04.05.2013 Views

Die Koninkryk van God

Die Koninkryk van God

Die Koninkryk van God

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ALS Selgroepe

Jan – Maart 2011

Die Koninkryk van God

HANDLEIDING 1

A

L B E R TO N

L S

EW EN ENTRUM

GEMEENTE

Die tema van selstudie in 2011 is gefokuks op die drie hoofprioriteite van God:

dat ons vir sy Koninkryk en saak sal lewe;

dat ons sal werk vir die redding van alle mense;

en dat ons sal toelaat dat Hy ons na Sy beeld verander.

Koms van koninkryk

Redding van mense

Leef na Sy beeld

ALS lei dié prioriteite af uit die Skrifgedeelte wat vir ons belangrik is omdat

Jesus daarmee die hele openbaring van God opsom.

Markus 12 28 Een van die skrifkenners het nadergestaan en geluister na die

argument. Beïndruk deur Jesus se goeie antwoord aan die Sadduseërs, vra hy

Hom toe: “Watter gebod is die heel belangrikste?” 29 Jesus het hom

geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die

Here ons God is die énigste Here. 30 Daarom moet jy die Here jou God liefhê

met jou hele hart, met jou ganse gemoed, met jou totale verstand en met al

jou krag’ (die aanhaling kom uit Deuteronomium 6:4-5). 31 Die tweede gebod

Bladsy 2 van 25

is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’ (die aanhaling kom

uit Levitikus 19:18). Dit is die allerbelangrikste opdrag.”

Soos

jouself

Jy moet jou

naaste liefhê

Jy moet die Here jou God

liefhê met jou hele hart,

met jou ganse gemoed,

met jou totale verstand en

met al jou krag

Hieruit kom ALS se visie: Om God en mens liewer te hê.

Ons meen dis die belangrikste waarmee jy as kind van God jou besig kan hou.

Daarom nooi ons jou om in 2011 saam met ons die pad te stap om dit wat vir

die Here die belangrikste prioriteite is, te verwesenlik met die manier waarop

jy leef.

Bladsy 3 van 25

INHOUDSOPGAWE

Les Tema Datum Bladsy

1 Wat is Jesus se sentrale boodskap? 25-27 Jan 5

2

3

4

5

Wat beteken die koms van die

koninkryk vir die vyand?

Die koninkryk van God en die ewige

lewe

Hoe leef ek die koninkryk van God

prakties uit?

Het die koninkryk van God alles in jou

lewe aangebreek?

1-3 Feb 8

8-10 Feb 11

15-17 Feb 13

22-24 Feb 15

6 Luister na die Koning se stem 1-3 Maart 17

7 Finale gedagtes 8-11 Maart 19

Bladsy 4 van 25

TEMA: WAT IS JESUS SE SENTRALE BOODSKAP?

LES 1: 25-27 JANUARIE 2011

VRAAG: Jesus verwys so gereeld na “die koninkryk van God” dat jy kan sê

dat dit die sentrale tema in sy verkondiging is. Wat dink jy bedoel Hy met dié

uitdrukking?

ANTWOORD: Jy kan ‘n koninkryk definieer as ‘n regeringsvorm waar ‘n

koning oor ‘n volk heers. In antieke tye het konings absolute mag gehad, sodat

hulle woord wet was. As ons aan die Suid-Afrikaanse situasie dink, dan is die

antieke koning die ekwivalent van ons president gekombineer met sy kabinet.

Die koninkryk van God is dus 'n ryk waar God as Koning oor die hemel en aarde

regeer. Alle mense is aan Hom onderworpe, maar nie alle mense erken sy

heerskappy oor hulle lewe nie. Johannes 1 verwys na Jesus en sê: “ 9 Hy wat die

betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld. 10 Maar

toe Hy wel in die wêreld was – dié wêreld wat deur Hom ontstaan het – het die

mensdom Hom tog nie erken nie. 11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het

sy eie mense Hom nie aanvaar nie. 12 Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié

wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13 Hulle is

nie uit fisiese oorweging gebore nie; ook nie na aanleiding van die wilsbesluit

van ’n mens nie. Hulle is uit God gebore.”

VRAAG: Wat sê dit oor God se heerskappy in ons wêreld?

ANTWOORD: Die Koning se onderdane is die mense wat in Hom glo en

daarom aan Hom gehoorsaam is. In hulle lewe kom die koninkryk.

Die eerste drie evangelies, Matteus, Markus en Lukas, vertel dat die koninkryk

in drie fases gaan kom:

1. die koninkryk het reeds gekom, want waar Jesus is, daar is die

koninkryk;

2. die koninkryk sal kom,wanneer Jesus sy bruid kom haal om met haar te

trou en saam op die nuwe aarde te gaan woon;

3. en die koninkryk is nou hier waar Jesus deur sy Gees in mense se lewens

regeer. Wat sê dit vir jou: dat God se heerskappy aangebreek het toe

Jesus as mens na die aarde gekom het; dat sy heerskappy eendag sal

Bladsy 5 van 25

aanbreek wanneer ons op sy nuwe aarde gaan bly; en dat sy

heerskappy in jou lewe aanbreek wanneer Hy in jou lewe regeer sodat

Hy deur jou kan lewe.

