04.05.2013 Views

Hoofstuk 2 Voor die begin.pdf - Ateisme.co.za

Hoofstuk 2 Voor die begin.pdf - Ateisme.co.za

Hoofstuk 2 Voor die begin.pdf - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VOOR DIE BEGIN

Die Sumeriese beskawing word deur amptelike geskiedenis sover as 4000 jaar BCE

terug dateer. Dit was by die sameloop van die Tigris en Euphrates riviere in die Laer

Mesopotanië geleë. Dit is vandag bekend as Irak. Daar was ook ouer beskawings soos

Jerigo in Israel. Volgens goedbewaarde Sumeriese geskrifte, gebakte kleitablette, het

hulle die omgewing betrek met kennis van skryf, kunste, landbou, handel en

metaalwerk.

Daar was ‘n biblioteek met 3000 geskrewe tablette, sommige met geskiedenis daarop.

Dit was deur Priesters as ‘n Godsregering regeer. Sentrale beheer is toegepas en

belastings is ingevorder vanuit oorskotproduksie. So ook is sentrale beheer oor ‘n

waterkanaalstelsel uitgeoefen. Die rivieroorstromings laat ryk slik agter en twee

graanoeste is jaarliks ingebring. Die stede van die Sumeriese beskawing was goed

beplan met tempel komplekse, publieke werke en dienste.

Handel het floreer veral met die Egiptiese en Indus Vallei beskawings.

‘n Paar antieke stede is van besondere belang. Die eerste is Eridu in die Suide van

Irak, as antieke stad wat reeds ongeveer 5000 BCE bestaan het. Dit kan as die wieg

van die Sumeriese beskawing beskou word. Dié is vandag bekend as Tell Abu

Shahrain. Volgens die Sumer-geskiedenis was hulle God bekend as EA, die Prins van

die Aarde en later die Prins van die Donker.

Die tweede stad is Nippur in die Noorde van Irak. Dit was bewoon deur ‘n Simitiese ras.

Hulle God was En-Lil, Arrabies as Allah, Hebrews as El en later deur die Christene as

God.

Dit bring ons by Ur, ‘n antieke stad in die Suide van Irak. Uitgrawings deur ‘n Britse

Argeoloog Leonard Woolley bewys dat die stad sowat 3500 BCE bewoon was. Hy het

bewyse van die trap piramiede, asook sosiale en kulturele materiaal gevind - hy het ook

bewyse van ‘n vloed gevind asook die gedigte van die legendariese held Gilgamesh, die

God van Sumerië.

Die gedig van Gilgamesh is in 700 BCE in twaalf boeke saamgevat, maar word geag om

sowat 1500 jaar ouer te wees. Die God van Sumerië was dan een derde menslik en

dus sterflik, terwyl tweederdes Goddelik, en dus onsterflik was. Dit blyk duidelik dat die

vloed in die gedig vervat, ook ‘n groot invloed op die ou Testament se vloed het.

Abraham was ‘n burger in die naby geleë dorpie Ur in Sumeria.

So ook is ‘n Sumeriese lied gevind wat die boom van die lewe beskryf, die vrugte wat

God die mens verbied om te eet. Die tuin van Edinnu, wat vlaktes beteken, waar jy God

EA sal vind.

Die Mesopotaniese kultuur het ‘n Slanggod benaamd Ningishzida gehad,

verteenwoordig deur twee vervlegde slange. Hoe ironies dit ookal mag voorkom, dit is

dieselfde simbool wat ons moderne mediese professie verteenwoordig. Soortgelyke

slang simbole het deurgans in antieke kulture die Godin of vroulike element in hulle

skepping voorgestel. Die vroeër konsep van die “Drie Enige God” is op die

familiebeginsel baseer en het dus ‘n Moeder God asook Vader God ingesluit. Dit

1

omskryf die balans tussen man en vroulikheid wat in latere gelowe verloor is. Al die

antieke gelowe in die Ooste en geestelike kulture soos Sumerië, Egipte, Grieke,

Amerikaanse ou Indiane en Australiese Aboringies, ken die krag en belangrikheid van

die vervlegde slange, ten einde die hoër vlak van ekstasie te bereik, bekend as

Kundalini. Hulle geloof in heropstanding en wedergeboorte was meestal simbolies die

slang se vervelling, ten einde van een stand na ‘n ander te beweeg.

