Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

wcape.school.za
from wcape.school.za More from this publisher
04.05.2013 Views

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS 4. Tegnologie Wenke Werk nou saam met die inligtingstegnologie onderwyser tydens hierdie navorsingsprojek. Hy/sy kan tyd skeduleer vir die leerders om in die rekenaarlaboratorium aan hul projekte te werk. Vaardighede: leerders sal modellering, voorbeelde en ondersteuning benodig om die inligting te versamel. Hulle sal moet weet hoe om: • die “task bar” onderaan die skerm te gebruik • skerms te minimeer • binne ‘n webwerf te navigeer • op die bladsy af te beweeg • frases en sleutelwoorde te kopiëer en plak (beklemtoon die reëls oor verwysings en plagiaat vooraf) Stoor van werk: leerders mag versoek word om hul werk te stoor op Notepad of ander geskikte projekformaat. Samewerking met die IT onderwyser moet plaasvind voor die projek begin, om ‘n plan te formuleer oor waar leerderwerk gestoor moet word. Daar mag dalk ‘n lêervouer op ‘n gedeelde skyf geskep moet word waar groeplede kan stoor en toegang kan verkry tot hul lêers gedurende die projek. Demonstreer dit aan die leerders. Klaskamerbestuur Die praktiese aktiwiteit is opgestel vir groep- of paarwerk. Die meeste van die leerwerk vereis bespreking en ons is bewus daarvan dat baie skole nie oor genoeg apparaat en ander hulpbronne beskik om die groepe klein te hou nie. Voorstelle vir geïmproviseerde apparaat kan gebruik word om die situasie te verbeter. Sommige aktiwiteite leen hulself daartoe dat leerders spesifieke rolle toegeken word binne die groep. Ons was egter nie voorskrywend in hierdie verband nie aangesien verskillende onderwysers verskillende maniere ontwikkel om groepwerk in hul klasse toe te pas. Ken 2-4 lede aan elke groep toe. Stel riglyne vir groepwerk met behulp van bespreking van die volgende: • Besluit watter take gedoen moet word. (opspoor van webtuistes, hardop lees van hulpbronne, tikwerk en die stoor van dokumente) • Besluit hoe om take te deel (beurte maak, hoe lank neem ‘n beurt?, het elkeen ‘n taak?) • Watter vaardighede is nodig om suksesvol te wees? (goeie luisteraar, geduld, ondersteun ander, hoe om te help sonder om iemand anders se werk te doen) • Hoe kom die groep tot ‘n verstandhouding? Moet almal saamstem? • Wie moet die groepe raadpleeg as hulle probleme het om saam te werk of inligting te vind? 6

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS Koöperatiewe leerwyse se rolverdeling van funksies vir groeptake 1. Hoof Ondersoeker (Inisiëerder) Bestuur die taak binne die aktiwiteit. Verseker dat al die groeplede die doel en inhoud van die taak of aktiwiteit verstaan. Lees die instruksies en prosedures. Gaan die resultate na. Vra vrae aan die onderwyser om take of punte op te klaar. Dien as fasiliteerder tydens groepbesprekings 2. Materiaal/middele bestuurder Verantwoordelik vir die versameling, opstel en verspreiding van materiaal en apparaat soos benodig. Verantwoordelik vir die opstel en hantering van apparaat, asook die nagaan van resultate van die aktiwiteit. Voer die ondersoek uit of stel lede van die groep aan om prosedures uit te voer. Verantwoordelik om te verseker dat alle apparaat skoongemaak word en te verseker dat alles op hul oorspronklike plekke teruggeplaas word. 3 Dataversamelaar (Evalueerder) Maak seker die groep is gefokus op die taak. Verantwoordelik vir die versameling, aanteken en organisering van data. Skep tabelle en grafieke soos benodig. Verifiëer data tussen groeplede. Rapporteer die resultate van ‘n aktiwiteit op skrif of mondelings aan die klas of onderwyser. 4 Vredemaker/tydhouer Verantwoordelik om tred te hou met die tyd, veiligheid en die kontrole van geraasvlakke. Neem waar en teken die groep se sosiale interaksies aan. Moedig groeplede aan om saam te werk en die aktiwiteit te bespreek. Gaan die resultate na. 7

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Koöperatiewe leerwyse se rolverdeling van funksies vir groeptake

1. Hoof Ondersoeker (Inisiëerder)

Bestuur die taak binne die aktiwiteit.

Verseker dat al die groeplede die doel en inhoud van die taak of aktiwiteit

verstaan.

Lees die instruksies en prosedures.

Gaan die resultate na.

Vra vrae aan die onderwyser om take of punte op te klaar.

Dien as fasiliteerder tydens groepbesprekings

2. Materiaal/middele bestuurder

Verantwoordelik vir die versameling, opstel en verspreiding van materiaal en

apparaat soos benodig.

Verantwoordelik vir die opstel en hantering van apparaat, asook die nagaan

van resultate van die aktiwiteit.

Voer die ondersoek uit of stel lede van die groep aan om prosedures uit te

voer.

Verantwoordelik om te verseker dat alle apparaat skoongemaak word en te

verseker dat alles op hul oorspronklike plekke teruggeplaas word.

3 Dataversamelaar (Evalueerder)

Maak seker die groep is gefokus op die taak.

Verantwoordelik vir die versameling, aanteken en organisering van data.

Skep tabelle en grafieke soos benodig.

Verifiëer data tussen groeplede.

Rapporteer die resultate van ‘n aktiwiteit op skrif of mondelings aan die klas

of onderwyser.

4 Vredemaker/tydhouer

Verantwoordelik om tred te hou met die tyd, veiligheid en die kontrole van

geraasvlakke.

Neem waar en teken die groep se sosiale interaksies aan.

Moedig groeplede aan om saam te werk en die aktiwiteit te bespreek.

Gaan die resultate na.

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!