04.05.2013 Views

5 - Midstream College

5 - Midstream College

5 - Midstream College

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1. AKADEMIE

Rapporte

MIDSTREAM MIDSTREAM COLLEGE

COLLEGE

℡012 661 0590 012 661 2340 college@midrand-estates.co.za

Ashfordstraat 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692 PO Box 8, Posbus 8, Midstream Estates, 1692

OMSENDSKRYWE MSENDSKRYWE 5/20 20 2009 20

13 Maart 200 2009 200

Leerders gaan hulle rapporte op die laaste dag van die kwartaal ontvang. ‘n Kwartaalpunt sal vir elke vak aangedui

word, asook die leerder se gemiddeld vir al die vakke. ‘n Akademiese en gedragsopmerking per vak sal ook aangedui

word.

Top Akademiese Leerders

Gebaseer op verlede jaar se promosiepunt (jaarpunt en eksamenpunt) is die Top 3 akademiese leerders per graad soos

volg:

Graad 8:

1. Kobie van Schalkwyk 87,0%

2. Anna-Marie Verhoef 86,5%

3. George Barnard 84,5%

Graad 9

1. Ruco Pretorius 86,7%

2. Karicke Piek 80,0%

3. Kyle Cornelius 79,6%

Graad 10

1. Martin du Plessis 87,7%

2. Gustav Pretorius 84,7%

3. Ilinke Naude 84,6%

Graad 11

1. Claudine Briedenhann 84,9%

2. Willem Kok 81,0%

3. Jandri de la Rey 77,2%

Graad 11- en 12-lisensies

Ons besef dat dit moeilik is om afsprake vir leerders se leerling- en later hulle bestuurslisensies te kry. Ons versoek u

egter om die afsprake op Maandae, Woensdae of Vrydae te maak sodat dit nie met geskeduleerde toetse bots nie.

Leerders kan nie vir lisensieafsprake van toetse verskoon word nie, aangesien die toetse deel vorm van die verpligte

portefeulje in elke vak.

2. SPORT

Die sportdatums vir die wintersport is as volg:

Vrydag, 13 Maart – Rugby, Hokkie en netbal vs. Leeuwenhof (Tuis)

Vrydag, 20 Maart – Rugby, Hokkie en Netbal vs. Uitsig (Tuis)

1

Donderdag, 26 Maart – Skool sluit

Maandag, 30 Maart – Donderdag 2 April (Rugby, Hokkie en Netbal Eerstespantoer na Nylstroom)

Vrydag , 17 April tot 19 April – O/16 rugbykamp by Konkakampe.

Maandag, 20 April – Skool begin – Tweede kwartaal

Donderdag, 23 April – Hokkie vs. Akasia (Weg)

Dinsdag, 28 April – Seunshokkie vs. Garsfontein

Woensdag, 29 April – Rugby, Netbal vs. Silverton(Tuis), Hokkie vs. Hartebeespoort(Tuis)

Dinsdag ,5 Mei – Rugby, Netbal vs. Hercules(Tuis) Seunshokkie vs. Menlopark

Saterdag, 9 Mei – Rugby, Hokkie, Netbal by Cornwall Hill (Eerste spanne)

Maandag, 11 Mei – Seunshokkie vs. Woodhill

Vrydag, 14 Mei – Rugby, Netbal vs. Voortrekkerhoogte (Weg)

Vrydag ,22 Mei – Rugby, Netbal vs. Lyttelton Manor (Tuis), Hokkie vs. Montana

Dinsdag, 26 Mei – Rugby, Hokkie, Netbal vs. Helpmekaar (Weg) Seunshokkie vs. Waterkloof

Donderdag, 28 Mei – Seunshokkie vs. Die Wilgers

Saterdag,30 Mei – Rugby, Hokkie Netbal vs. HF Verwoerd (Tuis)

Dinsdag, 2 Junie – Hokkie vs. Gerrit Maritz (Tuis)

