04.05.2013 Views

Kol.2:11-15 Quasimodogeniti 15 April 2012 6. Aangesien julle dan ...

Kol.2:11-15 Quasimodogeniti 15 April 2012 6. Aangesien julle dan ...

Kol.2:11-15 Quasimodogeniti 15 April 2012 6. Aangesien julle dan ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kol.2:11-15

Quasimodogeniti 15 April 2012

6. Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in

Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.

8. Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is

dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.

9. In Hom is die volle wese van God beliggaam, en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is

die hoof oor elke mag en gesag.

11. Deur julle verbondenheid met Christus is julle ook besny. Dit is ’n besnydenis wat nie deur mense verrig

word nie, maar deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur.

Dit het by die doop plaasgevind deurdat julle toe saam met Christus begrawe is. Deur die eenheid met Hom

is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Christus uit die dood

opgewek het.

Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God

het julle egter saam met Christus lewend gemaak en deurdat Hy al ons sondes vergewe het.

Hy het die skuldbewys / skuldbrief met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het

Hy dit vir goed uitgedelg. Hy het die bose magte ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as

gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. (Kol.2:11-15)

Liewe gemeente,

Ek weet nie of onlangs iemand vir julle vertel het dat wat in die kerk gesê word, eintlik net goeie reëls en

regulasies is, dat dit eintlik tekort skiet. Het iemand vir julle al raad gegee om nog meer kennis en wysheid

elders te soek? Ek bedoel, dis mos ooglopend dat in die kerk nie wiskunde of wetenskap beoefen word nie,

dat ons hier nie filosofie of geskiedenis hanteer nie, nie waar nie? So die kennis moet elders gesoek word, of

hoe? Neem bv die Buddhiste wat vir die mensdom blykbaar hoër wysheid aanbied as enige ander godsdiens.

Hulle beweer dat Christene wel goed op pad is, maar hulle skiet ver tekort om by die lig uit te kom.

Buddhisme bied die ware leer aan. So ook Moslems, sou hulle sê, is op pad êrens heen, maar as hulle nie

Buddisme aanvaar nie, sal hulle in duisternis bly. Hulle leer bied vrede en harmonie vir alle mense aan ...

En wanneer gewone Christene dit hoor en tyd spandeer oor wat Buddiste eintlik te sê het, dan mag dit wees

dat hierdie woorde sin maak: ja, daar blyk tog nog meer te wees as wat ek tot dus ver geweet het; Buddisme

gee vir my antwoorde, ja gee antwoorde op die probleme van die mensdom. En juis omdat sekere etiese

waardes - soos liefde, goeie werke, vrede en welwillendheid - ooreenstem met christelike waardes, is mense

geneig om saam te stem dat Christendom is goed, maar Buddhisme is beter.

Daar is baie aanbieddinge op die mark van gelowe deesdae wat adverteer dat jou lewe beter kan word, dat jy

na hoër dinge kan strewe, dat jy meer suksesvol kan wees, dat die wêreld ’n beter plek sal kan wees. Ons

hoor hulle oor TV - motivational speakers, spiritualiste, ook politici verkondig mos ook geloof, nie waar nie -

hulle beleid is mos op sekere opvatting van die mens en sekere waardestelsels gebaseer. Ons hoor van

evolusieteorie dat die natuur homself besig is om te vernuwe deurdat slegs die sterkste sal oorleef en diegene

wat die beste by omstandighede kan aanpas, dat hulle die meeste sukses sal hê - dit is mos geloof, nie waar

nie?

So was dit reeds ten alle tye dat op die mark van lewensopvattings tientalle, ja honderde mense hulle

‘produk’ adverteer. En mense val daarvoor - ook Christene. Ook lede in die stad Kolosse. Nou van hierdie

stad weet ons nie veel nie. Dit was ’n welvarende handelsstad, geleë aan ’n gewilde handelsroete, in die

Noorde van vandag se Turkye en is teen einde van die eerste eeu deur ’n aardbeweing verwoes en is nie weer

opgebou soos ander stede wat destyds ook maar deur aarbewings getref is nie. Paulus het hierdie gemeente

nie gestig nie. Dit was een van sy medewerkers, Eprafras, wat vir Paulus in die tronk gaan besoek het en vir

hom vertel het wat alles in die gemeente aangaan. So sien Paulus hom genoodsaak om ook vir hulle te skryf.

Ons teksgedeelte verkondig egter ’n radikale verandering, ’n revolusionêre omwenteling, iets

heeltemal nuuts in die geskiedenis. Daar is mense wat sê: daar is niks nuuts onder die son nie - alles wat

gebeur was al voorheen en alles wat kom, is herhaling van wat was. Maar ons praat van iets heeltemal nuuts.

