04.05.2013 Views

Bergrede

Bergrede

Bergrede

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

A

L B E R TO N

L S

EW EN ENTRUM

GEMEENTE

BYBELSTUDIE VIR SELGROEPE

DIE KONTRAKULTUUR VAN DIE KONINKRYK

Indien Jesus se Bergrede die waarheid bevat, soek die moderne mens op die verkeerde plek na

geluk, sukses, bevrediging en vreugde. Ware geluk lê nie in wat vir ons kultuur waardevol en belangrik is

nie. Jesus skets in Matteus 5-7 ‘n téén-kultuur. Hy sê: “Ek gaan jou wys wat saak maak, en wat

waardevol is”. Ek nooi u: kom saam op ‘n ontdekkingstog om Jesus se kontrakultuur te ontdek en te

beproef.

God se historiese doel was om ‘n volk vir Homself te roep. Sy volk is ‘n heilige volk, wat apart

van die wêreld bestaan, en vir Hom leef. As Hy die volk uit Egiptiese slawerny lei, waarsku Hy hulle

daarteen om gelykvormig aan die kultuur van die wêreld rondom hulle te begin leef: Levitikus 18: Die

Here het vir Moses gesê: 2 “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Ek is die Here julle God. 3 Julle mag nie

maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle

bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie. 4 Julle moet my bepalings nakom en my voorskrifte

gehoorsaam deur daarvolgens te lewe. Ek is die Here julle God. 5 Wees gehoorsaam aan my voorskrifte

en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here.

God se mense lyk anders en tree anders op. Hulle leef volgens ander standaarde. Bileam getuig

oor Israel in Numeri 23: Ek sien ’n volk wat op sy eie woon en hom van die nasies afsonder.

Israel se geskiedenis is egter een van ongehoorsaamheid aan dié opdrag. Psalm 106 bevat ‘n

goeie opsomming van Israel se pad: 34 Hulle het nie die ander volke uitgeroei soos die Here hulle beveel

het nie, 35 maar hulle met die heidene vermeng en húlle praktyke aangeleer: 36 hulle het die afgode van

die heidene begin dien en daarin verstrik geraak. 37 Hulle het hulle seuns en dogters aan veldduiwels

geoffer 38 en onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en dogters wat hulle aan die afgode van

Kanaän geoffer het. So is die land met bloed bevlek. 39 Die volk het hulle verontreinig deur hulle optrede

en het troubreuk gepleeg deur hulle dade. 40 Die toorn van die Here het teen sy volk ontvlam, Hy het ’n

weersin gekry in die volk wat aan Hom behoort 41 en hulle aan heidene oorgegee, sodat hulle haters oor

hulle geheers het. 42 Hulle vyande het hulle verdruk en hulle onder hulle gesag laat buig. 43 Talle kere het

die Here sy volk gered, maar hulle het opstandig gebly en dieper in hulle sonde weggesink. 44 Tog het Hy

sy oë nie vir hulle nood gesluit nie; Hy het hulle smeekgebede verhoor. 45 Ter wille van hulle het Hy aan sy

verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig.

Jesus preek sy bekende Bergrede naby aan die begin van sy bediening. Jesus se eerste boodskap

nadat Hy gedoop is, vind jy in Matteus 4: 17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want

die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Dié boodskap vorm die direkte konteks vir die Bergrede.

Die Bergrede vertel waaruit die bekering en geregtigheid bestaan wat die koninkryk inlui. Of om dit

1

anders te stel, die Bergrede beskryf hoe die gelowige mens, en die gemeenskap van gelowiges, se lewe

lyk as die koninkryk van God aangebreek het. Hulle leef onder die genadige regering van God.

Hoe lyk hulle? In een woord: ANDERS! Hulle loop nie in pas met die wêreld en sy waardes en

standaarde nie, maar in pas met hul Here. Die sleutelteks van die Bergrede vind jy in Matteus 6: 8 Moet

dan nie soos hulle maak nie...

Die verenigende tema in die Bergrede is die kontras tussen gelowige en nie-gelowige, tussen

Christus se kultuur en die mense se kultuur. Christene is anders – anders as die wêreld se mense, en

anders as die nominele kerk (die kerk van die skrifgeleerdes). Hul waardestelsel; etiese standaarde;

godsdienstige toewyding; houding jeens geld en ambisie; lewenstyl; en netwerk van verhoudings lyk en

funksioneer anders. Hierdie sewe elemente vorm die inhoud van die Christen se bestaan as deel van ‘n

kontrakultuur, en die Bergrede. Dit is die lewe van die koninkryk, ‘n lewe onder die heerskappy van

God.

