Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network
Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network
Assesserings- voorbeelde vir Lewens- wetenskappe - e-Schools' Network
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

DIREKTORAAT: KURRIKULUMONTWIKKELING

Assesserings-

voorbeelde

vir

Lewens-

wetenskappe

VOO-Band

Graad 10

Januarie 2009

1
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Inhoud

Inleiding 3

Kontroletoets (Kwartaal 1): Biosfeer tot Ekosisteme 9

Memorandum van Kontroletoets: Biosfeer tot Ekosisteme 15

Voorbeeld van ‘n Navorsingsprojek (Kwartaal 2):

Massa-uitwissing 19

Onderwyserriglyne 19

Leerder navorsingstaak 21

Assesseringsrubrieke 22

Die Sesde Uitwissing geskryf deur Niles Eldridge 24

Voorbeeld van ‘n Praktiese Taak (Kwartaal 3):

Dierweefsel 27

Onderwyserriglyne 27

Praktiese werkkaart vir leerders 30

Assesseringsrubrieke 32

Kontroletoets (Kwartaal 3): Molekules tot organe 34

Memorandum van Kontroletoets: Molekules tot organe 43

Voorbeeld van ‘n Praktiese Taak (Kwartaal 4):

Anaerobiese respirasie 47

Onderwyserriglyne 47

Praktiese werkkaart vir leerders 50

2
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Inleiding

Hierdie brosjure bevat voorbeelde van ‘n Assesseringsprogram vir Lewenswetenskappe

Graad 10, soos beskryf in die nuwe Inhoudsdokument (Januarie

2009).

Die voorbeelde is gerangskik in die volgorde wat hul moontlik deur die jaar

gebruik sal word. Ons het sekere aannames gemaak met die volgorde bepaling.

Eerstens het ons aangeneem dat die jaarplan vir elke graad gevolg word soos

uiteengesit in die nuwe Inhoudsdokument.

Tweedens het ons aangeneem dat die twee kontroletoetse in Maart en

September afgelê word en dus die inhoud van onderskeidelik kwartaal een en

drie dek terwyl die praktiese take met die inhoud van die derde en vierde

kwartale korreleer. Die navorsingstaak brei uit op inhoud gedek in die tweede

kwartaal.

Die voorbeelde is deur die Skole Ontwikkelingseenheid (SDU) by die Universiteit

van Kaapstad voorberei vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Die

eenheid ondersteun skole in die effektiewe oordrag van die kurrikulum deur

middel van materiaalontwikkeling, kursusse, skoolgebaseerde werk en navorsing

in taal-, lewensvaardighede-, wiskunde- en wetenskaponderrig.

This book is also available in English.

Die assesseringsdoelstellings van hierdie voorbeelde

Die assesseringsriglyne is baie uitdruklik in hul beskrywing van die doel van die

assesseringstake. Die voorbeelde kan almal vir deurlopende evaluering gebruik

word, m.a.w. assessering tydens die leerproses.

Die toetse is summatief en memorandums word verskaf. Totale behaal sal

onderwysers en leerders ‘n aanduiding gee van die mate waartoe die werk

bemeester is (LU2) . Die punte van sommige items meet die bemeestering van

wetenskaplike prosesvaardighede soos die formulering van hipoteses,

interpretasie van grafieke en die maak van afleidings en gevolgtrekkings (LU1).

Sekere vrae meet leerderbetrokkenheid by wetenskap en die gemeenskap

(LU3).

3
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Die toetse is gebalanseerd ten opsigte van die gebruik van kognitiewe vlakke

(bv. Bloom se taksonomie), Leeruitkomste en Assesseringsstandaarde.

Vraagnommer Kognetiewe vlakke Leeruitkomste

A B C D LU1 LU2 LU3

Werklike

totaal van

punte

Standaard % 20 40 30 10 40 40 20

Standaard

punte

Kognetiewe vlakke:

A Kennis

B Begrip

C Toepassing

D Hoëvlak vaardighede insluitend Analise, Sintese en Evaluering

Die praktiese take strek van basiese vaardighede tot ondersoeke ter

ondersteuning van LU1 en LU2. Kriteria-assessering van groepe is gewoonlik

deur middel van ‘n rubriek, alhoewel antwoorde op vrae ook kan tel. Assessering

van praktiese werk kan meer formatief of meer summatief wees, afhangende van

die plasing van die prakties in die leerprogram relatief tot die studie van die

teoretiese aspekte van die onderwerp.

Die navorsingprojek word geasseseer met behulp van die kriteria verskaf in die

rubriek, met klem op Leeruitkomste 2 en 3. Alhoewel dit veronderstel is om

summatief te wees, kan die assessering van hierdie take meer formatief

gemaak word deur terugvoering te verskaf oor die beplanning en rofwerk. Waar

leerders in groepe werk, kan van die leerders verwag word om elkeen se bydrae

te bepaal en die punte dienooreenkomstig toe te ken. Daar behoort vele kanse

gedurende die projek te wees om leerders se werk formatief te assesseer.

Onderwysers kan rubrieke ontwerp vir Proses, Aanbieding, Kriteria, Navorsing,

Spanwerk, Oortuigingsvermoë en Analise, en aan die leerders verskaf.

Rubrieke help om verwagtinge duidelik te maak vir leerders. Dit help ook die

onderwyser om ‘n verskeidenheid kwaliteite en optredes duidelik te definiëer of

om die vlakke van ‘n vaardigheid van hoog na laag te beskryf.

4
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Voorbereiding vir Navorsingsprojek voorbeeld

1. Algemene voorbereiding

• Skakel met jul skool-/gemeenskapsbibliotekaris vir hulp met die opsporing

van relevante hulpbronne, skedulering en enige ander projekhulp benodig.

• Versamel boeke en ander hulpbronne wat deur die leerders gebruik kan

word vir hul navorsingsaktiwiteite.

• Gaan alle internetskakels na voor met die projek begin word. Laai

relevante hulpbronne af en stel dit aan die leerders beskikbaar. Leerders

wat internettoegang het kan self na die webtuiste gaan om die navorsing

te doen.

• Stel ‘n kontrolelys op om leerdervordering en die voltooiing van

projekelemente te monitor. Sien voorbeeld hieronder:

Groepnaam Notabladsy Besluitbladsy Prosesrubriek

Groep 1

Groep 2

2. Ontwerpstandaarde

‘n Paar punte om in gedagte te hou wanneer projekte beplan word.

• Fokus op groot idees.

• Bou die idee rondom ‘n kernvraag wat die leerders uitdaag of hul aandag

behou.

• Gebruik geldige, betroubare en voldoende metings van die verlangde

resultate of uitkomste.

• Kies ‘n effektiewe probleem of onderwerp wat die leerders betrokke maak.

• Verseker dat uitkomste, assessering en aktiwiteite samehangend is.

3. Denkstrategieë

Sluit die volgende denkstrategieë in as deel van die lesse:

• Hoe om te soek vir sleutelwoorde

• Hoe om die belangrikheid van inligting te bepaal

• Hoe om te bepaal in watter kategorie die inligting val.

• Definieer die nodige woordeskat

• Gee aandag aan items soos opskrifte, onderafdelings, inhoudsopgawe,

bibliografie, indeks en woordelys.

• Analise, interpretasie, sintese van inligting en idees

5
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

4. Tegnologie Wenke

Werk nou saam met die inligtingstegnologie onderwyser tydens hierdie

navorsingsprojek. Hy/sy kan tyd skeduleer vir die leerders om in die

rekenaarlaboratorium aan hul projekte te werk.

Vaardighede: leerders sal modellering, voorbeelde en ondersteuning benodig om

die inligting te versamel. Hulle sal moet weet hoe om:

• die “task bar” onderaan die skerm te gebruik

• skerms te minimeer

• binne ‘n webwerf te navigeer

• op die bladsy af te beweeg

• frases en sleutelwoorde te kopiëer en plak (beklemtoon die reëls

oor verwysings en plagiaat vooraf)

Stoor van werk: leerders mag versoek word om hul werk te stoor op Notepad of

ander geskikte projekformaat.

Samewerking met die IT onderwyser moet plaasvind voor die projek begin, om

‘n plan te formuleer oor waar leerderwerk gestoor moet word. Daar mag dalk ‘n

lêervouer op ‘n gedeelde skyf geskep moet word waar groeplede kan stoor en

toegang kan verkry tot hul lêers gedurende die projek. Demonstreer dit aan die

leerders.

Klaskamerbestuur

Die praktiese aktiwiteit is opgestel vir groep- of paarwerk. Die meeste van die

leerwerk vereis bespreking en ons is bewus daarvan dat baie skole nie oor

genoeg apparaat en ander hulpbronne beskik om die groepe klein te hou nie.

Voorstelle vir geïmproviseerde apparaat kan gebruik word om die situasie te

verbeter.

