04.05.2013 Views

Hoofstuk 4 - Leierskap.pdf - taniab.co.za

Hoofstuk 4 - Leierskap.pdf - taniab.co.za

Hoofstuk 4 - Leierskap.pdf - taniab.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

HOOFSTUK 4

LEIERSKAP

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 1

Die grootste leemtes in baie gemeentes is leiers wat opstaan en definitiewe leiding neem, met ‘n

definitiewe visie waarheen die musiekspan besig is om te beweeg en leiers wat met liefde en

outoriteit lei. In sommige gevalle is dit omdat mense nie die nodige kennis en ervaring het nie.

In ander gevalle is die onsekerheid en swak selvertroue te groot om leiding te neem. Mense is

bang hul maak foute of hulle word deur spanlede in die groep geïntimideer. Een ding is

versekerd, elke gemeente het mense nodig wat sterk is in die HERE, lief is vir sy gemeente en

sal help dat dinge gebeur. Daar is baie uitdagings verbonde daaraan om leier van hierdie

bediening te wees. Baie waarop gefokus moet word en dit is maklik om fokus te verloor. Satan

ken die mag wat ware lofsange in ‘n gemeente bring en sal alles doen wat hy kan om lofsange te

smoor.

In baie gemeentes vandag is daar traagheid tydens lofsange, belangeloosheid met betrekking tot

die kerk se vooruitgang in hierdie gebied en kragteloosheid in die Christelike lewe. Gebrek aan

entoesiasme, blydskap en vreugde. Mense wat hul oë op omstandighede begin hou en

omstandighede bely eerder as God. Daar kom leemtes in leierskap in die musiekspan wanneer

die leiers raak negatief oor omstandighede en mense wat nie hul samewerking gee nie. Wat die

situasie ookal in jou span is, as leier sal jy nooit in ‘n posisie wees om jou span in oorwinning te

lei as jy toelaat dat omstandighede jou negatief maak nie.

Praktiese Advies

Niemand wat iets groots vir God gedoen het was ooit sonder vrees nie. As God jou geroep

het om die leier van ‘n musiekspan te wees in jou gemeente sal jy uit jou gemaksone moet

klim, en die radikale stap van geloof neem om die groep met outoriteit te lei.

Wat hierdie stap van geloof so radikaal maak, is dat dit altyd ‘n persoonlike risiko inhou.

Risiko om jou reputasie te verloor soms as gevolg van satanies geïnspireerde skinderstories.

Maar lê jou lewe met blydskap vir JESUS af, en nie vir die gemeente, jouself, ‘n reputasie of

erkenning nie. Deel aan Sy lyde.

As leier is jou verantwoordelikheid om mense in die musiekspan te lei tot effektiewe

bedieninge wat kosbare oomblikke in elke diens skep, wat lewensverandering bring in

besoekers en gemeentelede se lewens, en is dit ook jou verantwoordelikheid om elke

individue in jou groep te lei om meer soos JESUS te word.

Jou ingesteldheid as leier sal uiteindelik die ingesteldheid van die groep word. As leier het jy

die geleentheid van ‘n leeftyd om ‘n ewige impak op alle spanlede se lewens te maak. Jou

passie moet eerstens wees om mense van JESUS te leer, voor dit is om ‘n leier van die span

te wees. As leier van die span is dit jou verantwoordelikheid om leiding te gee deur jou eie

voorbeeld en deur die inisiering van gebedstye, oefeninge en dissipline.

Bladsy 1

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 2

1. MY GETUIENIS

Ek onthou duidelik hoe alles begin het. Ek het my pa geskakel die dag en gevra of hy my nie

asseblief sal kom haal nie. Ek was in trane, ‘n 29 jarige vrou en sou oor ‘n maand en half trou,

maar het besef hierdie verhouding stuur af na vernietiging. Ek het die vernietigende effekte van

sonde ervaar in my lewe en het besef dit is nie hoe ek grootgemaak is nie en dit is nie hoe ek die

res van my lewe wou leef nie. Alhohol, drank, dwelms, dobbel, verbale mishandeling en

seksuele onreinheid, het sy tol begin eis en ek het geweet ek was oppad om te sterf. Ek onthou

nog die huil in my pa se stem toe ek hom skakel en vra: “pa, kan ek asseblief terugkom huistoe?

Sal pa asseblief reël om my meubels te kom haal, ek kan nie meer so leef nie”. Kyk ek vandag

terug dan laat dit my dink aan die verhaal van die verlore seun. My pa was ‘n paar uur later by

my. Verwese het ek terug in my ouerhuis gestap en moes ek weer begin. My drome was

verpletter en dit het gevoel asof my hele wêreld daarmee heen is. Ek onthou vir die eerste ses

maande het ek gewens ek was nog by my eks-verloofde, maar dan herinner ek my aan die tye

wat ek tot gebraak het weens die seer van verbale mishandeling voor mense, en die spanning van

wat volgende sou gebeur. Ek het besluit dat ek kan vir die res van my lewe wens ek was by

hom, of ek kan begin om ‘n lewe te skep dat ander mense wens hulle was by my. Ek het geweet

ek sal oor myself moet kom en vir iets anders behalwe myself en my geluk begin lewe. Ek het

besluit om die geloof waarmee ek groot geword het en baie keer net kopkennis was, prakties te

begin toepas.

Dit was die begin van groot dinge! Die begin van ‘n pad met die HERE.

Ek onthou net nadat ek by my ouerhuis aangekom het, het my pa gese: “Tania, ek is so bly dat

jy terug is. Kyk nou net hoe werk die HERE. Ek het nie geweet jy gaan my skakel nie, maar het

net die week tevore die leier van die musiekgroep gevra om af te tree”. By myself het ek gedink:

“pa as jy maar net weet hoe gebroke ek is en die hel wat ek die afgelope tyd deur is”. Maar ek

het stilgebly en die HERE se aangesig met my hele wese begin soek. Hoe sou ek mense kon lei

in oorwinning as ek self nou net uit ‘n gebroke verhouding stap en verslaan voel. Na drie dae se

soek, ‘n dag voor my eerste oefening met die musiekspan, het die HERE die volgende Skrif vir

my gegee wat tot baie groot troos was en die begin van my pad met Hom: (Sef 3:14 AOV)

Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van

Jerusalem! (Zep 3:15 AOV) Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die

koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. (Sef 3:16 AOV) In

dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! (Sef

3:17 AOV) Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor

jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

Nadat ek hierdie gedeelte van God ontvang het was my eerste gedagte: “hoe is ek veronderstel

om my te verheug na al die hartseer en pyn wat ek ervaar het die afgelope jare in my lewe”. Op

daardie stadium het ek gedink dat die vyand wat die Here weggeveeg het my eks-verloofde was,

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 2

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 3

maar vandag weet ek hy was nooit die vyand nie. Wat vir my lank gedra het was die woorde:

“Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met

blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” Ek kon nie verstaan hoe Hy oor

my kon juig en jubel na die slegte mens wat ek was en die slegte lewe wat ek geleef het nie.

Maar vandag weet ek dat wanneer ons na God kom vir vergifnis, doen Hy die volgende vir ons:

Hy “rebukes” die vyand. Satan is die aanklaer van die broeders (Openb 12:10) en sal

verskeie aanklagte ten opsigte van jou leierskap en menswees na jou gooi om jou oneffektief

te maak vir die koninkryk van God. Maar weet dat JESUS is ons Advokaat (1 Joh 1:9-22).

