04.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sommige Aspekte

van die

Werk

van die

Heilige Gees

Deur: F.W.C. Neser, M.Sc.

Teksverse geneem uit 1953 vertaling.

Transkripsie gedoen deur Suster Rina de Lange

Verwerking van transkripsie Kasset No. L089

1

Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

E-pos: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

Webtuiste: www.israelmusthear.co.za

Kantoorure: Maandag tot Donderdag,

09h00-12h00

Drukker: Minit Print Pretoria Noord

Tel: (012) 565-5288

Fax: (012) 565-5289

E-pos info@minitprint.biz

Nuwe Druk 2009

ISBN 978-1-920298-12-8

2

Sommige Aspekte

van die

Werk van die Heilige Gees.

Filippense 3:3;

Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in

Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie.

Die Heilige Gees inspireer die gelowige om te aanbid. Laat ons nou mooi

aandag gee aan wat ek nou vir u gaan voorlees soos dit hier neer geskrywe

is en dan ook my enkele bykomstige kommentare daarop.

Ons lees saam; En as u miskien nie onmiddellik nie saamstem nie, kyk ‘n

bietjie:

Gebed is nie aanbidding nie en danksegging is ook nie aanbidding nie.

Aanbidding is ‘n doelbewuste en besliste handeling van die skepsel in

verhouding tot God.

Aanbidding is ‘n besliste stelling van die skepsel voor God waarin hy

God bemin, vereer, bewonder, intens bepeins en aanbid.

Iemand het dit eenkeer baie treffend so gestel:

In ons gebede is ons gemoeid met ons behoeftes,

In ons danksegging met ons seëninge,

In ons aanbidding met onsself.

Maar daar is geen, vir God, aanneemlike aanbidding behalwe die wat deur

die Heilige Gees self ingegee en gerig word nie. Ware aanbidding moet

dus in en deur die Heilige Gees wees want die Vader soek ook sulke

mense wat Hom aanbid.

Johannes 4:23; - Ons sal nou daardie versie in geheel met mekaar saam

lees, ons gaan net voort.

Die “vlees”: en let daarop die vlees moet daar in aanhalings wees. Ons sal

vir u verder daarop verduidelik. Die “vlees” wil maar op alle gebiede van die

lewe die oorhand hê. Die vlees het beide sy aanbidding en sy

begeerlikhede. Die aanbidding van die vlees is vir God ‘n verfoeisel. Hierin

kan ons die dwaasheid sien van ‘n gesamentlike aanbiddingsdiens waarin

verskillende gelowiges “saam” wil aanbid. Let weer op na daardie; beide

die woorde met hulle aanhalings tekens.

Jy kry baie keer; kry jy by sulke groot geleenthede, veral met publieke

oomblikke, dan kry jy nou verskillende gelowe. Ek dink byvoorbeeld in die

verlede waar daar sulke tye van groot geleenthede was waar almal

bymekaar gebring is, Jode, Katolieke en Protestante. Nou gaan hulle ‘n

groot aanbiddingsdiens hê, of dankseggingsdiens hê, of wat ookal.

Jy kan dit nie doen nie!

3

Jy kan dit nie werklikwaar doen in Gees en in Waarheid nie. Dit is waarom

so baie keer selfs in groot byeenkomste, selfs van een denominasie, waar

daar nie aanbidding kan wees nie want daar is nie ‘n Gees en Waarheid

nie.

Daar is nie ‘n eenstemmigheid van geloof nie en waar daar nie ‘n

eenstemmigheid is nie, daar is die Heilige Gees nie. Daarom is dit vir ons

so belangrik, ook in ons eie dienste, of dit in ‘n biduur is of in ‘n

oggenddiens waar ons netnou sal ingaan, of waar ook al, dat ons daaroor

moet waak en dat ons, ons daarop moet toelê dat ons werklik in die Heilige

Gees bymekaar kom, in ware eenstemmigheid en dat ons ernstig daaroor

moet waak.

As daar iets is wat my ontroer, as daar miskien ‘n tweedrag in my hart is, as

daar iets is wat nie reg is in my hart teenoor my broer, of teenoor my suster

nie, dat ons daardie saak met mekaar sal regmaak. Ons moet onthou, ons

moet baie mooi daarop let. Ons ou klompie byvoorbeeld, praat baie keer

daaroor. Ja, ons is nou juis hier bymekaar. Ons het byvoorbeeld in die

Ekklesia-groep gekom, of dit het Pinkster geword. Ons wou nou juis losruk

van die ou tradisie:- waar my pa, my oupa en ouma en my oupagrootjie het

nou in dié kerk groot geword, nou gaan ek ook maar so aan want ek moet

‘n kerk hê; ek moet ‘n kerk hê waaraan ek behoort.

Nou, ek glo ‘n mens moet êrens behoort, maar ons moet nou kyk of ons nie

dalk ‘n klomp van ons ou tradisie tog met ons saamgebring het sonder dat

ons dit besef nie. Ons het gekom waar ons nou vandag is omdat ons nou

gemeenskaplik aan die waarhede glo waarvoor ons staan. Daarom is ons

nou vanmôre hier bymekaar.

Reg genoeg, dit is ‘n baie goeie fondasie. Maar nou moet ek in my eie hart;

gedurig my eie hart voor God ondersoek, dat my hart altyd in die gees met

God is. Ek kan nie in die gees met God wees as ek ook nie in die gees met

my broer en met suster is nie. Daarom is dit iets ernstig waaroor ek moet

waak en waarvoor jy in die gees moet stry dat daar nie daardie

oneenstemmigheid in my hart sal wees nie. Dat ek daarvoor alles moet

verroer om dit reg te maak sodat ons die werklike aanbidding vir die HERE

kan bid waarin die Heilige Gees vir ons sal lei. (Nog ‘n reël uitgelaat wat

later behandel sal word)

Nie alle ernstige en opregte aanbidding, is aanbidding in die gees nie.

Iemand kan baie ernstig en opreg wees in sy aanbidding en tog homself nie

aan die Heilige Gees onderwerp het nie. Sy aanbidding is dan ook in die

vlees. Selfs wanneer daar miskien groot getrouheid aan die Woord is, kan

die aanbidding nogtans nie in die gees wees nie, dit wil sê, nie deur die

Heilige Gees geïnspireer en gerig nie.

Om opreg te aanbid moet ons geen vertroue in die vlees hê nie. Ons moet

die absolute onvermoë van die vlees erken. Dit is ons natuurlike “self” in

teenstelling met die Heilige Gees, wat in die gelowige woon en wat alles

4

ehoort te vorm, dan kan ons God eers aanbid soos dit Hom behaag.

Ons moet die groot gevaar besef wat daar bestaan dat die “ou-ek” self ons

aanbidding wil binnedring en homself op die voorgrond stel. Ons moet die

“self” volkome kruisig en absoluut verloën en ons geheel en al op die

Heilige Gees werp om ons in ons aanbidding te lei.

Broers en susters laat ek vir u ‘n ernstige ding sê. U weet daar is twee

maniere, wat ons veral hier in die binnekringe; ons baie versigtig oor moet

wees, waar ek versigtig oor moet wees om nou byvoorbeeld om ‘n klompie

soos u te lei. U weet in ons manier van aanbidding, waar ons graag wil hê

dat mense moet getuig, waar ons byvoorbeeld in ‘n oggenddiens baie graag

wil hê dat ‘n persoon in die gees sal optree as hy ‘n getuienis het; dat hy dit

in die gees sal gee as die HERE vir hom ‘n lieflike Skrif oopgemaak het, wat

die HERE aan hom openbaar het.

Soos verlede keer, onthou u, het ons vir u gesê, jy kan met die slimste

verstand, die slimste persoon wees, wat die diepste betekenis in die

oorspronklike taal van ‘n teks kan navors en jy kan dit gee en dit sal nuttig

wees. Maar dan sal daar ‘n eenvoudige, miskien ‘n kind, opstaan: “Ooms

en Tannies luister, die HERE het hierdie versie vir my oopgemaak”. En as

daardie kind, jongmens of die ou skaapwagter of wie ook al, dit vir jou

oopmaak, sal jy sê:

“Prys die HERE, dit is ‘n openbaring van God”.

