04.05.2013 Views

Die - CUM Books

Die - CUM Books

Die - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Arm harte

Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het,

want die koninkryk van die hemele is húlle deel (Matt. 5:3).

Min mense het wat dit verg. Twintig jaar gelede het ek

ge dink ek het. My lewe was byna perfek. ’n Gelukkige

hu welik met ’n suksesvolle dokter met vier wonderlike, gehoor

same kinders. Ek was betrokke by ’n bediening in ’n kerk

waar oor ek mal was en ek het baie goeie vriende gehad. Ek het

gedink God het ons geseën omdat ons alles reg gedoen het.

Maar toe begin “goed verkeerd gaan” soos God geleidelik my

wêreld begin afbreek het.

Eerstens het my man sy werk verloor. Hierna het ’n kerkskeuring

veroorsaak dat ons ons kerk moes verlaat en so het

ons baie goeie vriende verloor. Nie lank hierna nie, het my

man ’n middeljarekrisis begin deurgaan – die sportmotor wat

hy ge koop het, was net die eerste van baie tekens. Ek het heeltyd

gedink die krisisse sal verbygaan; dat alles net ’n toets van

my geloof is. Ek het gedink ek is sterk genoeg om die storm te

weerstaan.

Ek het probeer om soveel beheer moontlik te behou, maar

dinge was besig om hand uit te ruk. Ek het gewonder wat van

God se seën geword het en gehoop as ek genoeg geloof het dat

dit sal terugkeer.

En tog, na vyf jaar se stryd en vernedering, het my lewe

soos ek vir twintig jaar daaraan gewoond was, in duie gestort.

My omstandighede het my sonder hoop gelaat. My man het

my vir ’n ander vrou verlaat en besluit dat dit tyd geword het

dat ek ’n werk kry sodat ek kan help om die kinders te onderhou.

Ek het ’n laagbesoldigde werk gekry, maar was bang

dat dit net ’n kwessie van tyd was voor ek my huis, en miskien

ook my kinders, verloor. Ek was fi siek, emosioneel en geestelik

bankrot. Tog was dit net die begin van ware lewe, ware seën

en geloof.

Ek moes ophou trots wees en leer hoe om totaal afhanklik

van God te wees. Die moontlikheid om “’n toestand van uiterste

1 les

Barbara ...

... seën deur

geestelike armoede

Woordstudie

SALIG-

SPRE KINGE

Alhoewel die woord

“saligsprekinge” nêrens

in Matteus 5:3-10

gebruik word nie, is dit

die term wat gebruik om

die agt beloftes van seën

wat Jesus tydens die

Bergrede aan die skare

beloof het, te beskryf.

Die Handwoordeboek

van die Afrikaanse Taal

(HAT) defi nieer “salig”

om “in die hoogste mate

gelukkig; aangenaam,

heerlik” te wees. As

iemand salig gemaak is,

beleef hulle die hoogste

graad van geluk. Die

doel van hierdie studie is

dat elkeen van ons salig

gemaak word deur die

Heilige Gees toe te laat

om ons harte te vernuwe.

Les 1 – Arm harte 17

Arm harte

DAG EEN

Gelukkig is dié mense

wat weet hoe nodig

hulle God het, want

die koninkryk van

die hemele is húlle

deel. Gelukkig is die

treurendes, want God

sal self hulle trane

afvee. Gelukkig is dié

wat sag van hart is,

want die nuwe aarde

sal hulle erfporsie

wees. Gelukkig is dié

wat honger en dors

na wat voor God

reg is, want Hy sal

hulle hartsverlange

bevredig. Gelukkig

is dié wat met

ontferming uitreik

na mense in nood,

want God sal Hom

oor húlle ontferm.

Gelukkig is dié wie

se harte volkome op

God gerig is, want

18 Wees ’n nuutgemaakte vrou

seën” te ervaar, het nou bestaan omdat my omstandighede en

vermoëns nie meer die rede vir sekuriteit en vreugde was nie.

God het begin om aan my die betekenis van die saligsprekinge

uit te wys. Die eerste ding wat ek moes leer, was watter seën

daar in geestelike armoede lê.

God het my geestelike armoede aan my uitgewys sodat ek

nader aan Hom moes beweeg om ’n getransformeerde hart te

kan hê. Maar solank ek selftevrede gevoel het en geglo het my

lewe is geseën as gevolg van my eie goedheid, was ek gedoem

tot mislukking. Dit was eers toe ek my eie hopeloosheid en

hulpeloosheid besef het en met leë hande na Hom gedraai het

dat Hy die werk in my kon begin wat my hart en lewe vir altyd

verander het.

I n

Abraham – die

noodsaaklikheid van ’n

verbondsvennoot

die Ou Testament was God se eerste openbaring aan die

vader van die nasie van Israel ’n belofte van seën. Daarom

is dit nie ’n verrassing dat Jesus se eerste preek aan sy dissipels

in die Nuwe Testament agt beloftes van seën bevat nie. Dit is ’n

teken van God se voortdurende begeerte om sy mense te seën.

Sy verbondsliefde word geopenbaar deur die hele Skrif en

sy seën spruit uit daardie liefde. Vandag gaan ons kyk na die

manier waarop God met die vader van geloof omgegaan het

en hoe Hy in hom ’n hart van vertroue gevorm het deur sy

belofte van seën.