Jesus kies sy twaalf dissipels volgens Matteus 4:18-22, doen baie weldade aan baie mense

(Matteus 4:23-25) en gaan teen die berg op as Hy die skare sien wat na Hom stroom. Hy gaan

doelbewus op die berg sit, want Hy is die nuwe Moses. Sy twaalf dissipels om Hom verteenwoordig die

twaalf stamme van Israel, en Hy gee in die Bergrede die inhoud van sy juk, wat lig en sag is, teenoor die

juk van die Wet van Moses, wat ongenadig en veroordelend is (Matteus 11:29-30).

Interessant dat Matteus sy evangelie in vyf dele groepeer, nes Moses se Wet uit vyf boeke bestaan.

Elkeen van Matteus se dele eindig met die woorde, “toe Jesus klaar was” – slaan dit gerus na en merk

dit by Matteus 7:28; 11:1; 13:53; 19:1 en 26:1.

Dit gaan in die Bergrede om:

• ‘n Christen se karakter – 5:3-12

• ‘n Christen se invloed – 5:13-16

• ‘n Christen se geregtigheid – 5:17-48

• ‘n Christen se vroomheid – 6:1-18

• ‘n Christen se ambisie – 6:19-34

• ‘n Christen se verhoudings – 7:1-20

• ‘n Christen se toewyding – 7:21-27.

Hierdie studie handel oor die eerste drie elemente, wat die belangrike Matteus 5 vorm.

Die studies is lang, te lank om by die selgroep behandel te word. Dit is doelbewus so geskryf. Die

doel daarvan is dat u elke studie voor die tyd in u stiltetyd deurwerk. U leier gaan slegs die

belangrikste elemente uitlig, en dan aan u geleentheid bied om vrae te stel wat by u opgeduik het terwyl

u met die studie besig was. Ek moedig u aan om moeite met die studie in u stiltetyd te maak – slegs so

gaan u waarde daaruit put en gaan Matteus 5 ontsluit word en u lewe verander.

Kyk na Matteus 16:15: “Wat deur die mens as belangrik beskou word, is ‘n gruwel voor God”. Wat

beteken Jesus se uitspraak, in die lig van die gelykenis van die oneerlike bestuurder (Lukas 16:1-13)?

2

MATTEUS 5:3-12 – ‘N CHRISTEN SE KARAKTER

Lees Matteus 5:3-12. Waaroor gaan dit in dié gedeelte?

In elk van die saligsprekinge (Matteus 5:3-12) gaan dit om mense wat beskryf word, eienskappe of

kwaliteite wat aanbeveel word en seëninge wat belowe word.

Die agt kenmerke wat beskryf word, is die kwaliteite wat voorkom by mense wat gekies het om hul

geloof in Jesus Christus te stel. So lyk hulle as hulle getrou aan Jesus leef, as Hy Here van hul lewe is. En

die doel hoekom Jesus dié mense en hul eienskappe beskryf, is om daarby te voeg: dit is hoe God oor

hulle dink! En wat Hy vir hulle gee.

Soms het predikers die saligsprekinge beskryf as ‘n voorskrif hoe om geluk te vind, en geluk dan

geskets as ‘n blote emosie. Feit is egter: as jy agter Jesus aanloop, vra dit soms dat jy jou eie gerief en

geluk verontagsaam uit gehoorsaamheid aan Hom. Jy mag selfs jou lewe verloor!

Die “geluk” waarvan Jesus praat, het nie met ‘n emosie te doen wat van oomblik tot oomblik

verander nie. Dit het met ‘n ewig vasgestelde waarheid te doen, omdat God dit bepaal: jy is gelukkig in

sy oë. Want Hy spreek sy seëninge oor jou uit.

Dit is ‘n vreemde geluk. Die wêreld wil nie dié seëninge hê nie. Dit beteken vir hulle niks. Maar die

gelowige mens besef dat niks so kosbaar is as wat God beloof nie.

Kyk weer na elkeen van die saligsprekinge. Wat, dink jy, beteken elke beskrywing van die Christen

se eienskappe, en seëninge?

