Borskanker - The Cancer Association of South Africa

Borskanker - The Cancer Association of South Africa Borskanker - The Cancer Association of South Africa

Klein of groot

Verlig die nood

Borskanker is die

mees algemene

kanker wat Suid-Afrikaanse

vroue affekteer

SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2004

Borskanker -

wat is die simptome?

Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter

word, kan die bors anders begin lyk of voel

Tipiese veranderinge sluit in:

• ’n Knop of verdikking in of naby die bors of in die armholte

• 'n Verandering in die vorm of grootte van die bors

• Kuiltjies of rimpels in die vel van die bors

• ’n Tepel wat na binne inkeer

• Abnormale afskeiding van die tepel

• Skubberigheid, rooi of geswolle vel op die bors, tepel of areola (die donker

deel rondom die tepel)

• Die vel van die bors lyk of voel soos lemoenskil

Vroeë opsporing van borskanker

Borskanker wat vroegtydig opgespoor word, kan

meer effektief behandel word met 'n groter kans

op herstel

Selfs al voel jy nou gesond, is jou kans om

borskanker te kry groter net omdat jy ‘n vrou is en

ouer word

Vroegtydige

opsporing van

borskanker kan jou

lewe red!

Gereelde

ondersoeke gee

gemoedsrus

Vroeë opsporing van borskanker

Bors-selfondersoeke (BSO) behoort

elke maand tydens ovulasie gedoen te

word (verkieslik op dieselfde tyd van

die dag)

Wees bewus van hoe jou borste

normaalweg lyk en voel – baie vroue

ondervind dat hul borste soms

knopperig voel wat normaal is

Bespreek enige veranderinge

wat jy opmerk met jou

gesondheidspraktisyn

‘n Bors-selfondersoek is

so maklik soos 1-2-3

1. Voor die spieël

Voor 'n spieëI, kyk vir enige veranderinge in

die normale voorkoms en hoe jou borste voel,

soos klein kuiltjies, verskil in grootte of

afskeiding van die tepel

Ondersoek op vier maniere: arms langs die

sye; arms bokant die kop; hande ferm op die

heupe geplaas en in ‘n vooroor gebukkende

posisie

‘n Bors-selfondersoek is

so maklik soos 1-2-3

2. Lê plat

Lê op jou rug met ‘n kussing onder jou

regterskouer en jou regterhand onder jou kop

Maak klein, ferm sirkelbewegings met die vier

vingers van jou linkerhand in 'n

op-en-af patroon oor die hele bors area, onder

die arms en op tot by die skouer

Herhaal met die regterhand op die linker bors

‘n Bors-selfondersoek is

so maklik soos 1-2-3

3. In die bad

Met jou regterarm gelig, ondersoek jou

regterbors met ‘n seperige linkerhand en plat

vingers. Gebruik dieselfde metode wat by

stap 2 (‘Lê plat’) beskryf word

Herhaal aan die ander kant

Vroeë opsporing van borskanker

‘n Kliniese Borsondersoek (KBO) is ‘n visuele en

tasbare ondersoek van die hele bors - vanaf die

sleutelbeen tot die bralyn en van die armholtes tot by

die borsbeen

As jou roetine mediese ondersoek nie 'n KBO deur 'n

mediese praktisyn insluit nie, vra daarvoor

Vroue 40 of ouer, of wat ander risikofaktore het,

behoort elke 2 - 3 jaar vir 'n mammogram verwys te

word

As jy ’n verandering

in jou borste of

armholtes opmerk,

vra jou mediese

praktisyn om ‘n

kliniese

borsondersoek

(KBO) te doen

Loop jy ‘n risiko vir borskanker?

Jy het ‘n groter kans om borskanker

te kry indien...