Koninkryk het gekom

Koninkryk gaan nog kom

Koninkryk kom nou

Wanneer Jesus aan die kruis sterf, bring Hy versoening vir ons sondes. Kyk na

Kolossense 2: “ 13 Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle

sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met

Christus lewendig gemaak toe Hy julle al julle sondes vergewe het. 14 Hy het die

dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit

van ons af weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 15 So het Hy die

hemelse en aardse magte ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik

gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.”

VRAAG: Volgens Kolossense 2:13-15, wat het alles aan die kruis gebeur?

ANTWOORD: Volgens Markus 2 nooi Jesus vir Levi (of Matteus), ‘n

tollenaar of belastinggaarder, om sy dissipel te word. En dan lees jy: ‘ 15 Levi het

Jesus en sy dissipels genooi om saam met sy medetollenaars en ander berugte

sondaars by hom te kom eet. (Daar was baie van hierdie mense wat agter Jesus

aan gekom het.) 16 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die

Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het

hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele

karakters eet?” 17 Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die

dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het gekom om sondaars na die koninkryk

te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.”’

VRAAG:Volgens Markus 2, wie is welkom in Jesus se koninkryk? En wie nie?

ANTWOORD: In Markus 10:13-16 lees jy hoe ouers graag wou hê dat Rabbi

Jesus hulle kinders aanraak en seen, maar die dissipels verjaag hulle. Die

Bladsy 6 van 25

Leermeester het nie tyd nie! Jesus reageer verontwaardig as Hy dit sien en sê

dan: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom. Moenie hulle keer nie.

Want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is. 15 Ek verseker

julle, wie God se koninkryk nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar

ingaan nie.” Dan sit Hy sy arms om hulle, lê sy hande op hulle koppe seen hulle.

Die volgende verhaal (in Markus 10:17-27)is van ‘n jongman wat vir Jesus vra:

“Goeie leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus

antwoord: Jy moet die gebooie onderhou. Die jongman sê: Ek het dit van my

kinderdae af gedoen. En dan reageer Jesus met:“Jy kom net een iets kort. Gaan

verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes. Dan sal jy ’n skat in die

hemel hê. Kom dan en word my dissipel.”Die jongman sien nie hiervoor kans

nie, en gaan teleurgesteld en verslae terug huis toe. En dan sê Jesus vir sy

dissipels: “Hoe moeilik is dit nie vir ryk mense om in God se koninkryk te kom

nie!My liewe kinders, dit is bitter moeilik om in die koninkryk van God te kom.

25 Dit is makliker vir ’n kameel om deur ’n naald se oog te kom as vir ’n ryke om

in God se koninkryk te kom.”

VRAAG:Wat dink jy bedoel Jesus hiermee?

VRAAG:Gaan dit om ryk mense as sulks?

VRAAG:Of om mense wat op hulleself aangewese is, en nie besef hoe afhanklik

hulle van God is nie, soos ‘n kind van sy/haar ouers afhanklik is?

Bladsy 7 van 25

TEMA: WAT BETEKEN DIE KOMS VAN DIE KONINKRYK VIR DIE VYAND?

LES 2: 1-3 FEBRUARIE 2011

Opsomming van Les 1:

Ons het verlede week gesels oor die koninkryk, en spesifiek oor wanneer dit

kom: God se heerskappy het aangebreek toe Jesus as mens gebore is en veral

toe Hy aan die kruis gesterf het, sy heerskappy kom elke keer wanneer ek en jy

Hom toelaat om deur ons te lewe, en sy heerskappy gaan finaal en

onverhinderd aanbreek wanneer God dié wêreldorde tot ‘n einde bring en ‘n

nuwe wêreld gaan skep.

Ons het ook gevra: vir wie kom die koninkryk? En ons het gesien God regeer in

mense se lewens wat hulle afhanklikheid van Hom bely, soos kindertjies wat

besef hoe nodig hulle hulle ouers het.

Jy lees hoe die Gees direk na sy doop vir Jesus die woestyn ingelei het in

Matteus 4:1-11. Hier vas Jesus vir veertig dae, en aan die einde daarvan kom

die duiwel, die groot versoeker, na Hom toe en versoek Hom op drie maniere.

Kyk na die derde versoeking: “ 8 Vervolgens neem die duiwel Hom na die top

van ’n baie hoë berg en wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle

prag en praal. 9 Daarop sê hy vir Jesus: “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy

moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.” 10 Toe sê Jesus vir hom: “Trap,

Satan! Daar staan in die Skrif: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen

vereer.’”

