie. Ons is eerder medewerkers van

die Here, wat beteken dat daar van ons kant toenadering moet wees voordat die Here sy Gees in

ons uitstort. Hy dring Homself nie aan mense op nie.

Wat beteken 1 Korintiërs 3:9 wat sê dat ons medewerkers van God is, in terme van die vervulling

met die Gees?

Dié toenadering van die mens se kant kan nie as 'n vaste vorm voorgeskryf word nie, omdat elkeen

van ons uniek is - ons temperament, geaardheid, sosiale en persoonlike omstandighede verskil te

veel. Die voorwaarde vir dié toenadering is: om in Gees en waarheid te aanbid (vergelyk Johannes

4:23-24). Die inkleding van die voorwaarde in individue se lewe sal uniek en baie intiem wees.

Deur 'n vaste vorm voor te skryf van hoe 'n mens met die Gees vervul word, veroorsaak dat mense

gelei word om dinge te doen wat vreemd aan hul temperament mag wees, wat agterna tot

vertwyfeling aanleiding mag gee. Die voorskrif van vaste vorms mag selfs ontaard in 'n kultus

waardeur 'n substituut van die werklike op meganiese wyse verkry word. Ons wil veel eerder die

ruimte laat dat elke mens op sy unieke wyse by die Here uitkom.

Wat is die implikasie hiervan vir die erediens: dat daar nie vir gelowiges voorgesê word HOE hulle

die Here moet aanbid nie (deur byvoorbeeld hande te klap, te lag of te dans), maar eerder hulle

aan te moedig OM die Here te aanbid?

Veel eerder is die antwoorde op die volgende drie vrae van waarde as daar gepraat word oor die

vervulling met die Heilige Gees, omdat dit te doen het met die mens se toenadering tot God, op

eie individuele wyse:

Wat moet ek verwag?

Wat is ware geloof?

Wat is volkome oorgawe?

WAT OM TE VERWAG?

Dit is belangrik dat die gelowige wat tot die Here nader met die versoek dat hy vervul word met

die Gees, die regte verwagtings sal koester. Dit sal hom / haar in staat stel om die regte geestelike

houding te hê, reg te glo en hom/haarself aan die Here oor te gee.

Dit gebeur dikwels dat verskillende emosies asoof psigiese en fisiese reaksies met dié ervaring

gepaard gaan. Ons reaksies is egter nie die vervulling met die Gees nie. Vervul met die Gees

beteken dat die Derde Persoon in die Godheid, die Heilige Gees, in jou binneste woon, en die

beheer van jou hart of gees oorneem. Of anders (en dalk meer korrek) gestel: dat die Here ons

opneem in Hom, sodat ons deel van Hom word. Die vervulling met die Gees mag nie verwar word

met die mens se fisiese of emosionele reaksie op die ervaring van 'n ontmoeting met God nie.

Alle gedrag word uit drange gebore, vanaf die eenvoudige en onwillekeurige liggaamlike refleks

tot die groot geestesbesluit wat volg op ure se nadenke. Die gedrag wat die mens in die geval van

die vervulling met die Gees openbaar, is nie op liggaamlike behoefte en drang gebaseer nie, maar

op iets wat in die mens se gees gebeur - God se Gees neem beheer oor. Wanneer die Here se

Gees in die mens se gees werk, kan verwag word dat dit sterk innerlike drange sal meebring, wat

op sy beurt weer emosionele reaksies tot gevolg sal hê.

Die doel hoekom die Here se Gees in ons lewe uitstort, is om Christus te verheerlik - Hy wil die

mens dinge laat dink, sê en doen waardeur die Naam van die Here groot gemaak word, sy

medemens opgebou en die koninkrylk uitgebrei kan word. Só word ons medewerkers van die

11

Here.

As u reeds die ervaring van die vervulling met die Gees deelagtig geword het, in watter mate leef u

Geesvervuld, volgens die definisie wat in die paragraaf bokant dié vraag gegee is? Wat verhinder

U om na die volle potensiaal wat die vervulling met die Gees inhou, te leef?