Lees Genesis 12:1-4. Hoe oud was Abram toe God sy eerste verbondsbelofte

aan hom gemaak het? Watter soort seëninge was

hierby ingesluit? Wat weet jy van verbonde?

In antieke Oosterse kulture het individue en gemeenskappe

ver bonde gebruik om hulself aan mekaar te verbind. Hier die

verbonde het altyd die versekering verskaf dat die ver bonds-

vennoot sal help in tye van nood. Vandag kan mense wat hul

geestelike armoede erken, kies om in soortgelyke verhoudings

te wees.

Vir hulpelose en behoeftige mense is dit wys om sekuriteit

te vind deur bindende ooreenkomste en dan staat te maak op

die hulp wat aangebied word. Hulle is baie meer geseën as dié

wat hardnekkig daarop aandring om hul probleme alleen aan

te pak. As ons dinge kortkom, moet ons aanklop by mense wat

ons kan help.

Die algemeenste voorbeeld van ’n moderne verbond is ’n

huwelik. Twee individue beloof om vir die res van hul lewe vir

mekaar daar te wees. Nog ’n voorbeeld van ’n hedendaagse

soort verbond is die gebruik onder inheemse Amerikaanse

stamme om ’n bloed-broederskap te sluit tydens ’n seremonie

waar bloed uitgeruil word.

Tog het die argetipe vir ’n verbondsverhouding bestaan

nog lank voor die mensdom eers aan die konsep gedink het.

Dit was gebaseer op die verhouding tussen die Drie-eenheid.

Die liefde, toewyding en die perfekte, harmonieuse interaksie

tussen die drie Persone van die Godheid openbaar die uiteindelike

patroon vir ’n verbondslewe hier op aarde.

Lees Genesis 12:10-20. Wat vertel hierdie storie ons oor die

graad van Abram se vertroue? Waarom dink jy was dit vir hom

so moeilik om God se belofte van seën te glo?

Die verhaal van Abraham openbaar die wonderbaarlike feit

dat God bereid is om ’n verbondsvennoot van die mens te

wees. Dit illustreer ook hoe ons begeerte om God se beloftes

te glo soms wankel. Abram het geglo dat hy homself moet

be skerm en nie op God se beloofde seën kan staatmaak nie.

(’n Soort gelyke insident is in Gen. 20 opgeteken.) Miskien het

hy in die ou gesegde geglo dat “God dié help wat hulself

help”. In teen stelling met die algemene mening is hierdie nie

’n Bybel se beginsel nie. En in die saligsprekinge leer Jesus

ons dat God dié help (en seën) wat weet dat hulle bankrot is

en ’n drin gende behoefte het om in ’n verbondsverhouding

met Christus te wees.

hulle sal vir God

sien. Gelukkig is die

vredemakers, want

God sal vir hulle sê:

“Julle is mý kinders.”

Gelukkig is dié wat

vervolg word ter wille

van wat voor God reg

is, want die koninkryk

van die hemele is

húlle deel.

MATTEUS 5:3-10

Woordstudie

ARM VAN

GEES

Die Griekse woord

wat in Matteus 5:3

(1953-vertaling) as

“arm van gees”

vertaal is, is ptochos,

wat haweloos,

armoedig en bankrot

beteken. Die Griekse

woord pneuma, wat in

sommige Afrikaanse

vertalings met die

woord “gees” vertaal

is, beteken die

element in ons wat

“voel”, waarmee ons

waarneem, oordink,

voel en begeer. 1 So,

om “arm van gees”

(soos dit in sekere

vertalings aangedui

word) te wees, is om

ons groot behoefte

aan vernuwing in

ons persepsies,

ons waarnemings,

ons gevoelens en

begeertes te besef.

Les 1 – Arm harte 19

Woordstudie

VERBOND

☐ Tussen nasies:

’n verdrag of

bondgenootskap

van vriendskap.

☐ Tussen individue:

’n eed en

ooreenkoms met

verpligtings.

☐ Tussen God

en die mens:

’n verhouding

verseël met rituele;

gepaardgaande

met tekens, offers,

en ’n plegtige

eed; verseël met

beloftes van seën

as die verbond

nagekom en

vervloeking as dit

verbreek word. 2

20 Wees ’n nuutgemaakte vrou

Lees Genesis 15. Waarom dink jy het God Abram gevra om die

bloed van diere te offer? Wat beteken dit dat God Abram se

geloof as geregtigheid beskou? Wat dink jy is die betekenis van

die feit dat Abram deur die verbondseremonie geslaap het?

Hierdie gedeelte is gevul met verbondskonsepte en -taal. Dié

wat ’n kennis daarvan het, sal baie parallelle opmerk met die

gebruike van daardie tyd in God se antwoord aan Abram in

vers 9. Toe Abram vir God vra: “Oppermagtige Here, hoe kan

ek verseker weet dat dit aan my sal behoort?” (v. 8), gee God

Abram die versekering dat hy in sy beloftes kan glo deur vleis

te sny en bloed te vergiet. God het ’n verbond gemaak volgens

die gewoontes van daardie tyd. Abram het hierdie ritueel

herken as ’n verbintenis wat in bloed verseël is dat God daar

sal wees vir Abram en dat Hy getrou aan sy beloftes sal bly.