VRAAG: Aan wie behoort dié wêreld, volgens dié Skrifgedeelte? Kyk ook

na 2 Korintiërs 4: “ 4 Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die

ongelowiges verblind sodat hulle die lig van die Goeie Nuus nie kan sien nie.

Dit is die Goeie Nuus van die heerlikheid van Christus, Hy wat die ewebeeld

van God is.”

VRAAG: Wie is die god van hierdie bedeling?

Lukas 10:1-20 vertel hoe Jesus 72 dissipels gekies het en hulle in pare vooruit

gestuur het na al die dorpe en plekkies wat Hy wou besoek, met die instruksies:

“Genees die siekes, en sê: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby

julle.’ 10 Maar as ’n dorp weier om julle te ontvang, gaan uit in die strate en sê:

Bladsy 8 van 25

11 ‘Ons vee die stof van julle dorp van ons voete af as ’n openbare

aankondiging van julle oordeel. En moenie vergeet dat die koningsheerskappy

van God naby is nie!’ 12 Ek verseker julle, selfs die bose Sodom sal in die

oordeelsdag beter daaraan toe wees as só ’n dorp.”Toe die 72 dissipels

terugkom, het hulle met vreugde gesê: “Here, selfs die duiwels gehoorsaam

ons wanneer ons u Naam gebruik!” Hierop antwoord Jesus hulle: “Ek het Satan

uit die hemel sien val soos ’n weerligstraal! En Ek het julle gesag gegee oor alle

mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle

vermorsel. Niks sal julle beseer nie. 20 Maar moenie bly wees net omdat bose

geeste julle gehoorsaam nie; wees bly omdat julle name opgeteken is as

burgers van die hemel.”

VRAAG: Wat beteken dit vir die bose magte, dat die koninkryk van God

besig is om aan te breek?

VRAAG: En watter invloed oefen jy uit wanneer jy meewerk om die

koninkryk van God in jou wêreld te laat aanbreek deur die manier waarop jy

lewe?

Nuwe

koninkryk

Duiwel

Gelowiges

Bose

magte

Jesus

ANTWOORD: Die einde is besig om aan te breek vir die bose magte en

hulle volgelinge. Volgens Matteus 13:24-30; 37-43 vertel Jesus ‘n gelykenis:

“God se koningsheerskappy kan vergelyk word met ’n man wat goeie saad op

sy land saai. 25 Maar een nag, terwyl die mense geslaap het, het sy vyand

gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. 26 Toe die groen koring

opskiet en in die aar begin kom, verskyn terselfdertyd ook die onkruid. 27 Die

slawe van die boer kom toe en sê vir hom: ‘Meneer, u het tog goeie saad op u

Bladsy 9 van 25

land gesaai. Waar kom die onkruid dan vandaan?’ 28 “‘Dis ’n vyand se werk!’ het

hy uitgeroep. “‘Moet ons die onkruid gaan uittrek?’ vra sy slawe hom. 29 “Maar

hy antwoord: ‘Nee, dalk trek julle die koring saam uit wanneer julle die onkruid

in bondels uittrek. 30 Laat albei saam groei tot oestyd. Dan sal ek vir die mense

wat oes, sê: ‘Maak eers die onkruid bymekaar. Bind dit dan in bondels vas om

verbrand te word. Maar bring die koring bymekaar in my skuur.’” Sy dissipels

kom vra Hom dan agterna dat Hy die gelykenis vir hulle moet verklaar. Hy doen

dit dan: “Ek, die Seun van die Mens, is die boer wat die goeie saad saai. 38 Die

saailand is die wêreld. Die goeie saad is die mense wat aan God se koninkryk

behoort. Die onkruid is hulle wat aan die Bose behoort. 39 Die duiwel is die

vyand wat die onkruid saai. Die oestyd is die voleinding van die wêreld en dié

wat oes, is die engele. 40 Net soos die onkruid bymekaargemaak word en

verbrand word, so sal dit ook wees by die voleinding van die wêreld. 41 Ek, die

Seun van die Mens, sal my engele uitstuur. Hulle sal alles wat sonde veroorsaak

en almal wat God se wet oortree uit my koninkryk verwyder 42 en hulle in die

brandende oond gooi. Daardie mense sal bitterlik huil en van selfverwyt op

hulle tande kners. 43 Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son

skitter in die koninkryk van hulle Vader. Elkeen wat kan hoor, moet goed luister

na wat Ek sê.”

VRAAG: Volgens Matteus 13:24-30, wat is die einde wat wag op die mense van

die koninkryk, en die mense wat gekies het om nie deel van God se heerskappy

te wees nie?

Net hierna vertel Jesus nog ‘n gelykenis, in Matteus 13: 44 “God se koninkryk is

soos ’n skat wat in ’n stuk grond weggesteek lê. Iemand kry dit daar, maar steek

dit dadelik weer weg. Oorstelp van blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het,

en koop daardie stuk grond.”Wat sê dié verhaal vir jou? Kyk ook na die

volgende verhaal in Matteus 13: 45 “God se koninkryk is ook soos ’n

pêrelhandelaar op soek na mooi pêrels. 46 As hy een baie kosbare pêrel

raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie pêrel.”Wat is die

belangrikste in dié lewe?

