04.05.2013 Views

Adriaan se artikel - afrikaans-ortodoks.co.za

Adriaan se artikel - afrikaans-ortodoks.co.za

Adriaan se artikel - afrikaans-ortodoks.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hierdie (vertaalde) aanhaling op die

omslag van William Dalrymple se boek,

From the Holy Mountain, waarin hy

verslag doen oor sy reise oor ‘n tydperk

van ses maande min of meer in die spore

van Johannes Moschos, het Adriaan

Mocke, met die aanmoediging en seën

van Vader Zacharias van die Afrikaanse

Ortodokse Bedehuis, “Betanië” net buite

Robertson, aangevuur om saam met sy

seun en skoonseun, ‘n pelgrimstog na

die berg Athos en ‘n paar Koptiese

kloosters in Bo-Egipte te onderneem.

Kort geskiedenis van die Christendom

Adriaan het sy praatjie met ‘n kort

inleiding oor die geskiedenis van die

Christendom

begin.

Voordrag met betrekking tot ‘n Pelgrimstog na

plekke van aanbidding in Egipte en Griekeland

Deur Adriaan Mocke, Edwin v.d. Vyver and Gottfried Mocke

Geredigeer deur Fiep le Roux

Tydens die Algemene Jaarvergadering op 22 Junie 2007, het Adriaan Mocke, sy seun, Gottfried Mocke, en skoonseun,

Edwin v.d. Vyver op baie interessante wyse aan lede verslag gedoen oor hul onlangse pelgrimstog na aanbiddingsoorde in

Griekeland en Egipte. Hulle het hulle voordrag toegelig met fotos van die verskillende kloosters en kerke wat hulle besoek

het.

“In die lente van 587 n.C. het twee

monnike op ‘n buitengewone reis

vertrek wat hulle in die vorm van ‘n

boog oor die hele Bisantynse wêreld sou

neem, van die kus van die Bosporus tot

by die sandduine van Egipte. Op pad het

Johannes Moschos en sy leerling

Sofronios die Sofis oorgebly in grotte,

kloosters, en afgeleë kluisenaarshutte,

waar hulle die wysheid van die

suilbewoners en die woestynvaders

versamel het, voor hulle brose wêreld

deur die groot ontploffing van die Islam

uitmekaar geruk is.”

Adriaan and Ed voor die

Klooster van die

Groot Lavra

Page 6

Die Romeinse

regering het die

Christendom

aanvanklik nie

verwelkom nie

en selfs daadwerklike

pogings

aangewend om

dit te onderdruk.

Dit het baie

Christene gedwing

om in die

geheim te aanbid.

Sedert die derde eeu het

hermiete die woestyne en berge van

Egipte, Palestina en die berg Athos

bewoon.

In 313 n.C. het die Keiser Konstantyn

die beroemde Edik van Milaan uitgevaardig,

wat die Christendom toegelaat

en op gelyke vlak met alle ander

godsdienste geplaas het.

In 330 n.C. het Konstantyn, op die

terrein van die ou Griekse dorp

Bisantium, Konstantinopel as die nuwe

Die Heilige Klooster van Iveron op Berg Athos

hoofstad van die Romeinse Ryk gevestig.

Die instroming van die Barbare, wat die

Romeinse ryk in die vyfde eeu ondergrawe

en tot die vorming van

Germaanse koninkryke in die westelike

deel daarvan gelei het, het uiteindelik

daartoe gelei dat die keiser Romulus in

Rome onttroon is. Hierdie opskuddings

het nie die lewe in die oostelike deel van

die ryk permanent ontwrig nie.

Die burgers van die Bisantynse Ryk het

‘n diepgaande belangstelling in gods-

dienstige kwessies gehad en nêrens het

godsdiens ‘n groter rol in die politieke

en maatskaplike lewe gespeel as in die

Bisantynse Ryk nie. Die westelike en

die oostelike dele van die Romeinse Ryk

het van mekaar vervreemd geraak en die

Griekse taal het in Konstantinopel geheers

terwyl Latyn die taal van Rome

Adriaan en Ed by die groot klok van die St.

