Slingervel Maart 2012.indd - CJBF
Slingervel Maart 2012.indd - CJBF
Slingervel Maart 2012.indd - CJBF
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Slingervel, Jaargang 53

Nommer 931, Maart 2012

in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...

3 Oom Nico se Possak

4 Waar kom die Bybel

vandaan? (3)

5 Spreuke vir die tiener

verklaar

6 Die monster van

Kalabasfontein (9)

8 Inkleurprent - Jakob maak

'n pot lensiesop

9 Die OOR in Afrikaanse

idiome

Kleur die boekmerk in

10 Bybelleesrooster vir April

11 Ons Pretblad

12 Oordenkings vir

laerskoolkinders

14 Verjaardaghoekie

15 Blokkiesraaisel 434

16 Ruimtepraatjies

17 Het jy geweet?

18 Geel-bruin

20 Oordenkings vir tieners

22 Boekeblad

24 Nuwe ruimtetuig op weg

na Mars

Die redakteur skryf ...

Kleinserig

en liggeraak

Jy sal vir jouself moet vasstel of jy dalk kleinserig en liggeraak is. Dit is

mense wat baie gou beledig voel en wat sommer gou-gou seergemaak

word oor wat ander mense vir hulle of van hulle sê. Alle mense word nie

deur dieselfde dinge in die lewe geraak en omgekrap nie.

Daar is dié ouens en meisies wat ’n lewensvelletjie van melk het en

daarom so maklik verwond raak.

Daar is dié jongklomp van wie die nerfi es so dun is dat ’n effense skewe

woordjie wonde slaan wat vir hulle voel asof hulle naby die dood kom.

Dit is dié mense wat met groot oë en oop ore dophou en luister wat

ander aan hulle doen of vir of van hulle sê, sodat hulle die kwetsende

wonde met woede en vergelding kan wreek.

Ek is seker jy ken tussen jou maats of by die skool ook sulke mense.

Jy is eintlik te bang om met hulle grappies te maak en te lag ... want jy

moet jou woorde altyd so versigtig kies ... of anders tas jy hulle sensitiewe

karakter en breekbare persoonlikheid só maklik aan dat hulle woedend vir

jou is en dit vir ’n lang tyd teen jou hou.

By dit alles moet ons erken dat om fyngevoelig, fynbesnaar of sensitief

te wees, ook ’n baie mooi deug kan wees. Dit is om ’n fyn gevoel te besit

oor dinge van die lewe. ’n Keurige, verfynde gawe en gevoel wat in balans

gebruik kan word. Dit is ’n baie mooi deug om ’n fyn aanvoeling vir dinge

in die lewe te kan hê. Die teenoorgestelde van ’n fyngevoelige, sensitiewe

mens is ’n bot, buffelagtige, dikvellige, hardekop mens. Dit is iemand wat

afgestomp en pynlik ongevoelig is vir die mooi dinge van die lewe en die

ragfyn weelde van tussenmenslike verhoudinge.

Waar fyngevoeligheid ’n deug is, lê die gevaar in oordrewe fyngevoeligheid,

liggeraaktheid, kleinserigheid. ’n Mens met oordrewe fyngevoeligheid

is besig om homself te verafgod en die lewe vir ander mense baie onaangenaam

te maak. Om saam met só ’n tiener op ’n skooltoer te moet gaan,

kan ’n nagmerrie word.

In ’n oordrewe fyngevoelige mens broei die kieme van agterdog teenoor

medemense. Dit is om slegte motiewe in die woorde en dade van ander

te soek, waar dit nie is nie. Oordrewe fyngevoeligheid is die sonde

van selfoorskatting en verwaandheid. Dit bring jou tot kwade denke en

selfgesentreerdheid. Die geneesmiddel teen oordrewe fyngevoeligheid is

1 Korintiërs 13 – God vra van jou liefde teenoor almal. Sodra jy met jou

medemens in ’n liefdesverhouding staan, verdwyn al die negatiewe dinge

waarmee jy na iemand anders gekyk het en beoordeel jy sulke mense ook

anders.

Idiomaties praat ons van ’n “Kruidjie-roer-my-nie”. Dit is ’n baie gevoelige

plant met volop nektar, giftige blare en rooibruin blomme. As die plant of

die blare gekneus word, gee dit ’n slegte reuk af. Daarom word die plant

Kruidjie-roer-my-nie genoem. ’n Persoon wat baie liggeraak is, word ook

’n Kruidjie-roer-my-nie genoem. Daar is tieners wat so liggeraak is dat

wanneer jy net met jou pinkie aan hulle raak blaas hulle hulself op soos ’n

brulpadda en wil jou iets aandoen. SV

2 slingervel maart 2012
Liewe Slingervelmaats,

oom nico se

As die tienerjare aanbreek,

is dit ook die tyd

wanneer ver liefdheid

jou oorval. Die grootmense

praat gewoon lik van kalwerliefde.

Daarmee word bedoel

die liefde, gewoonlik is dit van

verbygaande aard, tussen ’n

tienerdogter en ’n tienerseun.

Veral in die puberteitsjare en

die vroeë adolessensiejare

gebeur dit dat ’n dogter en ’n

seun ’n verhouding aanknoop.

As hulle saam uitgaan, praat

hulle van “sleep” of hulle sê dat

hulle “steady” gaan of ’n “item”

is.

Daar is met ’n verhouding

tus sen ’n skooldogter en ’n

possak

skoolseun niks fout nie. God

het die mens man en vrou

geskape met die bedoeling dat

daar tussen hulle ’n verhouding

sal ontstaan. Die volwasse

verhouding tussen man en

vrou loop op die huwelik uit.

Die jare van kalwerliefde is ’n

voorbereiding vir ware liefde

eendag en die huwelik.

Jy kom seker agter dat jou

verhouding met die Here ook

’n invloed sal hê op jou fase

van kalwerliefde. Die Here

het in die Bybel riglyne gegee

vir die verhouding tussen

mede mense. Dus sal dogters

en seuns wat ’n verhouding

met mekaar het, dié Bybelse

riglyne moet nakom. Julle

as jongmense lewe in ’n tyd

waar dit baie maklik is om die

grense wat God gestel het,

uit te vee en te ignoreer. As

verbondskinders sal julle dit

nie kan doen nie. Want dit is

een kenmerk van ’n ware kind

van God dat die riglyne van die

Vader gehoorsaam word.

’n Christentiener wat sy lewe

in alle fasette laat belig deur

die verlossingsglans van sy

lewenslig, Jesus Christus,

gee ook rekenskap van die

Christelike verhouding tussen

die geslagte selfs as dit kalwerliefde

is. Ek hoop julle sal hierdie

saak met die nodige erns

bejeën.

Hartlike groete,

Oom Nico

slingervel maart 2012 3
Waar kom die Bybel vandaan? (3) Basjan

Die Ou Testament word oor

eeue erken

Die Bybel is nie ’n boek wat van mense kom nie.

As jy in ’n biblioteek kom, of jy kom in ’n boekwinkel,

dan weet jy dat al die boeke wat daar op

die rakke staan, boeke is wat mense geskryf het omdat

húlle wou. Húlle het besluit om ’n sekere boek te skrywe

en húlle het self oor die inhoud daarvan besluit. Maar

met die boeke van die Bybel is dit heeltemal anders.

God het sy Heilige Gees gestuur om mense te inspireer

om die boeke van die Bybel te skryf (2 Tim. 3:16; 2

Pet. 1:21). Onder leiding van God se Gees het gewone

mense soos ons, die verskillende boeke van die Bybel

geskryf.

Dit is God wat die opdrag aan die mense gegee het.

In Eksodus 17:14 lees ons dat God vir Moses sê: “Skryf

hierdie woorde op in ’n boek as ’n blywende herinnering.”

In Eksodus 24:4 word van Moses getuig: “Toe het Moses

al die gebooie van die Here neergeskryf.” Daar is ook

ander getuienis dat God aan Moses die opdrag gegee

het om alles wat gebeur op te skryf (Eks. 33:2; 34:27;

Deut. 31:9 & 24).

Een vir een is die verskillende boeke geskryf

Ons moet in gedagte hou dat boeke in die tyd van

die Bybel, die Ou Testament en die Nuwe Testament,

nie gedruk is soos ons vandag boeke het nie. Alles

is met die hand geskrywe op papirus of perkament.

As iemand ’n sekere boek wou hê, moes hy dit laat

oorskrywe. Daarom kan ons nie datums noem waarop

die verskillende boeke van die Bybel geskryf is nie.

Wat ons wel weet, is dat die eerste vyf boeke van die

Bybel bymekaar gevoeg is om een bundel te vorm.

Onthou, Moses word erken as die skrywer van die

eerste vyf boeke (Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri,

Deuteronomium). Die geskrewe boeke is van die een

geslag oorgedra na die ander geslag.

Moses het ongeveer in die jare 1527-1406 voor

Chris tus gelewe. Die vyf boeke van die Bybel het

hy heelwaarskynlik in die laaste 40 jaar van sy lewe

geskrywe, dit is van 1440-1406 voor Christus. Dié vyf

boeke gesamentlik is ongeveer in die tyd van Esra en

Nehemia, dit kan die jare 538-432 voor Christus wees,

as ’n bundel erken. Dit was die eerste gedeelte van die

Ou Testament wat as bundel erken is waardeur God

Homself aan die mens bekendstel.

Die groep boeke bekend as die “profete”

Die Profetiese boeke is al die geskiedenisboeke van

Josua tot 2 Konings en ook die profetiese boeke van

Jeremia, Esegiël, Jesaja en die 12 klein profete (kyk in

jou Bybel, dit is die boeke van die profete van Hosea tot

Maleagi). Hierdie groep boeke van die Ou Testament

het tot ’n eenheid gegroei en het ’n geslote boek geword

ongeveer in die jaar 561 voor Christus. Dit beteken dat

ná 561 voor Christus daar nie meer ander boeke by

hierdie groep gevoeg is nie.

Die groep boeke bekend as die “Hagiograwe”

Die naam Hagiograwe betelen “heilige geskrifte” en

dit is die Griekse benaming vir die derde deel van die

He breeuse Ou Testament. Hieronder val die volgende

boeke: Psalms, Job, Spreuke, Prediker, Hooglied, Klaagliedere,

Daniël, Ester, Esra, Nehemia en Kronieke.

Hierdie groep boeke is as geslote eenheid verklaar

tydens die Joodse Sinode van Jamnia in 90 nC. Daarna

is daar nie meer boeke by hierdie groep bygevoeg nie.

Die voltooiing van die Ou Testament

Tydens die tweede eeu nC was daar nog groot onsekerheid

ten opsigte van die boeke van die Ou Testament.

Verskillende geleerdes het aan hierdie saak gewerk,

onder andere Athanasius (295-373), Hieronymus (347-

419) en Augustinus (354-430).

Die vasstelling van die Ou Testament het plaasgevind

op die Konsilie van Hippo in 393 nC en ook die Konsilies

van Karthago in 397 en 419 nC. SV

4 slingervel maart 2012
Spreuke vir die tiener

verklaar

Die skepping

kom voort uit

Dr. Nico van der Merwe

God se wysheid (Spr. 8:22)

In Spreuke 8 leer God wat die rede is dat wysheid so belangrik is. In hierdie

hoofstuk begin wysheid praat soos ’n mens. Die wysheid deel skatte aan die

mens uit. Hierdie skatte wat sy aan die mense uitdeel is veel meer werd as die

kosbaarste edelmetaal wat daar is. Sy kan van nuttelose mense wyse mense maak

wat veel in die samelewing beteken.

Daar is nog ’n ander manier waarop die belangrikheid van die wysheid uitgedruk

kan word. Wysheid is belangrik vir die hele skepping. Soos die Here hemel en

aarde gemaak het, het Hy ook die wysheid gemaak. God het egter die wysheid

eerste geskep. Daar was ’n tyd toe daar nog niks was nie, nie berge, waters en die

lug nie. Op daardie stadium het die Here reeds wysheid geskep (vs. 22). Spreuke

8:22 is ’n skeppingslied. God begin die skepping van hemel en aarde nie sonder

wysheid nie. Inteendeel, Hy ag die wysheid as onmisbaar by die skepping. Vers 22

leer ons ’n diepe lewensles: die orde waarna ons lewe behoort ingepas te word, is

die orde wat God openbaar het in die Bybel.

Lewenswysheid is ook: jy skik jou na God se skeppings wysheid. Daaraan hang

jou geluk en welslae elke oomblik. Hoe wonderlik is wysheid! God het dit van

ewigheid af. Voordat God nog enigiets geskep het, was die wysheid daar. Hierin lê

die waarde van die Spreuke met die deugde van God se keuse.

