Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network

wcape.school.za
from wcape.school.za More from this publisher
04.05.2013 Views

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS Die Sesde Uitwissing Gebaseer op die artikel deur Niles Eldredge Daar bestaan min twyfel by professionele bioloë dat die Aarde tans ‘n toenemende verlies van spesies ondervind wat dreig om die vyf groot uitwissings van die geologiese verlede te ewenaar. In 1993 is beraam dat die Aarde tans ongeveer 30,000 spesies per jaar verloor. Sommige bioloë glo nou dat hierdie biodiversiteitskrisis, hierdie “Sesde Uitwissing,” selfs ernstiger is. Uitwissing in die verlede Die vernaamste globale uitwissings is almal deur fisiese gebeurtenisse veroorsaak wat buite die normale klimaats- en ander fisiese versteurings wat spesies en volledige ekosisteme ondervind en oorleef, val. Wat het hulle veroorsaak? Die vorige massa-uitwissings was as gevolg van natuurlike oorsake. • Eerste vername uitwissing (c. 440 mjg): Klimaatsverandering (relatief ernstige en skielike globale verkoeling) blyk die oorsaak te gewees het van die eerste uitwissing, die Laat-Ordovisiese massa-uitwissing wat ‘n merkbare verandering in mariene lewe veroorsaak het (min of geen lewe het op daardie stadium op land voorgekom). 25% van families is uitgewis (‘n familie kan bestaan uit ‘n paar tot ‘n paar duisend spesies). • Tweede vername uitwissing (c. 370 mjg): Die volgende soortgelyke gebeurtenis naby aan die einde van die Devoniese Tydperk, kon moontlik of moontlik nie die gevolg van globale klimaatsverandering gewees het. 19% van families is uitgewis. • Derde vername uitwissing (c. 245 mjg): Scenarios wat verduidelik wat aan die einde van die Permiese Tydperk tydens die grootste massa-uitwissing van almal (tot dusver) gebeur het, is komplekse samevoegings van klimaatsverandering wat moontlik ‘n oorsprong in plaat tektonika het. Onlangse getuienis dui egter daarop dat ‘n boliede impak soortgelyk aan die Laat-Kryttydperk gebeurtenis die oorsaak kon wees. 54% van families is uitgewis. • Vierde vername uitwissing (c. 210 mjg): Dit bly moeilik om die oorsake van die gebeurtenis aan die einde van die Triassiese Tydperk, kort nadat die dinosourusse en soogdiere die eerste keer ontstaan het, vas te pen. 23% van families is uitgewis. 24

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS • Vyfde vername uitwissing (c. 65 mjg): Die bekendste van hierdie gebeurtenisse is die mees onlangse een aan die einde van die Laat- Kryttydperk. Dit het die oorblywende land-gebaseerde dinosourusse en mariene ammoniete uitgewis, sowel as baie ander spesies (regoor die filogenetiese spektrum en in alle habitatte wat in die fossielrekord ondersoek word). Konsensus is in die afgelope dekade bereik dat hierdie gebeurtenis deur een of meer botsings tussen die Aarde en ‘n buite-ruimtelike boliede (waarskynlik komeetagtig) veroorsaak is. Sommige geoloë wys egter na ‘n groot vulkaniese gebeurtenis. 17% van families is uitgewis. Hoe is die Sesde Uitwissing verskillend van vorige gebeurtenisse? Met die eerste oogopslag lyk dit of die uitwissing gebeurtenisse van die verlede met hul fisiese oorsake, min of niks vir ons vertel nie van die huidige Sesde Uitwissing, wat duidelik deur menslike aktiwiteite soos hieronder genoem veroorsaak word. • verandering van die landskap • oorbenutting van spesies • besoedeling • die toevoeging van indringer spesies Die oorsake van hierdie aktiwiteite gaan omvangryke fisiese veranderinge vir die planeet tot gevolg hê, net soos met die ander uitwissings. Slegs 10% van die wêreld se spesies het die derde massa-uitwissing oorleef. Sal enige spesies hierdie een oorleef? Wat is die Sesde Uitwissing? Ons kan die Sesde Uitwissing verdeel in twee afsonderlike fases: • Fase Een het begin met die moderne mens se uitbeweeg uit Afrika na verskillende dele van die wêreld ongeveer 100,000 jaar gelede. • Fase Twee het ongeveer 10,000 jaar gelede begin nadat mense na landbou oorgeskakel het. Oraloor, kortliks nadat die moderne mens gearriveer het, is baie inheemse spesies uitgewis. Die fossielrekord getuig van die menslike verwoesting van ekosisteme. 25

Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

• Vyfde vername uitwissing (c. 65 mjg): Die bekendste van hierdie

gebeurtenisse is die mees onlangse een aan die einde van die Laat-

Kryttydperk. Dit het die oorblywende land-gebaseerde dinosourusse en

mariene ammoniete uitgewis, sowel as baie ander spesies (regoor die

filogenetiese spektrum en in alle habitatte wat in die fossielrekord ondersoek

word). Konsensus is in die afgelope dekade bereik dat hierdie gebeurtenis deur

een of meer botsings tussen die Aarde en ‘n buite-ruimtelike boliede

(waarskynlik komeetagtig) veroorsaak is. Sommige geoloë wys egter na ‘n

groot vulkaniese gebeurtenis. 17% van families is uitgewis.

Hoe is die Sesde Uitwissing verskillend van vorige

gebeurtenisse?

Met die eerste oogopslag lyk dit of die uitwissing gebeurtenisse van die verlede

met hul fisiese oorsake, min of niks vir ons vertel nie van die huidige Sesde

Uitwissing, wat duidelik deur menslike aktiwiteite soos hieronder genoem

veroorsaak word.

• verandering van die landskap

• oorbenutting van spesies

• besoedeling

• die toevoeging van indringer spesies

Die oorsake van hierdie aktiwiteite gaan omvangryke fisiese veranderinge vir die

planeet tot gevolg hê, net soos met die ander uitwissings.

Slegs 10% van die wêreld se spesies het die derde massa-uitwissing

oorleef. Sal enige spesies hierdie een oorleef?

Wat is die Sesde Uitwissing?

Ons kan die Sesde Uitwissing verdeel in twee afsonderlike fases:

• Fase Een het begin met die moderne mens se uitbeweeg uit Afrika na

verskillende dele van die wêreld ongeveer 100,000 jaar gelede.

• Fase Twee het ongeveer 10,000 jaar gelede begin nadat mense na

landbou oorgeskakel het.

Oraloor, kortliks nadat die moderne mens gearriveer het, is baie inheemse

spesies uitgewis. Die fossielrekord getuig van die menslike verwoesting van

ekosisteme.

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!