Onthou asseblief, die Bergrede sê nie wat jy moet doen om ‘n Christen te word nie. Om ‘n Christen

te word, het baie min te doen met iets wat jy doen. God het eintlik alles klaar vir jou gedoen: Hy het dat

sy Seun aan die kruis gesterf het om die skuld van jou sonde te delg. Al wat Hy van jou vra, is dat jy na

Hom kom en sê: “Here, ek is ‘n sondaar. Ek verdien die dood. Vergewe my, op grond van wat Jesus

gedoen het. Dankie dat U dit doen! Amen”. Dan is jy sy kind. Die Bergrede bevat nou aanwysings vir

hoe jy lyk en optree as jy klaar kind van God is.

1. Gelukkig is die mens wat sy armoede voor God besef om Hom te behaag, en hom op God alleen

vir genade beroep, wat besef dat sy bankrot voor God staan en die dood verdien - God gee sy

3

koninkryk as ‘n gratis geskenk aan so ‘n mens. Dit beteken dat die Here in dié mens se lewe

regeer.

Tot watter mate besef jy jou afhanklikheid van God?

2. Gelukkig is die mense wat hartseer is en berou het oor hul sonde – God sal hulle vertroos met sy

vergifnis.

Is dit nie dalk hoekom ons so maklik oor en oor dieselfde sondes herhaal nie, omdat ons nie

werklik berou het daaroor en dit met pyn en skande bely nie?

3. Gelukkig is die sagmoedige, konsidererende en nederige mense wat hulself en ander vanuit God

se perspektief sien – God berei die nuwe wêreld vir hulle voor.

Hoe reageer jy as iemand jou kritiseer? En as iemand van jou skinder? En as iemand beledigend

raak en jou lelike name noem?

4. Gelukkig is die mense wat geestelik honger is na die dinge van die Here, en wat besig wil bly om

die belange van die Here te dien – God self sal hul honger stil.

Waarvan getuig jou aptyt? Wat is vir jou werklik belangrik?

5. Gelukkig is die mense wie se hart in beroering kom vir ‘n ander mens in nood – God sal in hul

nood by hulle wees en vir hulle onderneem.

Waar leef die mense-in-nood in jou wêreld? Wat is hul nood? Wat kan jy daaraan doen?

6. Gelukkig is die mense wat eg is in hul toewyding aan God – hulle sal God in sy heerlikheid sien.

4

7. Gelukkig is die mens wat oop en eg en eerlik met ander mense saamleef en sodoende vrede in

hul wêreld indra – God beskou hulle as sy ware kinders.

Is dit moontlik om eg in jou toewyding aan God te leef, maar nie eg en eerlik voor mense nie?

8. Gelukkig is die mense wat beledig en vervolg word omdat hulle beginselvas staan by wat vir God

belangrik is – God regeer in hul lewe.

Beleef jy soms die verskil in waardesisteme tussen jou en ‘n ander mens, wat spanning maak en

jou in die benarde posisie plaas waar jy ongewilde besluite moet neem? Bespreek.

Ten slotte, Friedrich Nietzsche, die Duitse filosoof, het op grond van die Bergrede na die Christelike

geloof verwys as ‘n godsdiens van bejammering. Hy staan vir ‘n godsdiens van mag, waar die mens vir

sy belange opstaan en sy regte opeis. Jesus se godsdiens is dié van ‘n kind, sê Nietzsche.

Ja, God se weë keer die wêreld se weë om. In die wêreld is jy gelukkig as jy lag en vrolik is, as dit

met jou goed gaan en dinge vir jou regloop. In God se nuwe wêreld is die mens wat treur en dien, wat

beledig en vervolg word, gelukkig. Die wêreld se kultuur en Christus se kultuur staan in menige opsigte

lynreg teenoor mekaar.

5

MATTEUS 5:13-16 – ‘N CHRISTEN SE INVLOED

Lees Matteus 5:13-16. Waarvoor is sout en lig nuttig?

Selfs die armste huis gebruik sout en lig. Dit is onvervangbare huishoudelike kommoditeite. Sout

gee smaak aan kos en bewaar dit teen bederwing. Vir eeue het geen ys- of vrieskaste bestaan nie, en

sout was die enigste manier om vleis te bewaar, behalwe as dit soos biltong of bokkems behandel is.

Die wêreld is ‘n plek van verderf. Sonde breek alles stukkend. Sout werk die verderf teë. Die wêreld is

ook ‘n donker plek waar hoop nie bestaan nie. Watter bydrae kan die Christen tot ons wêreld maak om

sout en lig te wees?