Volgens Matteus 20:20-28 kom die ma van twee van Jesus se dissipels by Jesus

aan met ‘n spesiale versoek: “In u koninkryk, wanneer U op u troon sit, mag my

Bladsy 10 van 25

twee seuns op die ereplekke regs en links van U sit?” Jesus verduidelik dan dat

sy koninkryk nie te doen het met magsposisies, en heersers wat oor ander

baasspeel nie. “Julle weet in hierdie wêreld tiranniseer die maghebbers die

nasies, en die magtiges domineer hulle. 26 Maar onder julle moet dit heeltemal

anders wees. Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort julle dienskneg te wees.

27 En wie die eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. 28 Selfs Ek, die

Seun van die Mens, het nie gekom om gedien te word nie, maar om dienste

lewer en boonop my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense.”

VRAAG: Volgens Matteus 20:20-28, hoe dink jy werk die magstrukture in

die koninkryk?

Bladsy 11 van 25

TEMA: DIE KONINKRYK VAN GOD EN DIE EWIGE LEWE

LES 3: 8-10 FEBRUARIE 2011

Opsomming van Les 2

Ons gesels oor die koninkryk van God, en het verlede week gevra: wat beteken

die koms van die koninkryk vir die heerser van dié wêreld en sy volgelinge?

Wat is die waarde van die koninkryk? En hoe werk mag in die nuwe koninkryk?

Wat die eerste drie evangelies (Matteus, Markus & Lukas) “die koninkryk van

God” noem, beskryf die Johannesevangelieas "die ewige lewe". Daarom skryf

Johannes in die bekende Johannes 3:16 dat God die mensdom só liefgehad het

dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan

nie maar die ewige lewe sal hê. En dan voeg hy by in Johannes 3: “ 36 Wie glo in

die Seun, besit nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun

ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op

hom.”

VRAAG: Waaruit bestaan “die ewige lewe”, volgens Johannes 17:3? “ 2 U

het aan die Seun volmag gegee oor die hele mensheid om aan almal wat U aan

Hom gegee het, die ewige lewe te gee. 3 En die inhoud van die ewige lewe is dat

hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 4 Ek het

U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te

doen. 5 Verheerlik My dan nou ook by Uself, Vader, met die heerlikheid wat Ek

by U gehad het nog voordat die wêreld bestaan het.”

Koninkryk

Ewige lewe

Om God te

ken

VRAAG: Wat beteken dit: om die enigste ware God te ken, en Jesus

Christus? Waaruit bestaan dié kennis?

Bladsy 12 van 25

ANTWOORD: In die wêreld waarin die Bybel ontstaan het, verwys “kennis”

nooit eksklusief na inligting nie, maar na ‘n verhouding tussen twee mense wat

daartoe lei dat hulle saam met mekaar leef en stap, en mettertyd mekaar beter

leer ken. God se koninkryk, of die ewige lewe, bestaan daaruit dat ‘n mens met

God ‘n pad stap, dat julle gemeenskap met mekaar het en dat Hy al meer

beheer van jou lewe oorneem.

‘n Belangrike deel van koninkryk of ewige lewe het te doen met wat dié wêreld

jou nie kan bied nie. Daarom gebruik Jesus by Lasarus se graf, volgens Johannes

11:25-28, die mees rewolusionêre woorde wat dalk nog ooit op aarde

uitgespreek is:“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf

hy ook. Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie.”

VRAAG: Wat hoor jy hierin? Maar hoor ook wat Jesus volgens Johannes 5

sê: 24 “Dit verseker Ek julle, wie my woorde hoor en vertrou op Hom wat My

gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds

oorgegaan uit die dood na die lewe. 25 Ek verseker julle, daar breek ’n uur aan,

en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor en

dié wat dit gehoorsaam, sal lewe. 26 Soos die Vaderlewe in Homself het, só het

Hy dit ook aan die Seun gegee om lewe in Homself te hê. 27 Hy het Hom ook

volmag gegee om te oordeel omdat Hy die Seun van die Mens is. 28 Moenie

hieroor verwonderd wees nie: Daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte

is, sy stem sal hoor 29 en sal opstaan. Dié wat goedgedoen het, sal opstaan om

vir altyd te lewe, en dié wat kwaad gedoen het, sal opstaan om veroordeel te

word. 30 Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit My eie te doen nie. Soos Ek dit

van die Vader hoor, oordeel Ek en my oordeel is billik omdat dit nie my wil is

wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.”

VRAAG: Volgens Johannes 5:24-30, wat verwag die Christen van die

toekoms? Hoe beïnvloed dit ons daaglikse lewe hier op aarde?

VRAAG: Waaruit bestaan die lewe na die dood? Kyk na 1 Johannes 3:

ANTWOORD: “Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het.

Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die

wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders

van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is

Bladsy 13 van 25

dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos

Hy regtig lyk. 3 Almal wat uit hierdie Christusverwagting leef, hou hulleself

vlekkeloos soos Hy vlekkeloos is.”

VRAAG: Wat wag vir jou ná die dood?

ANTWOORD: Die koninkryk beteken dus dat jy in ‘n persoonlike

verhouding met die Here leef, dat jy oomblik-vir-oomblik in kontak met Hom bly

en doen wat Hy van jou vra. Eintlik beteken dit dat jy jou lewe vir Hom

beskikbaar stel sodat Hy deur jou kan lewe. Dink jy dis moontlik om so te lewe?

Wat gaan dit van jou vra?

Dit is immers waarvoor God die mens gemaak het – om Hom op aarde te

verteenwoordig - volgens die skeppingsverhaal in Genesis 1:26-27: ‘“Laat Ons

die mens maak volgens ons beeld, ’n afbeelding van Ons. Laat hulle soos

konings heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere,

oor die wilde diere, oor alles wat op die aarde kruip.” God het mense geskep na

sy beeld; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy

hulle geskep

VRAAG: Volgens Genesis 1:26-27, wat beteken dit: om na God te lyk, of om

na sy beeld geskep te wees?

VRAAG: Wat is jou doel op aarde?

Bladsy 14 van 25

TEMA: HOE LEEF EK DIE KONINKRYK VAN GOD PRAKTIES UIT?

LES 4: 15-17 FEBRUARIE 2011

Opsomming van Les 3:

In verlede week se studie het ons gesien dat Johannes se weergawe van “die

koninkryk van God” die ewige lewe is. En die ewige lewe bestaan volgens die

Johannesevangelie daaruit dat jy God ken, dat jy in ‘n persoonlike verhouding

met Hom staan. Ons het daarop gewys dat dit te doen het met hoekom God

ons gemaak het, sodat ons namens Hom hierop aarde leef, as sy

verteenwoordiger. Maar dit gaan ook verder, en het te doen met wat

gelowiges van die toekoms verwag: ‘n nuwe wêreld wat gaan werk omdat God

oor alles en almal regeer, en alle mense onder Hom gaan floreer en gelukkig

gaan wees.

VRAAG: Wat beteken dit om die eerste drie bedes van die bekende Onse-

Vadergebed te laat gebeur in jou lewe? Matteus 6: “Ons Vader in die hemel,

laat u Naam geheilig word. 10 Laat u koningsheerskappyspoedig kom. Laat u wil

hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.”

VRAAG: Hoe kan jy God se teenwoordigheid in jou lewe, sy Naam, heilig en

eer?

VRAAG: Hoe kan jy Hom as Koning in jou lewe bevestig?

VRAAG: Hoe kan jy Hom toelaat om in jou lewe te doen wat Hy wil? Wat

vra dit van jou?

Kom ons wees meer konkreet:

VRAAG: Hoe sal jy die koninkryk van God in jou daaglikse lewe kan laat

kom in die spesifieke werksomstandighede waarin jy jou bevind?

VRAAG:En in die mees intieme verhoudings in jou lewe, met jou gesins- en

familielede?

VRAAG: Wat sal jy moet doen om die koninkryk te laat kom in hoe jy jou

finansies spandeer?

Bladsy 15 van 25

En in hoe jy jou vrye tyd inruim? Hoe kan jy die koninkryk daarin en daardeur

laat kom?

In Jakobus 2 praat die skrywer oor iets wat eg menslik is: dat ons ryk mense

met handskoene behandel terwyl ons geneig is om op arm mense neer te sien,

asof rykdom iets inherent aan die mens is. Nee, sê Jakobus, as jy deel van God

se koninkryk is, diskrimineer jy nie op die uiterlike af tussen mense nie. Want

God kies juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die

geloof. En dit is húlle wat die erfgename is van die koninkryk wat Hy belowe

het aan dié wat Hom liefhet. In vers 8 voeg hy dan by: ‘ 8 Julle doen inderdaad

die regte ding as julle God se koninklike wet uitleef soos dit in die Skrif staan:

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”’

VRAAG: Wat is die wet van die koninkryk? Jakobus voeg dan nog daarby:

“ 12 Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy

beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. 13 Jy sal

verseker geen deernis (of barmhartigheid) kry as jy nie deernis betoon nie. God

se deernis vir jou is egter sterker as sy oordeel.” Een van die belangrike

elemente van liefde is deernis, of barmhartigheid. Wat vra dit van jou, veral te

midde van baie mense rondom ons wat arm is en swaar kry en ly?

Julle is die sout

• As die sout laf geword het!

Julle is die lig

• As die lig weggesteek is!

Matteus 5 beskryf wat koninkryksmense se taak in die wêreld is. Hoor hoe

Jesus dit beskryf: 13 “Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak.

Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is

totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi

en deur die mense platgetrap te word. 14 Julle is die lig wat die wêreld moet

Bladsy 16 van 25

verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 15 ’n

Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit dan onder ’n emmer toe nie.

Allesbehalwe! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die

huis. 16 Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal.

Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” Gesels

bietjie daaroor: wat beteken dit om sout en lig in jou wêreld te wees? Hoe kan

jy die koninkryk laat kom deur sout en lig te wees?

Bladsy 17 van 25

TEMA: HET DIE KONINKRYK VAN GOD ALLES IN JOU LEWE

AANGEBREEK?

LES 5: 22-24 FEBRUARIE 2011

Opsomming van Les 4:

Verlede week het die studie gevra: hoe kan ek en jy die koninkryk in ons

daaglikse lewe laat aanbreek? Wat sal ons anders moet doen? Op watter

manier sal ons anders moet wees? Ons het gesien dat die wet van die

koninkryk van God liefde is, en dat dit deernis en barmhartigheid teenoor

ander mense insluit. Jesus het ons taak as koninkryksmense beskryf in terme

daarvan dat ons die wêreld se lig en sout moet word.

Jesus begin sy bergrede in Matteus 5 met ‘n beskrywing van hoe die burgers

van God se koninkryk lyk, en wat hulle gelukkig maak. Die koninkryk dra nuwe

waardes in jou lewe in, en dit is waaroor dit hier gaan. Luister wat sê Jesus:

3 “Gelukkigis dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want hulle het deel

aan sy koninkryk. 4 Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane

afvee.” Gesels bietjie hieroor:

VRAAG: Hoekom hou die koms van die koninkryk verband met mense wat

weet hoe nodig hulle God het, en wat daarom gereeld treur omdat hulle besef

hoe dikwels hulle Hom teleur stel?

Koninkryksmense is mense wat sag van hart is, en die nuwe aarde sal hulle

erfporsie wees. Daarom is hulle gelukkige mense.

VRAAG: Wat beteken dit: om sag van hart te wees?

ANTWOORD: Vervolgens sê Jesus: “ 6 Gelukkig is dié wat honger en dors na

wat voor God reg is,want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.” Wat beteken

dit, in die wêreld waarin jy leef? In vers 10 voeg Jesus by: “Gelukkigis dié wat

vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy

koninkryk.” Wat beteken dit?

Jesus voeg by: “ 7 Gelukkig is dié wat met deernis uitreik na mense in nood, want

God sal aan húlle deernis bewys.”

VRAAG: Hoe kan jy hieraan uitvoering gee?

Bladsy 18 van 25

In vers 8 hoor ons: “Gelukkig is dié wie se hartevolkome op God gerig is, want

hulle sal vir God sien.” Ons gaan volgende week hieroor gesels.

VRAAG: Hoe gaan dit met jou stiltetyd?

Jesus sê ook: “ 9 Gelukkigis die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is

mý kinders.’”

VRAAG: Wat bedoel Hy met dié woorde?

Matteus se evangelie is spesifiek aan Jode gerig. Daarom praat hy eerder van:

die koninkryk van die hemele, omdat Jode nie direk na God wou verwys nie

omdat hulle so ‘n groot respek vir Hom gehad het. Jode het probeer om God te

behaag deur die Wet van Moses te onderhou. Wat kom leer Jesus hulle? Om

die Wet nie meer te onderhou nie? In Matteus 5:17-20 verduidelik Jesus dat Hy

nie gekom het om ’n streep deur die wet of die profete te trek nie, maar

eerder om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom. Dan noem hy

enkele voorbeelde waaruit jy duidelik sien dat daar slegs een manier is om die

hele Wet te onderhou, en dit is om soos God lief te hê – onvoorwaardelik en

aanhoudend. Die Wet sê:“Jy mag nie moord pleeg nie. As jy moord pleeg, sal jy

voor die regbank rekenskap moet gee.” Jesus se eis van liefde sê: “As jy kwaad

bly vir jou medemens, sal jy reeds voor die regbank moet verantwoording doen.

En as jy vir iemand sê ‘jou gek’, sal jy jou voor die hoogste regbank moet verantwoord.

En as jy vir iemand sê ‘jou onnosel’, sal jy jou in die hel moet ver-

antwoord. 23 “As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat

jou medemens ’n grief teen jou koester, 24 los jou offer net daar voor die altaar

en gaan maak eers vredemet daardie persoon. Kom dan terug en bring jou

offer.” Wat hoor jy hierin oor die lewenswyse van koninkryksmense?

Bladsy 19 van 25

TEMA: LUISTER NA DIE KONING SE STEM

LES 6: 1-3 MAART 2011

Opsomming van Les 5:

Verlede week het ons by Jesus kers opgesteek oor hoe iemand se lewenswyse

lyk in wie se lewe die koninkryk aanbreek. Jesus het verduidelik dat sulke

mense weet hoe afhanklik hulle van God is, en wat gereeld treur omdat hulle

telkemale die bestuur van hulle lewe in eie hande geneem het. Dit is mense

wat sag van hart is en deernis het met ander, wat honger en dors na wat reg is

en bereid is om daarvoor vervolg te word, vredemakers wat hulle hele hart op

God rig. Dit is mense wat die hele Wet van Moses onderhou omdat hulle

liefhet, soos God ons liefhet.

