04.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 156

ProAgri uitgawe 156

ProAgri uitgawe 156

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ProAgri

tegnologie vir die boer

technology for the farmer

Planters:

SA maak wêreldleier

Plant om te wen

Plant lonende bone

Februarie / February 2013

Nr / No 156

ISSN 1042–1558

Nuttige voergewastabel

Spaar só krag

op die plaas

Kubota:

Wentrekkers doen wenwerk

| Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery | Wiele AgriTrader

Redakteursbrief Voorblad

ProAgri se redaksiespan (van

twee!) het in Januarie 5 424

kilometer ver gereis en besoek

afgelê op 11 plase en by ’n fabriek

om hierdie uitgawe propvol lekkerleesartikels

op die tafel te plaas. Ek

hoop dit gee die toon aan vir die

res van die jaar, sodat ons vir u

elke maand nuus oor die jongste

tegnologie in maklik verteerbare

formaat kan bring.

Nog lekkerder op die oog (en die

oor) is ProAgri se nuwe videoproduksies waarin ons nie net inligting oor

toerusting en die boer se mening gee nie, maar sommer ook wys hoe dit werk.

Volg gerus hierdie skakels om na ons eerste videos op YouTube te kyk:

• http://bit.ly/JohnDeerevideo

• http://bit.ly/Equalizervideo.

Maatskappye wat belangstel in die geleentheid om hulle toerusting se werking

so te demonstreer, of wat deel wil word van die digitale bemarkingswêreld

op ProAgri se gewilde webwerf, kan ons gerus kontak.

In hierdie uitgawe val die klem op meganisasie, voerproduksie en energie.

Ek vertrou dat u die wintervoergewastabel van PANNAR, wat gerieflik in die

middel van die tydskrif geplaas is, nog lank sal kan gebruik en neem gerus

kennis van die kragspaarwenke, want elektrisiteit word net al duurder.

Boer slim!

Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents

Meganisasie

2 Equalizer: Plaaslike planter stel wêreldstandaard

6 Rovic Leers: Plant, spuit en bemes om te wen

9 Kubota: Wentrekkers werk vir wenwyn

11 GWM Steed 5: Baie bakkie vir min geld

13 John Deere: Stoetboer kies stoettrekkers

Gewasproduksie

14 Lonende bone begin by Vence Tudo

17 Rotrix: Die getroue watermater vir die wingerd

Hulpbronbestuur

19 SIMA wys die wêreld se voorste landboutegnologie

20 Stel jou VISier op Georgië

22 Plant voer vir sukses

24 Wintervoergewastabel

27 Verstaan jou kragrekening

29 Bad lekker warm sonder sukkel

30 Die wêreld kyk met honger oë na Undercover Farming

Veeboerdery

31 Afrikanerboerdery is plesierig!

32 Rumax: Mengers vir Afrika

33 ’n Nic-sleepwa ry natuurwette plat

Gereeld

34 Veilings

39 Genegids

41 AgriTrader

www.proagri.co.za

2

6

11

14

19

20

31

In hierdie uitgawe

Elke plaas

het ’n magdom

take

waarvoor

kleiner

trekkers

nodig is en

sommige

boerderye

het net vir

kleiner

trekkers

plek. Kubota

bied kleiner

trekkers wat

tegnologies net so gevorderd is as die

grootste kragreuse en wat toonbeelde is

van betroubare, duursame, nuttige

ingenieursvernuf.

Business-to-Business:

Agriculture ABC

Oct – Dec 2012

39 196

average copies per month

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text

or photo graphs may be reproduced, copied or in any

other way transmitted without the written consent of the

publisher. Opinions expressed are not necessarily those of

the publisher or of the editor. We recognise all trademarks

and logos as the sole property of their respective

owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for

any actions in reliance thereon.

ProAgri

Redakteur tydskrif en aanlyn

Annemarie Joubert > 082-320-3642

annemarie@proagri.co.za

Senior bemarker

Stefan van Wyk > 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Bemarker: Aanlyn en video’s

Sandra-Lee van Rooyen > 079-515-8493

sandra-lee@smartpublishing.co.za

Uitleg & grafika

Esta van Niekerk

Advertensienavrae

Engela du Plessis > 012-342-5141

Rekeninge & intekening

Ronel Keet > 012-342-5141

accounts@smartpublishing.co.za

Smart Publishing

Algemene bestuurder

Anneke Claassen > 012-342-5141

anneke@smartpublishing.co.za

Gedruktemediabestuurder

Suzanne van Niekerk

Sakebestuurder

George Grobler

SMARTPUBLISHING

FREE MEDIA SPECIALISTS

Tel: 012-342-5141

Posbus 32123,

Glenstantia, 0010

www.smartpublishing.co.za

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 1

Equalizer:

Elke sweiser by Equalizer is ten

volle gekwalifiseer en gelisensieer

om werk te lewer wat die boer nooit

in die steek sal laat nie. Die lasersny-werk

van onderdele verseker

dat alles presies en netjies pas.

Sorgsaam en presies word die

Equalizer se stewige onderstel aanmekaargesit.

Voor die verfproses word alle

onderdele in Equalizer se ruim

sandspuittonnel met fyn staalkorreltjies

silwerskoon geblaas

sodat daar geen aanpaksel oorbly

wat verf later kan laat afdop nie.

Meganisasie

Plaaslike planter stel wêreldstandaard

is op die skip” is woorde wat geen

“Dboer wil hoor terwyl hy vir

planteronderdele moet wag terwyl die

grond en die weer net reg is vir plant

nie.

Dis hoekom al hoe meer boere

verkies om planters wat plaaslik

gemaak word te gebruik: Onderdele en

diens is naby en plaaslike vervaardigers

is ook nader aan ons boere om ons toestande

en omstandighede beter te verstaan

en hulle produkte en diens

daarvolgens aan te pas.

Maar kan plaaslike vervaardigers ’n

planter maak wat sy man kan staan?,

sal die boer vra. Die antwoord daarop

pronk in Equalizer se netjiese, doeltreffende

planterfabriek in Brackenfell: Ja,

daar is ’n plaaslike vervaardiger wat

internasionale standaarde nie net

ewenaar nie, maar oortref: Equalizer.

Vanaf die ontwerp, wat voortdurend

verbeter en volgens boere se voorkeure

verfyn word, tot by die gevorderde

fabriekstoerusting en bekwame, toegewyde

vakmanne, is Equalizer ’n toonbeeld

van die beste materiaal, die

hoogste vervaardigingstandaarde en die

suiwerste akkuraatheid. Geen wonder

boere wat met Equalizer plant is so

tevrede met die planter se duursaamheid

en doeltreffendheid nie.

Gehalteversekering is ’n integrale

deel van die produksieproses in

Equalizer se fabriek. Dit beteken dat

elke onderdeel en elke planter van die

begin af reg en volgens streng spesifikasies

vervaardig word sodat daar

doodseker gemaak word elke ding werk

uiteindelik presies soos hy moet werk.

Dit is opvallend hoe trots, tevrede en

blymoedig al die fabriekspersoneel werk

en hoe logies en gladweg die hele produksieproses

beplan word. Elke vakman

kry genoeg tyd om sy deel van die werk

ordentlik en deeglik af te handel.

Gejaagde werk is konkelwerk, sê Gideon

Schreuder, en dit mag nooit by Equalizer

geduld word nie. Die boer moet seker

wees dat elke boutjie en moertjie, elke

sweislas, elke stukkie masjineerwerk,

tot die afwerking en verf van sy

Equalizer, al die nodige sorg en aandag

geniet om Equalizer vir elke boer die

stewigste, akkuraatste en betroubaarste

planter te maak.

Elke Equalizer-planter word op

bestelling gemaak, presies volgens die

boer vir wie hy gemaak word se

behoeftes en omstandighede. Daarom

moet boere wat ook in die voordele van

Equalizer-plantwerk wil deel, betyds

bestel.

’n Groep parallellogramarms kom

aan die beurt in een van Equalizer

se twee ruim spuitverftonnels.

Spesiale verf en metodes word

gebruik om ’n duursame afwerking

te verseker.

Nadat al die komponente

perfek vervaardig en

geverf is, word dit

gemonteer. Alles in die

fabriek word met wielwaentjies

van een deel

na die ander verskuif

sodat werkers so min as

moontlik hoef te loop of

te dra en sodat daar nie

heeldag vurkhysers hoef

rond te raas nie. Die

waentjie waarop hierdie

plantereenhede gemonteer

word, is presies die

regte hoogte sodat dit

net tot onder die raam

gestoot kan word vir

finale montering.

Praat met Ruan Jonas of Gideon Schreuder by 021-981-2161 of 079-522-8639 asook Frikkie Senekal by 082-828-8426 om te

hoor wie die Equalizer-handelaar naaste aan jou is en besoek www.equalizer.co.za vir meer inligting oor Equalizer-minimum -

bewerkingplanters. Kyk na ’n 16-ry Equalizer in aksie by http://bit.ly/Equalizervideo.

2 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

www.proagri.co.za

Die finale montering van die planter vind nou plaas. Hier word die hidrolika

en wiele aangebring.

Equalizer se unieke skoonloopuitmeter vir saad en kunsmis bied ongeëwenaarde

akkuraatheid en eenvormigheid. Dit is ’n gesogte uitvoerproduk.

Een van die voordele van plaaslike

vervaardi-ging vir die boer is dat

onderdele altyd beskikbaar is.

www.proagri.co.za

Elke taak in Equalizer se fabriek het

’n staat wat saam met hom gaan,

waarop al die spesifikasies aangebring

is, wys Nicholas Davies, produksie-ingenieur.

Dit verseker dat

elke onderdeel presies volgens

bestelling gemaak word.

’n Groot oomblik: Ruan Jonas, bemarkingsbestuurder, ontvang nog ’n perfekte, noukeurig vervaardigde Equalizerkleinsaadplanter

van Nicholas Davies, fabrieksingenieur, om Suid-Afrika se boere aan die voorpunt van tegnologie

te hou.

ProAgri 155 – Januarie / January 2013 3

oorspoed is die voorland van geen-

Vbewerkingsboere, maar dan moet

jou planter, jou spuit en jou kunsmisstrooier

hulle man kan staan. Dis

hoekom al hoe meer boere hulle sukses

verseker deur hulle werk met Rovic

Leers se flink span boervriendelike

werktuie te doen.

Rovic Leers se Rovic Voor-planter het

die regte naam, want hy loop los voor in

doeltreffende plantertegnologie. Boere

is ingenome met die feit dat Rovic Voor

plaaslik vervaardig word en dat

kundigheid en onderdele geredelik

beskikbaar is sodat die plantproses nie

vertraag word nie. Hulle hou ook daarvan

dat Rovic Leers se mense na die

boer luister en sy voorstelle toepas om

Rovic Voor-planters immer te verbeter.

Jannie Kotzé van De Panne-boerdery

naby Moorreesburg in die Swartland het

’n Rovic Voor aangeskaf omdat daar ’n

dienspunt naby aan hom is: Gun Track

op Darling. Dis baie maklik om met die

Rovic Voor-planter te werk en om hom

te kalibreer, sê hy. Die plantdiepte en

pitplasing is honderd persent. Die

enkele seisoen wat hy reeds met Rovic

Voor geplant het, het hy ’n baie goeie

oes behaal en hy sien daarna uit om te

kyk wat vanjaar gaan gebeur.

Rovic Voor is ’n lekker stewige

planter met ’n stewige, robuuste tand

wat die grond maklik binnedring en die

planter bied beslis waarde vir geld, sê

Jannie.

Jacques Bester van Nooitgedachtboerdery,

Riebeek-Wes se kant toe,

stem saam. Hy plant koring, hawer vir

kuilvoer, kanola, grootsaadmedicks en

kan ook lusern plant met die Rovic Voor

se fynsaadbak waarvan die pypie die

saad reg voor die toetrapwieletjie plaas.

Jacques se 12,3 meter Rovic Voor is

die gevorderde Dual Seed Chute-model

wat tweelingrytjies plant vir beter saadverspreiding,

beter dieptebeheer, minder

interrymededinging tussen plantjies

en beter stoel van plantjies om die

grond gouer te bedek, wat onkruidgroei

verminder.

Hierdie planter het beslis verbeterde

opkoms, beter plantontwikkeling en ’n

opbrengsverbetering meegebring en hy

is baie bly dat hy die planter aangeskaf

het, sê Jacques.

Hy is ook baie ingenome met die uitskakeling

van staantyd en die feit dat

Rovic Leers die Rovic Voor-planter deurlopend

verbeter om die boer nog beter

te dien.

Hy is ook tevrede met die stoppelvloei

en die feit dat die planter heelwat

minder saad oorgooi op skuinstes.

Die planter volg die kontoere maklik en

na elke jaar se geenbewerking word

daar minder trekkerkrag vereis om die

planter te sleep.

Meganisasie

Rovic Leers:

Plant, spuit en bemes om te wen

Pierre du Plessis van Groot Zanddrift Boerdery tussen Napier en Bredasdorp is baie tevrede met die plantwerk van

sy Rovic Voor-tweelingryplanter.

Jacques se raad aan medeboere is:

Praat met Rovic Leers en met jou bure

oor wat die beste werk.

Pierre du Plessis van Groot Zanddrift

Boerdery tussen Napier en Bredasdorp

in die Overberg, gebruik ook Rovic Leers

se tweelingryplanter. Die saadplasing is

meer akkuraat as met die enkellepel en

die diepte is meer presies, wat verseker

dat al die saad gelyk ontkiem.

Pierre se Rovic Voor-planter is met

veranderlike toediening toegerus, sodat

hy sy fosfaattoediening volgens stroopresultate

kan aanpas.

Dit is vir hom belangrik dat sy

planter deur ’n gevestigde maatskappy

verskaf word wat altyd diens en

onderdele beskikbaar sal hê en met al

die gewasse wat hy nou al met die Rovic

Voor geplant het, is hy ingenome. Hy

hou veral daarvan dat die fynsaadstelsel

sy eie verdelerkoppe en plasingspype

het, want dit het hom heelwat meer

sukses met sy lusern besorg as ander

planters.