Ons is deur God uitverkies en hoort aan Hom en die vyand kan ons nie veroordeel nie (Rom

8:31-39). Dit is die Gees van God wat ons terugbring na God toe in liefde, maar Satan sal

ons aanklae met alle haat en ons soms wanhopig teenoor God se hulp laat voel.

God verwyder alle “iniquity”. Die goeie nuus van liefde is dat God ons sonde verwyder en

ons word met JESUS beklee, want Hy het vir ons sondes gesterf en tree in vir ons elke dag

by die Vader.

Hy herstel Sy Godgegewe bedieninge in ons lewens. God herstel ons nie vir onsself nie,

maar vir bediening in Sy koninkryk. Die grootste genesing het ek in my lewe gevind ten tye

van die uitleef van die roeping wat God my mee geroep het.

Toe ek begin het met hierdie bediening, kon ek nie eers klavier speel nie. Ek kan verstaan dat dit

dalk vir baie moeilik was om aan my te onderwerp, vir al die wat jare langer as ek in die

gemeente is en meer weet omtrent musiek en sang as ek. Maar tog het God ‘n sin vir humor en

besluit om my te gebruik, want Hy het die groter prentjie gesien van as ek gehoorsaam aan sy

stem sou wees.

Tydens die jare van bedien het daar baie keer musikante en sangers ingekom wat nie so goed was

nie, maar deur oefening en hulle toe te laat om te bedien, het hulle talente ontwikkel en het hulle

van die bestes geword. Die grootste motivering vir my was dat ek ‘n instrument in God se hand

kon wees om vir baie hoop te gee en hulle te help om te groei in hul verhouding met JESUS. Ek

het eendag nadat ek al sewe jaar in die bediening betrokke was vir die HERE gevra wanneer

stuur Hy my nou uit na die voltydse sendingsveld toe. Ek het ‘n voorsmakie van sending gehad

en my hart het uitgegaan na die siele wat nog nooit van JESUS gehoor het nie. Met ‘n skok het

die Gees van die HERE met my gepraat en gesê dat vir nou is die musiekbediening my

sendingsveld en dat ek die geleentheid het om ‘n bydrae in hulle lewens te maak wat geen ander

mens kan nie. Ek is vermaan deur die Gees om die beste daarvan te maak vir die tyd wat ek nog

daar is. Dit was een van die redes vir hierdie leringe. Ek wou graag die beste doen, daar waar

God my geplaas het.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 3

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 4

2. GOD SE “STRETCHING” METODES OM JOU TE LAAT GROEI

Om aan die hoof van hierdie bediening te staan, behels baie meer as om net ‘n paar liedjies uit te

kies vir dienste. Baie leiers voel onbekwaam, omdat hulle nie weet wat om te doen en hoe om

dit te doen nie en die eise wat hierdie bediening stel, is baie hoog.

Aan die begin sou ek soms ‘n hele dag spandeer aan Bybelstudie omtrent lof en konstant na

“Hillsong” se musiek luister. Ek was in die diep kant gegooi. Ek kon nie musiek lees nie en daar

was niemand om my te leer omtrent hierdie bediening nie. Ek het geen liedjies gehad waarvan

ek kon werk nie en het op die internet liedjies met akkoorde getrek, sodat ons ‘n basis in die

gemeente kon bou.

Ek het geleer deur te luister hoeveel keer Hillsong ‘n liedjie sal sing en waar hulle klem lê. Wat

my opgeval het terwyl ek na Hillsong se dvd’s gekyk het, was die oorgawe waarmee hulle

waarlik God gesoek het en Sy lof besing het. Ek kon sien hulle hou niks terug nie en is gevul

met vreugde en die Gees van God en doen alles met “excellence”. Ek het begin soek om God

met daardie volheid en lewe te besing en terwyl ek dit gedoen het, het ek stadigaan maar seker

nie meer nodig gehad om ‘n liedjie te sing soos ander mense nie, maar die Gees van God het my

begin lei in hoeveel keer om ‘n liedjie te sing, waarop om klem te lê en wat om te herhaal.

Ek onthou nie lank nadat ek by die gemeente begin het nie, het my pa vir my gesê: “my kind, wie

weet of jy nie met die oog op ‘n tyd soos hierdie deur die Here geroep is om ‘n taak te kom doen

nie. (Est 4:14 AOV) Want as jy nou werklik swyg, sal daar van ‘n ander kant af verligting en

redding vir die Jode tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met

die oog op ‘n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? Net daar onthou

ek van ongeveer 2-3 jaar tevore was ek in ‘n diens en toe ek uitgaan vir gebed het iemand ‘n

briefie in my hand gestop met ‘n teksvers: (Est 2:17 AOV) En die koning het Ester liefgekry

meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die

jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in

die plek van Vasti. Dat ek ‘n Ester was, was weer bevestig tydens my toer in Israel in 2005.

Prys die HERE!

Met die inttrapslag by die groep was my gesag uitgedaag. Vleeslikheid het geheers onder die

musiekante en sangers. My onderskeidingsvermoeë was nog nie goed ontwikkel nie en gelukkig

was ek te dom om agter te kom daardie tyd wat besig was om te gebeur en het dit my nie te veel

geaffekteer nie. Ek was vol ywer om vir God iets te doen.

Maar soos ek gegroei het in die onderskeiding van geeste besef ek vandag hoe ernstig die

teenkanting was. Mans het opgestaan en uit die kerk gestap wanneer ek gepraat het voor ‘n

diens, omdat hulle nie na my wou luister nie. Wanneer ek nuwe liede gesing het, het hulle ook

uitgestap en so probeer om my te intimideer. Sommige het geweier om na my te luister, omdat

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 4

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 5

ek nie die ervaring het wat hulle het nie. Die pyle het meer en hewiger geword, maar so het my

verhouding met JESUS en my medemens gegroei.

Ek besef vandag dat om ons in beweging te kry, om die doel te tref waarvoor God ons

geskape het, beteken dat ons soms gerek gaan word. En wanneer ons gerek word bring dit

altyd spanning na vore en sommige van hierdie spanning is deur God daargestel in ons

lewe om ons roeping te vorm en te vervul.

Ons erf sekere omstandighede, ingesteldhede en hoe ons die Woord van God verstaan, omdat ons

in die koninkryk van God kom as gevolg van sekere ervaringe. Ons ervaringe kan ons egter

terughou om te beweeg in ‘n nuwe dimensie van God se verfrissende krag en werkinge in en

deur ons lewens. God wil ons gees laat herlewe, sodat ons ‘n passie sal hê wat “beyond” ons

huidige seisoen is. Wanneer ons passie vir God in die uitlewing van ons musiekbediening

vermeerder, bring dit ‘n spesifieke momentum in ons lewe en impak van ons bediening teweeg.

‘n Momentum waarmee ons beweeg wat veroorsaak dat ons God se doel bereik. Daarom moet

ons wat in leierskap posisies is, nooit hierdie spanning misverstaan en moedeloos raak nie.

Ek het as leier in hierdie bediening intense gevoelens van mismoedigheid, minderwaardigheid,

selftwyfel en kreatiewe uitbranding ervaar asook teleurstellings in verhoudinge wat skeef geloop

het. Ek het myself baie verwyt vir dinge wat verkeerd geloop het en meer as een keer gedink om

te bedank. Daar het tye in die bediening gekom wat ek gevoel het ek weet nie waarheen

volgende nie en ek weet nie wat om met die mense in my span te doen nie. Dit voel asof ons net

van week na week dieselfde oor en oor doen en dis nie meer vervullend nie.