Die eerste wat die Gees gewoonlik doen wanneer Hy die mens vul met die heerlikheid van die

Here, is om iemand die Here in ander tale te laat verheerlik (lees weer Handelinge 2:11). Dit het

waarskynlik daarmee te doen dat die Here se Gees so volledig beheer oor die mens neem vir

enkele oomblikke dat selfs die spraakorgaan se funksie onder sy mag staan. Die spreke in tale dien

in die Pinksterbeweging as 'n teken van die vervulling met die Gees.

Dink u dat die spreke in tale die enigste teken van die doping met die Gees is?

Die Hebreeuse woord "profeteer" beteken letterlik: opborrel, wat van onder na bo gebring word,

die inspirasie van die Gees. Met dit in gedagte, wat beteken 2 Petrus 1:20-21 vir die manier

waarop ons as gelowiges die Bybel lees?

Die mens wat in geloof tot die Here nader met die versoek dat hy gevul word met die Gees, moet

verwag dat hy bewus sal word van 'n intense drang om die Here verheerlik - 'n spontane

opborreling wat nie sy ontstaan by die mens self het nie, net soos 'n fontein water voortbring -

lees gerus Johannes 7:37-39. Baie dikwels kom hierdie drang skielik en so oorweldigend dat,

voordat 'n mens nog besef wat gebeur, hy besig is om in 'n ander taal te praat soos die Gees aan

hom gee om uit te spreek - sien Handelinge 2:4. En dié ervaring word gedryf deur die

gewaarwording van die almag en gedugtheid van God, tesame met 'n gevoel van diepe ontsag en

blye verheerliking.

Dit is dan die ervaring van die vervulling met die Gees. Die volgende stap is om Geesvervuld te

leef, met ander woorde as 'n mens in wie die Here se Gees regeer of beheer uitoefen, te leef. Dit

impliseer dat die Geesvervulde mens elke oomblik doelbewus bewus sal wees van die

teenwoordigheid van die Here, en na sy leiding te soek, om agter Hom aan te loop.

Dit is belangrik dat die verskil tussen die eerste ervaring van die vervulling met die Gees, en die

ervaring van 'n Geesvervulde lewe duidelik onderskei word. Definieer dit hier vir u eie onthalwe.

12

WARE GELOOF

Geloof ontstaan wanneer die mens die Woord, dit is die openbaring van God hoor en dit

aanneem. Uit die saad van die Woord wat in goeie aarde val, ontkiem die geloof.

Daar is 'n paar kenmerke van ware geloof, dit is geloof wat 'n voorwaarde is om die belofte van die

vervulling met die Gees deelagtig te word.

Om waarlik te glo, beteken om met jou hele hart te glo, om die Here met jou lewe te vertrou - sien

Filippus se woorde aan die Etiopiër in Handelinge 8:37 (die Ou Vertaling; in die Griekse teks wat

gebruik is vir die Nuwe Afrikaanse Bybel kom vers 37 nie voor nie). Geloof is nie maar 'n wens of

blote hoop wat gekoester word nie, maar die besluit van 'n mens om met sy hele wese die

beloftes van God aan te gryp, hom daarmee te vereenselwig en sy lewe daarop te bou.

Gee Hebreërs 11:1 se definisie van geloof in u eie woorde weer.

Vie iemand wat glo, is dit 'n uitgemaakte saak dat God ook in sy geval sy belofte gestand sal doen.

En omdat Hy daardie oortuiging het, sal hy ook 'n vurige begeerte ondervind en 'n onwankelbare

vasberadenheid openbaare om dit wat hy glo, in besit te neem. So was dit die geval met die blinde

Bartimeus in Markus 10:46-52, die Kananese vrou volgens Matteus 15:21-23 en elkeen wat deur

geloof verkry het wat deur die Here belowe is. Wanneer iemand ten volle oortuig is dat die Here

hom met die Gees wil vervul, sal hy 'n onblusbare ywer en onwankelbare vasberadenheid aan die

dag lê om dit te verkry. So iemand sal in die woorde van Jakob bid: Ek sal U nie laat gaan tensy my

seën nie (Genesis 32:36).