Pierre hou ook daarvan dat jy die uitdraaiers

se dekseltjies onder en die

rollers kan verwyder om oorblywende

saad uit te tap as jy klaar geplant het of

van gewas wil verwissel.

Spuit-spuit die bult uit

By geenbewerking is ’n spuit van

deurslaggewende belang en ook hier

6 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

www.proagri.co.za

ied Rovic Leers net die beste met ’n

verskeidenheid spuite vir elke doel.

Jannie Kotzé se Kuhn Grand Large

hou 5 000 liter en sy stewige aluminiumbalk

is 36 meter lank, maar

omtrent 25% ligter as enige staalbalk

van dieselfde lengte. Die spuit en balk is

voortreflik gebalanseer, sê Jannie, en hy

loop baie stabiel sonder enige gewippery

of geskuddery. Die spuitbalk met

sy balanseerversameltenks en doeltreffende

veerstelsel volg ook getrou die

posisie van die as.

Die Grand Large het sy eie GPS wat

met die goedkoper Ag Leader 250 werk

en baie geld bespaar, maar steeds

akkuraat bespuit met goeie beheer. Jy

kan die spuit dus met enige trekker

sleep en telkens net sy eie beheerkassie

in die trekker plaas.

“Die spuit bied ongelooflike waarde

vir geld in vergelyking met ander op die

mark en alles aan hom is gebruikersvriendelik

en doeltreffend. Hy pomp sy

tenk vol water met sy eie pomp, al sy

kontroles sit aan dieselfde kant sodat jy

nie al om die spuit hoef te loop nie, en

hy het ’n gawe skoonwatertenk

waarmee jy hom tussen lande kan

skoonspoel.” Die skoonwatertenk sit ook

in die middel agter sodat die spuit altyd

gebalanseerd loop.

“Teenoor al die ander sleepspuite is

hierdie die beste een met die beste

waarde vir geld,” sê Jannie.

Nelius le Roux van Caledon het ’n

Grand Large-spuit met ’n balk van 30

meter. Hierdie spuit, met sy doeltreffende

seksiebeheer, bespaar hom geld,

tyd en spuitstof en verhoog die doeltreffendheid

van sy spuitoperasies.

Nelius is ook ingenome met die diens

Die Kuhn Axis is ’n rekenaarbeheerde presisiekunsmisstrooier wat binne 2

tot 3 persent akkuraat is.

wat hy by Overberg Agri en Rovic Leers

kry.

Die kuns van kunsmis

Kunsmis is duur en dit moet doeltreffend

toegedien word om die beste

waarde daaruit te verkry. Daarom het

Pierre du Plessis van Groot Zanddrift

Boerdery vir hom ’n Kuhn Axis-presisiekunsmisstrooier

aangeskaf. Die strooier

het nie net aan sy verwagtinge voldoen

nie, maar dit oortref. Hy is binne 2 tot 3

persent akkuraat en optimaliseer die

insetkoste, sê Pierre.

Hy is seker hy sal 100 of 150 hektaar

per dag met die strooier kan strooi,

wat ideaal is as ’n mens die weer

Nelius le Roux van Caledon, Dawie du Toit van Overberg Agri en Jaco Erasmus van Rovic Leers is al drie ewe

ingenome met die waarde vir geld wat Rovic Leers se Grand Large-sleepspuit die boer bied.

www.proagri.co.za

dophou en net voor dit reën kunsmis wil

plaas.

Die strooier se bak is op vragselle

gemonteer sodat hy kan weeg

hoeveel kunsmis hy bevat en teen watter

tempo dit toegedien word. ’n Rekenaar

bepaal die toediening noukeurig.

As ’n mens die Axis opgestel het,

strooi hy akkuraat. Jy kan maar met

ander werk voortgaan en die kunsmisstrooiery

verder aan die trekkeroperateur

oorlaat. “En as jy matriek het, is dit

baie maklik om hom te kalibreer.”

Pierre hou ook baie van die seiltjie

wat aan ’n stewige raam bo die strooier

gemonteer is. Nat kunsmis is ’n onding

en die seiltjie beskerm jou kunsmis teen

ligte reën of dou wat die trekkerwiele

opspat.

Vir geenbewerking met geen

probleme en geil opbrengste, praat

met Marius Ras van Rovic Leers by

082-453-4808 of 021-907-1700 of

mariusr@rovicleers.co.za. Besoek

ook www.rovicleers.co.za.

ProAgri 156 – Februarie / February 2013

7

Kubota:

Wentrekkers werk vir

Onoorwinlike kombinasie vir enige

’nboerderysukses is goeie trekkers en

goeie diens deur die trekkerverskaffer.

Chamonix, die pronk-wynlandgoed hoog

bokant Franschhoek, is in al sy bedrywighede

gesteld op gehalte en doeltreffendheid.

Net die beste is goed genoeg

om hierdie landgoed se pryswennerwyn

en vonkelhelder water te produseer.

Daarom gebruik Chamonix net

Kubota-trekkers vir al die werk wat op

die plaas gedoen word.

Gottfried Mocke, Chamonix se wynmaker,

sê hy was nog nie ’n oomblik

spyt dat hulle drie jaar gelede hulle hele

trekkervloot met Kubotas vervang het

nie. Chamonix se eienaar, Chris

Hellinger, is ’n man wat gehalte na

waarde kan skat en vir hom was daar

net een keuse: Kubota.

Elke Kubota-trekker is ’n toonbeeld

van gevorderde en sorgsame ingenieursvernuf

om vir die boer die beste waarde

vir geld te bied wat werkverrigting,

duursaamheid, nuttigheid, brandstofekonomie

en selfs herverkoopwaarde

betref.

Chamonix se Kubota-span sluit die

volgende modelle in:

Klein trekkertjie; groot werk

Die BX25 is kragtig en veelsydig met sy

driesilinderenjin wat 17,2 kW lewer en

vierwieltrek. Hierdie trekker is die toppunt

van nuttigheid omdat dit benewens

’n volledige trekker met sy eie driepunthyser,

ook ’n volwaardige laaigraaf,

slootgrawer en grassnyer is. Chamonix

gebruik hom onder meer om slote vir

Rocco Viljoen grawe in ’n japtrap teen

moeilike, skuins grond ’n sloot vir ’n waterpyp

met Chamonix se Kubota BX25.

www.proagri.co.za

dreinering en besproeiing te grawe en

om pype wat reggemaak moet word,

oop te grawe.

Stoere staatmaker

Die L5040 is ’n 38,9 kW-trekker met

vier silinders en indirekte inspuiting

met turbo-aanjaging en ’n hidrostatiese

kragstuur. Met sy 16 vorentoeen

16 truratte en kruiprat is hy ’n

staatmaker vir snywerk, grondvoorbereiding

en sleepwa trek gedurende

parstyd.

Fris vastrapper

Die Kubota ME8200 se turbo-aangejaagde

viersilinderenjin bied 63,8 kW

wat elkeen vir volle trekkrag beskikbaar

gestel word deur die ratkas met

12 vorentoe- en 12 truratte, 4 kruipratte

en gesinchroniseerde heen- en

weerskakeling. Sy driepunthyser lig ’n

allemintige 1 900 kg en sy tweespoed

draaivermoë stel hom in staat

om by een wingerdry uit te kom en

sonder heen- en weerstoot by die

volgende ry in te draai.

Dienstige drawwer

Saam met die vloot Kubota-trekkers het

Chamonix ook die toppunt van nuttigheid

op enige plaas aangeskaf: ’n Kubotarowweterreinvoertuig

(RTV) wat elke dag

waardevolle diens op die plaas verrig.

Die RTV900 het ’n driesilinder-dieselenjin

en kan tot 40 km/u draf met sy wisselende

hidrotransmissie. Hy het ’n hoë-,

medium- en laestrekkeuse en sowel

twee- as vierwielaandrywing.

Die RTV900 kan ’n vrag van

750 kg op sy wipbak dra en dan

nog ’n waentjie van 590 kg sleep

om materiaal en gereedskap

enige plek op die plaas te besorg

– selfs bo teen die berg. Chamonix

gebruik hom ook om voer

na hulle wildkamp aan te ry en

hy bied gerieflike, veilige sitplek

vir die bestuurder en een

passasier.

Meganisasie

wenwyn

Chamonix se Kubota L5040 glip maklik

tussen die wingerdrye deur om gras te

sny of grond te bewerk.

Dis die goedkoopste en maklikste

manier om gou-gou al die hoekies op die

plaas te bereik, sê Gottfried, wat glo dat

dit baie sleg is as mense met trekkers op

’n plaas moet begin rondry.

Gottfried is honderd persent tevrede

met die werk wat die Kubota-span op die

plaas doen en met hulle betroubaarheid

en brandstofekonomie. Hy is ook baie

tevrede met die diens wat hy by Kubota

kry om te verseker dat sy hele vloot

altyd in ’n perfekte werkende toestand

bly. As die trekkers hulle werk behoorlik

doen, kan hy daarop konsentreer om

wenwyn te maak...

Vir meer inligting oor die klein (en nieso-klein)

trekkers wat die groot werk

doen, praat met Deon Engelke by 083-

306-8655 of deon@kubotasa.co.za.

Besoek ook www.kubotasa.co.za vir

volledige inligting oor Kubota se volle

reeks en om te sien waar die Kubotahandelaar

naaste aan jou is.

Die Kubota RTV900 is ’n ratse orals-loper wat boonop ’n vrag kan

dra en ’n sleepwa kan sleep.

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 9

GWM Steed 5 bied baie

bakkie vir min geld

GWM se Steed 5 is taai genoeg vir die plaas, vasvoetig genoeg vir viertrekwerk, snel

genoeg vir die langpad en elegant genoeg om mee te gaan opsit.

Kragtige, pragtige voertuig propvol

’ngerief en perfek vir die baas van die

plaas, is wat jy kry as jy ’n Steed 5dubbelkajuitbakkie

van GWM aanskaf.

Sommer met die eerste aanblik trek die

Steed 5 die oog met sy stewige, maar

smaakvolle, fatsoen en sy netjiese

afwerking.

Maar die ware waardering kom wanneer

jy agter sy stuurwiel inskuif. Sy sitplek

verstel volmaak volgens jou postuur

om jou die gerieflikste bestuursposisie

met genoeg rugondersteuning te bied en

elkeen van die sinvolle instrumente en

kontroles is presies geplaas waar jou oog

of hand dit met die minste moeite kan

bemerk of bereik.

Die lyfvriendelike sitplekke met kopstutte,

die kragstuur, die stil, maar doeltreffende

lugversorging, die helder klank

van die radio-/straalplaat-/MP3-speler

met verstelknoppies op die stuurwiel en

Die Steed 5 is gerieflik en smaakvol. Al sy

kontroles en instrumente is binne maklike

bereik en sig.

www.proagri.co.za

die doeltreffende vering van die Steed 5

maak die langpad kort en lekker en

telkens as jy jou bestemming bereik,

voel jy jy kon nog ’n hele ent verder

gery het sonder om moeg te word.

Verdere sorgsaamheidjies wat die

bestuurder se lewe veraangenaam is die

elektriese vensters, elektriese kanttruspieëlverstelling

en die gerieflike rusplekkie

vir die bestuurder se linkervoet.

Die agtersitplek se leuning is bietjie

militaristies regop vir lang passasiers en

dit is eerder vir vier gesonde kinders as

vir drie lang volwassenes gemaak.

Wat veiligheid betref, sorg die Steed 5

goed vir sy insittendes met lugsakke vir

die bestuurder en voorste passasier,

sluitweerremme met elektroniese

remkragverspreiding, puik padhouvermoë

en misligte wat ’n goeie uitsig in

enige weersomstandighede verseker.

Onder die Steed 5 se enjinkap is dit

die ene spiere en aksie. Die

gevorderde Steed 5 VGT 4D20dieselenjin

met sy hoëdrukdrukbuisinspuiting,lasaanpasbare

turbo-aanjaer en uitlaatgashersirkulasie

skop ’n verstommende

110 kW teen 4 000

opm en 310 Nm wringkrag teen

1 800 tot 2 800 opm uit – en

dit teen ’n baie beskeie dieselverbruik

en uitlaatgas wat

lag-lag aan Euro 4-standaarde

voldoen.

Vir die bestuurder beteken

dit dat daar in elkeen van die

ses ratte teen ’n wye strek

enjinomwentelinge ’n oorvloed

krag beskikbaar is sodat jy nie

knaend hoef te sit en ratte verwissel

om die beste uit jou

Steed 5 te haal nie. Daar is genoeg

krag om skotige hoogtes

Meganisasie

sonder sukkel te oorwin

en genoeg versnelling

om veilig

verby te steek – selfs

om jou ’n ongemaklike

spoedboete op

die hals te haal as jy

nie versigtig is nie.

Daar is ook ’n

Steed 5 met ’n

petrolenjin beskikbaar

(100 kW @ 5 200

opm; 200 Nm @

4 000 opm) en met ’n

2,5 Tci-dieselenjin

(80 kW @ 3 400

opm; 300 Nm @

1 800–2 600 opm).

Albei laasgenoemde

modelle het vyfspoedratkaste.

Al die Steed 5dubbelkajuitbakkies

is

met twee- of vierwielaandrywing

beskikbaar.

Maar mooi soos hy

lyk en gerieflik soos

hy ry, is die Steed 5

volstrek nie ’n sagte mannetjie nie. Hy

dra sy volle een ton vrag soos ’n man in

sy dubbelwandige laairuimte en daar is

genoeg vasmaakplek om enige vrag te

vervoer.

En as jy hom met die druk van ’n

knoppie na vierwieltrek oorskakel, kan jy

met hom tot daar bo teen die berg ry

waar die bobbejane met kieries loop. Sy

veldryvermoë word verder ondersteun

deur sy tamaai sesienduimwiele, sy

gedugte grondvryhoogte van 198 mm en

sy aankoms- en vertrekhoek van onderskeidelik

30 en 24 grade.