Nie waar nie?

Ons moedig dit aan. Ons staan daarvoor dat ons ‘n gemeenskap sal hê

waar ons die vrymoedigheid onder mekaar sal hê om dit met mekaar te

deel en wanneer daardie persoon dit uitgegee het en dit was van God af,

ons almal dit sal erken en sê: “Dankie, die HERE het dit vir ons gegee”.

Dit is die eenkant, en ons moet nooit daardie vrymoedigheid verloor nie.

Maar geliefdes, as ons vanmôre eerlik wil wees, dan moet ons ook na die

teenoorgestelde kant kyk. Jy vind dit baie keer in hierdie soort aanbidding

van ons, dat baie kere persone miskien doelbewus, maar miskien met ‘n

mengsel van inspirasie en mengsel van ek, “ekself”, dat hy opstaan en

homself deur hom manifesteer as daardie openbaring wat God hom gegee

het.

Dat daar baie keer mense is wat bid in ‘n diens, hy kan miskien mooi bid,

miskien welsprekend, dat hy meer bid oor die effek wat hy miskien voel wat

sy gebed op die gehoor het, as ‘n werklike aanbidding tot God. Dat daar

partykeer ‘n manifestasie is, en ons staan vir manifestasies, daar is tale,

uitleg van tale, daar is profesieë, daar is partykeer snaakse dinge wat ons

doen, en as jy daardie snaakse ding doen in die Heilige Gees, as dit

waaragtig van die Heilige Gees is, dan sal dit vir niemand snaaks wees nie.

Daar is baie keer in ons midde, omdat ons hierdie soort van aanbidding

5

het, dat daar baie mense is wat dinge doen meer om gesien te word as om

werklik te aanbid.

Nou kry jy die sensitiewe persoon, en dit is hier waar ons moet groei tot

volwassenheid: wat sal sê: “Nou goed, ek sal nooit weer optree in ‘n diens

nie, want dalk probeer ek myself manifesteer of dalk dink andere ek doen

dit”. Ek gaan nou heeltemal in my dop kruip. Dit is verkeerd broers en

susters. Dan is jy ook nie in die Heilige Gees nie. Daarom het ek gehuiwer

om dit vir u te sê, maar ek moet dit sê, want dit is die waarheid.

As ons waarlik tot die heerlikheid van God en die skoonheid en in die krag

van God wil optree, dan moet ons ‘n liggaam wees waarin al hierdie dinge

vir ons baie, baie duidelik is. Aanbidding is heerlik en is wonderlik.

Loof die HERE!

Ons sal nog ‘n bietjie verder daarop inkom, ons maak net hierdie laaste

paragraaf klaar van hierdie gedeelte.

Net soos ons onsself volkome op Christus gewerp het om ons te regverdig

voor God, om ons siele te red en op geen werke van ons eie vertrou het

nie, so moet ons ook alle vermoë tot goedheid van ons eie van ons afwerp

en ons volkome op die Heilige Gees werp om ons in ‘n heilige lewe,

verstand, gebed, danksegging en aanbidding; aanbidding en in alles te lei.

Ek het nou ‘n paar keer al in hierdie reeks gesê en ek wil dit weer

beklemtoon, want ek sien ekself is nog baie skuldig daaraan, ons sê ons

lewe in die dispensasie van die Heilige Gees. My broers en susters, die

Here Jesus het gesê: “Ek gaan weg”; “Ek gaan weg, Ek is nie meer by julle

nie, maar Ek stuur vir julle die Trooster, die Heilige Gees om by julle te bly”.

En as ons dit mooi in sy verband lees en as u weer Johannes 14; 15; 16;

veral lees waar die Here Jesus so met sy dissipels gepraat het, dan is dit vir

my baie duidelik dat die Here Jesus bedoel het dat die Heilige Gees sy plek

sal kom inneem netso letterlik en netso werklik as wat Hy dit gehad het toe

Hy by sy dissipels was.

Netso letterlik soos ek byvoorbeeld hier voor u staan, met u praat en hierdie

dinge met u behandel, netso werklik soos Jesus met sy dissipels gepraat en

met hulle gehandel het. Toe is Hy weg met hemelvaart, maar: “Ek sal die

Heilige Gees in My plek stuur, julle moet net ‘n rukkie wag”.

“Julle moet net ‘n rukkie wag”.

Ek dink die Here sal vir ons meer openbaar soos die lig verder deurbreek in

die dae wat voorlê. Ek verwag groot en magtige openbaringe van God baie

vinnig en nog baie verborge dinge. Hoekom moes hulle daardie tien dae

wag? Ons weet volgens die Skrif in Pinkster (peninta – dit is vyftig) was dit

6

so.

Ons weet dat presies nadat hulle die paaslam geëet het daardie nag, toe

hulle uit Egipteland gelei is en toe die HERE vir hulle die wet daar op die

berg Sinai gegee het, die Here daar in daardie magtige vertoon op die berg

neergedaal het, was dit presies vyftig dae, presies “50 - peninta”, dit is waar

Pinkster vandaan kom, dit is so.

So, presies na die slag van die paaslam, die Here Jesus self, en die

uitstorting van die Heilige Gees, was dit presies 50 dae. So daar is ‘n

ooreenkoms daarmee. Maar ek voel daar is nog ‘n dieper betekenis wat die

Here vir ons sal wys. Net soos die Here Jesus die dissipels gelei het, met

hulle gepraat het, hulle vir Hom kon vrae vra, het Hy vir hulle dinge

geopenbaar.

Hoe baie kere, byvoorbeeld daar met die gelykenis van die onkruid en die

goeie saad. Toe hulle nou eenkant kom toe vra die dissipels vir die Here

Jesus, “Here verklaar vir ons daardie gelykenis van die onkruid”. Die Here

het dit nie voor die skare gedoen nie, want hulle sou dit nie verstaan nie.

Toe maak Hy dit vir hulle duidelik wie die onkruid is en wie die goeie saad is

en so aan.

Hy het met hulle gepraat.

Hy het hulle geleer.

Hy het vir hulle openbaringe gegee.

En so het Hy vir hulle gesê: “Ek stuur vir julle die Trooster”.

Net so glo ek, moet die Heilige Gees met ons praat. Ons sal nog hier

bykom waar ek vir u wil voorbeelde gee. Soos die Heilige Gees in die dae

van die Bybel, in die dae van die handelinge van die apostels, met mense

letterlik gepraat het, vir hulle instruksies gegee het, vir hulle gesê het wat

om te doen.

Broers en susters ons lewe nog in daardie selfde dispensasie, dit is nog

dieselfde Heilige Gees. Dank die HERE vir getuienisse van mense wat

hiervan getuig, maar ek voel dit moet nog baie duideliker in ons lewens

inkom. Ons moet die Heilige Gees weer sy plek gee waarvoor Hy gekom

het en daarvoor moet ons meer doelbewus met Hom wandel.

Neem byvoorbeeld u eie lewe, kyk na die afgelope week in u eie lewe, u

hoef my nie te antwoord nie. In u aanbidding; daar in u stiltetyd, daar in u

werk, die susters in hulle huise, hoeveel keer het u met die Heilige Gees

gepraat. Hoeveel keer het u bewustelik nou opgetree in die Heilige Gees in

die geloof en gesê: “Heilige Gees, hier is ek. Jesus het gesê U sal kom om

my te lei in alle waarheid. Ek wil so graag meer weet van Jesus. Ek het

Hom so lief, maar ek voel ek is nog so ver van Hom af en Jesus het gesê U

sal kom en by my wees en om in my te wees. Ek glo U is in my en by my,

7

ek glo U is nou hier by ons”.

Ek is nie nou besig om vir u ‘n lektuur te gee nie, dan kan u maar

universiteit toe gegaan het of wat ook al geliefdes. Kom laat ons dit besef,

dié Heilige Gees is nou hier! Dit is hoe ons wandel deur die geloof.

Dan het jy gesê: “Heilige Gees leer vir my, ek verstaan nie hierdie deel van

die Skrif mooi nie. Ek weet nie wat om vir daardie persoon te sê nie. Ek

het ‘n probleem. Ek moet iets met hierdie persoon gaan bespreek. Ek

moet iets met daardie persoon gaan regmaak. Ek moet dit gaan doen en

dat gaan doen, en ek weet nie. Heilige Gees wees my leidsman, wees my

leermeester. Ek aanbid U. Ek aanbid U Vader in die Naam van Jesus deur

die krag van die Heilige Gees.