Daarom is opgeskryf dat Jesus Christus opgegroei het en toegeneem het in

wysheid (Luk. 2:52). In Christus is al die verborge skatte van wysheid en kennis te

vind (Kol. 2:3). Die skepping was nie God se optrede waar Hy telkens uit sy foute

kon leer nie. Dit is mos ’n faset van die mens se leer – jy leer uit jou foute. Met

die skepping het God nie geëksperimenteer nie. Hy het volkome wysheid en die

hele skepping, elke faset daarvan, het uit hierdie goddelike wysheid voort gekom.

Daarom was alles wat God geskep het goed (Gen. 1:31). Daar was nie ’n enkele

fout nie. Nêrens nie!

Vanweë die sondeval het die gebrokenheid in die skepping gekom. Gelukkig

het God in sy genade en liefde nie die skep ping weggegooi nie. God het belowe

dat alles herstel sal word en vir die mens het God die verlossing in Jesus Chris tus

bestem en die wedergeboorte deur die werking van die Heilige Gees (Joh. 3). SV

Redakteur

Dr Nico vd Merwe

e-pos: slingervel@telkomsa.net

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Basjan

Oom Carel

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 328 7180

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R168,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 53

Nommer 931, Maart 2012

ISSN 0037 685 X

slingervel maart 2012 5
Die MONSTER van

Kalabasfontein (9)

Die tornado is nou sekondes

ver van hulle

motor af. Die lug word

baie donkerder. Die motor beweeg

steeds met ’n vreeslike,

vinnige spoed vorentoe. Dan

skielik, links van hulle, sien hulle

nou net veld en nie meer die

wind nie. Almal swaai om en kyk

vinnig na agter toe. Net betyds

om te sien hoe die verskriklike,

breë wind al dwarrelend, met

’n groot gedruis, reg agter hulle

verby oor die pad verby

spoed. Ontsaglik vinnig op sy

ver nietigende pad vo ren toe.

Dadelik verminder hulle pa die

motor se spoed en hulle ry veilig

verder.

“Dit was nou ’n noue ontkoming,”

sê hulle pa en hy blaas

sy asem stadig uit. Hulle hoor

hoe hy met groot eerbied in sy

stem sê: “Elkeen van ons kan

maar net baie dankie sê dat

ons veilig bewaar is. Dit kon vir

ons vanmiddag rampspoedig

gewees het.”

Hulle stem saam, maar

sê niks en sit net doodstil. Te

verskrik en stom voor die almag

en krag van die Allerhoogste

wat hulle nou net met hulle eie

oë gesien het. Skielik begin daar

swaar drup pels een-een op die

vooruit val. Dit kom al vinniger,

totdat dit sous. Dit lyk behoorlik

of iemand emmers water teen

hulle motor vasgooi.

Dit reën verskriklik hard,

maar toe hulle by die plaashuis

stop, val daar nie meer ’n enkele

druppel nie en alles is doodstil.

Outomaties kyk almal in

die rig ting waar die wind suid

van die plaas verbygetrek het

en sien dit lyk vreemd en kaal

daar. Vroeër kon hulle nie van

hulle plaashuis af die huisies

daar teen die bult sien nie. Die

tornado het alles wat voor hom

in sy pad gekom het, die lug

in gewaai. Nou kan hulle die

huisies duidelik sien. Gelukkig

het die dakke nie afgewaai nie,

maar daar is groot, wit kolle op

die grond. Dit lyk of ’n groot

haelbui saam met die wind daar

was.

Later het hulle gehoor dat

die wind hoenders en ander

goed in die lug opgetrek het

so ver soos wat hy beweeg

het. Gelukkig het nie een mens

seergekry nie.

Die volgende Saterdagnag

raas die kiewietjies weer vreeslik.

Johan hoor hulle en dink,

dis miskien weer die luiperd

wat buite rondsluip. Sy ooglede

word swaar en hy raak aan die

slaap. Toe maak ’n geluid hom

wakker. Ja, daar is dit weer.

Ie mand klop dringend aan

die kamervenster waar sy ma

slaap. Hy voel benoud, want

sy pa werk nagdiens en hulle

is alleen by die huis. Hy hou sy

asem op en luister.

“Wie is daar?” vra sy ma.

“Dis ek, Jorsie.”

Oom Koot se seun, dink

Johan en hy is dadelik gerus.

“Jorsie. Wag net ’n oomblik,

ek wil my japon aantrek, dan

maak ek vir jou die deur oop.”

Kort daarna hoor Johan hoe

sy ma die deur oopmaak en vra:

“Wat’s fout?”

Jorsie antwoord: “Net hier

bo in die pad, naby julle hek,

het ’n bees skielik voor my

kar ingeloop en ek het hom

ge stamp. My kar is voor lelik

beskadig en ek kan nie tot by

ons plaas ry nie. Kan julle my

as se blief huis toe vat?”

“Ek is jammer, ek kan nie dade

lik help nie, hier is nie ’n kar

'n Ware verhaal vir laerskoolkinders deur Sophia van der Walt

6 slingervel maart 2012
nie. My man werk nagdiens,

so ons sal jou eers môre vroeg

kan help om huis toe te gaan.

Kom in, dan gaan maak ek vir

ons koffi e.” Sy ma klink asof sy

jammer is.

Sondagoggend vroeg ry

almal saam om vir Jorsie na sy

pa se plaas toe te vat.

“Hoe gaan dit met die varkie?”

vra oom Koot vir hulle

kin ders, nadat almal ’n rukkie

gesels het.

“Varkie?” vra hulle ma.

“Sokkies, die klein, pienk varkie,

is nou al ’n yslike vark en

baie stout. Moenie dink hy wil

in sy hok bly nie. O nee, hy wil

glad nie daar wees nie. Elke

keer wanneer ons hom daarin

jaag, wag hy net totdat ons van

die hok af weg is, dan spring

hy weer uit om in die tuin te

vroetel. Ongehoorsaam. Nes ’n

stout kind.”

Almal lag en ’n rukkie word

daar oor varke gesels, totdat

dit tyd word om Jorsie se stukkende

motor te gaan haal. Dis

waar, dink Johan toe hy later

in die dag weer vir Sokkies terug

jaag in sy hok. “Jy is net

soos ’n stout kind,” raas hy met

die vark. Niemand sal weet of

Sokkies verstaan wat Johan sê

nie. Hy loer net vir Johan en dit

lyk of sy varksnoet lag terwyl hy

kort, snork-varkgeluidjies die

lug instuur. ’n Rukkie later is hy

maar weer buite sy hok.

Een middag speel die kinders

soos gewoonlik weer buite.

Van middag speel Ricka

saam, maar sy is lui, sy wil nie

self loop nie. “Hanlie, stoot my

in die stootkarretjie asseblief?”

teem sy.

“Waar is die stootkarretjie?

Ek weet nie waar is hy nie,” sê

Hanlie.

“Ek sal hom gou gaan haal,”

sê Ricka en sy hardloop met

haar dun beentjies in die huis

in. ’n Baie klein rukkie daarna

kom sy met die stootkarretjie

uit en toe sy by die kinders

kom, klim sy in. “Nou kan julle

my stoot,” sê sy en wag dat dit

moet gebeur.

Hanlie is dadelik gereed en

begin om haar te stoot en Ricka

ry lekker. Saam loop die vier

nou oral rond. Eers weer by die

stoor in om molasse te eet. Dis

heerlik soet, net soos lekkers.

Hulle steek hulle hande in die

drom en lek dan hulle vingers

af. In die stoor is dit heerlik

koel, maar toe hulle weer buite

kom, bak die son warm op hulle

vier neer. Suiwer klavierklanke

kom na hulle toe aangesweef

en hulle weet dis hulle ma wat

besig is om in die huis klavier

te speel.

Die voëltjies is baie stil vanmiddag.

Hulle kroppies is seker

dik gevreet en nou sit hulle in

die koelte van die bome om ’n

middagslapie te vang. Veraf

bulk ’n bees en daar by die

werks mense se huise blaf ’n

hond aanhoudend. Alles is so

rustig.

”Ek wonder of daar nog pere

aan die peerbome is,” sê Johan.

“Kom ons gaan kyk.”

In die huis sit hulle ma voor

die klavier en konsentreer op

die bladmusiek voor haar. Dis

lekker om hier op die plaas

klavier te speel. Sy weet sy

sal niemand hinder nie. Dis nie

soos op die dorp, waar die bure

baie naby langs hulle gebly het

nie. Daar was sy altyd bang dat

sy hulle met haar klavierspel

sal hinder wanneer sy hard wil

speel.

Skielik hoor sy ander geluide

as die klanke van die klavier.

Sy spring op en luister. Duidelik

hoor sy hoe haar kinders

benoud gil en huil. Sy kan hoor

hulle is nie naby die huis nie.

Sonder om nog ’n oomblik te

aarsel, hardloop sy vinnig na

buite toe om hulle te gaan soek.

Sy hardloop in die rigting waar

sy hulle kan hoor huil. Dis verby

die stoor in die grondpaadjie af

na die peerbome toe.

Dan sien sy hoe die drie grote

res van voor af na haar toe

aan gehardloop kom. Hulle lyk

verskrik en kom vinnig nader,

maar Ricka is nie by hulle nie.

“Waar’s Ricka?” skree-vra

sy dringend.

“Hy’t vir ons gebrul!” skree

Johan hard.

“Hy is in die peerboom!”

skree Hanlie senuweeagtig.

“Ricka is nog daar!” skree

Neelsie met ’n angstige gesiggie.

Asof daar vlerke aan haar

voete is, hardloop hulle ma in

die rigting van die peerbome.

Sy hoor Ricka hard huil en dan

Word vervolg

is dit stil.

slingervel maart 2012 7
Jakob maak 'n pot lensiesop in Genesis 25:29

Kleur die prentjie in. MARINA

8 slingervel maart 2012
Die OOR in Afrikaanse idiome

Mens het nie ore gekry as versiersels aan jou kop nie. Die Here het die mens met ore geskape sodat hy in staat kan

'n wees om te hoor. Jy moet dus jou ore gebruik. Jou ore gebruik jy omtrent elke sekonde van jou lewe. Daarom is dit

nie snaaks dat daar in Afrikaans baie idiome is wat met die oor te doen het. Ons noem net 'n paar as voorbeeld:

Iemand ore aansit = Iemand verkul of iemand wen.

Die ene ore wees = Baie aandagtig luister.

Iemand se ore hang = Iemand voel mismoedig.

In/aan die oor knoop = Probeer om te onthou.

Iemand se ore tuit = Daar word van iemand geskinder.

Jou ore uitleen = Na allerhande praatjies luister.

Oor en oor = Herhaaldelik.

Oor en weer = Wedersyds.

Geen ore aan jou kop hê nie = Ongehoorsaam wees.

Maats, hoe dink julle wat is die betekenis van die volgende idiome?

1. Dis by die een oor in en by die ander oor uit.

2. Nog nie droog agter die ore nie.

3. Tot oor die ore verlief wees.

MARINA

Kleur die

boekmerkie

in.

Knip dit uit en

bêre dit in jou

Bybel.

(Bron: Idiome-woordeboek. 1988; Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Anton F. Prinsloo.2004)

“Naby jou is die woord,

in jou mond en in jou

hart ... en dit is wat ons

verkondig.”

- Romeine 10:8

Oom Carel

slingervel maart 2012 9
Bybelleesrooster vir April

Jy ontvang van jou geboorte af

tot in jou tienerjare God se genade

Sondag 1 April – Lees: Deuteronomium 6:4-12 (vs. 11)

God versorg ten volle uit sy Vaderlike genade.

Maandag 2 April – Lees: Eks. 32:1-3, 9-14, 30-31 (vs. 32)

God se Middelaar staan uit genade vir jou in.

Dinsdag 3 April – Lees: Esegiël 16:1-14 (vs. 5-6)

God gee lewe in jou sondige doodstoestand. Dit is genade!

Woensdag 4 April – Lees: Eksodus 6:1-8 (vs. 8)

Om begryp te word, is genade van God.

Donderdag 5 April – Lees: Deuteronomium 4:31-35 en 7:7-

11 (vs. 7)

Genade is dat jy ten spyte van jou sonde God kan dien.

Vrydag 6 April (Goeie Vrydag) – Lees: Markus 15:21-47

Ter wille van God se genade sterf Jesus aan die kruis.

Saterdag 7 April – Lees: Johannes 19:28-42

Na sy kruisdood word Christus begrawe as Verlosser.

Sondag 8 April (Opstandingsdag) – Lees: Johannes 20:1-

18

Christus oorwin die dood en staan op uit die graf.

Maandag 9 April – Lees: Genesis 12:1-6 (vs. 1)

Jou sondige verlede val weg uit God se genade.

Dinsdag 10 April – Lees: Genesis 22:1-19 (vs. 2)

Jy moet ten volle vertrou op God se reddende genade.