Sommige aktiwiteite leen hulself daartoe dat leerders spesifieke rolle toegeken

word binne die groep. Ons was egter nie voorskrywend in hierdie verband nie

aangesien verskillende onderwysers verskillende maniere ontwikkel om

groepwerk in hul klasse toe te pas.

Ken 2-4 lede aan elke groep toe. Stel riglyne vir groepwerk met behulp van

bespreking van die volgende:

• Besluit watter take gedoen moet word. (opspoor van webtuistes, hardop

lees van hulpbronne, tikwerk en die stoor van dokumente)

• Besluit hoe om take te deel (beurte maak, hoe lank neem ‘n beurt?, het

elkeen ‘n taak?)

• Watter vaardighede is nodig om suksesvol te wees? (goeie luisteraar,

geduld, ondersteun ander, hoe om te help sonder om iemand anders se

werk te doen)

• Hoe kom die groep tot ‘n verstandhouding? Moet almal saamstem?

• Wie moet die groepe raadpleeg as hulle probleme het om saam te werk of

inligting te vind?

6
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Koöperatiewe leerwyse se rolverdeling van funksies vir groeptake

1. Hoof Ondersoeker (Inisiëerder)

Bestuur die taak binne die aktiwiteit.

Verseker dat al die groeplede die doel en inhoud van die taak of aktiwiteit

verstaan.

Lees die instruksies en prosedures.

Gaan die resultate na.

Vra vrae aan die onderwyser om take of punte op te klaar.

Dien as fasiliteerder tydens groepbesprekings

2. Materiaal/middele bestuurder

Verantwoordelik vir die versameling, opstel en verspreiding van materiaal en

apparaat soos benodig.

Verantwoordelik vir die opstel en hantering van apparaat, asook die nagaan

van resultate van die aktiwiteit.

Voer die ondersoek uit of stel lede van die groep aan om prosedures uit te

voer.

Verantwoordelik om te verseker dat alle apparaat skoongemaak word en te

verseker dat alles op hul oorspronklike plekke teruggeplaas word.

3 Dataversamelaar (Evalueerder)

Maak seker die groep is gefokus op die taak.

Verantwoordelik vir die versameling, aanteken en organisering van data.

Skep tabelle en grafieke soos benodig.

Verifiëer data tussen groeplede.

Rapporteer die resultate van ‘n aktiwiteit op skrif of mondelings aan die klas

of onderwyser.

4 Vredemaker/tydhouer

Verantwoordelik om tred te hou met die tyd, veiligheid en die kontrole van

geraasvlakke.

Neem waar en teken die groep se sosiale interaksies aan.

Moedig groeplede aan om saam te werk en die aktiwiteit te bespreek.

Gaan die resultate na.

7
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Erkennings

Outeur: Andrew Petersen

Konsultant: Dr Neil Teubes

Leser: Nomvuyo Mgoqi

Redakteur: Susan Brundrit

Vertaler: Pauline Hanekom

Kunswerk: Natalie en Tamsin Henrichson

Navrae aan:

Schools Development Unit

School of Education

Universiteit van Kaapstad

Privaatsak

7700 Rondebosch

www.sdu.uct.ac.za

Tel.: 021-650-3368/3276

Faks: 021-650-5330

Januarie 2009

8
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

KONTROLETOETS – GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE

LEERAREA

BIOSFEER TOT EKOSISTEME

Totaal: 60 punte

Tyd: 1 uur

Lees die volgende instruksies versigtig voor jy die vrae beantwoord.

1. Beantwoord AL die vrae in hierdie kontroletoets deur die antwoorde

te skryf op die papier daarvoor voorsien.

2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommersisteem wat in

die vraestel gebruik word.

3. Jy sal punte verloor indien antwoorde nie volgens die instruksies

weergegee word nie.

4. Alle tekeninge moet in potlood, en byskrifte in blou of swart ink

gedoen word.

5. Teken slegs diagramme of vloeidiagramme wanneer jy gevra word

om dit te doen.

6 Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal

geteken nie.

7. Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers MAG

gebruik word.

9
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

DEEL A

VRAAG 1

1.1 Verskeie moontlike antwoorde op die volgende vrae word verskaf.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die

vraag (1.1.1 – 1.1.5) neer, byvoorbeeld 1.1.5 D.

1.1.1 Die basiese funksionele eenheid van die omgewing is die…

A. biosfeer.

B. ekosisteem.

C. populasie.

D. litosfeer.

1.1.2 Alle organismes regoor die wêreld wat in dieselfde klimaat woon, deel

dieselfde…

A. populasie.

B. ekosisteem.

C. bioom.

D. gemeenskap.

1.1.3 Watter van die volgende prosesse vind plaas tydens die stikstofkringloop?

(i) Verbruik van plant proteïene deur herbivore.

(ii) Die verrotting van dooie organismes deur ontbinders.

(iii) Die omskakeling van nitrate na nitriete deur bakterieë.

(iv) Die opname van nitrate deur plante

A. (i), (ii) en (iii)

B. (ii), (iii) en (iv)

C. (i), en (iv)

D. (i), (ii) en (iv)

1.1.4 Wanneer ‘n jakkals ‘n haas doodmaak en eet, is die jakkals die…

A Produsent.

B Prooi.

C Roofdier.

D Saprofiet.

1.1.5 Watter een van die volgende is nie ‘n abiotiese faktor nie?

A. Hoogte bo seevlak.

B. Suurstof in die atmosfeer.

C. Waterdamp in die atmosfeer.

D. Bakterieë in die grond. (2 x 5) (10)

10
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

1.2 Elk van die volgende stellings kan deur ‘n biologiese term vervang

word. Skryf slegs die term langs die ooreenstemmende nommer op

die antwoordblad neer.

1.2.1 Die plek waar ‘n organisme lewe.

1.2.2 Spesies wat nie inheems is aan ‘n area nie.

1.2.3 Faktore wat insluit ligging, helling en hoogte.

1.2.4 Die tipe interaksie tussen twee of meer organismes vir beperkte hulpbronne.

1.2.5 Die verskeidenheid van lewende organismes van verskeie soorte spesies

op aarde. (1 X 5) (5)

1.3 Kies ‘n item uit KOLOM B wat pas by ‘n beskrywing in KOLOM A.

Skryf slegs die letter (A – L) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.10)

neer, byvoorbeeld 1.3.6 J.

KOLOM A KOLOM B

1.3.1 Hersirkuleer voedingstowwe vir ‘n gemeenskap

1.3.2 Humus, pH en waterkapasiteit.

1.3.3 ‘n Produk wat suurreën veroorsaak.

1.3.4 Spesies wat nie langer bestaan nie.

1.3.5 Plante aangepas om in water te leef.

1.3.6 Die gas wat tydens die verbranding van

fossielbrandstowwe vrygestel word.

1.3.7 Stygende koolstofdioksied vlakke.

1.3.8 Verwyder koolstofdioksied uit die atmosfeer.

1.3.9 Vervang stikstof in die atmosfeer.

1.3.10 ‘n Byproduk van fotosintese.

11

A. aardverwarming

B. fotosintese

C. edafiese faktore

D. ontbinders

E. koolstofdioksied

F. protosoë

G. ontbinding

H. suurstof

I. uitgestorwe

J. hidrofiete

K. swaeldioksied

L. denitrifiserende bakterieë

(1 X 10) (10)

[25]
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

DEEL B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die kaart hieronder wat die biome van Suid-Afrika aandui en

beantwoord die vrae wat volg:

2.1.1 Verduidelik die verskil tussen die terme Biosfeer en Bioom. (2)

2.1.2 Jy is opdrag gegee om ‘n 5-dag Ekotoer vir buitelandse besoekers te

beplan. Hulle wil graag vyf verskillende biome op hul reis besoek. Jy

moet hulle van inligting in tabelvorm voorsien rakende die klimaat en flora

(plantegroei) van vyf verskillende biome. Skep die tabel wat jy aan jou

besoekers sal gee met hul aankoms.

Klimaat = (1 X 5) (5)

Flora = (1 X 5) (5)

[12]

12
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

VRAAG 3

3.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

3.1.1 Verduidelik die verskil tussen ‘n voedselketting en ‘n voedselweb. (2)

3.1.2 In ‘n piramiede van getalle, is daar ‘n toename in getalle na die basis van

die piramiede. Verduidelik die biologiese belangrikheid van hierdie

konsep. (2)

3.1.3 Verduidelik die impak van die verwydering van alle slange uit hierdie

voedselweb. (2)

[6]

13
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

VRAAG 4

4.1 Lees die volgende uittreksel uit ‘n gevallestudie oor die krities bedreigde

Bloukraanvoëlspesie en beantwoord die vrae wat volg:

Die Bloukraanvoël woon in droë berg graslande. Hulle maak hul neste op die

grond. Hulle eet sade, takkies en diere soos insekte en reptiele, paddas en vis wat

naby graslande gevind word. In die winter, beweeg hulle van die berge na die

graslande by laer hoogtes waar dit warmer is. Graslande is belangrike

landbougrond en word gereeld vervang met gewasse, weiding of boomplantasies.

