04.05.2013 Views

ATEïSME NOAG EN SY ARK “DIE WARE VERHAAL”! - Ateisme.co.za

ATEïSME NOAG EN SY ARK “DIE WARE VERHAAL”! - Ateisme.co.za

ATEïSME NOAG EN SY ARK “DIE WARE VERHAAL”! - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1

ATEïSME

NOAG EN SY ARK

“DIE WARE VERHAAL”!

Ons almal ken die verhaal van die groot vloed, sedert ons kinderdae. Ons wil nou

die moontlikhede van die ark en die vloed, toets met ons kennis van vandag, in die

wetenskap. Dan wil ons ook uitvind wie was die werklike Noag! Ons is oortuig

daarvan dat u baie interessante inligting hier mag bekom.

Kom ons besigtig ’n paar omskrywings:

Die Sonvloed:

Dit is in die Ou Testament, die Koran en die “Epic of Gilgamesh” (‘n antieke

Sumeriese legende), ‘n vloed wat oor veertig dae en nagte geskied het. Dit is ‘n

ramp wat alle lewe op aarde, ingesluit die mensdom, behalwe ‘n verkose groupie,

uitgewis het. Volgens die Ou Testament was die oorlewendes Noag en sy familie

en die diere paartjies wat hy op sy ark kon beskerm. God het die groot vloed

gestuur om almal wie nie wou weg beweeg van sonde, te vernietig. God het die

geregtigdes, Noag en sy gesin, wie hom gehoorsaam het, gespaar.

[Genesis 1,6:8].

Die Ark:

Dit is die vaartuig van Noag. Dit is ‘n groot boot gebou deur Noag, volgens God se

voorskrifte. Slegs die mense en diere op die ark het die sonvloed oorleef. Daar is

nog ander arke ook. Die ark van die verbond, wat ‘n houer is, wat op God se

bevele gemaak is, waarin die kliptafels van God se wette, bewaar was. Dit is nou

die kas in die Sinagoge waarin die geskrifte van die Torah (Ou Testament) gebêre

word. Dit is in die muur van die Sinagoge, wat na die tempel heuwel in Jerusalem

wys. Dit word geag die heiligste deel van die gebou te wees. ‘n Ewige vlam brand

voor hierdie ark, genaamd, die Heilige Ark. [Deut. 31:26).

So was die mandjie waarin Moses as ‘n baba geplaas was ook ‘n ark geag.

[Exodus 2: 1-5].

Noag: In die Ou Testament is hy die seun van Lameg en die vader van Gam, Sem

en Jafet. Noag was dan ‘n regverdige man wie gedurende die tyd van goed en

boosheid gelewe het. God beveel Noag om ‘n boot te bou waarmee hy sy familie

en ‘n broeipaartjie van elke bestaande lewende diere spesie, moet red. Noag was

2

500 jaar oud toe hy vader van Sem, Gam en Jafet geword het. Hy was 600 jaar

oud toe die vloed oor die aarde gekom het. Noag het hierna nog 350 jaar gelewe

en het dus op die ouderdom van 950 jaar gesterf.

Volgens die Bybel het Noag sowat 5000 jaar gelede nog gelewe. Hy was dan ‘n

goeie en regverdige man in ‘n wêreld van korrupsie. Die verhaal dateer dan sowat

3000 BCE, dus voor die jaar nul. Ons leer dat Noag ‘n baie suksesvolle wynboer

moes wees in die land van Macedonië, Noord van Griekeland. Noag as ‘n goeie en

regverdige mens, as God se uitverkorene, het blykbaar een swakheid teveel gehad,

‘n drank probleem. Die Bybel se Ou Testament beskryf volledig hoe Noag kaal,

dronk in sy tent gelê het.

Dit is duidelik dat Noag ‘n dronkaard was. Gam, die vader van Kanaän, het Noag

kaal gesien lê en sy twee broers Sem en Jafet daarvan vertel. Die twee broers het

‘n bo-kleed oor Noag gegooi, deur agteruit te loop. Sodoende het hulle hom nie

kaal gesien nie. Toe Noag uit sy dronkenskap wakker word het hy Kanaän, die

seun van Gam, vervloek tot die slaaf van Sem. Hier is ‘n man van God, ‘n

dronkaard, wie sy kleinseun vervloek omdat sy pa hom dronk en kaal sien lê het.

