04.05.2013 Views

Preview Book - Metz Press

Preview Book - Metz Press

Preview Book - Metz Press

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Buite-

KUNS

Handwerkprojekte vir jou buiteleefareas

angie franke & monique day-wilde

Inhoud

Inleiding 6

Grondwerke 9

Oorskietsement 10

Labirint 14

Ammoniet 16

’n Treetjie vorentoe 18

Meulstene 24

Sementblaar 28

Strepe en kurwes 31

Boeddhapot 34

Vuur en vlam 38

Trippe trappe tone 41

Afrikatyd 44

Klei in jou hande 49

Le coeur rouge – Die rooi hart 52

Le lys d’or – Die goue lelie 53

En grisaille – In skakerings van grys 54

Tournesol – Sonneblom 55

Faux pas – Geflous 56

Givurnny – Giverny (Monet se tuin) 57

Eau-de-Nil – Water van die Nyl (akwagroen) 58

Sans’ton – Sonder klip 59

Genius loci – Gees van die plek 60

Frise Nubianne – Egiptiese fries 61

Woordelys 134

Erkennings 144

Praktiese pret 63

Dichroïese naaldekoker 64

Vlinder-flonker 67

Plantmerker 70

Afgeskerm 72

Kompostofiel 76

Nie-so-stoute tuinkabouter 78

Buitespel 81

Tafelgesprek 84

Fassinerende fokuspunte 89

Kliplelie 90

Koper-klimop 94

Supergroot vetplant 96

Deur die blare 98

Globale waarskuwing 100

Met dapper en stapper 103

Dis mos ’n boom 106

Stekelrige stoel 108

Huisie in die tuin 110

Herinneringsklip 114

Vir ewig en altyd 116

Draadkrabbels 118

Gaga Lady 120

Tuinengel 124

Verbeeldingsvlug 128

Trapsoetjies 130

3 GRONDWERKE

Labirint

Bou ’n labirint met lei en handgemaakte trapklippe

My jare lange droom om ’n labirint by die huis te hê is bewaarheid toe ’n treurwilger aan die

onderpunt van ons tuin uitgekap is. Dit het ’n onooglike ‘woestyn’ gelaat wat dringend aandag

moes kry. Toe iemand my ’n hele hoop grys dakleie aanbied, het ek ’n plan bedink. Ek weet daklei

is nie die beste materiaal vir ’n voetpaadjie nie omdat dit geneig is om te kraak en af te splinter,

maar ek het gehou van die idee dat iets wat vroeër beskutting gebied het, nou gebruik kon word

om op ’n ander manier gemoedsrus te bring. My benadering was om dit eenvoudig te hou en op

die middelpunt te fokus deur handgegote plaveistene te gebruik (kyk bladsy 18). Ek beskryf wat ek

gedoen het om die verlangde effek binne ’n beperkte begroting te verkry.

Plan of skets – boots ’n

tradisionele styl na, of

ontwerp jou eie

Maatband

Spuitverf

Graaf

Bousand

Dakleie en plaveistene van

sowat 30 cm 2

1. Ek het my idee op skaal

geteken (wel, min of meer!) en

uitgewerk hoeveel blokke ek

vir die area sou nodig hê. My

sirkel is 4 meter in deursnee,

en ek het 60 teëls en 9 handgegote

plaveistene daarvoor

nodig gehad.

2. Ek het die omtrek uitgemeet

(2 meter vanaf die

middelpunt) en met spuitverf

gemerk. Daarna is die grond

gelyk gemaak soos benodig.

Ek het die blokke uitgepak om

die posisies te bepaal, en toe

het die werk in alle erns begin.

3. Omdat die leiklipteëls

besonder ongelyk is en maklik

kraak, het ek eers ’n bietjie

bousand gebruik om ’n sagte

onderlaag te vorm en hulle

toe in die sand gelê. Hierdie

proses het ek reg rondom die

sirkel herhaal.