Graslande is ook gewild vir die ontwikkeling van klein plase. Die Bloukraanvoël

kan nie langer leef en broei in die areas waar menslike aktiwiteite hul habitat

verwyder het nie.

(www.ewt.org.za/cranes/)

4.1.1 Wat is die belangrikste deel van die Bloukraanvoël se habitat? (1)

4.1.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 4.1.1. (1)

4.1.3 Lys drie maniere waarvolgens die Bloukraanvoël se habitat verlore raak of

verminder word. (3)

4.1.4 Hoekom is die Bloukraanvoël gelys as ‘n krities bedreigde spesie? (1)

4.1.5 Verduidelik hoe die verlies van habitat en die vermindering in die aantal

Bloukraanvoëls die energievloei en energie verwantskappe in die

ekosisteem kan verander. (3)

4.1.6 Jy is opdrag gegee om vorendag te kom met ‘n strategie om die

Bloukraanvoël te beskerm teen uitwissing. Beskryf kortliks twee van jou

idees. (2)

4.1.7 Skryf ‘n kort opstel rondom DRIE redes waarom ons biodiversiteit in Suid-

Afrika moet bewaar. (6)

[17]

TOTAAL 60 PUNTE

14
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Vraag 1.1

1.1.1 B√

1.1.2 C√

1.1.3 D√

1.1.4 C√

1.1.5 D√

Vraag 1.2

1.2.1 Habitat√

1.2.2 Indringer / eksotiese plante√

1.2.3 Fisiografies / Abioties√

1.2.4 Kompetisie√

KONTROLETOETS – GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE

LEERAREA

BIOSFEER TOT EKOSISTEME

Totaal: 60 punte

Tyd: 1 uur

MEMO

15

(2 X 5 = 10)

1.2.5 Biodiversiteit√ (1 X 5 = 5)
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Vraag 1.3

1.3.1 D√

1.3.2 C√

1.3.3 K√

1.3.4 I√

1.3.5 J√

1.3.6 E√

1.3.7 A√

1.3.8 B√

1.3.9 L√

1.3.10 H√ (1 X 10 = 10)

[25]

DEEL B

Vraag 2

2.1 Biosfeer = die aarde se relatief dun laag lug, grond en water wat in staat is

om lewe te onderhou en wat strek van ongeveer 10 km in die atmosfeer

tot by die diepste punt in die oseaan. √

Bioom = area wat gekarakteriseer word deur sy plantlewe waarvan die

tipe bepaal word deur sy ligging se klimaatstoestande, breedtegraad en

hoogte bo seespieël. √

16

(2)
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

2.2

KLIMAAT FLORA (PLANTE)

WOUDE Winter reënvalstreek. Koel,

vogtige omgewing, goeie

reënval. Hoë

transpirasietempo.

Mikroklimate bestaan. √

GRASLANDE Somer reënvalstreek .

Haelstorms en winterryp.

Reënval hoër as Savanne en

laer transpirasietempo lei tot

SAVANNE

(Grasvlakte)

hoër voginhoud. √

Droër gedeelte – Kalahari.

Vogtige oostelike gedeelte.

Somer reënvalstreek.√

FYNBOS Winter reënval, somers is

droog met sterk winde en

winters koud met baie reën

SUKKULENTE

KAROO

en sneeu. √

Winter reënval, maar skaars.

Warm, droë klimaat. √

17

Laagvorming van verskeie

bome, insluitende geelhout

en stinkhout. Verskeie

varingspesies op

grondvlak. √

Verskeidenheid

grasspesies. Skaarsheid

aan boomspesies. Ryp

beperk groei van bome.√

Doringbome en Kremetart.

Erikoïde (heide-agtige

struike), Restoïde

(rietspesies) en Proteoïde

(proteaspesies). √

Akasiabome,

Namakwaland

lenteblomme. Klein

vetplantagtige bome, Nama

Karooplante. √

NAMA Dor Geharde bossies en

KAROO

grassoorte.

RUIGTE Lae reënval, voorheen Lae ondeurdringbare woud

Vraag 3

beboste gebied.

van immergroen,

vetplantagtige en stekelrige

bome.

(10)

[12]

3.1.1 Voedselketting = Dui slegs op ‘n gedeelte van ‘n voedselweb en

beklemtoon slegs een voorbeeld by elke voedingsvlak. √

Voedselweb = ‘n Reeks ineengeskakelde voedselkettings wat die

interkonneksies aandui. √ (2)

3.1.2 Energie gaan verlore soos ‘n mens met die piramiede opbeweeg. √ Die

voedingsvlak onder moet groot genoeg wees om die vlak bo dit te

onderhou. √ (2)

3.1.3 Die primêre verbruikersgetalle (herbivore) sal toeneem, wat op sy beurt

sal lei tot oorbenutting van die primêre vervaardigers (m.a.w. die plante

sal uitgewis word). √ Die tersiêre verbruikersgetalle mag verminder soos

‘n voedselbron verwyder word. √ (2)

[6]
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Vraag 4

4.1.1 Graslande√ (1)

4.1.2 Hulle bly in beide die winter en somer in graslande. √ (1)

4.1.3 Vir landbougrond, √ vervang deur gewasse, √ weiding / boomplantasies√,

ontwikkeling van klein plase. √ (enige drie) (3)

4.1.4 Slegs ‘n klein aantal bly oor. √ (1)

4.1.5 Insekte, reptiele, paddas en vis word deur die Bloukraanvoël geëet.√ Hul

getalle sal dus toeneem √ aangesien daar minder Bloukraanvoëls is wat

hulle eet. √ (3)

4.1.6 Plaas hulle in ‘n beskermde omgewing waar hulle toegelaat word om te

broei. √

Beklemtoon die verknorsing van die Bloukraanvoël deur ‘n openbare

bewusmakingsveldtog. √ (2)

4.1.7 Onderhoud van ekologiese prosesse: √ suurstof wat ons inasem, die

voedsel wat ons eet, ontbinding, hersirkulering van voedingstowwe wat ons

verkry van die biodiversiteit in gebalanseerde ekosisteme. √

Mediese hulpbronne: √ mediese navorsers ontdek gereeld nuwe

plantbronne om siektes te genees. √

Ekonomiese hulpbronne: √ maak van produkte vir die toeristemark, soos

grasmatte, mandjies, skulpe, hout, ensovoorts. √

of

Etiese redes: √ het ons die reg om te oorbenut tot op die punt van

uitwissing?

Mense, met hul groter breinkapasiteit, word beskou as die bewaarders van

die oorblywende lewende organismes. √ (6)

[17]

TOTAAL 60 PUNTE

18
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

LU1: AS2, AS3; LU2: AS1, AS2 & AS3; LU3: AS1, AS2 & AS3

Doel

Die doel van die navorsingsprojek is vir leerders om massa-uitwissing

gebeurtenisse en die geskiedenis van lewe op Aarde, te ondersoek.

Voorafkennis

Dit sal van hulp wees indien leerders reeds bekend gestel is aan die geskiedenis

van lewe op Aarde en die vernaamste eras oor die afgelope 4.5 biljoen jaar.

Instruksies vir onderwysers

Leerders moet die artikel op hul eie lees. Elke leerder sal ook ‘n kopie van die

vrae en rubrieke benodig. Al die take is geskik vir groepwerk, maar Taak 3 moet

individueel voltooi word na afloop van ‘n groepbespreking. Die groep of individu

se taakwerk moet in die vorm van ‘n projek voorgelê word. Van groepe word

verder vereis om hul werk in die vorm van ‘n PowerPoint voorlegging aan die

klas voor te dra.

Artikel bron: http://www.actionbioscience.org/newfrontiers/eldredge2.html

Onderrigbepalings

Hierdie aktiwiteit is geskik vir individue of groepe van 2 tot 3 leerders.

Taalleer tydens onderrig

GRAAD 10 Lewenswetenskappe

Navorsingsprojek Voorbeeld

Onderwerp: Massa-uitwissing

Onderwyserriglyne

Deur die aktiwiteite in hierdie taak sal leerders die volgende terme verstaan,

gebruik en korrek spel: spesies; uitwissings; bioties; dinosourusse en soogdiere;

fossielrekord; geologiese tydskaal en boliede impak.

19
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Hulpbronne en leergeleenthede buite die skool

Kontak jou skool of gemeenskap se bibliotekaris vir hulp om die nodige

hulpbronne op te spoor. Werk met die informasietegnologie onderwyser saam

om tyd te skeduleer vir die leerders om in die rekenaarlaboratorium hul projek te

voltooi. Gaan internetskakels na voor die projek begin word, laai relevante

hulpbronne af en stel dit aan die leerders beskikbaar.

Projek Assessering

Die projek sal volgens die rubrieke aan die einde van die leerderwerkkaart

beoordeel word. Dit sal nuttig wees om ‘n tydlyn op te stel met spertye vir

voltooiing van verskillende fases van die projek.