Dit is dan die goeie en geregtige uitverkorene van God. Die God wie hom

respekteer en eerbaar ag! Dit is dan Noag wat sê: “Geseënd is die Here, die God

van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees”.

Noag doen nou Godspraak en vervloek sy kleinseun asof hy sy God voorskryf om

dit wat hy onder invloed kwytraak, wel goed te keur. Dit is ‘n normale dronkmens

verhaal. Nogtans respekteer God hom en maak ‘n dronkaard eerbaar!

[Lees gerus Genesis 9: 18-27].

In slegs drie versies, Genesis 6: 14-16, het God dan vir Noag voldoende instruksies

gegee hoe om die grootste boot van hout, ter wêreld, selfs vandag, te bou. Die

Goferhout is dan ‘n harde Sipresboom-hout.

Lengte = 300 El (300 x 45cm) = 135 meter

Breedte = 50 El (50 x 45 cm) = 22.5 meter

Hoogte = 30 El (30 x 45 cm) = 13.5 meter

Die boot sou drie dekke hê en daar sal deure en vensters wees. Die kubieke

inhoud van die boot maak dit groter as ‘n moderne super tenkskip, selfs groter as

die Titaniek. Dit was die grootste boot in die Antieke Wêreld. Om te beweer die ark

was van hout alleen gebou is ‘n algehele oordrewe begrip. Dit is nie eers ‘n

werklikheid vir vandag se moderne ingenieurs en tegnieke om ‘n boot van 135

meter, slegs uit hout te bou nie. So ‘n boot van hout sal op die see eenvoudig

uitmekaar trek en sink. Dit sal onmoontlik wees om die vele lekplekke toe te stop.

So ‘n boot kan alleenlik van staal gebou word.

Daar is ongeveer 30 miljoen spesies diere op die aarde. Die eerste vraag is

natuurlik, hoe sal die diere inpas in die ark? Daarna kan u dink aan kos en die

variasie daarvan asook water en die skoon hou deur mis en urine verwydering.

3

Elke dek moet geseël en gereinig word. Die Bybel sê die diere stap aan oor dertig

dae. Volgens ons berekeninge is dit 50 pare diere per sekonde. Op normale spoed

sal dit ongeveer 30 jaar neem en nie 30 dae nie. Daar is verskeie variasies van die

diere verhaal. Dit is dan slegs die diere in die Noordelike halfrond van die wêreld.

Ander geskrifte beweer dit was slegs 7 pare skoon diere wat vir seremoniële

offerandes gebruik was. Ander beweer weer dit was 10 spesies wat dan op sowat

140 diere uitkom. Daar is een paar van elke diersoort met ‘n totaal van 60 diere.

Daar was skoon voëls ook wat dit dan 260 diere maak. Ons wonder maar net oor

ons Olifante, Kameelperde en Kangaroos. Wie gee nou om vir die Tiere, Luiperds,

Leeus, Hiënas, Wildehonde, ens. Spekuleer maar self verder!

Hoe lank sal dit moet reën, dag en nag, totdat die wêreld algeheel bedek is. Ja,

eenvoudig alles op aarde is onder water! Kom ons kyk wat sê ons Argeoloë.

Sowat 150 jaar gelede het die soektog na die wêreldvloed-bewyse begin. Tot

datum is daar slegs oorweldigende bewyse van geen sodanige vloed gevind. Ons

sal sowat drie maal die huidige hoeveelheid seewater wat die aarde tans oor

beskik, nodig hê. Dit kan maar vir 40 dae en nagte reën of selfs langer. Die water

is see water, mere, Noord- en Suidpole ondergrond en waterdamp in die lug. Ons

praat van diep fonteine, dus in die middel van die aarde en selfs dryfsand poele. Dit

maak nie saak wat die Bybel of ander legendes aanhaal nie. Wat u moet besef, is

dat sou die aarde met water bedek word sal die lug ‘n te hoë watervog inhoud

bevat. Dit beteken dat alle long asemhalende diere en mense nie sal kan asemhaal

nie. Diere en mense sal eenvoudig versmoor. Dit is ‘n feit dat al die water op die

aardbol of daarbinne, onvoldoende is om die aarde te bedek!