4. Inheemse Diamondia

is tussen die teëls geplant

om hulle van mekaar te skei.

Daarna het ek wit klippies

tussen die buitenste rye teëls

gestrooi, en gryses in die

middel. Ek weet ek moes eers

’n onkruidmat gelê het, maar

dit was te laat. Bossies uittrek

sal maar deel van my ritueel

moet wees – ek skat ek sal my

labirint dikwels moet stap!

‘Groei is ’n

spiraalvormige proses

wat op homself

terugvou namate

herwaardering

en hergroepering

plaasvind.’

JulIa MaRGaREt CaMERON

5 GRONDWERKE

Nog idees om jou trapklippe te versier:

Jy het die volgende materiale en gereedskap nodig:

Optelgoed soos skulpe en klippies

Gefatsoeneerde koekiedrukker

Graveerapparaat vir pottebakkery

Suurbeits vir sement

3D-muurpapier

Vere, blare of ander voorwerpe om afdrukke te maak

Giet ’n eenvoudige blok, laat

’n uur of wat staan en druk

dan teëltjies, skulpe of ander

voorwerpe in die stywe

beton vas vir ’n permanente

versiering.

Giet wit beton in ’n koekiedrukker

en laat sowat 24 uur

staan. Suig alle syferwater op

en bedek met swart beton.

Die koekiedrukker bly in die

beton, hoewel dit nie sigbaar

is nie.

Giet ’n eenvoudige wit

betonblok, laat ’n paar uur

staan en giet dan ’n dun

lagie swart bo-op. Bedek

en laat sowat 24 uur staan

voordat jy ’n patroon

daarin uitkerf om die wit

te ontbloot.

Nota: Stamp altyd die

gietvorm om lugblase te

verwyder, watter klippe jy ook

al maak.

Gebruik swart en wit beton

om ’n marmereffek te verkry:

Giet ’n wit spiraal in die

vorm, en giet dan swart

tussenin. Vermeng liggies

met ’n lepel.

Gebruik sementbeits soos

gewone verf om ’n kunstige

ontwerp op jou betonblok

te skilder. Verdun die beits

volgens die vervaardiger se

aanwysings.

Skep ’n besonderse tekstuur

deur ’n stuk driedimen sionele

muurpapier met die

regte kant bo in die gietvorm

te plaas. Giet beton bo-oor,

laat ’n paar dae staan en keer

uit. Gebruik sementbeits om

die ontwerp nog verder te

laat uitkom.

Vir ’n meer subtiele afdrukeffek,

laat die beton effens

hard word soos vir die blok

met optelgoed, druk ’n veer

daarin vas en laat sowat

24 uur staan. Verwyder die

veer versigtig om die afdruk

te ontbloot. Die afdruk

kan nou met sementbeits

ingekleur word.

6

7 KlEI IN JOu HaNDE

Le coeur rouge – Die rooi hart

Giet en drup verskillende kleure verf oor ’n kruikvormige pot

Pot – kruikvormig

Giethouer

Kan

Verniskwas

Breë potpiering

Water

PVA – 3 kleure

1. Verf die pot met die kleur

wat jy as onderlaag wil gebruik.

Dit hoef nie droog te

word voor jy aangaan nie.

Indien dit wel droog word, sal

’n ander effek verkry word.

2. Verdun die volgende kleur

om die helfte met water in

’n houer met ’n tuit. Jy kan

ook ’n blik en ’n verniskwas

gebruik. Laat die kruik op ’n

groot potpiering staan en giet

die verf versigtig om die rand

van die bek, of hou ’n kwas vol

verf teen die pot se bek en laat

dit afloop.

3. Voeg ’n bietjie verf hier en

daar by indien nodig. Jy kan

hierdie laag laat droog word

voordat jy nog ’n bypassende

of teenstellende kleur byvoeg.

4. Die laaste kleur word

onverdund om die bek gegiet

of met ’n kwas aangewend. Dit

sal stadiger en oor ’n korter

afstand teen die pot afloop.