Andrea mindere klooster op Berg Athos

was. Die mense in Konstantinopel het ‘n

meer mistieke kyk op die lewe gehad

terwyl dié van Rome meer prakties was.

Baie vrae is ge-opper oor die persoon en

natuur van Christus en sy verhouding

met die Godheid.

Terwyl die Nestoriane en die Oosterse

Kerke soos die Koptiese Kerk van

Egipte, die Ethiopiese Kerk en ander

geglo het dat Christus net een enkele

samegestelde natuur het, is hierdie leer,

met die steun van Pous Leo I, in 451 n.C

deur die Konsilie van Chalcedon veroordeel.

Die instellings van die “nuwe Rome”, of

Konstantinopel, sou die ontwikkeling

van Oos-Europa diegaande raak met die

gevolg dat die kultuur van die Balkan -

skiereiland en Rusland in wese Bisantyns

gebly het. Die mense in Oos-

Europa word, ten

spyte van nasionale

en politieke

verskille, deur

ortodokse

musiek, dogma,

rite en gebruike

aan mekaar verbind.

Dit het oor

die eeue heen nie

verander nie.

Die Heilige Klooster van

Gregoriou

Waarom die berg Athos besoek?

Adriaan het toe aan die gehoor verduidelik

wat hom en sy gesinslede beweeg het

om die berg Athos te besoek en by die

vereniging (Vriende van die berg Athos)

aan te sluit.

“Terwyl ons nie Ortodoks is nie, hoe

kon ons dit regverdig om geregtig te

voel om onsself as pelgrims na hierdie

uiters

eksklusieweortodokseenklawes

te

beskou?”

Mense wil

die berg

Athos

graag sien

soos dit

Die Heilige Klooster van Simonopetra

Berg Athos

Gottfried en Vader Lazarus voor die

Grot van St Anthonius

bewaar gebly het, nie net as museums

van Bisantynse en middeleeuse kuns,

argitektuur en kerkmusiek nie, maar as

baken wat lig uitstraal bo die toenemende

donkerheid van die tyd waarin

ons lewe.

Monnike beoefen hul lewenswyse op die

berg Athos al vir meer as ‘n duisend

jaar. Dit beteken ‘n volledige of

gedeeltelike onttrekking aan die wêreld

en die vrywillige onthouding van sekere

gewone, wetlike, alledaagse bedrywighede

van hierdie wêreld ter wille van

die onversteurde aanbidding van God.

Volgens wet word niks van die vroulike

geslag toegelaat om die berg Athosskiereiland

binne te gaan nie. Vandag

word hierdie reël net vir katte verslap.

Deesdae besoek meer as vyftigduisend

mans die berg Athos jaarliks. Hoewel dit

in Griekeland geleë is, is dit nie tipies

Grieks nie, maar waarlik ekumenies en

behoort dit aan die wêreld van die Ortodoksie.

Besoek aan die berg Athos

Edwin van der Vyver het toe by sy

skoonpa oorgeneem en verduidelik dat

‘n hele aantal weke se beplanning die

reis voorafgegaan het. Hy het ‘n brief

getoon wat Adriaan van Prins Charles

van Engeland ontvang het waarin hy

skryf dat hy geraak is deur wat Adriaan

aan hom geskryf het en dat hy sy allerbeste

wense vir ‘n wonderlike besoek

aan die Heilige Berg stuur. Net 100 ortodokse

pelgrims en tien nie-ortodokse

besoekers (Katolieke ingesluit) word per

dag toegelaat. Die eerste stap was om

die nodige permit te bekom om Athos te

besoek en daar oor te bly.

Die berg Athos is ‘n outonome provinsie.

Die wetgewende gesag word uitgeoefen

deur die Heilige Raad, saamgestel

uit twintig lede, een van elk van

die bewindhebbende kloosters.

Die skiereiland strek tot in die

Egeïese See tussen die Thermaïese

en Strimoniese golwe

en is ongeveer 60 kilometer

lank en 8-12 kilometer wyd.