Ware geloof is dus nie 'n passiewe houding nie, maar 'n besluit en ingesteldheid van die gelowige

mens.

In Jakbus 2:14-26 word geleer dat geloof sonder werke dood is, terwyl ware geloof uit werke

geken word. Wat sal die mens wat glo, doen wanneer hy bid vir die vervulling met die Gees?

Wat doen die mens wat bid vir die vervulling met die Gees? Hy soek die aangesig van die Here, hy

aanbid God met hart, siel en verstand. Hy dank Hom vir wat Hy is en doen. Hy sê wie God is en

wat Hy vir hom beteken. Iemand wat die Here in Gees en in waarheid aanbid, word in die

teenwoordigheid van die Here toegelaat. Hy sal met die Almagtige gemeenskap hê. En dit is die

plek waar die Here die mens met sy Gees vervul - waar daar gemeenskap tussen God en mens is.

As jy nie weet hoe om God te aanbid nie, lees die Psalms en gebruik die woorde wat daar

voorkom, as lofuitinge uit jou eie hart.

VOLKOME OORGAWE

'n Verdere voorwaarde vir die vervulling met die Gees, wat ten nouste met geloof saamhang, is die

13

mens se oorgawe aan die Here. Dié oorgawe is 'n vrywillige en blye handeling van die jant van die

mens.

Wat is volkome oorgawe? Hoe sou u dit beskryf?

Dalk meen sommige oorgawe beteken om passief voor die aangesig van die Here te lê en te sing:

my alles op die altaar. Dit is egter nog nie oorgawe nie, en in dieselfde houding mag selfs

eiewilligheid en innerlike verset skuil. As iemand gearresteer word, en geen weerstand bied, maar

ook geen samewerking gee nie, sodat die geregsdienaar die gearresteerde moet wegdra, is dit nie

oorgawe nie. Dit is eerder lydelike verset, en word gestraf as dwarsboming van die gereg.

Volkome oorgawe beteken om gewilliglik te doen wat die persoon aan wie jy jou oorgee, verlang

dat jy sal doen. Om volkome aan die leiding van die Gees oor te gee beteken om te doen wat die

Here van jou vra. En dit des te meer omdat die Here ons as sy medewerkers beskou. Vandaar die

voorskrifte wat ten opsigte van die werking van die Gees in ons lewe gegee word in 1 Korintiërs 12

en 14, en ander Skrifgedeeltes.

Wie het volgens Handelinge 2:4, 10:46 en 19:6 in tale gepraat - die Gees of die dissipels?

Die Gees werk die drang in die binneste, maar dit is die dissipels self wat uiting moet gee aan dit

wat in hulle gewerk het. Dit is steeds die mens se reg om te weier om gehoor te gee aan die drang

wat die Gees werk. Dit is nie die Gees wat deur 'n mens se spraakorgane spreek nie, soos wat ons

deur 'n mikrofoon praat nie. Wat die mens moet doen, is om uiting te gee aan die sterk, heerlike

drang om Christus te verheerlik.

Volkome oorgawe beteken ook om om jou eie "metode" oor te gee en te praat soos die Gees dit

in die mens se hart werk. Die Gees kan ook gebind word deurdat ons sy werking by ons manier wil

inpas. Aan die ander kant kan die Gees se werking ook aan bande gelê word deurdat ons namens

Hom wil praat en doen. Dan probeer die mens vreemde geluide vorm.

Veel eerder moet ons wag op die Here wat op sy eie tyd en manier die begeerte in die mens se

hart sal werk om Jesus te veheerlik. Die belangrikste is: kom in kontak met die Here.