Woensdag 11 April – Lees: 1 Petrus 2:18-25 (vs. 21)

Genade is om in Christus se voetspore te trap.

Donderdag 12 April – Lees: Genesis 22:1-19 (vs. 1)

Genade vra van jou geloofsinspanning en -oefening.

Vrydag 13 April – Lees: Matteus 6:21-24 (vs. 24)

Dit is genade om te kan vergewe, want jy is uit genade

vergewe.

Saterdag 14 April – Lees: 1 Petrus 2:18-20 en 3:13-17 (vs.

19)

Genade is om onskuldig te kan swaarkry.

Sondag 15 April – Lees: Esegiël 18:1-9 (vs. 9)

Genade is om met toewyding aan God te lewe.

Maandag 16 April – Lees: Deuteronomium 24:10-15

Dr. Nico van der Merwe

God se genade laat jou met ’n goeie gemoed aan jou medemens

gee.

Dinsdag 17 April – Lees: Deuteronomium 14:22-29 (vs.

27)

Genade is om deur ’n spesiale bril te kan kyk.

Woensdag 18 April – Lees: Deuteronomium 20:19-20 en

22:6-7 (vs. 19)

Dit is genade om jou lewe nougeset op te pas en te koester.

Donderdag 19 April – Lees: Deuteronomium 16:18-20 (vs.

20)

Genade is om dinge reg te laat geskied.

Vrydag 20 April – Lees: Levitikus 19:9-10 (vs. 10)

Genade is om nie inhalig te wees nie.

Saterdag 21 April – Lees: Esegiël 18:4-9 (vs. 7)

Vanweë God se genade verdruk jy nie ander mense nie.

Sondag 22 April – Lees: Levitikus 19:15-16 (vs. 16)

Vanweë God se genade skinder jy nie van ander mense nie.

Maandag 23 April – Lees: Levitikus 19:17-18 (vs. 18)

Vanweë God se genade dra jy nie griewe teen ander mense

nie.

Dinsdag 24 April – Lees: Levitikus 19:35-37 (vs. 36)

Vanweë God se genade is jy nie oneerlik teenoor ander mense

nie.

Woensdag 25 April – Lees: Lukas 15:11-31 (vs. 20)

Vanweë God se genade kan jy geduld met ander mense hê.

Donderdag 26 April – Lees: 1 Korintiërs 13:4-7 (vs. 7)

Vanweë God se genade kan jy altyd die beste verwag.

Vrydag 27 April – Lees: Deuteronomium 10:10-22 (vs. 19)

Genade het ’n oorsaak wat in God geleë is.

Saterdag 28 April – Lees: Deuteronomium 26:1-12 (vs.

10)

Genade is om te kan dankie sê.

Sondag 29 April – Lees: Levitikus 19:1-19 (vs. 2)

Genade is om te wees soos God wil.

Maandag 30 April – Lees: Matteus 25:31-46 (vs. 32)

Genade is die fi nale toets om aan te voldoen.

10 slingervel maart 2012
Musiekraaisel

Gebruik die leidrade om al 11 sangers/sangeresse se name/vanne te ontrafel:

1. Sy sing die temalied van Titanic (naam).

2. Hy het ’n treffer gehad: “Lief vir alles hier” (van).

3. Phil Collins sing die temalied van dié fl iek (naam).

4. Die groep sing: “No Matter What” (naam).

5. Sy (naam) sing: “Stuur groete aan Mannetjies Roux.”

6. ’n Latynse sanger (naam) se treffer: “She’s all I ever had.”

7. Hulle sing “Tradegy” en doen uitgewerkte danse saam met die liedjie.

8. Hy (naam) en Olivia Newton John sing saam in die fl iek “Grease”.

9. Sy is 18 jaar oud en sing liedjies soos: “Crazy” en “One more time” (naam).

10. Hy (naam) speel in die rolprent “Wild Wild West” en sing ook die temalied

daarvan.

11. Sy (naam) sing “Simply the best.”

Stuur julle antwoorde aan: Musiekraaisel, Posbus 337, Klerksdorp 2570

Wiskundeboeke

Die een wiskundeboek sê vir die ander wiskundeboek: “Man, het ek baie probleme!”

Een muur aan die ander

Die een muur sê vir die ander muur: “Ek sien jou in die hoek!”

’n Regte egte opvoering

Seuntjie sê baie opgewonde vir sy ma: “Het Mammie gehoor van die opvoering wat

ons gaan hou? Ons gaan ’n regte gehoor hê en nie net pa’s en ma’s nie!”

Wat sê jou pa aan tafel?

’n Predikant kry die seuntjie aan’t speel op die grasperk voor hulle huis. Hy dink

ons pretblad

hy wil gou uitvind hoe dit in die huis

van hierdie gesin gaan. Hy vra die

seuntjie: “Ou seun, wat sê jou pa aan

tafel voordat julle eet?” Die seuntjie:

“Nee, hoe bedoel dominee nou? Hy sê

niks.” Predikant: “Maar sê jou pa dan

nooit iets voordat julle begin eet nie?”

Seuntjie: “O ja, dominee, hy sê: stadig

met die botter, geld groei nie op my rug

nie!”

Ek en Pa weet alles

Jannie: “Ek en my pa weet alles in die

wêreld!”

Pietie: “Nou maar goed, sê my waar

Zurich is?”

Jannie: “Dis een van die dinge wat my

pa weet.”

Ek is gewoond aan tieners

Die man kom by die bank om geld in te

betaal. Maar hy het nie ’n depositostrokie

ingevul nie en hy het ook nie die geld

mooi gesorteer nie. Die kassier raas

met hom en sê hy moet teruggaan en

alles regmaak soos dit hoort. Toe die

man uiteindelik weer by die kassier

kom, maak dié baie verskoning omdat

hy die man so gekritiseer het en met

hom geraas het. “Toemaar,” sê die man,

“ek is gewoond daaraan, drie van my

kinders is tieners.”

Beter as die onderwysers

Gert: “Kan jy enigiets doen wat jou

onderwysers nie kan doen nie?”

Jan: “Ja! Ek kan my eie handskrif lees!”

Sny ’n gat in die middel

Die seuntjie sê vir die haarkapper: “Ek

wil my hare gesny hê soos my pa s’n,

met ’n gat in die middel.”

Hoe oud is die vrou?

Die onderwyser: “Klas, kan julle vir my

sê hoe ou is ’n persoon wat in 1925

gebore is?”

Henk: “’n Vrou of ’n man, meneer?”

slingervel maart 2012 11
dr. nico van der merwe

25. Die wonderteken van die groot visvangs

Lees in jou Bybel Lukas 5:1-11

In Lukas 5:1-11 roep Jesus Christus vir Simon Petrus,

Johannes en Jakobus om sy dissipels te word. Voordat

hulle antwoord op Jesus se roeping, oortuig Jesus hulle met

’n wonderteken. Petrus en die ander vissers het die hele nag

hulle nette van die skuite af in die see gegooi, maar het niks

gevang nie. Jesus sê hulle moet weer in die see ingaan en

die nette uitgooi. Hulle vang toe soveel visse dat die net wou

skeur.

Deur die wonderteken van die visvangs wys Jesus Christus

vir almal dat Hy almagtig is en oor alles op die aarde

beskik. Soms kom ons in ons lewe ook te staan voor iets wat

vir ons te groot lyk.

As jy in alles op die Here vertrou, sal Hy vir jou die krag

gee om ook so ’n situasie tot sy eer te hanteer.

27. God kyk nie hoe jy uiterlik lyk nie!

Lees in jou Bybel 1 Samuel 16:1-13 (vs. 7)

As ’n kind is jy baie gesteld oor hoe jy lyk. Dink maar hoe

ongelukkig is jy as jy las het van puisies of jou hare is

nie netjies nie. Jy is ook baie fyngevoelig oor hoe jy lyk as jy

na ’n partytjie toe gaan of iewers saam met jou maats in ’n

restaurant iets gaan eet of drink. As daar leiers vir die skool

gekies moet word, kyk julle na die uiterlike beeld en optrede

van kinders. In jou beoordeling van ander mense, sê die

Here, moet dit net die teenoorgestelde wees. Die innerlike

mens is die regtige mens. Uiterlik kan jy mense nog ’n rat

voor die oë draai, maar nie wat jou innerlike betref nie (Spr.

31:30). As jou verhouding met God innerlik opreg is, sal jy

ook ’n opregte verhouding met ander mense hê.

Sorg dat dit in jou lewe innerlik goed gaan en moet nie

uiterlik ’n masker dra nie.

29. Sondae moet jy in die eredienste wees

Lees in jou Bybel Handelinge 2:43-47

Sondae is deel van die naweek. Heel dikwels word dit

ook beskou as ’n dag van ontspanning, speel en jolyt. ’n

Lekker dag vir branderplank ry of skaats, swem of piekniek,

draf en sport oefen, vleisbraai en uitkamp. Dit is so dat ons

God elke dag van die week moet dien. In sy wysheid het

God vir ons as mense gevra om een dag uit die sewe dae af

te sonder en meer aandag aan ons verhouding met Hom te

gee waarvoor ons nie in die week tyd het nie. Sondae is in die

eerste plek dag van eredienste, katkisasie en Bybelstudie.

Natuurlik kan jy op Sondae ook ontspan, maar die bywoning

van die eredienste en die katkisasie is die belangrikste.

Ons lees in Handelinge 2:46-47 dat die bekeerde mense

in Jerusalem selfs daagliks na die tempel gegaan het. Jy sal

jou prioriteite in hierdie opsig opnuut moet bepaal.

26. Lewe daagliks soos God dit wil!

Lees in jou Bybel Efesiërs 5:6-20 (vs. 17)

As gelowige kind van God weet jy dat God van jou verwag

om te lewe soos Hy wil. As jy wil lewe soos jý wil, dan

beteken dit dat jy so deur Satan oorheers word dat jy nie die

minste belang het om goed te lewe nie.

Wat sê die Bybel vir ons in hierdie opsig? As kind van God

moet jy versigtig wees hoe jy lewe (vs. 15-16). Dit is omdat

die sonde so ’n geweldige groot krag is. Dit is nie genoeg om

net te weet wat God van sy verloste kinders verwag nie. Dis

nie genoeg nie! Jy moet ook die goeie lewe waarvan jy weet,

elke dag uitleef. Op watter manier sal jy seker wees dat dit

wat jy doen volgens die Here se wil is? Deur gereeld jou

Bybel aandagtig te lees. Deur in die eredienste opmerksaam

na die preke te luister. En deur in die katkisasie aandagtig te

hoor wat God van jou vra.

28. Jou taal sê of jy God regtig liefhet

Lees in jou Bybel Efesiërs 5:1-5 (vs. 4)

Jy mag dalk dink dat die Here jou nie hoor as jy tussen jou

maats is en vuil grappe en praatjies met hulle maak nie.

Jy mag dalk dink dat die Here nie die vloekwoorde hoor wat

uit jou mond kom as jy kwaad is nie. Jy mag dalk dink dat die

Here nie jou lelike woorde hoor wat jy by die skool gebruik

sodat jou maats vir jou skaterlag nie. Hierdie oordenking is

nie net vir seuns nie, maar ook vir dogters.

God sê: “Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by

julle nie.” So ’n optrede pas nie by iemand wat sê dat hy in

God glo nie. Die waarheid is dat die mond oorloop waar die

hart van vol is. Jou liederlike praatjies, al die vloekwoorde

en die skurwe grappe wat jy vertel, wys hoe dit binne in jou

hart gaan. Wat pas by ’n gelowige? “Dank aan God” pas by

die gelowige, want Hy het jou van jou sonde verlos.

30. Vreugde, genot en plesier is kort van duur

Lees in jou Bybel Genesis 25:29-34

In die tyd van die Ou Testament is aan die oudste seun in

die gesin ’n groter deel van die pa se testament bemaak.

Hy kry meer as die ander seuns. Hy word ook hoof van die

familie. Dit was ’n baie belangrike en gewigtige reëling van

God. Esau het hom egter nie daaraan gesteur nie. Toe hy

moeg en honger van die jagtog af by die huis kom, is al

waaraan hy gedink het, sy honger en hoe lekker dit sal wees

om van die brood en lensiesop te eet wat Jakob voorberei

het. Toe verkoop hy sy eersgeboortereg aan Jakob in ruil vir

die sop. Vir ’n kort rukkie se plesier gee Esau sy hele eersgeboortereg

weg.

Elke gelowige het ook ’n gewigtige geskenk van God ontvang

– die verlossing van sondes. Wees waaksaam dat jy

nie vir ’n kort rukkie se wêreldse plesier dit verloor nie!