Sodiumcholoried is ‘n stabiele chemiese samestelling wat haas enige aanval kan teenstaan. Tog kan

dit self bederf word wanneer dit met onsuiwerhede gemeng word. Dan word sout nutteloos, en kan

selfs gevaarlik word. Dit kan nie eens op ‘n komposhoop gebruik word nie. Wat Israel as sout geken

het, het uit die area rondom die Dooie See gekom. Dié samestelling moes eers uitgewas word. Wat

agtergebly het, was ook ‘n wit medium maar het na niks gesmaak nie. Dit was slegs stof. Wat sê dit vir

jou van die Christen se taak op aarde?

Lees Johannes 8:12 en 9:5. Vergelyk dit met Filippense 2:15. Wat is die implikasies?

Wat leer ‘n mens hieruit?

Daar is ‘n fundamentele verskil tussen Christene en nie-Christene, tussen die kerk en die wêreld.

Stem jy saam? In watter opsig(te) bestaan die verskille?

Christus plaas ‘n groot verantwoordelikheid op ons skouers met sy onderskeid tussen gelowiges en

ongelowiges. Dié verantwoordelikheid bestaan tweevoudig. Sout en lig het dit in gemeen: dit gee en

versprei sigself, die teenoorgestelde van enige selfgesentreerde godsdiens. Die funksie van sout is om

verderf teë te werk, en van lig om donkerte te verdryf. Die Christen se taak bestaan uit evangelisasie en

6

sosiale aksie. Ons bring die lig in die wêreld as ons Jesus na ander bring. En ons bring sout na die aarde

as ons sosiale verderf teëwerk. Wat kan jy doen om dié funksies te vervul?

Wat sal gebeur as Christene in jou wêreld werklik sout en lig word?

7

MATTEUS 5:17-20 – ‘N CHRISTEN SE GEREGTIGHEID

“Christene staan nie onder die wet van Moses nie. Hulle onderhou nie die bepalings van die wet nie.

Want hulle is vrygekoop deur die bloed van Jesus om die wet te onderhou”. Stem jy saam? Lees

Matteus 5:17-20 en dink weer daaroor.

Christus het nie die wet kom afskaf nie, maar vervul. Dit beteken dat Hy die ware betekenis van die

wet kom aantoon het. Die seremoniële en reinheidswette was slegs afskaduwings van die Groter

Werklikheid wat in Christus aanbreek. En Hy het ook die ware diepte van die betekenis van die morele

wette kom aantoon. Sy lewe sê: dit is wat God bedoel het toe Hy die Wet aan Israel gegee het. Die Wet

is my wil.

Wat, dink jy, bedoel Jesus met vers 20?

Maak die wet ons vir God behaaglik? Hoe word ons gered? Moet ons dan nog die wet onderhou?

Lees ook Lukas 16:16-17.

Die Jode het getel dat daar 248 bevele en 365 verbiedinge in Moses se wet voorgekom het, en hulle

het nougeset alles probeer onderhou om God te behaag. Hulle het selfs nog verder gegaan en ‘n

“omheining” om die wet aangebring deur ekstra gebooie. In die proses het hulle egter hoogmoedig en

arrogant geword omdat hulle hulself as goed beskou het. En hulle het so die gees van die wet gemis:

God se hart klop van liefde. En die mens wat aan Hom behoort, se lewe word primêr deur liefde

gekenmerk. Die Christen onderhou ook dit wat saak maak in die wet van Moses, maar nie meer om God

te behaag nie. Nee, Christus het God klaar behaag. Nou lê ek my nie meer daarop toe om die wet te

onderhou nie, maar om God se wil te doen. Kyk na Jeremia 31:33. Hoe het God die wet op ons harte

geskryf? Lees Esegiël 36:27. Geesvervulde mense sien nie neer op die wet nie. Die Gees doen presies

in ons hart wat die wet in Israel gedoen het: Hy openbaar God se wil. En as ek God se wil doen, vervul

ek die ware bedoeling van die wet. Die res van Matteus 5 gaan voorbeelde gee van wat dit beteken om

nie bloot aan die eise van die letterlike wet van Moses te voldoen nie, maar om die ware betekenis

daarvan uit te leef.

Nooit verwerp Christus die wet van Moses nie. Wat Hy wel verwerp, en in sterk taal, is die Fariseërs

en skrifgeleerdes se uitleg van die wet – ‘n uitleg wat hulself pas en tot liefdelose optrede aanleiding

gee. Vir een voorbeeld, kyk na die verhaal van die barmhartige Samaritaan, in Lukas 10:25-37. Die

priester en Leviet het rede gehad om nie by die arme man te gaan kniel en te help nie, want “die wet

8

van Moses” bepaal dat as hy met ‘n lyk in aanraking was, hy nie tempeldiens mag verrig nie. En dalk is

die man dood! Sien jy hoe die wet misbruik is?