Jy ouer as 50 is

• Die kans om borskanker te kry verhoog namate jy ouer word

• Alhoewel die meeste vroue ouer as 50 is wanneer hulle gediagnoseer

word, word vroue in hulle twintigs en dertigs toenemend met

borskanker gediagnoseer

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jy 'n gesinslid met borskanker het

• Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry as jou ouma, ma, suster

of dogter bors- of ovariese kanker gehad het

• Jou risiko verhoog verder as hulle dit voor 50-jarige ouderdom gehad het

• Vra jou mediese praktisyn aangaande genetiese raadgewing

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jy 'n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor behandel is

• Vroue wat voor die ouderdom van 30 hoë dosisse chemoterapie, of

bestraling van die borskas (insluitende die borste) ontvang het, het ‘n groter

kans om borskanker te kry

• Studies dui daarop dat hoe jonger 'n vrou is wanneer sy hierdie behandeling

ondergaan, hoe groter is haar kanse om later borskanker te kry

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jou borsweefsel baie dig is

• Vroue wie se mammogramme toon dat hul borsweefsel digter is as

ander vroue van dieselfde ouderdom, het 'n groter kans om borskanker

te kry

• Ultraklank mag benodig word aangesien digte borsweefsel dit moeilik

maak om moontlike gewasse op te spoor

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jy nog nooit geboorte geskenk het nie,

of jy 35 of ouer was met jou eerste swangerskap

• Vroue wat nooit kinders gehad het nie het 'n groter kans om borskanker

te kry

• ‘n Moontlike verklaring hiervoor is dat swangerskappe die aantal

menstruele siklusse in ‘n vrou se lewe verminder

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jy tans geboortebeperkingspille

(mondelike voorbehoed-middels) reeds vir etlike jare gebruik – of

tot onlangs gebruik het

• Studies toon dat vroue wat mondelike voorbehoedmiddels gebruik

'n groter kans het om borskanker te kry as vroue wat dit nooit gebruik het

nie

• Die risiko verlaag as jy dit vir meer as 10 jaar ophou gebruik het

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoonvervangingsterapie

(HVT) gebruik (wat estrogeen en progestoroon bevat)

• Kombinasie HVT verhoog ook die kanse dat borskanker eers in ‘n gevorderde

stadium opgespoor word - moontlik omdat dit borsweefsel laat verdig wat

mammogramme minder effektief maak

• Hoër dosisse kombinasie HVT verhoog borskankerrisiko meer as laer dosis

kombinasie HVT

• Vroue wat kombinasie HVT gebruik se risiko vir borskanker verhoog aansienlik binne

die eerste 2 tot 3 jaar van gebruik

• Vroue wat kombinasie HVT vir minstens 5 jaar ophou gebruik het, se risiko vir

borskanker verlaag

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry

indien...

Jy meer as een standaard sopie alkohol per dag drink

• Alkohol verhoog beslis vroue se kanse om borskanker te kry

• Die risiko verhoog namate meer alkohol gebruik word

• Diegene wat meer as een standaard alkoholiese drankie (sopie) per dag

drink se risiko is bykans dubbel dié van vroue wat nie alkohol gebruik nie

• Oormatige gebruik van alkohol verhoog ook die risiko om mond-, keel-,

slukderm- en lewerkankers te ontwikkel

Onthou...

Die meeste

vroue met

verskeie

risikofaktore

het ontwikkel

nooit

borskanker nie

Alhoewel baie

skaars, kan

mans ook

borskanker

ontwikkel

Jy kan jou kanse om

borskanker te kry, verlaag

deur 'n gebalanseerde

lewenstyl te handhaaf en

deur omgewings-

karsinogene

(kankerveroorsakende

stowwe) te vermy

Vroue wat vir

minstens 18

maande

borsvoed, kan

hul (en hul

babas) se risiko

verder verlaag

Wees fisies

aktief, waak

teen oorgewig

en beperk jou

alkoholinname

Wat doen KANSA om te help?

Ons help deur seker te maak dat Suid-

Afrikaanse vroue toegang het tot Kliniese

Borsondersoeke (KBO) wat potensieel hul

lewens kan red

Ons Mobiele Gesondheidseenhede reis na

ver afgeleë plekke in Suid-Afrika om vroue

te bereik wat nie andersins toegang tot ‘n

KBO sou hê nie

Wat doen KANSA om te help?