Ja, maar wag so ‘n bietjie, sê ons gelowiges. God kon ‘n komeet van gevriesde

water gestuur het, ongeveer 1 600 kilometer wyd! Dit is al wat nodig is om die

water aanvulling te doen! Min weet hierdie mense dat sou so ‘n komeet die aarde

tref, sal eenvoudig niks oorleef nie. Dit sal die grootste ontploffing ooit op aarde

wees. ‘n Geskatte 12 triljoen ton dinamiet ontploffing in vergelyking. Selfs die

temperatuur op aarde sal styg tot sowat 12 000 grade farnheit. Niks op aarde sal

die skokgolwe of temperatuur oorleef nie. Daar sal geen lewe op aarde oor wees

om op ‘n ark te plaas nie. Alles sal eenvoudig verkool wees.

Die Bybel sê die ark land op die berg Ararat, dus, Oos in Turkye. Die hout sal egter

verrot binne ‘n paar eeue maar nogtans word ekspedisies gereeld gereël maar tot

vandag is nog geen bewys gevind nie. Dit is natuurlik ‘n besondere bron van

toerisme bevordering, die berg, die ekspedisies in die soeke na die mistieke ark, boop

die berg. So is ‘n stuk hout deur ‘n ene Ian Palmer gevind, wat na ontleding die

hout van ‘n kerk-struktuur blyk te wees. By vele geleenthede het die gelowiges se

hoop weer ontvlam. In 1949 het die VSA-lugmag ‘n foto geneem wat eers in 1955

vrygestel was. Dit was beweer daar was ‘n boot struktuur in die ys wat aan die ark

kon voldoen. Daar was geen bewyse nie. Volgens die Argeoloë is dit onoortuiglik

volgens die swak foto en kan dit enigiets wees, afhangende van die skaduwees. In

2 000 was daar nuwe hoop wat weereens bewys was as die vorm van die ys in ‘n

smelt proses. Die waarheid is, dat sou die ark op die berg geland het, sal dit saam

4

met die ys of die gletser afbeweeg het. Die ark van 5 000 jaar gelede sou lankal op

die berghange vervlenterd en verrot uitgewerp wees.

Alle bewerings is deeglik ondersoek en alles is vals bevind. Volgens die Argeoloë

is daar geen boot of ark, geen hout te vind nie en gevolglik is daar geen waarheid

daarin nie!

Daar is egter ‘n ander vloed verhaal wat sowat 600 BCE in Mesopotamië (vandag

Irak) bestaan het. Mesopotamië is die land tussen die Tigris en Euphrates riviere.

Hier het die beskawings van Sumeria, Babilon en Assirië gefloreer. Sumerië, sowat

3500 BCE, was vermoedelik die vroegste bekende beskawing. Dit word dan

beweer dat alle stories ‘n basis van waarheid het. Vroeg in 1900 het ‘n Argeoloog

‘n 1851 oorlogsveld in Mesopotamië ondersoek. Hy het kleitablette gevind wat aan

die Britse museum oorhandig was, omdat hy geen begrip gehad het, wat daarop

staan nie. ‘n Ene George Smith het dit ontleed en bevind die “Epic of Gilgamesh”.

Hy was baie opgewonde oor die baie ooreenkomste met die storie van Noag van

die Bybel. Meer weergawes en bewyse van die vloed in Mesopotamië is ontdek

met bevestiging dat dit sowat 5000 jaar terug dateer. Die storie is dat God die

mensdom straf deur ‘n vloed te stuur, maar ‘n paar mense ontvlug. Daar was wel

plaaslike vloede in Mesopotamië en redelik gereeld. Bewyse van drie vloede is

gevind, wat 5000 jaar en ouer dateer. Die Sumeriane het dit vermeng met ander

stories en mites met ‘n eindresultaat van ‘n wêreld vloed, ‘n geboude boot en dan

die landing op die berg (Arrarat). Selfs die bekende Mana (Skepper) van Indië se

bote het altyd op die berge geland.