Een Sumeriaanse kleitablet vertel die storie van Sargon, die Koning van die Semites,

versteek deur sy moeder in ‘n gevlegde palmietmandjie, aan die oewer van die

Euphrates laat wegdryf, om later deur die koning se herder gevind te word. Verdere

tablette vertel van die groot vloed, die val van die mens en die wette, wat met Moses

verbind word. Die storie van die Skepping met al die hooftemas soos omskryf in

Genesis, in die Ou Testament is, beskikbaar.

So omskryf ‘n ander Sumeriese kleitablet, die storie van Bel, die seun van God, ook

later bekend aan die Hebreërs, as Baal. Bel was die seun van die Vader God EA en die

Heilige Gees Anu.

Dit was die gebruik om ‘n Lam aan die Gode te offer, omdat die een tablet sê “Die Lam

is die mensdom se Plaasvervanger”. Hulle het dan ook geglo dat Bel gesterf en weer

opgestaan het ten einde hulle redding te verseker. Daar is gereeld van die offerhande

se bloed gedrink en van die vleis geëet. Die gebruik word vandag deur die Christene as

Nagmaal. (Engels Eucharist, en Grieks Eucharista), voortgesit met die eet van brood en

drink van rooiwyn. Die ritueel het ‘n kanabalistiese oorsprong.

Die Sumeriese beskawing het floreer en uitgebrei en ongeveer 3500 BCE was die

bekende stad Ur gebou. Hierna het, vermoedelik ‘n vloed afloop, die loop van die

Euphratesrivier verander. Dit het die bevolking gedwing om in die noorde te hervestig.

Bekend as Babilon, wat die “Hek van Gode” beteken.

In die Sumeriese beskawing was onderwys beskikbaar vir almal, en elkeen het die reg

gehad om te leer lees en skryf. Daar was biblioteke en universiteite. Dus ‘n

hoogsgevorderde gemeenskap.

Die kultuur van die Sumeriane was om ander te beïnvloed. Dit het ‘n sterk invloed op

die gebied wat ons vandag die Midde Ooste noem, gehad. Die Sumeriese gelowe en

kennis is oorgedra na die Egiptenare, Babiloniërs, Hebreërs en daarna die Grieke. Die

Grieke het weer die Romeine beïnvloed. Dit kan met alle reg gesê word dat die

Sumeriane alles wat na hulle gevolg het, wel beïnvloed het. Die Hebreërs het die

meeste van hulle geloof van Mesopotanië en Egipte verkry, wat dan oor die eeue, deur

geslagte, as Judaisme oorgedra is, en uiteindelik die basis vir die Christen geloof is.

Selfs die gedagte van die “Sabbatha”, Saterdag as rusdag, kom van Sumerië.

Sumer het lang tydperke van vrede ondervind, maar tussen-stede veldslae was

algemeen. Stadig het die verval ingetree en die beskawing het uiteindelik verdwyn. Die

gegeerte om jou geloof op ander af te dwing en ander se gevorderde kultuur te steel is

die normale verloop deur die geskiedenis, as menslike evolusie.

Die voortdurende interne konflikte het Sumerië verswak en so is hulle deur die Amoriete

oorwin. Die Amoriete het Sumer en Akkad saam gevoeg om die groter Babilonië te

vorm. Die Amoriete was ‘n Simitiese ras waarvan die Hebreërs ‘n vertakking was.

2

Koning Hammurabi, heerser van Babilon het ‘n stel wette ingestel vir hulle regstesel.