12 slingervel maart 2012
31. Gehoorsaam God se opdragte

Lees Josua 1:1-9 (vs. 9)

As God hier met Josua praat, staan die Israeliete op die

punt om Kanaän in te neem. Dit sal ’n gevaarlike situasie

wees, want die Israeliete sal eers die heidene wat in

Kanaän bly, moet oorwin. Daarom kom die Here spesiaal

na Josua toe om hom voor te berei vir die taak wat voorlê.

Josua moet nie bang wees nie, want die Here is by hom.

Beteken dit nou dat die Here by elke gelowige is en

dat niks met hom sal gebeur nie? Ons moet mooi lees

wat in Josua 1 staan. Josua moet ’n opdrag van die Here

gaan uitvoer. En as hy in die uitvoering van die opdrag gehoorsaam

is aan God, dan sal die Here hom beskerm. Jy

kan nie sommer jou lewe in gevaar wil stel en dan sê die

Here sal jou help nie. As jy gehoorsaam is aan God en daar

kom dán gevaar, dán sal die Here jou beskermer wees.

33. God is ’n voorbeeld om na te volg

Lees Efesiërs 5:1-7 (vs. 1)

God verwag van elke gelowige kind om hulle ouers te

ge hoorsaam. Ma en Pa is die leiers in die huisgesin

en die kinders moet hulle in gehoorsaamheid volg. Hiervan

maak Paulus ’n voorbeeld vir jou geloofslewe. Almal wat in

Jesus glo, is kinders van God die Vader. As jy gedoop is,

dan beteken dit dat God jou gemerk het as sy kind! Soldate

van God se leër moet Hom volg as die veldslag plaasvind.

Omdat God ons liefhet en aan ons die verlossing van sondes

gee deur Jesus Christus, daarom moet ons die pad stap wat

die Here vir ons wys. Dit is ’n pad waarop God nie alleen vir

ons die verlossing gee nie, maar dit is ook die pad waarop

die Here ons innerlik voed. Jy moet jou Bybel so lees dat jy

elke dag nuwe voorskrifte kry om reg te lewe en met dankbaarheid

op God se pad te stap.

35. God se Woord is jou lamp en jou lig

Lees Psalm 119:105-112 (vs. 105)

Jy wonder seker hoekom die dominee, die ouderling en

die katkisasieonderwyser telkens vir jou sê om gereeld

jou Bybel te lees. Hoekom is dit vir mense, groot en klein,

nodig om die eredienste en Bybelstudie by te woon? In die

eerste plek is dit omdat God dit van ons vra. Daarmee het

die Here ’n doel. As dit pikgietswart donker is in die nag, gebruik

ons lampe of fl itse om oor die weg te kom. Jy het iets

nodig wat lig gee as dit rondom jou donker is.

In ’n mens se geestelike lewe kan dit soms net so donker

word. Die sonde bring geestelike duisternis oor ons as mense.

Die Here het ons sy Bybel gegee dat ons in hierdie donkerte

kan sien wat om te doen. Die Bybel is die lig waarmee jy op

die donker pad van die sonde lig om te kan sien waarheen

moet jy gaan. Daarom moet jy die Bybel ken.

32. Die smal pad en die breë pad

Lees Matt eus 7:13-23 (vs. 14)

Ons as moderne mense is kenners van paaie. As daar

’n breë dubbelpad is met duidelik geverfde strepe en

tekens op, is dit ’n pad waarop ’n mens baie maklik ry. Maar

as ons die enkelpad kry, of dalk ’n baie nou grondpad, dan

gaan dit nie so maklik nie.

Dit is die beeld wat Jesus gebruik as Hy die pad na die

ewi ge lewe verduidelik. Dié pad is smal omdat jou volle gehoorsaamheid

aan God en sy wet gevra word. Die poort is

nou omdat net dié wat deur die geloof aan Jesus behoort,

daar kan ingaan. Dit is die enigste pad, sê Jesus. As iemand

vir jou die regte pad na ’n dorp of ’n huis wys, sal jy tog sekerlik

dié pad kies. Dit is wat Jesus vir jou sê.

Die enigste en die veiligste pad vir God se kinders is die

pad waarop jy in gehoorsaamheid aan God se wet stap.

34. Stry met alle mag teen die sonde

Lees Leviti kus 2:1-13 (vs. 13)

In die Bybelse tyd het die mense sout gebruik om te keer

dat kos bederf, want hulle het nie yskaste en vrieskaste

ge had soos ons nie. Ons weet ook dat die offers in die Ou

Tes tament ’n baie belangrike deel was van die mense se

godsdiens. Daar was verskillende soorte offers. Deur tot God

te offer het die Israeliete gesê dat hulle van God afhanklik

is en dat hulle deur Hom van hulle sonde verlos word. Die

graanoffer was ’n voorbeeld van die mens se lewe. Die sout

is ’n aanduiding dat hulle teen die bederf van die sonde moet

stry. Jou lewe volgens die wet van God moet ’n lewe wees

waarin jy die bederf keer.

Jy stry met alle mag teen die sonde. Dit is nie altyd so

maklik nie, maar dit is die opdrag wat jy van die Here ontvang

het. Hierin moet jy ook ’n voorbeeld vir jou maats wees.

36. Goeie werke adverteer nie!!

Lees Matt eus 6:1-4 (vs. 3 & 4)

In hierdie paar verse leer Christus ons dat jy nie moet

“brag” daarmee as jy goed doen aan iemand anders nie. In

daardie tyd was daar mense wat aan ander goed doen, maar

dan maak hulle seker dat ander mense hulle sien, sodat hulle

geprys kan word as goeie, mededeelsame mense. As jy God

waarlik liefhet en jou naaste soos jouself, doen jy graag iets

vir iemand wat in die nood verkeer. Maar jy mag dit nie met

skewe bedoelings doen nie. As jy ander mense help met die

doel dat hulle jou gaan prys en ’n ophef van jou gaan maak,

was dit nie in God se oë ’n liefdesdaad nie.

Hoe moet jy ’n maat wat arm is of ’n maat wat baie siek

is, hanteer? Jesus sê jou linkerhand moet nie weet wat jou

regterhand doen nie. As jy goeddoen, is jy besig met geheime

werk wat net God raaksien.

slingervel maart 2012 13
verjaardaghoekie

Die volgende Vellies verjaar gedurende MAART 2012. Baie geluk aan elkeen van

julle. Mag julle 'n mooi jaar beleef! Baie dankie aan al die gemeentes wat vir die eerste

keer hulle verbondsjeug ingeskryf het. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614,

Paardekraal 1752; of e-pos jonkerp@mweb.co.za

Groete, Tannie Riana

1

Ashley du Plessis (George),

Christi Storm (Bloemfontein-

Noord), Frikkie Aucamp (Kuruman), Heliané

Aucamp (Krugersdorp), Marizette

Allers (Messina-Tshikondeni), Marna

van der Schyff (Die Bult-Potch), Monré

Ja cobs (Die Bult-Potch).

2

Adriaan van Niekerk (Wolmaransstad),

Douwlené van der Walt

(Pot chefstroom-Oos), Fra Brummer

(Port Elizabeth), Gabriëlle Texeira (Heilbron),

Mia de Jager (Messina), Pieter

Grové (Duineveld).

3

Andrea Hamman (Lydenburg),

Cor lia van der Merwe (Barberton),

David van der Merwe (Magol), Eben

Steyn (Krugersdorp), Gerdo van der

Walt (Kuruman), Hannes van Eeden

(Lind ley), Lincke Doinet (Potchefstroom-

Oos), Lizel Booysen (Magol), Marica

van der Merwe (Magol), Ruané van Aswe

gen (Bloemfontein-Suid), Suné Rennie

(Krugersdorp), William Mathee (Die

Bult-Potch).

4

5

Christiaan Erasmus (Kathu),

Chris to Botes (Wonderboom-

Suid), Wian Jansen (Benoni).

Chanél Vorster (Bloemfontein-

Noord), Leanka Jansen van

Vuu ren (Wolmaransstad), Libbie-Anne

Muller (Heilbron), Marnus van der Walt

(Bloemfontein-Suid), Michelle Human

(Wol maransstad).

6

Coenie Labuschagne (Trinitas-

Vanderbijlpark), Coreen van

Jaars veld (Bloemfontein-Noord), Danielle

Terblanche (Potchefstroom-Oos),

Hein van Tonder (Benoni), Hendrik le

Roux (Waterkloofrand), Henlo Grové

(Dui neveld), Nelia Grobler (Magol).

7

Albert Victor (Kuruman), Andries Stefan Erasmus (Bloemfontein-Noord).

Buys (Trinitas-Vanderbijlpark),

Santi Badenhorst (Die Bult-

Gideon van der Merwe (Waterkloofrand), 15 Potch).

Hannes van Niekerk (Wolmaransstad),

Dane Botha (Bethal), Louis

Mike Henn (Heilbron). 16 Seegers (George), Marinel

AJ Lotter (Potchefstroom-Oos), van der Walt (Magol), Maristi Swanepoel

8 Juan Eduard Bisschoff (Ver- (Buffeldoorns), Mhyne van Wyk (Bethal),

ee ni ging-Oos), TC Pretorius (Wolma- Robin van Loggerenberg (Buffeldoorns).

ransstad).

Marijke Boonzaier (Ma gol),

Andries van der Heever (Boks-

9

17 Michelle Viljoen (Wol maburg-Suid),

Barend du Plessis rans stad), Werner Pieters (Trini tas-

(Magol), Bianke Pienaar (Vaalpark), Vanderbijlpark), Wilri Storm (Bloem-

Carla Lottering (Messina), Edward Lomfontein-Noord).bard (Alberton-Wes), Heini Ferreira (Lae-

Jackie Roets (Messina),

veld), Herman Steyn (Magol), Lianca 18 Ja na Alberts (Benoni), LP

Coet zee (Trinitas-Vanderbijlpark), Vlooi Steyn (Kathu), Pamela Geere (Trinitas-

Coetzee (Potchefstroom-Oos).

Vanderbijlpark), Sohanje Pretorius (Ma-

Cherelle de Klerk (Wolmagol), Sumané Janeke (Trinitas-Van-

10 rans stad), Duan Booysen derbijlpark).

(Ma gol), Luzel Jansen van Vuuren (Wol-

Werno van Niekerk (Boksmaransstad).

19 burg-Suid).

Christo du Plessis (Alberton-

Elardus Aucamp (Magol),

11 Wes), Cian Pile (Trinitas-Van- 20 Ger rit Coetzer Trinitas-Vanderbijlpark),

Elisma Jansen van Vuuder bijlpark), Hannetjie Flemming (Heilren

(Trinitas-Vanderbijlpark), Jan drian bron), Leenmarie van der Walt (Magol),

Bonthuys (Reitz), Nathan Katz (Benoni). Mari-Alet Smit (Agulhas).

Carina Badenhorst (Zee-

Juan Hoffmann (Wolmarans-

12 rust), Catie Hoogendyk 21 stad), Marnus Haasbroek

(Wa ter kloofrand), Emile Oosthuizen (Ver eeniging-Oos).

(Wa terkloofrand), Joubert Venter

Charné Scholtemeyer (Beno-

(Bloem fontein-Noord), Leona-Kumi 22 ni), Naomi Arlow (Stilbaai),

Bo tha (Port Elizabeth), Meinhardt Gel- Rianca Lotter (Potchefstroom-Oos).

denhuys (Krugersdorp).

Annimie Labuschagne (Tri-

Carmen Bronkhorst (Barber-

13

23 ni tas-Vanderbijlpark), Arton),

Dominic van Staden mand Meintjes (Messina), Elisma

(Ma gol), Hilde van Staden (Magol). Rie kert (Lydenburg), Hanre Smith (Wa-

Branden Clements (Krugersterkloofrand), Leonard Bridges (Magol),

14 dorp), Chandeline McIntyre Yselle Pieters (Potchefstroom-Oos).

(Wonderboom-Suid), Jana Claasen

Carin de Klerk (Wolmarans-

(Reitz), Jordan Milligan (Port Elizabeth),

stad), David Vos (Magol),

24

14 slingervel maart 2012
Divan Steyn (Kathu), Heinrich Bisschoff

(Vereeniging-Oos), Herman Viljoen

(Klein mond), JE Franck (Magol), Mia

Steyn (Buffeldoorns).

25

Bernice Janse van Rensburg

(Boksburg-Suid), Carl Potgie

ter (Krugersdorp), Clarise du Plessis

(Magol), Pieter van Rooy (Port

Eli za beth), Zida-Lee Venter (Trinitas-

Vanderbijlpark).

26

Ananke Meintjies (Bloemfontein-Suid),

Ansune Kruger

(Ku ruman), Ben Harmse (Magol), Cronjé

Lourens (Trinitas-Vanderbijlpark), Jaco

Viljoen (Wolmaransstad), Mika

Coet zee (Wonderboom-Suid), Naomi

Maartens (Bloemfontein-Suid), Nicolene

Louw (Benoni), Tharine Short (Wolmaransstad).