Wanneer jy liefhet, vervul jy die hele wet en doen jy die wil van God. En jy wil die wil van God doen,

nie sodat jy gered word nie, maar omdat jy gered word. Jy kan nie anders nie, want jy het die natuur

van Christus deelagtig geword. Jy sal teen jou natuur oortree as jy nie aan God se standaarde opleef

nie!

9

MATTEUS 5:21-30 – ‘N CHRISTEN SE GEREGTIGHEID: WOEDE EN LUS

Die Jode wou die sesde gebod beperk tot moord. As jy getrou aan God leef, sal jy nie moord pleeg

nie. Hoe antwoord Jesus hierop, in verse 22-26?

Sommige manuskripte het in vers 22 die invoeging “Elkeen wat sonder rede vir sy broer kwaad is”.

Die beste manuskripte bevat nie dié woorde nie, maar dalk gee dit die bedoeling van die teks beter

weer. God se woede word soms beskryf, in terme van mense se dwaasheid en sonde. Nie alle woede is

verkeerd nie. Jy het reg en rede om kwaad te word as jy sien hoe pornografie, passiewe rook of drank

mense se lewens verwoes. En om iets drasties daaraan te doen, om ‘n aktivis vir sosiale geregtigheid te

word. Na alles is jy geroep om sout en lig te wees. Martin Luther het gepraat van die woede van liefde,

wat niemand kwaad bring nie maar vyandig teen die sonde is. Jesus se verwysing is na woede gebaseer

op trots, ydelheid, haat en bitterheid, weerwraak en kwaadwillige geniepsigheid.

Die woord “raka” beteken “dwaas, gek, leeg tussen die ore, moroon” of enige van die woorde wat

mense gebruik om ander uit te skel wat hul irriteer. Kyk ook na Jakobus 1:19-20. Vergelyk dit ook met 1

Johannes 3:15-17. Wat sê dit vir jou?

Die sewende gebod verbied egbreuk. Ook hier het die Jode verskeie teenmaatreëls ingebou om

hulle te pas, wat die gebod van sy krag ontneem het en aan seksuele sonde ‘n noue definisie gee. Jesus

kom stel God se hart, sy wil in perspektief as Hy hieroor praat. Wat sê Hy oor egbreuk in verse 27-30?

Jesus sluit alle vorme van immoraliteit in as hy oor egbreuk praat. Wat bedoel Jesus as Hy na die

regteroog en regterhand verwys? Vergelyk Job 31:1, 7 en 9 asook 2 Petrus 2:14.

Seksuele sonde word byna altyd voorafgegaan deur fantasieë. In ons dag is pornografie vrylik

beskikbaar, en het seksuele fantasieë ‘n multimiljoen rand-besigheid geword. Mense se seksuele

behoeftes word uitgebuit om geld te maak, en die mense is die slagoffers van fantasieë wat onrealisties

is. Wat sê verse 29-30 hiervan? En van die manier waarop ‘n vrou aantrek?

10

Om jou oog uit te pluk en jou hand af te kap, beteken in die praktyk dat jy sal weier om sekere

materiaal te lees of daarna te kyk. Ons tydgenote mag dink dat ons agterlik en agter die tyd is. Maar

ons weet hoekom ons dit doen: ons Meester het ons gewaarsku dat sonde altyd verwoes, en dat

egbreuk ‘n sonde is wat ‘n klomp mense se lewens in gevaar stel.

Jesus se lering loop ook hier teen die grein van permissiwiteit van die moderne samelewing. Hy stel

jou voor die keuse: kies jy vir Hom of vir die wêreld?

11

MATTEUS 5:31-37 – ‘N CHRISTEN SE GEREGTIGHEID – GETROUHEID IN DIE HUWELIK EN EERLIKHEID IN

SPRAAK

Lees Matteus 5:31-32. Vergelyk dit met Matteus 19:3-9. Wat leer Jesus oor egskeiding?

Dit gaan nog steeds om Jesus se uitspraak: as die skrifgeleerdes die wet van Moses getrou hou, voel

hulle goed daaroor, maar dit regverdig hulle nie by God nie. Deur bloot die letter van die wet te

onderhou, beteken nog niks nie. As die gelowige nie die gees van die wet verstaan nie, nie die hartklop

van God ken en daarvolgens lewe nie, sal dit nie diepe en innerlike verandering tot gevolg hê nie.

