04.05.2013 Views

Shavuot Verlowingsverbond - Nuwelied Bediening

Shavuot Verlowingsverbond - Nuwelied Bediening

Shavuot Verlowingsverbond - Nuwelied Bediening

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SHàVUOT

DIE VERLOWINGSVERBOND

deur

Ina van Niekerk

Israel is ‘n Koninklike Priesterdom. Dit is net moontlik as Israel op een of ander wyse aan die

Koning, JHWH (wat ook Jeshua is), verbind kan word. Diè verbintenis is ‘n liefdesverhouding.

Abraham was die een met wie JHWH as individu en as voorvader van Israel, heel eerste ‘n

verbond mee gesluit het. “Verbond” is die selfstandige naamwoord van die werkwoord

“verbind”.

JHWH is die Elohiem van Abraham, Isak en Jakob. So word Hy telkens beskryf as daar ‘n

belangrike aankondiging in die Skrif gemaak word ten op sigte van die volk, omdat Hy met ‘n

verbond verbind is aan Abraham, Isak en Jakob.

Wanneer ‘n paartjie verloof raak, word hulle ook aan mekaar verbind. Hedendaags geskied dit

gewoonlik met ‘n ring as simbool van die verbintenis. ‘n Verlowing is dus ‘n verbond.

‘n Verbond is o.a. gesluit deur die offer van ‘n vetgemaakte dier wat uitgesoek word. Dit is dan

in twee gesny en die partye wat die verbond met mekaar sluit, het dan deur die stukke beweeg

soos dit beskryf word in Genesis 15. As een party nie die gronde (dit waarop ooreengekom is)

van die verbond hou nie, dan mag die ander party dieselfde aan hom doen (om hom dood te

maak soos die diere van die offerhande). Vergelyk Gen. 15:10, 17 en Jer. 34:18 – 20. Daar is ‘n

goeie boek hieroor geskrywe, naamlik: “The miracle of the scarlet thread” deur Richard

Booker. Dit is ook in Afrikaans vertaal as “Die Bloedverbond”.

In hebreeus is verbond: תי ִרְבּ (beriet), Strongs 1285. Dit kom vanaf ‘n wortelwoord, ה ָרָבּ (bara)

(Strongs 1262). Dit beteken: “to select, also to feed, choose, (cause to) eat, manifest, (give)

meat”.

Bara (ה ָרָבּ), is weer verwant aan die woord ‘bar’ (רָבּ) (Strongs 1250), wat “graan” beteken. Dus,

die graan wat die dier eet, maak hom vet vir ‘n uitgesoekte offerande. Maar hierdie woord

‘bara’ het ook ‘n hele klompie ander verwante woorde, wat elkeen ‘n positiewe betekenis het

naamlik “cleanse, blossom, flee, produce, loosen, free, open” (p.31 van “Etymological

Dictionary of Biblical Hebrew” deur Matityahu Clark).

Dit dui op lewe, herstel en reiniging. ‘n Verbond het dus ‘n positiewe doel, naamlik die behoud,

herstel en vooruitgang van die verbondsgenote, veral van die swakker een van die twee wat die

verbond sluit. Hy sluit reeds die verbond omdat hy nie in staat is om alleen te bly staan teen

die aanslae nie.

Die hebreeuse woord ‘bar’ kan egter ook ‘seun’ beteken. Dit maak soveel sin. Hy is nou die

Slagoffer van die verbondsritueel. Hy is “vet” deur die “graan” van die Woord, omdat Hy die

1

Woord ìs. Die Seun רָבּ (bar), sluit met ons ‘n verbond, תי ִ רְבּ (beriet). Met ander woorde: Die

Seun (Jeshua) verbind ons aan Hom deur as Bruidegom Homself te verloof aan die Bruid.

Die betekenis van elke individuele antieke hebreeuse letter, vertel ook die hele verhaal van die

Bloedverbond van Jehsua. In hierdie geval van תי ִרְבּ (beriet) skets dit JHWH wat met ons ‘n

verbond kom sluit het deur die Messias Jeshua wat vir ons deurboor is. Hier volg die

verduideliking volgens die antieke hebreeuse letters:

1. Bet (בּ) = skets ‘n koning (ר) op ‘n troon (_) wat toesien oor sy koninkryk (huis) net soos

wat die hoof van die huis toesig hou oor sy huishouding. (Bet se algemene betekenis is

“huis”, maar die hoof van die huis, mààk die huis)

2. Resh (ר) = skets die agterkant van ‘n mens se kop. As dit vergelyk word met Bet wat

hierbo genoem is, ontbreek die basis (_), wat dui op die troon. Dit beeld uit

dat die koning of hoof van die huis sy troon (posisie van outoriteit) verlaat

het.

3. Jod (י) = skets ‘n oop hand wat afreik (soos wanneer ‘n geskenk gegee word).

4. Tav (ת) = skets in die ou antieke hebreeus ‘n kruis (X). Dis die laaste letter van die alefbet en

dui dus op die voltrekking van die verbond op die kruis deur Jeshua.

Dus: JHWH as ‘n magtige Koning, het Sy troon verlaat om ‘n mens te word, om deur Sy eie

deurboorde hand ‘n verbond te kom sluit met die mens.

Fil. 2:6 – 8 “Hy, wat in die gestalte van Elohiem was, het dit geen roof geag om aan Elohiem gelyk te

wees nie,

Maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk

geword;

en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe,

ja, die dood van die kruis.”

Ook Sy naam, הוהי (JHWH), se antieke prentjieskrif beeld uit dat Hy vir ons versoening gedoen het.

Onthou dat dit van regs na links gelees word.

י = Hand

ה = Openbaar

ו = Spyker (nail)

ה = Openbaar

Dit lees as: Die Openbaring van die Deurboorde Hand. In Engels: The Revelation of the Nailed Hand.

Tydens die verbond wat JHWH met Abraham gesluit het, is Abraham aan die slaap gemaak en

hy het nie soos dit hoort, saam met JHWH deur die geslagte diere geloop nie, want hy sou nie

2

dieselfde vir JHWH kon doen, as wat JHWH vir hom sou kon doen nie. JHWH het Abraham se

deel van die verbond, ook op Homself geneem (Gen. 15).