Maar ek het op ‘n dag die besluit geneem dat ek weet ek maak ‘n impak in mense se lewens en

gaan alles doen wat ek kan om te veroorsaak dat daardie impak ‘n rippel effek het in die

koninkryk van God, ongeag die spanning wat ek ervaar. Dit het vir my begin gaan oor die groei

en verandering in die lewe van die musiekspanlede, eerder as oor my eie gemak. Ek het besef

dat as leier daar soms moeilike dinge gaan wees wat ek moet doen, maar in die tyd wat verby is

het die HERE my gewys, tydens ‘n sendingsuitreiking in Brazil, wat ware liefde is. Dit het my

‘n baie lang tyd geneem om te leer om die musiekspanlede vanuit liefde te lei eerder as om hulle

vanuit frustrasie na vore te probeer stoot.

Spanning wat ons soms ervaar is aanslagte wat ontwerp is vanuit die put van hel en dan is daar

goddelike kreatiewe spanning wat God toelaat, sodat ons geskud kan word. Ons moet die

kapasiteit in ons gedagtes hê om in die geestelike realm te sien wat konstant in ons lewens

ingebou word. Aanslagte is ontwerp om ons te dryf om ons lewensroeping te aborteer. Die

doel van konstant aanvalle is om jou vermoeë om God se stem te hoor te neutraliseer. Jy het die

keuse om of moed op te gee, of om meer tyd met God te spandeer, sodat jou gehooraparaat fyner

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 5

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 6

ingestel kan word, en jy versekerd is dat jy God se stem ken. Veral teen die aanslagte van

manipulasie.

Daar is spanning wat veroorsaak word deur die aanslag van die wat nie onder jou gesag en onder

God se heerskappy wil kom nie. Ons noem dit ‘n Jesebelgees. Hierdie aanslag probeer ook die

salwing van God in jou lewe frustreer. Uit Elia se lewe het ons geleer dat vrees hom laat

weghardloop het. Hierdie teenkanting sal jou die vraag laat vra: “het ek werklik gedoen wat ek

op Berg Karmel gedoen het? Het God werklik gemanifisteer?” Elia het die vermoeë gehad om

ernstige skade te doen aan dinge wat uit orde was, maar hier was teenkanting van een persoon,

wat veroorsaak het dat hy verlam was as gevolg van sy vrees, want dit is ‘n teenkanting wat sê:

“Ek soek jou bediening, ek soek jou wingerd.” Sy intensie is om jou godgegewe doel en guns te

saboteer. Om weg te neem dit wat regmatig joune is, dit wat God vir jou gegee het en die

vermeerdering wat God in jou lewe wil bring. Dit is ‘n teenkanting wat jou totaal neutraliseer en

jou identiteit en doel wil doodmaak. ‘n Gees vanuit die put van hel om jou in jouself te laat

twyfel.

God gee vir jou as leier posisionele outoriteit met jou aanstelling. Maar dan is daar ook

geestelike outoriteit deur die HERE aan jou gegee. Dit is jou goddelike toerusting, genade,

vermoeë, en guns van God op jou lewe, en dit sal konstant uitgedaag word deur jou wandel en

bediening, en jy moet tot die besef kom dat jy ís deur God geroep. Jou outoriteit het jy nie self

“impose” nie, maar dit waarmee jy funksioneer is ‘n kapasiteit wat van God kom. ‘n Goddelik

talent wat God vir jou gegee het, en dit wat jy spreek is aanhoudend iets wat God in jou mond sit,

en dit waarna jy luister is die stem van God en dit sal voortdurend uitgedaag word. Elke woord

wat jy spreek, elke boodskap wat jy bedien, elke verandering wat jy probeer aanbring sal

uitgedaag word.

Dan is daar ook die teleurstellings van mense wie jy leer en grootmaak, soos ‘n seun in jou huis

en onverwags eendag, omdat dit jou seun is en jy dink hy is lief vir jou, kom hy en “violate”

mense se affeksies teenoor jou. Soos Absalon staan hy by die hek en rig die mense se harte weg

van jou af na hom toe. As ek kyk na Lucifer sien ek dat Hy wou nie bo God wees nie, maar

gelyk wees met God. Hy wou sit waar God sit en dieselfde geestelike outoriteit geniet. Daar

gaan mense wees wat jou posisie en outoriteit soek en daarom gaan hulle mense se harte van jou

probeer wegsteel. As leiers is dit ons verantwoordelikheid om eerstens seker te maak dat mense

se harte op JESUS gefokus is en nie op ons as leiers nie.

2.1 Jou sleutels tot oorwinning

(Mat 16:18 AOV) En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my

gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. (Mat 16:19 AOV)

En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde

mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 6

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 7

die hemel ontbonde wees. Ek en jy was nooit bedoel om deur die teenkanting oorwin te

word nie, maar elke keer wanneer dit opdaag te kan se: “hey, ek ken jou”! Ek het al ‘n pad

met jou gestap. En ek bind jou in die naam van JESUS.” Want as jy nie hierdie gees herken

nie, kan dit jou vir jare laat stilstaan, soos dit met my gedoen het. En die gees het leuens

versprei en my vasgevang in valse vrese. Alles wat belangrik was vir my en alles in my is

geskud tot dit net ek en God was. Alles waarop ek staatgemaak het, elke verhouding,

vriendskap was uitgeleef. En wanneer jy op daardie plek kom, waar God alles in en om jou

wêreld begin skud, is dit God wat besig is om jou te rek, sodat jy in ‘n dieper dimensie van

krag en heerlikheid in JESUS kan beweeg.

Petrus was die sleutels van die koninkryk van die hemele gegee en hy het die voorreg gehad

om die deur van geloof te open (Hand 12:47) vir die Jode met Pinksterdag (Hand 2), die

Samaritane (Hand 8:14), en die heidene (Hand 10). Jesus is die Rots (1 Pet 2:4-8; Hand

4:11-12; Psalm 118:22) en Sy kerk word op hierdie Rots gebou (1 Kor 3:11).

Sleutels is ‘n simbool van outoriteit: (Jes 22:22 AOV) En Ek sal die sleutel van die huis

van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en

niemand sal oopmaak nie. “Oriental” sleutels was groot en baie keer op die skouer gedra.

Die besit van ‘n sleutel was die bewys van eiendom of “trust”, ‘n embleem van outoriteit.

“Eastern merchants” was gereeld gesien sleutels dra op hul skouers. In Mattheus 19 beteken

dit dat ek en jy het die outoriteit en mag om die werke van JESUS te doen. (Joh 14:12 AOV)

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook

doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

In September 2006 was daar ‘n woord oor my lewe gespreek dat Vader my sleutels

oorhandig. Alles goue sleutels, die sleutel na mense se harte, vir stede, vir die seëninge van

God en dat God alles wat Hy oor my lewe gespesifiseer en besluit het, gaan laat uitwerk.

Met ‘n verdere studie het ek gesien dat goud ‘n simbool is van sekere dinge naamlik:

God se Woord (Psalm 19:10; Psalm 119:127)

Wysheid (Spr 3:13-14)

Kennis (Spr 8:10)

Waarheid (Spr 8:19)

Goeie naam en “living favour” (Spr 22:1)

Trials (Sag 13:9; Mal 3:3; 1 Pet 1:7; Openb 3:18)

Woorde (1 Kor 3:12)

Na ‘n geruime tyd wat ek nie die moeilike tye verstaan het nie, het ek my derde album “Free

to live” vrygestel met die volgende boodskappie:

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 7

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 8

(Psalm 32:7) You are my hiding place. You will preserve me from trouble. You will

surround me with songs of deliverance. Selah Christ is not weak and feeble in dealing with

us, but is a Mighty Power, within us. We are strengthened by the law of opposing forces in

the natural and spiritual realm, but if we do not love God wholeheartedly, we can easily

fall.