Broers en susters, ek praat uit my eie skuldigheid in baie opsigte wanneer

ek so daaraan dink. Jesus het gesê: “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie”.

Maar ek dink ons loop baie soos ‘n klomp weeskinders rond.

Net nog hierdie gedagtes in hierdie verband terwyl ons nog daarmee besig

is. Kyk net hoe neem towery toe. Kyk hoe neem al die duiwelse praktyke

toe.

Weet u hoekom?

Omdat hulle bonatuurlike bedrywighede het; dit is nie sommer bluf daardie

nie, daardie mense het bonatuurlike magte. Daar is natuurlik ook die

harlekyne. Daar is ook die wat ‘n rat voor jou oë draai, maar in hulle

werkinge is daardie mense erg gely deur demone en deur bose geeste. Dit

is werklikhede en hulle bring bonatuurlike dinge te voorskyn. Met die

gevolg, hulle kry aanhangers by die honderde en by die duisende.

Waar is die bonatuurlike werking van die Gees van God in ons gemeente?

Neem in die handelinge van die apostels, vir my altyd, ek weer ek het dit al

baie gebruik, maar ek kan dit nooit genoeg gebruik nie. As u Handelinge 8

neem, daar waar ou Simon die towenaar - Simon Magus, die mense

verbyster het; verbyster deur sy towerkragte en hulle het hom aangehang

as iets groots.

Maar toe Filippus daar kom in die krag van die Heilige Gees en die HERE

doen bonatuurlike kragte nog vér bokant ou Simon Magus, sien ek in my

gees hoe hy met sy oopmond agter Filippus aangeloop het.

Toe swaai die aandag van die Samaritane weg van ou Simon af. Hulle het

nie eers aan hom gedink nie en hulle het almal geluister na Filippus, en

natuurlik die Here Jesus, ontvang. Bonatuurlike krag waardeur; deur die

Heilige Gees; die Heilige Gees gekom het.

Hoekom sal ons dan nou vir Stéfanus, die eerste martelaar in Handelinge 6

en 7 bewonder, en wat al die wonderlike dinge gedoen het, die

martelaarsdood wat hy gesterf het. Ons sal vir Filippus bewonder!. Maar

8

wat van onsself?

Hoekom kan ons nie Stéfanusse wees nie?

Hoekom kan ons nie Filippusse wees nie?

Die een rede is, miskien die hoofrede, ons gee nie die Heilige Gees die plek

en die aandag nie.

Hy is hier; Hy het gekom! Dit is vir u en dit is vir my!

Kom ons kry die aanbidding!

Kom ons kom op daardie plek waar ons alleen kom met God in aanbidding

as enkelinge, en ook as ons, in ons gesamentlike dienste is. Kom ons vra

die HERE vanmôre dat Hy ons sal leer, ook as ‘n gemeente, hoe om werklik

te aanbid in gees en in waarheid. Kom ons verwag dan die Heilige Gees,

om in ons midde te opereer en homself te manifesteer en ons sal sien, daar

is ‘n wêreld daar buitekant wat wag daarvoor.

As ons dit nie doen nie dan gaan dié wat die demone aanbid en die bose

geeste aanbid, die mense agter hulle aantrek. Die mense vra ‘n

bonatuurlike manifestasie. As hy dit dan nie van God kry nie dan gaan hy

dit van die duiwel ontvang. Kom ons gaan nou na ons volgende een toe, dit

is ook ‘n baie belangrike een.

Handeling 13:1-4;

1 EN daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en

leraars, naamlik Bárnabas en Simeon wat Niger genoem word, en

Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die

viervors, grootgeword het, en Saulus.

2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die

Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die

werk waarvoor Ek hulle geroep het.

3. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat

hulle hul gaan.

4 So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na

Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

Ons sien daar in die tweede vers terwyl hulle besig was om die Here te dien

en te vas, het die Heilige Gees gesê, hier het die Heilige Gees gepraat en

gesê: “Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek

hulle geroep het”. In die vierde vers: “So het hulle dan, deur die Heilige

Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na

Ciprus”.

Kom ons lees net gou ‘n kommentaar en dan sê ons ‘n ietsie meer.

Die Heilige Gees roep mense en stuur hulle in die bediening uit, die Heilige

Gees roep nie net mense in ‘n algemene manier tot Christelike diens nie,

maar kies ook vir jou, jou spesifieke werk en wys dit vir jou uit. Jy kan nie

vir jouself sê: “Ek wil hierheen of daarheen gaan of dit of dat doen nie”. Die

HERE alleen weet wat Hy wil hê, wat jy moet doen, en Hy is gewillig om dit

9

vir jou te wys.

Hoe doen die HERE dit?

Soms praat Hy direk deur profesie.

Soms deur ‘n openbaring.

Soms deur omstandighede.

Soms deur die Woord direk.

Hy sal dit altyd bevestig deur ten minste twee onafhanklike getuies. God

werk nooit stereotiep nie, sodat ons nie aan die Here kan voorskryf hoe Hy

moet werk nie. Die hoofsaak is dat God altyd sy “wil” baie duidelik te kenne

sal maak. Daar is groot behoefte vandag vir manne en vroue wat waarlik

deur die Heilige Gees geroep en gestuur wil word. Daar is helaas baie

manne en vroue vandag wat deur mense geroep is; wat deur die mens

geroep is of wat hulle self geroep het.

Hoe sal ons die roeping van die Heilige Gees ontvang?

Elke gelowige is geroep en gestuur om ‘n getuie vir Jesus te wees.

Dit is nou reg genoeg. Kom ons kyk net vinnig daarna:

Handelinge 1:8;

maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,

en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa

en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Amen!

Prys die HERE!

Lukas 24:46-49;

46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moet die Christus ly en

op die derde dag uit die dode opstaan,

47 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word

aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.

48 En julle is getuies van hierdie dinge.

49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in

die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

“totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte”

Dit is die algemene roeping vir elke Christen, elkeen van ons word geroep

om dit te doen maar dit is nie die spesifieke saak wat ons nou hier onder oë

het nie. Kom ons lees nou klaar dan sê ek verder.

Maar vir ‘n spesifieke roeping moet ons dit waarlik begeer, dit soek, op die

Here wag en dit verwag.

“En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas”; sê die verslag,

onthou u daar in Handelinge 13:2, hulle was ernstig. U kan self daaraan

dink in daardie dae, u weet hoe hulle vervolg was, u weet die Christelike

geloof het toe maar net begin.

Ons een probleem is ons dink waarom ons die Heilige Gees nie nodig het

nie; Ek hoop u verstaan, wat ek nou bedoel is omdat ons so goed

10

georganiseer, veral hier in ons land, is. Die Christendom is mos gevestig,

ons het ons kerke, ons het ons instellings, ons het ons gebruike, ons het

ons Bybels, ons word nie vervolg nie.

Nou is dit maklik, daardie ou vlees, wat ek netnou na wil terugkom, ek wil

nog net vir u Johannes 4:23 nog lees, ek het vergeet

Nou sonder dat ons dit besef, in ons ernstige oomblikke, is dit meer die

vlees en daarby bedoel dit ons natuurlike vermoëns, ons verstand, soos

ons verlede Sondag oor die wedergeboorte gepraat het. Oor die drie

aspekte van die mens, jou gees, jou siel, “mind” soos die Engels sê, en jou

vlees.

Dat baie van ons aanbiddingsveld, kan ‘n mens selfs emosioneel raak in jou

godsdiens. Jy kan emosioneel raak as ‘n paartjie op mekaar verlief raak.

Jy kan emosioneel raak oor jou kinders. Jy kan emosioneel raak oor baie

dinge. Daar is ‘n opwelling van emosie, maar dit is meer wat “uit” die siel

uitkom.

Die ware aanbidding kom uit die Gees, uit die kontak met God.

So, ons kan in ons prediking - - - -

(Ek het baie keer, toe ek dié dinge nie verstaan nie, gedink, hoe kan dit

wees?).

