04.05.2013 Views

Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

4. Strek die vlerk versigtig uit om uit te vind hoeveel hoofdele dit het. Gebruik die

skêr om die vel van die vlerkpunt tot by die skouergewrig te knip. Probeer om

nie deur die spiere onder die vel te knip nie. Prik die vel en gly dan die skêr

tussen die vellaag en die spiere in. WAARSKUWING: Sny weg van jou liggaam

en klasmaats af.

5. Trek die vel stadig terug sodat die onderliggende weefsel nie beskadig word

nie. Die dun membraan wat die spiere bymekaar hou is die areolêre (los)

bindweefsel.

6. Soek na geel weefsel wat saam gebondel is onder die vel. Die weefsel voel

vetterig en is vetweefsel wat opgemaak is uit vetselle.

7. Bestudeer die pienk skeletale spierweefselbondels om die bene. Vind die

twee spiergroepe in die bo-arm. Druk die arm by die skouer afwaarts en trek

afwisselend aan elke spiergroep. Neem waar wat gebeur.

Wys die onderwyser dat jy dit gedoen het. Onderwyser voorletters: __________

8. Vind die twee spiergroepe by die elmboog en trek afwisselend aan elke

spiergroep. Druk die arm by die elmboog afwaarts en trek afwisselend aan elke

spiergroep.

9. Vind die tendons - blink, wit weefsel by die entpunte van die spiere. Neem

waar watter dele verbind word deur die tendons. Trek liggies aan ‘n tendon. Kan

jy dit uitrek?

Wys die onderwyser dat jy dit gedoen het. Onderwyser voorletters: ___________

10. Verwyder die spiere en tendons. Vind die ligamente, die witterige

lintvormige strukture tussen bene by die gewrig van die vlerk. Hulle is sterk, wit

bindweefselbande wat bene verbind. Trek liggies aan die ligament. Rek dit?

11. Soek kraakbeen. Dit is wit van kleur en word aan die punte van langbene

gevind. Beskryf hoe die kraakbeen voel. Is dit buigbaar?

12. Sny die membraan (bindweefsel) om die spier weg. Die spier bestaan uit

baie spierveselbondels. Gebruik die punt van jou skêr of ‘n naald om die

veselbondels van mekaar te skei.

13. Soek die senuwees (baie dun, wit draadjies). Hulle word gewoonlik langs

bloedvate gevind, maar kan moeilik wees om raak te sien.

OPRUIMING: Gooi die hoenderdele weg volgens jou onderwyser se instruksies.

Was julle hande en instrumente goed met seep en water om salmonella

kontaminering te verhoed.

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!