In dié tyd het ‘n kontrovers tussen twee rabbynse skole geheers. Rabbi Shammai het geleer dat die

enigste gronde vir egskeiding in Deuterononium 24:1 te vinde is. Rabbi Hillel het egter ruimte vir menswees

gelaat, en toegelaat dat ‘n mens vir haas enige rede kon skei. Vir Hillel kon “iets onbetaamliks”

van Deuterononium 24:1 selfs beteken dat die man hom vererg oor die vrou vir hom gebrande kos

voorsit. Of as die vrou ouer en vol plooie word, kon die man haar daaroor ook skei. Die Fariseërs het

Hillel se siening ondersteun. En hieruit vloei die vraag: mag ‘n mens jou vrou oor enige rede skei? Aan

watter rabbynse skool behoort Jesus?

Jesus se antwoord bevat drie belangrike elemente:

1. Die Fariseërs is besig met die gronde vir egskeiding, maar Jesus bemoei Hom met die instelling

van die huwelik. Jesus beantwoord nie die vraag nie. Hy verwys terug na die instelling van die

huwelik in Genesis 1 en 2, wat bepaal dat die huwelik eksklusief (slegs tussen twee mense) en

permanent is. Daarom sy woorde: die twee word een; en wat God saamgevoeg het, mag geen

mens skei nie. Die huwelik is ‘n goddelike instelling waar God permanent twee mense tot ‘n

eenheid voeg.

2. Die Fariseërs noem Moses se voorsiening van ‘n egskeidingsklousule ‘n opdrag, maar Jesus noem

dit ‘n toegewing ter wille van die hardheid van mense se harte. Lees weer Deuterononium 24:1-

4 – dié gedeelte wemel van voorwaardelike sinne: “as”. Wanneer ‘n man ‘n vrou getrou het, as

hy iets onbetaamliks in haar vind, en as hy aan haar ‘n sertifikaat van egskeiding gee, en as sy

weer trou, en as haar tweede man ook van haar skei, dan mag die eerste man nie weer met haar

trou nie.

3. Die Fariseërs het egskeiding ligtelik geag en toegelaat, terwyl Jesus so doodernstig daaroor was

dat Hy alle gevalle van hertrou “egbreuk” noem, met die uitsondering as egbreuk reeds

plaasgevind het. Vergelyk Matteus 5:32 met 19:9.

Wat leer Jesus? ‘n Mens kan dit so parafraseer: “Julle het gehoor dat die Joodse leermeesters hulle

op Deuterononium 24:1 beroep en dan sê dat dit mans toelaat om vir haas enige rede van hul vrouens

te skei, soos dit hulle behaag. Al wat van die man verwag word, is om vir die vrou ‘n getekende

dokument te gee wat konstateer dat haar man haar gelos het. Maar Ek sê vir julle: sulke

onverantwoordelike gedrag aan die kant van die man lei daartoe dat beide die geskeide man en vrou

egbreuk pleeg as hulle weer trou. Voor God is die man en vrou nog met mekaar getroud. Daar is slegs

een uitsondering op hierdie algemene beginsel wat die sewende gebod is: as die huwelik reeds deur ‘n

ernstige seksuele sonde van een van die huweliksmaats voor God ontbind is. Hier is egskeiding

moontlik”.

12

Lees Matteus 5:33-37, en vergelyk dit met Eksodus 20:7 (die derde gebod); Levitikus 19:12; Numeri

30:2 en Deuterononium 23:21. Het die wetsgeleerdes die mens reg geleer, volgens Matteus 5:33?

Die Fariseërs het die mense se aandag weggelei van die eed asook die absolute eis van eerbaarheid

om die eed na te kom, na die regte formule wat die eed moet vergesel. Jesus sê: maak nie saak watter

formule jy gebruik as jy ‘n eed aflê nie. Of jy nou God se Naam gebruik in jou eed of nie, maak ook nie

saak nie. Want waarby jy ook al sweer, alles behoort in die laaste instansie aan God. Die wet van Moses

gaan nie oor formules nie, maar oor eerlikheid en eerbaarheid. Enige formule is oorbodig, as jy ‘n mens

is wat doen wat jy sê. Jy hoef nie te belowe of te sweer voor jy iets doen wat jy onderneem het nie. Kyk

na Jakobus 5:12 – “dan sal julle nie veroordeel word nie”.

In die lig van die verbod, hoekom gebruik God dan ‘n eed (kyk bv na Genesis 22:16)? Verseker nie

om God se kredietwaardigheid en betroubaarheid te verhoog nie, maar eerder om ons geloof te

versterk (vergelyk Numeri 23:19).