Saterdag, 6 Junie – Hokkie vs. Woodhill (Tuis)

Saterdag, 13 Junie – Hokkie kwartfinale

Dinsdag, 16 Junie(Jeugdag) – Hokkie semifinale

Saterdag, 20 Junie – Hokkie finale

3,4, en 5 Junie Dogters Muurballiga

Seuns Muurballiga – 22, 23 en 24 Julie / 28, 29 en 30 Julie

3. KULTUUR

ATKV-Debat

Die jaarlikse ATKV-debatuitdunkompetisie vind 19 Maart te Hoërskool Kemptonpark plaas.

Die seniorspan bestaan uit Ruco Pretorius (graad 10) en Claudine Briedenhann (graad 12). Hulle verdedig die

onderwerp Ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika behoort voorrang te geniet bo die beskerming van die omgewing teen

‘n span van Afrikaans Hoër Meisieskool, Pretoria.

Kobie van Schalkwyk, Anna-Marie Verhoef en SP van der Merwe (al drie in graad 9) is die juniorspan wat sê: Emigrasie

– Dis beter om in SA te bly. Hulle verdedig hulle standpunt teen die span van Hoërskool Marais Viljoen

Pretoria Hoërskool Redenaarsfees

Die jaarlikse Pretoria Hoërskool Redenaarsfees skop eerskomende Saterdag af met die Junior Beste Sprekerkompetisie.

Volgende naweek is dit die Senior Beste Sprekerkompetisie. Die kompetisie vind plaas by Lyttelton Manor

High School en begin reeds om 09:00.

Die volgende leerders gaan ons skool by bogenoemde kompetisie verteenwoordig:

SATERDAG 14 MAART 2009 JUNIOR BESTE SPREKER

SPREKER AFDELING ONDERWERP

Kobus le Roux Afrikaans Die kleur van my sukses

Natasha Wicks Engels My world, your world

Annerine Niemand Tweetalig Is kinders nog kinders?

SATERDAG 21 MAART 2009 SENIOR BESTE SPREKER

SPREKER AFDELING ONDERWERP

Karicke Piek Afrikaans Rigting

Sibu Mabena Engels Beauty is in the eye of the beholder

Ruco Pretorius Tweetalig Leierskap is net vir rigtingreuse beskore.

2

Toastmaster-kursus

Die jaarlikse Toastmaster-kursus vir Jeugleierskap word volgende kwartaal vir die graad 11-leerders aangebied. Die

duur van die kursus is 6 weke en dit word afgesluit met ‘n gala-aand waarna alle ouers en belangrike gaste uitgenooi

word. Die kursus word op Dinsdagaande aangebied en begin op 21 April om 18:00 – 20:00. Alle belangstellende

leerders moet so gou as moontlik by me Rorich gaan registreer sodat alle dokumentasie voorberei kan word. Die

kursus is gratis, maar daar is ‘n koste verbonde aan die gala-aand. Meer inligting hieroor sal later deurgegee word.

4. GRAADKAMPE

Graad 8

Die graad 8-kamp was ‘n wonderlike avontuur, wat afgeskop het die oomblik toe ons by Warthog Inn naby Brits

gearriveer het. Die graad 8’s het weggespring met ‘n spanboukompetisie en almal het sommer heerlik saamgespeel.

Die volgende twee dae, was gevul met hindernisbane, paintball, glybane en wildsritte. Van rondstaan en niks doen was

daar geen sprake nie. Teen die einde van die dag was almal stokflou! Baie van die Graad 8’s het op die kamp vir die

eerste keer onder die sterrehemel geslaap, wat ‘n ervaring! Teen dag twee was geen haarstyl meer teen die modder

bestand nie en het almal saam met nuwe vriende gekuier. Ons graad 8-kuikens het as arende teruggekom van ‘n

onvergeetlike kamp.