20
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Doel: Die doel van die navorsingstaak is om massa-uitwissing te ondersoek en

die getuienis wat vir die verskillende hipotesis oor die oorsake van die massauitwissing

gebeurtenisse aangebied word, te evalueer.

Taak 1 Uitwissingstabel

Niles Eldredge beskryf die vyf vernaamste uitwissing gebeurtenisse van die

verlede in sy artikel getiteld “Die Sesde Uitwissing”. Skep ‘n visuele voorstelling

soos ‘n tabel, geheuekaart of leerdiagram om die inligting in die artikel te

verteenwoordig. Maak van ‘n geologiese tydskaal gebruik.

Taak 2 ‘n Nader ondersoek

Leerder Navorsingstaak

Kies een van die vyf vernaamste uitwissing gebeurtenisse van die verlede en

beskryf die voorgestelde oorsake en getuienis wat wetenskaplikes daaroor

versamel het.

Taak 3 Inhoudsvrae wat in jou navorsingsprojek behandel moet word

1. Beskryf die patroon van oorsake vir vroeëre massa-uitwissings.

2. Watter massa-uitwissing het die meeste verwoesting aangerig?

3. Watter massa-uitwissing is die bekendste en hoekom?

4. Wat is die moontlike oorsaak van die uitwissing van die dinosourusse?

6. Hoekom is die huidige uitwissing anders as die ander vername uitwissings?

7. Hoe het die mensdom veroorsaak dat groot diere uitgesterf het?

Jou finale voorlegging moet in die vorm van ‘n PowerPoint voorlegging

wees en moet die antwoorde op bogenoemde take insluit.

21
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

1. Navorsingsprojek rubriek

Assesseringsrubrieke

Die projek word geassesseer volgens die onderstaande kriteria en punte word as

volg toegeken:

2 punte word toegeken indien die kriteria ten volle nagekom word.

1 punt word toegeken vir gedeeltelike nakoming.

0 punte word toegeken indien kriteria nie nagekom word nie.

Kriteria vir projek-evaluering Punte

toegeken

2 1 0

Titelblad en organisasie

1 Projek is goed georganiseer met korrekte opskrifte.

Projektitel en name van die outeurs, sowel as ‘n

inhoudsopgaweblad, is verskaf.

Inleiding

2. Die inleiding sluit ‘n ondersoekende vraag of stelling in wat

die doel van die navorsing duidelik maak. Agtergrond word

ook verskaf.

Aanbieding

3. ‘n Gedetailleerde tydlyn met die vyf uitwissing gebeurtenisse

duidelik daarop aangetoon, word verskaf.

4. Projek beskryf een van die uitwissings in detail.

5. Inhoudsvrae is beantwoord

Navorsing en skryf van verslag

6. Getuienis van navorsing

7. Demonstreer duidelike, logiese denke en is insiggewend.

8. Projek is geskryf in duidelike leesbare sinne en sluit ‘n

geldige gevolgtrekking in.

9. Daar is bewyse dat die outeur moeite gedoen het en insig

getoon het met die skryf van die projek. Die projek is betyds

ingehandig.

Bibliografie

10. Is daar getuienis van ‘n literatuursoektog?

Opmerkings :

22
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

2. Aanbiedingsrubriek

Organisasie

Oorredingsvermoë

Spanwerk

Gebruik van

tegnologie

1

Aanbieding is

nie

georganiseerd

nie

Aanbieding

nie oorredend

nie.

Werk nie

saam om

aanbieding te

skep nie.

Gebruik nie

die tegnologie

effektief om

die boodskap

oor te dra nie.

23

2

Bied

bevindinge

en gevolgtrekkings

met min

organisasie

aan.

Toon

weining

oorredingsvermoë.

Werk saam

om

aanbieding

te skep.

Meer klem

op grafika

en

animasie

as op die

oordrag

van die

boodskap.

3

Bied

bevindinge en

gevolgtrekkings

op ‘n

georganiseerde

wyse aan.

Argument toon

gedeeltelike

oorredingsvermoë.

Werk as ‘n

groep om

aanbieding te

skep.

Gebruik van

tegnologie dra

by tot die

oordrag van die

boodskap.

4

Addisionele

navorsing

word

gebruik om

bevindinge

en gevolgtrekkings

oortuigend

aan te bied.

Maak ‘n

dramatiese

en

oortuigende

argument.

Werk as

eenheid

saam om

aanbieding

te skep.

Gebruik

tegnologie

hoogs

effektief.

Grafika

versterk ‘n

kragtige

boodskap.
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Die Sesde Uitwissing

Gebaseer op die artikel deur Niles Eldredge

Daar bestaan min twyfel by professionele bioloë dat die Aarde tans ‘n

toenemende verlies van spesies ondervind wat dreig om die vyf groot uitwissings

van die geologiese verlede te ewenaar. In 1993 is beraam dat die Aarde tans

ongeveer 30,000 spesies per jaar verloor. Sommige bioloë glo nou dat hierdie

biodiversiteitskrisis, hierdie “Sesde Uitwissing,” selfs ernstiger is.

Uitwissing in die verlede

Die vernaamste globale uitwissings is almal deur fisiese gebeurtenisse

veroorsaak wat buite die normale klimaats- en ander fisiese versteurings wat

spesies en volledige ekosisteme ondervind en oorleef, val. Wat het hulle

veroorsaak?

Die vorige massa-uitwissings was as gevolg van natuurlike oorsake.

• Eerste vername uitwissing (c. 440 mjg): Klimaatsverandering (relatief

ernstige en skielike globale verkoeling) blyk die oorsaak te gewees het van die

eerste uitwissing, die Laat-Ordovisiese massa-uitwissing wat ‘n merkbare

verandering in mariene lewe veroorsaak het (min of geen lewe het op daardie

stadium op land voorgekom). 25% van families is uitgewis (‘n familie kan

bestaan uit ‘n paar tot ‘n paar duisend spesies).

• Tweede vername uitwissing (c. 370 mjg): Die volgende soortgelyke

gebeurtenis naby aan die einde van die Devoniese Tydperk, kon moontlik of

moontlik nie die gevolg van globale klimaatsverandering gewees het. 19% van

families is uitgewis.

• Derde vername uitwissing (c. 245 mjg): Scenarios wat verduidelik wat

aan die einde van die Permiese Tydperk tydens die grootste massa-uitwissing

van almal (tot dusver) gebeur het, is komplekse samevoegings van

klimaatsverandering wat moontlik ‘n oorsprong in plaat tektonika het.

Onlangse getuienis dui egter daarop dat ‘n boliede impak soortgelyk aan die

Laat-Kryttydperk gebeurtenis die oorsaak kon wees. 54% van families is

uitgewis.

• Vierde vername uitwissing (c. 210 mjg): Dit bly moeilik om die oorsake

van die gebeurtenis aan die einde van die Triassiese Tydperk, kort nadat die

dinosourusse en soogdiere die eerste keer ontstaan het, vas te pen. 23% van

families is uitgewis.

24
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

• Vyfde vername uitwissing (c. 65 mjg): Die bekendste van hierdie

gebeurtenisse is die mees onlangse een aan die einde van die Laat-

Kryttydperk. Dit het die oorblywende land-gebaseerde dinosourusse en

mariene ammoniete uitgewis, sowel as baie ander spesies (regoor die

filogenetiese spektrum en in alle habitatte wat in die fossielrekord ondersoek

word). Konsensus is in die afgelope dekade bereik dat hierdie gebeurtenis deur

een of meer botsings tussen die Aarde en ‘n buite-ruimtelike boliede

(waarskynlik komeetagtig) veroorsaak is. Sommige geoloë wys egter na ‘n

groot vulkaniese gebeurtenis. 17% van families is uitgewis.

Hoe is die Sesde Uitwissing verskillend van vorige

gebeurtenisse?

Met die eerste oogopslag lyk dit of die uitwissing gebeurtenisse van die verlede

met hul fisiese oorsake, min of niks vir ons vertel nie van die huidige Sesde

Uitwissing, wat duidelik deur menslike aktiwiteite soos hieronder genoem

veroorsaak word.

• verandering van die landskap

• oorbenutting van spesies

• besoedeling

• die toevoeging van indringer spesies

Die oorsake van hierdie aktiwiteite gaan omvangryke fisiese veranderinge vir die

planeet tot gevolg hê, net soos met die ander uitwissings.

Slegs 10% van die wêreld se spesies het die derde massa-uitwissing

oorleef. Sal enige spesies hierdie een oorleef?

Wat is die Sesde Uitwissing?

Ons kan die Sesde Uitwissing verdeel in twee afsonderlike fases:

• Fase Een het begin met die moderne mens se uitbeweeg uit Afrika na

verskillende dele van die wêreld ongeveer 100,000 jaar gelede.

• Fase Twee het ongeveer 10,000 jaar gelede begin nadat mense na

landbou oorgeskakel het.