Moenie ekstra verf byvoeg nie,

sodat die ander kleure onder

uitsteek. Laat droog word.

Nota: Gebruik verskillende

soorte verf om ’n interessante

effek te verkry – probeer

hoëglans- oor matglansverf of

oliebasis- oor waterbasisverf

(nie andersom nie!).

Tournesol – Sonneblom

Gebruik akrielverf, kraakvuller en glansvernis om ’n Mexikaanse sonneblompot in die

Talavera-styl na te boots

Pot – vierkantig

Potlood

Plat, dun nylonkwas

Kraakvuller

Akrielverf in kleure van

jou keuse

Jel-vertrager

Glansvernis – waterbasis,

wat nie vergeel nie

1. Gebruik ’n potlood om ’n

eenvoudige, simmetriese halwe

sonneblom op die boonste

helfte van elke sy van die pot te

teken. Teken ’n blaarpatroon op

die onderste helfte van elke sy.

2. Besluit waar jy jou akrielkleure

gaan gebruik en

begin deur blokke wit te verf

as basis vir die gedeeltes

waar die tralie patroon gaan

kom. Gebruik ’n smal, plat

nylonkwassie en omlyn die

hoofkomponente van die

ontwerp met sterk, swart lyne.

3. Meng elke kleur akrielverf

voor gebruik met ’n bietjie

jel-vertrager en kraakvuller.

Dit vertraag die droogtyd

en verdik die verf tot die

bestandheid van die keramiekonderglasuur

wat jy probeer

naboots!

4. Wend die kleure aan deur

hulle effens met die swart

buitelyne van elke ontwerpkomponent

te laat oorvleuel.

Verf die borand en voetstuk

van die pot dieselfde kleur

en omrand dit met swart.

Wend twee lae vernis aan die

voltooide pot.

8

9 PRaKtIESE PREt

Nie-so-stoute tuinkabouter

As jy vandag spaar, sal jy môre hê … maak ’n werkende wurmplaas van afvalmateriaal

Hierdie wurmplaas huisves komposwurms wat ons afval verslind en vir ons kompos in ruil gee. Elke

huis moet ’n wurmplaas hê. My vervelige swart ingevoerde patent werk goed, maar is duur. Maak

gerus een van afvalmateriaal. Ons plaaslike onderdelesentrum gee ou motorbande verniet weg. Al

wat jy hoef te doen om ’n funksionele glanspunt vir jou groentetuin te skep, is om ’n paar daarvan

opmekaar te stapel, met gaas tussenin. Komposwurms is by talle verskaffers te koop en wanneer

hulle hul eers in nat koerantpapier, verrotte vrugte en groenteskille ‘ingewurm’ het, vermenigvuldig

hulle in verhouding tot hul kosvoorraad. Hul uitwerpsels lewer vrugbare (onkruidvrye) kompos.

Die vloeistof wat deur die gaas tot in die skottel in die onderste band sypel, word ‘wurmtee’ (of

kabouterspeeksel!) genoem en is ’n gekonsenteerde vloeibare bemestingstof.

4 ou motorbande

Stywe plastiekgaas

Sterk sny-apparaat

Veeldoelige grondverf

PVA-buiteverf in

verskillende skakerings

van groen

Verfkwaste – van breed

tot smal

2 goedkoop

plastiekskottels wat

styf in die boonste en

onderste bande pas

(maak dreineringsgate in

die boonste een, vul met

grond en beplant met gras

of laaggroeiende kruie

om ’n ‘harige’ deksel te

maak wat ook as sitplek

kan dien!)

Groeimedium: nat

koerantpapier, eierbokse,

veen, goiing, groente- en

vrugteafval (komposwurms

leef in organiese materiaal

– nie in grond nie)

Komposwurms

1. Was die bande silwerskoon,

laat droog word en

wend grondverf aan. Bedek

met skakerings van groen.

Verf vir jou bande ’n oulike

dwergie- of kaboutergesig …

of maak dit jou Tuinghoeroe.

