REEKS OOR VRYHEID IN DIE GELOOF: PREEK 2 Skriflesing ...

REEKS OOR VRYHEID IN DIE GELOOF: PREEK 2 Skriflesing ... REEKS OOR VRYHEID IN DIE GELOOF: PREEK 2 Skriflesing ...

04.05.2013 Views

laat besny, lei ons uit vers 2 af. En daarom Paulus se ernstige vermaning en waarskuwing in ons teksgedeelte. Hulle aanvaarding van die besnydenis was glad nie so onskuldig soos die dwaalleraars dalk voorgegee het nie, maar het deurgedring tot die kern van die evangelie. As hulle hulle laat besny, sal Christus vir hulle geen betekenis hê nie. Die besnydenis was simbool van die hele wet van Moses, en daarom sê Paulus in vers 3 dat as ’n gelowige hom laat besny, is hy verplig om die hele wet te onderhou. Hy voel so sterk hieroor dat hy onder eed hieroor getuig. As jy die wet van God aanvaar soos die Jode dit gedoen het, aanvaar jy die beginsel, die uitgangspunt, dat jy jou redding met jou gehoorsaamheid probeer verdien. So plaas jy jouself weer onder die slawejuk van die wet. En as jy dink dat jy van jou sonde vrygespreek word op grond van jou onderhouding van die wet, verbreek jy jou band met Christus en verbeur jy die genade van God – wat ’n skokkende gedagte! Paulus is kwaad vir die gelowiges wat die dwaalleraars se praatjies geglo het want hulle was so goed oppad (v.7) op die weg van vryheid van Christus, bevry van die verdienste van die wet en gered uit genade alleen. Maar hierdie dwaalleraars het hulle omgepraat en stuur hulle weg van die waarheid af oor die afgrond van eie verdienste. Sou Paulus, broer en suster, dieselfde van ons kon sê? Dat ons so goed op pad was maar omgepraat is om van die pad van genade en vryheid af te draai. Ons hele bestaan draai om verdienste: ek verdien my salaris, my bonus, my bevordering, my status, my reputasie, my sakgeld; ons leer ons kinders dat hulle gehoorsaamheid vir hulle beloning verdien – as jy dit of dat doen of nie doen nie, gee ek vir jou...; ons kyk op mense neer wat nie bereid is of in staat is om iets te verdien nie – boemelaars en bedelaars; ons is gesteld daarop dat ons werknemers hulle loon moet verdien, anders voel ons ingedoen; ons is selfs suspisieus oor iets wat gratis aangebied word – wat is die vangplek? En in die kerk? Ja, ons bely graag ons vryheid, maar wat dryf ons tot gehoorsaamheid? Wat motiveer ons om vanoggend hier te wees, om ons dankoffers te gee, om aan ’n kleingroep te behoort, om mee te leef met mekaar, om uit te reik na ander? Werklik ons dankbaarheid vir God se genade en sy vryheid, of eintlik ook maar die idee dat ek genoeg doen, genoeg verdien, genoeg krediete bymekaar maak om God of die ouderling of predikant of my gewete of my stille gevoel van kompetisie met my medegelowiges mee tevrede te stel – ek gee meer, doen meer, verdien meer as so-en-so? Die Here, broer en suster, vra vanoggend na elkeen van ons se hartsgesindheid: sy genade en vryheid of my verdienste? 2