Vir die boer is die Steed 5 die perfekte

voertuig: Hy is taai en vasvoetig

genoeg dat jy met hom materiaal kan

aanry tot doer bo op die rant waar jy

aan’t draadspan is, of deur die losland

kan ry om te gaan kyk hoe vorder jou

planter; hy is stewig en stabiel genoeg

om die sinkplaatpad plaas toe gelyk te

stryk vir ’n veilige rit; hy is vlugvoetig

genoeg om groot afstande in ’n japtrap

af te draf, selfs as jy en jou gesin met

hom wil gaan vakansie hou; en hy is elegant

en smaakvol genoeg om ’n fraai

boervrou mee Saterdagaand teater toe

of Sondag kerk toe te neem.

Kortom, die Steed 5-dubbelkajuit is

die bakkie wat die baas van die plaas

alles bied wat hy wil hê en nog meer. En

as jy hoor hoe min hy kos, gaan jy op

jou rug val.

Die Steed 5 is vir drie jaar of 100 000

km gewaarborg en bied vir 2 jaar 24 uur

per dag padbystanddiens.

Praat vandag nog met Tanya Ramos

by 011-805-6621 of stuur ’n epos na

tanya@gwm.co.za of besoek

www.gwm.co.za vir meer besonderhede.

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 11

Meganisasie

Groot sukses met kleingraan:

Stoetboer kies stoettrekkers

Hierdie John Deere 8285R van Willem de Waal Boerdery by Moorreesburg kan nie

wag om die volgende koring te begin plant op die Swartland se bulte waar nou net

stoppels staan nie.

Voorste Hereford-teler wat ’n oog vir

’n ’n stoetdier het, is ook ’n kenner

van volbloed-stoettrekkers. Dis hoekom

Philip de Waal van Locheim-Herefordstoet

en Willem de Waal Boerdery die

opreggeteelde trekker kies vir sy kleingraanboerdery

in die Swartland – John

Deere.

Die boerdery het ’n span John Deeretrekkers

wat elkeen elke dag sy besondere

taak met voorbeeldige roepingstrou

en pligsbesef afhandel. Benewens die

koring, hawer, lupiene en klawer wat

gesaai word, is daar baie voer wat

gemaak word en aan die beeste en

skape gevoer moet word. Daar is

heeldag trekkers aan’t hooi maak en

voer meng. John Deere het die perfekte

trekker vir elke taak, verklaar Philip.

Die grootman van Willem de Waal

Boerdery se groenstoet is ’n John Deere

8285R wat voor ’n Terrablade-planter

van 10,4 meter ingespan word om, saam

met sy effens kleiner boet, ’n 7930,

binne 4 weke 2 500 hektaar koring te

plant.

Met sy sessilinderenjin van 9 liter en

sy sestien PowerShift-ratte stap hierdie

kragreus die Swartland se bulte plat om

die boerdery se saad veilig in die aarde

te besorg.

Die 8285R is die grootste trekker wat

’n mens hier teen die Swartland se

skuinstes en glooiinge kan gebruik, sê

Philip, en wat hom veral vir hierdie

boerdery so nuttig maak, is dat hy ’n

bietjie meer lengte en veel meer gewig

het (meer as 13 ton) om sy volle

trekkrag sonder onnodige wielglip na die

grond oor te dra. Dit beteken die beste

benutting van sy 215,5 kW enjinkrag

wat, wanneer die las dit vereis, na ’n

maksimum-krag van 234 kW

opskuif.

Benewens die 8285R en die

7930 van 164,1 kW, het Willem de

Waal Boerdery ook ’n flink span van

vyf 6930-trekkers wat sny, hark,

baal, bale toedraai, laai, voer meng

en tapkar sleep. Die 6930 se sessilinderenjin

van 6,8 liter lewer

115,6 kW, met pieklewerings van

121,5 kW vir wanneer daar ’n

ekstra hupstootjie nodig is.

Gert Hanekom, bestuurder van

die saaiboerdery, is ewe ingenome

met die John Deere-span, want dit

is gevorderde, maar betroubare,

trekkers wat presies aan hulle doel

beantwoord. Dis lekker om met

John Deere te boer. Die gerieflike

kajuite en maklike hantering

verseker dat trekkeroperateurs nie

moeg word nie en hulle werk

geniet.

Willem de Waal Boerdery boer

slim met presisieboerdery en daarvoor

is John Deere se GreenStarstelsel

perfek, vertel Philip.

John Deere is in die De Waalfamilie

se bloed. Philip is die derde

geslag De Waal in die boerdery en

hy het met John Deere-uitmuntendheid

grootgeword. “Ek is in murg en

been ’n John Deere-mens en my pa

ook. Ons het groen bloed. Daar is

vir my nie ’n beter trekker of ’n

ander, beter, opsie nie,” sê hy.

Maar die liefde vir John Deere is nie

blote sentiment nie. Dit spruit uit streng

praktiese en ekonomiese oorwegings.

“Die tweedehandse waarde van John

Deere-trekkers is ongelooflik hoog,” vertel

Philip. “Jy verloor nooit op hom nie.

John Deere-trekkers is so betroubaar

en hou so lank dat

jy hulle eintlik nooit wil

verkoop nie, maar ek glo

daaraan om trekkers in te

ruil vir beter, meer

gevorderde modelle.”

As ’n mens John Deere gebruik,

geniet jy die

voordeel van die heel voorste

trekkertegnologie wat

Amerika kan bied, met die

beste plaaslike tegniese ondersteuning.

John Deere se intensiewe

opleiding van tegnici is

daarop gemik dat die boer,

waar hy ook al is, altyd die

voordeel van kundige, bekwame

diens kan geniet om

immerdeur net die beste uit

die groen tegnologie te put.

So spreek John Deere nie net

tot die hart nie, maar ook

baie duidelik tot die

verstand.

Die John Deere 8285R is ’n lekker lang,

swaar trekker wat ferm vastrap om te

verseker dat al sy enjinkrag sonder

onnodige wielglip as trekkrag ingespan

word. Dit is die grootste trekker waarmee

’n mens op die Swartland se kontoere en

hellings kan werk, sê Gert Hanekom,

bestuurder van Willem de Waal Boerdery.

Vir meer inligting oor volboed John

Deere-tegnologie vir jou boerdery,

praat met Carel Theron by

082-802-2209 of

TheronCarelJ@JohnDeere.com.

Besoek ook www.deere.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 13

14

Lonende bone begin by Vence Tudo

Bok van Zyl van Bethlehem glimlag breed oor die Vence

Tudo-planter wat hy nou kan gebruik om sy droëbone

in rye van 45 cm te plant.

ok van Zyl van Bethlehem was tot in

BBrasilië om die regte planter te vind

om sy droëboonboerdery lonender te

maak. Hy het teruggekom met ’n Vence

Tudo Panther en die ondersteuning van

Inttrac as invoerder.

Hy verduidelik dat die manier waarop

hy wil aanplant deel van ’n totale nuwe

ontwikkeling is om die droëboonbedryf

na ’n volgende vlak te neem. Die doel is

om uiteindelik die bone sonder enige

vermorsing in een stap met ’n koringtafel

en stroper te stroop.

Om dit reg te kry is Bok, wat ook in

die hoofbestuur van die Droëboneprodusente-organisasie

dien en deel van

die Navorsingskomitee is, bereid om te

waag en te weeg. Op sy plaas, Sherbrook,

is verskeie proefaanplantings en

kultivartoetse aan die gang.

“Die DPO en die LNR werk nou saam

om ’n kultivar te ontwikkel wat sy peule

hoog genoeg dra sodat dit gestroop kan

word. Daar moet ook meer peule aan

die plant wees en hulle moet kleiner

wees, sodat jou verlies minder is as

daar dalk van die onderstes raakgesny

word,” sê hy.

Die bone moet dus regop groei en

meer windbestand wees, sodat hulle nie

knak en gaan lê nie. Deel van dié

proses is om die bone nader aan

mekaar te plant, sodat hulle mekaar

later begin stut en hoër groei.

Die Vence Tudo Panther maak dit

moontlik. Die 11-ry planter plant rye

van 45 cm. Met plante wat so na aanmekaar

staan, is dit moeilik om agterna

in die land rond te ry en bykomende bemesting

toe te dien. Die korrekte toediening

van kunsmis en bemesting

tydens planttyd is dus uiters belangrik

en dit is veral hier waar die Vence Tudo

Panther skitter!

Die planter het twee kunsmisbakke

wat die kunsmis in die regte verhouding,

maar afsonderlik kan plaas. Bok

sit sy topbemesting in bak A wat dit

deur ’n pypie op die grond plaas net

voor die skyfkouters. Die skyfkouters

werk dit in die grond in en dan word die

saad geplaas, met die kunsmismengsel

in bak B reg langs die saad gebandplaas.

Die beste van alles is dat daar ook ’n

spuitbak vir gifstof is. Sodra die toetrapwiele

hulle werk gedoen het, kan daar

vooropkoms-onkruiddoder gespuit

word. Elke spuitstuk dek twee rye.

Bok is ingenome met die akkuraatheid

van die Vence Tudo se

plantwerk. “Jy kan maar agter hom

Meganisasie

Die konvensionele drievoet-rye op Sherbrook gaan

begin plek maak vir 45cm-rye wat die droëbone dwing

om mekaar te stut en regop te groei – gereed vir die

koringstroper.

aanloop en kyk; elke pit is op sy plek,”

sê hy.

Die planter hanteer ook die kontoere

tussen Bethlehem se rantjies met

gemak, maar Bok sê hy glo aan goeie

saadbedvoorbereiding. Hy gebruik dieptandbewerking

om die vorming van ’n

verdigtingslaag te verhoed en klim dan

in met ’n krageg om die grond fyn en

eweredig te maak en uintjies te beheer.

Die planter is ook as vakuummodel

beskikbaar, maar Bok verkies die plaatmeganisme.

Dit maak dit baie maklik

om die 11-ry planter in ’n japtrap na ’n

6-ry planter te verander wat tradisionele

drievoet-rye kan plant.

As 6-ry planter het die Vence Tudo

ook vanjaar reeds ingespring om te

help mielies plant, met ewe groot

sukses. Bok sê hy gaan hom ook inspan

om sojabone en selfs koring te plant.

Die Vence Tudo bly egter die hoofskakel

in Bok se droom om sonder verlies

droëbone te stroop. Hy wil

wegbeweeg van voorsnyers en windrye

en een van die hoofredes is die koste

van arbeid. “Ons moet meganiseer,

want arbeid het net te duur geword,” sê

hy.

’n Ander rede is om die risiko van

reën op die windrye uit te skakel. Hy sê

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 www.proagri.co.za

’n boon is ’n sensitiewe ding wat so

vinnig as moontlik gestroop moet word

wanneer die voggehalte tussen 14% en

16% is. Dan is daar nie tyd vir speel

nie!

Saam met die Vence Tudo het Bok

ook kennis gemaak met die invoer- en

tegniese ondersteuning van Dirk de

Koster en sy span by Inttrac. Bok sê:

“Dirk verstaan wat ’n boer wil hê en hy

het ver uit sy pad gegaan om my te

help. Wat hy self nie weet nie, vind hy

uit.”

Vir meer inligting oor Inttrac se produkte

en diens, praat met Adam van

Aswegen by 078-4457-0952. Besoek

ook www. inttrac.co.za vir volledige

inligting oor Inttrac se produkreeks.

Die Vence Tudo met sy twee kunsmisbakke en ’n bak vir spuitstof is maklik

om te kalibreer en die planter is toeganklik vir enige onderhoudswerk.

Inttrac Inttrac Trading Trading CC CC

Ons hou die boer aan die boer

misstrooiers van

6 tot 26 ton vir mis en kalk.

Groot strooiers is ook beskikbaar

met presisieboerdery-toerusting.

www.inttrac.co.za

Adam van Aswegen 078-457-0952 / 016-365-5799

inttrac@cyberserv.co.za

vervaardig in

Suid-Afrika met Duitse onderdele

1401 laai vol outomaties

14 ronde bale

3000 met bewegende

vloer, meer stabiele en vinnige aflaai

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 15

Tref die winskol met mis

Mis is ’n waardevolle

bate vir

gewasproduksie,

maar dan moet

dit akkuraat

gestrooi word om

elke plantjie ’n

gelyke wenkans

op volle ontwikkeling

te gee.

Crop-Tech se Jumil

LD 10500 TTD is

die misstrooier

wat elke keer die

kol tref vir ’n

wenoes:

• Strooi eweredig en akkuraat

• Hou 7,5 kubieke meter of 12 000 kg

• Strooi ook kalk en kunsmis

• Werk maklik en eenvoudig

• Is betroubaar en duursaam

• Kompakteer nie jou land nie

• Vereis relatief min trekkerkrag

• Is bekostigbaar

• Word rotsvas gerugsteun deur

Crop-Tech se landwye handelaarsnetwerk

LIDER 2050 TT

Agricultural Equipment

Kom kyk self by Nampo en beleef

sommer ook Crop-Tech se wye reeks

geenbewerkingplanters van heel

klein tot heel groot.

Boer lekker en lonend met Crop-Tech

Daar is ’n handelaar naby aan jou

Bel Hennie du Toit

by 082-850-3744

of stuur ’n epos na

sales@croptech.co.za

LIDER 5050 TTD

wat ’n Rotrix

Rainmaker,

wat tot vyftien

hektaar

doeltreffend

kan besproei,

kos. Boonop

het hy nie die

lus of die tyd

om heeldag

te loop en

verstopte

druppertjies

soek en

skoonmaak

nie en

drupbesproeiing

het ook

nie die vermoë

van die

Rotrix om die

wingerd op

warm dae te

laat afkoel

nie.

“Ek was nog

nie ’n enkele

dag spyt dat

ek die Rotrix

Rainmaker

gekies het

nie,” verklaar

oom Diaan.

