04.05.2013 Views

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

296, BETHLEHEM 9700 058-3034006

e-pos : admin@bvhs.co.za 058-3037178 / 0866365347

Uit die kantoor:

NUUSBRIEF / NEWS LETTER : 03/2013

1 Maart 2013

Die eerste kwartaal van 2013 stap stadig maar seker aan en dit is vir my regtig aangenaam

om te kan sê dat die leerders alreeds besig is om ons trots te maak.

Verlede Vrydag het ons eerste krieketspan in die finaal van die Goudveld-liga gespeel.

Danksy ‘n besondere spanpoging boul ons Gimnasium uit in die 22ste boulbeurt en wen so

die liga met 171 lopies. Om dit reg te kry in ‘n finaal is ‘n besonderse prestasie en bewys dat

krieket by BVHS van krag tot krag gaan. Dit was vir my ‘n voorreg om hierdie span se

wedstryde te kon bywoon en ek is van mening dat die tyd ryp is om ons horisonne ook in die

krieket te verbreed. Baie geluk aan hierdie span en hul afrigters, mnre. Hennie Pelster en

Dean Hurling. Julle is ‘n gedugte kombinasie en waardige kampioene.

Saterdag was BVHS gasheer van die Oos-Vrystaat atletiekkampioenskappe. Ek wil regtig

groot dank aan mnre. Manie Havenga en Andi Wolmarans oordra, wat in beheer was van alle

fasette van die organisasie van die byeenkoms. Ons gesegde van “Trekkers laat jou nooit in

die steek nie” was op hierdie dag duidelik te sien. Van vroeg af was Voortrekker se

onderwysers, leerders en ouers woelig en werksaam om van hierdie dag ‘n sukses te maak.

Groot dank ook aan die graad 11-ouers en onderwysers wat van die verkope so ‘n groot

sukses gemaak het. Julle was baie professioneel met julle mooi vlaggies en voorskote. Ek wil

ook hulde bring aan die talle leerders wat die hele dag gearbei het om van die dag ‘n sukses

te maak. Julle is ware staatmakers en BVHS kan nie presteer sonder julle insette nie. Op die

atletiekveld en -baan het ons ons laat geld en ‘n mooi oes van medaljes ingepalm. Dit,

tesame met die 5 aflosse wat ons gewen het, laat geen twyfel oor waar in die dorp die

atletiekkrag gesetel is nie. Baie geluk aan al ons atlete vir julle pragtige prestasies, rekords en

puik spanpoging. Baie sterkte aan die groot groep atlete wat nog aan die Clover- en

Interhoërbyeenkomste gaan deelneem.

This coming Saturday sees a training camp for all hockey players. The cast of the musical

Grease will also be involved in all day repetitions.

We are quite excited about the start of the winter sports season. Everybody is very active

already and most trials have been completed. We are most grateful to have such loyal

parents and other supporters who assit with coaching, fundraising, sales, etc., during the

season. On Saturday 2 March our teams will be attending the Fichardtpark rugby day. Most

teams will be playing Marlow Agricultural School, a well-known rugby school. At the same

time, our first team will be up against Grey College, Bloemfontein, for the first time in many

years. We wish our players and coaches the very best.

The final countdown to our musical has started. Final finishing touches are done in some

serious repetitions. We are looking forward to the BVHS production of Grease with bated

breath and wish the cast, as well as crew, good luck: break a leg! You are all invited to come

and enjoy the production with us, re-living the good old Greasin’ days....

Tickets are available at Mrs Riana Pelser’s office.

Ek wil ook baie dankie sê aan alle ouers, leerders en onderwysers wat betrokke was by die

baie suksesvolle koshuisfunksie Woensdagaand. U is staatmakers en u lojaliteit en ywer

maak ons koshuis die beste in die land.

Ons leerders is op verskeie terreine besig om mee te ding en te presteer. Daarom is BVHS

die skool van geleenthede waar leerders hulself teen die bestes kan meet en so kan groei as

totale mens. Met die skryf van die nuusbrief besef ek net weereens hoe groot die porsie

genade en seën is wat ons uit die Vaderhand ontvang. Ons bly nederig en dankbaar in U

teenwoordigheid.

Trekker-groete

Gys Coetzee

Oos-byeenkoms lewer skitteratletiek!