Dikwels vind die mens dat hoe langer en meer gereeld hy in die teenwoordigheid van die Here

vertoef, die drang om Christus te verheerlik al sterker word. Dan vind die mens later dat sy

woorde nie meer 'n goeie instrument is om te sê wat in sy hart opkom nie. En dit is ook 'n

definisie van die spreke in tale: om die Here te verheerlik en te aanbid, verby die verstand se

beperkte vermoëns. Want dit is 'n feit dat ons woorde te beperkend is om iets oor die mens se

Skepper te sê. Sy grootheid kan nie na behore besing word met menslike tale nie. Veel eerder sal

die ebgele se tale, wat Johannes telkemale in sy visioene op Patmos hoor wanneer hy die troon

sien, gebruik kan word - lees ook 1 Korintiërs 13:1.

14

Dalk kom die drang om die Here te aanbid, so skielik en oorweldigend, tydens 'n erediens of

biduur of in die binnekamer, dat die mens in daardie selfde oomblik vind dat jy besig is om die

Here te verheerlik op 'n wyse wat jy nooit vroeër ondervind het nie.

As u in die Gees gedoop is, hoe het dit met u gebeur - skielik of na lang afsondering?

Wanneer 'n mens besef dat jy besig is om die Here te aanbid in gedagtes en woorde wat jy nooit

vroeër gedink het nie, maar wat spontaan uit jou binneste opborrel, dan weet jy dat die

Pinksterbelofte ook in jou lewe waar geword het. En dit lei tot groot blydskap - God het immers

by jou intrek geneem!

STRUIKELBLOKKE IN DIE WEG

Wat verhinder soms dat gelowiges sukkel om met die Gees vervul te word? Dit is reeds genoem,

maar opsommend word die sake genoem wat kan veroorsaak dat ons nie die volle seën ontvang

wat die Here vir ons bedoel en belowe het nie.

< Ongeloof - die belofte is nie vir my, of vir ons dag bedoel nie

< Selfgenoemsaamheid - ek het dit nie nodig nie

< Vrees - vir "Pinkster", of 'n valse ondervinding, vir snaakse en onbetaamlike gedrag of vir

mense en wat hulle sal sê

< Negatiewe ervarings van die verlede - toe iemand dalk vir u gebid het en niks gebeur het

nie

< 'n Verkeerde opvatting - dat die vervulling met die Gees die kroon op heiliging is, eerder as

'n toerusting sodat ons die pad van heiliging kan loop

< Verkeerde verwagtings - ek gaan van my voete afgevee word, en neerslaan of begin dans.

As u nog nie gedoop is met die Gees nie, is een van dié struikelblokke dalk op u van toepassing?

Wat meen u staan in die pad om die Here in al sy volheid in u lewe te ontvang?

Die Here gee vir ons sy Gees, nie omdat ons sy teenwoordigheid in ons lewe waardig is nie nie,

maar omdat ons sy Gees so nodig het om waardig sy teenwoordigheid in ons lewe te wandel!

15

16

Lesing 5 : Diensbaarheid aan die Heilige Gees

Pinkster beteken om deur die Gees te wandel (Galasiërs 5:16). Ongelukkig is daar baie wat getuig

dat hulle met die Gees vervul is, terwyl hul lewe 'n ander deuntjie sing. Die Heilige Gees word aan

ons geskenk as toerusting vir 'n lewe van diensbaarheid. Dit is moontlik om met die toerusting te

sit, maar niks daarmee te doen nie. So 'n mens het die Gees ontvang, maar daar het dit opgehou.

Dit plaas nie 'n vraagteken agter die egtheid van die ondervinding met die Heilige Gees nie, maar

beteken slegs dat so 'n mens nog nie geleer het wat dit beteken om diensbaar aan die Gees (en

Christus se saak op aarde) te wees nie.

1.'N MIDDEL TOT 'N DOEL

Die Here verwag dat 'n mens nie slegs sal soek na die eenmalige ervaring met die Heilige Gees (die

doop of vervulling) nie, maar daagliks 'n Pinksterervaring sal hê en 'n Pinksterlewe sal lei. Die doel

van die vervulling met die Gees is nie bloot om die mens 'n wonderlike, ekstatiese ervaring te laat

hê nie. Die Gees neem intrek in die mens met die doel om so iemand tot 'n magtiger en heiliger

lewe in die Here te lei.