Die vloed storie van Mesopotamië (Irak), is dan die Sumeriese verhaal van ‘n

Sumeriese Noag, ‘n ryk man met geen tekort aan goud en silwer. Hy bou dan ‘n

groot boot om meer geld te maak met die vervoer en spekulasie van bokke, graan

en bier. Dit is dan ‘n vragskuit waarvan baie in gebruik was. Syne moet die

grootste moontlike boot wees. Die vraag is of die Sumeriane wel oor die nodige

kennis beskik het om so ‘n groot boot te bou. Noag neem eendag waar hoe ‘n

seuntjie met sy bootjies in die water speel. Hy het vier klein bootjies aan mekaar

vasgemaak en sodoende een groot boot laat dryf. Dit is toe wat Noag dadelik

gedoen het en hy het sy besonder groot platvorm van ‘n vragskuit vir massa

vervoer. Sommige mense beweer dat Noag die koning van Shurupak was. Hy het

egter baie skuld gehad en gevrees dat hy soos die gebruik in Mesopotamië was, die

skuldeiser se slaaf moes word, indien hy in onvermoë is om sy skuld te betaal.

Daar was ‘n vloed in Mesopotamië wat ‘n frats gebeurtenis is, wat glo een keer per

1000 jaar gebeur. Die sneeu op die Armeniaanse berge het gesmelt wat die

Shurupak vloed veroorsaak het. Noag het glo ‘n fees op die rivierbank gehou, toe

die storm losbars. Dit was ‘n orkaan of ‘n tropiese storm wat tot tien maal die

normale reënval meebring. Die gebeure het die Mesopotamiese vloed veroorsaak.

Volgens die Bybel was dit ‘n 40 dae en nagte neerslag terwyl die Mesopotaniese

vloed slegs 7 dae lank was.

Noag en sy familie het die vloed sien kom en na sy reuse vragskuit gehaas. Hulle

is in die rivier afgespoel en was aan die genade van die vloed oorgelaat. Die

5

meeste van sy kosbare vrag was verlore. Die volgende dag kon hulle nie enige

land sien nie en so het hulle vir sewe dae rond gedryf. Hulle het die water probeer

drink en bevind dit is sout. Hulle is op die see. Noag is nou in die persiese golf.

Die see van Babilonië. Varswater was nie beskikbaar nie en sodoende drink hulle

en die oorlewende diere die bier wat aan boord is. Bier bevat egter 98% water en is

voedsaam, sonder sout. Volgens hierdie storie land Noag ook op die berg Arrarat.

Die Babiloniese storie van Noag gaan nog verder. Weens al die skuld van Noag is

sy koningskap onvergewerp en kan hy nie terugkeer nie. Hy moet sy skuld betaal

of as slaaf sy skuld afwerk. Hy moes blykbaar ontvlug en daarom die verhaal. Hy

het met sy familie en vrag ontvlug na die destydse Idilliese plek, soos dan deur God

voorsien “Damun” soos vandag bekend as Barein. Alhoewel dit destyds ‘n ideale

herbegin plek was, is dit vandag slegs ‘n woestyn met vele grafte.

Sowat 2000 jaar later moes die Joodse skrywers Genesis skryf, asook Noag se

verhaal van die vloed, ten einde ‘n begin tot die beweerde Moses se skrywes te

bied. Hulle het volledig kennis gedra van die “Epic of Gilgamesh” en sy variasies

wat dan die basis van die Bybelse Noag verhaal vorm. Die boodskap van die

Joodse skrywers was dat “die mens moet weet dat God hom sal straf”.

Ten spyte van die plagiatiese vloed verhaal en algeheel gebrek aan bewyse of

waarheid, het die Joodse God se massamoord geen boosheid uitgewis nie. Die

godsprekende en god-voorskriftelike dronklap van ‘n wynboer in die Bybel word

vandag in die wêreld voortgesit met miljoene alkohol verslaafdes en ook boosheid,

wie nie deur God gestraf word nie.

Sou u nog steeds glo dat die Bybel die ware woord van ‘n God, of jou God is, kan jy

beslis enigiets glo. Jy het dan geen bewyse of redenasie tot oortuiging nodig nie.

Dit is wat geloof beslis is, anders sou u dit geskiedenis genoem het. Dit is so

kinnderlik aanvaarbaar om fabels as waar te aanvaar.

Xian le Roux 2010

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!