Jare gelede het ek gehoor hoe Malcolm Smith vertel hoe beide

partye volgens die gebruik van daardie tyd tussen die geofferde

diere deur sou loop om so hul belofte van toewyding aan

mekaar te verseël. Die simboliek hiervan was dat indien ’n part y

die verbond sou verbreek, hy in die helfte gesny sou word soos

hierdie diere. 3 Die enigste ding wat Abram na die ver bond gebring

het, was sy geloof. Hy het in God se beloftes geglo.

Met ons is dit dieselfde. Ons word gered deur ons geloof.

Ons ontvang God se beloftes deur ons geloof. Ons is in ’n

verbond met God in die wete dat die bloed wat Jesus vir ons

gestort het voldoende is.

Lees Genesis 17:1-5. Lees ook hoofstuk 16 ter wille van konteks.

In hoofstuk 17 is daar ’n derde geleentheid waar God vir

Abram sê dat Hy ’n verbond met hom wil sluit. Waarom dink

jy moes God weer hierdie beloftes maak? Watter gebeure is in

hoof stuk 16 aangeteken? Waarom dink jy het Hy sy naam verander?

Die hele insident met Hagar illustreer hoe Abram God nog

steeds probeer help het om sy beloftes na te kom. Eintlik moes

God aanhou terugkeer om te sê: “Wag, laat Ek dit doen!” Maar

God het nooit moed opgegee met Abram nie. God gee nie

moed op met ons net omdat ons geloof swak is nie. Mettertyd,

en met groot geduld, laat Hy ons geloof groei.

Miskien wou Hy hul behoefte aan afhanklikheid beklemtoon

deur hul name (Abram en Sarai) te verander en ’n deel van

sy Naam (JehovAH) in hul name (AbrAHam en SarA[H]) te

sit. Naamsverandering was dikwels deel van ’n verbondseremonie

net soos bruide vandag hul vanne na dié van hul mans

verander as ’n teken van hul verbintenis, toewyding en afhank

likheid. God het belowe om op hierdie manier “in” hulle

te wees sodat hulle in staat sal wees om sy wil en plan vir hul

lewe uit te voer. 4

Lees Genesis 22:1-18. Hoeveel jaar het dit vir Abraham geneem

om God volkome te vertrou? (Kyk na Gen. 12:4; 16:16; 17:1;

21:34; 23:1 om ’n tydlyn op te stel.)

Wat in hoofstuk 22 plaasvind, is waarskynlik omtrent veertig

jaar nadat die aanvanklike verbondsbeloftes gemaak is. Abraham

moes soms tussen tien tot vyftien jaar se stilte tussen

open barings van God verduur. G’n wonder nie hy het soveel

twy fel gehad en was in soveel versoeking om te probeer help

dat hierdie beloftes wel vervul sou word. Maar hier sien ons

dat Abraham uiteindelik begryp het dat hy volkome op God

se seën kan vertrou selfs al het God hom gevra om die seun

van die belofte op te offer.

Lees Matteus 26:26-28; Romeine 8:32 en Hebreërs 2:14-16; 4:14-

16. Watter tipe hulp is vir verbondsvennote beskikbaar? Wat ter

prys is betaal om dit te koop?

Toe Christus die vloek vir ons aan die kruis gedra het, het Hy

die verbond nagekom wat God met Abraham ge maak het en

’n nuwe verbond gesluit met almal wat sal glo soos Abraham

geglo het. Elke Christen is deur Christus in ’n ve r bonds-

Ekstra myl

BLOED-

VERBOND

Lees Eksodus 3:2;

13:21; 19:18; 24:17

en Handelinge 2:3

om uit te vind wat

die vuur en die rook

heel waarskynlik

gesimboliseer het.

Deur sonder Abram

tussen die stukke

vleis deur te loop, het

God nie net belowe

om getrou te wees

aan die verbond

nie, maar ook sy

bereidheid openbaar

om die vloek op Hom

te neem as enige een

van hulle die verbond

sou breek. Clay

Trumball maak in sy

boek Blood Covenant

hierdie belangrike

waarneming: “Oor

die wêreld heen

was mans wat in

bloedvriendskappe

met mekaar verbind

was nie net gereed

– of veronderstel om

gereed te wees –

om hul lewens vir

mekaar te gee nie,

maar selfs dít wat vir

hulle kosbaarder was

as hul eie lewe ...

’n Oosterse pa heg

meer waarde aan sy

enigste seun se lewe

as aan sy eie. 5

Les 1 – Arm harte 21

Het jy geweet?

TESTAMENT

Die woord

“testament” is ’n

ander woord vir

verbond. In beide

die Ou en die Nuwe

Testament openbaar

God aan ons dat

Hy ’n God is wat sy

beloftes hou. Die Ou

Testament handel oor

die geskiedenis van

die verbond wat God

met die Israeliete

gemaak het. Die

Nuwe Testament

is die openbaring

van die verbond

wat Christus met

sy kerk aangegaan

het. In wese is

hierdie twee beloftes

eintlik dieselfde

verbond, want al die

bloed wat in die Ou

Testament gestort

is, wys heen en is

in vervulling gebring

deur die versoening

van Christus.

Beide verbonde is

gebaseer op God se

ongeloofl ike liefde vir

ons.

22 Wees ’n nuutgemaakte vrou

verhouding met God. Elke keer wanneer ons Nagmaal vier,

vier ons ’n verbondsmaaltyd. Christus het nie net die duiwel

ver slaan nie, maar Hy het ook die deur oopgemaak na die

hemel en verbonds hulp. Hy beloof om ons te help in tye van

gees telike nood. Ons moet net erken dat ons sonder Hom hulpeloos

is.