Lees gerus Johannes 15:26.-27. Wat sê dit vir u oor die Geesvervulde lewe?

Die Pinksterondervinding is die deurgang tot 'n geestelike lewe waarin 'n mens 'n kragtige

(bekragtig deur die Gees) getuie van Christus kan wees.

Welsiwaar is die Pinksterervaring 'n wonderlike openbaring van die heerlikheid van God aan die

mens, maar daar wag nog talle ander wonderlike openbarings vir diegene wat nie by 'n enkele

ondervinding stilstaan nie, maar doelbewus hul Pinkstertoerusting tot eer van God aanwend.

Dit is moontlik om met die Gees vervul te wees maar nie daardie mate van diensbaarheid te bereik

waardeur die Geestesgawes deur 'n mens openbaar word nie. Die vervulling met die Gees is nie

die einddoel nie, maar 'n middel tot 'n doel, naamlik die volle openbaring van Christus in en deur

die mens.

Wat word bedoel daarmee om te sê die Gees wil Christus in en deur ons openbaar?

Die Heilige Gees neem nie intrek in die mens sonder om iets te wil doen nie. Die Gees is nooit

passief nie, maar is die magtigste werkende krag van alle ewigheid af. Daarom wil Hy nie alleen

die gelowige beseël as kind van God nie, maar begeer Hy om van die gelowige 'n magtige

medewerker van God en getuie van Christus te maak. God wil groot dinge doen, maar Hy soek

mense wat dit vir Hom doen, mense wat hul lewe gebruik om sy wil te doen.

Lees Romeine 6:13 en Handelinge 1:8. Waarvoor roep die Here u?

Wetenskaplikes leer dat die atoomkrag wat in die liggaam van een mens opgesluit is, gelyk staan

aan miljoene perdekrag. Dog, prakties gesproke, beteken daardie krag niks, omdat dit nooit tot

openbaring kom nie. Eers wanneer iemand gewillig is om sy liggaam op te offer en elke atoom

daarvan gesplits sou word, sal die wêreld baat hierby kan vind. Oneindig kragtiger en heerliker is

die krag wat in 'n Geesvervulde lewe is - die Gees van God woon immers in so 'n mens se liggaam

en gees. Waar God teenwoordig is, beteken dit dat al die skeppingsmag in die heelal

gekonsentreer is. En die Heilige Gees stel God in ons lewe teenwoordig. Dog hoe word daardie

mag nie in ons lewe gebind nie! God wil baie meer doen as wat ons ooit kan dink of verwag of bid,

maar as gevolg van geestelike louheid, of onwilligheid, of onverskilligheid is ons nutteloos in sy

hand. Wat nodig is, is dat ons onsself soos Paulus sal dood ag, om onsself daaglike heelhartig en

selfopofferend aan die Gees diensbaar te stel, sodat God se almag deur ons lewe sal werk om ons

wêreld ten goede te verander.

2.DIE MENS AS MEDEWERKER VAN DIE HEILIGE GEES

Die Heilige Gees gebruik die mens nie as willose instrument nie. Die mens kan egter ook nie die

Gees manipuleer en gebruik nie. By die werking van die Gees in die lewe van die mens verloor nie

een van die partye sy identiteit nie, maar tree hulle op as medewerkers, as vennote (1 Korintiërs

3:9). Daarom bevat elke openbaring van die Gees in die lewe van 'n mens 'n goddelike sowel as 'n

menslike bydrae.

Die bydrae van die Gees is volmaak en nooit aan kritiek onderworpe nie. Vanweë die

onvolmaaktheid van die mens is sy bydrae ook onvolmaak en aan kritiek onderworpe. Dit verklaar

waarom openbarings van die Gees soms waardeloos (1 Kor 13:1-2), onvanpas (1 Kor 14:16-20) en

onordelik (1 Kor 14:23) kan wees. En dit verduidelik ook hoekom die openbaring beoordeel moet

word sodat, as die skoen nie pas nie, dit agter gelaat kan word. Vir dié rede kan ons nie alles vir

soet koek opeet wat volg op die woorde: so spreek die Here nie. Trouens, ek is van mening dat dit

dalk goeie maniere is om nie die woorde SO SPREEK DIE HERE te gebruik wanneer ons meen die