It is in our wilderness experience that God will set a door of hope and give us the qualities,

that we need to be a person of substance, determination, a person who brings and gives

hope and it is in the wilderness that we build faithfulness.

Getting closer to God costs, but Christ within us must grow and come to full stature and

the standard of holiness is so high that it is impossible to enter His glory and presence

without a sense of conviction of sin. HE PROMISES US THOUGH: (John 7:38) He who

believes in me, as the Scripture has said, from within him will flow rivers of living water.”

EXPECTATIONS I have for this album: Deliverance, healing, signs and wonders,

restoration of hearts, strength, hope and dreams, renewal of minds, perspectives changed,

walls of rejection, anger, depression and addictions to come down.

I am gold in the making, constantly going through the flame. My value is not determined

by the petty price tag of this society. I am a child of the King, God lives inside of me and

there is no limit to my destiny. No weapon formed against me shall succeed. My family is

countless and I am blessed to be a blessing. I am free!

Ek het begin besef dat God vir my al die sleutels gegee het om die werke van die vyand te

verslaan en om in mense se lewens Sy lewe te spreek, maar die vyand het my probeer

oneffektief hou deur hierdie geestelike aanslae. En ek het besef dat baie leiers gaan hierdeur

en het niemand om mee te praat nie en besef nie dat hulle stryd die geeste in die lug en nie

mense is nie. Baie “suffer in silence” en besef nie wat besig is om te gebeur nie. Dit is nie

mense nie, maar Satan wat nie wil hê dat enige lofsange in ‘n gemeente ‘n deurbraak moet

ervaar nie, want lofsange is God se woonadres (Psalm 22:3/4) en waar God woon, daar

gebeur dinge! Waar ‘n volk hulle omring met vrolike gesange van bevryding, is daar ‘n volk

wat bevryding ervaar! Prys die HERE dat Hy daardie selfde aanslae gebruik om ons te rek

en te versterk soos met Josef (Gen 50:20) om die lewens van baie te red vir Sy koninkryk.

3. FOKUS OP SEëNINGE, NIE OP BEPERKINGE NIE

Dit is so maklik om te sien wat jy nie het nie, of wat ander nie reg doen nie. Fokus op wat jy wel

het en wat ander wel reg doen en werk van daar af om mense te leer, te lei en op te bou. Moenie

alles net deur jou eie perspektief sien nie. Vind uit wat is ander mense se perspektiewe en jy

gaan agterkom dat jy dalk nie altyd reg is nie. Soms gaan jy baie stadige groei in hierdie

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 8

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 9

bediening ervaar en ander kere vinnige groei. Daar is seisoene en dit verskil. Onthou net dat

lofsange is nie omtrent die liede wat jy doen nie, maar omtrent hulpbronne wat jy tot jou

beskikking het om mense te help om na ‘n plek van intimiteit met die Vader te beweeg.

4. BEHOU ALTYD JOU ENTOESIASME

(Efs 2:10 AOV) Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God

voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. God het elke leier in ‘n gemeente geplaas om in

die goeie werke wat God voorberei het te wandel. En dit is ‘n doelbewuste besluit wat elke leier

maak om die talent en gawes wat God hom gegee het, ten volle uit te leef en om duidelike

leiding te neem en te gee aan die wat saam in die bediening opereer.

As leier het jy die voorreg om die musikante en sangers in jou span te bemagtig met kennis,

ervaring, vaardigheid en dan die geleentheid te gun om dit uit te leef. As leier is jy nie daar om

altyd alles vir ewig alleen te doen nie, maar om ander te leer en hulle die geleentheid te gee om

dit te doen.

Praktiese Advies

As leier moet jy eerstens jou talente, vaardighede en verhouding met God met entoesiasme

uitleef. Gaan vir sangklasse om jou stem te ontwikkel, begin weer jou instrument deur die

week optel en oefen in jou private stiltetyd met God. Dit is jou verantwoordelikheid om tyd

uit te koop om jou talent te ontwikkel en te gebruik. Sit tyd uit indien nodig om te skryf.

Gaan na opvoerings toe om kuns te waardeer en vars inspirasie en waardering daarvoor te

kry. Moenie wag dat iemand anders jou bemagtig nie. Klim in die tuig en neem leiding om

self te leer.

Wees altyd entoesiasties oor elke diens, oefening en elke lid in jou span. Die

musiekbediening is jou sendingveld en God het elke lid daar geplaas sodat jy hulle met liefde

kan bedien en help groei in hul geestelike lewe en die uitlewing van hul talente. Sien die

eindproduk raak en sit ‘n 10 op elkeen se kop. Soms is lede moeilik omdat hulle deur

krisisse en moeilike tye gaan. Moenie hulle veroordeel nie, maar vind liewers uit waar jy

hulle kan ondersteun, toon begrip, bid saam met hulle.

Gaan selfs in ‘n tyd van vasting en gebed wanneer daar sterk bindinge in die groep is, hou

jou fokus op God en verwag dat Hy ‘n deurbraak sal gee. Lei die groep met jou fokus op

God en nie op die mens nie.

5. LEI JOU GROEP IN LIEFDE

(Rom 15:5 AOV) En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om

eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, (Rom 15:6 AOV)

sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan

verheerlik. (Rom 15:7 AOV) Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem

het, tot heerlikheid van God. Selfs mense wat lyk asof hulle dit “all together” het, is soms baie

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 9

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 10

onseker van hulself. Die waarheid is dat almal soek liefde. Almal soek iemand wat hulle sal

vertel dat hulle saak maak en “okay” is. Die goeie nuus is dat God het almal lief en Hy verlang

daarna om die mens se diepste behoefte na liefde te vervul. Maar regoor die wêreld en ook in die

kerk het ons mense wat desperaat is vir die liefde van God en ons het ‘n God wat dit

onvoorwaardelik sonder perke gee, maar die algemene persoon ervaar nie God se liefde nie.

(Gal 6:2 AOV) Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Een van die grootste

uitdagings van ‘n leier is om ‘n groep mense te lei om meer soos JESUS te word, terwyl daar

ongewensde gesindhede van hoogmoed, trots, jaloesie, perfeksionisme, bitterheid, seksuele

sondes, gevoelens van hopeloosheid, depressie, verslawings, afguns en gierigheid heers. Daarom

is dit belangrik dat as leier, jy in die liefde van JESUS gevestig moet wees en moet besef dat God

se liefde is nie net toegeneentheid nie, maar ook teregwysing wanneer ons in ‘n rigting beweeg

wat skadelik vir ons is. Dan dissplineer Hy ons en bring Hy ons terug in lyn met Sy Woord,

want Hy soek die beste vir ons.

God se liefde beteken dat sy gedagtes, begeertes en intensies vir jou altyd ten goede en tot

jou voordeel is en nie tot onheil nie. Hy is goedhartig, toeganklik, openhartig, opreg en ywerig

om jou Vriend te wees en Hy identifisser met jou pyn, vreugde, hoop en drome en het gekies om

toe te laat dat jou geluk Hom affekteer. Die effek van Lazarus se dood is ‘n sprekende

voorbeeld. God het gekies om emosioneel te identifiseer met jou drome, pyn, “ups” en “downs”

en dit wat jou opgewonde maak. God neem vreugde in wie jy is, ongeag van jou prestasies en

“performances” en Hy orkestreer konstant omstandighede en mense om sy toegeneentheid

aan jou te bewys asook uitgekose tugtiging, want Hy soek die beste vir jou. Bemoedig jou

span gereeld met hierdie woorde.