Matteus 5:8 het gesê: “Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is,

want hulle sal vir God sien.” Wat beteken dit as jou hart volkome op God gerig

is? En dat jy God sal sien?

Hoe gaan dit met jou stiltetyd? Hoe gereeld kom jy by die Here uit? Hoeveel

tyd spandeer jy daaraan?En wat gebeur in daardie tyd? Hoor jy van God?

STILTETYD

Gebed Bybel

God se

stem

1 Petrus 2:4-5 gebruik ‘n mooi beeld: “ 4 Julle het na Christus toe gekom, Hy wat

die lewende hoekklip is van God se geestelike tempel. Die mense het Hom

afgekeur as hoekklip, maar God het Hom vir dié ereplek uitgekies. 5 Laat julle as

lewende, gekapte klippe inbou in God se geestelike tempel. Julle taak as

tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. God aanvaar

hierdie offers juis omdat Jesus Christus die hoekklip is.” En dan gaan vers 9

aan: “Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in

God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is.” Wat beteken dit: dat jy ‘n

Bladsy 20 van 25

priester is wat in die tempel geestelike offers bring, deel van ‘n volk wat

heeltemal aan God behoort en aan Hom toegewy is?

Johannes gebruik in Openbaring 1:5-6 dieselfde terme: “Aan Hom wat ons

steeds liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het, 6 en ons sy koninkryksmense

gemaak het, priesters vir God, sy Vader, behoort die

heerlikheid en die krag vir ewig en altyd. Amen.” ‘n Priester is iemand wat

afgesonder is om in die tempel voor God diens te doen, en hy wy sy lewe

daaraan om God te aanbid en tot Hom te bid. Die offers wat hy bring, is ook

gebede, die gelowiges se gebede om vir God te vra vir versoening en seën, en

om hulle dank en blydskap te toon. Hoe kan jy ‘n priester in jou stiltetyd

word?

Frustreer jou gebedstyd jou soms omdat jy elke keer dieselfde gedagtes

herhaal? Jy moet onthou dat gebed ‘n tweerigting-gesprek is, en dat God ook

aan die Woord moet kom sodat die gesprek nie slegs jou monoloog met Hom

word nie. Hoe kan Hy aan die Woord kom? Lees sy Woord biddend en luister

met jou gees om te hoor wat Hy vir jou, in vandag se omstandighede, wil sê.

Onthou wat Jesus in Matteus 4:4 gesê het: ‘’n Mens het meer as brood nodig

om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God

se mond.’ Lees ‘n kort stukkie biddend, met die doel om van God te hoor.

Luister dan in jou gees, en oordink wat Hy vir jou wil sê. Skep die ruimte (en

tyd) sodat Hy met jou kan praat. Moenie haastig raak nie. En wanneer jy klaar

gebid het, lees een van die Psalms op dieselfde manier, biddend en

nadenkend. Jy gaan verstom wees oor hoe getrou die Gees van die Here is om

op ‘n relevante wyse by jou daaglikse nood aan te sluit en met jou te praat.

Watter rol het die Bybel in die verlede in jou gebedslewe gespeel?

Wanneer jy bid, waak daarteen om vir die Here voor te skryf wat Hy moet

doen. Onthou wat Jesus in Matteus 6:8 sê: “julle Vader weet presies wat julle

behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!” Bid met die versoek: dit is my

nood. Wat wil U daarmee bereik? Hoe kan ek u medewerker word sodat U u

doel kan bereik? Het jy al so gebid? En wat het gebeur?

Die koninkryk en ewige lewe bestaan daaruit dat jy God leer ken, dat jy ‘n pad

met Hom in ‘n persoonlike verhouding stap. Wanneer jy in dié verhouding

groei, sal jy vind dat Hy al meer belangrik vir jou word. En dan sal die dood van

Bladsy 21 van 25

etekenis verander. In plaas daarvan dat jy die dood vrees omdat dit jou lewe

gaan vernietig, begin jy na die dood kyk as die boodskapper wat jou kom haal

sodat jy onverhinderd met God gemeenskap kan hou, iets wat op aarde net

nooit moontlik is nie. Kyk na 1 Korintiërs 15: “ 54 Wanneer dit gebeur – wanneer

ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal

sterf nie – dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word: “Die dood is totaal

uitgewis, want dit is heeltemal oorwin.” 55 “O dood, waar is jou oorwinning?

Dood, wat het van jou angel geword?” 56 Want sonde is die angel wat die dood

veroorsaak. En dit is die wet wat aan die sonde sy slaankrag gee. 57 Aan God

kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood

gee deur Jesus Christus ons Here!” Wat beteken dié gedeelte vir jou wanneer

jy oor die dood dink?