Here deur ons spreek nie, omdat dit die gewete van mense bind sodat hulle nie kan beoordeel of

die woord werklik van die Here gekom het nie. Gelowiges met die gawe van beoordeling van

geeste is 'n Godsgawe aan die gemeente om die gemeente teen dwalinge te bewaar wat in die

vorm van "Geestesopenbaring" kom. In die beoordeling, volgens 1 Kor 14:29, val die soeklig nie

op die openbaring van waarheid deur die Gees nie, maar op die menslike reproduksie van die

waarheid.

Om dit te illustreer, dink aan 'n foto. Dieselfde beeld kan op twee foto's baie verskil, afhangende

van die kwaliteit van die kamera en film, en die behendigheid van die fotograaf. Net so kan

iemand 'n goeie reproduksie van die oorspronklike wat deur God in sy hart gewerk het, bied,

terwyl 'n ander mens weer 'n swakker reproduksie kan bied.

17

Wat maak die verskil? In die mate wat die mens as geheiligde, toegewyde en oorgegewe

medewerker optree, in dié mate sal die openbaring suiwer wees.

Hoe dink u behoort ons op te tree teenoor iemand wat die woord van die Here wil bring, maar ons

onderskei dat dit nie 'n egte openbaring is nie, of ons sien raak dat dit slegs 'n dowwe

weerspieëling van die gedagte van die Here is?

3.DIE WOORD EN DIE GEES

'n Mens lees die Bybel en dan word jy bewus dat die woorde lewend word, dat dit toegepas word

op jou lewensituasie. Dit is die werk van die Gees wat daardie Woord lewend en kragtig maak,

skerper as 'n swaard wat na albei kante toe weg- en regsny. Grondige kennis van die Bybel, gebou

op daaglikse omgang met die Woord is 'n voorvereiste vir die mens wat 'n medewerker van God

wil wees. Die Gees sal die waardhede van die Woord kragtig in jou lewe openbaar, en so jou tot

getuie maak.

Hoe gereeld lees u Bybel? Hoeveel tyd spandeer u aan die lees van die Bybel? En hoe lees u Bybel

- tel u spoelgoud op die oppervlak op, of delf u dieper in om die groot waarhede te ontdek?

Die Gees se werk is ook om ons aan alles te herinner wat Jesus gesê het, en Hy doen dit op die

regte tyd - sien Johannes 14:26) Dit is selde dat die Gees iets in die lewe van die mens werk wat

die mens nie vooraf geken en geglo het nie. Ondervinding leer dat die mens wat magtig in die

Woord is, ook magtig in die Gees is.

Wat leer die opdrag van Kolossense 3:16 u?

Volgens die Bybel sal 'n mens wat diensbaar aan die Gees is,

< lewe ooreenkomstig die Woord van God

< uitmunt tot opbouing van die gemeente

< heilig lewe, dit is afgesonderd vir God

< hom beywer om deur die Gees gebruik te word (1 Kor 12:31).

Die doel van die gawes is:

< om Jesus Christus te openbaar en te verheerlik

18

as toerusting van die gelowige in sy bediening as 'n getuie van Jesus Christus

< as tekens om die teenwoordigheid van God en die waarheid van die evangelie te bevestig,

veral met die oog op die bereiking van nie-Christene

< tot stigting van die gemeente as geheel en in 'n beperkte sin ook van die individuele

gelowige in sy private aanbidding

< om die erbarmende liefde van die Here met die mens in sy veelvuldige behoeftes te

demonstreer.

VERVUL met die Gees, DIENSBAAR aan die Gees en KRAGTIG in die Gees - dit is jou erfenis. Neem

dit vandag nog in besit tot jou eie geestelike opbouing, tot heil van ander en tot eer van God!

19

20

Lesing 6: Die gawes van die Heilige Gees

Hoeveel gawes is daar? En wat beteken elkeen van hulle? Hier wil ons kortliks die gawes wat in

die Nuwe Testament aangestip word, uitwys, om by elkeen verklarende aantekeninge te gee.