Praktiese Advies

Ons moet eerstens God se liefde ontvang deur geloof in ons harte (Joh 3:16; Joh 1:12) en

vanuit daardie liefde die span lei.

Stel belang in jou mense en deel in hulle lewe, anders gaan hulle net gebruik voel as daar

konstante verwagtinge op hulle geplaas word om te perform, maar nooit in hulle lewens belê

word nie.

6. BOU GOEIE VERHOUDINGE MET JOU SPANLEDE

(Spr 16:15 AOV) In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos ‘n

wolk van die laat reëns. (1Th 5:14 AOV) En ons versoek julle, broeders, vermaan die

onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor

almal. In so ‘n span kom verskillende temperamente, behoeftes en verskillende

kommunikasiestyle na vore. Bestudeer jou mense en lei hulle effektief en hanteer hulle volgens

hulle individuele behoeftes. Wees sensitief en gee vir hulle om. In hierdie bediening maak jy

jouself oop vir baie kritiek en kwetsbaarheid, omdat jy jou talente in die openbaar tentoonstel en

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 10

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 11

nie almal gaan dit noodwendig aanvaar nie. Laat jou mense altyd weet hoe kosbaar hulle is.

Leef JESUS uit vir jou groep, sodat hulle ook by jou voete wil sit om te leer. Dit gaan nie oor

wat die groep vir jou kan doen nie, maar wat jy kan doen om hulle te dien en toe te rus. Moenie

die beloning jou fokus maak nie, maar wel die groei van elke lid van jou span.

7. SKEP ‘N OMGEWING WAAR MENSE MEER KAN BIED AS NET HUL TALENTE

As leier is dit jou verantwoordelikheid om elke persoon die geleentheid te gee om hulle talente

soveel moontlik te gebruik tot eer van die HERE in die kapasiteit van hulle volle gawe.

Sommige musikante kan musikale opleiding bied vir die span wat die dinamika van die groep

kan verbeter. Dalk het jy iemand wat stemklasse kan gee of iemand anders wat geestelike

leringe kan bied.

Praktiese Advies

Gebruik elke persoon. Vind uit wat hulle passies, talente en gawes is en in watter hoedigheid

hulle meer betrokke wil raak in die groei van die span deur die uitlewing van wat hulle het

om te bied. So sal jy jou groepslede help om te floreer in hul roepinge om die hoogste sport

te bereik wat hul kan.

Wys aan hulle dat jy in hulle glo en hulle die geleentheid gun om hulle gawes vir God te

gebruik.

8. GEE HUL GELEENTHEID OM HUL TALENTE MEER PROMINENT UIT TE LEEF

Wanneer groepslede geleentheid gegun word om solos te doen, gee dit hulle die geleentheid om

te voel hoe dit is wanneer God mense gebruik in ander se lewens. Dit is baie lonend en sal selfs

hul toewyding verhoog, omdat hulle graag sal wil hê God hulle meer so moet gebruik.

Praktiese Advies

Gee ‘n persoon geleentheid om ‘n lied te sing of te lei, al maak hul nog foute.

Wees daar om te ondersteun tot hulle geoefen is om dit alleen te doen.

9. BEMOEDIG JOU SPANLEDE EN SPREEK JOU WAARDERING UIT

Die musiekbediening verg toewyding en lang ure. Aande wat spanlede hulle gesinne alleen by

die huis laat om te oefen vir ‘n diens. Dit is nie jou reg dat hul in jou span betrokke is nie, maar

jou voorreg.

Praktiese Advies

As leier spreek gereeld jou waardering uit teenoor die spanlede vir hulle toewyding en

betrokkenheid tot die roeping wat JESUS in hulle geplaas het as ‘n bewys van God se genade

in hulle.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 11

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 12

Gee gereeld terugvoer, indien daar van die gemeente komplimente gekom het of waar

iemand werklik goed gedoen het. Jou liefde en bemoediging gaan betenisvolheid aan jou

groep gee. Enige iemand reageer op bemoediging en aanmoediging.

Help jou mense wanneer hulle faail in iets, dat dit nie die einde is en hulle soos mislukkings

voel nie. Sonder bemoediging is daar twyfel en onsekerheid in ‘n groep en weet niemand of

hul nog op die regte pad is nie.

10. DEEL DIE VISIE EN DOEL VAN DIE SPAN OP ‘N GEREELDE BASIS

Ek het altyd aangeneem almal weet wat die doel en rigting in hierdie bediening is. En dan kon

ek soms nie verstaan waarom mense nie die regte ding doen wat mens sou verwag in hierdie

bediening gedoen moet word nie. Ek het besef dat God vir my baie kennis gegee het omtrent

hierdie bediening, maar as ek dit nie met my span deel nie, gaan ons nooit op dieselfde vlak

bedien nie. Dus dat ek hierdie leringe opgestel het om my kennis te deel dat ons as span saam

kan groei in kennis en ervaringsvlak.

Dit is baie maklik om single-mindedly toegewyd te wees aan musiek en die sing van lofsange,

dat die spanlede so “self-absorbed” raak en sig verloor van die groter prentjie. Waar ‘n span nie

‘n duidelik visie ontvang van hul leiers en aangemoedig word nie, is dit makliker vir hulle om in

sonde te val en die pad duister te raak. Baie musiekante en sangers verlaat die kerk, omdat hulle

voel dat hulle nie werklik verstaan word nie, want daar is nie ‘n visie waarvolgens geopereer

word nie.

Praktiese Advies

Gebruik oefeninge en gebedstye om die span te herinner waarom ons bymekaar kom en doen

wat ons doen. Sonder konstante herinnering en “affirmation”, verloor die span visie en sig

van hoekom hulle dien en hulle gawe vir God gebruik.

11. GEE DUIDELIKE RIGTING AAN

Jy lei deur die pas aan te gee. Mense sal jou volg wanneer hul sien dat jy weet waarheen jy

oppad is met die groep en wanneer jy dit ‘n vreugde vir hulle maak om jou te volg.

Praktiese Advies

Wees toegewyd aan die sukses van ander: Besef dat die groei in die koninkryk van God is

nie ‘n kompetisie nie. Help en ondersteun ander om te groei in die uitleef van hulle gawes en

talente aan God.

As leier is jy nie net ‘n sanger of musikante nie, maar jy is daar om ander te leer. Jy leer

eerstens die lede in jou groep sodat hulle ‘n begrip sal hê van wie God is en wat hulle roeping

is. Dan moet jy ook die gemeente leer in hulle begrip omtrent God en hoe om Sy lof te

besing.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 12

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 13

Die meeste tekortkominge in ‘n groep is as gevolg van ‘n gebrek aan beplanning en

voorbereiding. Dinge gebeur nie vanself nie en sukses kom nie in ‘n wolkie en bied homself

vir jou aan nie. Dit verg tyd, harde werk en toewyding.

Waak daarteen om in ‘n groef te verval. Neem inisiatief en maak aanpassing waar nodig om

momentum en dinamika in hierdie bediening te behou.

12. DIE BEDIENING VERG KONSTANTE “MAINTENANCE”

In leierskap gaan jy nooit ‘n plek bereik waar jy voel nou is alles in plek en jy het gearriveer nie.