Gebruik ’n fyn kwassie en donkergroen

verf vir die detail. Die

omtrek van elke band (behalwe

die onderste een) word met ’n

neus, oë en mond in drie verdeel,

sodat wanneer hulle in ’n

ander volgorde gestapel word,

jy verskillende gesigte kry met

‘hare’ wat bo-op groei!

2. Meet die deursnee van die

bande en knip sirkels uit gaas.

Plaas die gaas in die bande

om die openinge te bedek

(behalwe in die onderste een,

wat ’n skottel kry). As die gaas

versterking nodig het, kan jy

dit aan ’n stuk ou tuinslang

vaswerk of vaskram voordat jy

dit in die band indruk. Dit sal

voorkom dat die gaas deur die

gat val, en laat ook die wurms

toe om tussen die bande

te beweeg.

3. Stel nou jou plaas saam:

Plaas die onderste band

(met die skottel) op ’n maklik

bereikbare plek. Plaas die

tweede band (met gaas) boop,

met die geverfde mond

voor. Pak groeimedium op

die gaas, voeg organiese

afval en wurms by en pak nog

groeimedium bo-op. Bedek

met nat goiing. Plaas die gras-

‘deksel’ in posisie en gee jou

wurms kans om te vreet!

‘Kabouterspeeksel is

besonder heilsaam!’

JK ROWlING

11 FaSSINERENDE FOKuSPuNtE

Huisie in die tuin

Transformeer ’n blinde muur met ’n skildery van PVA, akrielverf en tekstuur

Ons bure se pienk garagemuur grens aan die tuin buite my ateljee. Ek wou dit al lank in ’n deftige

skildery om skep, maar dit sou nie by die omgewing pas nie. Op besoek aan die filmstel van The

Hobbit het ek ’n kunstenaar buite in die son sien sit, besig om te ‘werk’. Sy het korsmos op ’n

nuwe heining geverf om dit te ‘verouder’, in pas met die ouwêreldse huisies van The Shire. My

droomwerk! Net daar het ek besluit om my eie hobbit-gat te skep. Ek kon nie my foto’s van die stel

publiseer nie; daarom hierdie generiese ontwerp.

Sommige van die idees in hierdie boek (bv. stensilwerk, stempelwerk of silhoeëtwerk) kan maklik

opgegradeer word om ’n eenvoudige muurskildery te maak. Abstrakte ontwerpe is meer geskik

vir moderne omgewings en sal waarskynlik minder tyd in beslag neem as realisme of trompe l’oeil.

Gelukkig is skewe lyne en onvolmaakthede in die haak vir hobbit-gate. Waag dit gerus om iets te

verf wat jou smaak en jou ruimte pas.

’n Muur, geskik vir jou skildery en in blokke verdeel (gebruik ’n

waterpas om te begin)

Ontwerp, skets of foto vir inspirasie, volgens skaal nageteken

op grafiekpapier ooreenstemmend die afmetings van die muur

Sagte potlood of swart viltpen

Goeie PVA-grondverf en akrielverf vir studente

Kraakvuller of pleister en water

Muurkwaste en goedkoop varkhaar-skilderkwaste

Helder waterbasisvernis vir buitenshuise gebruik

Bykomstighede om dimensie en afronding te verleen of die

aangrensende gebied te versier – bv. klippe, omheining,

rekwisiete (bankies, posbusse, deurknoppe, tuinornamente)

‘Dit was ’n hobbit-gat,

en dít beteken gemak.

Die deurtjie was

koeëlrond soos

’n patryspoort.’

The hobbiT DEuR JRR tOlKIEN

1. Was die muur en laat

droog word. Merk waterpas

blokke met ’n potlood uit.

Gebruik die skaalontwerp om

die buitelyne op die muur

na te teken. Vir sirkels het

ek ’n stuk tou aan ’n viltpen

vasgebind en met wondergom

in die middel geanker. Om

verskillende groottes te kry het

ek die tou om die pen gedraai

om dit korter te maak.

