04.05.2013 Views

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dan is daar Biskop Wilson Ledwaba van die algemene Apostoliese kerk in Winterveldt

naby Pretoria. Hy het bomenslike magte om mense met alkohol te genees. Volgens

hom het Jesus water in wyn verander en het baie mense genees. Hy beweer dat indien

die Heilige Gees sê hy moet ‘n sekere wyn gebruik, dan maak hy so. Hy werk volgens

instruksies. Hy doen die vermenging met doepa voor almal. Hy het geen verborge

geheime nie. Hy het mense van kanker en ander siektes genees.

Die Suid-Afrikaanse Raad van kerke het al hieroor kommentaar gelewer maar absoluut

niks word gedoen om dit stop te sit nie. Dit is hier duidelik dat selfs die Apostoliese

gemeenskap sulke prediking nie teenstaan nie. Dit blyk dat alles wat met die Bybel in die

hand gedoen word, aanvaarbaar as Christen is. Daar is geen strukture wat eerbaarheid

kan afdwing nie. Die wil tot orde en eerbaarheid in geloof ontbreek algeheel.

Volgens Paul Germond, senior lektor in Sosiologie by Wits Universiteit is die waarheid

van Christendom versteek agter baie maskers. Christendom is ‘n omstrede identiteit.

Die drastiese toename van Afrika Christene van 143 na sowat 400 miljoen in die afgelope

30 jaar is besonders. Die ontploffing is deur Afrikane self gedoen, die sogenaamde

‘African Initiated Churches” AIC’s. Christendom is geen duidelike verskynsel nie. Daar is

slegs veelvoudige vorms van Christendom. Indien die begrip deurgevoer word tot sy

logiese gevolgrtekking, dan bestaan Christendom as eenheid nie. Daar is soveel

Christendomme as wat daar Christene is. So is die Amerikaanse en Europese kerk

hoogs agterdogtig tot Afrika-kerke wat kulturele tradisies by Christendom inskakel soos

voorvaders oproep, genesings rituele, heiligheid en deurgangsregte. Daar is sowat 6000

AIC’s in Suid-Afrika met ‘n groot variasie van name, met uiteenlopende rituele en

geloofsstrukture. Die Bybel en Jesus is almal se waarheid, maar is hierdie kerke

Christene? Wie besluit wat die waarheid is, die kerkleier, die Pous, die professor, die

profeet of die individuele Christen volgelinge met sy gewete, gesigte, mistieke en

ontwrikbare geloof. Soos meeste gelowe is die Christendom op ‘n stel waarheidseise

gebaseer. Die interne variasies binne die Christendom draai dan om eise tot besit van

die waarheid. Sonder teleurstelling bekragtig elke weergawe van Christendom dan dat sy

interpretasie meer korrek, geloofwaardig en meer Bybel-georiënteerd is as die ander. Die

begrip van “besit van waarheid” en weet sonder twyfel, dat ‘n sekere sienswyse

fundamenteel waar is en dat alle ander verkeerd is, is uiters gevaarlik.

So, wat is die waarheid dan? In Johannes in die Bybel maak Jesus die stelling “Ek is die

weg, die waarheid, en die lewe”. So, Jesus is die waarheid en niks anders nie!

Meeste Christene beskou waarheid as iets wat kan verlaag word tot geformuleerde

stellings, formele dogmas tot geldigheidsbevestiging van geloof. Waarheid kan dus

gekodifiseer, onderrig, verdedig en besit word. Dit kan geleer en ten volle geken word.

So, slegs hierdie Christene is reg en die ander is verkeerd.

Indien Jesus die waarheid is, is al hierdie Christene se waarheid, gekkigheid. Want, as

“Jesus die Waarheid” is, is die waarheid ‘n “persoon” en nie ‘n geformuleerde stelling of

belydenis nie! Waarheid word dan gevind in ‘n verhouding, dit is dinamies en kan groei.

Die begrip is dan slegs gedeeltelik, want jy kan nooit ‘n ander absoluut ten volle ken nie.

Dan is Christene pelgrims op ‘n ontdekkingsreis en nie krygsmanne wie hulle waarheid

tot die dood op ‘n slagveld moet verdedig nie. Indien Christene mekaar so verneder hoe

makliker is dit om ander te beledig. Die Moslem, Jode, Hindus en alle ander gelowiges

word nou vyande, beset deur die Duiwel, wie op die slagveld oorwin moet word, onder die

vaandel van waarheid.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!