- - - - neem ‘n persoon wat byvoorbeeld preek. Sy gesig kan partykeer rooi

word van emosie en baie keer sal jy sê: “Daardie man het ‘n salwing op

hom”. Dan is dit nooit ‘n salwing nie. Broers en susters dit is sy emosies!

Party persone is , ons het mos gebid dat die HERE vir ons seën, ek probeer

om vir julle te leer, ek weet nie of ons weer so ‘n geleentheid sal kry nie. U

moet mooi kyk, in baie predikings, party predikers is professionele predikers

net soos ‘n professionele politikus.

Ek kon dié dinge nie verstaan nie. Ek het gedink, byvoorbeeld elkeen wat

partykeer hard skree dat die sweet hom afloop en al die dinge, dit is die

Heilige Gees wat op hom is.

Nie noodwendig nie, toe dink ek so terug, toe ek nog ‘n jong seun was, hier

in my skooljare, ons is ‘n ou volkie wat maar baie lief is vir ons politiek,

maar die politiek is deesdae nie meer baie mooi nie, maar toe ons jong

kinders was het ons daardie politieke vergaderinge baie geniet. ‘n Politikus

het lekker sêgoed aan hom, die een ou sê die ander ou lekker en die ander

ou sê die een weer lekker. Ek dink veral aan ‘n sekere persoon, (Ek sal nie

nou sy naam noem nie, party ken hom, hy het later Minister van Poswese

geword maar hy was daar in ons wêreld, eers in politiek in daardie dae in

die opposisie en toe in die Nasionale Party ingekom en so aan). Ek sien

hom nou nog op politieke vergaderinge. Hy kon geweldig emosioneel raak.

Sy gesig kon eintlik bewe van aandoening, maar ek is seker daarvan dat u

met my sal saamstem, dit was nie die Heilige Gees se salwing daardie nie!

Dit was ‘n politieke salwing! So moet ons hierdie sake ook ernstig onder oë

kry.

11

Hoe sal jy weet wanneer dit die Heilige Gees is en wanneer nie? Wanneer

dit jou gees is en wanneer dit die Gees van God is? Dit moet jy leer; om die

Gees van God te onderskei.

Jy weet ons het by; ons het nog nie in hierdie Bybelklas nie, maar ons het in

Vanderbyl Park die Gawes van die Heilige Gees behandel. Ons het ook die

onderskeiding van geeste behandel, (ons het dit op kasset), hoedat jy die

geeste moet onderskei en dit beteken nie net altyd bose geeste onderskei

nie.

Jy moet ook leer om die Heilige Gees te onderskei. Dit is jou belangrikste

onderskeiding. Om te onderskei wanneer beweeg die Heilige Gees en

wanneer beweeg die mens se eie gees of dalk ‘n ander gees. Dit sal jy ook

leer deur aanbidding.

Ons lees net gou uit Johannes 4:23, as u sal onthou ons het vroeër daarvan

melding gemaak:

Johannes 4:23;

23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die

Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook

mense wat Hom só aanbid.

“Die Vader soek sulke mense wat Hom aanbid, wat Hom sal aanbid in gees

en waarheid”

Kom ons vra die HERE,..............

Ek wou dit net vir u netnou genoem het, ek is bly dit het na my terug gekom

want dit was in my gedagte en toe ek so praat toe ontgaan dit my.

As jy byvoorbeeld neem die Jogi en jy neem nou die wyse manne wat jy

baie van lees in die Ooste, jy neem vir Ghandi, hoe lank hy gevas het, en

die Oosterse gelowe van meditasie. Hoeveel van ons weet wat dit is om te

mediteer in die HERE? Hoeveel van ons weet wat dit beteken om ‘n paar

oomblikke stil te gaan sit voor die Here? Of op jou knieë voor die HERE, om

die HERE waarlik te aanbid, jou hart en jou gees vir God oop te maak? Is

daar nie baie van ons aanbidding, ons biddery, wat alles uit my verstand

kom nie?

Ek het probleme, ek het dit, ek het dat, ek is omgekrap; ek het dit en dat, ek

is partykeer dalk ‘n uur op my knieë maar dit was ‘n worsteling in die vlees.

Ek het nie gewag vir die HERE dat Hy ook met my moet praat nie. Ek het

nie stil geword voor die HERE en Hom waarlik aanbid nie. Ek het nie vir

Hom begin vertel hoe lief ek Hom het nie, al sê die duiwel eenkant: “Jy lieg,

jy het die HERE nie lief nie”. Jy moet begin; jy móét begin, ek sê vir jou jy

het die HERE lief; jý het die HERE lief. Broers en susters, julle het elkeen

die HERE lief anders sou julle nie vanmôre hier gewees het nie. Ons het

elkeen die HERE lief. Laat die duiwel sê wat hy wil. Sê: “Wyk Satan”.

Onthou jy het met híérdie dinge te doen.

12

Kom, doen ‘n poging om God te aanbid in gees en in waarheid en kyk wat

die Heilige Gees aan u gaan openbaar in u tye van aanbidding. Dat ons sal

saamkom en meer leer hoe om God as ‘n gemeente te aanbid en ons gaan

kyk wat die HERE vir ons gaan doen en wat die HERE vir ons gaan sê.

Handelinge 8:27-29;

27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ‘n man van Ethiópië,

‘n hofdienaar, ‘n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die

Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het

om te aanbid.

28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet

Jesaja gelees.

29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.

Handelinge 16:6-7;

6 En hulle het deur land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige

Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

7 En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan,

maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.

Ek dink dit is twee wonderlike Skrifgedeeltes daardie.

Kom ons kyk na die gevolgtrekking in die algemene opsomming van hierdie

lering:

Die Heilige Gees lei in die besonderhede van die daaglikse lewe ‘n diens

om te sê waar om te gaan en waar om nie te gaan nie; wat om te doen en

wat om nie te doen nie.

Die volgende kommentaar:

Dit is vir ons moontlik om die duidelike leiding van die Heilige Gees in elke

fase van ons daaglikse lewe te hê.

Dit is belangrike dinge hierdie!

Ek wil maar net weer, al is dit tot vervelens toe, wil ek net weer vir u sê, ons

moet onthou ons is nie nou net hier om ‘n Bybelklas af te handel nie, ons is

nie hier om maar ‘n klomp reëls op papier te stel en met mekaar deur te

gaan nie. Dit is van lewensbelang en ewigheidsbelang, dié dinge wat ons

besig is om te behandel.

Ons Christelike lewe sal nie net tot ‘n mate ‘n klug wees nie, maar sal

tevergeefs wees as ons hierdie dinge nie in uitwerking en toepassing in ons

lewens in het nie. Ek dink dit is verlede keer wat ek vir u gesê het, waar ek

melding gemaak het van die toename van towery en waarsêers en al

hierdie dinge, waar mense na toe gaan.

Mense is vandag in groot moeilikhede, groot spanninge, en groot

onsekerheid. Ons sal verbaas wees, (u wat miskien nog nie nou in sulke

dinge beweeg nie en nie daaromtrent lees of met mense in aanraking kom

nie), u sal verbaas wees as u sou hoor hoeveel mense, van ons eie mense,

ek bedoel nie Ekklesia nie, ek bedoel ons Christelike mense in ons land,

13

hoeveel mense vandag na waarsêers toe gaan. Slamse, soos ons ou

boeregesegde dit noem, om iets uit te vind omtrent die toekoms. Iets uit te

vind omtrent probleme in hulle lewe.

Ek dink ons ou boere volkie ken die woord “toordery” taamlik goed. O, hy is

getoor en al die dinge. Ek onthou van my kinderdae af, het ek van hierdie

dinge gehoor. As iemand nou siek is en hy kan nie gesond word nie en ‘n

dokter kan niks aan hom doen nie: O, hy is getoor of kan julle onthou

daardie snaakse huisbediende of daardie snaakse tuinbediende wat in die

tuin gewerk het. Onthou jy toe jou pa hom weggejaag het of toe hy hom ‘n

klap gegee het en daardie soort van dinge.

Ek wil nie gedagtes in u kop insit nie. Party dinge moet ‘n mens nie eers

oor praat nie. Kyk geliefdes ons glo ons lewe aan die einde van die eeu.

