Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

wcape.school.za
from wcape.school.za More from this publisher
04.05.2013 Views

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS Praktiese Werkkaart vir Leerders Aktiwiteit 1: Disseksie van ‘n hoendervlerk Doel: Die doel van hierdie aktiwiteit is om ‘n hoendervlerk te dissekteer en die eksterne en interne weefselstruktuur te ondersoek. Benodighede Papierbord Skerp mes of 1 klein skêrtjie 1 hoendervlerk Weggooibare handskoene Veiligheidsmaatreëls Volg asseblief die laboratoriumreëls en wees versigtig wanneer ‘n skerp mes of skêr gebruik word. Onderrigbepalings Indien julle in groepe werk, sal julle take toegeken word na aanleiding van jul rol in die groep. Julle moet egter elkeen die werkkaart onafhanklik in jul boeke voltooi. Instruksies 2 Verwys na die diagram hieronder om sekere bene en spiere op te spoor. 2. Trek beskermende handskoene aan indien moontlik. 3. Jou onderwyser sal vir jou ‘n hoendervlerk gee. Spoel dit goed af met koel water, droog dit af met papierhanddoek en plaas dit in ‘n disseksieskinkbord. 30

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS 4. Strek die vlerk versigtig uit om uit te vind hoeveel hoofdele dit het. Gebruik die skêr om die vel van die vlerkpunt tot by die skouergewrig te knip. Probeer om nie deur die spiere onder die vel te knip nie. Prik die vel en gly dan die skêr tussen die vellaag en die spiere in. WAARSKUWING: Sny weg van jou liggaam en klasmaats af. 5. Trek die vel stadig terug sodat die onderliggende weefsel nie beskadig word nie. Die dun membraan wat die spiere bymekaar hou is die areolêre (los) bindweefsel. 6. Soek na geel weefsel wat saam gebondel is onder die vel. Die weefsel voel vetterig en is vetweefsel wat opgemaak is uit vetselle. 7. Bestudeer die pienk skeletale spierweefselbondels om die bene. Vind die twee spiergroepe in die bo-arm. Druk die arm by die skouer afwaarts en trek afwisselend aan elke spiergroep. Neem waar wat gebeur. Wys die onderwyser dat jy dit gedoen het. Onderwyser voorletters: __________ 8. Vind die twee spiergroepe by die elmboog en trek afwisselend aan elke spiergroep. Druk die arm by die elmboog afwaarts en trek afwisselend aan elke spiergroep. 9. Vind die tendons - blink, wit weefsel by die entpunte van die spiere. Neem waar watter dele verbind word deur die tendons. Trek liggies aan ‘n tendon. Kan jy dit uitrek? Wys die onderwyser dat jy dit gedoen het. Onderwyser voorletters: ___________ 10. Verwyder die spiere en tendons. Vind die ligamente, die witterige lintvormige strukture tussen bene by die gewrig van die vlerk. Hulle is sterk, wit bindweefselbande wat bene verbind. Trek liggies aan die ligament. Rek dit? 11. Soek kraakbeen. Dit is wit van kleur en word aan die punte van langbene gevind. Beskryf hoe die kraakbeen voel. Is dit buigbaar? 12. Sny die membraan (bindweefsel) om die spier weg. Die spier bestaan uit baie spierveselbondels. Gebruik die punt van jou skêr of ‘n naald om die veselbondels van mekaar te skei. 13. Soek die senuwees (baie dun, wit draadjies). Hulle word gewoonlik langs bloedvate gevind, maar kan moeilik wees om raak te sien. OPRUIMING: Gooi die hoenderdele weg volgens jou onderwyser se instruksies. Was julle hande en instrumente goed met seep en water om salmonella kontaminering te verhoed. 31

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Praktiese Werkkaart vir Leerders

Aktiwiteit 1: Disseksie van ‘n hoendervlerk

Doel: Die doel van hierdie aktiwiteit is om ‘n hoendervlerk te dissekteer en die

eksterne en interne weefselstruktuur te ondersoek.

Benodighede

Papierbord

Skerp mes of 1 klein skêrtjie

1 hoendervlerk

Weggooibare handskoene

Veiligheidsmaatreëls

Volg asseblief die laboratoriumreëls en wees versigtig wanneer ‘n skerp mes of

skêr gebruik word.

Onderrigbepalings

Indien julle in groepe werk, sal julle take toegeken word na aanleiding van jul rol

in die groep. Julle moet egter elkeen die werkkaart onafhanklik in jul boeke

voltooi.

Instruksies

2 Verwys na die diagram hieronder om sekere bene en spiere op te spoor.

2. Trek beskermende handskoene aan indien moontlik.

3. Jou onderwyser sal vir jou ‘n hoendervlerk gee. Spoel dit goed af met koel

water, droog dit af met papierhanddoek en plaas dit in ‘n disseksieskinkbord.

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!