Paulus praat van twee tydperke, twee skeppinge. Die eerste skepping is die alledaagse ou wêreld, en die

tweede skepping is die toekomstige nuwe wêreld. Ons volg nou verder hierdie indeling: (1) die eerste

skepping: (a) beskrywing en (b)gevaar; en (2) die tweede skeppinge: (a) wedergebore en (b) bevryding van

sonde (c) vir God.

I

A. Die eerste skepping beskryf Paulus as ’n wêreld sonder Christus. Dit is ’n lewe van dood, vol sonde,

egoïsme, selfsentreerdheid, en onvervuldheid. Geen wonder dus dat Paulus ook byvoeg dat mense van die ou

skepping gekenmerk word deur ’n soeke na ’n hoër wese daar êrens in die kosmos. Ja, ten tye van die opstel

van die brief aan die Kolossense was daar ’n sterk Griekse stroming aanwesig wat die kragte en magte in die

kosmos erken het. Tot vandag toe is hierdie brief een van die opwindenste waarmee ook wetenskaplikes hulle

besig hou. (Hier word die skeppingskragte bespreek. Wie met die natuurwetenskap te doen het, moet vroër of

later homself met hierdie brief bemoei. Paulus raak aan die punte wat ons vandag ken as die oerknal (big

bang), swartekrag, natuurwette, relatiwiteitsteorie en eindbestemming. )

Hoe ook al, wat vir ons nou van belang is, is dat ook destydse Grieke in die kosmos goddelike kragte

raakgesien en vereer het. Die groep wat hierdie leer verteenwoordig het, was bekend as die Gnosis! Gnosis

beteken “kennis” en verwys na die kosmoskennis. Dit is die kosmosgees, soos hulle gesê het, wat homself in

die skepping en in mensegedagtes manifesteer. Deur die regte kennis (= gnosis) op te doen, sou mense instaat

wees om hierdie kosmosgees te verstaan en uiteindelik deel te word van die kosmosgees. Die sigbare, die

verganklike, die liggaam en materiële dinge was vir daardie Grieke veragtelik. Jy kan met jou liggaam maar

maak wat jy wil want dit vergaan. Wat vir hulle van belang was, was die gees, die kennis, die kosmos.

B. Liewe gemeente, niks nuuts onder die son nie - ook vandag kry ons hierdie opvattings in verskillende

variante vorme. Soos reeds genoem, bied Oosterse godsdienste vir jou aan om met die kosmosgees een te

word. Hinduïsme, Buddisme en ander verleidelike strominge vang vandag meer mense as ooit tevore. Ek

noem hier spesfiek ook Dianetiks van Ron Hubbert en Christian Science. Sogenaamde innerlike potensiaal

word in jou vrygestel as jy die nodige kleingeld aan hulle oorlaat en hulle jou met die nodige kennis voorsien

wat jou blykbaar instaat stel om van kosmiese energie gebruik te maak. Al is hierdie organisasies reeds deur

howe as geldmaak instansies uitgewys, spog hulle aanhangers nog steeds (dink maar aan toneelspelers soos

Tom Cruise, John Travoltra). Nie dat dit ’n klug is nie, nee, daar is inderdaad kragte en magte met hierdie

strominge verbonde. Maar Paulus begin hierdie pragraaf met:

Dit skryf ek vir julle, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie. Pas op, dat niemand julle as buit

wegvoer nie deur die wysbegeerte en misleidende argumente nie. Dit is dinge wat berus op menslike

versinsels, op wêreldse beginsels en nie op Christus nie. (Kol.2:4+8) Let dus op die verleiding en drogredes!

Dan stel Paulus die saak duidelik: Julle hoef mos nie aan sulke goed deel te neem nie, want in Christus is die

volle wese van God beliggaam (Ou Vertaling: in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik) Dit

is nie so dat Christus in kosmos is nie, nee, die hele kosmos is in Christus. Hy dra die universum in Hom. Hy

is onvoorstelbaar alles in alles. Julle strewe na insig in die kosmos sal tot die uiterste mate beloon word as

julle insig ín Chrístus kry. Van Hom, in Hom en tot Hom is alle dinge (Kol.1:16)