Oraloor, kortliks nadat die moderne mens gearriveer het, is baie inheemse

spesies uitgewis. Die fossielrekord getuig van die menslike verwoesting van

ekosisteme.

25
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Hoekom gaan die Sesde Uitwissing voort?

Die ontstaan van landbou het die tempo van die Sesde Uitwissing versnel.

Landbou verteenwoordig die enkel mees omvattende ekologiese verandering in

die hele 3.5 biljoen jaar geskiedenis van lewe. Met die ontstaan daarvan:

• het mense nie interaksie met ander spesies nodig gehad vir hul

oorlewing nie en het hulle geleer om ander spesies te manipuleer vir hul

eie gebruik.

• het mense nie nodig gehad om te voldoen aan die ekosisteem se

dravermoë nie en hulle kon dus oorbevolk.

Mense leef nie saam met die natuur nie, maar buite dit.

Daar is nou meer as 6 biljoen mense op Aarde. Die getal neem eksponensiëel

toe, sodat daar teen 2020 meer as 8 biljoen mense sal wees.

Oorbevolking, indringer spesies en oorbenutting dryf die uitwissing aan.

Hierdie ontploffing in die menslike populasie, tesame met die ongelyke

verdeling en verbruik van rykdom op die planeet, is die onderliggende oorsaak

van die Sesde Uitwissing.

© 2005, American Institute of Biological Sciences. Onderwysers het

toestemming om te herdruk vir klaskamergebruik.

26
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

GRAAD 10 Lewenswetenskappe

Voorbeeld van ‘n Praktiese Taak

Onderwerp : Dierweefsel

Onderwyserriglyne

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

Aktiwiteit 1: Disseksie van ‘n hoendervlerk (LU1: AS1; AS2; AS3)

Aktiwiteit 2: Identifiseer en verskaf byskrifte vir die verskillende spiere van die

voorste ledemate van ‘n hoender (LU1: AS2, AS3; LU2: AS1,

AS2 & AS3).

Verrykingsaktiwiteit: Ondersoek die onderwerp Salmoneliose (LU2: AS1, AS2

& AS3; LU3: AS1, AS2 & AS3)

Voorafkennis

Dit sal van hulp wees indien leerders:

1. die voorste ledemate kan herken en byskrifte kan verskaf.

2. die verskillende weefseltipes kan herken.

3. oor ‘n basiese agtergrond van mikro-organismes en siektes beskik.

Veiligheidsmaatreëls

Risikobepalings word vereis vir enige potensiëel gevaarlike aktiwiteit. In hierdie

prakties dissekteer en ondersoek leerders die vlerke van ‘n hoender.

• Waarsku leerders om versigtig te werk wanneer hulle ‘n skalpel of skerp mes

gebruik en wanneer hulle rou pluimvee hanteer.

• Verseker dat toepaslike skoonmaakmiddels voorsien word waarmee

skoongemaak kan word, insluitend papierhanddoeke, plastieksakke,

ontsmettingsmiddel en weggooibare handskoene.

• Skoonmaakpersoneel moet in kennis gestel word van die tipe afvalmateriaal

wat in die vullisblik geplaas is en die belangrikheid van toepaslike opruiming.

• ‘n Noodhulpkissie behoort geredelik beskikbaar te wees.

Onderrigbepalings

Hierdie aktiwiteit is geskik vir groepwerk of as demonstrasie. Verwys na die

riglyne in verband met koöperatiewe leerwyses en klaskamerbestuur.

27
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Taalleer tydens onderrig

Die aktiwiteite in hierdie taak sal leerders in staat stel om:

• Verskillende weefseltipes, insluitend spiere en bindweefsel (wat vetweefsel,

kraakbeen, been, tendons en ligamente insluit), senuweeweefsel en

bloedvate, sowel as hul funksies, te identifiseer en te beskryf.

• Siekteveroorsakende mikrobes te bespreek.

Hulpbronne

• Sekondêre bronne wat data oor verskillende weefseltipes verskaf (bv. ‘n tabel

wat die verskillende weefseltipes en hul samestellende dele aantoon).

• Koerante en ander artikels oor salmoneliose.

• Die volgende webtuistes kan van hulp wees:

http://www.cdc.gov/nczved/dfbmd/disease_listing/salmonellosis_gi.html

http://www.capetown.gov.za/en/CityHealth/EnviroHealth/

Verrykingsaktiwiteit

Leerders kan pamflette, koerante, boeke en die internet gebruik om meer uit te

vind omtrent Salmonella voedselvergiftiging en ander siektes.

Antwoorde op vrae en bykomende inligting vir die onderwyser

Aktiwiteit 1:

Wanneer aan die trisep spiergroep getrek word, sprei die vlerk oop. Wanneer

aan die biseps getrek word, buig die vlerk. Tendons bestaan uit baie sterk, maar

buigbare bindweefsel en heg spier aan been. Tendons kan nie rek nie.

Ligamente is meer elasties as tendons en kan rek.

Nota: Klem moet geplaas word op die strukturele geskiktheid van die skeletale

komponent vir die funksie wat dit moet uitvoer.

Memorandum vir Aktiwiteit 2:

Ken punte toe vir netheid en byskrifte. Die tekening behoort die invoeging van die

bisep- en triseptendons op die humerus, radius en/of ulna en skouer duidelik aan

te toon.

28
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Figuur 1: Spiere van die voorste ledemate

Memorandum vir Verrykingsaktiwiteit: Verwys na die webtuiste:

http://www.cdc.gov/nczved/dfbmd/disease_listing/salmonellosis_gi.html

29
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Praktiese Werkkaart vir Leerders

Aktiwiteit 1: Disseksie van ‘n hoendervlerk

Doel: Die doel van hierdie aktiwiteit is om ‘n hoendervlerk te dissekteer en die

eksterne en interne weefselstruktuur te ondersoek.

Benodighede

Papierbord

Skerp mes of 1 klein skêrtjie

1 hoendervlerk

Weggooibare handskoene

Veiligheidsmaatreëls

Volg asseblief die laboratoriumreëls en wees versigtig wanneer ‘n skerp mes of

skêr gebruik word.

Onderrigbepalings

Indien julle in groepe werk, sal julle take toegeken word na aanleiding van jul rol

in die groep. Julle moet egter elkeen die werkkaart onafhanklik in jul boeke

voltooi.

Instruksies

2 Verwys na die diagram hieronder om sekere bene en spiere op te spoor.

2. Trek beskermende handskoene aan indien moontlik.

3. Jou onderwyser sal vir jou ‘n hoendervlerk gee. Spoel dit goed af met koel

water, droog dit af met papierhanddoek en plaas dit in ‘n disseksieskinkbord.

30
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

4. Strek die vlerk versigtig uit om uit te vind hoeveel hoofdele dit het. Gebruik die

skêr om die vel van die vlerkpunt tot by die skouergewrig te knip. Probeer om

nie deur die spiere onder die vel te knip nie. Prik die vel en gly dan die skêr

tussen die vellaag en die spiere in. WAARSKUWING: Sny weg van jou liggaam

en klasmaats af.

5. Trek die vel stadig terug sodat die onderliggende weefsel nie beskadig word

nie. Die dun membraan wat die spiere bymekaar hou is die areolêre (los)

bindweefsel.

6. Soek na geel weefsel wat saam gebondel is onder die vel. Die weefsel voel

vetterig en is vetweefsel wat opgemaak is uit vetselle.

7. Bestudeer die pienk skeletale spierweefselbondels om die bene. Vind die

twee spiergroepe in die bo-arm. Druk die arm by die skouer afwaarts en trek

afwisselend aan elke spiergroep. Neem waar wat gebeur.

Wys die onderwyser dat jy dit gedoen het. Onderwyser voorletters: __________

8. Vind die twee spiergroepe by die elmboog en trek afwisselend aan elke

spiergroep. Druk die arm by die elmboog afwaarts en trek afwisselend aan elke

spiergroep.

9. Vind die tendons - blink, wit weefsel by die entpunte van die spiere. Neem

waar watter dele verbind word deur die tendons. Trek liggies aan ‘n tendon. Kan

jy dit uitrek?

Wys die onderwyser dat jy dit gedoen het. Onderwyser voorletters: ___________

10. Verwyder die spiere en tendons. Vind die ligamente, die witterige

lintvormige strukture tussen bene by die gewrig van die vlerk. Hulle is sterk, wit

bindweefselbande wat bene verbind. Trek liggies aan die ligament. Rek dit?

11. Soek kraakbeen. Dit is wit van kleur en word aan die punte van langbene

gevind. Beskryf hoe die kraakbeen voel. Is dit buigbaar?

12. Sny die membraan (bindweefsel) om die spier weg. Die spier bestaan uit

baie spierveselbondels. Gebruik die punt van jou skêr of ‘n naald om die

veselbondels van mekaar te skei.

13. Soek die senuwees (baie dun, wit draadjies). Hulle word gewoonlik langs

bloedvate gevind, maar kan moeilik wees om raak te sien.