Anina Erasmus (Magol), Re-

27

28

nier Nienaber (Bethal).

Angelica Botes (Boksburg-

Suid), Bertus Beetge (Boksburg-Suid),

Brittaney Leë (Krugersdorp),

Charlotte van Dyk (Bethal), Jané

Shep pard (Trinitas-Vanderbijlpark),

Marli Greeff (Trinitas-Vanderbijlpark),

Rijk Venter (Kathu), Talita Robbertse

(Bloemfontein-Noord), Wiehan van der

Berg (Port Elizabeth), Yolandi van der

Heever (Boksburg-Suid).

blokkiesraaisel 434

Slingervel het van die volgende maats oplossings vir die

blokkiesraaisels gekry:

• No. 428 & 429 van maats wat nie hulle name by geskryf

het nie.

• No. 430 van Carin de Klerk van Leeudoringstad.

• No. 430 van Jo-Deé Marman van Elsiesrivier.

• No. 430, 431 & 432van die Bybelstudiegroepie van

Waterkloofrand.

Jo-Deé het namens hulle katkisasieklas geskryf:

Liewe Oom Nico

Ek skryf namens ons katkisasieklas van 2011. Dit is die Gereformeerde

Kerk Elsiesrivier.

My naam is Jo-Deé Marman. Ek is 14 jaar oud en in Graad 7. Ons

is 'n klein groepie, maar is bevoorreg om katkisasie te loop onder

leiding van br. Danie Marman, Caroline Daniels en Glenda Robinson.

Ons geniet die stories, blokraaisels en veral die pretblad in Slingervel

terdeë.

Oom gaan gou weer van my hoor.

Groete, Jo-Deé

Jo-Deé, baie dankie vir jou welkom briefi e namens julle klas.

Ons is bly dat julle die inhoud van die Slingervel geniet. Julle

moet tog nie ophou om deel te neem nie. Stuur asseblief 'n

volgende keer 'n foto saam van julle klompie. - Oom Nico

DWARS

1. Dié plek was vroeër bekend as Kirjat-Sefer (Rigt.

1:11).

3. Uit dié stad het Dawid 'n groot hoeveelheid brons

gebring (1 KRon. 18:8).

5. Die eerste een uit die Parosfamilie (Esra 10:25).

7. Die tweede seun van Jehallel (1 Kron. 4:16).

8. Elifas se tweede seun (Gen. 36:11).

10. Artemis word hier 'n groot ______ genoem (Hand.

19:27).

12. Tirhaka was koning van hierdie land (2 Kon. 19:9).

13. Joktan se sewende seun (Gen. 10:27).

29

Berli Venter (De Aar), Dian

Au camp (Potchefstroom-

Oos), Gerrit du Plooy (Heilbron), Inge

Hig gens (Brooklyn-Pretoria), Stefan

Strydom (Port Elizabeth).

30

Carien Erasmus (Bloemfontein-Noord),

Duvan le Roux

(Bethal), Hendri Rautenbach (Vaalpark),

Kraynu Kruger (Zeerust), Lea van Vollenstee

(Heilbron), Machiel van der

Walt (Krugersdorp), Raymond Kruger

(Boksburg-Suid).

31

Ben Snyman (Wonderboom-

Suid), Demmé Duvenhage

(Pot chefstroom-Oos), Marruschka Venter

(Kuruman).

TERSIA

Pos julle antwoorde aan:

Posbus 6433, Flamwood 2572

AF

1. Moses het gesê hierdie man is 'n jong leeu (Deut.

33:22).

2. Baesa het die bouwerk hier gestaak (1 Kon.

15:21).

4. Simeon is ook ______ genoem (Hand. 13:1).

5. Beria se oudste seun (1 Kron. 7:25).

6. Mefi boset se broer (sonder die i (2 Sam. 21:8).

7. Hy was 'n Ammoniet (2 Sam. 23:37).

9. Asarja se pa (2 Kron. 15:1).

11. Ruben was haar oudste seun (Gen. 29:32).

slingervel maart 2012 15
Oom Attie Venter

Ruimtepraatjies

NASA se Keppler-sending het bekendgemaak

dat hy sy eerste rotsagtige planeet buite ons

son nestelsel ontdek het. Julle weet seker teen

dié tyd al dat net Mercurius, Venus, Aarde en Mars

rotsagtige planete is. Die res (Jupiter, Saturnus, Uranus

en Neptunus) is gasplanete. Pluto word nie meer as ’n

planeet beskou nie.

Dié planeet wat Keppler B genoem word, is 1,4

maal so groot as die aarde en die kleinste wat buite

ons sonnestelsel ontdek is. Daarbenewens is die planeet

se son of ster – Keppler 10 – die eerste ster wat

geïdentifi seer is as ’n liggaam wat so ’n klein planeet

kan huisves. Keppler 10 B is 20 maal nader aan sy son

as wat Mercurius aan ons son is!

Nou kan julle self ’n idee vorm van hoe warm dit op

daardie planeet moet wees.

ROTS OF GAS

Hoe kan wetenskaplikes vasstel of so ’n planeet

rots agtig of gasagtig is? Of hoe groot hy is en hoe

vinnig hy om sy ster draai?

Om dit te waardeer, moet ons onthou dat die afstande

tussen die aarde en die naaste sterre ontsaglik ver is.

Jy kan netsowel probeer om met ’n verkyker vas te stel

of ’n brommer op ’n boomtak in jou naaste buurdorp ’n

mannetjie of ’n wyfi e is!

GROOTTE EN DIGTHEID

Hulle kan eerstens bepaal hoe groot die planeet is,

deur die effek wat dit op die ster se lig het, waar hy voor

verbybeweeg. Hoe groter die planeet is, hoe meer lig

sal dit wegsteek wanneer dit voor die ster verbygaan.

Die effek is natuurlik baie klein, maar deesdae se

teleskope tel dit op.

Tweedens wil ons weet wat die digtheid van die planeet

is. Ons weet dat ’n gasplaneet se digtheid laer

as dié van ’n rotsagtige planeet is. Dus wil ons graag

vasstel wat sy massa is, want dan kan sy digtheid bereken

word (digtheid = massa ÷ volume). Gelukkig is

die betrokke ster ’n taamlik helder een, dus kan hulle

dit goed genoeg bestudeer om sy massa te kry.

In hierdie geval wentel die planeet baie vinnig om

die ster. Deur die massa van die ster en die wentelperiode

(sy jaar is 84 dae lank!) kan die massa van

die planeet bepaal word, asook die volume en die digtheid.

Laasgenoemde is nogal hoog (8,88 g/cm 3 ) as

ons dit met dié van water vergelyk, wat natuurlik 1 g/

cm 3 is. Die planeet se digtheid is vergelykbaar met dié

van yster, dus kan dit nie ’n gasplaneet wees nie. Sy

deursnee is 4x en sy massa 4,6x dié van die aarde.

SUPERTELESKOOP

Om so ’n ontdekking op prys te stel, moet ons in

gedagte hou dat dit geweldige toewyding verg. In die

eerste plek het ’n mens ’n baie goeie ruimteteleskoop

nodig. Die een wat hier gebruik is, maak elke sekonde

’n ligmeting van 150 000 sterre waarna hy op een slag

kyk. Hy kyk met ander woorde na een spesifi eke veld

van die sterrehemel en dit is maar ’n klein stukkie. Dit

is al wat hy doen! Daardie data word dan na die aarde

gestuur. Die data wat in bogenoemde geval gebruik is,

is meer as ’n jaar terug verkry, maar dit neem geweldig

lank om dit te verwerk. Die rekenaars moet ook eers

geprogrammeer word om na hierdie ligmetings te kyk

en die reëlmatige verandering te verwerk.

Dit is interessant om te weet dat iemand wat

self ’n “planeetjagter” wil word, kan inskakel by die

sogenaamde “zoomiverse”-projek. Met hierdie projek

het hulle reeds 300 000 vrywilligers wat help kyk na

16 slingervel maart 2012
die data. ’n Rekenaar kan net soek waarvoor hy gesê

is om te soek, maar ’n mens se brein is baie goed om

patrone te herken. Jy kan in ’n oomblik patrone in die

data sien wat ’n rekenaar baie lank sal vat om waar te

neem, vandaar die behoefte aan “breinhulp”.

Hierdie planeet is so dig omdat hy so na aan die

son is, want al die ligte materiale soos gasse word deur

die ster se strale weggedryf (amper soos ’n komeet se

fyn deeltjies wat die stert van die komeet vorm). Dus:

geen atmosfeer of selfs vloeibare water, nog minder

waterdamp, bly agter nie.

SEISMIESE GOLWE

Omdat die betrokke ster so helder is, kan hulle die

variasies in die lig vasstel, nie net in helderheid nie,

maar ook in frekwensies. Dit hou verband met asteroseismologie

deurdat dit aantoon hoe seismiese golwe

deur die ster beweeg, amper soos die klankgolwe deur

’n groot klok wat lui. Ons weet dat wetenskaplikes op

die aarde ook seismiese golwe meet om só die binnekant

van die aarde te bestudeer.

Daar is dus nogal ’n hele klompie dinge wat gedoen

moet word voordat die legkaart inmekaar pas!

DOPPLER-EFFEK

Dis interessant dat jy bogenoemde data ook op

ander maniere kan bevestig deur hierdie waarnemings

op te volg met waarnemings van die “Doppler-effek”.

Het jy geweet?

Het jy geweet ... dat jou hart die sterkste spier in jou liggaam is?? Die feite

in verband met jou hart is:

Die planeet pluk die ster ’n bietjie rond en die frekwensie

van die liggolwe wat dit uitstuur, verander gevolglik van

rooi na blou en andersom. Hierdie twee verskillende

tegnieke bevestig mekaar.

Miskien is daar van julle jongerige outjies wat nog

nie weet wat die “Doppler-effek” is nie. Hier is ’n kort

ver duideliking: As ’n trein in jou rigting aankom terwyl

sy fl uitjie blaas, het die geluid natuurlik ’n sekere

toon hoogte vir jou. Die oomblik wanneer hy verby

jou beweeg, daal die toonhoogte. Die rede? Met

die naderkom word die luggolwe wat in jou rigting

beweeg, saamgepers sodat jou ore ’n betreklik hoë

geluid waarneem. Terwyl die trein wegbeweeg, word

die luggolwe uitgerek sodat jy die klank met ’n laer

toonhoogte waarneem.

Liggolwe is natuurlik van ’n heeltemal ander aard,

maar in hierdie geval is die beginsel dieselfde. As ’n

liggewende voorwerp, soos bogenoemde ster, in die

waarnemer se rigting beweeg, sal die liggolwe korter

as normaal wees, sodat dit effens blouer sal voorkom.

As die ligbron weg van jou beweeg, word die liggolwe

langer uitgerek, sodat dit effens rooier voorkom.

Hierdie verskynsel staan bekend as die “Dopplereffek”.

(Aangepas uit Sterre en planete, RSG) SV

Jou hart klop 100 800 keer per dag.

Elke dag sirkuleer jou hart genoeg bloed om 170 baddens vol te maak.

Teen die tyd dat jy 72 jaar oud is, sal jou hart meer as 2,5 miljard keer geklop het.

Jou hart is omtrent so groot soos ’n vuis.

(Uit: FASSINERENDE FEITE – Dawid van Lill, 2003)

slingervel maart 2012 17
Geel-bruin

Ons plaas hierdie maand ’n storie wat deur een van ons

eie maats, RINA DE KLERK van Leeudoringstad,

geskryf is. Lekker lees!

Die blou lug is wolkeloos en die son bak warm op die

nege tieners wat teen die heuwel uitklim. Hulle stap

al skertsende met die voetpaadjie aan. Voor loop die

leier, geel-bruin oë en bruin hare, Reinier van der Watt. Agter

hom loop ek, Emien Combrink. Blou oë en bruin hare.

Na ’n ent se stap roep ons eers halt en Reinier wys na ’n

trop rooibokke wat rustig loop en wei. Dan loop ons verder.

Skielik trek Reinier sy asem skerp in en tree agteruit, reg in

my vas.

“Reinier, wat is dit?” vra ek vies.

Hy praat nie, maar beduie net na die grond voor hom. Daar

lê ’n yslike swart slang. Ek beduie vir die ander om agtertoe

te beweeg. Eers toe ons op ’n veilige afstand is, sien ek dat

Reinier se gesig vertrek is van pyn. Nou besef ek dat die slang

hom moes gepik het. Tog het hy nie ’n woord gesê nie. Dan

sak hy inmekaar. Daar is gelukkig meer as genoeg seuns om

hom af te dra na waar die grootmense by die kampterrein is.

By die kampterrein beveel die oom dat die bakkie nader

gebring moet word. Ek klim op die bak en gaan sit langs

Reinier wat styf in komberse toegedraai is. Ek sien die oom

wil eers teëpraat, maar hy weet daar is nie nou tyd nie.