Abraham as voorbeeld in die geskiedenis

Abraham was Israel se eerste voorvader. Wat met die vaders gebeur, gebeur met die nageslag.

Hy was dus die voorloper in die geskiedenis. Mens kan sê dat die volk nog in sy lendene was, as

oupa van Jakob. Hy was dus oupagrootjie van die 12 seuns van Jakob wat later die 12 stamme

van Israel sou vorm.

“History is prophecy”. Dit wat met Abram en Sarai gebeur het, het ook met die volk gebeur en

dit gebeur ook met ons as geestelike Israel (wat eintlik Efraim, die tien verlore stamme is, wat

aan die einde met Juda, wat fisiese Israel is, sal verenig). Eers Abraham, dan Jakob (Israel) en

uiteindelik ons as gelowiges in Jeshua. Kom ons kyk na die patroon.

1. Abraham het self die eerste spore van die geskiedenis neergelê toe hy die eerste een

was om na Egipte te gaan, nadat daar hongersnood in die land uitgebreek het. Hy is die

grootvader van die volk Israel.

Gen. 12:10 “En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het

om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.”

Net soos met die volk Israel se verlossing uit Egipte, het JHWH Farao se paleis ook

besoek met groot plae omdat Farao vir Sarai na sy paleis geneem het (Gen. 12:11 –

20).

Gen. 12: 17 “Maar JHWH het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van

Sarai, die vrou van Abram.”

Dit was nà al daardie gebeure, ook nà Abram se wedervaringe met Lot en nàdat

Melgisèdek met hom ontmoet het, dat JHWH met Abram die verbond gesluit het

Genesis 15.

2. Jakob, wie se naam verander is na Israel (Gen. 32:28), het sy seuns na Egipte gestuur

om kos te koop, omdat daar weer hongersnood was, net soos met Abraham gebeur het

(Gen. 41:57, Gen. 42:1 – 3). Dit het meegebring dat Jakob op die ou einde sak en pak na

Egipte getrek het om te kan oorleef, net soos wat sy voorvader Abraham gedoen het.

Gen. 46:1 – 7 “En Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in Bersèba

gekom; en hy het offerandes gebring aan die Elohiem van sy vader Isak.

En Elohiem het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier

is ek!

3

Toe sê Hy: Ek is Elohiem, die Elohiem van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te

trek nie, want EK sal jou daar ‘n groot nasie maak.

Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou

oë toedruk.

Daarna het Jakob weggetrek van Bersèba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met

hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte

gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom.”

JHWH het Jakob belowe dat hy hom weer sal laat optrek uit Egipte. Die volk, as nageslag van

Jakob, het daardie belofte geërf. JHWH laat die volk optrek uit Egipte en vervul sodoende

daardie belofte. Maar ons is ook erfgename van daardie belofte. Ons is ook slawe in Egipte en

roep na ‘n Verlosser!

3. Ons, as geestelike Israel (Efraim), het ook weens gebrek aan die Torah (dis

hongersnood), in Egipte beland. Ons moet ook verlos word uit Egipte.

Elke keer as ‘n persoon Jeshua aanneem as die Messias en as sy eie Verlosser, ervaar hy

‘n geestelike pesag. Hy moet dan Egipte (die sisteem en die goddeloosheid van die

wêreld) verlaat en net vertrou op die Messias, die Lam van Elohiem. Hy moet Jeshua

toelaat om die deurpos van sy hart te wees.

Soos ons dan as gelowiges poog om ‘n afgesonderde lewe te lei voor JHWH, ondervind

ons die Fees van die Ongesuurde Brode. Net soos wat Jeshua uit die dood uit opgestaan

het, is ons ou lewenswandel vir ons “dood”. Ons het dit agter gelaat en ondervind nou

die nuwe lewe in die Messias.

Daarna stort Hy Sy Gees oor ons uit, soos Hy dit gedoen het met die Handelinge

gemeente. Dit bring mee dat Hy Sy weë en Sy Woord progressief aan ons openbaar op

‘n dieper vlak. Dit is Shàvuot. Hy gee ons Sy Gees as ‘n pand, soos ‘n ring sou wees.

2 Kor. 5:5 “Maar Hy wat ons juis hiervoor toebrei het, is Elohiem, wat ons ook die Gees

as onderpand gegee het.”

Dis kortliks hoe elke weergeborene in die profetiese spore loop wat Abraham en die

volk Israel getrap het.

Die volk Israel as Bruid

Nou gaan ons bietjie nader kyk en sien hoedat JHWH vir Israel uitlei uit Egipte om ook ‘n

verbond met haar te sluit, soos Hy met Abraham gedoen het. Die verbond met die volk is egter

‘n huweliksverbond en Israel is die bruid.

4

Die hele verhaal van die volk Israel is ‘n simbool van die verhouding tussen die Bruidegom en

die Bruid. Die Bruid se identiteit is in die volk Israel. Die hele Woord is ‘n liefdesbrief van die

Bruidegom aan die Bruid. Al die feeste is spesifieke stappe in die verhouding, vanaf die

verlowing tot en met die voltrekking van die huwelik. Dit toon vir ons as die Bruid, hoe om in

die realms van die Koninkryk te wandel.

‘n Bybelse troue het drie stadiums, naamlik: die verlowing, die troue en die viering daarvan.

Natuurlik moet die Bruid heel eerste ook “gekies” word. Die feeste volg ook hierdie patroon.

Die feeste word “opvoerings” genoem. Die feeste is daar gestel vir die Bruid sodat sy

voorbereid en gereed sal wees vir haar huweliksdag.

Pesag (Paasfees) is die “kies” van die Bruid.

Shàvuot (Pinkster) is die verlowing van die Bruid.

Jom Kippoer (Groot Versoendag) is die Huweliksdag.

Sukkot (Fees van Tabernakels) is die viering van die troue wat ook genoem word: “die

Bruilofsmaal”.

Die feeste is tekens en simbole vir die Bruid, soos ‘n padkaart. Dit dui die regte weg aan na die

dag van die voltrekking van die huwelik, die troudag.

Die Bruid is gekies met Pesag, dan volg die 50 dae waarin die Omer getel word waartydens die

Bruid gereed gemaak word vir die verlowing. Shàvuot is die Verlowing. Dit het by Sinai

plaasgevind met die ontvang van die Torah (wet). Die Torah is die Huwelikskontrak of Ketuba.