Hierdie wette is deur die Hebrëers, Grieke en Romeine aanvaar.

Die Assiriërs het sowat 160 kilometer Suid gereis en die Babiloniërs sowat 1280 BCE

oorval. Hulle koningryk is gedurende die daaropvolgende 200 jaar uitgebrei tot selfs oor

die Meditereense See. Na ‘n periode van interne konflikte het hulle selfs Egipte ingeval.

Hulle was fisies en finansieel uitgeput en is op hulle beurt deur die Galdene oorval. Die

beste bekendste Galdeense koning was Nebuchadnezzar wat van 604 tot 561 BCE

regeer het. Dit is hy wat deur Judea getrek het om Egipte te beset. Dit is die koning

wat die Jode gevange geneem het en hulle na Babilon, sy hoofstad, verskuif het. Dit is

dan ook hier in die ou Mesopotanië waar die Jode die blootstelling aan die

voorgenoemde stories van geloof geniet het.

Die volgende veroweraars van Babilonië was die Perse, ongeveer 539 BCE. Die Perse,

soos die ander volke, wou ook maar net hulle koninkryk vergroot en roof wat hulle kon.

Die Jode het dit as ‘n gulde geleentheid gesien en die Perse ondersteun. As beloning

vir hulle samewerking is die Jode toegelaat om terug te keer na Judea saam met hulle,

het die Jode natuurlik al die stories van die gelowe en Gode van Babilon geneem. Dit

sou later ‘n groot invloed op die ontstaan van die Joods, sowel as die daaropvolgende

Christengeloof tot gevolg hê. Ten spyte van die vele Babiloniese Gode wat verskeie

fasette van die natuur verteenwoordig, het die Perse slegs een God aanbid. Dit was ‘n

samevatting van die eienskappe van die vele Gode. Die ou gelowe en Gode sal

voortaan as mites voortleef.

Die Perse het teen ongeveer 500 BCE, die area vanaf Egipte tot die grens van Indië

beheer. ‘n Koninglike pad is vanaf die Persiese-golf tot die Aegean-see gebou. Dit het

kommunikasie, reise en handel drasties verbeter. Die Grieke het Babilon besoek en

van die stories van Bel en ander gelowe geleer. So het hulle vermeng met die mense

van Sirië en Indië. Kennis van die gelowe is oor en weer uitgeruil en wereens gaan die

samesmelting van mites, fabels en Gode, voort.

Dit is ook belangrik om kennis te neem dat ‘n deel van Mesopotanië deur Israeliete

beset was van 1300 tot 1000 BCE. Die Israeliete se Koninkryk, bekend as Kanaan,

Grieks as Phoenisië en volgens die Bybel as die “Beloofde Land”. Dit was aan die

Ooskus, tussen die Middetereen en Dooie See geleë. Die Kananiete, wie ‘n Simitiese

taal gepraat het, het die area reeds sedert 3000 BCE beset. Volgens die Grieke was dit

sedert 1000 BCE bekend as Phoenesië met ‘n hoofstad genaamd Ebla (vandag bekend

as Mardikh in Sirië). Phoenesië word ook in Afrikaans as Fenisië of Fenicië weergee.

Die koninkryk was groot met deel van Mesopotanië, Sirië en Palistina. Met die

oorwinning van die stad Tyre deur Alexander die Grote het die aparte geskiedenis van

Fenicië beëindig en die gevolglike verval van die stede. Opgrawings by Ebla in 1976 -

1977 het ‘n argief van tablette voorsien wat 3000 BCE dateer en plekname soos

Jerusalem en Gaza insluit. Die heerskappy was konings. Hulle was seevaarders,

handelaars en vakmanne veral in hout van Libanon en juweliersware. Dokumente wat

1929 by Ugarit in Sirië gevind is, beskryf hulle beskawing en Gode. Die Gode was veral

Baal, Astarte of Ishtar en Moloch.