OPRUIMING: Gooi die hoenderdele weg volgens jou onderwyser se instruksies.

Was julle hande en instrumente goed met seep en water om salmonella

kontaminering te verhoed.

31
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Aktiwiteit 2:

Teken en verskaf byskrifte vir die bisep- en trisepspiere. Toon waar hulle met die

tendons aan die been geheg is. Teken tendons rooi en spiere grys.

Verrykingsaktiwiteit buite die skool: Navorsingsprojek oor Salmoneliose

Gebruik inligting uit pamflette, koerante, boeke en die internet om die volgende

inligting te bekom: Wat is salmoneliose?; Hoe doen persone Salmoneliose op?;

Wat kan ‘n persoon doen om te verhoed dat hulle hierdie siekte opdoen?

Assesseringsrubrieke

Aktiwiteit 1: Assesseringsrubriek vir groepwerk

KRITERIA PRESTASIEVLAKKE

0 1 2 OPMERK-

1. Vermoë om

instruksies te

volg

2. Vermoë om

veiligheidsmaat

-reëls na te kom

Onvermoë om

instruksies te

volg, selfs

met hulp.

Veiligheidsma

at-reëls meer

as twee keer

nie nagekom

nie.

3. Groepwerk Kon nie as

groep

saamwerk

nie.

4. Vermoë om

netjies en

georganiseerd

te werk en tyd

effektief te

gebruik

TOTAAL: 10

Aktiwiteit

misluk as

gevolg van

disorganisasi

e.

Instruksies

gevolg met

gereelde toesig.

Veiligheidsmaat

-reëls nagekom,

maar een fout

begaan.

Het probeer om

as groep saam

te werk, maar

kon nie konflik

hanteer nie

en/of het nie

take in die

groep verdeel

nie.

Werk soms

netjies /

georganiseerd,

maar disseksie

afgejaag.

32

Kan totaal

onafhanklik

funksioneer.

Volg

veiligheidsma

at-reëls

volkome.

Goed

saamgewerk

in

groepverband

– elke lid van

die groep ken

hul rol.

Werk

deurgaans

netjies en

georganiseerd

en voltooi taak

voortydig.

INGS
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Aktiwiteit 2: Assesseringsrubriek vir tekening

KRITERIA PRESTASIEVLAKKE

0 1 2 OPMERKING

1. Uitleg Geen opskrif

voorsien en

tekening te

klein.

2. Akkuraatheid Onakkurate

tekening.

3. Byskrifte Geen

byskrifte

voorsien nie.

4. Lyngebruik Tekening

onnet.

TOTAAL: 10

Opskrif

verskaf,

maar nie boaan

bladsy

nie en/of

tekening te

klein.

Gedeeltelik

korrek, maar

ontbreek

detail.

Byskrifte

onnet en

sommige

byskrifte

verkeerd.

Goeie

weergawe

van werklike

struktuur,

maar stomp

potlood en/of

oormatige

skakering

gebruik.

33

Tekening

voorsien van ‘n

duidelike,

netjiese

opskrif.

Tekening vul

ten minste een

derde van die

bladsy.

‘n

Gedetailleerde,

akkurate

biologiese

tekening.

Byskrifte

korrek en

byskriflyne is

eweredig

versprei,

duidelik getrek

en kruis nie.

Gebruik ‘n

skerp potlood

en skakeer

matig.

S
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

KONTROLETOETS – GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE

LEERAREA

MOLEKULES TOT ORGANE

Totaal: 60 punte

Tyd: 1 uur

Lees die volgende instruksies versigtig voor jy die vrae beantwoord.

1. Beantwoord AL die vrae in hierdie kontroletoets deur die antwoorde

te skryf op die papier daarvoor voorsien.

2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommersisteem wat in

die vraestel gebruik word.

3. Jy sal punte verloor indien antwoorde nie volgens die instruksies

weergegee word nie.

4. Alle tekeninge moet in potlood, en byskrifte in blou of swart ink

gedoen word.

5. Teken slegs diagramme of vloeidiagramme wanneer jy gevra word

om dit te doen.

6 Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal

geteken nie.

7. Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers MAG

gebruik word.

34
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

DEEL A

VRAAG 1

1.1 Verskeie moontlike antwoorde op die volgende vrae word verskaf.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die

vraag (1.1.1 – 1.1.5) neer, byvoorbeeld 1.1.5 D.

1.1.1 Die deel van ‘n mikroskoop wat die hoeveelheid lig vanaf die ligbron

beheer is die …

A. diafragma.

B. objektief.

C. oogstuk.

D. kondensor.

1.1.2 Replisering van chromosome gebeur tydens …

A. metafase.

B. anafase.

C. bevrugting.

D. interfase.

1.1.3 Om voedsel vanaf ‘n plant te verkry, sal ‘n plantluis in watter van die

volgende weefsel indring?

A. Floëem.

B. Xileem.

C. Sklerenchiem.

D. Meristematiese weefsel.

1.1.4 Watter van die volgende word nie benodig vir fotosintese om plaas te vind

nie?

A. Water.

B. Suurstof.

C. Chlorofil.

D. Koolstofdioksied.

1.1.5 Watter van die volgende is nie ‘n newe-produk van selrespirasie in plante

nie?

A. Suurstof.

B. Water.

C. Etanol.

D. Koolstofdioksied.

35

(2 x 5) (10)
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

1.2 Elk van die volgende stellings kan deur ‘n biologiese term vervang

word. Skryf slegs die term langs die ooreenstemmende nommer op

die antwoordblad neer.

1.2.1. Die monomere (boublokke) van proteïene.

1.2.2. Organelle hoofsaaklik betrokke in proteïensintese.

1.2.3. Die selsiklus waartydens die sitoplasma verdeel.

1.2.4. Die wasagtige laag wat die blaar se epidermis bedek.

1.2.5. Mikroskopiese, vingeragtige uitstulpings wat in die dunderm gevind word.

1.3 Sê of die volgende stellings Waar of Onwaar is.

1.3.1 Glukose wat tydens fotosintese in plante vervaardig word, word

omgeskakel en geberg as stysel omdat stysel osmoties onaktief is.

1.3.2 Vesel stimuleer die spysverteringskanaal om peristalse uit te voer.

1.3.3 Aerobiese respirasie in plante veroorsaak alkoholiese fermentasie.

36

(1 x 5) (5)

1.3.4 Deaminasie van oortollige aminosure, word deur die pankreas verrig.

1.3.5 ‘n Blaar wat tydens ‘n styseltoets swart word, word geag ‘n positiewe

aanduider van stysel te wees.

(1 x 5) (5)
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

1.4 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat pas by ‘n item in KOLOM A.

Skryf slegs die letter (A – P) langs die vraagnommer

(1.4.1 – 1.4.10) neer, byvoorbeeld 1.4.6 J.

KOLOM A KOLOM B

1.4.1 Glukagon A. Vervaardig gedurende anaerobiese

toestande in spiere.

1.4.2 Hartsluitspier B. Afhanklik van groen plante vir

energiebehoeftes.

1.4.3 Melksuur C. ‘n Hormoon wat glikogeen weer

omskakel na glukose.

1.4.4 Heterotrofiese organismes D. Die sluitspier wat die ingang na die

maag beheer.

1.4.5 Kambium E. Vervaardig tydens aerobiese

toestande in spiere.

1.4.6 Mitose F. Vervaardig organiese voedsel uit

anorganiese komponente.

1.4.7 Mitochondria G. Gebied met die grootste aantal

chloroplaste.

1.4.8 Drywende mosaïek-model H. Meristematiese weefsel wat

diktegroei in stamme en wortels van

plante veroorsaak.

1.4.9 Disakkariedes I. Veroorsaak die vorming van twee

identiese dogterselle.

1.4.10 Palisade parenchiem J. Organelle verantwoordelik vir

selrespirasie en die vervaardiging

van ATP.

K. Sukrose en maltose.

L. Die sluitspier wat die ingang na die

dunderm beheer.

M. ‘n Hormoon wat glukose omskakel

na glikogeen.

. N. Verduidelik die struktuur van die

selmembraan.

O. Veroorsaak reduksieverdeling van

selle

P. Glukose en fruktose.

37

(10)

[30]
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

DEEL B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die mikrograaf hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

2.1.1 Identifiseer die biologiese proses wat in die selle plaasvind. (1)

2.1.2 Noem drie redes waarom hierdie proses belangrik is vir lewende

organismes. (3)

2.1.3 Die beeld is met ‘n elektronmikroskoop vasgevang. Noem twee redes

waarom verbeteringe in mikroskooptegnologie vir die mens tot voordeel is. (2)

2.2 Verbeteringe in biotegnologie het debat oor etiese aangeleenthede

rondom kloning gestimuleer. Lees die uittreksel uit ‘n artikel hieronder:

Alvorens kloning as toelaatbare behandeling vir menslike infertiliteit geag kan word, moet

die samelewing baie aangeleenthede oplos, insluitende:

• Is kloning onnatuurlike selfontwerp?