Dis die Verbondsooreenkoms. Die verlowing is eintlik alreeds ‘n wettige huwelik, maar wel

sonder om saam te woon. Die saamwoon sal eers realiseer op die troudag. Shàvuot het sy

geestelike kant in die Brit Chadasha (N.T.) as die “uitstorting van die Gees” met Pinkster.

Deur die feeste op ‘n geestelike wyse te herdenk, sal die Bruid nie haar verlowing mis nie en sy

sal gereed wees vir die voorbereidings vir haar Huweliksdag (Matt. 25:1 – 13, Matt. 22:1 – 14,

Luk. 14:15 – 24).

Israel se liefdesverhaal

Israel is gebore in Kanaän, maar is gewerp in Egipte waar dit skyn asof niemand omgegee het

nie. Tog is JHWH se verhouding met Israel ‘n hele liefdesverhaal. Toe JHWH by Israel verby

gegaan het (passed over) met Pesag (Passover), het Israel nog in die besoedeling van Egipte se

immoraliteit en afgodery gelewe. JHWH het lewe aan hierdie uitgekose bruid van Hom

verklaar. In Egipte het Israel as jong meisietjie opgegroei tot ‘n volwasse vrou. Sy was nou

gereed om as Bruid geneem te word. By Sinai het JHWH haar naaktheid bedek deur met haar

in ‘n huweliksverbond te tree. Hy het haar daarna gewas met die Torah en haar versier met

juwele.

Eseg. 16:1 – 12 “Verder het die woord van JHWH tot my gekom en gesê:

5

Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend

en sê: So spreek die Meester JHWH tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land

van die Kanaäniete; jou vader was ‘n Amoriet en jou moeder ‘n Hetitiese vrou.

En wat jou geboorte aangaan – die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy

is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe nie of in doeke

toegedraai nie.

Geen oog het medelye met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou

jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy

gebore is.

En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou

bloed: Leef!

Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot

geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar

jy was naak en bloot.

En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek

my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou

‘n verbond aangegaan, spreek die Meester JHWH, en jy het myne geword.

Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.

Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het

jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy.

Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en ‘n ketting om jou

hals.

En Ek het ‘n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en ‘n pragtige kroon op hou hoof.”

Israel was nou ‘n volwasse vrou in Egipte. Sy lei swaar onder die Egiptenare en sy roep uit in

haar smarte. JHWH begin haar nou die hof te maak daar waar sy in slawerny sit. Ek haal aan

uit Sy liefdesbrief vir haar:

Ex. 3:7 – 8 “En JHWH het gesê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is;

en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.”

Ex. 6:5 – 7 “Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is JHWH, en Ek sal julle onder die harde

arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ‘n

uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;

en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n Elohiem wees. En julle sal erken dat Ek JHWH

julle Elohiem is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan

Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ‘n besitting gee, Ek, JHWH.”

In die volgende paar hoostukke sien ons hoe JHWH as Israel se Beminde Homself bewys aan

haar, soos ‘n Bruidegom vir sy voornemende Bruid sal wys hoe lief hy haar het as hy haar die

hof maak. Hy bring al die plae oor Egipte terwyl Hy haar daarteen beskerm. Hy is besig om

haar vertroue te wen. Uiteindelik verlos Hy sy Geliefde uit haar kettings in Egipte met ‘n

uitgestrekte hand en Hy bring haar na Homself toe. Hy bring haar na Sinai en Hy maak haar

6

ordentlik die hof. Hy vra haar letterlik om met Hom ‘n verbintenis aan te gaan, net soos wat ‘n

man ‘n meisie sou vra om sy vrou te word.

Ex. 19:4 – 6 “Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op

arensvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die

volke wees, want die hele aarde is myne.

En jùlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n afgesonderde nasie wees. Dit is die woorde

wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.”

Soos ‘n blosende meisie wat “ja” sê op ‘n huweliksaansoek sê die hele Israel eenparig in Ex. 19:8

“I do”, of liewer “we will do”.

“Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat JHWH gespreek het, sal ons doen. En

Moses het die woorde van die volk aan JHWH oorgebring.”

Nou is hulle vry en kan keuses vir hulleself maak. In Egipte kon hulle nie keuses maak nie want

hulle moes as slawe net ander se keuses uitvoer. Hy het hulle nie in Egipte laat kies nie, want

dan sou dit amper soos ‘n dreigement gewees het: “dien My of julle sterf in Egipte”. So het

Rebekka ook ‘n keuse gemaak toe sy gesê het dat sy saam met Eliëser sal gaan om met Isak te

trou.

Ons leer hier dat ‘n bruid haar vrywillig aan haar bruidegom moet verbind, nie uit dwang nie.

Wanneer Israel dus hier vrywillig “ja” sê aanvaar sy JHWH se huweliksaanbod vrywillig.

Ons moet verstaan dat ‘n verlowing net soveel gewig gedra het as ‘n huwelik. Die vrou is dan

reeds gereken as ‘n getroude vrou wat aan haar man verbind is. Om dit te verbreek, was so

goed soos egbreuk (Deut. 22:23 – 24).

Na al hierdie gebeure, is ons nou getuies van die voorbereidings vir ‘n troue. Ons sal alles beter

kan verstaan uit die oogpunt van ‘n Joodse huwelik.

Joodse huwelik

In die Joodse tradisie word die huwelik as ‘n “heilige” daad gesien omdat dit uitloop in die

skepping van nuwe lewe wanneer daar kinders gebore word.

In die antieke tye was die huwelikskontrak (ketuba) gegee tydens die verlowing. Dis dan

hardop voorgelees sodat die gaste getuies kon wees van die paartjie se verbond van liefde. Dit

was ‘n wettige dokument wat die regte en die verpligtinge van die man voorhou ten opsigte van

die bruid. Hedendaags word die bruid se verpligtinge ook daarin vermeld.

7

Daar word geglo dat ‘n huwelik die ingang na die Paradys verteenwoordig. Om dit te

demonstreer, vind die huwelik plaas onder ‘n “chuppa”. Dit is ‘n versierde afdakkie wat die

skoonheid van die paradys simboliseer en dus ook die skoonheid van die huwelik. Die “chuppa”

word dikwels deur ‘n gebedsmantel (tallit) bedek, wat dan ‘n simbool is van JHWH se

beskermende liefde wat die paartjie oordek. Daar word geglo dat alle vorige sondes van die

bruid en bruidegom vergewe word op hulle troudag.