Daar is konstante groei, nuwe seisoene, afbreek, opbou en daarom is dit belangrik om in jou

binnekamer te gaan, sodat God jou leiding kan gee in die oorskakeling na die nuwe dinge. Soms

sal iets werk vir ‘n seisoen en skielik werk dit nie meer nie, deels oor mense gegroei het of omdat

die seisoen verander het. Soms begin jy met voorbereiding van dinge en voer dit uit en oor ‘n

maand of twee moet jy weer van voor af begin. Dit hou nooit op nie.

Praktiese Advies

Moenie dat elke keer se voor begin jou mismoedig maak nie, want dit is eintlik God wat

jou na ‘n nuwe vlak van geloof en risikoneming toe roep. Daar is sekere “stages” wat

mens oor en oor deurgaan en siklusse wat herleef word. Wees geduldig met die proses en vra

God wat dit is wat Hy jou wil leer en openbaar. Dit is daardie prosesse wat ons sterk maak

en leer om situasies reg te hanteer en te groei al voel dit soms jy staan stil.

Identifiseer areas waar verandering en verbeteringe gemaak moet word. Dit is jou

uiteindelike doel om die groep nie net geestelik te bou en laat ontwikkel nie, maar ook om te

help dat die span goed lyk en goed klink. Jy gaan elke spanlid moet inspireer om te verbeter

en dit begin deur (1) ‘n voorbeeld te wees en (2) vir hulle hulpbronne daar te stel om hulle te

help en te leer.

13. WEES REALISTIES OMTRENT JOU SPANLEDE SE TYD EN TOEWYDING

Baie musiekspanne in gemeentes het nie oefentye nie en die verskoning is dat die predikant bang

is die mense brand uit of hy verloor hulle as hul so baie by die kerk moet wees. “Volunteers” in

wie se lewe belê word, en wat groei in hul lewe ervaar as gevolg van hoe daar in hul lewens belê

word tydens oefening, sal met graagte hul tyd opoffer. Maar wanneer daar nie groei getoon word

nie, wêreldse gesindhede hoogty vier en geen kragwerking van die Heilige Gees is nie, sal mense

nie graag hul tyd wil mors nie. Daarom wees doelgerig in die tyd wat hul by die kerk moet wees.

a) Oefentye sal afhang van die grootte van die gemeente, musiekspan en die gesindhede en

begaafdheid van die span. Soos die gemeente groei en daar meer belangstelling is sal die

standaard verhoog en meer toewyding vereis word.

b) Aktiwiteite by ‘n kerk moet nie gekoppel word aan die predikant se ego nie, maar moet

daar wees om behoeftes van die mense aan te spreek en te vervul. Mense wat elke aand

by die kerk moet wees, kry nie geleentheid vir sport en ontspanning en gesonde

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 13

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 14

“recreational” aktwiteite en verhoudinge te bou met hul gesin en vriende nie en hul sal

beslis nie tyd kry om aan hul verhouding met JESUS te werk nie.

c) Die musiekspan se kreatiewe oomblikke vind nie plaas te midde van besige skedules en

oorweldigende “commitments” waarby hul moet uitkom nie. Dit gebeur in tye van stilte

wat essensieel is vir diep kreatiewe idees om na vore te kom. Baie leierskap van

gemeentes verstaan nie dat dit tyd neem om die beste werk te lewer nie en melk konstant

hul musikante vir nuwe idees wat veroorsaak dat daardie mense se siele skade lei en die

bediening oor die lang termyn. Elke musikant en sanger het ‘n ander kapasiteit vir

“output” en die sleutel tot effektiewe leierskap is om hulle ruimte te voorsien wat sal

toelaat dat hulle huself “restore”.

d) Musikante en sangers verlaat soms hul spanne en gemeentes omdat hulle ongewaardeerd

voel deur leierskap wat altyd net verwag hulle moet “perform” en nie hul ‘n geleentheid

gee om te rus nie.

14. KONFRONTEER SONDE EN VERKEERDE GESINDHEDE

Onthou dat leierskap is nie ‘n populariteitskompetisie nie. Jy is nie daar om volgelinge van

jouself te skep nie, maar volgelinge van JESUS. Deur te hoop dat verkeerde gesindhede net

vanself sal weggaan en mismoedigheid by lede te ignoreer, saal jy vir jouself ’n perd op wat jy

nie regtig wil ry nie. Dit neem niks van ‘n leier om na ‘n spanlid te gaan en te sê ek kom agter jy

is nie meer so toegewyd nie, of dit lyk of jy jou blydskap verloor het. Is daar iets waarmee ons

kan help?

Praktiese Advies

Moenie die nood en behoefte van die wat in ons bedieninge staan oorkyk of ignoreer nie. As

leiers is dit belangrik om konstant jouself te onderwerp aan die leiding van die Helige Gees

en sensitief te wees vir dit wat om jou aangaan en om in liefde na die persoon te gaan en uit

te vind oor dit wat jy sien aangaan. Dit mag insluit ‘n kritiese en veroordelende gees, ‘n

selfbejammerde gesindheid, ‘n slagoffer mentaliteit, jaloesie, trots, bitterheid, luiheid,

skinder of enige ander gedrag wat nie die karakter van JESUS reflekteer nie, wat jy nodig het

om in liefde aan te spreek.

15. WEES KONFLIK TE WAGTE

(2Kor 4:8 AOV) In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë,

maar nie radeloos nie; (2Kor 4:9 AOV) vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie

vernietig nie. (2Kor 4:10 AOV) Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam

om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word. Wees te wagte dat nie

almal altyd saam met jou gaan stem met wat of hoe jy dinge doen nie. Soms gaan daar

onderlinge verskille wees en mense weet nie altyd hoe om dit volwasse te hanteer nie. Dit is

waar vleeslike gedrag van skinder vandaan kom. Die geheim is om die groep te leer om met

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 14

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 15

mekaar te kommunikeer sonder om aanstoot te neem. Die waarheid in liefde te kommunikeer en

elke verskil uit te sorteer.

Praktiese Advies

As leier kan jy nie dinge net los dat dit vanself regkom nie want tyd genees nie noodwendig

nie, dit veroorsaak soms dat wonde infeksie kry. Indien nodig gaan sien die presiderende

leraar vir hulp, ondersteuning en leiding.

Hou gesag oor jou altyd op hoogte van wat in die groep aangaan met die doel om jouself te

beskerm en sodat hy kan ingryp waar nodig. Leierskap is daar vir ons beskerming en daarom

is dit belangrik dat leiers hul moet onderwerp aan gesag bo hulle. Gesag is nie daar om ons

te weerhou om die beste te wees nie, dit is juis daar om ons te ondersteun,

veiligheidsmaatreëls daar te stel, sodat ons nie onnodig seerkry en foute maak nie. Moenie

leierskap as bedreiging vir jou bediening beskou nie, jy gaan jou eie groei en salwing

belemmer.

16. DIT IS “ULTIMATELY” GOD WAT DIE SPAN BOU

As mens is ons geneig om altyd in beheer te wil wees en mense te wil verander. As leiers moet

ons besef dit is slegs deur liefde en gebed wat ons God kan toelaat om die span te bou. As leiers

moet ons toelaat dat die Heilige Gees sal werk in ons midde wanneer die span bymekaar kom,

sodat God ook tot die span kan spreek.

17. ONDERWERP JOU AAN GESAG

17.1 As span is jul daar om die predikant te ondersteun en die gemeente te bou

Dit is jou verantwoordelikheid om te lei waar die predikant wil hê jy moet heen gaan. Jy

help hom om die gemeente te lei.