II

A. En nou die dramtiese uitspraak: Dit is hierdie “KosmosChristus” wat met julle één wil wees. Hy het ’n

verbondseenheid met julle aangegaan. Hy wil en sal nooit weer sonder sy gemeente bestaan nie. Hy het julle

esny! Wat moet ons onder “besny” verstaan? Nou, die besnydenis van die ou verbond met Israel was ’n

menslike handeling wat aan manlike persone uitgevoer is: die voorhuid van die manlike geslagsgedeelte is

weggesny. Paulus verduidelik: Die verwydering van ’n stukkie vel het niks eintlik tot julle heil bygedra nie,

het dit? Nee, Christus het al julle sondes “weggesny”! Hy het julle gereinig en volkome nuut gemaak. Tot

hierdie besnydenis van die nuwe verbond het julle niks bygedra nie. Alleen Christus het dit gedoen. Hy het

hulle in beslag geneem. Hy het julle in Hom opgeneem.

En onthou julle nog wat met Hom gebeur het: Hy het volgens sy menslike liggaam gesterf en is begrawe. Uit

die graf het ’n nuwe opstandingsliggaam tevoorskyn gekom. Hy is die Eersteling van die nuwe skepping.

Julle wat met Christus ééns geword het, is volgens julle liggaame reeds saam met Christus begrawe, en net

soos Christus uit die dood opgewek is, so lewe julle nou ook die opstandingslewe in die geloof (vgl. Rom.6).

Julle meen dalk dat die opstandingslewe nog vêr weg is; julle dink julle moet nog lank na hierdie volkome

skepping strewe (power of positiv thinking / innerlike potensieaal)?! Nee, julle soeke na nuwe kosmies

kragte het in Christus rééds volle vervulling gekry. Die uiteindelike doel het julle tegemoed gehaas. Dit is

binne in julle omdat julle in Christus is. Vroër was julle dood in sonde en slegte begeertes, maar nóú is

daardie episode van julle lewens uitgewis; dis verby, iets van die verlede. Nou lewe julle opstandingslewe

in Christus!

Wow, te goed om waar te wees? Jy mag vra: Waarom voel ek dan nie soos ’n nuwe skepping nie? waar en

wanneer het dit dan gebeur? Antwoord: Dit het by die doop plaasgevind deurdat julle toe saam met Christus

begrawe is. Deur die eenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, soos (omdat) julle geglo het in

die krag van God wat Christus uit die dood opgewek het.

M.a.w. die herskepping van die mens is nie ’n subjektiewe, innerlike ervaaringsbelewenis nie, nie iets wat jy

aan jouself bewerk nie, nee, dit is ’n objektiewe gebeurtenis wat van Christus uitgaan - omdat dit van buite af

geskied, van Christus af, daarom is dit so moeilik ervaarbaar, meetbaar, kontroleerbaar. Nee Christus gee ’n

vrede wat alle verstand te bowe gaan ... en ons mag byvoeg: wat alle gevoel te bowe gaan.

Liewe gemeente, dit gaan nie daaroor wat ek voel of hoe ek myself sien nie. Dit gaan daaroor hoe God my

sien en beoordeel; en in Christus sien God in my die nuwe wese (die nuwe syn). En as God my as ’n nuwe

skepping sien, dan is ek dit ook - en dan behoort ek myself telkens ook weer só te sien. My selfbeeld word

deur en deur bepaal van wat Christus van my maak. As iemand ’n slegte selfbeeld het, behoort hy/sy in die

eerste lyn na dié een te gaan, wat persoonlikhede verander. Hy/sy behoort te besef, dat Christus mense

radikaal verander. Hý maak my tot persoon wat regverdig voor Hom kan bestaan. Hy gee my kragte wat ek

nooit gedink het, bestaan nie. Hy laat my opstaan in hierdie wêreld, dat ek my bors kan uitsteek en dat ek my

sê kan sê.

B. Nou wat van die verlede? Ek kan mos nie sommer my verlede afskryf nie, of hoe? Paulus verduidelik: die

sondes was inderdaad erg. God sou rekenskap van julle vereis. Julle sou met julle lewens boet want die wet

van God bepaal dat enige een wat die wet oortree, met sy lewe moet boet. Julle het baie sondeskuld

opgehoop; die lys van bose gedagtes en dade was baie lang. Maar weet julle, God het hierdie “skuldbrief”

gevat en daar hoog op die kennisgewingbord opgeplak en een vir een die sondeskuld geskrap.