Is die verbod op die eed absoluut? Mag Christene dan nooit ‘n eed aflê nie? Wat maak jy as jy in ‘n

hof ingesweer moet word as getuie? Die Anabaptiste van vervloë jare, en die Kwakers van vandag weier

om ‘n eed af te lê. Dalk mis dit Jesus se bedoeling. Jesus lê self later ‘n eed af – vergelyk Matteus 26:63-

64. Jesus het dit nie teen ‘n burgerlike eed wat teenoor ‘n eksterne owerheid afgelê word nie, maar

teen mense wat beloftes maak en dit nie hou nie. Hy spreek Hom uit teen oneerlikheid en korrupsie.

Christene sweer nie met hul hand op die heilige Bybel voor hulle hul woord hou nie. As hulle “ja”

gesê het, doen hulle dit, al kos dit hulle ‘n dure prys. Dit is die ware bedoeling van die wet van Moses.

Dit is die wil van God.

13

MATTEUS 5:38-48 – ‘N CHRISTEN SE GEREGTIGHEID: WRAAK EN LIEFDE

Die laaste twee antiteses is selfs nog meer radikaal. Dit gaan oor die Christen se houding jeens die

bose mens en vyande.

Lees Matteus 5:38-42. Wat beteken Jesus se woorde? Is dit enigsins haalbaar?

In Eksodus 21:22-25 (vgl ook Levitikus 24:19 en Deuterononium 19:21) gaan dit om die strafwet.

Dit bevat ‘n instruksie aan regters en landdroste, en bevat nie wetgewing oor die gedrag van

gelowiges onderling nie (vgl Deuterononium 19:17-18). Die grense van geregtigheid in die hof word

hier getrek.

Islamitiese wetgewing bevat steeds die lex talionis as regsbeginsel wat bepaal dat ‘n ongeregtigheid

met ‘n soortgelyke prys vergoed moet word.

In Jesus se tyd is ‘n prys gekoppel as skadevergoeding. As iemand se optrede daartoe lei dat ‘n

ander persoon ‘n oog verloor, moes hy skadevergoeding vir die verlies betaal. Die enigste uitsondering

volg op moord, as die skuldige met sy lewe daarvoor moet boet.

Wat belangrik is, is dat persoonlike weerwraak verbied word – kyk na Levitikus 19:18. En nou

gebruik die wetsgeleerdes dié beginsel juis om persoonlike weerwraak te beskryf.

Wat Jesus wil sê, is: ons persoonlike verhoudinge met ander mense is nie op die geregtigheid wat in

die howe geld gebaseer nie, maar op liefde. Ons plig teenoor mense wat ons te na kom, is nie om wraak

te neem nie, maar om ongeregtigheid te verdra – vergelyk Matteus 5:39. Ons word verbied om ons te

verset teen ‘n ander mens. “Moet nie wraak neem op iemand wat jou te na kom nie”.

Om dit te illustreer, gebruik Jesus vier situasies uit die daaglikse lewe. Kyk of jy die vier situasies kan

identifiseer. Die derde verwysing is na soldate se reg om jou te verplig om as onderworpe burger van sy

regering sy baggasie vir ‘n sekere afstand te dra. Wanneer Romeinse soldate Joodse inwoners verplig

het, het dit dikwels tot bloedvergieting gelei – die Jode het hul Romeinse oorheersers gehaat.

Christene se plig is om die kwade mens (nie kwaad nie!) te verdra, tot so ‘n mate dat die persoon

selfs die ongeregtigheid kan verdubbel. Die klap deur die gesig was vir die Oosterse mens die mees

beledigende gebaar wat iemand teen jou kan maak. Draai jou ander wang vir nog ‘n klap. Dit doen

Jesus as die Jode Hom vervolg, en dit doen martelaars deur die eeue. Hulle staan by hul getuienis, en is

bereid om daarvoor te ly. Wanneer ek en jy dit doen, sê Dietrich Bonhoeffer, neem ons aktief deel

daaraan om die kruis vir Jesus te dra. Jy doen dit vir Hom! “We are to be as the anvil when bad men are

the hammers” (Charles Spurgeon).

Dit beteken nie dat die Christen ‘n deurmat is nie. Dit is nie ‘n swakkeling wat weerwraak versaak

ter wille van liefde nie. Trouens, dit is juis die mens wat in beheer is van die situasie en hom/haarself,

wat so iets kan doen.