• Sal mislukkings, soos misvormde kinders aanvaarbaar wees?

• Sal kloning lei tot ontwerperbabas wat ‘n vrye toekoms ontneem word?

• Wie is sosiaal verantwoordelik vir gekloonde mense?

• Het klone regte en beskerming onder die wet?

Glenn McGee: ‘n Artikel uit ActionBioscience.org

38
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

2.2.1 Verduidelik hoe kloning ‘n oplossing kan wees vir menslike infertiliteit. (1)

2.2.2 ‘n Aantal vrae word in hierdie artikel geopper. Skryf ‘n paragraaf waarin jy

jou EIE idees weergee rakende die vraag of kloning ‘n oplossing vir

menslike infertiliteit is. (3)

2.3 Lees die artikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg:

KANKER AS GESTREMDHEID

Kanker word gereeld onbeheerste selgroei genoem en ontstaan

wanneer abnormale weefselgroei ‘n gewas veroorsaak. Kanker kan in alle

dele van die liggaam voorkom en daar is baie vorme van kankerselle.

Deesdae is daar gelukkig maniere waarop kanker behandel kan word.

Indien kanker vroegtydig opgespoor word, kan dit in baie gevalle volkome

genees. Indien kanker egter nie vroeg genoeg opgespoor word nie, kan dit

slegs vertraag word sodat pasiënte baie langer kan leef as wat die geval sou

wees sonder behandeling.

Kanker is ‘n langtermyn siekte wat as ‘n ‘gestremdheid’ geag kan

word. Die persoon moet gereelde behandeling ontvang en die behandelings

het newe-effekte wat die pasiënte uitput en siek maak en kan veroorsaak

dat hul hare uitval.

Pasiënte met kanker is in baie gevalle benoud en beangs oor hul

kanse om te sterf of te bly lewe. Hulle word in baie gevalle depressief.

Familielede van pasiënte met kanker moet begrip toon en ondersteunend

wees.

Aangepas vanuit Life Sciences for all, J. de Fontaine et al.

2.3.1 In jou eie woorde , verskaf jou eie definisie vir kanker. (1)

2.3.2 Noem twee van die vernaamste newe-effekte van kankerbehandeling. (2)

2.3.3 Kanker raak ook familielede. Verduidelik die rol wat familielede kan speel

om die kankerpasiënt te help. (2)

39

[15]
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

VRAAG 3

3.1 ‘n Navorser het ‘n eksperiment uitgevoer om die effek van

koolstofdioksiedkonsentrasie op voedselproduksie te bepaal. Die navorser

het dieselfde aantal boontjie saailinge in sewe verskillende kweekhuise

geplant. Die saailinge was ooreenstemmend in ouderdom en grootte. Die

temperatuur en tipe grond, sowel as die hoeveelheid water is

gestandardiseer. Die navorser het die hoeveelheid koolstofdioksied in die

lug in elke kweekhuis gevariëer. Na 30 dae is die saailinge verwyder,

gedroog en geweeg. Die resultate word in die onderstaande grafiek

weergegee.

Droë massa (kg)

25

20

15

10

Grafiek van die droë massa van boontjie saailinge

wat in verskillende koolstofdioksiedkonsentrasies

gegroei is.

5

0

0 0.03 0.06 0.09 0.12 0.15 0.18 0.21

Persentasie koolstofdioksied in die lug (%)

3.1.1 Formuleer ‘n hipotese vir die navorser se ondersoek. (1)

3.1.2 Identifiseer die volgende:

(a) Afhanklike veranderlike

(b) Onafhanklike veranderlike (2)

3.1.3 By watter konsentrasie koolstofdioksied was voedselproduksie die beste? (1)

3.1.4 Hoekom het die navorser die droë massa van die boontjie saailinge

gebruik? (1)

3.1.5 Verduidelik met verwysing na die grafiek die verband tussen die

persentasie koolstofdioksied in die lug en die droë massa van die

saailinge. (2)

3.1.6 Verduidelik hoe die resultate van so ‘n ondersoek van waarde is vir die

samelewing. (1)

3.1.7 Tegnologies gevorderde lande is in staat om meer voedsel te produseer

as wat hulle nodig het. Maak ‘n voorstel oor wat om met die oortollig

geproduseerde voedsel te doen. (2)

40
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

3.2 Wanvoeding is ‘n wêreldwye verskynsel. Die Progress of Nations (1996) het ‘n

Ligatabel vir wanvoeding gepubliseer. Bestudeer die uittreksel hieronder en

beantwoord die vrae wat volg:

Ligatabel vir Wanvoeding

Persentasie onder-vyfs wat ondervoed is

SUB-SAHARA MIDDE-OOSTE EN ASIË EN DIE STILLE AMERIKAS

AFRIKA NOORD AFRIKA OSEAANGEBIED

Suid-Afrika 9 Algerië 9 Mongolië 12 Chile 1

Kameroen 14 Egipte 9 China 16 Paraguay 4

Zimbabwe* 16 Jordanië 9 Maleisië 23 Panama 7

Senegal 20 Marokko 9 Filippyne 30 Dominikeinse 10

Rep.

Lesotho 21 Turkeie 10 Mianmar 31 Jamaika 10

Kenia 23 Irak 12 Sri Lanka 38 El Salvador 11

Zambië 25 Oman 12 Kambodia 40 Peru 11

Namibië 26 Sirië 12 Lao Rep. 40 Nicaragua 12

Ghana* 27 Iran 16 Pakistan 40 Bolivië* 16

Malawi 27 Jemen 30 Viëtnam 45 Honduras 18

Ruanda 29 Soedan 34 Nepal* 49 Haïti 27

Sierra Leone 29 Indië 53

Tanzanië 29 Bangladesh 67

Ethiopië 48

Mauritanië 48

41
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

3.2.1 Watter van die vier gebiede het die hoogste gemiddelde

wanvoedingstatistiek? (1)

3.2.2 Watter land het die hoogste persentasie onder-vyfs wat lei aan

wanvoeding?

3.2.3 Noem ‘n mediese toestand waaraan kleuters kan lei weens ‘n gebrek aan

proteïene in hul diëet. (1)

3.2.4 Stel ‘n gepaste strategie voor wat jou skool kan aanneem om ‘n sinvolle

bydrae te maak in die geveg teen wanvoeding. (2)

TOTAAL 60 PUNTE

42

(1)

[15]
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Vraag 1.1

1.1.1 A√

1.1.2 D√

1.1.3 A√

1.1.4 B√

1.1.5 A√

Vraag 1.2

1.2.1 Aminosure√

1.2.2 Ribosome√

1.2.3 Sitokinese√

1.2.4 Kutikula√

KONTROLETOETS – GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE

LEERAREA

MOLEKULES TOT ORGANE

Totaal: 60 punte

Tyd: 1 uur

MEMO

43

(2 X 5 = 10)

1.2.5 Villi√ (1 X 5 = 5)

Vraag 1.3

1.3.1 Waar√

1.3.2 Waar√

1.3.3 Onwaar√

1.3.4 Onwaar√

1.3.5 Waar √ (1 X 5 = 5)
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Vraag 1.4

1.4.1 C√

1.4.2 D√

1.4.3 A√

1.4.4 B√

1.4.5 H√

1.4.6 I√

1.4.7 J√

1.4.8 N√

1.4.9 K√

1.4.10 G√

DEEL B

VRAAG 2

44

(1 X 10 = 10)

[30]

2.1.1 Mitose.√ (1)

2.1.2 Groei√ Herstel√ Selvervanging.√ (3)

2.1.3 Monsters kan in detail ondersoek word om identifikasie moontlik te maak.

‘n Verskeidenheid toepassings is moontlik gebaseer op identifikasie, bv. ‘n

mediese toestand kan gediagnoseer en behandel word. √

Dit maak ook werk in genetiese ingenieurswese moontlik. √ (2)

2.2.1 ‘n Onvrugbare persoon kan ‘n ouer word deur die kloning van sy eie DNS.

Die kind sal dus ‘n presiese replika van die ouer wees. (1)

2.2.2 Dit kan geag word ‘n oplossing vir onvrugbaarheid te wees, aangesien die

ouers voorheen nie in staat was om natuurlik geboorte te gee nie. √

Dit maak gebruik van vooruitgang op mediese gebied en is dus

progressief. √

Dit maak voorsiening vir die manipulasie van beide feno- en genotipiese

eienskappe. √
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

of

Dit is ‘n onnatuurlike proses; dit is om ‘God’ te speel. √

Dit kan lei tot die misbruik van vooruitgange op mediese gebied. √

Dit kan lei tot uitbuiting deur groot mediese maatskappye. √ (3)

(Gebruik jou eie diskressie en ken punte toe indien die argument goed

gemotiveer is).