17.2 Die sangleier en die predikant

Beide is in die kollig en beide se bedieninge is daar om ‘n impak van God se woord in

mense se harte, gedagtes, emosies en wil te maak en daarom is dit belangrik dat hulle in

ooreenstemming sal wees. Hulle moet nie deur mekaar bedreig voel nie. “Mistrust”

tussen die predikant en sangleier gaan tot baie frustrasie lei. Soms ervaar die predikante

hul sangleiers as “self-willed” en “rebellious” en doen nooit wat die predikant verlang

nie, terwyl die sangleier weer voel dat die predikant onsensitief is vir die werking van die

Heilige Gees.

Praktiese Advies

As sangleier moet jy aan die predikant kommunikeer dat jy aan sy kant is en daar is

om sy visie en hart te ondersteun.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 15

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 16

Bou die gemeente saam met jou predikant. Vind uit wat sy hartklop en visie vir die

gemeente is en spandeer tyd in gebed, sodat God jou kan wys hoe jy hom kan

ondersteun. Die meeste misverstande vind plaas as gevolg van miskommunikasie of

geen kommunikasie.

Jy is die tweede mees sigbare persoon in die gemeente, daarom is dit belangrik dat jy

‘n bydrae tot die “enhancing” van die visie van die gemeente sal lewer, soos deur die

prediker daargestel. Moenie jou gesag misbruik en gebruik om situasies en mense te

manipuleer nie. Jy is daar om te dien.

17.3 Onderwerp jouself aan die gesag van die presiderende leraar

Praktiese Advies

Indien die prediker dit nie uit sy eie doen nie, gaan vra hom vir leiding ten opsigte

van hoe hy wil hê dinge moet geskied voor, tydens en na die diens.

Hou altyd liede by jou vir verskeie geleenthede, sodat jy nie onvoorbereid sal wees as

die predikant jou onverwags vra om byvoorbeeld by die inseëning van ‘n baba, ‘n

doopdiens of nuwe lidmate voorstelling, te sing nie.

Moenie altyd soek om die blaam op die predikant te plaas nie. Onthou dat hy het nie

dieselfde persoonlikheid en siening as jy nie en gaan dinge nie altyd doen soos jy sou

dink dit werk nie. Leer om saam met hom te werk en steeds jou beste te gee. As leier

moet jy nederigheid en dienskneggesindheid aan die groep modelleer. (Tit 2:7 AOT)

Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer,

waardigheid, opregtheid.

17.4 Bou goeie kommunikasie en verhoudinge met die leierskap van die gemeente

Moenie arrogant wees en dink jy “call the shots” in die gemeente en die leierskap het

geen sê nie, want jy neem sommer aan hulle weet nie waaroor dit gaan nie. Al weet die

leierskap nie veel van musiek nie, sal jy as leier net besef dat jy geweldige ondersteuning

en beskerming kan geniet van jou leierskap as jy goeie verhoudinge bou.

Praktiese Advies

Indien jy nie ‘n goeie verhouding met die leierskap van jou gemeente het nie, maak ‘n

afspraak en deel jou hart. Luister na jou leierskap en maak aanpassings in jou

bediening waar nodig.

As leier is jy nie daar om net die musiekspan te lei nie, maar ook om groei, vordering

en behoeftes in die musiekdepartement met die leierskap van die gemeente te deel.

Al vra die leiers dit nie en al verwag hulle dit nie van jou nie, stuur gereeld ‘n epos of

skakel die predikant en deel groei en vordering en waamee julle besig is. Indien daar

nuwe Bybelstudiemateriaal gedoen word of besluite geneem word, deel dit met

leierskap. Sodoende skep jy die geleentheid dat hulle jou kan adviseer en is dit net

gesond dat hulle ook weet wat in die bediening gebeur.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 16

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 17

17.5 Die Sangleier en die Gemeente

As sangleier is jy daar om jou gemeente te dien in korporatiewe lofprysingstyd met jou

kreatiwiteit en “self-expression”.

Praktiese Advies

As sangleier moet jy verbind wees tot die “fellowship” en gemeenskapslewe van die

gemeente. Wees deel van intersessie en gebedstye. Leer die mense in die gemeente

ken. Dit is so maklik om geïsoleerd te word van die gemeente, omdat mens op die

platform is reeds voor die mense inkom en tot na die diens nog sing. Maak gebruik

van geleenthede om te “fellowship” en verhoudinge te bou met die gemeente.

18. GEE AG OP JOUSELF

4. 18.1 Groei konstant as Leier

‘n Leier hou op lei die dag as hy ophou groei. Daar is geen produk sonder ‘n proses nie en

die vormingsproses in jou lewe is vir God belangrik. Elke persoon wat aan hoof van die

musiekbediening staan het ‘n fantastiese geleentheid om ‘n radikale impak te maak in die

koninkryk van God. Jou sendingsveld is die musikante, sangers en gemeente. Jy gaan

verantwoordelik gehou word, nie net vir dit wat voor op die platform gebeur tydens dienste

nie, maar juis vir dit wat agter die skerms gebeur. En uiteindelik kom dit wat agter die

skerms gebeur altyd voor uit op die platform op een of ander wyse.

Praktiese Advies

Seisoene verander en moenie vasval in ‘n roetine of wyse van dinge doen, net omdat

dit al die jare so gedoen is nie. Indien jy jouself wil verbind om dieper te groei met

die span, maak die besluit en bring verandering in. Luister na mense om agter te kom

wat werk en wat nie. Deur self te groei as leier sal die Gees jou lei in veranderinge

wat gemaak moet word, sodat alles in God se plan is.

Die belangrikste is dat jy sal groei in jou kennis omtrent God. Om die Skrif te

bestudeer moet deel van jou daaglikse lewe wees.

Lees gereeld boeke en artikels oor die musiekbediening.

Gaan uit na teaters toe en geniet goeie vermaak. Gaan besoek kunsgallerye, sodat jou

kreatiwiteite geprikkel word. Groei in jou verhoudinge met elke spanlid en groei in

jou verhouding met die leierskap van die gemeente.

18.2 Sit tyd uit om alleen met God te wees

(Psa 86:11 AOT) Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my

hart tot die vrees van u Naam. As leier van die groep is jy deur God daargestel om die

mense onder jou leierskap te beïnvloed om na ‘n spesifieke doelwit te beweeg. As leier

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 17

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 18

moet jy leer om God eers in jou binnekamer te aanbid, voor jy na buite kan kom om

leiding te gee.

Dissipline in die leier se lewe skep ervaringe wat ons “stretch” en is beide positief en

soms pynvol, maar dit berei ons karakater voor vir dienslewering tot eer van God. As

leier moet jy ‘n aptyt kultiveer om alleen tyd met God te spandeer.

As leier moet jy verstaan dat jy nie gekies is om oor mense te regeer en hulle te beheer

nie. God het jou daar geplaas en jy moet Hom meer vrees as die mense en hulle lei in

alle geregtigheid. Leierskap moet nooit gegrond wees op grond van dat jy met die regte

mense uithang of jou kaarte reg speel nie, maar op grond van jou verhouding met God en

Sy roeping wat jy in jou lewe uitleef. Jy moet by God ingeskakel wees, want leierskap is

nie omtrent jou behoeftes nie, maar omtrent die opbou van die liggaam van JESUS.