“Die grootste

voordeel is dat ek nou self man-alleen

die besproeiing kan hanteer.”

Saam met die Rainmaker het oom

Diaan ’n pypkatrol bestel wat aan die

driepuntstelsel en kragaftakker van ’n

klein trekkertjie pas, sodat hy lag-lag die

pyp telkens kan oprol en die Rotrix na sy

volgende besproeiingsbaan kan verskuif.

Die Rainmaker werk so: Jy maak

staan hom op die een punt van die baan

wat jy moet besproei en rol die sleepkabel

na die oorkantste punt, 200 meter

verder, uit, waar jy dit aan ’n ankerpen

vashaak. Dan koppel jy die toevoerpyp

aan die waterkraan en maak die water

oop. Twee fris kanonspuite begin dadelik

werk en ’n wateraangedrewe bakkieswiel

dryf ’n ratkas wat die kabel stadigaan

inkatrol om die hele Rotrix na die

oorkant van die land te sleep.

Die spoed waarteen die Rotrix gesleep

word, die sproeiers van die kanonspuit

en die druk waarteen water gespuit

word, kan alles aangepas word om presies

die regte hoeveelheid water en

druppelgrootte vir jou doel te kies. Met

dit alles help Rotrix se slimkoppe jou

baie mooi.

Wanneer die Rotrix na so ses tot agt

uur aan die oorkant van die wingerd

kom, stop die kabelkatrol outomaties

sodat jy hom darem nooit op jou buurman

se grond hoef te gaan soek nie.

Gewasproduksie

Rotrix:

Die getroue watermater vir die wingerd

Oom Diaan de Villiers se Rotrix Rainmaker werk nou al agt

jaar pligsgetrou om sy wingerd en perdekampe deeglik en

doeltreffend te besproei. In die voorgrond kan ’n mens die

kabel en die ankerpen sien waaraan die Rotrix homself deur

die wingerd sleep. Die watertoevoerpyp sleep agter hom

aan.

puit sonder spyt en besproeiing son-

Sder verknoeiing – dit is wat Rotrix

beteken vir elke boer wat die voordele

van kruipspuitbesproeiing wil inspan om

’n wenopbrengs te verseker.

Daar is haas nie ’n gewas waarvoor

Rotrix nie uitnemend geskik is nie, en

oom Diaan de Villiers van Klein Lanzerac,

so byna binne-in Stellenbosch, gebruik

nou reeds agt jaar ’n Rotrix Rainmaker

om sy wingerde en perdekampe te

besproei.

Oom Diaan beklemtoon dat hy nie

voltyds boer nie en dat sy wingerd maar

eintlik ’n stokperdjie is – maar ’n

stokperdjie waarin hy alles presies reg

probeer doen en daarom is dit vir hom

belangrik dat sy besproeiing nommerpas

moet wees, soos Rotrix al agt jaar lank

vir hom doen.

’n Stokperdjie is ook veronderstel om

’n lus en ’n genot te wees; nie ’n

beslommernis en bekommernis nie. Ook

in hierdie opsig verskaf Rotrix hom net

plesier. Met ’n Rotrix hoef jy nooit te

sukkel en te spook nie, sê oom Diaan.

Voorheen was vyf werkers nodig net om

heeldag met goukoppelpype rond te

draf. Dit was vir hom te erg en hy het

besluit om ’n ander plan met besproeiing

te maak.

Drupbesproeiing is oorweeg, maar dit

sou per hektaar net soveel gekos het as

Dan sluit jy bloot die watertoevoer af,

katrol die waterpyp in en sleep die Rotrix

met jou trekkertjie na die volgende

baan.

Rotrix is die betroubaarheid self, sê

oom Diaan. Elke drie jaar laat hy die

masjien diens en hulle het al een keer

gou-gou op die plaas vir hom nuwe wielbuste

kom insit. Die masjien se onderhoudskoste

is minimaal. Jasper Hewitt

van Rotrix gee die versekering dat Rotrix

regoor die land presies dieselfde flinke

en noukeurige diens bied.

’n Vernuftige plan wat oom Diaan

gemaak het, is om op sekere afstande

paaltjies met weerkaatsertjies aan in die

wingerd te plant. Op een van die Rotrix

se klapspuitarms het hy ook ’n

weerkaatsertjie geplak. Nou kan hy

saans sommer van sy voorstoep af

wingerd toe lig om te sien hoe ver die

Rotrix met sy werk gevorder het. Die

weerkaatsertjie op die klaparm flikker

met die arm se beweging sodat hy weet

watter een die spuit s’n is, en as hy regoor

die laaste paaltjie se weerkaatser

kom, weet hy hy is op die einde van sy

baan en hy kan maar die pomp

afskakel.

Met hierdie pypkatrol en trekkertjie

rol oom Diaan de Villiers sy Rotrix

Rainmaker se toevoerpyp manalleen

op en verskuif sy kruipspuit

in ’n japtrap na die volgende vak

wat besproei moet word. Met ’n

goukoppelpypstelsel was besproeiing

op Klein Lanzerac voorheen vyf

mans se werk.

Boere regoor die land gebruik Rotrix

se vernuftige tegnologie, betroubare

kruipspuite en getroue diens om hulle

eie reën te maak. Jy kan ook vooruit

boer met Rotrix. Praat vandag nog

met Jasper Hewitt by 082-773-7544

of besoek www.rotrixafrica.co.za vir

meer inligting.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 17

Meer as 200 000 besoekers word

weer vanjaar by die internasionale

landbouskou, SIMA-SIMAGENA, in

Parys verwag.

Nuwe landboumasjinerie van regoor

die wêreld word alles onderdak in

ses reuse sale vertoon.

SIMA is die plek om te wees as jy

meer wil weet oor die jongste tegnologie

in enige landboubedryf.

Die SIMAGENA-deel van die skou

gaan oor genetika en by die vorige

skou het 300 stoettelers van nege

lande hulle diere kom wys.

piksplinternuwe landbouteg-

Snologie van regoor die

wêreld, spesiaal daarop bereken

om boere te help om doeltreffender

en volhoubaarder te boer,

is wat vanjaar by die groot, internasionalelandboutoerustingskou,

SIMA, met sy

gepaardgaande diere-afdeling,

SIMAGENA, verwag kan word.

Die skou vind in Parys,

Frankryk plaas, meer as 1 300

uitstallers, van meer as 40 lande,

gaan met hulle tegnologie spog.

Besoekers van 120 lande word

ook van 24 tot 28 Februarie by

die skou verwag.

Die tema van SIMA-SIMA-

GENA 2013 is “Hoë prestasie en

volhoubare wêreldlandbou”.

Die skou is dié plek waar

boere eerstehands kennis kan

maak met nuwe tegnologie wat

wêreldwyd ontwikkel en

toegepas word.

Aankopers van Suid-Afrika sal ook die

geleentheid gebruik om nuwe produkte

of produkreekse wat vir Suid-Afrikaanse

omstandighede geskik is, te eien.

Nuwe maatskappye wat vanjaar vir

die eerste keer uitstal, is onder andere

Soucy van Kanada, Irtec van Italië en

Agromaster van Finland. Nog ’n nuweling

is die Portugese vervaardiger, Herculano

Alfaias Agricolas, met ’n wye reeks

landboutoerusting soos misstrooiers,

laaigrawe, sleepwaens, water- en floddertenks

en skottelêe. Die maatskappy

se direkteur van verkope en bemarking,

Filipe Neto, sê: “As ons ons uitvoere wil

verbeter en buitelandse kopers wil wen,

dan móét ons net by ’n internasionale

skou soos SIMA wees.”

Die Amerikaanse maatskappy,

Orthman, wat pionierswerk oor minimumbewerking

doen, gaan hulle

vindingryke saadbedvoorbereider, 1tRIPr,

bekend stel. Alan Fairbanks, die

maatskappy se internasionale verkoopsontwikkelingsbestuurder,

sê hulle grondbewerkingstoerusting

is so gewild dat

hulle gevoel het dit is nodig om internasionaal

uit te reik na potensiële kopers.

Die Tsjeggiese maatskappy, Farmet, is

vir die tweede jaar terug met ’n uitstalling

van 455 m² waarin hulle die

jongste tegnologie met betrekking tot

grondbehandeling, saaiwerk en die

verwerking van oliesade gaan vertoon.

Hulpbronbestuur

SIMA wys die wêreld se

voorste landboutegnologie

ProAgri gaan ook vanjaar SIMA-

SIMAGENA bywoon met die ondersteuning

van Valtrac, Suid-Afrika se

voorste landboutegnologieverskaffer.

Besoek www.valtrac.co.za vir inligting

oor hulle produkreeks. Jaroslav Korecek, bemarkingsbestuurder,

sê: “SIMA gee ons die geleentheid om

met Franse en internasionale besoekers

kennis te maak.”

Verskeie bedrywighede gemik op uitstallers

vind ook tydens die skou plaas,

soos spesiale ontbytgeleenthede waar

die kollig vanjaar op landbougeleenthede

in Algerië, Sjina en Kazakhstan val. Daar

is ook ’n reeks vergaderings van

CLIMMAR, ’n internasionale organisasie

van landboumasjinerieverkopers en

-herstellers.

Vir besoekers is daar die Internasionale

Forum waar daagliks praatjies en

besprekings gehou word oor sake soos

die regte toerusting vir die regte mark,

landbou en die voedselbedryf met die

oog op kos vir die toekoms, water en

besproeiing en wêreldwye voedselsekuriteit.

Daar is ook tegniese praatjies oor

sake soos landbou-afvalbestuur,

veiligheid in die werksplek en presisietegnologie,

asook werkswinkels wat

sleutelsake, soos die omgewing en vroue

in die landbousektor, hanteer.

In die SIMAGENA-ring word daar vyf

dae lank diere vertoon, oor genetika

gesels en Europese veilings gehou. In

2011 was daar 300 stoettelers van nege

lande met 400 stuks vee.

Al die inligting oor die skou is vanjaar

ook in Engels beskikbaar op

www.simaonline.fr.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 19

ie insetkoste vir visboerdery in

“DGeorgië is een lari per kilogram

en die verkoopprys is ’n minimum van

vier lari per kilogram,” sê Hannes van

Heerden van die maatskappy,

Koopliede, wat beleggingsgeleenthede

in Georgië ondersoek het.

’n Lari is sowat R5 werd. In enige

taal of geldeenheid is dit egter ’n som

wat sin maak vir ’n belegger.

Hannes sê hulle het op baie goeie

geleenthede in dié voormalige staat van

die verbrokkelde Sowjet-unie afgekom,

maar visboerdery het kop en vinne bo

die res uitgestaan. Visboerdery is ook in

2010 deur die Verenigde Nasies se

Voedsel- en Landboukomitee (FAO) uitgewys

as een van die grootste ontwikkelingsmoontlikhede

in Georgië.

Vis, en veral karp, is ’n stapelvoedsel

in die land en daar is selfs tye op die

godsdienskalender wanneer net vis

geëet mag word.

Georgië het die afgelope paar jaar

met rasse skrede gevorder op die pad

van ekonomiese ontwikkeling met ’n

groeikoers van sewe persent in 2012,

maar die land benodig kapitaal en

sakevernuf. Na dekades onder kommunistiese

beheer is daar ’n gebrek aan

ondernemersgees wat veroorsaak het

dat ontwikkeling, veral in landbou, gaan

stilstaan het.

’n Ooreenkoms tussen TLU SA en die

regering van Georgië drie jaar gelede

het die pad oopgemaak vir beleggers

van Suid-Afrika. ’n Handvol Suid-

Afrikaanse boere het hulle reeds daar

gevestig, maar ’n belegging in die vis-

boerdery beteken nie dat ’n persoon sy

ankers in Suid-Afrika hoef op te trek

nie. Dit gee hom net die kans om nie al

sy eiers in een mandjie (of dalk visse in

een dam) te hou nie.

Koopliede het ’n onderneming in

Georgië gestig met die naam South

African Fish Company (SAFCO) wat

reeds aanbiedings gemaak het en geld

betaal het om twee visplase te bekom.

SAFCO se man in Georgië is Koos

Kritzinger, wat onder andere ’n hele

aantal jaar se ondervinding in die produksie,

bemarking en uitvoer van landbouprodukte

het. Hy het deur die

bemiddeling van ’n plaaslike ondernemer,

David Janjgava, die visplase

geïdentifiseer en die twee sal saam die

leisels van SAFCO vashou.

Die plase self sal bestuur word deur

Hulpbronbestuur

Stel jou VISier op Georgië

Hannes van Heerden van Koopliede

het verskeie beleggingsmoontlikhede

in Georgië ondersoek en

visboerdery het uitgestaan as ’n

lae-risiko-, hoë opbrengsgeleentheid.

20

Georgië is ’n waterryke land met duisende riviere wat uit die Kaukasiese

gebergte stroom, wat dit ideaal maak vir visboerdery.

Ucha Machavariani, wat tans David se

eie visplaas by Sartichala bestuur en

dus reeds heelwat ondervinding het.

Op die eerste plaas naby Sagarejo

sal SAFCO eienaarskap neem van 40

hektaar damme met die opsie om die

res van die 120 hektaar damme saam

met ’n plaaslike eienaar te bedryf. Die

tweede plaas by Kashmi was eens

Georgië se spog-visplaas wat oor 180

hektaar damme beskik. Al die infrastruktuur

is gereed en daar sal reeds in

Maart, wanneer die nuwe seisoen begin,

met die boerdery begin kan word.

Kontrakte is reeds met vyf kettingwinkelgroepe

in plek, wat net so oorgeneem

kan word deur SAFCO.

Hannes sê albei die huidige eienaars

van die plase het ’n aanbod aanvaar

van ver onder die werklike waarde van

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 www.proagri.co.za

Ucha Machavariani sal die visplase, soos die

een hieronder, in Georgië bestuur.

die bates, wat die risiko van die belegging

drasties verlaag.