Baal was ‘n Simitiese God. Die Feniciërs en die Kananiete het die hoof manlike Gode

Baal genoem. Die Gode was as Vrugbaarheidsgode aanbid en dikwels as orgiatiese en

3

falliese karakter. Die erotiese aspekte is ten strengste deur die Hebreeuse profete

afgekeer. Die Grieke het die Songod Baal as hulle eie Songod Helios interpreteer en

selfs die stad Baalbek in Egipte tot Heliopolis herdoop. Die ruïnes van Heliopolis

bestaan nog en sommige Romeinse tempels, soos die tempel van Bacchus, is nog baie

volledig. Bacchus, die God van drank, het sy oorsprong van Dionysus, die God van eet,

drink en vrolikheid. Hy was die tweekeer-gebore God wat dan ook wyn in water kon

verander.

Ishtar was die Godin van Liefde en Oorlog. Sy was hoofsaaklik aanbid deur die

Babiloniërs en die Assiriërs. Sy was dan ook verpersoonlik as die legendariese

Koningin Semiramis.

Moloch, ook bekend as Molech van ongeveer 700 BCE, se aanbidding was algemeen

as ‘n Jerusalem geloof. Die het hoofsaaklik gegaan oor offerhandes aan die Gode wat

dikwels lewendige kinders ingesluit het.

Die volgende is ‘n vertaalde uittreksel met insette vanuit professor Dawid Rohl se boek,

A test of time, insake die korrektheid van die Ou Testament. Hy is ‘n deskundige op

Egiptiese en antieke geskiedenis.

Voordat ons verder gaan met die geskiedenis van mites en geloof is dit nodig dat ons

vinnig na die Israelitiese geskiedenis kyk, ter verfrissing van ons geheue.

Ons begin by Abraham 2300 BCE van die Joodse bevolking, die eerste stamvader

volgens Genesis 11:28. Abraham was in Ur gebore, in Sumerië, die seun van Terah.

Hy het tesame met sy vader, sy vrou Sarah en sy neef Lot na Haran, in die Noorde van

Mesopotanië verhuis. Hiervandaan het hy ‘n lang reis begin waarna hy uiteindelik in die

sentraal, heuwelagtige omgewing van Kanaan vestig (dit is vandag die Wesbank). Dit is

dan hier waar hy God se belofte van grond ontvang het. Nadat hy Egipte besoek het,

het hy Lot by Bethel agtergelaat en in Hebron (vandag in Israel) gevestig.

Gedurende Abraham se reise het hy goeie verhoudinge met die stad Haran in Noord

Sirië opgebou. So het baie van die Israelitiese mans se bruide vanaf hierdie stad

gekom.

Abraham was nog kinderloos op ouderdom 76 en het gevolglik ‘n seun Ishmael met sy

vrou se lyfbediende, Hagar en op ouderdom 100, ‘n seun met sy vrou Sarah, genaamd

Isak, gehad.

Dit was gedurende Abraham se leeftyd wat die groot ramp Sodom en Gomora vernietig

het. Voor dit was daar groot hongersnood wat die bevolking in die Oostekant van Israel

drasties uitgedun het. Dit het Abraham gedwing om in Egipte skuiling te soek.

Die Aartsvader stamboom vervolg dan met Isak, die seun wie as offerhande in die

hande van sy vader, oorleef het. Die ontoegeeflike God van Abraham het aangedring

op ‘n menslike slagoffer ten einde sy beskermling se getrouheid te toets. Die menslike

eerste-geborene as offerhande, was daardie dae algemene gebruik. Argeologiese

bewyse vir hierdie praktyk was oral in die antieke wêreld gevind. Isak was die vader

van Esau en Jakob.

4

Jakob het weereens twaalf seuns gehad. Jakob het die senioriteit van sy tweelingbroer,

Esau verkry deur verneukery. Hy het met sy niggies Leah en Rachel getrou en moes 7

jaar vir elk van hulle, vir hulle vader, Laban werk. Hy het twaalf seuns gehad wie die

tradisionele voorvaarders van die twaalf stamme van Israel is. Gedurende die tyd van

hongersnood in Kanaan, het Jakob by sy seun Joseph in Egipte aangesluit.