In 885 n.C. het ‘n proklamasie

van die Keiser Basilius I Athos

amptelik erken as gebied wat

uitsluitlik aan monnike en hermiete

behoort. Vandag is daar

twintig bewoonde kloosters plus ‘n aantal

kleiner afhanklike instansies en kluisenaarswonings.

Die kloosters is selfregerend.

Die meeste is in die tiende en

elfde eeue gestig. Die jaar 963 n.C. is

die amptelike datum vir die stigting van

die eerste klooster, die beroemde Groot

Lawra , wat die latwerk hutte met groot

klipgeboue en die asketiese lewe van die

enkeling met ‘n ge-organiseerde gemeenskaplike

lewe vervang het.

Koptiese buurt in Kaïro

Die Klooster van St Anthoius in Egipte

Ongeveer 2000 monnike woon in die

kloosters. Die kos van die monnike

bestaan hoofsaaklik uit tamaties, bone,

growwe brood, olywe, blaargroente,

kaas en pasta.

Sedert die tyd van Sint Basilius (329-

379 n.C) word die lewe van die monnike

streng voorgeskryf. Basilius was van

mening dat eensame askese onvrugbaar

is en dat gebed waarskynlik geestelik

meer bevre-digend is wanneer dit met

tuin- en landbouwerk afgewissel word.

‘n Daaglikse

roetine van

openbare gebed

en aanbidding

is by

individuele

meditasie

gevoeg.

Gottfried en Adriaan saam met Vader

Lazarus by die St Anthoniusklooster

Besoek aan Egipte

Gottfried het ten slotte gepraat oor die

reis na die kloosters van Egipte en die

Koptiese buurt in Kaïro. Voor hul vertrek

na Egipte het hulle ‘n aanbevelingsbrief

van Biskop Markos van die Koptiese

Kerk in Suid-Afrika ontvang. Tien

persent van die bevolking van Egipte is

Kopties-Ortodokse Christene. Die Koptiese

Christendom verskil van die Bisantynse

en Roomse Kerke wat leer en ritueel

betref. Die Koptiese gemeenskap

het onder die leierskap van die huidige

Pous, Sjenoeda III, ‘n herlewing ondergaan.

Die oorsprong van die kloosters van Sint

Antonius en Sint Paulus kan teruggevoer

word na die vroegste jare van die Christelike

kloosterwese. In hierdie kloosters

word rites gevier wat oor sestien eeue

amper geensins verander het nie. Sint

Antonius word as die vader van die

kloosterwese beskou. Die kloosters het

egter nuwe lewe gekry deur ‘n nuwe

geslag hoogsopgevoede monnike wat op

die oomblik 65

Bladsy 2

universiteitsgegradueerdes en oudberoepslui

insluit.

Die kloosters bevind hulle in ‘n indrukwekkende

omgewing met ‘n

vreedsame atmosfeer. Die blyplek is

eenvoudig, byna Spartaans. Die Sint

Antoniusgrot is 2 km. van en 276 m.

bo die klooster geleë. ‘n Mens bereik

die grot deur 1200 trappies te klim

(45 min.).

Hoogtepunte van die Sint Antoniusklooster

het ‘n besoek ingesluit aan

die slot, ‘n met roet besmeerde bakkery,

en die biblioteek met oor die

1700 manuskripte. Party van die

muurskilderye in die vyf kerke dateer

uit die sewende eeu.

In die Koptiese buurt van Kaïro staan

donker kerke styf teen mekaar en

getuig van die Kopte se blywende

geloof oor die eeue heen.

Sy Heiligheid, Pous Sjenoeda

van die Kopties-Ortodokse Kerk

‘n Koptiese Kruis

Bronnelys:

Dalrymple,W.1999. From the Holy Mountain. New York:

Owl Books.

Hayes, C.J.H. a.o. History of Western Civilization. 1967. 2de.

uitgawe New York: Macmillan.

Kadas, S. 1979. Mount Athos: an illustrated guide to the

monasteries and their history. Athens: Ekdotike Athenon

S.A.

Bladsy 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!