Die besef van ons geestelike bankrotskap is die eerste stap

na vryheid van ons geestelike bindings. Dit openbaar ons totale

onvermoë om vanuit onsself te verander. Net soos Abraham

en Sara niks kon doen om die beloftes van God te laat

gebeur nie, kan ons ook nie. Die beginpunt vir ons almal is by

die troon van genade. Al wat God in hierdie stadium van ons

verwag, is ons geloof in sy liefde vir ons.

Hoe gereed is jy om te erken dat jy hulp nodig het?

Sien jy jouself in ’n verbond met God?

Watter alternatiewe bronne van hulp of ontvlugting kies jy in plaas

daarvan om jou na die troon van genade te wend?

Hoe dikwels gaan jy na die troon van genade? Besef jy wanneer jy

nie vir genade bid nie, impliseer dit dat jy dink jy kan leef sonder God

se hulp?

Hoeveel dae/ure/minute het jy verlede week laat verbygaan sonder

om te bid?

Waarom dink jy nooi God ons om “sonder ophou” te bid? Wat het dit

te doen met ’n verbondsverhouding met God?

Gideon – die noodsaaklikheid

om te laat gaan

W at

ons gister bestudeer het, is alles goed en wel in teorie,

maar wanneer ons van aangesig tot aangesig met ons

alle daagse probleme kom, is dit moeilik om ons eie steunpi

lare te laat vaar. Vandag gaan ons kyk na die verhaal van

Gideon, en hopelik sal God ons die noodsaaklikheid wys om

’n paar valse afhanklikhede te verwyder. Soms moet God baie

snoei werk doen om ons te kry om ons bankrotskap te besef.

Tog kan sy doel om ons vertroue te bou en ons die koninkryk

te gee, beswaarlik op enige ander wyse bereik word.

Gideon was een van die rigters wat die Israeliete gelei het

nadat hulle die Beloofde Land ingeneem het en voordat daar

konings vir die Israeliete aangewys is. In Rigters 6:12 het die

engel van God hom ’n “dapper man” genoem selfs al het hy

in daardie stadium vir die Midianiete weggekruip. Hy was ’n

onwillige leier wat daarop aangedring het dat God sy roeping

bevestig deur ’n reeks wonderwerke te doen. (Daardie ge deelte

van die verhaal is in Rig. 6.)

Lees Rigters 7. Wat dink jy is die belangrikste punt van die verhaal

van Gideon? Waarom het God Gideon se troepe na slegs

driehonderd man verminder? (Sien Rig. 8:10 om uit te vind

hoeveel was in die vyand se kamp.) Hoe simboliseer hierdie

ver skil in getalle die nederigheid van gees? Hoe is hul oor winning

’n bewys van die koninkryk van die hemele?

Soms sal God beelde gebruik om verskillende geestelike realiteite

aan ons te verduidelik. In Efesiërs 6:12 sê Hy dat ons

vyande die “bose geeste” is. Om hierdie vreesaanjaende vyand

op enige manier uit ons eie krag te probeer oorwin, is dwaas

Arm harte

DAG TWEE

Les 1 – Arm harte 23

ABSOLUTE

AFHANK LIKHEID

Ons is volkome

afhanklik hier, en ek

verheug my in hierdie

absolute afhanklikheid ...

Dit is goed om swak te

wees in onsself, en nog

beter om niks te wees

nie: om net die pen in die

hand van die Gees van

God te wees; nie in staat

om ’n enkele letter op die

tafels van die menslike

hart te skryf nie, behalwe

wanneer die hand van die

Heilige Gees ons gebruik

vir hierdie doel. Dit is

wat ons is en ons moet

voortdurend roep na die

Gees van God om sy

lewe te stort in alles wat

ons doen en sê. 6

CHARLES HADDON

SPURGEON

24 Wees ’n nuutgemaakte vrou

en sal altyd in ’n nederlaag eindig. Soos Gideon moet ons God

toelaat om enigiets anders wat ons hoop kan gee behalwe God

uit ons lewe te verwyder.

Soos die mense van Israel bestaan die koninkryk van die

hemel uit dié wat uit die slawerny van die onderdrukkers

bevry is en wat volkome op die Koning van konings vertrou.

Wanneer ons Koning ons lei om van ’n valse afhanklikheid af

te sien, is dit dwaas om steeds daaraan vas te klou.

Lees Rigters 8:22-27. Gideon het in sy nederigheid geweier om

die koning te word en het geglo dat die Here oor die volk van

Israel moet heers. Watter groot fout het hy hierna begaan?

Gideon het geweet dat hy nie van die stoffasie gemaak is wat

nodig is om ’n koning te wees nie, maar het gehoop dat hy

’n mate van geestelike belangrikheid kan verkry deur die juwele

van die verslane Ismaeliete te gebruik om ’n efod in plaas

van ’n kroon te maak. Dit was deel van die gewyde drag van

’n Hebreeuse priester. Miskien was hierdie efod vir Gideon ’n

herinnering aan sy groot oorwinning (selfs al het die oor winning

aan God behoort). Die efod was vir hom ’n strik net soos

ons geestelike oorwinnings en bedieningspogings strikke vir

ons kan word wanneer ons op ons eie pogings fokus en van

God se genade vergeet.