Om albei die plase te bekom, asook

die middele om die visboerdery in

bedryf te stel, word daar nog ’n bedrag

van R15-miljoen voor die einde van

Maart benodig.

Hannes verduidelik dat hulle dieselfde

beleggingsmodel gebruik wat

hulle met groot sukses in Suid-Afrika vir

ander projekte gebruik. Sodra die projek

begin wins toon, sal die beleggers

eers hulle kapitaal plus vyf persent

rente terugkry. Die begrote terugbetalingstydperk

is gestel op ’n maksimum

tyd van drie jaar. Daarna kan dividende

van tussen 20% en 40% op die oorspronklike

belegging uitbetaal word,

terwyl die aandele hulle waarde behou.

’n Bykomende voordeel is dat ’n

belegger ook die moontlikheid het om

binne enkele maande permanente

verblyfsreg in Georgië te bekom, wat

verseker dat die dam waarin hy kan

swem aansienlik vergroot!

Hoe werk die visboerdery?

Hannes verduidelik dat mense nie die

tradisionele prentjie van ’n ronde dam

met hoë walle moet sien nie. Die visdamme

is eerder vlak plate water wat

deur keerwalle ingehou word. Die vis

word geoes deur ’n soort sluis in die

keerwal oop te maak sodat die water

kan uitloop en die visse word dan in

nette gevang vanwaar dit in houers

water op vragmotors lewend na die

mark vervoer word.

Daar is dus geen verkoeling of verwerking

van die vis nodig nie. Op die

een plaas word

die damme deur

’n kanaalstelsel

gevoed en op die

ander plaas word

die natuurlike

vloei van ’n rivier

gebruik. Daar is

geen pompe of

krag nodig om die

water te sirkuleer

nie en dit sou selfs

moontlik wees om

’n 100 kW

hidrokragstasie in

die rivier op die

plaas op te rig.

Aangesien

Georgië baie waterryk is met

meer as seweduisend riviere,

is dit ’n algemene manier van

krag opwek.

Drie soorte karp word

saam in die damme aangehou,

naamlik graskarp,

gewone karp en silwerkarp.

Die rede daarvoor is dat hulle

verskillende soorte of

groottes kos eet en dus die

voedsel beter benut. Hulle

eet hoofsaaklik mielies en

ander graansoorte. Dit neem

agt maande vir ’n vingerling

om van 200 g tot 2 kg te

groei, wanneer hy groot genoeg is om

gevang te word.

Die totale koste om ’n karp tot 2 kg

te laat groei, is twee lari en die

verkoopprys van die visse wissel tussen

agt en veertien lari, afhangende van die

soort karp. Aangesien albei plase naby

die hoofstad geleë is, is die vervoerkoste

ook heeltemal binne perke.

Die plan is om vir die eerste drie jaar

vingerlinge in te koop, waarna SAFCO

beplan om sy eie teelplaas te begin.

Sodra die karpboerdery gevestig is,

sal daar na ander visspesies gekyk word

soos steurvis, forel en baber, wat ook in

aanvraag is. Georgië voer 20 000 ton

’n Visplaas bestaan uit ’n ry vlak damme waarvan

elkeen tot 15 hektaar groot kan wees.

vis in om aan die plaaslike behoefte te

voldoen. Tans word daar maar 2 000 ton

self geproduseer.

Hannes sê dit beteken die geleentheid

lê en wag om benut te word: “As ’n

mens in die wêreld gaan kyk na lande

met goeie groei en stabiliteit, dan is

Georgië hoog op die lysie en binne-in

Georgië staan visboerdery uit as geldmaakgeleentheid.

Georgië het verlede jaar in ’n

demokratiese verkiesing van regering

verwissel en volgens Hannes is die nuwe

regering besig om die land nog meer

beleggingsvriendelik te maak as die

vorige regering. Alles word gedoen om

die vestiging van ondernemings so maklik

as moontlik te maak.

Koopliede kan byvoorbeeld ’n belegger

help om vinnig ’n klein maatskappytjie

in Georgië te stig met ’n plaaslike

bankrekening sodat geld regstreeks

daar inbetaal kan word.

Boere en ander beleggers wat graag

hulle lyn in dié dam wil natmaak kan

gerus die volledige sakeplan aanvra

of self ’n draai in Georgië gaan maak

om na die visplase te gaan kyk.

Kontak Hannes van Heerden by

012-940-1942, 082-927-9387 of

hannesvh@koopliede.co.za.

Vis is nie net ’n stapelvoedsel in Georgië nie; dit word ook graag aan gaste

voorgesit as deel van die tradisionele supra-ete.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 21

22

Plant voer

vir sukses

oeie veldbestuur kan die drakrag van

Gnatuurlike weiding verbeter, maar

aangeplante weiding kan die aantal diere

wat op die beskikbare grond aangehou

kan word, drasties opstoot.

Die hoofrede vir die aanplanting van

weiding en voergewasse is om boere in

staat te stel om diereproduksie regdeur

die jaar vol te hou. Dit kan gedoen word

deur weidingsgewasse wat in die koue

wintermaande kan groei en bewei kan

word wanneer natuurlike weiding van

swak gehalte is, of nie beskikbaar is nie,

en deur voergewasse wat in die

oorvloedige somermaande gebaal of ingekuil

kan word om gedurende die winter

aan diere te voer.

Oorwintering en normale onderhoud

is egter nie die enigste nut van weidingsgewasse

nie. Dit speel ook ’n

belangrike rol in intensiewe stelsels met

hoog produserende diere, soos melkkoeie

en diere wat vir bemarking

afgerond word.

Vir optimale produksie behoort elke

boer ’n voervloeiprogram op te stel wat

verseker dat sy diere regdeur die jaar

voldoende voeding vir elke produksiesta-

ProAgri 156 – Februarie / February 2013

dium kry. Aangeplante weiding kan ’n

belangrike rol in so ’n voervloeibeplanning

speel.

Daar is ’n groot verskeidenheid voeren

weidingsgewasse en die boer behoort

sy saadverskaffer oor ’n geskikte keuse

vir sy besondere omstandighede te raadpleeg.

Hooigewasse

Hooi is enige gewas wat gemaai en

gedroog word vir latere dierevoeding. Dit

kan enige grasgewas, hawer, lusern of

bonegewas wees.

Hooi kan as staande hooi benut word

as dit net so op die land laat staan word

vir latere beweiding, maar dan

verloor dit baie voedingswaarde

en dit is ook aan die

elemente en brandgevaar

blootgestel.

Hooi kan gemaal word,

maar die mees algemene

gebruik is om hooi te baal

sodat dit maklik in miedens

gepak en vervoer kan word.

Enige voergewas se voedingswaarde

en smaaklikheid

Hulpbronbestuur

verswak as dit geberg word. Voeropberging

is egter noodsaaklik as ’n mens voer

van een seisoen na ’n ander of van een

plek na ’n ander wil oordra. Dit is ook die

beste versekeringspolis vir jou vee teen

onvoorspelbare weersomstandighede.

Voer kan gedroog en gebaal word, of

dit kan in die vorm van kuilvoer bewaar

en geberg word. Hooi word makliker oor

lang afstande vervoer omdat die vog

grootliks daaruit verwyder is.

Suid-Afrika se klimaat maak dit

moontlik om in groot dele van die land

voer te sny en op ’n natuurlike manier te

droog sodat dit as hooi gebaal kan word.

Dit is in elk geval ’n goeie gedagte om

gras wat nie deur die winter bewei kan

word nie, af te sny en te baal, sodat die

voedingswaarde beter behou kan word.

Dit verminder sommer ook die

brandgevaar.

’n Mens kan van enige gewas hooi

maak mits dit vinnig gedroog kan word.

Hoe vinniger die gewas gedroog kan

word, hoe beter is die gehalte en kleur

van die hooi. Kruipende groeiers, soos

kikoejoe, maak moeiliker hooi.

Breëblaargrasse maak ook moeiliker

hooi as smaller blare, hoofsaaklik omdat

dit langer neem om droog te word.

Gewasse soos lusern en grassoorte

soos oulandsgras en tef droog maklik en

kan as hooi gebaal word. Die voginhoud

van enige hooi moet verkieslik minder as

15% wees wanneer dit gebaal word.

Bokant hierdie vogvlakke stik die voer

(bederf as gevolg van vogtigheid) en

verlaag die gehalte algaande totdat dit

muf en gevaarlik is vir dieregebruik.

Daar is ’n groot verskeidenheid

gewasse beskikbaar wat vir weiding

en/of hooimaak aangeplant kan word.

Die keuse van gewas hang grootliks af

van die seisoen, reënval en beskikbaarheid

van besproeiing (Sien wintervoergewastabel

bl 24).

Net soos enige ander gewas, het

weiding- of hooigewasse goeie, vrugbare

grond nodig met ’n behoorlik voorbereide

saadbed vir vestiging. Al hoe meer boere

volg ’n meer biologiese of organiese

benadering tot bemesting, maar watter

metode ook al gevolg word – die plante

het steeds ’n basiese behoefte aan

stikstof, kalium en fosfaat. ’n Eenvoudige

riglyn is ’n eenmalige toediening van P

en K vroeg in die seisoen, saam met

40% van die stikstofbehoefte, met twee

latere stikstoftoedienings van 30% elk.

Een ton hooi verwyder ongeveer

10–20 kg stikstof, 1,2 kg fosfaat en

12 kg kalium uit die grond.

Die artikel het oorspronklik in ProAgri

se Voerproduksiegids verskyn. Die

Voerproduksiegids is saam met die

November-uitgawe verlede jaar

versprei. Vir meer inligting oor die

gids, kontak Marlien van der

Westhuizen by

marlien@smartpublishing.co.za.

www.proagri.co.za

Die pH van die grond moet ook

bestuur word en bekalking kan van tyd

tot tyd nodig wees. Die koste van

gereelde grondontleding word oor en oor

betaal deur goeie vleisproduksie.

Insek- en onkruidbeheer is normaalweg

nie nodig nie. Onkruid is net ’n

probleem wanneer weiding-/hooigewasse

se grondbedekking nie meer goed

is nie. Onkruid kom in, want die natuur

wil altyd grondbedekking hê.

Wanneer om te sny

Eenjarige gewasse kan gesny word

sodra die hooigewas in die pypstadium

is, as dit dus uit die vegetatiewe na die

reproduktiewe fase beweeg.

By meerjarige gewasse moet die

eerste snysel eers gesny word nadat dit

goed volwassenheid bereik het, om

lang-lewendheid te waarborg. Die

eerste snysel se gehalte sal swakker

wees as dié van opvolgende snysels.

Die aantal snysels per seisoen verskil

afhangende van die reën. Vroeë

reën beteken noodwendig beter groei

en meer snysels. Daar is gewoonlik

twee tot drie snysels per seisoen.

Gras moenie nie korter as 100 mm

bo die grond afgesny word nie. Waar

dit te kort is, is die hergroei stadig en

reserwes word uitgeput. Grondbedekking

kom dan in die gedrang.

Die tonnemaat van materiaal wat ’n

boer kan verwag hang af van heelwat

faktore, onder meer die soort gewas,

besproeiing, reënval, bemesting en die

seisoen. In die praktyk word daar in die

Hoëveld op droëland van oulandsgras

so ses tot nege ton hooi per hektaar

gemaak, afhangend van die bemesting.

Staalmeester

Top Quality Hay Making Equipment at Affordable Prices

Enorossi Hydraulic

Bale

Loader

4.2 m high

Enorossi Batrake 8-10-12 Wheel Rakes,

Hydraulic lift with spring suspension,

independent spring loaded raking wheels and

kicker wheel

Enorossi Caddy Rake – 8-10-12 wheel rakes

with adjustable working width and hydraulic

lift.

Bale Fork with

3 point linkage

Enrossi Finishing mower

Celmak 1.6m Drum Mower

Celmak 1.6m Drum Mower – with 6 cutting blades

Also available:

Celmak 1.9m Drum Mower – 8 cutting blades

Enorossi Sickle Bar Mower

1.6m/1.85m/2.15m

Head Office: info@staalmeester.co.za Eduan: 082-883-6484 Martin Jr: 082-806-6377

Tel: 018-431-2171/2 epos: info@staalmeester.co.za www.staalmeester.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 23

24

Gewas Planttyd Reënval

Raaigras Feb – Apr Besproeiing

Italiaanse

raaigrastipes

Westerworld

raaigrastipes

Langswenkgras

Kropaargras

Witklawer Feb – Mei

Berseemklawer

Japannese

radys

Hawer

Korog

Stoelrog

PANNAR Wintervoergewasse

Meerjarige Feb – Apr of Besproeiing

raaigras

Aug – Sep

Feb – Apr

of Aug – Sept

Feb – Apr

Feb – Jul

Feb – Jul

Rooiklawer Feb – Mei

Feb – Mrt

Des – Jan/Feb

Feb – Mrt

Feb – Apr

Mrt – Apr

Besproeiing

Besproeiing

>900 mm of besproeiing

>900 mm

>900 mm of besproeiing

>900 mm of besproeiing

Besproeiing

Hulpbesproeiing of

droëland

Hulpbesproeiing of droëland

Hulpbesproeiing of droëland

Hulpbesproeiing of droëland

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 www.proagri.co.za

Saaidigtheid (kg/ha)

Breedwerpig Rye

25 – 40 25 – 35

25 – 40 25 – 35

25 – 30

25 – 35

25 – 30

20 – 25

2 – 3

4 – 6

15

50 – 70

60 – 80

40 – 60

Beskrywing

Geskik vir intensiewe veeproduksie met baie hoë

gehalte, verteerbaarheid en smaaklikheid. Benut dit

gedurende die herfs, winter- en lentemaande.

Alleenlik onder besproeiing. Uitstekende weiding met

klawermengsels. Nie sterk meerjarig nie en moet elke 3

tot 4 jaar hervestig word.

Italiaanse tipes kan vroeg in die herfs of alternatiewelik

ook vroeg in die lente na die swaarste ryp (Aug/Sept)

gevestig word, waarna dit vir ongeveer 15 maande

weiding behoort te voorsien.