En nou mag jy, liewe gemeentelid, aan elke moontlike sonde dink wat jy gepleeg het: het jy destyds jou ouers

kwaad gemaak, of op hulle geskree as kind - dis in Christus geskrap. Het jy op skool gekul of gelieg om net

beter punte te kry - dis in Christus gedelg. Het jy na verleidelike fotos gekyk en jou emosies op hol laat loop -

ook dit is in Christus verby. Het jy wraak en moordgedagtes gekoester toe jy beroof was - dis in Christus

opgeneem. En so kan ons aangaan en aangaan. Selfs daardie gedagtes en dade waarvan niemand mag weet

nie, te erg om uit te spreek, te seer om weer in herinnering te roep - dis alles in Christus verby.

God het die skuldbrief aan die kruis gehang en jou van jou verlede bevry. En as dit nog in jou herinneringe is,

dan net insover as om in dankbaarheid voor die kruis neer te val en die Here te dank vir sy genade. Maar

nooit as te nimmer mag daardie verlede weer ’n houvas op jou kry nie. Jou gewete is skoon, jou liggaam rein,

jou emosies geheilig.

Dit, liewe gemeente is die hoofsaak van Christus. Nog miljoene ander implikasies van Christus kan genoem

word ... hoe Hy natuurwette beheer, hoe kosmies kragte in diens van Christus staan, hoe tyd en ewigheid

bymekaar pas ens. maar as iemand hierdie hoofsaak nie kan glo nie, dan glo hy/sy nie. Christus het jou van

die mag van sonde, dood en duiwel bevry ! Halleluja!

Nou is opstandingslewe ter sprake. Liewe gemeente, die nuwe skepping behels nie ’n paar verbeteringe nie,

nie so bietjie herstelwerk hier en daar nie, maar ’n radikale nuwe ontwerp. Julle wat gedoop is, in Christus

leef en in sy kerk beweeg, is ’n nuwe skepping! Ja meer nog: ook dit wat nog in die toekoms op ons wag -

die opstanding en die nuwe lewe - dit is nou reeds in die geloof aan Christus teenswoordige realiteit.

C. Hier eindig die preek egter nie. Ook die kategismus aangaande die doop eindig nie hier nie. Twee

gevolgtrekkings volg direk hieruit. Eerstens: Met hierdie hoofsaak, naamlik dat in Christus sondes vergewe

is en die nuwe skepping tot stand gekom het, word alle ander magte en kragte as nietig en vals ontbloot. Ons

weet dat ander godsdienste - bv. die kosmosgees = Gnosis, Annimisme, Hinduïsme, Islam of wat ook al -

hulle almal los ons by hierdie punt alleen: Wat doen ek met my skuld voor God en mes? Húlle antwoorde op

die vraag aangaande skuld, dood en duiwel, is nietig, verkeerd en verleidelik. Ja, die Man aan die kruis

triomfeer oor hulle almal. Met Golgotha is hulle “uitgeklee” (ou vertaling), ontwapen, magteloos verklaar.

Vir ’n Christen is dit nie meer moontlik om enige iets nog van ander godsdienste te verwag nie. Christus

oortref hulle by verre.

En tog ( en daarmee is ek by twedens) is daar sogenaamde Christene wat nog steeds ’n dubbele leefwyse

voer. Hulle sal bv. op Wit Donderdag die nagmaal saam met die gelowiges vier, en op Saterdag na die Yoga

ontspanningssentrum gaan. Ek het niks teen ontspanningsoefeninge nie, nee, maar Yoga het spesifiek ten

doel om jou aan ander kragte te bind wat nie uit Christus kom nie. Die twee pas nie bymekaar nie.

En indien die voorbeeld nie vir ons van toepassing sou wees nie, dan dink ons tog aan die alledaagse ervaring

van versoekings om te sondig. Nee, inderdaad is die vlees teenwoordig; die sonde is nog steeds ’n hindernis.

Luther verduidelik: die doop is welliswaar eenmalig en radikal, maar omdat hierdie nuwe skepping binne die

ou skepping bestaan, bly die voordurende geworstel met die sonde deel van Christenwees: net soos die ou

Adam in ons deur daaglikse berou en bekering moet verdrink en ondergaan, so moet ook daagliks opstaan en

voortkom die nuwe Adam wat in geregtigheid en reinheid voor God ewiglik lewe.

Liewe gemeente, of moet ek liewers sê: Liewe nuutgebore Christene: Die geveg het begin! Julle liggaam

staan in diens van God. Julle behoort nie meer aan julle self nie, maar aan God.

Niks nuuts onder die son nie? Wat die ou wêreld betref, reg! Wat die lewe voor God en vir God betref, ver

verkeerd! God gee die weergeboorte, God herskep en verander daagliks. Mag ons in hierdie vaste geloof ons

lewens inrig totdat ons eendag volleindig sal word. Halleluja. Amen.

En mag die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus, onse

Here. Amen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!