Satan gaan as’t ware, die boomskraapsels van die hel opskraap, om uit te

gooi in hierdie tyd, en daarom ons as kinders van God moet hierdie dinge

weet en ons moet bely vanmôre.

Ons praat van die Heilige Gees.

Ons noem die Heilige Gees se naam in ons gebede maar wat weet ons

werklik van die Heilige Gees? Ek dank die HERE vir dit wat ons in Pinkster

het.

Prys die HERE!

Moenie dink ek verkleineer dit nie. Ek dank God daarvoor. Maar ons weet

nog so min en ons ondervind so min in vergelyking met dit wat die HERE vir

ons het. Die ware kind van God moet waarlik wees soos dit daar sê in:

Romeine 8:14;

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is ‘n kinders

van God.

Dit is ons erfenis!

Dit is wat die Here Jesus voor gesterf het en opgestaan het en waarvoor Hy

nou aan die regterhand van die Vader is.

Petrus sê op Pinksterdag:

Handelinge 2:33;

Nadat hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die

Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít

uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

Die Here Jesus het die Heilige Gees uitgestort. Dit is nog presies dieselfde

vandag. Daardie ondervindinge moet ons kan hê.

Hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde.

Kyk wat sê die Heilige Gees vir Filippus, die Heilige Gees praat met

Filippus: “Filippus gaan na daardie wa toe”. Dit is vir ons iets mooi, ons het

daarmee groot geword. Ons lees dit in die Handelinge van die apostels. O,

Filippus was ‘n wonderlike man. Dit is ‘n wonderlike verhaal. Ons in

Pinkster gebruik dit as een van die dele om vir mense te wys van die doop

14

wat reg is. Lateraan toe hulle nou by die water gekom het toe sê die

kamerling vir Filippus: “Kyk hier is water, wat verhinder my om gedoop te

word”.

Ons sal met groot besonderhede wys en sê, kyk die wa het stilgehou en

hulle het altwee afgeklim en hulle het altwee in die water ingegaan. Hulle

het altwee opgekom uit die water, dit is die waarheid. Dit is die doop! Dit is

weer die onderdompeling nadat jy tot geloof gekom het. Dit is heeltemal

reg. Maar kyk die HERE het met Filippus gepraat. Die HERE het vir

Filippus gesê: “Gaan doen dit”. Hy het die stem van God gehoor en toe hy

klaar is, toe kom neem die Heilige Gees hom weg.

Ek weet nou nie, ek is nie dogmaties daaromtrent nie, maar dit lyk vir my of

die Heilige Gees hom deur die lug gedra het want die volgende oomblik sê

dit hy is in Gasa gevind. Dit was ‘n vér ent daarvandaan af. Die Heilige

Gees het hom (Philippus) self getransporteer.

Die Here Jesus het gesê: “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie. Ek stuur

vir julle ‘n ander Een in My plek, die Heilige Gees”, broers en susters en kyk

wat het Jesus gedoen met sy dissipels. Solank Hy by sy dissipels was, was

hulle nie bang nie. Hy het die dooies lewendig gemaak. Hy het brood en

visse vermeerder as die mense honger was. Hy het die storm stil gemaak.

Wat het Jesus nie alles gedoen nie.

Nou as Hy iemand anders stuur in sy plek, om sy plek te neem, sal Hy dan

nie dieselfde doen nie? Maar nou onthou die Heilige Gees is ook Gees. U

en ek is liggame. Hy sal nou daardie dinge wat Jesus gedoen het en eintlik

as ons dit mooi bestudeer sal u sien dit was ook die Heilige Gees wat dit in

Jesus gedoen het, want Jesus was deur die Vader gestuur.

Nie net om vir ons sonde te sterwe nie, dit is baie belangrik, maar Jesus

was ook deur die Vader gestuur om aan die mens te kom demonstreer hoe

die mens kan lewe wat weer terug gebring is in die ware verwantskap en

die verhouding tot God as kind tot Vader. Die kinders van dié Vader, die

Almagtige Vader. Dit is wat Jesus gedoen het. Niks in sy hoedanigheid as

God self nie, maar vervul met die Heilige Gees.

Toe sê Jesus:

Johannes 14:12;

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, - die werke wat Ek

doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek

na my Vader gaan.

Waar is dit broers en susters?

Ons hoef nie die vinger te wys na iemand anders as behalwe na myself nie.

Sal dit my help om rond te hardloop, wag, dalk sal ek dit daar kry. Dit wat

ons weet, hier staan dit, ons het die lig, ons het die waarheid. Ons moet

15

dan net op die plek kom en sê: HERE, dit is U belofte.

Nou wil ek nog net ‘n belangrike ding vir u sê. Baie van die dinge moet u

maar weer oordink wat ek met u praat. Ek het nie tyd om dit in

besonderhede vir u te verduidelik nie. U moet die Heilige Gees vra om ook

vir u te verduidelik wat ek vir u sê.

Ek vra mos, ek staan hier, nie om vir u te sê hoe ‘n wonderlike leraar, of ‘n

wonderlike persoon nie, maar ek sê dit op grond van ons gemeenskaplike

geloof. As ek dan nou die Here gevra het, die Heilige Gees gevra het om

my te help om u vanmôre te onderrig, dan moet ek mos glo dat Hy dit vir my

doen. Dan moet u ook glo, dat dit wat ek vir u sê, dat daar groot krag in

steek, nie omdat dit ek is nie, maar ek het my aangebied as die kanaal van

die HERE.

Baie van ons, kyk daar is sonde belydenis, dit is reg; daar is heiligmaking,

dit is reg; daar is ‘n heilige lewe, dit is reg. Maar baie van ons is te geneig,

as ons nou nie het wat God belowe het nie, en sien hoe ver tekort skiet ons,

om onsself te verknies. “Ag HERE, ek is maar hopeloos; ag HERE, ek is

nog ‘n ou sondaar; ag HERE, ek is nog dit; ag HERE, ek sal dit seker nooit

bereik nie.

Sekerlik, ek moet nooit selfvoldaan raak nie. Dit is reg genoeg, maar

solank as wat u so bid en so praat, kry die duiwel baie, baie lekker. U moet

ook opstaan en u moet saam met die Aapostel Paulus sê: “Ek is tot alles in

staat deur Christus wat vir my die krag gee”.

Dit is God se belofte dat ek deur die Heilige Gees gelei sal word.

Dit is God se belofte dat u die Heilige Gees sal ontvang.

Daarom ontvang ons die Heilige Gees, daarom stap ek hierdie dag in,

daarom stap ek daardie geleentheid binne in die krag van die Heilige Gees.

Broers en susters, gaan en doen die ding vir God en kyk wat die HERE vir u

sal doen.

Prys die HERE!

U moet mooi kyk, as u na die Bybel kyk, kyk mooi na die Heilige Gees. Die

Heilige Gees het soos ‘n magtige rukwind gekom op die dag van Pinkster.

Dit sê reg aan die begin in Génesis 1:1-2;

1 IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.

2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die

wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

“God het die hemel en aarde geskape en die aarde was woes en leeg en

die Gees van God het oor die water gesweef”.

Die Here Jesus sê vir Nikodémus:

“Die Heilige Gees is soos die wind;” so is ook elkeen wat uit die Heilige

Gees gebore is, jy weet nie waar hy vandaan kom nie of waarheen hy gaan

16

nie.

Johannes 3:8;

Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie

vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is ook elkeen wat uit

die Gees gebore is.

“jy weet nie waar hy vandaan kom nie en jy weet nie waarheen hy gaan

nie”.

Kyk na die blare vanmôre, daar waai ‘n windjie!

Die Heilige Gees is “beweging”, ook in ons geestelike lewe is die krag van

die Heilige Gees. Jy kan jouself moeg bid. Ek sê dit (die HERE help my dat

u nie my verkeerd verstaan nie) jy kan jou moeg bid dag en nag, maar as jy

nie nou gaan opstaan en nou gaan wandel en handel in die naam van die

HERE nie, gaan jy niks uitvoer nie.