In die antieke tyd sou die bruidegom en sy gevolg by die bruid se huis opdaag op die troudag.

Die bruid sal vooraf deur ‘n rituele bad gaan (mikveh) om haarself te reining. Sy sal dan haar

trourok aantrek en gesluier wees. Sy sal nie in staat wees om die bruidegom “te sien” totdat

die seremonie plaasvind nie. Haar gevolg lei haar dan na die troue terwyl hulle lampe dra

omdat lampe die simbool van reinheid is. Die hele gemeenskap sal dan die troue bywoon.

‘n Ortodokse troue begin eers wanneer die gaste uitroep: “Geseënd is hy wat kom”. Die

bruidegom sal dan inkom en sy plek inneem onder die “chuppa”. Die bruid volg en sirkel dan

sewe maal om die bruidegom. Dit simboliseer haar reis deur die hemele na die sewende

hemel, wat geglo word dat dit die hoogste vlak is wat deur ‘n mens bereik kan word. Dit dui

ook op die feit dat sy ‘n lewenslange verbintenis hier maak met haar bruidegom. Daarna neem

sy haar plek in aan haar man se regterkant, onder die “chuppa” in die “paradys”.

Die trou-seremonie bestaan uit twee dele, naamlik die verlowing (erusin) en die

huweliksbeloftes (nisuin). Tydens die eerste deel drink beide die bruidegom en die bruid uit ‘n

beker wyn om albei se instemming tot die huwelik uit te beeld. ‘n Ring word dan aan die bruid

gegee en dit is ‘n simbool van die koopprys van die bruid. Die eertydse trouformulier word dan

geresiteer, naamlik: “Kyk, jy is afgesonder vir my deur hierdie ring, volgens die Wet van Moses

en van Israel.” Die huwelik was nou gewettig.

In antieke tye het die verlowing ‘n jaar voor die huweliksbeloftes plaasgevind (vir ‘n maagd).

Die bruidegom kon dan sy bruid kom neem en die huwelik voltrek nàdat hy ‘n geskikte huis

gebou het waarin die paartjie kon bly. Daarnà kon die “nisuin”, die huwelik, plaasvind. Dit het

‘n aanvang geneem met die openbare voorlesing van die ketuba en geëindig met die bruid en

bruidegom wat gesamentlik drink uit ‘n beker wyn. Die Bruidegom en Bruid sal dan daarna die

huwelik voltrek tydens ‘n intieme omgang met mekaar.

Om op te som: ‘n Kontrak word gemaak, iets kosbaars word uitgeruil en dan is daar intieme

omgang.

By die berg Sinai

Hier by Sinai vind die eerste fase van die huwelik plaas. Hulle moes hulle nou voorberei om

JHWH te ontmoet in liggaam, siel en gees.

8

Ex. 19:10 – 11 “Verder het JHWH aan Moses gesê: Gaan na die volk en sonder hulle af vandag

en môre, en laat hulle hul klere was

en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JHWH voor die oë van die

hele volk op die berg Sinai afdaal.”

Ex. 19:14 “Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk afgesonder, en hulle

het hulle klere gewas.”

Die Bruilof in Kana in Joh. 2:1 – 10, het ook plaasgevind op die derde dag. Dit was histories en

profeties. Histories was dit volgens hierdie gebeure by Sinai en profeties het dit betrekking op

Jeshua se wederkoms.

Joodse huwelike word ook dikwels op die derde dag van die week gehou, naamlik ‘n Dinsdag,

omdat JHWH tydens die skepping op die derde dag twee keer gesê het “dat dit goed was”

(Gen. 1:10 en 12). Hulle glo natuurlik nie op hierdie stadium in Jeshua as Messias nie en weet

nie eens dat hulle profesie uitbeeld nie.

Joh. 2:1 “En op die derde dag was daar ‘n bruilof te Kana in Galilèa, en die moeder van Jeshua

was daar.”

Johannes het waarskynlik hier gesinspeel op ‘n toekomstige “derde dag” wanneer daar ‘n

profetiese troue tussen die Bruid Israel en die Bruidegom Jeshua sou plaasvind. Skrif verklaar

dat by JHWH ‘n duisend jaar soos ‘n dag is en ‘n dag soos ‘n duisend jaar is (2 Pet. 3:8). Die

derde dag sal dus profeties spreek van die derde millennium sedert Jeshua se geboorte. Hosea

verklaar in Hosea 6:2:

“Hy sal ons nà twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy

aangesig kan lewe.”

Ons is al so te sê, by die derde dag (derde millennium) vanaf Jeshua se eerste koms. Die bruilof

is op hande. Ons moet gereed wees!

Terug by die volk en Sinai, sien ons die seremonie van die Bruidegom onder die “chuppah”.

Ex. 19:16 “En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ‘n swaar

wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was,

gebeef het.”

Ex. 19:18, 20 “En die hele berg Sinai het gerook, omdat JHWH in ‘n vuur daarop neergedaal het.

En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.

Terwyl JHWH op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het JHWH Moses na die top

van die berg geroep, en Moses het opgeklim.”

9

Die Bruid het die “chuppa” genader. Die volk het gaan staan by die voet van die berg. Die berg

het soos ‘n chuppa oor hulle getroon, terwyl die rook van die blitse en donderslae waarskynlik

ook deel van die chuppa kon gewees het.

Ex. 19:17 “Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om Elohiem te ontmoet, en hulle het

gaan staan by die voet van die berg.”

Moses, as die verteenwoordiger van die Bruid (die volk), gaan dan die “chuppa” binne.

Ex. 19:20 “Terwyl JHWH op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het JHWH Moses

na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.”

Moses het die volk verteenwoordig en die chuppa ingegaan (opgeklim op die berg). Toe het die

openbare lees van die ketuba, die huwelikskontrak, gevolg. Ons ken dit as die Tien Gebooie.

Die hele Israel het die stem van JHWH op dieselfde tyd gehoor.

Ex. 20:18 – 19 “En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en

die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan.

En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat Elohiem nie met

ons spreek nie, anders sterwe ons.”