Lees 2 Korintiërs 9:8-10. Watter geskenk gee die Here aan die

armes van hart? Wat moet ons met hierdie geskenk doen, en

watter soort oes kan ons verwag as ons dit doen?

My gunsteling defi nisie van genade is “die vermoë wat God

ons gee om Hom te gehoorsaam deur die krag van sy Gees”.

Wanneer genade oorvloedig aan ons gegee word, het ons alles

wat ons nodig het vir ’n oes van regverdigheid. Ons is die

arm boere, en sy genade is die saad wat ons saai. Ons kan

op God vertrou om ons te gee wat ons nodig het om die ver-

anderings te sien wat Hy in ons wil maak. Daar is niks in ons

persoonlike pakhuis van geregtigheid nie. Die goeie dade of

die verandering in houding wat ons wil sien, moet uit sy voorraad

genade kom. Ons is geestelik arm en hoe gouer ons dit

erken, hoe gouer kan ons geestelike groei en ’n ge seën de lewe

ervaar.

Lees Matteus 19:16-26. Hoekom sê Jesus dat dit moeilik is vir ’n

ryk man om in die koninkryk van God te kom? Waarom het die

ryk jong man weggegaan toe Jesus voorgestel het dat hy al sy

rykdom weggee?

Hoe meer afhanklik ons is van ander dinge, hoe minder is

ons afhanklik van God. Hierdie geld nie net vir ons stryd teen

spesifi eke sondes nie, maar ook in ons hoop vir die ewige lewe.

Op watter ekstra “manskappe” maak jy staat om die grootste

uitdagings van jou lewe te oorwin?

Hoe beïnvloed tydelike gemoedsveranderende medikasie en alkohol

(of enige gekose verslawing) jou ervaring van seën?

Hoekom is dit ’n gevaarlike manier om ’n verandering in jou gesindheid

te probeer bring?

Waarom is permanente verandering die enigste ware oorwinning?

Wie kan daardie verandering in jou bewerkstellig? Waarvan moet jy

Aan God kom

ons dank toe – Hy

wat aan ons die

oorwinning oor die

sonde en die dood

gee deur Jesus

Christus ons Here!

1 KORINTIËRS 15:57

Les 1 – Arm harte 25

Arm harte

DAG DRIE

WAT GOD AAN ONS

TOEGEKEN HET

Deurdat ons Hom

regtig ken, het sy

Goddelike krag ons

alles laat kry wat ons

nodig het om naby

aan Hom te lewe.

Hy het ons geroep

om sy heerlikheid

en goedheid te

ontvang! Deur hierdie

selfde krag het Hy

sy kosbaarste en

allergrootste beloftes

vir ons laat waar

word. Die gevolg

hiervan is dat julle

deel gekry het aan

sy Goddelike natuur.

Só het julle vrygekom

van die proses van

agteruitgang wat,

as gevolg van die

neigings van ons

menslike natuur, oral

alles en almal laat

sleg word.

2 PETRUS 1:3-4

26 Wees ’n nuutgemaakte vrou

afsien om Hom toe te laat om in jou te werk?

PETRUS – DIE

NOODSAAKLIKHEID

OM VAN TROTS AF TE SIEN

Simon was een van Jesus se eerste dissipels. Die Here het

hom Petrus genoem toe hulle die eerste keer ontmoet het.

Petrus was saam met Jesus deur sy bediening en was deel van

Jesus se nabye vriendekring. Na Jesus se dood en op standing

het Petrus die leier van die vroeë kerk geword.

Omtrent almal hou van die apostel Petrus. Hy verpersoonlik

ons geneigdheid tot voortvarendheid, en ons kan met sy

tekortko min gs identifi seer omdat dit so deel is van die menslike

natuur. Ons sien onsself dikwels in sy mislukte, dikwels

oordrewe, pogings om “die geloof te behou”.

Vandag gaan ons kyk na ’n paar insidente wat in sy lewe

voorgekom het en dan lees wat hy kort voor sy dood geskryf

het. Uiteindelik het hy geleer wat ek hoop ons almal hopelik

uit hierdie les sal leer.

Lees Matteus 4:18-20; 14:26-32; 16:21-23. Hoe sal jy Petrus beskryf?

Waarop dink jy het hy, benewens Christus, vertrou?

Die feit dat Petrus nie gehuiwer het om sy visvangbesig heid en

bron van fi nansiële ondersteuning agter te laat nie, dui daarop

dat hy nie sekere algemene afhanklikheidskwessies gehad het

nie. Tog het sy onafhanklike gees, wat staatgemaak het op sy

eie krag en idees, hom dikwels in die moeilikheid laat be land.

Hoe veel van ons sukkel nie met dieselfde geneigdheid nie?

Ons kul tuur moedig sulke selfvertroue aan. Van ons vroeë kinder

tyd word ons geleer om onafhanklik en trots te wees. Baie

mense dink om liefdadigheid te aanvaar, is vernederend en

enede hulle. Dit is vir ons trots ’n soortgely ke uitda ging om

God se genade te aanvaar. Ons sal dit eerder self doen met ’n

bietjie hulp as om te erken dat ons arm is en geen sins in staat

is om verandering in ons eie harte te bring nie.

Lees Matteus 26:33, 51-53, 69-75. Wat wys Petrus se verkla ring

in vers 33 en sy optrede in vers 52 oor sy trots? Waarom dink jy

was hy so seker van homself?