Plant Westerworld-tipes vroeg in die herfs (Feb/Mrt) en

benut van April/Mei tot Okt/Des.

Goed aangepas vir ’n wye reeks grondtipes en klimaatstreke,

asook vleierige- of swaargronde.

’n Sagte, smaaklike en voedsame gras met uitstaande

voedingswaarde. Meer droogteverdraagsaam as meerjarige

raaigrasse, alhoewel dit meestal onder besproeiing

verbou word.

Wit- en rooiklawer word saam gevestig. Witklawer vestig

stadiger, maar is sterk meerjarig. Saad moet altyd met

vars entstof geënt word voor vestiging. Ideaal in ’n

mengsel met meerjarige raaigras, langswenkgras of

kropaargras.

Vestig vinniger as witklawer, maar hou net sowat 18 tot

24 maande. Saad moet altyd met vars entstof geënt

word voor vestiging. Ideaal in ’n mengsel met meerjarige

raaigras, langswenkgras of kropaargras.

’n Eenjarige klawer met uitstekende hergroei. Dit lewer

opbrengste soortgelyk aan raaigras. Geen gevalle van

blousuurvergiftiging is nog aangemeld nie.

Goeie weiding vir skape en beeste. Dit is hoogsverteerbaar.

Vir beeste word dit uitgetrek of geploeg en heel

gevoer. Nie koue- of rypgevoelig nie. Benodig minstens

350 mm reën in die groeitydperk van 4 maande.

Baie smaaklik met hoë opbrengspotensiaal. Goeie

droogte- en koueverdraagsaamheid.

Goeie opbrengspotensiaal en koueverdraagsaamheid.

Hoë opbrengspotensiaal, egter nie so smaaklik soos

hawer nie. Baie goeie koueverdraagsaamheid.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 25

Verstaan jou kragrekening

Mens het deesdae krag nodig om te

’nverstaan hoe jou kragrekening

werk. Almal betaal nie, soos baie mense

dink, dieselfde vir elektrisiteit nie. Die

totale bedrag wat jy maandeliks vir krag

betaal, hang van ’n hele paar faktore af:

• Vaste koste wat nie aan verbruik

gekoppel is nie, soos administrasie en

diensgeld.

• Veranderlike koste gekoppel aan die

hoeveelheid elektrisiteit wat deur die

maand verbruik is en gemeet word in

kilowatt-uur (kWh), soos energiekoste

en omgewingsheffing.

• Veranderlike koste gegrond op die

maksimum aanvraag daardie maand

en wat in kilovolt-ampère gemeet

word (kVA).

Elektrisiteitsverbruik word in kilowattuur

(kWh) gemeet. As die totale koste

van die rekening deur die aantal kWh

gedeel word, kry ons die totale koste

per kWh. Dit is ’n goeie maatskaf van

die eenheidskoste van elektrisiteit.

Hierdie syfer moet nie met die eenheidstarief

verwar word nie. Die tarief

word op die rekening aangedui in sent

per kWh, maar daarby moet al die

ander tariewe gevoeg word om die

totale koste per kWh te bepaal.

Die totale koste per kWh kan baie

tussen plase verskil omdat omstandighede

en verbruikspatrone verskil. Opnames

toon dat sommige plase dubbeld

soveel as ander vir hulle krag betaal as

gevolg van hierdie verskille. As die boer

bepaal hoe sy totale kragrekening

saamgestel word, kan hy dit so bestuur

dat hy sy koste verminder.

Die drie belangrikste faktore wat die

rekening beïnvloed, is die tariefpakket,

die aantal kWh wat per maand verbruik

word en die maksimum aanvraag soos

in kVA gemeet.

Die boer moet dus volgens sy

omstandighede bepaal wat dit is wat sy

elektrisiteit so duur maak. Daar

is drie dinge wat hy kan doen

om sy elektrisiteitskoste te

verminder:

• Kies die beste tariefpakket

vir die besondere

omstandighede

• Verbruik minder elektrisiteit

(kWh)

• Indien dit die maksimum

aanvraag is wat die koste so Ruraflex

hoog maak, maak ’n plan

om pieke in verbruik te

vermy.

Met dank aan Koos Bouwer

van Koos Bouwer Consulting

cc vir die inligting wat hy vir

hierdie artikel verskaf het.

Kontak hom gerus by

bouweb@orangenet.co.za of

082-887-8425.

Nightsave rural

Landrate

Eskom-omskrywings

Hulpbronbestuur

(Aktiewe) energiekoste is die koste vir elke eenheid energie verbruik en wat

tipies teen c/kWh bereken word

Administrasieheffing is ’n heffing om die koste van die administrasie van die

rekening te betaal, soos meterlees, die uitreiking van die rekening en die koste

van meters. Dit word gehef of daar elektrisiteit verbruik word of nie.

Omgewingsheffing is ’n regeringsheffing wat vir nie-hernubare kragopwekkers

gehef word gegrond op die energie wat hulle produseer.

Maksimum aanvraag is die hoogste gemiddelde aanvraag gemeet in kVA of kW

gedurende ’n integrerende tydperk van gewoonlik 30 minute binne ’n aangewese

aanslagtydperk.

Netwerktoegangheffing is ’n heffing om te betaal vir die netwerkkoste

(insluitende kapitaaluitgawes, onderhoud en opknapping) wat deur die kliënt

aangevra en bespreek word.

Diensheffing is ’n vasgestelde koste wat ten opsigte van elke rekening vir

diensverwante uitgawes betaalbaar is. Dit word ten opsigte van elke rekening

gehef en is gegrond op die totaal van die maandelikse gebruikte kapasiteit van al

die persele wat aan die rekening gekoppel is.

Die drie mees algemene tariewe op plase is:

Pakket Vaste koste Per kWh Per kVA Tarief

Diensheffing,

adminheffing

Diensheffing,

adminheffing

Diensheffing,

netwerktoegangheffing

Aktiewe energie,

omgewingsheffing

Aktiewe energie,

omgewingsheffing

Aktiewe energie,

omgewingsheffing

Energie-aanvraag,netwerktoegangheffing

Netwerktoegangheffing

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 27

Geen

Energiekoste wissel

tussen 32c/kWh en

49c/kWh; maksimumaanvraagkoste

wissel

tussen R116/kVA en

R191/kVA

Energiekoste wissel

tussen 38c/kWh en

327c/kWh,

afhangende van tyd

van verbruik; geen

maksimum-aanvraagkoste

Vaste tarief van

80c/kWh; geen maksimum-aanvraagkoste,

maar hoër

administrasie- en

diensgeld.

Bespaar krag op die plaas

s jy die gunstigste rekeningpakket vir jou om-

Astandighede gekies het en jou boerdery so georganiseer

het om piektye in verbruik uit te skakel, is daar nog heelwat

logiese dinge wat gedoen kan word om elektrisiteit te

bespaar en jou kragrekening so laag as moontlik te hou:

Elektriese motors

Sestig persent van Suid-Afrika se elektrisiteit word deur

elektriese motors verbruik. Dit spreek vanself dat ’n motor

wat minder gulsig en boonop flukser is ’n beduidende

besparing kan meebring.

Daar is sulke motors en Eskom se Energiedoeltreffendemotorprogram

betaal subsidies aan boere wat hulle ou

kragvretermotors met nuwe, meer doeltreffende motors

vervang. Meer inligting oor dié aanbod kan op

www.eskom.co.za/dsm gekry word, of skakel

011-800-4744.

Besproeiing

Baie elektrisiteit kan bespaar word as die verhouding tussen

die pompgrootte, pypdikte en sproeiergrootte reg is om die

beste resultate met die minste weerstand te bereik. Praat

met jou besproeiingspesialis.

Lekkende pype kos die boer ook ’n groot klomp elektrisiteit

vir pompkoste aan water wat nutteloos in die grond

wegsink.

Professionele besproeiingskedulering volgens grondwaterinhoud

en gewasse se werklike waterbehoefte kan tot

30% van die energiekoste van besproeiing (en ’n groot

klomp water) bespaar.

Koelkamers

’n Goed geïsoleerde koelkamer wat volgens die vervaardiger

se voorskrifte gepak word sodat lug tussen die produkte

kan beweeg en wat net oopgemaak word wanneer dit regtig

nodig is, kan die boer baie elektrisiteit bespaar en sommer

ook sy produkte se lewe verleng.

Sorg dat kondensators goed geventileer en skoon is en

verkieslik aan die suidekant van die gebou waar dit nie deur

regstreekse sonlig beïnvloed word nie, geplaas word.

Melkportale

Die piek-elektrisiteitverbruikstye is smôrens tussen 07:00

en 10:00 en smiddags tussen 18:00 en 21:00. As jy jou

melkmasjien net nadat gemelk is met koue water spoel en

die volledige wassiklus buite piektyd volg, kan dit tot meer

gelykmatige elektrisiteitsverbruik meehelp en jou elektrisiteitsrekening

verlaag.

Ysbankstelsels vir melk kan ook buite piekverbruiktye

verkoel word.

28

Voermeulens

Dis redelik maklik om ’n voermeule se werk so te beplan

dat die harde werk buite piekverbruiktye gedoen word.

Piektye kan vir skoonmaak en onderhoud gebruik word.

Droërs

Met goeie beplanning kan droërs minder elektrisiteit

gebruik deur die verhittingselemente en selfs die waaiers

vir kort tye af te skakel sonder om die produk of die

droogproses te benadeel.

Sorg ook dat die droër se lugkanale oral goed verseël is

sodat geen warmte verlore raak nie.

Dierebehuising

As dierebehuising van die begin af reg opgerig is, benodig

dit heelwat minder energie vir temperatuurbeheer.

Behoorlike dakisolasie verseker ’n koel omgewing

regdeur die jaar en dit beteken dat die boer minder geld

aan klimaatbeheer hoef te spandeer.

’n Dak wat silwer of wit geverf is weerkaats ook

warmte van die struktuur af wat die koste van temperatuurbeheer

verminder. Daar is selfs spesiale hittekaatsende

verf in die mark beskikbaar (sien

www.vermillianpaints.co.za).

Dierebehuising se lang mure moet noord en suid kyk

en die kort mure oos en wes. Dit help om van die warmte

wat deur die dag in die behuising opbou ontslae te raak.

Onthou, as jy natuurlike ventilasie in dierebehuising wil

gebruik, moet die gebou nie breër as twaalf meter wees

nie. Wind trek nie ordentlik deur ’n gebou wat breër as dit

is nie.

Kweekhuise

Dubbel geïsoleerde kweekhuise behou warmte baie doeltreffender

en bring dus ’n welkome energiebesparing mee.

Alternatiewe energiebronne

Vir noodtoestande is die beste alternatiewe-energiebron ’n

kragopwekker wat met diesel of petrol werk, maar daar is

ook ander bronne van alternatiewe energie wat die boer

op die plaas kan inspan.

As daar ’n goeie hoeveelheid mis op die plaas geproduseer

word, kan ’n biogasinstallasie ingespan word om

warmte en elektrisiteit te produseer. Een hoenderhen

produseer 55 kg mis per jaar en een ton hoendermis kan

130 m 3 biogas maak waarmee aangepaste diesel- of

petrol-enjins aangedryf kan word.

Agterna is die gebruikte mis boonop voortreflike

bemesting. Vir meer inligting oor biogaskrag, skakel

Biogas-power by 086-124-6427.

Sonpanele kan ook elektrisiteit verskaf om water te

pomp en om batterye te laai vir beligting of ander laeverbruiktoepassings.

Die probleem daarmee is dat dit nie

genoeg elektrisiteit voorsien vir hoëverbruiktoepassings

nie, dat dit duur is, dat dit ’n beperkte leeftyd het, dat dit

dikwels gesteel of deur hael beskadig word en dat dit

dikwels skoongemaak moet word om doeltreffende

werking te verseker.

Sonkrag kan ook gebruik word om water te verhit. Daar

is hoogs doeltreffende, duur sonwaterverwarmers, maar

met swart politeenpyp op ’n dak kan ’n mens ook ver

kom. Daar is selfs spesiale U-koppelstukke waarmee ’n

mens jou eie sonwaterverwarmer van politeenpype kan

maak (sien langsaan).

Windenergie kan ook gebruik word om batterye te laai

en waar water sterk vloei kan wateropwekking ingespan

word.

Die antwoord is gewoonlik ’n dubbelstelsel waar ’n

alternatiewe energiebron of bronne gebruik word om die

gewone elektrisiteitsvoorsiening aan te vul.

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 www.proagri.co.za

Bad lekker warm sonder sukkel

it was nog nooit so goedkoop en

Dmaklik om water te verwarm soos

met Johan Weideman se “U-connector”

nie. Die mark loop oor met slim planne

vir alternatiewe kragbronne om water te

verwarm, maar dikwels is die slim

planne ook maar duur planne.

Johan het met ’n regte boer-maak-

’n-plan-benadering ingeklim en ’n baie

eenvoudige, maar doeltreffende, manier

ontwikkel om die verwarmingseienskappe

van swart poli-etileenpyp wat

oral beskikbaar is, in te span, sonder

om te sukkel met lang krullende rolle

pyp wat oral op die dak rondskuif.

Nou kan die pyp vooraf in ewe lang

stukke gesny word, om mooi op die oppervlakte

wat geoormerk is, te pas.

U-connectors is U-vormige passtukke

wat gebruik word om die pype netjies

aan mekaar te heg. Johan kan ook help

met raad om die hele installasie stewig

en reguit te anker.

Johan sê: “Die U-connector is ontwikkel

om dit vir enige persoon moontlik

te maak om so goedkoop as moontlik

sy eie warmwaterstelsel te bou.”

Hy sê die maksimum temperatuur

Kontak Johan Weideman by

082-085-7573 of

u-connector@live.com vir enige

verdere inligting.

√ Betroubaar via satelliet

√ Werklike breëbandspoed

√ Geen daaglikse limiet

√ Aanvullings (top-up) opsies verval nooit

√ Geen kontrakte

wat bereik word, is ongeveer 62 grade

Celsius.