Hierdie was baie belangrike gebeure. Baie heidense gelowe is gefundeer op ‘n openbaring aan

èèn profeet bv. Mohammed. Moses by die brandende bos was ook alleen met JHWH, maar

hier by Sinai verskyn JHWH Elohiem aan àl die kinders van Israel.

Die hele gemeenskap is getuie van die wonderlike ervaring op presies dieselfde tyd. Almal is

gelyktydig getuies van wat hier plaasvind en ondervind dit eerstehands. Hierdie is ‘n uitstaande

gebeurtenis in die Woord. JHWH kommunikeer direk met die hele gemeenskap op dieselfde

tyd. Hoewel hy met ‘n hele volk hier deel, is Hy egter ook besig om met elkeen individueel te

praat.

Wanneer die Tien Gebooie (ketuba) in Ex. 20 gegee word, is dit uit die hart van ‘n “jaloerse”

Bruidegom. Hy wil die volk net vir Homself hê.

Ex. 20:5 “Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JHWH jou Elohiem,

is ‘n jaloerse Elohiem wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en

aan die vierde geslag van die wat My haat;”

Nadat die ketuba nou gelees is, word die teken van die verbond gegee. Dit kan vergelyk word

met ‘n hedendaagse verloofring, maar kom ons kyk wat was Israel se verloofring!

Ex. 31:12 – 17 “Verder het JHWH met Moses gespreek en gesê:

10

Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit

is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek JHWH is wat

julle afsonder.

Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle afgesonder wees. Hy wat dit nie afsonder nie,

moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, diè siel moet uitgeroei word

onder sy volksgenote uit.

Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome

rus, afgesonder aan JHWH. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood

word.

En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as

‘n ewige verbond.

Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken: want in ses dae het JHWH die hemel

en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.”

Tot dusver het ons die voorbeeld van die Bybelse troue gevolg. Die laaste aspek van so ‘n

troue, was die voltrekking van die huwelik deur intieme omgang tussen die bruidegom en

bruid.

Dis wat die hele Tabernakel voorstel. Dis die plek waar die Bruidegom en die Bruid met mekaar

omgaan. Die Allerheiligste was die plek waar JHWH intiem met Sy Bruid ontmoet het.

Dat die Tabernakel die intieme voltrekking van die huwelik was, word vir ons bevestig in Ex.

40:34.

“Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van JHWH het die

tabernakel vervul,”

Ex. 40:38 “Want die wolk van JHWH was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin,

voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.”

Saam met die tabernakel gaan noodwendig die priesterdom. Israel het ook met al hierdie

gebeure ‘n koninklike priesterdom geword.

Kort Opsomming van Israel as Koninklike Priesterdom

Toe die volk “ja” gesê het, het hulle nie net toegestem om JHWH se bruid te wees nie, maar

hulle het Hom ook as Koning erken, omdat hulle ingestem het om Hom gehoorsaam te wees.

Omdat JHWH as Koning ‘n verbintenis aangegaan het met Israel, die jong vrou, daar by Sinai,

kon Israel nou koninklik word.

JHWH is die Koning van die heelal. Israel kon net ‘n koninklike priesterdom word, deur aan

JHWH verbind te word. Sy is soos ‘n koningin wat saam met die Koning heers oor sy Koninkryk.

11

Die verbintenis het plaasgevind by Sinai waar die volk “ja” gesê het vir haar Bruidegom. Hy het

haar uit Egipte uit gelei om haar gereed te maak vir die sluiting van daardie verbond.

Die toewyding van die koninklike priesterdom het begin die oomblik toe die volk Israel Egipte

verlaat het. Die sewe dae waartydens hulle ongesuurde brood moes eet nà die Pesag, verwys

na die tydperk van afsondering vir die volk. Hulle het Egipte verlaat, wat ‘n onrein plek was, ‘n

realm van die dood. Hulle sonder hulle nou af sodat hulle JHWH kan aanbid en kan terug gaan

na die Beloofde Land van Abraham, Isak en Jakob.

Die Israeliete het ‘n verandering van status gekry toe hulle deur die Rooi See getrek het. Hulle

het die realms van die dood agter gelaat! Nou kan die stap van Verlossing in hulle lewens

begin. Dit neem ‘n aanvang met die eet van die Ongesuurde Brood vir 7 dae. Dit word vandag

nog so gevier (Lev. 23).

Nadat hulle nou fisies uit Egipte verlos was, moes hulle leer hoe om herstel te word. Daarvoor

moes hulle heeltemal afgeskei gewees het van Egiptiese invloede. Egiptiese invloede behels ‘n

wêreldse uitkyk en ‘n slawerny-mentaliteit wat hulle geestlik, emosioneel of psigies kon bind.

Die stadium van Verlossing het hulle harte getransformeer. Dit word die besnydenis van die

hart genoem. Eers was net hulle fisiese liggame uit Egipte uit, maar nou benodig hulle emosies

en verstand herstel. Vier honderd jaar was ‘n lang tyd om weg te wees van die huis af (weg van

hulle Land af). Ongeregtighede wat hulle van die voorvaders geërf het, saam met die

mishandeling wat hulle as slawe moes verduur, sou nadelige gevolge vir hulle lewens ingehou

het. Hulle moes daarvan gereinig word.

Die tel van Omer vir 50 dae, was ‘n profetiese simbool van die voorbereiding van die nasie Israel

‘n koninklike priesterdom en ‘n afgesonderde nasie vir JHWH.

Ex. 19:5 – 6 “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my

eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

En jùlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n afgesonderde nasie wees. Dit is die woorde

wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.”

Elke weergeborene is deel van die volk Israel in die gees. Fisiese en geestelike Israel sal aan die

einde verenig as een volk en een Bruid. Totdat dit gebeur, leef ons geestelik dìt uit wat fisiese

Israel fisies uitgeleef het en spreek 1 Petrus 2:9 - 10 tot ons:

“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n afgesonderde volk, ‘n volk as

eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot

sy wonderbare lig,

julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van Elohiem is; aan wie toe geen

barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.”

12

Geestelike Sinai vir geestelike Israel

Omdat ons as weergeborenes tans in ‘n geestelike koninkryk leef as ‘n geestelike volk Israel,

gaan ons kyk waar geestelike Sinai vir ons is. Wanneer Jeshua weer kom, sal die fisiese en

geestelike weer saamsmelt en die twaalf stamme van Israel sal weer verenig wees soos wat die

hele volk daar by die berg teenwoordig was as al twaalf die stamme. Tot dan, sal ons opereer

as ‘n geestelike Bruid.