14

Die beginsel is liefde - selflose liefde van die persoon wat te na gekom is, en wat kies om nie te

vergeld nie, maar eerder die welwese van die bose persoon te dien en sy/haar reaksies

dienooreenkomstig inrig.

Martin Luther het gesê: dit beteken nie dat jy die muise aan jou laat kou terwyl jy dink jy doen wat

Jesus gesê het jy moet doen nie! Liefde trek ook strepe wat die kwaad wat mense aan ons doen,

beperk.

Jesus maak ‘n onderskeid tussen die plig van die Staat en die plig van die individu (soos in die wet

van Moses ook gedoen word). Dit is my plig om die dief vas te trek, maar die woorde van Jesus beteken

dalk dat ek vir hom iets te ete gee terwyl ons wag dat die polisie hom kom arresteer. Die regter het die

plig om mense regverdig te straf vir hul oortredings, maar in sy persoonlike lewe word hy as gelowige

geroep om nie wraak te neem teen mense wat hom te na kom nie. Dié onderskeid is belangrik.

Wat leer Matteus 5:43-48 vir jou oor jou verhouding met jou vyand? Is misdadigers nie ook jou

vyande nie, as hulle jou direk te na gekom het?

Die aanduiding wat die Ou Testament bied oor liefde en haat, word opgesom in Levitikus 19:17-18.

Wat die skrifgeleerdes uitlaat, is “soos jouself”. Die skrifgeleerdes redeneer: my naaste is slegs my eie

mense, dié wat aan my ras en godsdiens behoort. Dat dit nie so is nie, is duidelik uit Levitikus 19:33-34.

Vergelyk ook Eksodus 23:4-5. God leer nie sy kinders ‘n dubbele morele standaard nie. Hy verwag

dieselfde optrede teenoor vriend en vyand. Albei is jou naaste.

Wat leer jy uit die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:29-37)?

Wat is ons verpligting teenoor ons naste, of hy/sy vriend of vyand is? Om lief te hê. Ons liefde word

uitgedruk in ons dade – vergelyk Lukas 6:27, 35. Want ons was ook eens vyande van God, maar sy liefde

het alles verander – vergelyk – Romeine 5:10. Ons liefde word uitgedruk in ons woorde – die woorde

wat ons met ons vyande gebruik, asook die woorde wat ons in ons gebede aangaande ons vyande

gebruik. Johannes Chrysostomus het gesê dat ons gebede vir ons vyande die hoogste piek van

selfbeheersing is.

Die nege opstygende trappe is:

• ons neem nie bose inisiatiewe teen ons vyande nie

• ons wreek nie ‘n ander se boosheid nie

• ons bly stil

• ons ly onregverdiglik

• ons gee meer aan die boosdoener as wat hy verwag of vra

• ons haat nie die boosdoener nie

• ons is lief vir die boosdoener

• ons doen goed aan die boosdoener

• ons tree in vir die boosdoener by God (voorbidding).

15

Dié resep lei tot jou geestesgesondheid as jy slagoffer van misdaad, geweld, bedrog of korrupsie

was. Jy moet selfs die tollenaar, die antieke weergawe van vandag se Ontvanger, liefhê! Die Here gee

langs dié weg jou vrede en vreugde vir jou terug.

Wanneer jy vir mense bid, vermeerder die Here jou liefde vir dié mense. Bid vir die mense wat jou

irriteer, te na kom, frustreer, kwaad maak. Iets gaan in jou hart gebeur, as dan nie in hul hart nie.

Dit is dalk nog moontlik om die ander wang te draai (by wyse van spreke), maar is dit moontlik om

die persoon wat jou te na kom, lief te hê? So lief dat jy bid dat die seën van die Here op hom/haar rus?

Om lief te hê, beteken om goed te doen aan iemand, om die belange van die ander persoon te dien.

Dit is nie ‘n gevoel nie, maar ‘n besluit gebaseer op die Bybelse opdrag om lief te hê.

Wat beteken Matteus 5:48? Kan ons dit in hierdie wêreld bereik?

Jesus het goed geweet dat ons dit nie gaan regkry om moreel volmaak dié kant van die graf te wees

nie. As Hy van volmaaktheid praat, is dit in die konteks van liefde. Wanneer jy liefhet, is jy volmaak,

want God is liefde.

Tot hoe ver strek jou liefde? Tot watter mate is jy slagoffer van ‘n “I’ll scratch your back as long as

you scratch my back”-wêreld? Wat beteken liefde in die praktyk van jou daaglikse lewe?

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!