Die storie van Joseph is een van die hoogtepunte in die Ou Testament. Dit begin met

die jaloesie van sy broers en hulle poging om van hom ontslae te raak. Hulle verkoop

Joseph aan Midiante reisigers op pad na Egipte, wie op hulle beurt hom as ‘n gedwonge

slaaf verkoop.

Die broers besmeer Joseph se mooi jas, met sy baie kleure, met die bloed van ‘n bok

en neem die na Jakob. Hulle vertel Jakob dat Joseph deur ‘n wilde dier gedood en

opgeëet was. Die sewentienjarige Joseph word ‘n slaaf in die huis van Potifar, ‘n

bevelvoerder van die wagte. Hy verwerp Potifar se vrou se liefdestoenadering en word

skuldig bevind aan seksuele teistering. Hiervoor beland hy in die tronk.

In die tronk bevriend hy die koning se bekerdraer en die koninklike bakker. Joseph

verklaar hulle drome. Na Joseph se vrylating en terugkeer na die paleis vertel die

bekerdraer Farao van die Hebreeu met sy sienervermoë. Die Farao was gepla met ‘n

herhalende droom van sewe vet koeie, wat uit die Nyl kom, gevolg deur sewe maer

koeie. Die maer koeie vreet die vet koeie op. Joseph interpreer die droom as sewe jare

van oorvloed gevolg deur sewe jaar van hongersnood. Die koning was so beïndruk dat

hy Joseph aanstel as die amptenaar in beheer van die opgaar van voorrade vir die

komende hongersnood. Joseph, nou dertig jaar oud, slaag in sy taak. So kom die

landbouverwerking ook onder sentrale bestuur.

Joseph trou intussen met Asenata, die dogter van Potifar, die hoërpriester van

Heliopolis. Hulle het twee seuns gehad, by name van Manasseh en Ephraim. Toe die

hongersnood tref, moes almal wie nie self voorsien het nie, sukkelaars en adelikes,

hulle grond verruil vir voorrade uit die koninklike skure. Dit het die koning se

grondgebied en sy mag drasties uitgebrei en gepaardgaande Joseph se invloed as

tweede magtigste persoon na die koning. Joseph word deur die koning vergoed en op

bevel kon hy in die Oostelike Nyl delta vestig, wat beskerming bied teen die

hongersnood.

Na ‘n reeks botsings met sy ouer broers en straf vir wat hulle aan hom gedoen het, is sy

vader Jakob met sy gunsteling seun Joseph verenig. Hierdie Israelies, nou minder as ‘n

honderd, vestig in die omgewing van Goshen. Dit het baie goed met hulle gegaan want

binne ‘n paar leeftye was hulle die land vol.

Joseph sterf intussen, word gebalsem en weggelê in ‘n grafkelder. Hy laat ‘n versoek

om eendag in die beloofde land begrawe te word.

Die massa aanwas van die Isrealiete bekommer die Farao’s en uiteindelik besluit een

om aksie te neem. Hy verslaaf die Israeliete en gee opdrag dat alle manlike kinders

dood gemaak word.

Dit is hier waar Moses gebore word en in die rietgevlegde mandjie op die water van die

Nylrivier gelaat word. Heel toevallig ontdek die kinderlose dogter van die Farao hom,

5

neem die kind aan en maak hom as Prins van Egipte, Moses, groot.

As volwassene ontdek prins Moses sy ware identiteit en begeer om hom met sy eie

mense te vereenselwig. Hy maak ‘n Egiptenaar dood, wie ‘n Egiptiese slaaf geslaan

het. In vrees vir sy lewe vlug hy. In sy omswerwinge in Sinai, beland hy in die tent van

Jetro, ‘n Midianitiese Priester. Hy trou met die priester se oudste dogter.