2.3.1 Wanneer normale selverdeling onderbreek word. Die selverdeling raak

onbeheersd en gee nie langer aanleiding tot duplikate van die

oorspronklike moedersel nie. √ (1)

2.3.2 Moegheid,√ naarheid (opgooi) √ en/of haarverlies. √ (2)

2.3.3 Familielede moet ondersteunend en ingelig wees en moet insig toon. √

Die familie moet empatie toon en leiding verskaf. (2)

[15]

VRAAG 3

3.1.1 Hoe hoër die koolstofdioksiedkonsentrasie in die lug, hoe hoër die

voedselproduksie / hoe laer die voedselproduksie. √

of

Hoe laer die koolstofdioksiedkonsentrasie in die lug, hoe laer die

voedselproduksie / hoe hoër die voedselproduksie. √ (1)

3.1.2 a) Droë massa van saailinge / voedselproduksie. √ (1)

b) Hoeveelheid koolstofdioksied in lug van kweekhuis. √ (2)

3.1.3 0.12%√ (1)

3.1.4 Droë massa sluit water uit en dui gevolglik die werklike hoeveelheid kos

deur die plant geproduseer aan. Dit is meer akkuraat. √ (1)

3.1.5 Soos die hoeveelheid koolstofdioksied toeneem, neem die droë massa /

voedselproduksie ook toe tot op ‘n punt. √

Na hierdie punt, veroorsaak ‘n toename in koolstofdioksied nie ‘n verdere

verhoging in voedselproduksie nie. √ (2)

3.1.6 Sulke inligting is nuttig in grootskaalse gewasverbouing om opbrengs te

vergroot.√ (1)

3.1.7 Maak skenkings aan armer lande wat nie kan bekostig om hul bevolkings

te voed nie. √

Maak ander nie-bederfbare produkte, wat dus langer kan hou, daarmee. (2)

3.2.1. Asië en die Stille Oseaangebied.√ (1)

45
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

3.2.2. Bangladesh. √ (1)

3.2.3 Kwasjiorkor√ of Marasme. √ (1)

3.2.4 Ondersteun ‘n skoolvoedingsprogram in jou area. √

Begin ‘n bewusmakingsveldtog waarin die nood van behoeftiges

beklemtoon word.√.

of

Begin toebroodjie insamelingsdae by die skool met die insameling wat na

‘n behoeftige skool gaan. √

Skenking van snoepiewinkelprofyt kan aan ‘n voedingsprogram gaan. √ (2)

(Gebruik jou eie diskressie en ken punte toe indien die argument goed

gemotiveer is.)

[5]

TOTAAL 60 PUNTE

46
GRAAD 10 Lewenswetenskappe

Lewenswetenskappe /Graad 10 Voorbeeld van ‘n Praktiese Taak

NCS

Onderwerp: Anaerobiese Respirasie

Leeruitkomste en assesseringstandaarde

Taak 1: Om te ondersoek hoe brood rys by verskillende temperature

(LU1: AS1, AS2 & AS3)

Taak 2: Die gebruik van mikro-organismes in industrie

(LU2: AS1, AS2 & AS 3; LU3: AS1, AS2 & AS3)

Voorafkennis

Tydens aerobiese respirasie word glukose volledig afgebreek om energie vry te

stel. In die afwesigheid van suurstof word glukose gedeeltelik afgebreek tot

koolstofdioksied en etanol. Omdat alkohol geproduseer word, word hierdie

proses ook alkoholiese fermentasie genoem. In die mens is die eindproduk van

die anaerobiese respirasie proses (wat in die sitoplasma van selle plaasvind)

melksuur wat gewoonlik geassosieer word met spierkrampe.

Dit sal help as leerders die formule ken:

C6 H12O6 2C2H5OH + 2CO2 + Energie

Glukose Etanol Koolstofdioksied

Leerders behoort ook vertroud te wees met die volgende idees:

• Waar en hoe glukose in die sel afgebreek word.

• Basiese struktuur van organiese molekules.

Onderrigbepalings

Hierdie aktiwiteite is geskik vir groepwerk.

Taalleer tydens onderrig

Onderwyserriglyne

Met behulp van die aktiwiteite in hierdie taak sal leerders:

• Anaerobiese respirasie as ‘n chemiese reaksie kan beskryf.

• Die invloed van veranderlikes soos temperatuur en vog op ensiemwerking

kan identifiseer.

• Die gevolg van uiterste temperature op ensiemaktiwiteit (denaturering)

kan identifiseer.

47
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Klaskamerbestuur

• Leerders moet duidelike rolle binne die groepe toegeken word.

• Nadat hulle die eksperiment uitgevoer het en hul resultate aangeteken

het, sal elke groep tyd benodig vir bespreking en om afleidings te maak.

Verrykingsaktiwiteit

Leerders kan ook eksperimenteer deur die monsters in kookwater, in ‘n oond of

in ‘n vrieskas te plaas.

Leergeleenthede buite die skool

• Voltooi die vrae om kennis te konsolideer.

• Besoek webtuistes wat addisionele inligting en interaktiewe oefeninge

rondom sellulêre respirasie verskaf. Hier is ‘n nuttige webtuiste:

http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/science/add_aqa/enzymes/enzymes1.

shtml

Taak 2: Navorsingstaak

Die gebruik van mikro-organismes in industrie

Ondersoek die gebruik van gis en ander organismes in industrie. Verskeie

industrieë maak gebruik van die anaerobiese respirasie proses. Leerders kan

die gebruik van bakterieë in die vervaardiging van jogurt en biogas ondersoek.

Gis word wydverspreid aangewend in die wyn- en bier industrie en om brood en

kaas te maak.

Tradisionele bierbrouery

Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid om Inheemse Kennis Stelsels as deel van ‘n

LU3 ondersoek in te sluit. Leerders kan die geskiedenis van tradisionele

bierbrouery en hoe dit geberg word, ondersoek.

Verrykingsaktiwiteit

Ontwerp ‘n prakties om die effek van gis op ‘n deegmengsel te ondersoek.

48
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Taak 1: Memorandum

Die volgende punte kan toegeken word vir die grafiek:

• Volledige opskrif 1 punt

• Korrekte afhanklike veranderlike (hoogte van deeg in mm) 2 punte

• Korrekte onafhanklike veranderlike (monster A, B en C) 2 punte

• Plot lyngrafieke akkuraat 2 punte

Antwoorde op vrae

1. Die deegmengsel wat gebruik word, die maatsilinder- of vlesgrootte.

3. Gis wat in die buis teenwoordig is vervaardig koolstofdioksied wat die volume

van die deeg vergroot.

4. Aangesien al die ander veranderlikes konstant gehou is, is die enigste

verklaring dat die warmer temperatuur die mees geskikte temperatuur is waarby

gis groei.

Nota : Die ensieme sal by hoë temperature denatureer (bv. kookwater by 100⁰C

of ‘n oond by 180⁰C), maar slegs geïnaktiveer word by baie lae temperature (bv.

in ‘n vrieskas by -15⁰C).

49
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Taak 1: Om te ondersoek hoe brood rys by verskillende temperature

Benodighede vir elke eksperiment

• 3 ewe groot maatsilinders of glasvlesse

• merkpen

• veiligheidsbrille

• ‘n deegmengsel moet voorberei word: Meng 3 ½ koppies meel met 2

teelepels kits aktiewe droë gis. Voeg dan 1 ¼ koppies warm water (nie

kokend nie) by en knie.

Metode

Praktiese Werkkaart vir Leerders

1. Druk gelyke hoeveelhede deeg vas in die onderkant van drie maatsilinders of

glasvlesse (tot ‘n hoogte van ongeveer 5cm) en merk die houers A, B en C.

2. Die hoogte van die deeg moet op die kant van elke silinder of vles gemerk

word.

3. Plaas silinder/vles A op ‘n koel plek, hou B by kamertemperatuur en plaas C

op ‘n warm plek.

4. Skryf die vlak van die deeg in elke silinder of vles onmiddelik neer asook die

tyd.

5. Meet die vlakke van deeg A, B en C met 5 minuut tussenposes oor die

volgende 30 minute. Teken die hoogtes en tye in ‘n geskikte tabel op die

resultaatblad op die volgende bladsy aan.

50
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Resultaatblad

Naam:_______________________________

Name van ander in groep:

Resultate van eksperiment: (Teken ‘n tabel met jul resultate)

Plot die data van monsters A, B en C op die rooster hieronder as drie

grafieke op een stel asse.

51
Lewenswetenskappe /Graad 10 NCS

Vrae

1. Noem een veranderlike wat konstant gehou moet word. ...................................... [1]

2. Gebruik jul grafiek om die grootste verskil in hoogte tussen monsters A en C te vind.

..................................................................................................................................... [1]

3. Vergelyk die hoogtes van deegmonsters A en B. Verduidelik waarom daar ‘n verskil

is.

..................................................................................................................................... [2]

4. Vergelyk die volume van die maatsilinders van monsters A en B. Verduidelik die

verskil.

..................................................................................................................................... [2]

52