Skrifgedeeltes wat geraadpleeg kan word, is Romeine 12, 1 Korintiërs 12, Efesiërs 4 en 1 Petrus 4.

Hoeveel gawes van die Gees word in die Nuwe Testament genoem?

Meen u dat die gawes van die Gees beperk is tot dié wat in die Nuwe Testament genoem word, of

kan die Gees ook ander gawes in ons dag skenk na behoefte?

1.Spreke in tale

Seker die bekendste is die spreke in tale, omdat dit gewoonlik in verband met die vervulling met

die Gees gebring word. Daarmee word bedoel dat die mens 'n nuwe taal ontvang waarmee hy

direk, sonder bemiddeling ( en die beperkinge!) van die moedertaal met God kommunikeer. Dit is

'n taal van lof en aanbidding, juis omdat ons eie taal so gebrekkig is aan woordeskat vir dié doel.

Dit hoort gewoonlik in die binnekamer, en bestaan daaruit dat 'n mens met God intieme

gemeenskap hou. Dit kan egter ook by uitsondering in die erediens plaasvind, maar omdat dit

daar nie gaan om die opbouing van die individu nie, moet dit met uitleg gepaard gaan. As daar nie

uitleg is nie, moet die talespreker stilbly en in sy binneste God loof.

2.Die uitleg van tale

Waar talespraak in die erediens voorkom, moet daar 'n uitleg wees. Dit kan dieselfde persoon

wees wat in tale gepraat het wat dit ook uitlê (hy moet bid vir die uitloeg), of iemand anders. Die

"uitleg" is eerder 'n interpretasie van wat die persoon meen die gedagte van die Here is, en kan

daarom in lengte verskil van die talespraak. Omdat talespraak gesprek met God is, kan die uitleg

in gebedsvorm wees.

Is talespraak se uitleg nie dalk dikwels eerder profesie nie?

Watter nut het die spreke in tale in u lewe gehad tot nou toe?

3.Profesie

Dit is 'n woord van God wat bemoedig of waarsku. Dit kan baie vorms aanneem, en kan dikwels

ook van die kansel af kom, in die vorm van die verkondiging.

Hoe weet 'n mens dat die Here jou wil gebruik om 'n woord tot sy gemeente te spreek?

4.Gawes van gesondmaking

Wanneer vir siekes (oor die hele spektrum van siektetoestande) gebid word, vind genesing plaas

omdat die Gees genees. Dan is dit nie die geloofsgeneser se gebed (gebedsgenesing) wat genesing

bring nie, maar die Here wat 'n gawe skenk om die genesingswerk tot stand te bring (goddelike

genesing).

Het u geloof om vir 'n ernstige siek mens te bid? Sal u geloof hê as u onthou dat u aandeel is om

te vra, en die Here se aandeel is om die werk te doen?

5.Onderskeidinge van geeste

Dit is die gawe om te onderskei of 'n openbaring die werk van die Gees is, of 'n ander gees, hetsy

'n bose of menslike gees.

6.Geloof

Dit is meer as geloof in God tot saligheid; dit dui eerder op 'n sterk geloof wat deur die Gees

gewek word dat God iets groots, 'n wonderwerk gaan doen.

7.Werkinge van kragte

Dit word gewoonlik in verband met die uitdrywing van demoniese magte gebring, waar kragte

gebind en weggestuur word.

Die bespreking van die gawes illustreer hoe nodig ons die Gees in ons daaglikse lewe het sodat ons

getuies vir Christus kan wees. Op watter terrein van u persoonlike toerusting as getuie meen u

het u die Gees die nodigste?

8.Woord van wysheid

Dit is die wysheid hoe om in 'n spesifieke situasie op te tree, soos deur die Gees openbaar.

9.Woord van kennis

Dit is 'n brokkie noodsaaklike maar ontbrekende kennis wat 'n mens in staat stel om die regte

21

esluit te neem of op die regte wyse op te tree, nadat dit deur die Gees geopenbaar is.