Petrus het homself nie so goed geken soos Christus hom geken

het nie. Ons oorskat onsself dikwels. Soms neem dit ’n paar

mis lukkings om ons ons ware aard en behoefte aan Christus

te wys.

Lees 2 Petrus 1:1-11. Waar kom geloof volgens die eerste vers

vandaan? Wat gee God aan ons volgens vers 3-7?

In vers 9 noem Petrus sommige mense blind en kortsigtig. Wat sien

hulle nie? Hoe word die toegang na die koninkryk aan ons gegee (v.

11)?

Party mense maak die fout deur vers 5-7 uit konteks te neem

en te dink dat Petrus vir ons sê om deur harde werk hierdie

gedrag by ons lewens toe te voeg deur ons eie toedoen. Die

oorspronklike Grieks beteken letterlik “om die geloof ín te

bring”. Dit is al wat ons kan doen, geloof inbring, want self is

ons geestelik bankrot en kan ons niks uit ons eie krag doen nie.

Petrus het die siklus voltooi. Aan die begin het hy gedink

hy kan die wêreld oorwin met ’n bietjie hulp van Jesus. Nou

sien hy alles gaan eintlik oor Jesus, en hy is maar net die arm

ontvanger van waardevolle en manjifi eke geskenke van God.

God kry al die lof, want van die begin tot die einde is dit sy

Woordstudie

LAAT KRY

Die Griekse woord

doreomai word net

drie keer (1 Petrus

2:3, 4 en Markus

15:45) in die Nuwe

Testament gebruik.

As jy iemand iets

laat kry, gee jy dit

met ’n spesifi eke

doel. Die persoon

wat dit ontvang,

moet dit gebruik

vir die spesifi eke

doel waarvoor dit

toegeken is.

Les 1 – Arm harte 27

28 Wees ’n nuutgemaakte vrou

werk en sy voorsiening. Die koninkryk van die hemel is ’n gawe.

Dié wat hul armoede besef, is gereed om hierdie ge skenk

te ontvang. Dit is waarom hulle geseën is.

Het jy al op ’n punt gekom waar jy nie net jou nood besef nie,

maar waar jy ook gewillig is om hulp te aanvaar?

Ondersteuningsgroepe en vriende kan baie aanmoediging verskaf,

maar hoekom is dit nie genoeg om langdurige innerlike verandering

teweeg te bring nie?

Waarom is goddelike hulp ons enigste ware hoop?

Sou jy eerder wou hê dat die toegang na die ewige lewe in oor vloed

aan jou voorsien word of sou jy verkies om dit met harde werk te

verdien? Waarom?

Watter soort verligting vind jy in die idee dat jy nie enige van hierdie

dinge self hoef te bereik nie?

Pas enige van die veranderings wat jy graag in jou lewe sou wou

sien gebeur in die kategorieë wat in 2 Petrus 1 genoem word? Indien

wel, watter?

Paulus – die noodsaaklikheid

om van werke af te sien

Die meeste van ons vind dit baie moeilik om materialistiese

of geestelike armoede te aanvaar. Trouens, Jesus sê in

Matteus 19 dat dit makliker sou wees vir ’n kameel om deur

die oog van ’n naald te kom as vir ’n ryk man om die koninkryk

van God te betree.

Saulus, Paulus se naam voor God dit verander het, was ’n

ryk man, soos die ryk jong man waarvan Jesus vertel het, maar

sy “rykdom” was geestelik. Sy kennis van die Joodse teologie

en sy ywer om die Joodse tradisie en geloof te verdedig, het

hom laat dink dat hy “ryk van gees” was.

Terwyl jy Paulus se bekende verhaal lees, dink na oor wat in

sy lewe moes gebeur het om hom van die “rykdom” te stroop

waarop hy vertrou het om vir hom lewe te bring.

Lees Filippense 3:4-6 en Handelinge 9:1-4. Wat beteken dit om

“op menslike dinge te vertou”? Maak ’n lys van al die menslike

dinge waarop Saulus ver trou het voor hy Christus ontmoet het.

Watter soortgelyke dinge het jou laat dink dat jy in staat sal

wees om God te beïndruk met jou vermoë om die konink ryk te

verdien? Miskien sal jy nie so ver gaan nie, maar is daar da de

in jou lewe of persoonlikheidseienskappe wat jy hoop jou in

staat kan stel om die nodige veranderings in jou lewe te maak?

Lees Filippense 3:3, 7-9 en Handelinge 9:5-19. Maak ’n lys van al

die dinge wat God gedoen het om Saulus te oortuig dat hy arm

Arm harte

DAG VIER

Les 1 – Arm harte 29

30 Wees ’n nuutgemaakte vrou

en behoeftig was. Wat dink jy het die Here bedoel toe Hy gesê

het: “Ek sal hom wys hoeveel hy moet ly”? Wat was Saulus/

Paulus se gevolgtrekking: hoeveel waarde het sy eie vermoëns?

Nie al die dinge wat God in Paulus se lewe gedoen het, word

in hierdie twee gedeeltes genoem nie. Nie net was hy blind en

moes een van die mans wat hy in die tronk wou stop, vir hom

bid nie, maar hy is ook gevange geneem, geslaan, gestenig en

vervolg (2 Kor. 11:24-27). Hierdie ervarings en lyding het alles

deel gevorm van die proses om “alle ander dinge as ’n verlies

te beskou”. Party van die probleme wat jy op die oomblik

trotseer, kan op hierdie manier beskryf word. God bring soms

hierdie dinge oor jou pad sodat jy kan besef dat die dinge waarop

jy staatmaak, nie vergelyk kan word met ’n verhouding met

die Here nie.