Petrus se belydenis oor wie Jeshua is, openbaar wat die kriteria is om deel te word van die

Bruid. In Matt. 16:13 vra Jeshua:

“Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?

Matt. 16:16 “En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Messias, die Seun van die lewende

Elohiem.”

Nà Petrus se identifiserende antwoord, maak Jeshua ‘n belangrike uitspraak in Matt. 16:17 –

19:

“Toe antwoord Jeshua en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie

aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

En Ek sê vir jou: Jy is Petrus (Petros), en op hierdie rots (petra) sal Ek my gemeente bou, en die

poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die

hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde

wees.”

Petrus was ‘n sleutelfiguur onder die apostels. Hy was ‘n leier en hy speel ook ‘n belangrike rol

in die boek van Handelinge. Hy was ‘n uitgesproke en dapper man wat inisiatief geneem het.

Jeshua gebruik Petrus en sy naam om te sinspeel op die wyse waarop die gemeente (sy bruid),

gevorm sal word.

Soos met Petrus, moet Jeshua se identiteit eers erken word. Elkeen wat deel wil word van

Jeshua se gemeente/bruid, moet kan erken dat Jeshua die Messias is, die Seun van die

lewende Elohiem.

Jeshua, en dus sy leringe en woorde, is die Rots waarop Hy sy gemeente bou.

Matt. 7:24 “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal ek vergelyk

met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.”

En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie

huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.”

13

Jeshua is die Rots volgens 1 Kor. 10:4 “……………. en almal dieselfde geestelike drank gedrink

het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was die Messias.”

Daar by Sinai was die geboorte van die gemeente of vergadering van Israel. Die heel eerste

plek waar ons lees van Israel as ‘n gemeente/vergadering is in Exodus 12:3.

“Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê:…… .”

Dis “adat Jisrael” (לֵא ָר ְשִׂי ת ַדֲע) in hebreeus. “Adat” (ת ַדֲע) is verwant aan die woord “ed” (דֵע ),

wat beteken: getuig. Die selfstandige naamwoord “edah”, beteken: “a witnessing community

identified in its unity”.

Dit skyn asof dit dieselfde term sou wees wat Jeshua in Matt. 16:18 gebruik het.

“En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die

doderyk sal dit nie oorweldig nie.”

Hy het gesinspeel op daardie eerste gemeente by Sinai wat “ja” gesê het vir JHWH toe Hy

Homself daar aan hulle geopenbaar het.

Voordat Israel hier ‘n “edat” Israel genoem is, was Israel net “kahal” Israel. Dis

saamgeroepenes. Die klem val dan op die getal van die mense, die totaliteit. Dit kon enige

iemand insluit, Israeliete, volwassenes, kinders, nie-Israeliete, ens. “Edah” het ‘n gemeenskap

uitgebeeld wat saam getuig. Hierdie selfde woord is gebruik t.o.v. die twee kliptafels van

getuienis. Die twee tafels het die getuienis gedra van die identiteit en die wil van Elohiem.

“Edah” beklemtoon dus die karakter van die mense. Jy moes ‘n afstammeling van Abraham

gewees het om ‘n Israeliet te kon wees en dit vergelyk met die feit dat geestelike Israel vandag

geestelik gebore moet wees om deel te kan uitmaak van “edat” Israel. Die klem val op die

eenheid van die gemeenskap. Die geestelike word beklemtoon.

Die woord vir saamgeroepenes is “ekklesia” in die Grieks. Dit is verwant aan die woord “kaleo”

wat beteken: om te roep, maar dit is ook verwant aan die hebreeuse woord vir stem, wat “kol”

is.

Die gemeenskap is dus geroep, maar op die aand van die Pesag met hulle verlossing uit Egipte,

word hulle “edat” Israel. Hulle sal van tyd tot tyd nog “kahal” (saamkom) vir verskeie redes,

maar as “edat” Israel, is elkeen van hulle ‘n persoonlike getuie van hulle verlossing uit Egipte.

Wanneer Jeshua dus hier met Petrus praat in Matt. 16:18, is dit aan die einde van Sy bediening,

op die aand van Pesag. Terwyl Hy weet dat Hy moet opgaan na Jerusalem om te ly en te sterf

as Verlosser, impliseer Hy dus as volg:

14

“Deur my verlossing gaan ek ‘n “edah” vestig, die “edah” Jeshua, die “edat ha’Mashiach”, die

gemeente van die Messias. Hulle sal uitgaan as ‘n afgesonderde klomp mense wat aangaande

My getuig. Hulle gaan my getuigende gemeenskap van gelowiges wees, net soos wat Elohiem

Sy identiteit en Sy wil op die twee kliptafels geskryf het met Sy vinger, wat die Gees van JHWH

is. Op dieselfde wyse skryf die Gees van Elohiem nou op die harte van die gelowiges in Jeshua

en hulle sal van Hom getuig. Hulle sal aan die wêreld getuig dat Hy bestaan en dat daar net

een Elohiem is, naamlik die Elohiem van Abraham, Isak en Jakob. Hulle sal getuig dat daar net

een Meester is, naamlik Jeshua van Nasaret vir wie Elohiem opgewek het uit die dood en Hy

heers nou vanaf die hemel. Ook het Hy Sy Gees uitgestort oor sy volgelinge sodat die “edah”

‘n lewende eenheid kan wees wat oorgegee is om getuienis te dra van JHWH se Verlossing

deur Jeshua en van Sy heerskappy.”

In Ex. 12:6 word “edah” en “kahal” saam in een vers gebruik wat duidelik die onderskeid uitwys

tussen die twee woorde:

“En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele

vergadering (kahal) van die gemeente (edat) van Israel moet dit slag teen die aand.”

Jeshua sê dus aan Petrus dat Hy sy “edah” gaan bou. Die “edah” gaan “kahal” as Sy “edah”.

Hulle gaan vergader as Sy gemeente.

Dit sluit aan by die woord vir ‘fees’, naamlik “moed”, wat ‘afspraak’ beteken. Ons het ‘n

afspraak as “edah” van Jeshua om van Hom te getuig as Koning tot uitbreiding van Sy

Koninkryk.