Bladsy 22 van 25

TEMA: FINALE GEDAGTES RONDOM DIE KONINKRYK VAN GOD

LES 7: 8-11 MAART 2011

Opsomming van Les 7:

Die sentrale tema in Jesus se verkondiging is “die koninkryk van God” of “die

ewige lewe”, soos die Johannesevangelie daarna verwys. Wat verstaan jy

onder dié term? Wat beteken dit vir jou in jou daaglikse lewe? Hoe lyk ‘n mens

in wie se lewe die koninkryk kom?

Kom ons vat saam wat ons die afgelope kwartaal gesê het:

Die koninkryk van God is 'n ryk waar God as Koning oor die hemel en aarde

regeer. Die Koning se onderdane is die mense wat in Hom glo en daarom aan

Hom gehoorsaam is. In hulle lewe kom die koninkryk elke dag.

Die koninkryk het gekom toe Jesus gebore is en aan die kruis gesterf het.

Die koninkryk sal kom wanneer Jesus ons kom haal as die burgers van die nuwe

aarde waar Hy regeer

Die koninkryk kom nou waar Jesus in mense se lewens regeer.

Die koninkryk kom nie vir mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie,

maar vir mense wat soos kinders besef hoe nodig hulle God het.

Dié wêreld behoort aan Satan en sy soldate, maar Jesus se bediening

veroorsaak dat hy uit die hemel val soos ’n weerligstraal, want Jesus het aan sy

volgelinge gesag gegee oor alle mag van die vyand. Die einde is besig om aan

te breek vir die bose magte en hulle volgelinge.

Die koninkryk is so waardevol dat jy bereid moet wees om alles te verkoop wat

jy het om dit in die hande te kry. Dit is die belangrikste skat wat jy in dié lewe

kan kry.

In die koninkryk werk mag so dat die een wat die eerste is, die ander se slaaf is.

Jy sien dit in die Koning se lewe, wat gekom het om dienste lewer en boonop

sy lewe te gee as ’n losprys vir ons.

Die ewige lewe bestaan daaruit dat jy die enigste ware God ken, en Jesus

Christus wat Hy gestuur het. “Kennis” verwys nooit net na inligting nie, maar

Bladsy 23 van 25

na ‘n verhouding tussen twee mense wat groei en ontwikkel tot vriendskap,

kameraadskap en uiteindelik intimiteit.

‘n Belangrike deel van koninkryk of ewige lewe het te doen met wat dié wêreld

jou nie kan bied nie. Dit handel oor wat wag: die lewe waar ons God gaan ken

soos Hy werklik is, en waar Hy alles in almal gaan wees. Daarom verloor ons

ook ons natuurlike vrees vir die dood.

Die koninkryk beteken dus dat jy in ‘n persoonlike verhouding met die Here

leef, dat jy oomblik-vir-oomblik in kontak met Hom bly en doen wat Hy van jou

vra. Jy stel jou lewe vir Hom beskikbaar sodat Hy deur jou kan lewe. Dit is

waarvoor God die mens gemaak het – om Hom op aarde te verteenwoordig.

In die proses maak jy die eerste drie bedes van die Onse-Vadergebed waar:

“laat u Naam geheilig word, laat u koningsheerskappyspoedig kom, laat u wil

hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.” Die koninkryk van God kom in

jou daaglikse lewe - in jou werksomstandighede, die verhoudings in jou lewe,

jou gesins- en familielewe.

Die wet van die koninkryk is die liefde, wat onder andere uit deernis teenoor

ander mense bestaan. Om dit anders te stel, Christene is die sout wat die aarde

’n beter plek moet maak en die lig wat die wêreld moet verlig.

Matteus 5 bevat ‘n beskrywing van hoe die burgers van God se koninkryk lyk,

en wat hulle gelukkig maak. Die koninkryk dra nuwe waardes in jou lewe in, en

dit is waaroor dit hier gaan. Koninkryksmenseis dié mense wat weet hoe nodig

hulle God het, wat treur omdat hulle dikwels die beheer van hulle lewe in hulle

eie hande terugneem, mense wat sag van hart is, wat honger en dors na wat

voor God reg is, wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, wat met

deernis uitreik na mense in nood, wie se harte volkome op God gerig is,

vredemakers.

Christene is lewende, gekapte klippe wat in God se geestelike tempel ingebou

is, ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se

diens staan. Hulle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike

offers bring.‘n Priester is afgesonder om God te aanbid en tot Hom te bid.

Bladsy 24 van 25

Die koninkryk en ewige lewe bestaan daaruit dat jy God leer ken, dat jy ‘n pad

met Hom in ‘n persoonlike verhouding stap. Wanneer jy in dié verhouding

groei, sal jy vind dat Hy al meer belangrik vir jou word.

Bladsy 25 van 25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!