Lees Filippense 3:10-11 in die 1983-vertaling. Watter drie dinge

wil Paulus graag ken (v. 10)? Hoe sal hierdie kennis ons gelyk

maak met Christus se dood? Wat dink jy be teken dit? Wat dink

jy bedoel Paulus deur sy begeerte om “deel te hê aan die opstanding

uit die dood”?

Daar is fases in ’n verhouding met Christus. Dit begin met ’n

wittebroodsperiode wanneer ons die eerste vreugdes van intimiteit

met Hom ervaar. Dan is daar groei in die kennis van

die krag van sy Gees wat in en deur ons werk. Maar dikwels is

dit in die volgende fase, van omgaan met sy lyding, waar ons

kennis van Hom nog dieper word. Al hierdie groei, is wat ons

by ’n plek bring van ooreenstemming met sy dood, of na ’n

plek waar ons aan onsself sterf, en begin leef saam met Hom.

Soos Paulus in Galasiërs 2:20 skryf, is ons saam met Christus

gekruisig sodat Christus kan leef in en deur ons. Die op standings

lewe het ’n huidige realiteit en ’n toekomstige vervulling.

Lees Galasiërs 2:16; 3:2-7. Waarom is dit volgens hierdie ver se

nodig om van ons dade te vergeet wanneer ons na geestelike

rykdom verwys?

In hierdie verse verduidelik Paulus dat ons nie deur ons dade

geregverdig, perfek of heilig gemaak word nie. Ons word geregverdig

en geheilig deur ons geloof in Christus en deur die

werk van sy Gees in ons.

Dink aan geestelike rykdom as ’n bankrekening in die hemel.

Aangesien ons geestelik in onsself bankrot is, het Jesus ’n

de posito tot ons regverdigmaking ge maak en die Heilige Gees

maak al die de posito’s tot ons heiligmaking. Deur die geloof

maak ons ont trek kings uit beide rekeninge. Ons goeie werke is

die vrug van daardie onttrekkings, maar kan nooit deel wees

van die de posito’s nie, want ons is geestelik arm. Ons het niks

om by te dra nie. Ons kan egter onttrekkings maak omdat ons

die kinders van Abraham is, en ons moet dit daagliks doen,

want ons het geen geestelike geld van ons eie nie.

Waarom is die gesindheid van selfgenoegsaamheid so gevaar

lik?

Waarom dink jy het Christus Saulus blind gemaak?

Wat is nodig om jou te beweeg van selfgenoegsaamheid tot ’n afhank

like gees?

Les 1 – Arm harte 31

Arm harte

DAG VYF

Probeer jou indink

hoe dit vir Jesus

moes wees voor Hy

mens geword het.

32 Wees ’n nuutgemaakte vrou

Hoe maak jy daaglikse onttrekkings uit jou geestelike bankrekening?

Jesus – die noodsaaklikheid

om van die Heilige Gees

afhanklik te wees

Probeer jou indink hoe dit vir Jesus moes wees om ’n mens

te word. Johannes se beskrywing van die hemel met strate

van goud en skoonheid sonder gelyke help ons om die rykdom

van sy omgewing daar te sien. Die bietjie wat ons van die

verhouding van die Drie-eenheid weet, gee ons ’n idee van die

relasionele rykdom van liefde sonder grense. Die vlugtige kykie

wat God aan Jesaja gegee het van die aanbidding wat Hy van

engele ontvang het, help ons om ’n begrip te vorm van die eer

waarvan Hy afstand moes gedoen het toe Hy aarde toe gekom

het. Die beskrywing van sy krag tydens die skepping wat Hy

aan ons gegee het in Genesis 1 en die verklaring in Kolossense

1:16-17: “álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was

daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind,” wys aan

ons die krag wat Hy onderdruk het toe Hy die beperkings van

die mens aangeneem het. Vandag gaan ons kyk waarom Hy

sulke rykdom en krag vir armoede en swakheid verruil het.

Lees Lukas 2:7; Matteus 8:20 en Filippense 2:5-11. Hoekom dink

jy was dit deel van God se plan dat Jesus in ’n krip gebore moes

word? Hoe sou jy die gesindheid van Jesus beskryf soos dit in

Filippense 2:5-11 opgeteken staan? Hoekom moet ons ’n soortge

lyke ingesteldheid hê?

Maria het die baba Jesus in ’n krip neergelê, want dit was al

wat die Vader God vir haar voorsien het. Die skaapwagters

was in staat om die Messias te identifi seer, want die engele het

vir hulle gesê dat Hy in ’n krip sal wees. God het gekies om

sy heerlikheid in ’n baba te openbaar aan eenvoudige mense

in die nederigste van omstandighede. Het Hy dit gedoen om

te bewys dat almal na Hom kan kom? Hy het die armste van

die armes geword sodat niemand kan sê: “Hy het nie vir my

gekom nie; daarom kan ek nie na Hom toe gaan nie.” Die

ingesteldheid van geestelike armoede stel ons in staat om na

Hom te gaan, ons voor Hom te verneder en moedig ons aan

om Hom te aanbid.

Lees Markus 1:8-13. Waarom sou die Skepper van die heelal

en gele nodig hê om Hom te versorg? Hoekom dink jy was dit

nodig dat Jesus met die Heilige Gees gedoop moes word?