Hedendaagse gelowiges in Jeshua verteenwoordig die “edah” by Sinai. Die geboorte van

hierdie “edah” het plaasgevind op Shàvuot, 50 dae nà Pesag.

Hierdie “edat Jeshua”, hierdie Jeshua-beweging, het begin as ‘n ‘sekte’, as ‘n beweging binne

die konteks van die Tweede-Tempel-Judaisme, binne die Joodse gemeenskap. Hulle is dikwels

“Nasareërs” genoem, of ook “volgelinge van die weg”. Eers later in Antiochië, is hulle Christene

genoem.

Die eerste Shàvuot nà Jeshua se hemelvaart (Pinkster)

Shàvuot is ‘n voorgeskrewe, Skriftuurlike fees. Ons ken dit vandag as Pinkster. Dis ‘n woord

wat ons geërf het van Rome, wat 50 beteken. Ons kry die voorskrif vir die viering van Shàvuot

op ‘n paar plekke in die Woord.

Ex. 34:22 “Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koringoes;

en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.”

15

Deut. 16:9 – 10 “Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde

graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.

Dan moet jy die fees van die weke hou vir JHWH jou Elohiem ooreenkomstig die vrywillige offer

van jou hand wat jy sal gee, namate JHWH jou Elohiem jou sal seën.”

Die “tel van die omer” is ‘n tydperk tussen Pesag en Shàvuot. Dit bind die twee feeste soos ‘n

kettinkie aanmekaar. Hierdie kettinkie het 50 skakels. Dis die 50 dae van die 7 weke nà Pesag.

Shavuot beteken “weke”. Dis die fees van weke.

Lev. 23:15 – 17, 21 “Dan moet julle tel van die dag nà die sabbat, van die dag af as julle die

beweegoffergerf bring – sewe volle weke moet dit wees;

Tot die dag nà die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer

aan JHWH bring.

Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van tweetiendes van ‘n efa

fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan JHWH.

En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n afgesonderde vierdag moet dit vir julle wees;

gèèn beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle

geslagte.”

Die dissipels was saam in die bovertrek nà Jeshua se hemelvaart om te bid (Hand. 1:13 – 14).

Dit was nou 50 dae nàdat Jeshua gekruisig was (die vervulling van Pesag) en die dissipels was

nou bymekaar vir die viering van Shàvuot. Hulle gaan nou vir die eerste keer Shàvuot beleef nà

Jeshua se versoeningswerk.

Dit was ‘n viering met ‘n verskil! Jeremia het geprofeteer van ‘n dag wanneer die wet (Torah)

nie meer op kliptafels sou wees nie, maar wel op die tafels van die mens se hart.

Jer. 31:31 – 34 “Kyk, daar kom dae, spreek JHWH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van

Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;

Nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op diè dag toe Ek hulle hand gegryp

het om hulle uit Egipteland te lei nie – my verbond wat hùlle verbreek het, alhoewel Ek

gebieder oor hulle was, spreek JHWH.

Maar dit is die verbond wat Ek nà diè dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JHWH: Ek gee

my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n Elohiem wes, en

hulle sal vir my ‘n volk wees.

En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JHWH; want hulle

sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JHWH; want Ek sal hulle ongeregtigheid

vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.”

In Exodus by die berg Sinai, het JHWH met Sy vinger geskryf. Hier in Handelinge, skryf Hy met

Sy Gees. Ons kan dus aflei dat Sy vinger, Sy Gees verteenwoordig in die Skrif.

Jeshua het die disspels vòòr Sy hemelvaart vertel dat hulle gedoop sou word met Sy Gees.

16

Hand. 1:4 – 8 “En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van

Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle het Hy gesê,

van My gehoor het.

Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Afgesonderde Gees gedoop

word nie lank nà hierdie dae nie.

Die wat bymekaar gekom het, vra Hom toe en sê: Meester, gaan U in hierdie tyd die koninkryk

vir Israel weer oprig?

En Hy antwoord: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy

eie mag bepaal het nie;

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Afgesonderde Gees oor julle kom, en julle sal my

getuies wees in Jerusalem sowel as in Judèa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”

Ons lees van die vervulling van Jeshua se woorde in Hand. 2:1 – 4:

“En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.

En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele

huis gevul waar hulle gesit het.

Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan

sit.

En hulle is almal vervul met die Afgesonderde Gees en het begin spreek in ander tale, soos die

Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”

Hy het nou die Torah op hulle harte geskryf. So is Jeremia 31 se profesie vervul. Dit was nie ‘n

splinternuwe verbond nie, dit was ‘n hernuwing van die verbond by Sinai. Dit is die geestelike

sy van die fisiese Sinai. Dit kanselleer nie dit wat by Sinai gebeur het nie, dis net die geestelike

sy daarvan. Die geestelike “verslind” die fisiese (2 Kor. 5:4). Met ander woorde, dit “eet dit

op”, dit absorbeer dit. Dis nie in die asblik gegooi nie. Soos kos wat geëet is en deel van die

liggaam word en nie weggegooi word in die asblik nie, word die fisiese Sinai geabsorbeer by

hierdie eerste viering van Shavuot nà die hemelvaart van Jeshua. Ons gooi nie die fisiese Sinai

in die asblik nie, maar absorbeer dit wanneer ons dit geestelik vier.

Die fisiese Sinai het fisiese voorskrifte gehad vir ‘n persoon om gevorm te word na die hart van

JHWH. Geestelike Sinai bring daardie voorskrifte in die weergeborene wat Geesvervulling

ervaar het, se hart op. Naby is dit, in jou hart en in jou mond.

Die Gees rus ons toe met liefde vir JHWH en liefde vir ons medemens. Dis ‘n kort opsomming

van die Tien Gebooie soos in Matt. 22:37 -40:

“……… Jy moet JHWH jou Elohiem liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele

verstand.

Dit is die eerste en groot gebod.

En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet (Torah) en die profete.”

17

Ons word èèn gemaak met Jeshua ons Bruidegom, sodat Sy Gees sò in ons leef, dat ons optree

soos die voorbeeld wat Hy vir ons geleef het. Net soos wat ‘n Bruidegom en ‘n Bruid èèn word,

word ons èèn met Hom. Hy het dit ook so vir ons gebid in Johannes 17.