2. Gebruik verskillende kwaste

en wend die grondkleure in

soliede blokke aan. Detail en

akkuraatheid is nie in hierdie

stadium belangrik nie. As jy

die areas op die muur en die

verfhouers met ooreeenstemmende

nommers merk, kan

enigeen daarvolgens help verf.

METZ PRESS

www.metzpress.co.za

Ook beskikbaar by MetZ PRess

Buitekuns

Handwerkprojekte vir jou buiteleefareas

Angie Franke & Monique Day-Wilde

260 x 193 mm

144 pp

Sagteband met flappe

RRP: 175.00

isBn 97 8 1 920479 57 2

Publikasiedatum: Januarie 2013

Beskikbaar in engels: Outside art

isBn 978 1 920479 55 6

Metz Press is an independent publisher of high quality information books

and illustrated non-fiction for the local market as well as the international

co-edition market. We have sold rights to our books in countries all over

the world, having impressed reputable international companies with our

quality of content and production and our ability to deliver.

Publisher: Wilsia Metz

tel: +27 (0)21 913 7557

Mobile: +27 (0)83 424 6662

Fax: +27 (0)21 913 5102

Email: info@metzpress.co.za

Web: www.metzpress.co.za

Postal address: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, South Africa

Street address: 1 Cameronians Avenue, Welgemoed, 7535, South Africa

Monique Day-Wilde het haar bekwaam in

tekstielontwerp en in weefwerk gespesialiseer.

Haar ontwerpe het al verskeie pryse gewen

en sy doen gereeld opdragwerk. Nadat sy

lektor was in tekstiel- en grafiese ontwerp

het sy opleidingskursusse vir weefwerk saamgestel.

Tans gee sy klas in verskeie vorms

van gemengde media-kuns en praktiseer

ook daarin. Vir meer inligting, gaan na

www.moniquedaywilde.co.za

Angie Franke is ’n voormalige hoërskoolonderwyser

wat handwerk-uitdagings geniet.

Sy ontwikkel graag nuwe idees en hou daarvan

om met ongewone media te eksperimenteer

om interessante kunsvorms te skep. Die klasse

wat sy in haar tuis-studio aanbied wissel van

kleur- en drukwerk tot beeldhou, papierkuns

en gemengde media. Sy gee ook skilder-

en tekenklasse. Kry meer inligting op haar

webtuiste www.angiefranke.com.

Hierdie boek vul die gewilde reeks Kitskuns,

Slimkuns en Blitskuns aan en is Monique en

Angie se negende. Dit volg kort op die hakke

van Kunsprojekte met gemengde media.

In hierdie boek fokus ons gewilde en

kreatiewe handwerk-word-kuns-skrywers

op leefareas buite die huis. Hulle moedig

lesers deurgaans aan om die idees en

tegnieke in die boek op hul eie materiaal en

omgewing toe te pas. Die onweerstaanbare

projekte sluit eenvoudige, praktiese voorstelle

in om nuttige voorwerpe soos potte,

voëlbadjies, tafels en afskermers te verfraai,

asook meer dekoratiewe beeldhouwerk

en muurskildering. Herwinning speel

weer eens ’n groot rol en as hulle iets

kon hergebruik, het hulle: gebreekte

potte, plastiekbottels, oortollige sement,

stukkende teëls en veel meer.

Hierdie boek sal jou iets bied wat jou

belangstelling en vaardighede bymekaar

sal bring ongeag of jy beperk is tot ’n

kaal buitemuur, ’n daktuin wil versier of

die voorreg het om op ’n landgoed met

akkers en akkers tuin te woon. Kuns,

handwerk en selfdoen-elemente word slim

saam ingespan.

Of dit ’n patio, houtbanke, stoep, grensmuur,

skadukol onder ’n groot boom of

vervelige trappe is – jy sal al die inligting

wat jy nodig het om dit te verfraai en weer

interessant te laat lyk hier kry.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!