Dit wat jy vir die HERE voor vra, vir die Heilige Gees voor vra wat jy nodig

het in jou binnekamer; is openbaringe, oortuiging van dinge wat verkeerd is

in jou lewe. As jy jouself voor God verootmoedig, reg genoeg, dit wat jy in

jou binnekamer nodig het, sal die Heilige Gees vir jou in die binnekamer

gee.

Maar die HERE sal nie vir jou krag gee om vir ‘n sieke te gaan bid in ‘n

ander straat of in ‘n ander dorp “in jou binnekamer nie”. Hy sal vir jou die

krag gee daar waar jy moet gaan. Ek hoop u verstaan wat ek bedoel?

Die Heilige Gees se werking in ons is “beweging”.

Jy moet beweeg.

Die HERE sê:

Gaan en verkondig die evangelie,

Gaan maak die siekes gesond,

Gaan reinig die melaatses,

Gaan en wek die dooies op ens.

Filippus het hierdie dinge gedoen.

Hoekom dan net met Filippus?

Hoekom nie met u en met my nie?

Hierdie dinge is juis vir ons gegee om te wys wat die Heilige Gees sal doen.

Dit is vir ons moontlik om die duidelike leiding van die Heilige Gees in elke

fase van ons daaglikse lewe te hê. Dit is byvoorbeeld nie God se bedoeling

dat ons met elke persoon wat ons ontmoet, mee moet praat nie. Daar is

sommige met wie ons nie moet praat nie. Die tyd wat daaraan bestee

word, sal net verspil word. Daar is geen twyfel nie dat Filippus seker baie

mense langs die pad ontmoet het op weg na Gasa toe waar die Heilige

Gees hom beveel het, om hom daar by die wa te gaan voeg. Netso is die

Heilige Gees bereid om ons te lei in ons besigheid, in ons studies. In alles

kan ons op die wysheid van God aanspraak maak.

17

Daar is geen belofte meer duidelik en spesifiek as in Jakobus 1:5, hoe sal

ons die wysheid bekom? Lees Jakobus 1:5-7.

Onthou u toe die Here Jesus op pad was na Jerusalem, op sy laaste

gedeelte van sy reis na Jerusalem, toe gaan Hy deur Samaría, Ek kan die

Skrif nie op die oomblik nie onthou nie maar u kan dit naslaan as dit my nie

binne val nie. Die idee is daar, dit sê ook profeties in Jesaja 50.

“Sy gesig was soos ‘n keisteen gerig op die kruis”.

Die mense in Samaría het die Here Jesus baie kwalik geneem op daardie

oomblik toe Hy deur Samaría gegaan het. Want as jy mooi lees dan lyk dit

of die Here Jesus nie eers na hulle gekyk het nie, want Hy was toe besig

met ‘n ander saak.

So ook as ek terugkyk in my eie lewe in die bediening, geliefdes, en ek kyk

terug dan sê ek: “HERE ek wens ek kon die dae as ek hulle bymekaar tel,

die weke en miskien maande terug kry wat ek vermors het op mense na wie

ek nooit mag gegaan het nie”.

Dae, nagte, by mense! Ek sien nou nog party van hulle voor my oë; party is

al dood, party van hulle is vandag nog netso in die wêreld as wat hulle

daardie tyd was. Al my besoeke, al my getuienisse. Ons aanryery van

hulle na die kerk, dit het niks gehelp nie. Ek moes hulle nie eers besoek het

nie.

Ek moes meer op die Heilige Gees gewag het dat Hy vir my gewys het na

wie toe om te gaan, op wie my kragte en my tyd en my energie uit te giet.

As die Here dan vir jou daardie persoon gewys het, dat jy dan niks sal

spaar nie, soos Filippus ook niks gespaar het nie.

Soos Jesus ook niks gespaar het nie:

Daardie vrou by die put van Samaría, op die hitte van die dag. Hoeveel

mense, nader, kon Hy nie besoek het nie. Daardie myle het Hy afgeloop vir

een vrou daar by die put van Samaría, want Jesus was volkome onder die

beheer en die leiding van die Heilige Gees.

So baie van ons Christelike aktiwiteite partykeer, ek kan amper sê

veldtogte, organisasies, al die dinge, is verspeelde krag, energie, middele,

onkoste, jou brandstof wat jy gedaan gery het en al die dinge. Laat ons

meer bid en wag op die HERE:

“HERE, hier is ek”.

Kom ons kyk na hierdie belofte om byvoorbeeld meer wysheid te verkry om

die leiding van die HERE meer te kry.

Ons lees nou:

Jakobus 1:5-7;

5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid,

wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan

18

hom gegee word.

6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat

twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en

voortgesweep word.

7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie -

Ja, Prys die HERE

Kom ons kyk gou hier na ons vyf stappe.

Hier is in werklikheid vyf stappe.

1) Ons kom wysheid kort.

Wie kan vanmôre sê: “Ek kom nie wysheid kort nie”. Elkeen van ons kom

wysheid kort. As ons dit dan erken dan weet ons mos nou hier wat om te

doen. Ons moet daarvan bewus wees en dit ten volle erken dat ons in

onsself onbekwaam is om ‘n wyse besluit te neem. Nie net moet die

sondigheid van die vlees afgelê word nie, maar ook sy wysheid.

Kom dat ons na nog iets kyk. Kom ons maak ‘n erkenning voor die HERE.

U kan dit maar in u eie hart maak as u skuldig is. Neem jou daaglikse lewe.

Ons hele dag se beweging bestaan tog tot ‘n groot mate uit ‘n

opeenvolging van besluite wat jy neem. Jy besluit nou jy gaan nou winkel

toe. Die vrou sê: “Ek moet vandag huis skoonmaak”. Die man besluit hy

moet dit of dat doen. En jy het jou werk waarheen jy moet gaan.

Hoeveel van ons besluit: “Ek moet ‘n nuwe motorkar koop, ‘n nuwe pak

klere, ‘n nuwe rok; soos die sjokolade waarvoor ek lus het. “Ek” doen dit,

ék, ék, ék! Hoeveel van ons gaan op ons knieë en sê: “HERE die dag lê

voor. Dit is ‘n onbekende dag. Dit is ‘n wonderlike dag, want hy is nog nie

gebore nie. Dit is ‘n dag in u hand. HERE lei vir my in al my besluite. Want

party van my besluite wat ek vandag mag neem, mag my so affekteer, dalk

vir die res van my lewe”.

Nie waar nie?

Ek kom wysheid kort.

Ek erken ek het dit nie, al hierdie wat ek nou moet koop of doen.

Hoeveel van ons het werklikwaar dit ‘n saak van gebed gemaak? As u nou

so terugdink, ons is almal groot mense, hoe baie van die groot dinge wat

ons, in ons lewens gedoen het, het ons maar net gaan doen. Ons het dit

nie werklik ‘n saak van gebed gemaak nie. Ons het nie werklik vir wysheid

gevra nie.

As u so terug kyk oor u lewe en as ek so terugkyk oor my lewe, HERE daar

is so baie wat ek so baie spyt oor is, waar ek sulke dom dinge gedoen het.

Waar ek dinge gedoen het waarin ek mislei was. HERE as dit nie vir U

genade was nie, ten spyte van dat ek nie U leiding erken het nie, as dit nie

vir u genade was nie, waar was ek vandag.

Maar broers en susters, hoeveel beter kan ons nie wees nie? Hoe kan ons

19

die wil van God weet as ek nou nie net my sondigheid voor God erken nie?

Ons weet dit is die eerste stap van ware bekering tot God.

Ek moet erken:

“HERE, ek erken in hierdie vlees van my leef niks goeds nie.

HERE, ek is ‘n sondaar.

HERE, wees my arme sondaar genadig”.

Dit is hoe ons tot bekering gekom het. Hoeveel van ons erken: “HERE,

hierdie ou wysheid van my is maar menslike wysheid, dit is vleeslike

wysheid HERE. Dit beteken niks. HERE, van nou af wil ek beweeg alleen in

die wysheid wat U my kan gee, dit is in die Heilige Gees”.