Vrygemaak van verdienste Vir Paulus kan die evangelie van Jesus Christus in een woord opgesom word: vryheid. Dit is ook ’n deurlopende tema in sy brief aan die Galasiërs. Vryheid is die begin en die einde van die evangelie. Voor die sondeval was die mens vry maar hy is deur die sonde tot slaaf gemaak. En net vrymaking kan hierdie verslawing tot ’n einde bring. Christus kom om dit te doen deur ons van die vloek van die wet los te koop (3:13), ons van ons sondes vry te spreek (2:16), ons te verlos uit die goddelose wêreld (1:4), ons te bevry van ons slawebestaan in diens van die sonde en die dood (3:11). Ons is nie meer slawe nie maar kinders en erfgename van God (4:7). Christus is ons Verlosser, ons Bevryder, en die kern van sy werk is bevryding of dan die herstel van ons vryheid. En ons verkry hierdie vryheid deur die werking van die Gees, want waar die Gees van die Here is, is daar vryheid (2 Kor 3:17). Vers 1 is ook vir ons waar: Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. En daarom moet ons vasstaan in die vryheid en ons nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie. Vryheid bring egter verantwoordelikheid mee en een manier om menslikerwys jou verantwoordelikheid te omseil is om sekuriteit – verdienste – in vaste reëls eerder as in die uitleef van jou vryheid in Christus te soek. As ek maar net vaste reëls moet nakom, hoef ek my nie te verantwoord oor die keuses wat ek maak nie – ek kom mos maar net die reël na. As ek die reël nakom, het ek genoeg gedoen – ek het verdien wat ek kon verdien. Daarom soek ek reëls vir my hele lewe, en die Jode het dit in die wet van Moses, en die honderde wette en reëls wat hulle self daaruit gemaak het, gevind. Die Judaïste wou die gelowiges weer in hierdie stel vaste reëls indwing – ’n nuwe slawejuk wat die gelowiges van hulle vryheid sou beroof. Maar Christus was juis ter wille van ons gehoorsaam tot in die dood (Fil 2:8) om ons vryspraak te verdien – volkome, 100% – sodat daar vir ons niks is om verder te verdien nie. Wat ons ook al dink ons verdien, tel net in ons gemoed – by God is ons rekening ten volle betaal! By God tel net geloof as manier waarop ons deel kry aan die vryspraak – ek moet glo om gered te word, nie gehoorsaam wees nie. Ek moet glo dat Christus se verdienste 100% voldoende is en dan word ek gered. As ek enige gedagte koester dat ek iets (al is dit net 0.001%) van my redding moet verdien, verbreek ek my band met Christus en verbeur ek God se genade. 3

laat besny, lei ons uit vers 2 af. En daarom Paulus se ernstige vermaning en waarskuwing in ons

teksgedeelte. Hulle aanvaarding van die besnydenis was glad nie so onskuldig soos die

dwaalleraars dalk voorgegee het nie, maar het deurgedring tot die kern van die evangelie. As

hulle hulle laat besny, sal Christus vir hulle geen betekenis hê nie.

Die besnydenis was simbool van die hele wet van Moses, en daarom sê Paulus in vers 3 dat as

’n gelowige hom laat besny, is hy verplig om die hele wet te onderhou. Hy voel so sterk hieroor

dat hy onder eed hieroor getuig. As jy die wet van God aanvaar soos die Jode dit gedoen het,

aanvaar jy die beginsel, die uitgangspunt, dat jy jou redding met jou gehoorsaamheid probeer

verdien. So plaas jy jouself weer onder die slawejuk van die wet. En as jy dink dat jy van jou

sonde vrygespreek word op grond van jou onderhouding van die wet, verbreek jy jou band met

Christus en verbeur jy die genade van God – wat ’n skokkende gedagte! Paulus is kwaad vir die

gelowiges wat die dwaalleraars se praatjies geglo het want hulle was so goed oppad (v.7) op die

weg van vryheid van Christus, bevry van die verdienste van die wet en gered uit genade alleen.

Maar hierdie dwaalleraars het hulle omgepraat en stuur hulle weg van die waarheid af oor die

afgrond van eie verdienste.

Sou Paulus, broer en suster, dieselfde van ons kon sê? Dat ons so goed op pad was maar

omgepraat is om van die pad van genade en vryheid af te draai. Ons hele bestaan draai om

verdienste: ek verdien my salaris, my bonus, my bevordering, my status, my reputasie, my

sakgeld; ons leer ons kinders dat hulle gehoorsaamheid vir hulle beloning verdien – as jy dit of

dat doen of nie doen nie, gee ek vir jou...; ons kyk op mense neer wat nie bereid is of in staat is

om iets te verdien nie – boemelaars en bedelaars; ons is gesteld daarop dat ons werknemers

hulle loon moet verdien, anders voel ons ingedoen; ons is selfs suspisieus oor iets wat gratis

aangebied word – wat is die vangplek? En in die kerk? Ja, ons bely graag ons vryheid, maar wat

dryf ons tot gehoorsaamheid? Wat motiveer ons om vanoggend hier te wees, om ons dankoffers

te gee, om aan ’n kleingroep te behoort, om mee te leef met mekaar, om uit te reik na ander?

Werklik ons dankbaarheid vir God se genade en sy vryheid, of eintlik ook maar die idee dat ek

genoeg doen, genoeg verdien, genoeg krediete bymekaar maak om God of die ouderling of

predikant of my gewete of my stille gevoel van kompetisie met my medegelowiges mee tevrede

te stel – ek gee meer, doen meer, verdien meer as so-en-so? Die Here, broer en suster, vra

vanoggend na elkeen van ons se hartsgesindheid: sy genade en vryheid of my verdienste?

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!