Graad 9

Die graad 9-leerders het gaan kamp by Kwalata. Ons was bevoorreg om baie wild in ‘n pragtige groen omgewing te

sien. Die kamp was baie goed georganiseerd. Van die eerste tree by Kwalata het die fasiliteerders ons besig gehou

met korporatiewe speletjies en ons glo die leerders het baie daardeur geleer. Die leerders het die kamp baie geniet. U

kan gerus op die skool se webblad gaan kyk na die fotos wat getuienis hiervan is.

Graad 10

Die graad 10-kamp was in Hazyview in Mpumalanga en na ‘n lang busrit is ons met 'n heerlike aandete ingewag. Ons

akkommodasie was baie lekker en heelwat verassings het die volgende paar dae op ons gewag. Al die avontuur het by

Nduna Adventures, sowat sewe kilometers op die Sabiepad plaasgevind. Hier het ons windbuks geskiet, asook die zipline

en high wire aangedurf. Die hoogtepunt was egter die river rafting op die Sabierivier. Die dag in die Krugerwildtuin

was ewe-eens baie lekker. Heelwat wilde diere is gesien. Die lekker kos, aktiwiteite, omgewing en die aangename

graad 10-groep het tot ‘n onvergeetlike graadkamp bygedra.

Graad 11

Dit was ‘n heerlike avontuur om vir 4 dae in die pragtige Drakensberge te ontspan. Die ontvangs van die graad 11

groep by Entabeni was ‘n nat, maar vriendelike een. Die leerders is met 4x4 voertuie aangery na die kampterrein,

aangesien die busse nie op die nat paaie kon beweeg nie.

Gelukkig het die son weer die volgende dag geskyn en kon ons voortgaan met die beplande aktiwiteite. Die aktiwiteite

het gewissel van vlotbou, muurklim, hindernisbane, ‘n opvoedkundige lesing oor Kraanvoëls en die gewilde “kleilat”

geveg.

Die omgewing waarin ons, onsself bevind het , was asemrowend. Die leerders het ook die geleentheid gehad om in die

berge met die mooiste watervalle te gaan stap. Die boesmantekeninge en die belewenis om binne ‘n waterval te

staan, sal baie van ons leerders seker vir altyd bybly.

Ons glo dat elke leerder, dié wat uitgesien het en ook dié wat maar skrikkerig was om buite in die berge in tente te

slaap, diè ervaring baie geniet het.

Graad 12

Die Gr.12 leerders het die College Woensdagoggend verlaat op weg na Pilanesberg Natuurreservaat. Ons het by

Bosele kamp, naby die hek van die Reservaat tuis gegaan. Woensdagmiddag het ons ‘n wildrit onderneem en het

opnuut die wildlewe wat Afrika bied, geniet en waardeer. Diere soos die Afrika olifant, renoster, kameelperd, zebra,

baie bokke en die koning van die oerwoud, die Leeu.

3

Donderdag was ‘n ideale dag vir die see, en elkeen het die “Valley of the Waves” by Sun City terdeë geniet.

Donderdagaand is rustig langs die kampvuur by die kamp spandeer.

Vroeg Vrydagoggend het ons na drie wonderlike dae in die natuur, die pad terug na die College geneem.

5. SINGAPOER- EN VIËTNAMTOER – GRADE 8-10

Beperkte plek is nog beskikbaar vir die Singapoer- en Viëtnam-toer wat vir die Septembervakansie beplan is. Alle

ouers wat belangstel, kan besprekings by me Rörich voor 23 Maart by die volgende e-posadres maak:

grorich@midstreamcollege.co.za. Ouers is ook baie welkom om die toer mee te maak.

6. VOLGENDE NUUSBRIEF

Die volgende nuusbrief verskyn op 26 Maart 2009. Nuusbriewe sal sover moontlik elke tweede Vrydag per e-pos aan u

gestuur word. Alle omsendskrywes is beskikbaar op ons webwerf by www.midrand-estates.co.za.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!