Ek gee ’n sug van verligting toe ons uiteindelik voor die

hospitaal stilhou. Daar is dadelik dokters en verpleegsters by.

Na ’n ruk sien die dokter my eers raak. Hy wil weet of ek

weet watter soort slang dit was, maar al wat ek kan sê, is dat

dit ’n groot, swart slang was. Ons wag sowat ’n uur voor die

verpleegster kom sê dat alles nou onder beheer is en ons kan

huis toe gaan.

Nie ek of die oom praat op pad terug na die kampterrein

nie. Toe ons stilhou, bedank hy my net dat ek saamgegaan het

en loop in die rigting van die kombuis waar ons kos voorberei

word. Ek loop tot by die groep kinders wat gretig lyk om te

hoor wat alles by die hospitaal gebeur het. Ek kon nie veel sê

nie, behalwe dat dit klink of Reinier se lewe buite gevaar is.

Die res van die week verloop stadig ... te stadig. Uiteindelik

is die twee weke-lange kamp verby. Ek is bly toe my pahulle

uit die wit Ford Ranger-bakkie klim en my glimlaggend

omhels. My ma kyk geskok na my oor die sitplek se leuning

toe ek hulle van Reinier vertel en sy begin dadelik om met my

pa te raas omdat hy my na so ’n gevaarlike plek toe gestuur

het. Ek begin dadelik vure doodslaan.

Dis al twee dae sedert my ouers my by die kamp kom haal

het en tog kan ek nie van Reinier vergeet nie. Ek het al ’n paar

keer gedink ek moet bel, maar ek het geen kontaknommer vir

hom nie.

Dis drie-uur die middag en ek is besig met my Engelse

huiswerk. Ek moet ’n opstel skryf. Dis ’n interessante

onderwerp: Die eerste keer toe ek die verhoog betree het. Ek

tree gereeld op, want mense vra my baie om viool te speel, al

speel ek nog net ’n jaar of twee viool. Hier op die platteland

waar ek bly, is daar nie baie vioolspelers nie.

Ek word uit my gedagtegang geruk deur die ge-tirr-tirr van

ons huistelefoon. Ek wag eers ’n rukkie om te hoor of iemand

nie antwoord nie. Ná die vyfde lui hardloop ek telefoon toe en

tel die gehoorbuis op.

Ek rammel gou die rympie “Goeiemiddag, dis Tiaan

Combrink se huis, kan ek help?” af, wat my ma my geleer het

toe ek vyf was. My pa is een van Molatek se agente en daar

bel baie van sy kliënte, maar hierdie keer is dit nie ’n kliënt

nie.

“Bly daar dalk ’n Emien Combrink daar?” vra die vrou

sonder om te groet, duidelik gespanne.

Ek aarsel ’n oomblik voor ek positief antwoord.

“Ag, dankie tog!” roep die vrou uit en dit klink asof sy baie

na aan trane is.

“Mevrou, is daar iets waarmee ek kan help?” vra ek ietwat

onseker.

“Ek is Anja van der Watt, Reinier van der Watt se ma,”

verduidelik die vrou nou kalmer.

“Reinier!” eggo ek agter haar aan. Hoekom sal sy my nou

bel, is Reinier dood? Nee, dan sou hulle my tog nie gebel

het nie, ek was maar net in die span waarvan hy leier was.

Ek was beslis nie sy gunsteling spanmaat nie. Dit was ’n

avontuurkamp en ek is ’n kunstenaar. Die twee moet eintlik

nooit bymekaarkom nie, maar in my het dit. Ek het nie

wonderlik gevaar nie, maar ek het dit gemaak.

Vir die tweede keer vandag ruk Anja van der Watt my uit

my gedagtegang. “Reinier is in ’n koma en hy praat soms van

’n Emien. Al die ander mense van wie hy praat, ken ek, net

nie die Emien nie. Soms klink dit of hy vir haar kwaad is en

ander kere asof hy haa vir iets bedank. Hoekom praat hy so,

Emien?” vra Anja nou baie meer rustig.

“Ek ken Reinier van die avontuurkamp af. Hy klink

kwaad omdat ek die span in die steek gelaat het toe ons die

hindernisbaan gedoen het. Hy wil vir my dankie sê omdat

ek saamgery het hospitaal toe.” Ek dink skielik daaraan dat

Reinier nooit verwytend teenoor my was nie.

“Emien, ek wil jou nou ’n groot ding vra. Is dit enigsins

moontlik dat jy hierheen kan kom?”

Sy vang my heeltemal onkant. “Ek weet nie ...” aarsel ek

voor sy my onderbreek.

“Asseblief, Emien. Die dokters is nie baie optimisties nie.

Jy is dalk ons laaste kans,” smeek sy.

“Ek sal met my ouers praat. Kan ek net asseblief ’n

kontaknommer kry?” belowe ek.

Sy rammel ’n nommer af en dan groet sy.

18 slingervel maart 2012
Na ’n rukkie loer my ma om my kamerdeur. “Hoe gaan dit

met die Engelse opstel?” vra sy glimlaggend.

“Ag, Ma, soos gewoonlik, ek vorder darem.”

“Wil jy koeldrank hê?”

Ek knik voor ek weer afkyk om my eindparagraaf klaar te

skryf.

Ek lees net vir die laaste keer die opstel deur toe my ma

by die deur inkom met ’n lang glas koeldrank.

“Ma, waar is Pa?” Ek het besluit ek wil die storie sodra

moontlik agter die rug kry.

“Hy is in die kombuis, besig om koffi e te drink en al die

beskuit op te eet,” sê my ma laggend, ons weet albei hoe lief

my pa vir boerebeskuit is.

“Mooi, want ek moet met julle praat.”

My ma kyk my nuuskierig aan, maar sy sê niks.

In die kombuis is my pa besig om sy tweede beskuit in sy

koffi e te doop. Hy kyk verbaas op. “Is jou huiswerk klaar?” vra

hy streng.

“Nie heeltemal nie, maar daar is iets belangriker waaroor

ek eers met Ma-hulle wil praat.” Ek bly eers ’n oomblik stil voor

ek verder praat. Toe ek vra of hulle van Reinier onthou, knik

albei instemmend.

“Hy is in ’n koma en praat blykbaar soms van my. Sy ma

het netnou gebel en sy wil hê ek moet hospitaal toe kom.” Ek

kyk na my pa, ek is nie seker wat hy gaan sê nie.

“Wel, as dit so ernstig is, kan ons seker ’n plan maak,”

antwoord my pa tot my verbasing, ek was seker dit sou baie

woorde gevat het om my pa te oortuig om te gaan.

Dan vra my ma Anja se nommer en verdwyn telefoon toe.

Die volgende dag is ons op pad Klerksdorp toe. Die pad

voel vir my vandag baie langer as ooit tevore. Uiteindelik draai

ons by die hospitaal se hoofi ngang in. My hart klop in my keel,

ek weet skielik nie meer of ek regtig vir Reinier wil sien nie.

Sê nou hy lyk soos in die fl ieks, vol pype en naalde? Ons loop

stilswyend deur die wit gange. Voor Reinier se saaldeur gaan

staan ons eers. Ek haal ’n keer diep asem en stoot dan die

deur oop.

Ek kyk reg in Anja se oë vas. Ek weet skielik waar Reinier

sy snaakse oë vandaan kry, maar verder is hy ’n jonger

weergawe van die man wat langs Anja staan. Ek neem aan dis

Reinier se pa. Dan kyk ek vir die eerste keer na die stil liggaam

tussen die wit lakens wat hom nog bleker laat voorkom as wat

hy regtig is. My ma stoot my vorentoe en ek loop tot langs die

bed en gaan sit op die hospitaalbankie langs die bed.

“Praat met hom, Elmien,” por Anja aan.

Ek lek ’n keer oor my droë lippe voor ek praat. “Hi, Reinier.

Dis ek, Emien.” Verder kom ek nie, wat op aarde moet ek nou

sê? Ek kyk hulpsoekend na my ma, maar dis my pa wat tot

my redding kom. Hy stel voor ek moet hom vertel hoe dit in die

skool gaan. Skoolwerk, wil die arme siel nou van skoolwerk

hoor in sy toestand, maar ek kan aan niks beter dink nie.

“Ag, met die skool gaan dit goed genoeg. Wiskunde is ’n

pyn, maar Wetenskap is nogal lekker. Ek is amper spyt ek

los dit volgende jaar ...” So praat ek seker ’n hele halfuur om.

Later kom sê my pa dis tyd om huis toe te gaan en my ma wil

nog by Pick ’n Pay aangaan, daar is glo ’n spesiale aanbod op

botter. Reinier se ouers stap saam tot in die ingangsportaal.

Dan draai Anja na my.

“Dankie, Emien, ons waardeer dat jy gekom het.”

Voor ek enigiets kan sê, praat my pa. “Dit was ’n plesier,

Anja,” sê hy terwyl hy sy hand bemoedigend ’n oomblik op

haar skouer laat rus.

So gaan dit omtrent twee weke aan. Ek sit nou al byna

die hele Saterdag hier by Reinier se bed. Sy ouers het net

gou gaan bad en skoon aantrek. My boek is besig om my te

verveel. Ek kyk op en laat my oë ’n oomblik op Reinier se stil

gesig rus. Ek wil net weer afkyk om verder te probeer lees, toe

ek ’n fl addering van ooglede opmerk, of het ek my verbeel?

Nee, ek het nie, daar is dit weer. Ek staan dadelik op en gryp

Reinier se hand in my twee hande vas.

“Reinier, kan jy my hoor? Reinier, maak oop jou oë, praat

as jy kan.” Maar dan los ek Reinier se hand asof dit my brand

en hardloop in die gang uit, op soek na ’n dokter. In die gang

loop ek teen ’n lang man vas. Al wat ek weet, is dat hy ’n

dokter is, want hy het ’n wit jas aan. Hy wil nog verduidelik dat

daar iewers vir hom ’n pasiënt wag, maar ek wil niks hoor nie.

Op die oomblik is Reinier besig om reg te kom en daar is niks

belangriker as dit nie.

Toe ons in die kamer kom, kyk ek reg in Reinier se geelbruin

oë vas. Nie dat Reinier se oë baie mooi was nie, maar

op hierdie stadium is daar vir my nie mooier oë op aarde nie,

want nou kan ons uiteindelik weer sy oë sien. Die dokter roep

dadelik verpleegsters en ek gaan staan buite om Reinier se

ouers te bel. Anja klink of sy enige oomblik in trane gaan

uitbars.

Na ’n week is Reinier weer heel gesond en die dokter het

belowe dat hy môre huis toe kan gaan. Die volgende dag

gaan ons vir oulaas vir Reinier in die hospitaal kuier. Ek stap

by die deur in net toe Reinier sy tas toeknip. Ons ouers gesels

in die parkeerarea.

“Hi, Emien,” groet Reinier vrolik.

“Hi, jy klink bly om huis toe te gaan,” groet ek laggend,

maar Reinier kyk my snaaks aan. Het hy nou die hartseer in

my stem gehoor of in my oë gelees? My ma sê altyd my oë

verklap al my geheime aan haar.

“Wat is fout?” vra Reinier en dit klink wraggies of hy wil

weet.

“Daar is niks fout nie.”

“Kom nou, Emien. Ek het jou in hierdie week darem leer

ken. En ek kon jou hoor praat, al was ek in ’n koma.”

“Ons gaan al weer trek. Twee keer in een jaar. En hierdie

keer heeltemal weg. Ons trek Kaap toe.” Ek voel die trane in

my keel brand.

“Gaan ek jou weer sien by die kamp voor die tyd?”

“Nee, ons trek aan die einde van die kwartaal.” Ek wil

sommer net daar op die vloer gaan sit.

“Wel, dan is dit seker die laaste keer wat ek jou sal sien.”

Daar is nie ’n greintjie emosie in Reinier se stem te bespeur

nie.

“Ag, moenie so pessimisties wees nie.” Ek glimlag, maar

dit help net mooi niks.

Ek staan nog daar met my gedagtes wat my hele kop vol

dwarrel toe Reinier my teen hom vasdruk en my vol op my

mond soen. Toe hy my los, sê ek niks, ek kyk vir die laaste

keer weer in sy geel-bruin oë vas en dan druk ek ’n papier met

my selfoonnommer in sy hand. As hy bel, dan bel hy. Ek draai

om en loop sonder om een keer terug te kyk vir die laaste keer

deur die lang, wit gange na die parkeerarea waar my ma-hulle

op my wag. Met ’n pak geel tjips en bruin koffi e.