Plekke waar die U-connector reeds

met groot vrug gebruik word, is:

• plaaswerkers se huise

• boshutte

• vakansiehuise waar geen elektrisiteit

beskikbaar is nie

• normale behuising

• swembadverhitting

• vistenkverhitting.

Net ’n tang en ’n lang stuk draad...

en natuurlik die U-connector is

nodig om goedkoop en maklik water

warm te maak.

Kontak Angela Goosen by

012-665-0052 of queskye@qkon.com

Hulpbronbestuur

Heerlike badwatertemperatuur teen

geen koste!

Die hele installasie kan stewig

geanker word om te verseker dat

dit nooit rondskuif of afgly nie.

Selfs ’n gewone woonhuis kan met

behulp van die U-connector genoeg

warm water kry.

Betroubare, altyd-aan Internet –

enige plek in SA

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 29

Die wêreld kyk met

honger oë na

Undercover

Farming

D ie wêreld staan voor drie groot uitdagings met betrekking

tot voedselsekuriteit, sê Ernst Janovsky, hoof van ABSA

AgriBesigheid. Die uitdagings is of daar genoeg voedsel vir

almal geproduseer kan word, of dit bekostigbaar sal wees en

of dit veilig is.

Ernst het op die mediabekendstelling van vanjaar se

Undercover Farming Expo gesê die ontwikkeling van landbou

onder beskutting kan die antwoord bied op al drie die uitdagings.

Dit is waarom ABSA betrokke is as borg van die skou

en konferensie.

Hy sê in die klimaat wat al droër word, bied dit ’n

sinvolle alternatief vir landbou en Suid-Afrikaanse boere kyk

al meer na die tipe boerdery.

Veral met betrekking tot die produksie van genoeg voedsel

om in die groeiende vraag te voorsien, kan landbou onder

beskutting ’n groot rol speel. Baie minder ruimte is nodig vir

meer produksie en daar kan selfs in stede op geboue se

dakke tuin gemaak word.

Die produksiemetode benodig minder water, gebruik

arbeid meer doeltreffend en as daar in of naby stede geboer

word, is die mark sommer naby, wat baie vervoerkoste

uitskakel.

Die gebruik van nette of plastiek veroorsaak ook dat die

produksieseisoen verleng kan word sodat daar deur die hele

jaar geoes kan word.

As gevolg van beter klimaatsbeheer, is daar ook meer

beheer oor veiligheidstandaarde.

Ernst sê selfs bestaansboere kan deur projekte bemagtig

word om kommersieel voedsel te vervaardig, omdat daar so

min ruimte nodig is.

Hy sê ABSA AgriBesigheid ondersteun die ontwikkeling

van die bedryf en die Undercover Farming Expo bied ’n goeie

geleentheid aan almal wat by voedselproduksie

betrokke is om beter produksiemetodes te ondersoek.

Die skou gaan gepaard met ’n twee-dag konferensie in

samewerking met Agribusiness in Sustainable Natural African

Plant Products (ASNAPP) en hanteer alle aspekte van die

oprigting van tonnels, tot groeimediums, klimaatbeheer,

saailinge, verpakking en uitvoergeleenthede.

Vir meer inligting oor die Undercover Farming Expo se

konferensie, asook uitstal- en borggeleenthede, besoek

www.undercoverfarmingexpo.co.za of skakel Hanlie

Delport by 082-908-2295.

30

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 www.proagri.co.za

Afrikanerboerdery is plesierig!

n die Vryburg-distrik boer die drie

ICloete-broers met Afrikanerbeeste.

Johan, Willie en Kobus selekteer vir produktiwiteit

op die veld met beeste wat

sonder moeite hulle kant kan bring.

Johan sê: “Dit is ’n plesier om ekstensief

met Afrikaners te boer as gevolg van

die Afrikanerkoeie se hoë vrugbaarheid

en melkproduksie, asook uitstekende

moedereienskappe. Die koeie het baie

melk en sorg regtig goed vir hulle

kalwers.”

Boere wat al teeldiere by die Cloetes

aangeskaf het, praat met groot lof oor

die koeie se vermoë om op die veld

kondisie te handhaaf, die gemak

waarmee hulle kalf en die feit hulle tot

op die ouderdom van twaalf tot vyftien

jaar en selfs ouer nog teel. Op die

Afrikaner-moeders word bulle van enige

ras gebruik en swaar voerkraalspeenkalwers

is die resultaat.

Die Cloetes meen die kruisteelvermoë

“Beesboere wat teeldiere by die

Cloetes aanskaf, is met reg

opgewonde...”

van die Afrikaner en “die feit dat die

Afrikanerkoei tereg die enjinkamer van

die vleismasjien genoem kan word,”

word nog te min na waarde geag.

Die bulle is net so goed aangepas op

die veld. Boere koop by die Cloetes veldbulle

uit goeie moeders met die regte

bouvorm. Die bulle teel klein kalwers by

geboorte (reg om verse mee oop te

maak) en hulle groei dan daarna vir ’n

plek in die eerste span! Afrikanerbulle

dek vir jare tot op ’n baie hoë ouderdom

(tot twaalf jaar) en hulle kalwers by

“boerkoeie” is ’n lus vir die oog en bring

geld in die bank.

’n Ander aspek van die Afrikanerbeesboerdery

wat die broers wil ontgin, is om

’n nismark vir organiese Afrikaner-veldvleis

te begin ontwikkel. Adrian en Ben,

Johan se twee seuns, is hierby betrokke.

Hulle sê Afrikaners het ’n uitstaande

vleisgehalte (onder meer geurigheid, tekstuur,

struktuur, sappigheid en sagtheid)

en dié voordele word ook na hulle nageslag

oorgedra, al is dit kruiskalwers. “Ons

Afrikanerosse word vet op die veld net

met lek sonder byvoeding,” sê Adrian en

Ben.

Die Cloetes nooi mede-beesboere met

groot geesdrif uit om op die plaas te

kom kuier en na hulle Afrikaners te

kyk. Kontak Johan by 082-312-7530,

Willie by 082-337-3214 of Kobus by

082-781-1577.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 31

Vee & veilings

Op plase waar die kenmerkende

helderblou menger van Rumax staan,

geniet die diere goed gemengde

rantsoene elke dag.

k het lank gesoek en na baie

“Emengers gekyk voordat ek Rumax

gekies het,” sê Johan Coetzee van NJE

Boerdery naby Randfontein. “Die menger

speel ’n sleutelrol in die boerdery,

daarom is net die betroubaarste, deeglikste

menger, gerugsteun deur die beste

diens, goed genoeg. Dit is Rumax.”

“Ek was op soek na iets wat elke dag

drie tot vyf ton materiaal kan stukkend

sny en meng sonder sukkel,” sê Nick

Rousseau, van Delnick boerdery naby

Ottosdal.

32

Mengers vir Afrika!

Lourens du Plessis, eienaar van

Louma-boerdery, naby Thabazimbi het

’n paar jaar gelede begin om te

meganiseer en hy sê: “Die prys van die

Rumax-mengers was ’n groot

aantrekkingskrag, want ingevoerde

masjiene met dieselfde kapasiteit kos

amper dubbeld so veel en die een keer

wat hier ’n probleem was, was Jaco

soos blits van die Kaap af hier om die

fout te herstel.”

Só gesels boere wat elke dag hulle

Rumax-toerusting gebruik sodat hulle

vee en selfs wild die regte rantsoen op

die regte tyd kan kry.

Jaco Pieters van Rumax sê hulle het in

1999 hulle eerste hamermeule gebou, in

2000 het die eerste menger gevolg en

nou 13 jaar later is daar ’n hele reeks

produkte wat ontwikkel is, insluitende

konsentraatmengers, volvoermengers,

pilmasjiene en –aanlegte en misstrooiers.

By Rumax se fabriek op Worcester

word daar net van die beste tegnologie

gebruik gemaak in die vervaardigingsproses.

Die produkreeks word aangepas

en uitgebrei hoofsaaklik op aandrang van

boere wat geleer het dat hulle kan staatmaak

op die helderblou toerusting.

Een van die groot voordele wat deur

boere uitgewys word is dat Rumax se

kerwers rataandrywing in plaas van kettings

of bande gebruik, wat beteken dat

daar baie minder slytasie is, en daar

word minder aandrywingskrag benodig.

Hulle praat ook met groot lof oor die

mengers wat werklik meng en nie net

goed rondskuif nie. Die spirale wat na die

middel toe wys sorg vir twee sirkelaksies

na mekaar toe wat beteken dat daar

geen dooie punte is nie. Nog ’n groot

voordeel is dat die mengers met ’n magneetstelsel

toegerus is wat verseker dat

daar geen draad of klein metaaldeeltjies

in die voer beland nie.

Maar miskien is die belangrikste

voordeel van enige Rumax-toerusting dat

dit hou. Soos Nick Rousseau sê: “’n

Rumax word van behoorlike dik staal

gemaak; dit is uit Afrika, vir Afrika.”

Skakel Jaco Pieters by 023-342-6070 of

stuur ’n e-pos na jaco@rumax.co.za.

By Rumax se fabriek op Worcester word daar van die beste tegnologie gebruik gemaak in die vervaardigingsproses

van die groeiende produkreeks.

ProAgri 156 – Februarie / February 2013 www.proagri.co.za

’n Nic-sleepwa ry natuurwette plat

Vir Paul Pienaar van Bar Circle Borans is Olive, Millie en Madison baie kosbaar,

maar nog kosbaarder is die mense in die bakkie voor die sleepwa;

daarom gebruik hy ’n Nic-sleepwa.

k kan nie sonder my Nic-sleepwa

“Eboer nie,” sê Paul Pienaar, ’n Boranstoetteler

van Kroonstad. Vir Paul is sy

beeste baie kosbaar, maar nog kosbaarder

is die lewe van die mense in die

bakkie voor die sleepwa.

Hy sê ’n Nic-sleepwa gee hom die

gemoedsrus dat hy self, sy gesin en sy

beeste so veilig as moontlik op die pad

kan wees.

Paul sien genoeg mense wat geskend

word in padongelukke, want hy is ’n

plastiese snykundige van beroep. Hy

werk in Pretoria, maar Vrydae opereer

hy op Kroonstad sodat hy en sy gesin die

naweek op die plaas kan deurbring.

Hy sê: “’n Sleepwa wat omval of heen

en weer begin swaai agter die bakkie,

Die unieke rubberveerstelsel van ’n

Nic-sleepwa sorg dat die wa altyd

reguit en bestendig agter die bakkie

bly, selfs teen ’n afdraende of op ’n

ongelyk grondpad.

Die mees gevorderde voertuigtegnologie

word vir die ontwerp van Nic-sleepwaens

se onderstelle gebruik. Dis hoekom hulle

so veilig, sleepbaar, vibrasievry en

duursaam is.

kan diere en mense doodmaak. ’n Nicsleepwa

is stewig en betroubaar en jy

kan voel dat jy altyd ten volle in beheer

is.”

Nic Keyser, die man agter Nic Sleepwaens,

sit baie dinkwerk in die ontwerp

van sy sleepwaens, juis om te sorg dat

mens en dier altyd veilig is. Die onafhanklike

veerstelsel is ontwerp om die

natuurwette ore aan te sit.

Nic verduidelik dit so: “’n

Sleepwa van 800 kg wat met

drie ton beeste gelaai is, is

swaarder as die bakkie wat

hom sleep. Teen ’n afdraende

het die sleepwa dus meer

momentum en probeer hy

eintlik om verby die bakkie te

kom.”

As gevolg van die ontwerp

en die gevorderde rubberveerstelsel

het die sleepwa ’n

remvermoë van 5,5 ton. Nic

sê dit is nie kuns om ’n as vir

’n sleepwa te maak wat die

wetlike perk van 3,5 ton

gewig kan dra nie; die kuns is

om daardie gewig veilig te

laat beweeg en veilig tot stilstand

te laat kom.

’n Nic-sleepwa het genoeg

reserwe remvermoë om dubbeld die

vrag te hanteer as wat die ruimte toelaat.

Byvoorbeeld: Nic se bulwa het die

ruimte om twee groot bulle van 1,2 ton

elk te laai, maar die onderstel maak

voorsiening vir 4,2 ton se vrag en

remvermoë.

“Ons het ’n verantwoordelikheid, nie

net teenoor ons diere en onsself nie,

maar ook teenoor die ander mense op

die pad. ’n Sleepwa wat heen en weer

swaai, is dodelik gevaarlik,” sê Nic.

Nic verstaan ook hoe kosbaar ’n

stoetteler soos Paul se diere vir hom is.

Hy sê in ’n boer se leeftyd kan hy maar

agt geslagte se bloedlyn-ontwikkeling

doen. “As een van die boer se stoetbulle

doodgaan, verloor hy ’n hele geslag se

ontwikkeling.”

Dit is geen wonder dat 43,8% van die

Boran-stoettelers in die land reeds Nic se

sleepwaens gebruik nie!

Paul sê dit gaan nie net oor gerief en

veiligheid op die lang pad nie. Sy Nic

word oral op die plaas ingespan, want hy

kan die grondpaaie en selfs die veld

hanteer.

Daarby spaar hy sommer baie tyd

omdat dit maklik is om diere op en af te

laai. “As een van my kommersiële koeie

in die veld ’n probleem het, gaan laai

ons haar net daar en bring haar huis

toe.”

Paul voorsien ook Boran’s vir

kommersiële boere en ry dus

gereeld na veilings toe, waar sy

diere met groot gemak self afklim.

Die sleepwa se hek skuif oop en

daar is niks wat dinge moeilik

maak vir die diere nie. Hy sê omdat die

wa oop is onder die veetralies, is dit ook

gou en maklik om dit skoon te spuit.

“Daar is nooit enige misaanpaksels soos

by ander waens nie.”