18.3 Vermy om negatief te raak in jou gesindheid

(Eseg 37:10 AOV) En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in

hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n

ontsaglike groot leër! Dit is maklik vir ‘n leier om negatief te raak wanneer hy voel dat

spanlede nie hul samewerking gee of die gemeente nie deelname toon in lofsange nie.

Waak daarteen om dood te spreek oor mense. Wees toegewyd aan God en Sy lewe deur

jou sal ‘n verskil maak. Negatiewe gesindhede kweek negatiwiteit en dood. Positiewe

gesindhede kweek opgewektheid en lewe. Wees positief, vol van die ywer en krag van

God, entoesiasties en sit alles in. Laat die Gees van God toe om deur jou te werk en Hy

sal harte een vir een begin aanraak. Moenie fokus op die mense, fokus op God en Hy

doen die werk.

18.4 Wees effektief, nie besig nie

Om ‘n effektiewe leier van so ‘n groep te wees is baie kompleks. ‘n Gebrek aan

opleiding en ondersteuningsnetwerke in hierdie gebied eis sy tol en veroorsaak dat baie

leiers uitbrand binne die eerste twee jaar. Sommige lesse word egter nie vinnig geleer of

selfs deur teorie nie, maar slegs praktiese ervaring en tyd. Leiers van hierdie bediening

moet self nooit te besig word om God te aanbid nie. Om konstant besig te wees beteken

nie dat jy effektief is nie. Sommige mense is konstant besig om hulle eie belangrikheid

uit te druk en soms word mense besig omdat hulle ander toelaat om hulle agendas te

bepaal. Van God se perspektief is jou tyd in gebed, Woordstudie en aanbidding nie ‘n

mors van tyd soos baie ander dalk sal dink nie, omdat hulle wil hê jy moet konstant

“perform” en “deliver” nie, maar is dit vir God die belangrikste van hierdie bediening en

die basis. Dit is in die tyd wat God kom en jou hart verander en wys wat Hy in en deur

jou wil doen in die bediening wat Hy jou gegee het.

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 18

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 19

18.5 Maak tyd om te rus en te ontspan

(1Kon 19:4 AOV) maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder

‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou

my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie. Na die groot oorwinning op

die berg Karmel het Elia gevlug van een vrou wat hy gehoor het sy lewe wou neem.

Elia, wat die krag van God in sy lewe gehad het, ‘n God wat die mag het om te red en te

vernietig, het gevlug van Isebel in die Sinaiwoestyn. Hy kry nuwe krag uit die kos en

water wat ‘n engel aan hom voorsien, maar sonder om die wil van God te soek, reis Elia

na die berg Horeb. Sy vrees vir Isebel het Hom beweeg om nie by God te hoor wat om te

doen nie, maar uit vrees het hy na Horeb gereis en deur sy selfgemaakte planne te volg en

eie “effort” het hy baie tyd gemors. God het hom tog toegelaat om daarheen te reis al

was dit nie in die direkte wil van God nie, dalk om ander ‘n les te leer hoe selfgemaakte

planne ‘n mense se tyd kan mors. Twee keer vra God vir Elia, wat doen jy by Horeb, met

ander woorde: “Ek het jou nie hierheen gestuur nie”. Elia moes weer reis terug verder

noord na die plek waar hy begin het. En dit kos hom meer as 80 dae se reis en ‘n nuwe

ervaring om van God te hoor. Elia se reaksie was: (1Kon 19:14 AOV) En hy antwoord:

Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van

Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood,

sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem. Moegheid

bring ‘n gesindheid van ek is die slagoffer en het hard gewerk en het alleen oorgebly en

hulle soek my lewe. Daarom neem tyd uit om te rus voor jy die woestyn inslaan en ‘n

pad stap wat God nooit vir jou bedoel het nie. (1Kon 19:18 AOV) Maar Ek sal sewe

duisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat

hom nie gesoen het nie. Wanneer ons voldoende rus inkry vermy ons onnodige lang tye

in die woestyn en sien ons raak die mense wie God wel geseën het om ons te ondersteun

om saam met ons die werk van die HERE te voltooi.

18.6 Maak tyd vir jou gesin

‘n Eenvoudige toets om te sien of jy geestelik gegroei het is om jou gesin te vra of jy

meer of minder liefde, vreugde, vrede, geduld, goedheid getrouheid, sagmoedigheid en

selfbeheersing toon (Gal 5:22). Hierdie bediening kan baie instens wees en tyd vereis.

Maak tyd met jou gesin en behou oop en eerlike kommunikasie met mekaar en die

teenoor wie jy verantwoordelik is in die bediening. Wees ‘n godsman en gesinsmens (1

Tim 3:1-13).

18.7 Ontwikkel jou gawes en talente in JESUS

As leier kan jy nie verwag dat jou span “effort” moet insit en groei wanneer jy stilstaan

nie. Neem lesse waar nodig en leer ‘n nuwe vaardigheid aan, indien moontlik, soos die

lees van bladmusiek. Dit sal net eenvoudig help om jou oor te ontwikkel en gaan jou help

om beter te kan lei. Word ‘n “versatile” musikant. Probeer die vloei tussen liede

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 19

Bemagtig deur Lofsange: Leringe vir ons Musiekspan en Gemeente: Hoofstuk 4: Leierskap

Bladsy 20

improviseer. Gaan na konserte, kyk na videos wat jou sal help om kuns te geniet en te

waardeer en ‘n dieper betekenis en waarde aan musiek en kuns te heg. Dit sal vir jou

idees en entoesiasme terugsit in jou eie bediening.

18.8 Wees voorbereid vir elke diens en oefening

Weet wat jy wil bereik en waarheen jy oppad is. Dit gebeur so dikwels dat leiers in ‘n

groef val en soms nie weet wat om tydens oefentye met die spanlede te doen nie. Jy moet

jou span lei in die lig van wat die fokus is. As leier moet jy tyd opsysit om die nuwe

liede wat geoefen word self goed te ken en om dit wat jy geestelik met jou span gaan deel

reeds deel van jou lewe te maak.

18.9 Hou jou verwagtinge op God

(1Kor 15:57 AOV) Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here

Jesus Christus. (1kor 15:58 AOV) Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig,

onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle

arbeid in die Here nie tevergeefs is nie. As leier moet jou verwagtinge nie in die mense

in jou span of selfs leierskap bo jou geplaas word nie, maar in God alleen. Weet dat God

ken jou intiem tot die laaste haar op jou kop. Hy weet hoe jy voel, wanneer jy mismoedig

of moeg is en wanneer die spanning vir jou moeilik is. Maar Sy las is lig. Alles wat jy

vir Hom doen gaan nie ongesiens verby nie en jou loon sal jy wel op die regte tyd

ontvang. Onthou ons doen nie iets vir God met die doel om ‘n loon te ontvang nie, maar

omdat ons Hom liefhet en iets het om te gee. Soms gebeur dit dat spanlede bedank of dat

jy met kere alleen daar is en die gemeente in lofsange moet lei. Dit is wanneer jou

verhouding met JESUS jou gaan dra, sodat almal kan besef dit gaan nie oor die span nie,

maar oor JESUS. Wanneer ons teleurgesteld is omdat ons nie ‘n vol groep het om te

speel nie, affekteer dit ons verwagtinge ten opsigte wat God kan doen en is ons fokus

verkeerd. Onthou, ongeag wat gebeur in die span, God is altyd in beheer!

Saamgestel deur Tania Berrangé (Webwerf: www.taniab.co.za) (Epos: taniaberrange@gmail.com)

Updated: 30 August 2010

Bladsy 20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!