Net soos Reinier se oë. Geel-bruin. SV

slingervel maart 2012 19
dr. nico van der merwe

33. Die bedrog ontdek en gestraf

Lees: Josua 9:16-27

Josua en die Israeliete het van die bedrog van die Gibeoniete

ver neem. Die volk is opstandig en wil die Gibeoniete aanval en

uit wis (vs. 18). Die leiers sê vir die volk dat hulle ’n verdrag met die

Gibeoniete gesluit het om hulle nie dood te maak nie. Die verdrag

moet nagekom word (vs. 19-20). Die Gibeoniete moet egter gestraf

word! Israel sal hulle nie doodmaak nie, maar die Gibeoniete sal van

daardie oomblik af Israel se slawe wees (vs. 23). As gelowige kind

van God moet jy weet dat jy nie bedrog onbepaald kan wegsteek

nie. Dit sál ontdek word. Bedrog is erger as jy God bedrieg. Vir jou

bedrog sal God jou tug. Die gelowige mens in Jesus Christus ontvang

van God genade in Christus, want by Hom is vergifnis omdat

Hy jou sondestraf gedra en jou sondeskuld betaal het.

35. Gevang in hulle eie strikke

Lees: Josua 10:15-27

Die vyf konings van die Amoriete (Adoni-Sedek, Hoham, Piram,

Jafi a en Debir) het na ’n grot by Makkeda gevlug en daarin

gaan wegkruip om weg te kom van die magte van Israel (vs. 16-17).

Hulle word deur die Israelitiese leër uitgesnuffel en doodgemaak.

Die skuilplek het hulle geen bedekking teen God gegee nie. Die

grot wat hulle lewe moes beskerm, word die plek waar hulle lewe

weg geneem word, want hulle was soos voëls in ’n wip in die grot

vasgekeer. Die gelowiges hoef nie bang te wees vir die vyande van

die siel nie. As jy getrou bly aan die Here sal jou sielsvyande hulle eie

graf grawe. Jy hoef dus nie in aardse skuilplekke te gaan wegkruip

om aan die sonde te ontkom nie. God is ’n toevlug in die nood, ’n rots

waaragter jy kan skuil.

37. Geen vrees vir die menigte nie

Lees: Josua 11:1-10

God se opdrag aan die volk was dat hulle Kanaän moet inneem

en hulle daar vestig. Hulle moet die heidene verdryf sodat hulle

as God se volk alleen daar kan bly. In dié proses het God hulle gehelp,

beskerm en met sukses laat optree. Is dit omdat Israel so ’n

won derlike volk was en die heidene nie? God sê dat dit uit genade

is en nie uit verdienste nie (vs. 6). Van Israel is ook getrouheid en

gehoorsaamheid gevra teenoor God. Niemand hoef bevrees te wees

vir die vyande van God en sy gelowige kinders nie, want God is daar

en Hy lei die lewensweg en lewenstryd van sy uitverkore kinders

(vs. 7). Dié wat hulle teen God verhard het en nie na sy bevel luister

nie, het nie God se beskerming geniet nie. Die sterkste magte kan jy

teenstaan en oorwin in die krag wat die Here jou gee.

39. Die vrystede

Lees: Josua 20:1-9

God het die vrystede ingestel ter wille van die waarde van ’n

mens se lewe. Dit is ook gebruik as ’n beskermmiddel vir die

mens se lewe. As ’n persoon per ongeluk ’n moord gepleeg het, kon

hy na die vrystede vlug en daar kwytskelding kry vir die daad. Verskillende

male is daar melding van die vrystede (Eks. 21:13; Num.

35:9-34; Deut. 19:1-13). Soms word aan Christus gedink as die Nuwe-Testamentiese

vervulling van die Ou-Testamentiese vrystede.

Die verlossing in Christus is egter oneindig ryker en voller as die

vei lig heid wat die vrystad kon bied. Nie net onskuldiges nie, maar

doem waardiges vind in Hom redding. Hulle word nie net van die

skuld van die sonde verlos nie, maar van die sonde self. Christus

gee ’n stroom van hoër en heiliger seëninge.

34. Getrou aan sy belofte

Lees: Josua 10:1-14

Die vyf konings van die Amoriete trek teen die Gibeoniete op. Hulle

is kwaad vir die Gibeoniete omdat hulle die verdrag met Israel

gesluit het. Die Gibeoniete het Josua toe daaraan herinner dat Israel

’n verdrag met hulle het om hulle te help in tye van gevaar. Josua

hou die volk aan die ooreenkoms met die Gibeoniete en verdryf die

vyand. Hulle seëvier omdat die Here met Josua was en hy getrou

gebly het aan die beloftes wat aan die Gibeoniete gemaak is.

So tree God ook met ons op as ons getrou bly aan Hom. Die gelo

wiges wat aan Jesus Christus vashou, sal nie nederlae teen Satan

en sy magte ly nie. So handel die Here ook met ons as ons getrou

bly aan ons beloftes aan God. Ons sal nie nederlae ly teen die Bose

nie, al kom hy met bose liste om ons te verlei.

36. Die Here is aan die kant van die getroues

Lees: Josua 10:28-43

Josua lei die Israeliete teen die heidense nasies in Kanaän soos

hulle in opdrag van die Here die land moet verower van Kades-

Barnea tot by Gasa en die hele land Goosen tot by Gibeon. Waarom

was die Israeliete so suksesvol en voorspoedig? Omdat die Here aan

hulle kant was. As die Here vír jou is, wie kan teen jou wees? (Rom.

8:31-39). Dit is God se belofte vir hulle wat Hom getrou dien en elke

dag volg. Hy sal dié wat aan Hom behoort nie verlaat of begewe nie.

In die moderne tyd is Satan en al sy afbrekende magte die vyande

van die Here. Satan probeer elke lewenskring en elke lewensterrein

inpalm. Daarteen moet die kinders van God optrek en oorlog maak.

In hierdie oorlog is God met elke kind wat getrou en gehoorsaam bly

by die opdragte van die Here.

38. Die oorwinning verseker as God gehoorsaam

word

Lees: Josua 11:11-23

Josua trek aan die spits van die volk as hulle optrek teen die

heidense nasies om hulle te verdryf en uit te roei sodat Israel

as God se uitverkore volk alleen in Kanaän kan bly. Onder leiding

van Josua was die volk gehoorsaam aan die bevele van die Here.

As ons verseker wil wees van ons stryd teen die Bose, moet ons

ge durig waak en bid, want dan sal die Here jou laat seëvier. Jy

moet daagliks die Here raadpleeg en dan sy bevel getrou en sekuur

uitvoer. Maar dan moet jy lewe soos God dit in sy Woord opgeskryf

het en jou beveel het. Dit wil nie sê dat God jou sal red, maak nie

saak wat jy doen nie. God is ’n God van orde en hy verwag dat die

gelowige sal lewe en optree soos wat die Here dit beplan het. Dan

word God se beskerming vir jou ’n werklikheid.

40. Die erfdeel van die Leviete

Lees: Josua 21:1-42

Die Levistam is afgesonder om priesters te wees (Num. 3; Eks.

32:25-29). Daarom kry hulle nie ’n stuk grond in Kanaän nie:

God was hulle erfdeel. Hulle kry 48 stede as woonplekke. Hier

moes hulle getuies van God wees en die oë van Israel omhoog,

he melwaarts rig. Die bestemming van die mens was nie net om in

die grond te krap nie, maar sy hoogste eer was om in gemeenskap

met God te lewe. Vandag moet die kinders van God steeds lewe

soos mense wie se erfdeel die Here is. Ongeloof kan nooit begryp

dat daar ’n lewe in God is nie, ’n ware lewe só vol genot dat van die

ander geluk afgesien word (Matt. 6:33; Luk. 12:31). Ons fout is dat

ons ons eie belange met dié van God se Koninkryk vermeng, terwyl

ons voorgee dat ons ten volle aan sy diens oorgegee is.

20 slingervel maart 2012
41. God se getrouheid

Lees: Josua 21:43-45

Nadat Kanaän verdeel is en elke stam sy grondgebied ontvang en

hulle daar gaan vestig het, het daar ’n tydjie van rus aangebreek.

Hulle kan ver terugdink tot by Abraham in wie se geskiedenis God se

besondere weg met Israel ’n begin gehad het. Daar kan gedink word

aan die pad waarlangs die Here sy volk gelei het. Daar kan tot die

gevolgtrekking gekom word dat daar nie ’n enkele belofte van God is

wat nie waar geword het nie (vs. 45). God het Hom teenoor sy volk

bewys as die groot Getroue (Deut. 7:9). Sy kant van die verbond het

die Here nagekom. Waar Israel misluk het, kan die fout in Israel se

eie ontrou en ongeloof gewyt word en nie aan God nie.

Die onwrikbare trouheid van God is die basis van die geloof. Wat

Hy van die mens verwag, is kinderlike vertroue.

43. ’n Misverstand

Lees: Josua 22:10-20

Die Ruben-, Gad- en halwe Manassestam het vir hulle ’n altaar

op gerig sonder om met die leiers te besin. Die res van Israel

het geoordeel dat die altaar in opposisie gestaan het teenoor die

sen trale heiligdom in Silo. Hulle wil met die swaard teen hulle broers

optrek. Gedagtig aan God se seëninge oor hulle, ontbrand daar

in hulle harte ’n ywer vir die diens van die Here. Dit was egter ’n

misverstand. Hulle was oorhaastig om kwaad van hulle broers te

dink. Gelukkig gaan hulle nie oorlog maak nie, maar hulle stuur ’n

afvaardiging om eers te onderhandel en agter die ware feite te kom.

Twee gesonde stelreëls vir Israel sou gewees het: Onthou julle aan

elke vorm van kwaad (1 Tess. 5:22) en: die liefde bedek alles (1 Kor.

13:7). Vergelyk ook Spreuke 10:12, 17:9 en Jakobus 5:20.

45. Die Here is met Juda

Lees: Rigters 1:9-19 Teks: Rigters 1:18

Juda het die opdrag wat God hom gegee het, uitgevoer en die een

volk na die ander in Kanaän verslaan. God was met Juda gewees

(vs. 18). Uit Juda het later die koningskap gekom, in die persoon van

Dawid en sy opvolgers. Nadat die ryk van Israel in twee dele geskeur

het (1 Kon. 12) was Juda die draer van die Godsboodskap. Juda het

ná die ballingskap na Palestina teruggekeer en uit hulle is Christus

gebore. Die stam van Juda het in die begin, toe dit ’n jong volk was,

met durf en gehoorsaamheid opgetree en hom, deur die genade van

God, bevestig tot ’n nasie vir die res van die geskiedenis van die

mens heid. Die hulp en bewaring van die Here het nie en sal ook nie

van Juda wyk nie. Wie in sy jeug aan God gehoorsaam is, sal in sy

latere lewe deur God gedra word.

47. Die vyande in eie midde

Lees: Rigters 2:1-9

Heel aan die begin van die inname van Kanaän was die volk al

traag en onwillig om die bevele van God te gehoorsaam. Israel

is as volk uitgekies om die pad van die Messias na Jerusalem en

Golgota gelyk te maak. Deur hulle ongehoorsaamheid het hulle

strui kel blokke vir hulleself geword. God laat hulle dade op hulleself

neerkom. As hulle die nasies volgens God se opdrag verslaan het,

dan het hulle die land as eie besitting gehad, maar toe het hulle

aartsvyande vir die res van hulle geskiedenis in hulle midde gebly.

Dit leer ons duidelik dat wie homself volgens die wil van God red,

deur God gered word; wie hom in Christus van sy sonde bevry, deur

Hom bevry word; en wie met sy talente werk, kry dubbele loon. Maar

wie niks wil doen nie, verloor eintlik alles.

42. Trou word beloon

Lees: Josua 22:1-9

Die Ruben-, Gad- en die halwe Manassestam het hulle erfdeel

aan die oostekant van die Jordaanrivier in besit neem. Hulle

het hulle volksgenote nie in die steek gelaat nie, maar hulle volle

ge wig in die stryd vir die inname van Kanaän ingooi. Josua gee aan

hulle twee brokstukkies raad: [1] Gaan deel die buit met julle broers

wat agtergebly het (vs. 8); en [2] verloor God nooit uit die oog nie (vs.

5). Daar, ver van die sentrale heiligdom, sou die versoeking om aan

God ontrou te word, sterk wees. Maar hulle moet onthou dat hulle

welvaart, hulle geluk, ja, hulle hele lewe van hulle getrouheid aan

die Here sou afhang.

In hoeverre is ons aan God getrou, ook waar ons soms is waar

niemand anders ons sien nie?

44. Jerusalem word verower

Lees: Rigters 1:1-8 Teks: Rigters 1:8

Ná Josua sit Juda die inname van die land voort (vs. 2). Heel

eerste neem hulle Jerusalem in (vs. 8), die tempelstad wat God

ver kies het (1 Kon. 11:13). Die tempel in Jerusalem wys na Christus

se koms. Hy is in Jerusalem gevang, veroordeel en gekruisig. Daarom

moes Jerusalem verower word, dat die Messias in die mid del

van die wêreld kon staan. Daar is die sentrale punt van die heilsgeskiedenis.