Paul sê as hy ooit nodig het om weer

’n sleepwa te koop, sal dit weer ’n Nic

wees. “Die beste van alles is dat jy jou

sleepwa by Nic Sleepwaens kan inruil op

’n nuwe een en die inruilwaarde is

hoog.

Dit is vinnig en maklik om ’n Nic-sleepwa skoon

te spuit omdat dit oop is onder die tralies.

Spaar tyd en vervoer jou kosbare

vrag met ’n veilige Nic Sleepwa.

Kontak Nic Keyser by 018-673-0224

of info@nictrailers.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 33

Vee & veilings

34

ProAgri 156 – Februarie / February 2013

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 35

Vee & veilings

36 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 37

Vee & veilings

38 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 39

Vee & veilings

GEBRUIK SLEGS BULLE

met die $X-brandmerk. Hulle

beskik oor prestasiesyfers en

u het die ondersteuning van

die Genootskap.

Sussex Beestelersgenootskap van SA

Tel: 051-410-0900

Epos: sussex@studbook.co.za

Webblad: www.sussex.co.za

40 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

Tuli Cattle Breeder’s Society

Tel 051-410-0958

www.tulicattle.co.za

Goeie

veiling gehad?

Stuur jou uitslae na

info@proagri.co.za vir

gratis plasing op

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer

Advertising service for the farmer

40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie,

en alle ander landbou toerusng by mekaar uit te bring.

Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein)

082-381-7563 of 051-446-6089

stefan@agritrader.co.za

PRO ENVIRO

OMGEWINGS-

IMPAKPRAKTISYNS

Omgewingsimpakstudies /

rektifikasie van aktiwiteite soos:

Vark-, hoender-, bees-, visboerdery

en -telery / Voerkrale / Abattoirs /

Eko-ontwikkelings / Jag-of wildsplase

/Aftree-oorde / Gastehuise /

Vulstasies / Aanloopbane / Brûe /

Damme

Kontakpersoon:

Adv. DG Venter

082-562-0569

douw@proenviro.co.za

Faks: 086-561-1901

Vir al u plaasbenodighede

sedert 1968

Verskuifbare beeskrale

Baallaaiers en -vurke

Skale en nekklampe

Hooi-ringvoerders

Kalfkanteltoestelle

Selfvoerders

Spuitdippe

Landrollers

Suipkrippe

Laaibanke

Fabriek: 033-263-1056

Kantoor: 034-325-9960

Faks: 086-548-4790

Sel: 082-871-0123

E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad: www.nmreng.co.za

Engela du Plessis (Pretoria)

012-342-5141

engela@proagri.co.za

LM Tank

Herstelwerk

Herstel van enige

plastiektenks

• Watertenks

• Silo’s

• Gifspuite

• Dieseltenks

• Chemiese tenks ens.

Alle areas!!

Skakel Martiens by

084-434-7916

Mariëe van Dyk (Pretoria)

083-594-8438

mariee@proagri.co.za

• Mobiele veekrale • Nekklampe • Mobiele laaibanke • Selfvoerders • Opvou skaalbakke

Kontak Jan Abraham Strauss 082-636-1785

www.agrishalom.co.za / info@ssksteel.co.za

Gratis aflewering 100km

vanaf Cullinan

Nuut! Groen-reeks laedruk

songeisers

100 liter, 10 buise vanaf R2 195

150 liter, 15 buise vanaf R2 995

The Sun Pays

Bekostigbare songeisers

Hoëdrukstelsels met

1,2 mm-vlekvrye-staaltenks

en hittepype vanaf:

Laedrukstelsels

vanaf:

R4 795 100 liter, 12 buise R2 895

R6 995 150 liter, 18 buise R3 995

R9 995 200 liter, 24 buise R5 995

R11 995 250 liter, 30 buise R6 995

5 jaar waarborg

2 jaar

waarborg

Pryse sluit

BTW in

0860-SUNPAY (086 078 6729)

Johan 082-515-1655

sunpays@hotmail.com /

www.thesunpays.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 41

AgriGids

AgriGids

42 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

BASSA

Beton

veewaterkrippe/

troughs

Besigheidsgeleenthede

beskikbaar

ongeveer R60 000.

Contact Rod

082-454-1236

Beskikbaar in 850l @ R 2 200 + BTW

en 1100 l @ R2 700 +BTW

Baalkerwers

Spesiale aanbod op tefsaaiers

• Alle grote bale

• Enige materiaal

(nat of droog)

• Snylengtes

10 - 200mm

• Bespaar mengtyd

• Verbeter

vertering

• Voerkrale en

melkerye

Dolf Volschenk: 017-712-5355

www.havco.co.za info@havco.co.za

www.proagri.co.za

Die

oplossing

vir die

wild- en

veebedryf,

asook

enige

elektriese

heining.

Plastic

Droppers

Sakkie

083-250-5363

Ratsbrand Brand

sonder sukkel, sonder vlam

Die brandmerk van beeste word al strenger deur

die owerhede toegepas. Die moeisame taak

neem tyd en tyd is geld. Ratsbrand brandysters

werk van die bakkie- of trekkerbattery. Geen

vlam benodig nie en die merk is binne minder as

20 sekondes warm. Merk al drie letters op een

slag. Toerusting om te onthoring ook beskikbaar.

Skakel Wynand Boshoff by 084-581-1599,

wynand@ratsbrand.co.za of

besoek www.ratsbrand.co.za

Slaap rustig!

Laat FaunaTRACK

jou vee dophou.

• FaunaTRACK, jou elektroniese

skaapwagter waarmee jy jou vee

van Kaap tot Kairo kan dophou.

• Elektroniese halsband

• Selfonderhoudende plaaslike

netwerk sorg vir kommunikasie

tussen halsbande en die Internet.

• FaunaWEB verleen wêreldwye

toegang tot jou stelsel.

Monitor self jou kudde, of laat ons dit doen.

Kontak Desmund by 082-414-3242

pro_buzz@mweb.co.za of besoek

www.faunaTRACK.co.za.

Willem

083-276-5141

sakkie@plasticdroppers.co.za willem@plasticdroppers.co.za

Solied met riwwe

Plastic Droppers word gemaak van HDPE AAA+ graad

(hoëdigtheid poli-etileen) en is:

• Elektriese heining: skakel isolators uit

• Sterk (2,9 kN) en getoets deur SABS

• Sonbestand en vuur weerstandig

• Maklik om te hanteer en lig (170 g/m)

• Gemaak met riwwe vir netjiese drade

• Beskikbaar in enige lengte

• Trek nie skeef in son en hitte

www.plasticdroppers.co.za

Aflewering moontlik

Net R3

per meter!

-Patentnr: 2009/07064

-Model-/Ontwerpnommer: F2010/00430

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 43

AgriGids

AgriGids

44

ProAgri 156 – Februarie / February 2013

PROBLEEMDIERBEHEERPRODUKTE

Nuut ingevoerde Produkte

SLAGYSTERS

474: Ingevoerde VSA Slagysters met 6"rubberkaak

476: Ingevoerde VSA Slagyster Standaard Model met 5.25" off-set jaw

478: Ingevoerde VSA Slagyster met 6" off-set jaw

480: Ingevoerde VSA 10" Liggaamsgrypyster

VANGHOK

Groot opvoubare Roofdiervanghok

Opgeslaan: 127 x 48 x 60 cm / Afgeslaan: 127 x 48 x 16 cm R2025

AFLEWERINGS

Aflewerings landswyd

Gratis aflewering vir 12 eenhede of meer

aangekoop (vanghok uitgesluit)

VANG HOM,

VOORDAT HY

JOU LAMMERS VANG

Model 476

R275 Model 478 R340

Model 474 R230 Model 480R340

Skakel ons gerus

Tel: 023-230-0595 / Sel: 079-243-4106

WORK IN AUSTRALIA

Skilled and experienced people required for jobs in

the Outback.

Successful applicants will be sponsored migrants for

4 years with permanent migration possibilities.

Minimum yearly salary AUD $52000 (ZAR440K)

many with free accommodation and other perks.

Skills sought:

- Farmers with 5 years experience (crops, livestock,

fruit)

- Mechanics, fitters and welders with qualifications

and experience

- Extension officers/Agronomists with degree and

experience (grain, cotton, sugar, fruit)

- Project managers, Miners, Engineers

Will need to get English certificate, have references

checked and pay for tickets to Australia.

Contact Rod Mackenzie (KZN)

082-454-1236 or

rod-shadow@vodamail.co.za

Referees available

www.proagri.co.za

Reservoir linings / Opgaartenkvoerings

Earth dam linings / Gronddamvoerings

“InFront and Over the Top”

www. tatamatarps.co.za

500g/ 400 micron PVC @

R25 per m 2

650g/ 500 micron PVC @

R45 per m 2

900g/ 800 micron PVC @

R65 per m 2

280g/ 55% shade net @

R9 per m 2

PHONE TODAY!

SKAKEL VANDAG!

072 279 3294

Nuut tot die Peake-reeks: ’n Trekker gebaseerde hoogloopspuit - 66,5 kW “YTO”

Woodspec engineering

Donald: 083-701-0810

Cliff: 083-702-0050

donald@peakeequipment.co.za

Spesiale bekendstellingsprys:

R844 000

Veelsydige werkesel

vir bespuiting

van gewasse en

saadmielie-ontpluiming

Kry vars

Skakel ons vir jou naaste agent

“4x4 binnekort beskikbaar”

www.peakeequipment.co.za

landbounuus

daagliks!

www.proagri.co.za

Agterwiel-aandrywing

Vierwiel onafhanklike lugvering

Grondvryhoogte van 1,8 m

Voorgemonteerde spuitbalk van 19 m

Vlekvryestaalspuittenks van 1 800 liter

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 45

AgriGids

AgriGids

Kontak ons vir alle landbou- en

konstruksietoerusting, asook

onderdele en herstelwerk

46 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

Jou nr1 keuse

in landbou

Tel: 051 432 0426

Faks: 051 432 0423

casebfn@mweb.co.za

Frikkie van Kraayenburg 23

Ooseinde

Bloemfontein

Bemarkers:

Neels Hamman

082 558 4456

David Vorster

082 461 6201

Onderdele

JC Serfontein

051 432 0426

www.proagri.co.za

BULPERD

4 m Grondpadwa Wildwa

• 4 m grondpadwa

• LED ligte

• trokvere

• 2x2,5 ton rem-aste

• 3 mm vloerplaat met

mat vir gly

• spaarwiel

R45 900

btw ing

• 2 kompartemente

• rubbermat

• deur natuurbewaring goedgekeur

• dreineringsgate/luggate

• inspeksiedeurtjies

• dakkappe

• 15-duimbande

R2 000 ekstra

R53 900

btw en spaarwiel ing

R37 900

btw ing

Skakel Calie 082-414-2569 / Faks 053-83-1866

Besoek gerus ons webblad by: www.bulperd.co.za

3.2m dubeldekker rondeneus

• Verwyderbare plank

• Spaarwiel

• Mat vir gly

• Middelhekke, kanthek, agterhek swaai

en skuif

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 47

AgriGids

AgriGids

48 ProAgri 156 – Februarie / February 2013

Plaasgoed is

mooigoed

Afdrukke van Matie Botha se gewilde plaasskilderye is nou

beskikbaar teen die spesiale prys van R80 elk vir ProAgri se

lesers. Kleiner afdrukke kos net R55.

Getekende John Deere-afdrukke met ’n beperkte oplaag van

honderd elk kan ook bestel word teen R250 vir een of

R900 vir ’n stel van vier.

Of verewig jou nalatenskap met ’n unieke

skildery van jou plaas- of plaasgoed.

Kontak Matie Botha 082-318-3105 012-348-0079

matie.botha@gmail.com

www.trekkerskilder.co.za

www.proagri.co.za

VERMILLIAN VERF

U nuwe dimensie in

Bk 96/16880/23

verftegnologie

Sedert 1980 Since

Spesiale

fabrieksaanbiedinge!!!

R15999 Waterdigting Nanotegnologie

Dak & plaveisel seëllaar

R449 99

R729 99

R53999 vanaf

R46999 binne en buite

R99 99

R26999 vanaf

www.proagri.co.za ProAgri 156 – Februarie / February 2013 49

5L

Vul krake en lekplekke, ingeboude

sintetiese vesel, waterbasis super akrillies.

5L

Roesvoorkomingsbehandeling, roes- en

kiemdoder, verf regstreeks op roes,

verdunnerbasis.

20L

Isoleer koue en hitte, (kan temperatuur binne

met 10 grade Celsius laat daal) keer uitsetting

en inkrimping met nanotegnologie.

5L

Roeswerende staalonderlaag,

vinnige droging, verdunnerbasis.

20L

20L

20L

10kg

5L

Verust Nou!

Rooi/Grys OKSIED

Nanotegnologie UV- en waterbestand

lewensverwagting 10 jaar, super akrilies.

Muurverf

Lewensverwagting 10 jaar, UV- en waterbestand

Super akriliese afronding, wasbaar.

Kraakvuller

Binne en buite, wit vuller afronding,

vinnig droog.

Hoëglans emalje

Stoom en waterbestand, vlekbestand,

standaard kleure beskikbaar.

20L

Solar Aircon dakverf

Super satyn muurverf

Nou!

R109 99

Veeldoelige akriliese PVA

Binne-/buitemuurverf, roupleistermure,

plafonne, 5 jaar lewensverwagting.

R229 99

Nou!

Binne en buite, suede glansvoorkoms, meer as

10 jaar lewensverwagting, super satyn afronding,

hoogs wasbaar. R68999 Fabriek: 010-591-1010 / Bon Accord: 087-830-2257

012-335-4218 PTA-Noord: 012-546-3350

Eloffsdal: 012-335-0330 Frederika: 012-335-5446

Elarduspark: 012-345-4273 Capital Park: 012-335-4124

Viljoenskroon: 081-467-2189 Faks: 086-615-8613

PTA Wes: 012-327-2972 Wes-Kaap: 084-091-4528

Gezina: 012-329-0101

Volg ons op

www.vermillianpaint.com

AgriGids

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!