Voortrekker bou voort op die uitstekende prestasies tydens Graanveld gelewer en

verwerf ‘n totaal van 112 medaljes: 50 goud, 33 silwer en 29 brons. ‘n Totaal van

sestien rekords word deur Voortrekker-atlete verbeter. Dit sluit in: Letitia Janse van

Vuuren (d/17 gewigstoot en hamergooi), Emma Kleynhans (d/14 90m hekkies), Jana

du Randt en Marni van den Berg (albei d/14 hamergooi), Annika van der Westhuyzen

en Henriette Cronje (albei d/15 5000m stap), Sollie Cronje (d/16 400m hekkies),

Chrizelle Maree (d/19 hamergooi), Regardt Naude (s/14 100m hekkies), Donovan

Bouwer (s/16 110m hekkies), Janlu Claasen (s/17 10000m stap), Ammi Pelser (s/17

400m hekkies), Helgaard van Heerden (s/17 hamergooi), asook 2 aflosse, nl. seuns

o/16 en seuns 0/17. Voortrekker wen altesaam 5 aflosse. Voortrekker het die meeste

atlete in die top 50 naamlik 16.

75 Voortrekker-atlete kwalifiseer om op 8 & 9 Maart aan die Vrystaat-byeenkoms te

Bloemfontein deel te neem.

Voor v.l.nr: Victor Mokoena, Marni van den Berg, Emma Kleynhans, Annika van der

Westhuysen, Sollie Cronje, Henriette Cronje, Tiisetso Madonsela, Juanrick Eagar,

Janlu Claasen

Agter v.l.n.r: Pieter le Roux, Ammi Pelser, Pieter van Zyl, Adru Odendaal, Helgaard

van Heerden, Donovan Bouwer, Letitia Janse van Vuuren, Jana du Randt, Chrizelle

Maree, Regardt Naudé.

KRIEKET

Krieket vs Welkom Gimnasium: Finaal van Goudveld-liga

Voortrekker kolf eerste en teken 267 lopies aan vir die verlies van 8 paaltjies in 50 beurte.

Ammi Pelser, met 81 lopies, anker weereens die beurt vir sy span en word goed ondersteun deur

sy aanvangsvennoot, Phillip Mare (44). Elof Scheepers lig die kolftempo in die laaste 15 beurte

met ‘n vinnige 63 lopies van slegs 38 balle vir sy beste telling van die seisoen.

Daarna kolf Gimnasium en word uitgeboul in 22.3 boulbeurte, danksy ‘n uitstekende

boulvertoning van Kevin Crause, wat vyf paaltjies neem vir slegs 17 lopies! AJ van Wyk boul

weereens baie akkuraat en neem 3/19 en Stefan van Dyk 2/31, om die opposisie uit te knikker

vir slegs 96 lopies!

Voortrekker wen dus die finaal met ‘n allemintige 171 lopies! Die besluit om aan die Goudveldliga

deel te neem het onmiddellik vrugte afgewerp, toe ons die eerste keer in 2010 die finaal teen

Gimnasium wen. Die daaropvolgende seisoen het ons met Hennenman in die finaal afgereken en

dit is dus nou die derde keer dat ons die liga teen al die Welkom- en Kroonstadskole wen.

Hierdie besonderse span het in die afgelope seisoen nege 50 beurt-wedstryde gespeel en almal

gewen. Hulle het vyf 20/20-wedstryde gespeel en slegs in die semi-finaal verloor teen St

Andrews, die kampioen van die Knights franchise.

SPORTLIKS

Swem

Geluk aan Guido Postma, Tyler Muller, Tina Mostert, Elmo vd Merwe, Ryanhart van der Merwe

en Eric le Roux wat aan die Sterkfontein 1500m en 3km swem deelgeneem het. Baie geluk ook aan

Eric le Roux wat gekies is vir die Vrystaatspan wat aan die nasionale oopwater-kampioenskappe op

2 en 3 Maart in Grabouw deelneem.

PERDRY

Geluk aan Allie van Schalkwyk met sy uitstekende eerste plekke en een tweede plek

op die De Aar Saalperd-streekskou.

BOOGSKIET

Baie geluk aan Nadia van Jaarsveldt met haar tweede plek in die Junior Female

Bowhunter Unlimited-afdeling by die SANIFAA Noord-Gauteng 3Dkampioenskappe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!