Elke oorwinning was ’n oorwinning vir ons en bind elke

gelowige aan die geskiedenis van die Rigters.

Dit is ook die belangrikheid van die boek Rigters as geskiedkundige

periode van die volk van God. Uit hierdie volksgeskiedenis leer ons

dat God sy kinders op ’n plek bring waar hulle self hulle heil en voorspoed

met sy hulp moet uitwerk (Fil. 2:12-13).

46. Die Here is met Juda

Lees: Rigters 1:30-36

Die heidene in Kanaän moes dwangarbeid vir die Israeliete

verrig. Húlle het die werk vir Israel gedoen. Die werksvermoë

van die heidene het al hoe beter geword en die werksvermoë van

die Israeliete al hoe swakker. Arbeidsvermoë is ’n belangrike bestaans

vermoë van ’n volk. Die verdrukte volk het daarin al hoe

ster ker geword en die heersende volk al hoe swakker. So het die

diens pligtige Kanaäniete ’n bedreiging vir Israel ingehou, soos ook

later in die geskiedenis gesien word. Hieruit leer ons ’n dure les.

Deur enige ding aan jouself diensbaar te maak of dit te gebruik,

stel ’n persoon jouself in moontlike gevaar. Paulus stel dit in hierdie

woorde. Daarom: wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val

nie (1 Kor. 10:12; 1:1-12).

48. Die Here voorsien

Lees: Rigters 2:10-16

God het Israel uitgekies om Kanaän in te neem en voor te berei

vir die koms van die Messias. Maar Israel verval deur die

heidene in afgodsaanbidding. Dit kan nie sonder gevolge bly nie.

God ontneem hulle die voorregte as Godsvolk.

Voorreg en verantwoordelikheid word nie van mekaar geskei

nie. Om sy heilsplan te verwerklik, het God sy volk deur beproewing

verplig om sy wil te doen. In plaas daarvan dat die volk van God deur

kinderlike diensplig die ryke loon van al God se beloftes geërf het,

was hulle gedwonge plig opgelê.

Hulle moes die heiligdom van Jerusalem oppas en in stand hou,

tot die koms van Christus en daarná is hulle verdryf en oor die hele

aarde verstrooi.

slingervel maart 2012 21
tannie susan

Wat kan ek lees?

Dirks, Cor. 2011. Die Uile en die rampokkers.

4e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 204 p.

Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-442-0. (Die

Uile-reeks, 2.)

Die vyf Uile, Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie,

is nou in graad 10 in Hoërskool Kranskop en hulle

sien baie daarna uit om die langnaweek in Mei saam

op Philip-hulle se plaas, Boskuil, deur te bring.

Hulle geliefde onderwyser, Meneer Scholtz, raak

een nag op geheimsinnige wyse weg. Al was daar ’n

lo giese verklaring vir sy afwesigheid, het die Uile swaar

daaraan gesluk en op hulle eie speurwerk begin doen.

So het hulle paaie met byna rampspoedige gevolge dié

van ’n bende gewetenlose rampokkers gekruis. Deur

vernuf en spangees het hulle die genadelose bende

probeer uitoorlê. Of en hoe hulle dit kon regkry, is ’n

ter gen de vraag wat lesers maar self moet uitvind.

Hierdie spannende jeugverhaal boei tot die einde.

Die taalgebruik is gemaklik en dis heerlik om nog ’n

avontuur met reeds-bekende karakters te kan meemaak.

Tienerlesers sal maklik met die karakters kan

identifi seer en gretig na die volgende boek in die reeks

uitsien.

Holmes, Andy. 2011. My prinsesbybel.

Illustrasies deur Sergey Eliseer. Vereeniging:

Christelike Uitgewersmaatskappy. 60 p. Prys:

R119,95. ISBN: 978-1-77000-997-4.

My prinsesbybel is spesiaal vir jong dogtertjies

geskryf. Dogtertjies wil graag prinsessies wees

en kan leer dat God die Koning is en hulle elkeen uniek

is en as God se kinders dus ’n ware prinses is.

In hierdie boekie word die verhale van 20 vroue

in die Bybel kursories vertel – vroue soos Sara, Rut,

Gulda, Maria, die vrou wat Jesus se voete gewas het

en Lidia om slegs enkeles te noem, kom aan die bod. In

elke verhaal word ’n karaktereienskap van die betrokke

vrou beklemtoon. Hierdeur word navolgenswaardige

deugde aan die lesertjies voorgehou wat elkeen as God

se prinsessie kan naleef. Kinders leer onder andere dat

’n prinses (en per implikasie dus ’n kind van die Here)

altyd die waarheid praat, beloftes hou, hulpvaardig is,

goed is vir ander mense, aan God gehoorsaam is en

Hom loof, vir ander mense bid, graag met God praat en

Hom net die beste van jouself gee en dat jy vir ander

mense moet wys hoe bly jy is om vir Jesus te ken.

Bo-aan elke verhaal word die betrokke Skrifverwysing

verskaf, sodat die betrokke Bybeldeel maklik opgesoek

kan word. Die stewige kartonboekie is mooi kleurvol en

met blinkers versier en sal ’n klein prinsessie se hart

steel en vinniger laat klop.

Damm, Antje. 2011. Karnallies. Vertaal deur

Daniel Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys:

R100,00. ISBN: 978-1-86919-483-3.

Karnallies vertel die verhaal van jong kinders dwars

oor die wêreld. Karnallies is stout, doen kattekwaad,

eet morsig, raas baie, terg die hond, speel en

baklei met mekaar, dink aan niemand anders as hulleself

nie – maar as daar moeiliheid is, staan boeties

en sussies bymekaar. Kinders is regte karnallies!

Hierdie kartonboekie met sy humoristiese prente sal

kleuters en peuters stomslaan met verbasing en laat

skaterlag oor al die manewales van die twee stouterts.

Ouers mag dalk ook ontdek dan hulle eie karnallies

dus eintlik heeltemal normaal is!

Rodriguez, Béatrice. 2011. Die hoenderdief.

Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00.

ISBN: 978-1-86919-407-9.

Die hoenderdief is ’n storie sonder woorde en is gerig

op jong kinders. Ouer kinders en volwassenes

sal hierdie prettige storietjie ook geniet. Beer, Haas,

Hoenderhaan en die henne met kuikens is een rustige

somersoggend besig met ontbyt toe Jakkals een van

die henne “steel” en weghardloop. Beer, Haas en Hoenderhaan

is baie ontsteld en sit die ontvoerder agterna.

Die detail en humor in die kleurtekening is kostelik.

Die hele reddingspoging word met baie detail uitge

beeld – hoe die vriende moeg word en mekaar

on der steun, hoe albei groepe die nag deurbring en

die volgende dag die agtervolging (en vlug) voortsit,

tot dat die eindbestemming bereik word – en wat ’n

verrassende einde het hierdie opwindende storie nie!

Hierdie boek leen hom uitstekend daarvoor om kinders

se taalvaardigheid en verbale vermoëns te help

ontwikkel asook om hulle verbeelding te stimuleer. Die

boek is werklik ’n klein juweeltjie!

Diedericks-Hugo, Carina. 2011. thomas@

rock-star.net. Pretoria: LAPA Uitgewers. 132

p. Prys: R80,00. ISBN: 978 0 7993 5080 7.

Thomas is baie ontsteld en voel gebelgd omdat sy

vrien de ’n rock-band begin het sonder om hom te

sê of te nooi om deel te neem. Hulle besluit om deel

te neem aan die rock-kompetisie wat by hulle skool

22 slingervel maart 2012
Wenners! W

In die Januarie-Slingervel was daar ’n kompetisie waarin twee

Vellies ’n boek en CD kon wen – Carike, Ghoempie en Ghoeghoe

kuier in Kinderland. Die volgende twee lesertjies het (hopelik

teen dié tyd) al hulle pryse ontvang:

Magda du Plooy van Vanderbijlpark (11 jaar)

Elzaan Hanson van Elsiesrivier, Kaapstad (8 jaar)

Baie geluk!

gehou gaan word. In sy slegte bui skop Thomas ’n leë

koeldrankblikkie – ongelukkig vas teen die skoolhoof,

mnr. Volschenk. Ou Oros-man het lankal sy mes in vir

Thomas en as straf moet hy die hele saalkompleks se

mure alleen verf.

Thomas voel werklik asof die lewe hom nou ’n paar

lelike houe toedien. Dit pla hom ook dat sy meisie,

Alex, en beste pêl, Hannes, deesdae baie danig met

mekaar is. Fleur Vermeulen, ’n TV-ster en ou bekende,

maak weer haar verskyning en ’n reeks gebeure gee

tot ’n misverstand aanleiding waarin Alex sowaar met

hom uitmaak. Hy is platgeslaan. Om alles te kroon, tart

een van die kapokhaantjies in sy standerd, Billy Fourie

met sy handlanger Piet Senekal, hom erg en maak die

lewe vir hom moeilik. Boonop neem hulle ook deel aan

die rock-kompetisie en sal selfs vuil speel om te wen.

Maar dan raak Billy die kluts heeltemal kwyt in sy haat

vir Thomas en mense wat vir Thomas belangrik is, se

lewe is in gevaar.

Thomas@rock-star.net is ’n spannende tienerverhaal

geskryf in die moderne tieneridioom. Allerlei opwin

dende moderne elektroniese middels word ingespan

om die boek nog meer opwindend te maak soos

QR-kodes wat lei na ’n foto, klankgreep en video, ’n

spesiale MXit-kanaal, ’n rekenaarspeletjie, Fangs, en

toegang tot die Radikale Rockfees se webblad waar

die leser sy eie musiek kan meng.

In die persperklaring word gesê dat die boek

“aan die leser ’n geïntegreerde leeservaring [bied]

met opwindende ekstras ... Die gedrukte boek lei die

leser na elektroniese platforms wat die storie en teks

ondersteun en die leeservaring verryk ... Die leser

het internettoegang deur middel van ’n rekenaar en

slimfoon nodig om die digitale ondervinding te beleef.”

Tieners kan volkome met die meeste van die karakters

identifi seer en sal die uitdaging om die elektroniese

ekstras te probeer met albei hande aangryp.

Voorwaar ’n “radikale boek wat rock”! SV

slingervel maart 2012 23
tellie skoop

Nuwe ruimtetuig op weg

na Mars

Ons het in die SLINGERVEL al ’n paar

maal oor die planeer Mars gesels. Die

planeet Mars is een van die agt planete

wat deel vorm van ons sonnestelsel. Dié planete

is: Mercurius, die planeet naaste aan die son. Dan

volg Venus, die Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus,

Uranus en Neptunus. Mars is dus die vierde

planeet van die son af in ons sonnestelsel en het

twee mane: Phobos en Deimos.

Mars is al ’n paar keer deur ruimtetuie van die

aarde af besoek:

In 1965 het Mariner 4 verby Mars beweeg en is

’n groot hoeveelheid inligting versamel.

In 1971 is Mariner 9 in ’n wentelbaan om Mars

geplaas.

In 1975 bereik Viking 1 Mars vir ondersoeke.

In 1976 het Viking 2 op Mars geland.

In 1977 het Voyager 1 foto’s van Mars geneem

in ’n verbyvlug.

In 2004 land twee ruimtetuie, Spirit en Opportunity,

kort na mekaar op Mars.

Onlangs is bekendgemaak dat die Amerikaanse

ruimteprogram op 4 Januarie 2012 ’n nuwe ruimtetuig,

Curiosity, na Mars gelanseer het. Daar word

beplan dat die ruimtetuig op 5 Augustus 2012 op

Mars sal land, na ’n reis van agt-en-’n-half maande,

en ondersoeke sal doen en weer na die aarde

sal terugkeer.

Curiosity is omtrent so groot soos ’n motorkar

en kan op Mars land en dan rondbeweeg om opna

mes te doen. Dit is die grootste en bes toegeruste

ruimtetuig wat nog na ’n ander planeet gestuur

is. Daar is tien wetenskaplike instrumente

op Curiosity om die nodige toetse en opnames te

doen. Daar is ook ’n “weerstasie” op die ruimtetuig

wat die temperatuur op Mars sal meet en ook gegewens

sal terugstuur aarde toe oor die wind en

die voggehalte van die atmosfeer.

Curiosity sal ’n minimum van twee jaar op Mars

rondbeweeg en toetse en opnames doen. Dit sal

ten minste ’n area van 20 kilometer om die Gale-

Krater dek.

(Bronne: Astronomy, April 2011, Atlas of the Universe, 1994,

NASA)

24 slingervel maart 2012