Dit is op hierdie stadium waar ons kennis neem van die God van Moses, in sommige

opsigte totaal verskillend van El, God van die stamvader Abraham. Hierdie gedaante

verandering stel homself bekend as “Ek is wat ek is”. Die God van Moses is Yahweh,

die een God van die Isrealiete. Die Jehovah van die Christen kerke. Soos die Egiptiese

God Seth, is hierdie God die God van die woestyn wildernis. Moses ontvang instruksies

van die woestyn God om sy mense uit slawerny, uit Egipte na die beloofde land te lei.

Terug in Egipte, faal Moses om die Farao te oortuig en die stryd tussen hulle neem ‘n

aanvang. Die tien plae tref die Egiptenare waarvan die laaste een, die dood van die

eersgeborene die deurslag gee. Moses lei sy mense die Sinai-woestyn in en bereik

berg Horeb waar Yahweh die tien geboue aan hom oorhandig. Na veertig jaar van

rondswerf in die woestyn sterf Moses en word begrawe op berg Nebo wat afkyk op die

Jordaanvallei en die beloofde land daarna. So eindig die storie van Exodus en begin

die oorwinnings= veldtog (oorlog).

Joshua se magte begin die oorlog met die aanval op Kanaan met die val van Jerigo.

Yahweh help om die mure te laat omval en die Israel soldate beset die stad en saai

verwoesting. Almal, mans, vrouens en kinders word vermoor. Die prostituut, Rahab en

haar familie word gespaar omdat sy die Israel spioene beskerm het. Die stad is

verbrand en was daarna vir eeue onbewoon.

Die Israeliete gaan voort en verwoes Ai en ‘n aantal ander stede in die heuwelagtige

omgewing en Shephelan voor die hoogtepunt van die veldslae, die beloofde land.

Koning Jabin word vermoor en sy stad Hazor verbrand.

Na die veldslae, vergader die Israeliete voor Shechem, die tempel van Baal-Berith (Lord

of the Covenant). Hier maak Joshua (Josua) ‘n groot klip staan, genaamd ‘n monoliet,

dus in eenstuk. Voor die klip sweer hulle trou aan Yahweh, die God van Moses en hulle

verlosser uit Egipte se verslawing.

Na die dood van Joshua volg die tyd van die Regters (leiers) wie die Israeliete in hulle

strewe na onafhanklikheid moes help, totdat Saul oorneem. Die hoofvyand was die

Fillistyne in die vyf kusstede naamlik Gath, Ashkelon, Gaza, Ashood en Ekron.

Verskeie leeftye na die verbond by Shechem verkies die inwoners Abimelech as hulle

koning, wie se drie jaar van heerskappy vol geweld en onderdrukking was. Die

inwoners kom in opstand teen die koning en sy troepe keer sowat een duisend inwoners

in die Migdol tempel vas. Die troepe kon nie deurdring nie en die koning beveel hulle

om die tempel aan die brand te steek. Hier word een duisend mense verbrand in die

tempel waar daar ‘n verdrag met Yahweh versweer was. Die koning is later gedood toe

‘n vrou ‘n maalsteen op sy kop laat val het.

6

Hierna volg ‘n paar karismatiese Israel-leiers maar die Fillistyne-druk word groter en

wanorde heers. So wys Samuel dan Saul as die gesalfde koning van Israel aan. Saul

begin ‘n veldtog teen die Fillistyne en sy seun, die brawe Jonathan vernietig die

Fillistyne pilaar by Geba en die ramhoring word geblaas as sein dat die rebellie begin.

By Gilboa word die Israeliete verslaan en Saul en sy drie oudste seuns gedood. Die

Israelmagte vlug oor die Jordaan.

Dawid, getroud met Saul se dogter, het sy dienste vir die koning van Gath aangebied,

nadat hy in onguns met Saul was. Dawid verval ook in onguns met die Fillistyne.