Joh. 17:21 “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in my en Ek in U; dat hulle ook in Ons

een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.”

Die balansering van die gebeure by Sinai en die gebeure in die Bo-vertrek

Die ervaring by Sinai was ‘n dramatiese fisiese ervaring wat beskryf word in Ex. 19:16.

“En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse (thunderings) en ‘n swaar

wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was

gebeef het.”

Daar is ‘n Midrash (rabbynse kommentaar) oor wat hier gebeur het.

“When G-d gave the Torah on Siani He displayed untold marvels to Israel with His voice. What

happened? G-d spoke and the voice reverberated through the whole world….. It says, And all

the people witnessed the thunderings [Exodus (Shemot) 20:18].

Note that it does not say “the thunder” but “thunderings”; wherefore, R. Johanan said that

G-d’s voice, as it was uttered split up into seventy voices, in seventy lanuages, so that all the

nations should understand…”

In Deut. 32:8 is ‘n belangrike aankondiging: “Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel

gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke

vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.”

Toe Jakob (wat Israel geword het), na Egipte gegaan het, was hulle 70 in getal.

Exodus 1:5 “En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar

Josef was in Egipte.”

Daarom skryf R. Johanan hierdie 70 stemme by Sinai toe aan die nasies van die wêreld. Hy

baseer dit op bogenoemde skrifte. So, daar is gesien hoedat Elohiem se stem verdeel het in al

die tale van al die volke van die wêreld om Hom sodoende aan elkeen te openbaar.

Rabbi Moshe Weismann skryf in “The Midrash Says” die volgende:

“In the occasion of Matan Torah *the giving of the Torah+, the Bnai Yisrael *children of Israel+

not only heard Hashem’s *the L-rd’s+ Voice but actually say the sound waves as they emerged

from Hashem’s *the L-rd’s+ mouth. They visualized them as a fiery substance. Each

commandment that left Hashem’s *the L-rd’s+ mouth traveled around the entire Camp and then

18

to each Jew individually, asking him, “Do you accept upon yourself this Commandment with all

the halachot [Jewish law] pertaining to it? “Every Jew answered “Yes” after each

commandment. Finally, the fiery substance which they saw engraved itself on the luchot

[tablets+.”

Dit wat in Handelinge gebeur het, millenniums later klink byna dieselfde. Dit word beskryf in

Handelinge 2:1 – 11 en Hebreërs 12:18 – 19. Tydens hierdie Shavuot was die dissipels

eendragtig bymekaar (Hand. 2:1 – 2). Toe JHWH Sy Gees hier oor hulle uitgestort het, het die

mense in die verskillende tale van die wêreld begin praat. Die Shavuot by die berg Sinai was

soos ‘n opvoering (mikra) van die eerste Shavuot wat sou plaasvind onmiddellik nà die

opstanding en hemelvaart van Jeshua.

Hand. 2:2 – 4 “En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit

het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan

sit.

En hulle is almal vervul met die Afgesonderde Gees en het begin spreek in ander tale, soos die

Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”

Dit het ook kom herstel wat verkeerd gegaan het. By Sinai, is daar 3 000 dood weens die

aanbidding van die goue kalf (Ex. 32:28). In Handelinge is daar 3 000 mense gered nà die

uitstorting van die Gees (Hand. 2:41), omdat daar intussen deur Jeshua versoening gedoen is

vir die verbreking van die Torah wat by Sinai gegee is vir elkeen wat dit ìn Hom wil aanvaar.

Drie duisend mense het dit aanvaar a.g.v. die uitstorting van die Gees op die dissipels wat toe

begin getuig het aangaande die versoening deur die bloed van Jeshua.

Ons het twee ore om mee te hoor. Dis ook simbolies van die feit dat ons een oor die fisiese

wat gebeur het moet hoor en die ander oor moet luister na die geestelike sy daarvan in die

Woord. Dit balanseer die gebeure in die Woord. Dit bring perspektief.

Ten slotte

Ons Bruidegom het ons uit Egipte kom verlos om ons met Sy Gees te doop sodat ons kan èèn

wees met Hom. Dan sal ons Sy getuies wees, met of sonder woorde. Hy het ons kom eenkant

sit met Sy Gees wat ‘n merkteken, ‘n pand is, dat ons aan Hom behoort. Net soos wat ‘n meisie

‘n verloofring sou dra, word die Gees ‘n opmerkbare simbool van ons verbintenis aan ons

Bruidegom, Jeshua.

Ef. 1:13 – 14 “in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle

redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Afgesonderde

Gees van die belofte,

wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.”

19

As iemand met die Gees van JHWH vervul is, hoef hy dit aan niemand te sê nie, sy hele lewe sal

dit uitbeeld. Dis soos ‘n kleipot met water in. Mens kan van buite af sien hoeveel water daar in

die kleipot is, want die watervlak slaan deur aan die buitekant.

So ‘n persoon sal ‘n aangename geur versprei en mense na Jeshua toe trek. Jeshua sal verhoog

word in sy lewe. Ons moet net sorg dat die kleipot vol bly van die water van die lewe. Dis eers

‘n eenmalige ondervinding, dààrna maak ons daagliks vol by die brandstofstasie van die Woord,

in gemeenskap met ons Bruidegom!

As ‘n verloofde Bruid kan ons nou uitsien na die voltrekking van die huwelik tydens Yom Teruah,

Yom Kippoer en Sukkot. Dit sal vervul word met Jeshua se tweede koms na die aarde. Ons kan

Hom ook nie fisies sien nie (net geestelik ervaar), net soos wat die Joodse bruidjie haar

Verloofde nie gesien het totdat hy weer gekom het vir die Bruilof.

Geseënd is Hy wat kom in die naam van JHWH!

Shalom.

Ina van Niekerk

inavniekerk@gmail.com

Bronne:

1. The Rock – series - Dwight Pryor

2. The Festival of Pentecost (Shavuot) - Eddie Chumney

3. The Wedding - Ha Derech Ministries

4. Shavua Tov - Glenn McWilliams

5. Sheepfold Gleanings - Emor

6. Strong’s Exhaustive Concordance of the Bible

7. Etymological Dictionary of Biblical Hebrew - Mattityahu Clark

8. Ancient Hebrew Lexicon of the Bible - Jeff A. Benner

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!