Selfs al kan ons nie verstaan hoe Christus beide God en mens

kon wees nie, glo ek sy menslikheid het Hom van die Gees

afhanklik gemaak, net soos ons moet wees. Dit was nodig dat

Hy so swak en arm soos ons moes word om versoekings te

ervaar soos ons moet doen (Heb. 4:15). Om ons ontwil het Hy

arm geword sodat ons ryk kan word in Hom (2 Kor. 8:9).

Lees Matteus 14:23; Markus 1:35; Lukas 5:16; 6:12; 9:28; 22:39-41

en Johannes 14:16; 17:9, 20. Waarom dink jy was dit vir Jesus

nodig om te bid? Waaroor dink jy het Hy gebid?

Gebed is dié maatstaf van ons afhanklikheid van God en ons

begeerte om in ’n verhouding met Hom te wees. As ons sê

ons het God lief en vertrou op Hom, maar ons bring selde tyd

in gebed deur, mislei ons onsself. Ons leef uit ons eie krag en

afhanklikheid van ander dinge wanneer ons min bid. Jesus het

nie net gekom om ons te verlos van ons sondes nie, maar ook

om ons te wys hoe om in afhanklikheid van God te leef. Net

soos Hy sy dissipels geleer het om te bid, sal Hy ons ook leer

om te bid.

Lees Handelinge 11:26 en Openbaring 2:17. Wat is die be langrikheid

daarvan dat “Christen” afgelei is van Christus se Naam?

Les 1 – Arm harte 33

GEDAGTES OOR

GEBED

Gebed is iets dieper

as woorde ... Dit is

’n gesindheid van

die hart ... Of dit in

die vorm van woorde

is of nie, is nie vir

God belangrik nie,

net vir ons ... Dit

is hulpeloosheid ...

Gebed is net om elke

dag vir God te sê op

watter maniere ons

voel ons kan niks

doen nie. Ons word

genoop om te bid

elke keer wanneer

die Gees van God,

wat die gees van

gebed is, opnuut

aan ons beklemtoon

hoe onbevoeg ons is

om uit nature te glo,

lief te hê, te hoop,

te dien, op te offer,

te ly, die Bybel te

lees, te bid en te stry

teen ons sondige

begeertes. 7

O. HALLESBY

34 Wees ’n nuutgemaakte vrou

Wat dink jy beteken dit dat die Gees almal wat tot bekering kom

’n nuwe naam sal gee?

Net soos Christus afhanklik is van sy verhouding met die

Vader en die Gees en hul Naam een God is, is ons eenheid en

ver bonds verhouding met die drie-enige God verseël deur die

naam “Christen”. God het al die karakters wat ons in hierdie

hoof stuk bestudeer het se naam verander as ’n weerspieëling

van die verandering wat Hy in elkeen van hulle bring. En Hy

sal aan elkeen van ons getrou bly deur ons met sy Gees te verander

en aan ons ’n nu we naam, wat op ’n wit steen geskryf is,

te gee as teken van die veranderings wat Hy in ons sal maak.

Hier mee sal ons in staat wees om elke vyand te oorkom, en

selfs ons eie vleeslike be geertes en versoekings te oorwin.

As Christus nie kon leef en ander bedien sonder die hulp van

die Heilige Gees nie, hoeveel te meer het jy God nodig! Hoeveel

vertrou jy op Hom?

Oor watter dinge bid jy en watter dinge dink jy is nie die moeite werd

om voor te bid nie? Wat verklap dit van jou armoede van gees?

Hoe dikwels bid jy dat jy gevul moet word met die Heilige Gees? As

ons werklik arm van gees is, sou dit nie nodig wees dat die Gees van

God elke oomblik van ons lewens vul nie?

Bring ’n bietjie tyd saam met die Here deur in gebed

Hemelse Vader, ek prys U dat U my so liefhet dat U ’n

verbond met my gesluit het. Dankie dat U altyd u beloftes

nakom. Ek loof U omdat u genade genoeg is vir my.

Ek bely dat ek nie afhanklik genoeg is van u genade nie. Ek maak

staat op my eie krag en wysheid. Ek vertrou op ander asof hulle gode

is. Ek gebruik gemoedsveranderende middels of kos om my beter te

laat voel. Ek maak staat op materiële dinge om my tevrede te hou.

Vergewe my asseblief my trots wat my laat glo dat ek kan oorleef

met die hulp van hierdie valse steunpilare, eerder as om na U te kom

in die besef van my uiterste geestelike armoede en diepe behoefte

aan u genade. Ek bely dat ek soms aan my dade vir U en bediening

aan ander gedink het as geestelike rykdom wat vir my waarde in die

koninkryk sal gee. Help my eerder om hierdie dinge te beskou as die

vrug van u liefde in my hart.

Here, ek bid dat U my sal vul met die Heilige Gees. Gee my

asseblief die tyd en die begeerte om baie in gesprek met U te wees.

Verlos my van alle afl eiding en onsekerheid wat my van u troon van

genade weghou. Dankie vir die belofte dat die koninkryk van die

hemel aan die armes van gees behoort. Laat u koninkryk kom en u

wil geskied in my lewe. Vernuwe my hart, o God.

Gebruik die spasie hieronder om jou eie gebed neer te skryf.

Les 1 – Arm harte 35

Aantekeninge

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!