Ek hoop u kan begin sien, sonder dat ons dit moedswillig gedoen het, dat

ons kan sien, hoeveel van ons belydenis van die Heilige Gees is eintlik

lippetaal, miskien omdat dit uit onkunde is. Dat die HERE vir ons genadig

sal wees om vir ons oor te sien. Ons moet bid, nie net die sondigheid van

die vlees af te lê nie, maar ook die denke van die vlees moet ek af lê. Ek

moet dit verwerp en sê: “HERE ek soek U wysheid”.

Ek wou hier in geskryf het toe ek dit hier afgeskryf het, dit val my nou net

by, u kan dit maar miskien met ‘n pen inskrywe. U ken die ou woord

“eiewysheid’, Ons weet wat is eiewysheid, dit is nie ‘n goeie naam nie,

maar baie van ons handelinge is maar eiewysheid.

2) Ons moet waarlik begerig wees:

Om God se weg te ken.

Om Sy wil te doen.

Dit word in die vrae veronderstel as ons dit opreg bedoel het. As ek opreg

is voor God en ek vra vir Hom wysheid, dan beteken dit ek erken: ek wil U

wysheid hê. HERE, ek lê my wysheid af. Hierdie is ‘n saak van uiterste

belang. Hierin vind ons die rede waarom mense soms nie die wil van God

ken nie en ook nie die leiding van die Heilige Gees het nie.

Hulle is nie waarlik gewillig om te doen soos die Heilige Gees lei nie. Die

Heilige Gees se leiding is in meeste gevalle teenstrydig met dit wat ons wil

doen, en daarom wil ons dit nie altyd hê nie. Daarom sê ons baie keer, ag

HERE, moet nie vir my sê wat ek moet doen nie, want ék wil dáárdie ding

doen ék wil dáárdie ding hê!. Dit is nie altyd lekker vir die vlees nie, want

die vlees is ook nog nie dood nie; as u my boodskap onthou oor die

wedergeboorte.

Jy as wedergebore mens, net een deel van jou is weergebore, net jou gees.

Jou liggaam en jou siel is nog nie weergebore nie. Dáárdie wedergeboorte

kom die dag van die opstanding. Daardie dag van die opstanding, dan is

aldrie in harmonie met mekaar.

Ons kan maar net sê: “HERE, verhaas daardie dag”!

Wat ‘n heerlike dag wanneer daar nie meer botsings is hier binnekant nie;

20

een deel wil soontoe en die ander deel anderkant toe.

Die HERE se wysheid is in die meeste gevalle teenstrydig met jou eie

begeertes. Hierin vind ons die rede waarom mense soms nie die wil van

God ken nie en ook nie die leiding van die Heilige Gees het nie. Hulle is

nie waarlik gewillig om te doen soos die Heilige Gees lei nie.

Dit is die ootmoediges wat Hy lei in die reg en aan die ootmoediges wat

Hy sy weg leer.

Kom ons lees Psalm 25:9;

Hy sal ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.

Ootmoedigheid is ‘n wonderlike woord en ‘n wonderlike betekenis.

Dit is hy wat gewillig is om Sy wil te doen wat sal weet.

Johannes 7:17;

As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer

weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

As iemand gewillig is sal hy weet.

As jy nie gewillig is om jou aan die wil en leiding van God, werklik te

onderwerp nie, sal jy nie eers weet nie. Die HERE laat jou maar jou eie weg

gaan behalwe waar Hy natuurlik ingryp deur sy grenslose genade.

3) Ons moet bid, baie beslis vir leiding bid.

Ons moet bid, baie beslis vir leiding bid, dit is ook daarin begrip as iemand

wysheid kort, kom laat hom dit van God bid, laat hy bid daaroor. Hoeveel

van ons, hoeveel van ons spandeer tyd daaraan om werklik te bid vir

wysheid?

Ons wat jong kinders het, veral in hierdie dae, jong seuns, jong dogters. Ek

is seker daarvan dat u wat jong ouers is, wat kinders het wat in die

ontluikende stadium van hulle lewens begin kom het, ek is daar seker van u

besef dit vandag terdeë. Jy weet nie; jy weet nie hoe om daardie kinders te

lei nie. Jy weet nie wat om vir hulle te sê, wat om voor ja te sê, wat om voor

nee te sê nie, in ‘n tyd soos hierdie nie. Jesus het gesê as daar ooit ‘n tyd

was waarin jy wysheid nodig gehad het, is dit vandag. Lê op u aangesig

voor God vir wysheid vir u kinders. Dat u die regte ding op die regte tyd sal

doen.

Baie keer in ons erns voor God; Ons is ernstig volgens ons beginsels. Ons

is ernstig in hierdie dinge en ons bedoel dit met die beste bedoeling in die

wêreld; maar u doen ‘n verkeerde ding. U kan self daaroor uitwei, want u

kan dae daaroor uitwei.

4) Ons moet met volle vertroue leiding verwag.

Dit is met enigiets so. Ons sê vir mense wat ons na die HERE toe lei, jy het

nou klaar gebid, jy het nou klaar vir die Here gesê: “Here ek is ‘n “hel

verdiende” sondaar. Here, vergewe my sonde, was my in die kosbare

21

loed van die Here Jesus”.

Neem nou jou verlossing aan.

Neem dit nou van die Here.

Die Here kan dit nie vir jou gee as jy dit nie neem nie.

Ons ken dit mos. Dit is die ou weg. Dit is dieselfde met goddelike

genesing. Ag daardie broer of daardie suster kan nou net nie sy of haar

genesing neem nie. Eers is hande opgelê. Die HERE sê: “deur sy wonde

het daar vir ons genesing gekom”, ensovoorts. Ons kom nou al in Pinkster

en dank die HERE daarvoor vir die groot waarheid van die geloof dat jy jou

genesing moet aanneem. Ons kom nou al in die geloof, dat jy jou genesing

moet aanneem.

Maar neem nou jou wysheid ook so van God.

As jy voor die HERE erken: “Ek het geen wysheid nie, ek lê my wysheid

neer en ek ontvang U wysheid”. Dit is hoe u alles van God ontvang, deur

die geloof. Sonder geloof sal jy nie die HERE behaag nie. Nou moet jy die

HERE se wysheid ontvang en nie bang wees en sê: “Ag nou sal ek dalk ook

nog ‘n fout maak”. Dit is ongeloof. Jy moet nou begin handel.

As ek so terugkyk oor die lewe, dan kan ek sien hoekom jy nog heel

moontlik in party dinge dalk nog ‘n paar foute sal maak, maar ek kan sien,

ook in die lig van die Gees, dit is oefening soos enigiets anders.

Die HERE sê in sy woord:

“Beoefen jou in die Godsaligheid”, nie waar nie?.

Jy moet jou beoefen in die geloof.

Jy moet jou beoefen om nou God op sy woord te neem.

Jy het nou sekere besluite wat jy moet neem.

Jy moet besluit oor jou kinders.

Jy moet besluit oor jou werk, oor jou huishouding, wat ook al.

Nou vra jy die HERE vir wysheid:

Jy verootmoedig jou voor God.

Jy lê voor Hom en sê:

“HERE, hier is ek. Deurgrond my as daar iets verkeerd is in my hart”. Dit is

die eerste ding wat ons altyd moet doen as ons na God toe kom.

“HERE, deursoek my hart en kyk of daar by my ‘n weg is van smart en lei

my op die ewige weg. Reinig my deur U kosbare bloed, as daar iets

verkeerd is, HERE, dat ek sal regmaak. HERE, dat my hart skoon is met U”.

Net terloops by dit, weet u nie dat die duiwel met u maak, soos ons wat nou

boere was, ek onthou; ek wil net van hierdie gevalletjie vertel: Die boere

daar waar ek groot geword het, het ons hierdie sekere tipe meerkat, die

22

waaierstertmeerkat. Ek weet nie of hier baie in die Transvaal is nie? Die

boere het ‘n vreeslike sonde met hulle. As jy jou mielies geplant het, daar

waar hy nou ontkiem het en die pit so lekker uitgeswel het dan is daar

partykeer so ‘n lang kaal strook, dan het die meerkat van een mieliepit na

die ander gegaan, dan het hy dit uitgegrawe en opgeëet, te lekker. ‘n

Meerkat kan grawe!