Dawid beset Jerusalem, die Joodse omgrensde gebied wat buite beheer van die twaalf

stamme gebly het. Die Israel hoofstad, bekend as die stad van Dawid word in 587BCE

deur die Babiloniërs oorval en vernietig. Dawid sit sy veldtogte voort en word ‘n magtige

staat. Dawid word opgevolg deur sy seun Salomo. Salomo bevriend sy bure, bou

tempels en dryf handel met almal. Hy trou ‘n Egiptiese prinses en word selfs deur

Koningin Skeba besoek.

Na Salomo verdeel die Verenigde State van Israel in twee. In die Suide is Rehabeam,

Salomo se seun met die koningkryk Juda, met Jerusalem as hoofstad. In die Noorde is

dit Jerobeam, wie in onguns met Salomo was. Jerobeam was die nuwe heerser van

Israel met Shechem as hoofstad. Sowat 925 BC neem Shishak, koning van Egipte, die

meeste van Juda oor. As teenprestasie om nie Jerusalem te verwoes nie, neem hy al

die waarde versierings en skatte van Salomo se paleis en tempel met hom terug na

Egipte.

Die gebeurtenis word deur Egiptiese geskiedenis bevestig in die veldtog van Farao

Shoshenk I van die 22ste vorstehuis, deur Shishak op Jerusalem. Verdere geskiedenis

word bevestig deur Mesopotaniese bronne. So bevestig Assirië Israel se deelname in

die slag van Karkar in 853 BCE, asook die monument van die Moabiete steen van 840

BCE.

Gedurende die heerskappy van Omri, word die noordelike koninkryk van Israel, nou met

hoofstad Samaria, deur die Assiriërs oorgeneem. Die laaste koning van Israel, Hosea

word in gevangenis aangehou in 722 BCE. Die Suidelike koninkryk het ongeveer ‘n 100

jaar later ook in die hande van die Babiloniërs van Nebuchadnezzar geval. Jerusalem

het in die somer van 587 BCE geval. Sy koning Zedekiah moes aanskou hoe sy seuns

sterf voordat sy oë uitgesteek was.

Die grootste gedeelte van die Judea-bevolking was verban na Babilonië waar hulle

gebly het tot die oorwinning van Ciprus van Persië, 539 BCE oor Babilon. Die

bannelinge was toe vrygelaat om terug te keer na Jerusalem om die tempel van

Yahweh, vernietig deur Nebuchadnezzar, te herstel.

Die voorgenoemde gee ‘n bondige opsomming van die geskiedenis van die Jode, hulle

blootstelling aan verskeie beskawings en die klaarblyklike invloed op hulle kultuur en

geloof. Hierdie invloed sal ook duidelik ‘n invloed uitoefen op die ander gelowe wat

hieruit voortspruit.

Die voorgaande sal dan ook vir u as leser beter insae gee oor u eie opvattings oor u

geloof, indien enige.

7

Die feite is verkry uit naslaanbronne deur erkende geskiedkundige navorsers, tydskrifte

en nuusblaaie or jare versamel, tot selfs die onlangse verlede.

Die kritiek is vanaf filosofiese tot persoonlike insette ten einde die waarheid vas te stel.

Die eerste vertrekpunt is dan of ‘n gebeurtenis werklik plaasgevind het, die vertaling die

betekenis regverdig en geloofwaardig is. Kan ‘n mens vandag nog aanvaar dat antieke

heilige en geïnspireerde geskrifte wel beteken, wat daarin staan? Is dit werklik

Godslastering om die geskrifte te bevraagteken, te besluit, wat jy wil glo of te ignoreer?

Sou u in ‘n hof die waarheid getuig en die Regter vind een fout daarmee en dalk nog ‘n

onsekerheid, word u as ‘n swak getuie geag? As daar geen bewyse of bevestigings van

u getuienis is nie, of sou dit geen logiese verband hê nie, sou selfs u dit as onsin

verwerp? Kom oordeel vir uself!

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!