Hoe kan u in u daaglikse lewe 'n woord van wysheid of kennis benut? En het u al daarvoor gebid?

Die volgende vyf gawes, wat in Efesiërs 4:11 genoem word, is mense, individue wat deur die Here

vir 'n spesifieke taak toegerus word. Wat is die doel van die Here om dié gawes aan sy gemeente

te gee? Raadpleeg Efesiërs 4:12 vir die antwoord.

10.Apostels

Dit dui op die gawe aan die vroeë Kerk (en ook in ons dag) van mense wat oor kontinente en

denominasionele grense heen leiding neem om die Kerk te versterk en op te bou, en opnuut op

God se pad te lei.

11.Profete

Dit dui dalk op mense wat 'n reputasie begin opbou het dat hulle woorde dikwels 'n goeie

reproduksie van God se gedagte is, en wat vertrou kan word om leiding te gee.

12.Leraars

Dit dui op mense wat die gemeente kan onderrig in die waarhede van die Woord.

13.Evangeliste

Dit dui op mense wat deur God geroep en toegerus is om die evangelie op groter skaal uit te dra

aan onbereiktes (wat dikwels in ons midde leef).

14.Herders

Herders is die wagters wat die gemeente oppas en beskerm teen diewe en wilde diere.

Is u dalk 'n gawe aan die gemeente, as herder van 'n SELGROEP, leraar in die Sondagskool, of

evangelis? Besef u watter groot verantwoordelikheid op u skouers rus - God het u geroep? Hoe

kan u met groter oorgawe dié verantwoordelikheid uitleef?

15.Dien

Dit beteken waarskynlik om die gemeente of koninkryk te dien, wat gesien moet word as 'n

genadegawe omdat dit vir God gedoen word en in die krag wat Hy verleen. Lees 1 Petrus 4:11.

Dalk is u gawe om te dien. Maak dit u dienswerk van minder waarde, omdat daar nie veel kalklig

aan dit verbonde is nie?

22

16.Preek / verkondig

Dit dui op die taak van toerusting van die gemeente in en deur sy eredienste, asook die

SELGROEPE.

17.Onderrig gee

Dit is die genadegawe om die waarhede van die Woord en evangelie aan mense op so 'n wyse

voor te hou dat hulle dit snap en geloof in hul harte gewerk word om God te vertrou.

18.Bemoedig

Dit dui op die genadegawe om mense met dit wat ons sê, te bemoedig op die geloofspad. Lees

Hebreërs 3:12 en 10:24.

Dit is moontlik die genadegawe wat elke Christen die meeste kan gebruik. Het u al u lewe in die lig

van dié gawe beskou?

19.Gee

Om te gee is ook 'n genadegawe omdat alles wat ons ontvang het, van die Here af kom, maar ook

omdat die Here eers 'n mens se hart moet oopmaak en jou van selfsug moet bevry voordat jy kan

gee. Die Here gee ook aan sommiges die vermoë om sy werk te kan dra deurdat hulle baie het.

20.Leiding gee

In die gemeente en in evangelisasie-aksies moet dikwels leiding geneem word om die belange van

die gemeente en koninkryk te dien, en ook dit is 'n genadegawe wat die Here aan mense wil gee

wat van Hom en sy leiding afhanklik leef.

Wat meen u is die voorwaarde dat 'n talent, soos om leiding te gee of te help, of 'n aangeleerde

deug soos om onderrig te gee, 'n Geestesgawe sal word?

21.Help

Om ander te help word 'n gawe wanneer jy die leiding van die Gees volg in jou hulp aan ander.

Die persepsie bestaan dikwels dat die Geestesgawes iets bonatuurliks is. Soms is dit, veral

wanneer die openbaring van die Gees in die erediens plaasvind. Maar die Here het bedoel dat

ONS LEWE 'n genadegawe aan ander mense sal word, deurdat ons volledig in sy diens staan. Dit

sal gebeur wanneer ek sy gedagtes begin dink en sy wil met my lewe doen.

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!