Limfedeembehandeling

Limfkliere en –vate word dikwels

tydens kankerchirurgie verwyder

As die oorblywende limfvate nie

genoegsaam vloeistowwe kan

dreineer nie, bou daar 'n oormaat

vloeistof op en veroorsaak swelsel

of limfedeem

Radioterapie kan ook

limfklierskade veroorsaak

Wat doen KANSA om te help?

Verskeie KANSA Sorgsentra bied

limfedeembehandeling aan

Terapeute (wat spesiale opleiding in die

hantering van limfedeem ondergaan het),

Gebruik volledige Ledigingsterapie (VLT)

om hierdie simptome by kankerpasiënte

te verlig

VLT-behandeling sluit in limfdreinering per

hand, drukverbande, spesiale oefeninge

en vel- en naelversorging

Wat doen KANSA om te help?

Pruike

Kankerbehandeling lei dikwels tot

haarverlies. Vra jou haarkapper om jou pruik

(wat by ons Sorgsentra gehuur of gekoop kan

word) na jou behoefte te stileer

Borsprosteses

Borsprosteses word by ons Sorgsentra te

koop aangebied, waar personeel en

vrywilligers jou met kundige raad en advies

kan bedien – sommige Sorgsentra verkoop

ook onderklere wat saam met prosteses

gedra kan word

Wat doen KANSA om te help?

Die ‘Donna Glove’ is...

• Die eerste handskoen in die wêreld wat

borsknoppe kan help opspoor

• Klinies getoets om knoppies so klein soos

suikerkorrels op te spoor

• Veilig en effektief en het geen newe-effekte

nie – ideaal vir self-ondersoeke by die huis

• Het ‘n opsporingskoers van bykans 100%

• Een van KANSA se Seël van Erkenningprodukte

Wat doen KANSA om te help?

SureTouch

KANSA is ‘n pionier van die nuutste

tegnologie vir veilige borsondersoeke

Ondersoek en geverifieer deur KANSA,

word die SureTouch siftingstoestel na

stedelike, voorstedelike en landelike

gemeenskappe regoor die land

geneem, om sodoende maklike en

veilige borsondersoeke te beskikbaar

te stel

KANSA het die afgelope jaar...

• 17 238 vroue ondersoek vir borskanker

• ‘n Verdere 4 849 Kliniese Borsondersoeke

gefasiliteer in samewerking met die

Departement van Gesondheid

• Spesialisondersteuning aan sowat 47

limfedeempasiënte per maand gebied

KANSA het die afgelope jaar...

• Ondersteuning aan 10 451 individuele

kankerpasiënte verleen deur middel van

ons 174 ondersteuningsgroepe en met

behulp van ons 2 600 opgeleide sorg- en

ondersteuningsvrywilligers

• Ongeveer 6 400 pasiënte elke maand

besoek en ondersteun terwyl hulle

kankerbehandeling by onkologieklinieke

ontvang het

• 45 000 individue, wat deur kanker

geraak is, met berading ondersteun

terwyl 4 370 mense baat gevind het

deur mediese hulptoerusting wat aan

hulle geleen is

Kliniese borsondersoeke

word landswyd by KANSA

se Mobiele

Gesondheidseenhede of

Sorgsentra gedoen

Een van KANSA se Mobiele

Gesondheidseenhede skep bewustheid

en doen gratis siftingstoetse in die

gemeenskap

Een van KANSA se Mobiele

Gesondheidseenhede skep bewustheid

en doen gratis siftingstoetse

Wees deel van die stryd

teen borskanker...

Gaan gereeld vir

siftingstoetse

Maak ‘n donasie

Sluit aan as ‘n

lid

Word ‘n

vrywilliger

Om KANSA te help om ons kankersiftingsprogramme

uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking by

enige van ons meer as 50 KANSA Sorgsentrums

landswyd te maak

Kontak ons…

Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za

Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad:

CANSA: Fighting cancer in South Africa

Word ook deel van ons Twitter-blad:

@CANSA - http://twitter.com/cansa

Besoek ons webtuiste

www.cansa.org.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!