Eendag is daar ‘n ou broer, ook oor sonde belydenis en ernstig met die

HERE, maar hy kon net nie regkom nie. Hy bid toe saam met ‘n ander broer

en die HERE wys toe duidelik vir dié broer ‘n meerkat. Die HERE wys vir

hom daar is baie van sy sondes wat al lankal begrawe is. Die HERE het

daardie sondes vergeet. Die HERE het daardie sondes vergewe. Nou kom

die duiwel soos die meerkat en kom grawe weer daardie sonde uit: “Hier is

jou sonde; Hier is jou sonde; Hier is jou sonde!”. En die HERE wys vir hom

duidelik die meerkat wat so agterna loop agter die mieliepitte aan.

Broers en susters, u wat sonde bely het en die HERE gevra het vir genade,

die HERE sê in:

1 Johannes1:9;

As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die

sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Ons moet nou versigtig wees as ons God se aangesig soek, nou vir ‘n rein

hart, en die HERE ons lewens skoonmaak. Moenie laat die duiwel met jou

“meerkat” speel nie en weer ‘n klomp ou goed uitgrawe en dit voor jou gooi

nie.

Dit sê in Romeine 5:1, en ook in Romeine 8:1, die twee kom ooreen:

Romeine 8:1;

1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is

nie.

Onthou daardie deel! Die wat nou klaar is en jou hart voor God

skoongemaak het, en jy het vir God gevra vir wysheid:

“Dankie HERE, U het nou vir my die wysheid gegee” en nou gaan ek - - - - ,

(Ek weet nie of u onthou het, ‘n tydjie gelede het ek met u gepraat van ‘n

kliekkertjie, ek dink dit is in hierdie reeks, so ‘n entjie terug: Die HERE gee

vir jou so ‘n dingetjie wat so kliek-kliek hier binnekant. Jy moet luister na sy

stem).

- - - - ‘n verkeerde ding doen, luister Hy sal vir jou sê. As Hy nie

werklikwaar vir jou die groen lig gee nie, staan eers ‘n bietjie stil, luister na

die stem hier binnekant jou.

Met ander woorde geliefdes, dit kom weer daarop terug, wandel in die

geloof, vertrou God, laat die HERE ‘n groter werklikheid in ons lewe word en

u sal sien, u het dan die leiding van die Heilige Gees in u lewe ontvang, die

wysheid deur die geloof.

23

Ons lees weer die 4de stap: Ons moet met volle vertroue leiding verwag.

Hy moet in die geloof bid sonder om te twyfel.

5) Ons moet een stap op ‘n keer volg soos die leiding kom.

Presies hoe dit sal kom, kan niemand jou sê nie, maar dit sal kom. Dit is al

wat ons nodig het om te weet.

Die volgende stap:

Baie is in die duister aangaande leiding, omdat hulle nie weet wat God wil

hê hulle volgende week moet doen nie; let daarop – volgende week of

maand of volgende jaar moet doen nie. Weet u wat die volgende stap is?

Dit is genoeg - “One step at a time”.

Matthéüs 6:11; - gee ons vandag ons daaglikse brood; Gee ons nie môre

se brood nie. Die Here Jesus het ons so geleer bid:

“Gee ons vandag ons daaglikse brood”.

Númeri 9:17-23;

17 En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van

Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het

die kinders van Israel laer opgeslaan -

18 volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel

weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; al

die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die

laer gestaan.

19. En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van

Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.

20. Maar soms was die wolk net ‘n paar dae oor die tabernakel –

volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en

volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.

21 En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre - as die

wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag -

as die wolk optrek, het hulle weggetrek;

22 of na twee dae of ‘n maand of langer - as die wolk lank oor die

tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie

weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.

23 Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en

volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die

voorskrif van die HERE in ag geneem volgens die bevel van die

HERE deur die diens van Moses.

Prys die HERE!

Is dit nie wonderlik nie!

Al hierdie dinge is “tipes” vir ons.

Is tipes vir ons, aan die einde van die eeue wat gekom het.

Amen.

24

Iets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen

vanaf sy kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf Génesis

tot Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes.

siektes en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en

aan hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van

hierdie rampe sou wees nie; en ook dat Israel as God se Demonstrasie

Volk op aarde is. Dit was egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die

Jood of die Kerk is of kan wees nie. Mettertyd het hy tot sy groot blydskap

ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en Germaanse nasies inderdaad die

nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n

ware wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus

die Christus as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome

harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra

moet word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het

F.W.C. Neser die onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL KAN

HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar by Ekklesia kantoor:

No Titel

1 Die Afrikaner -- ‘n Unieke Volk

2 Ander Evangelie

3 Segregasie -- Wat sê die Skrif?

4 Die Bedienings Gawes van Jesus Christus

5 Die Bybel is Waar

6 Christendom en Kommunisme

7 Die Boek van Daniël

8 Daniël se 70ste Week

9 Die Derde dag Opstanding van Christus

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

25

No Titel

13 Die Doop, in watter Naam (pamflet)

14 Die Duiwel

15 Engele

16 Die Fondament van die Christelike Lewe

17 Die Gawes van die Heilige Gees

18 God se Groot Week

19 Goddelike Genesing

20 Die Profeet Hoséa

21 In die Oppersaal

22 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Die Israelwaarheid - TV Onderhoud

25 Die Boek van Jesaja

26 Jesus van Nasaret

27 Die Boek van Joël

28 Die Kerk van Rome en die Mens van Sonde

29 Krag van die dwaling

30 Die Kruis

31 Moses en sy “Kusitiese” Vrou

32 Mure van Jerusalem

33 Na die Dood – Wat Dan?

34 Die Name van God

35 Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde

36 Die Boek van Openbaring

37 Die Openbaringe van die Apostel Paulus

38 Die Opraping

39 Die Brief aan die Romeine

40 Rusland in Profesie

41 Die Sabbat

42 Die Slang van Génesis 3

43 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

44 Tempel van God

45 Terwille van die Engele

26

No Titel

46 Troos, troos my Volk sê julle God

47 Die Twee Sade op Aarde.

48 Die Tyd van die Heiden

49 Verblinding van Sinne

50 Verdrukking Die Groot

51 Die Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1

52 Die Verlore Tien Stamme van Israel

53 Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie

54 Die Vrug van die Heilige Gees

55 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

56 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

57 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

58 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

59 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

60 Die Wederkoms van Christus

61 Wêreldgebeure

62 Die Wet van die Here

63 Wie is my Naaste?

64 Wie was Hulle?

Nuwe Byvoegings:

No Titel

65 Hoe sal ons ontvlug

66 Wat ek vrees kom oor my

67 Laat U wil geskied

68 Die Arsenale van God

69 Die kinders van God

70 Noag die Opregte

71 Ken U Vyand

72 Die Groot Opdrag

73 Die wonderlike wêreld van môre

74 Die volk en verootmoediging

75 Die Troon van Dawid

27

English books available

No Titel

1 After Death What Then?

2 Segregation – What saith the Scripture?

3 The Bible Predicts "Atomic War"

4 The Book of Joel

5 The Book of Revelation

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 The Great Tribulation

9 The Israel Truth T.V. Interview

10 The Lost Ten Tribes Of Israel Part 1

11 The Lost Ten Tribes of Israel

12 The New Heavens and the New Earth

13 The Origin, History and Destiny of the White Race

14 The Past the Present and the Future in the Light of Scripture

15 The Rapture

16 Russia in Prophecy

17 The Serpent of Genesis 3

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

New Additions:

No Titel

20 Sons of God

21 The Two Seeds Upon Earth

22 The Bible is True

23 Noah the Man without Blemish

24 Israel in the New Testament

25 Moses and his “Cushite” Wife

26 Unpublished Writings

28

Naslaan Biblioteek: Boeke oor verskillende onderwerpe is beskikbaar

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

Webtuiste:

Besoek ook ons webtuiste: www.israelmusthear.co.za waar u bykans

1500 preke/leringe van Pastoor Neser en ± 100 Afr. en Eng. boeke wat

deur Pastoor Neser geskryf is, volledig kan aflaai. Hierdie diens is gratis.

E pos Adres: ekklesiekassetfonds.neser@gmail.com

Gebruik die adres om u bestelling van boeke/CD’s/of DVD’s te plaas of om

met ons in die kantoor kontak te maak.

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!