04.05.2013 Views

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

P o s b u s 2 2 , P O R T E R V I L L E , 6 8 1 0

T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s . c o . z a

Weekbrief 8/2013

8 Maart 2013

GESTIG 1870

HOëRSKOOL PORTERVILLE

TOETSREEKS — GR. 7-9

Ons graad 7-9 leerders het reeds vandag begin

met die toetsreeks.

TOETSREEKS — GR. 10 - 12

Die graad 10-12 leerders begin op Maandag,

11 Maart met die toetsreeks.

Onthou asseblief om ons kinders in u gebede op

te dra. Ons wens al ons leerders sterkte toe met

hulle leerwerk, sowel as met die skryf van die

toetse. Daar sal geen saalbyeenkomste op

Maandag, 11 Maart & Maandag, 18 Maart wees

nie. Daar sal ook geen religie periode

(KIX & VCSV) wees op Woensdag, 13

Maart en Woensdag 20 Maart nie.

HS BOLAND ATLETIEK

BAIE GELUK AAN DIE VOLGENDE

LEERDERS WAT OPGENEEM IS IN DIE

BOLANDSPAN EN AS VOLG PRESTEER HET:

D/15 GISELA NEL hg - 2DE

S/15 CORBEN ISAACS 800M - 2DE

1500m - 2de

D/17 MARDI BREYTENBACH DG - 2DE

S/17 GLEN-BREY FORTUNE DS - 2DE

D/19 ANDRIA DE LANGE 100mh - 3de

400MH - 3DE

HULLE NEEM HIERDIE NAWEEK DEEL AAN DIE

HS WES-KAAP ATLETIEK TE DAL JOSAFAT.

RUGBY & NETBAL SPORTNAWEEK - 22 & 23 MAART 2013

Die langnaweek in Maart (22 en 23 Maart 2013) is ’n datum wat u

asseblief moet merk op u kalender - ons prestige Netbal & Rugby Sportnaweek.

Die Vrydag en Saterdag gaan ons heerlik vermaak word deur ons en ander skole

se netbal en rugby spanne. Ons is besig om ons vere reg te skud met deeglik

beplanning en harde werk om hierdie groot geleentheid ‘n hoogtepunt te maak.

Die skole wat gaan deelneem is: Hendrik Louw, Noord-Eind, Mikro,

Willemsvallei, Boys High, Langenhoven Gim, Augsburg, Dirkie Uys, Prieska,

Colesberg, Tygerberg,Labori, Worcester Gim, Oudtshoorn, Schoonspruit en

Union High., Girls High & Stellenberg. HSP se spanne wat deelneem aan die

Sportnaweek is: Netbal - O/12, O/13, O/14A, O/16A, O/19A

Rugby - O/13, O/15A, O/19A, O/19B

NB: OUERS KAN DIE ONTHAAL DIE VRYDAGAAND BY DIE

GHOLFKLUB BYWOON. POTJIEKOS @ R45 p/p EN‘N KONTANT

KROEG SAL BESKIKBAAR WEES. KOM EN GENIET GERUS DIE

AAND SAAM MET ONS!!

AANDAG!!! NUWE DATUM VIR WYNVEILING - 2 AUGUSTUS 2013

Neem asseblief kennis dat die datum vir die wynveiling verander het na Vrydag,

2 Augustus 2013. Hierdie is ons groot fondsinsamelingsprojek vir 2013. U word

versoek om op die uitkyk te wees vir wyn wat ons tydens die veiling kan aanbied.

Probeer asseblief om met behulp van vriende en familie vir ons ’n verskeidenheid

wyne in die hande te kry, aangesien die wyn wat beskikbaar is die sukses van die

veiling kan bepaal. Enige skenkings kan by die skool afgegee word.

Byvoorbaat baie dankie vir u ondersteuning!!

KOM ONS GAAN GROEN!!

ONTHOU OM ASSEBLIEF U E-AFVAL SKOOL TOE TE BRING NIE LATER NIE AS

WOENSDAG, 20 MAART 2013. BAIE DANKIE AAN DIE VAN U WAT ALREEDS

GEREAGEER HET DEUR U E-AFVAL SKOOL TOE TE BRING. BAIE DANKIE

BAIE DANKIE ...

MARIUS RADEMAN VAN PACMAR VIR DIE SKENK VAN DIE “ZING” SAPPE

VIR DIE KINDERS WAT GAAN OORSLAAP TYDENS DIE SPORTNAWEEK VAN

22 & 23 MAART.

INTERHUIS SWEMGALA

DIE PUNTETELLING VIR DIE INTERHUIS SWEMGALA IS AS VOLG:

HUIS BASTIAANSE - 538

HUIS McCLEAN - 316

HUIS PIENAAR - 356

BAIE GELUK AAN HUIS BASTIAANSE WAT DIE INTERHUIS GALA

GEWEN HET.

KLEREWINKEL NUUS ...

NUWE SPORTHEMDE VIR DOGTERS

Die hemde vir dogters het nou gearriveer. U is welkom om nou u aankope te kom doen.

Hierdie week sal die klerebank soos volg oop wees:

KLEREWINKEL TYE VIR HIERDIE WEEK

Maandae : 07:15 - 07:45

Dinsdae/Woensdae/Donderdae : 13:45 - 14:15

DRINGENDE KENNISGEWING

Die departement is besig om ons skool se elektrisiteit op te gradeer.

Ons is baie dankbaar daarvoor. Ons vra dus dat almal die

ontwrigting met verdraagsaamheid sal hanteer.

Baie dankie vir almal se ondersteuning!

KENNISGEWING

REKENAARLOKAAL

Neem asseblief kennis dat die rekenaarlokaal

gedurende die toetsreeks in die middae gesluit

sal wees

INDIVIDUELE FOTO’S

Die individuele foto’s word vandag

aan die leerders uitgedeel. Die

bestellings moet asseblief nie later

nie as Donderdag, 21 Maart 2013 in

wees by Elna Lombard by Ontvangs.

WEEKPROGRAM

Vrydag, 8 Maart - Toetsreeks Gr. 7-9 begin

HS Wes-Kaap atletiek

Saterdag, 9 Maart - HS Wes-Kaap atletiek

Maandag, 11 Maart - Toetsreeks Gr. 7-9 begin

Toetsreeks Gr. 10-12 begin

Dinsdag, 12 Maart - Toetsreeks

Woensdag, 13 Maart - Toetsreeks

Donderdag, 14 Maart - Toetsreeks

Vrydag, 15 Maart - Toetsreeks

HS Wes-Kaap atletiek - Dal Josafat

Saterdag, 16 Maart - HS Wes-Kaap atletiek - Dal Josafat

MNR. WILLEM ENGELBRECHT

SKOOLHOOF

Gedagte vir die week

“’n Tree in die verkeerde rigting is BAIE beter as geen tree nie. As jy eers begin beweeg

het, kan jy altyd daarna net van rigting verander”.

Grappie vir die week

“Juffrou: “Wildren, ek hoor dit is so onveilig

daar waar julle bly?”

Wildren: Ja Juffrou, selfs die Rottweilers

loop in die nag twee-twee rond.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!