Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

ateisme.co.za
from ateisme.co.za More from this publisher
04.05.2013 Views

tegnologie soos vandag bekend en verdere ontwikkeling. Enige persoon met ‘n bietjie insig weet die skeppingsverhaal in Genesis in die Bybel is ‘n samestelling van antieke mitologie en daar is geen verband tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament nie. Verhale soos die maagdelike geboorte van Jesus, opstanding en opvaart na die hemel en wonderwerke as Antieke verhale en Joodse leerstellings is nie meer vir die moderne mens aanvaarbaar nie. Dit is verbasend om waar te neem dat die predikante, professers by universiteite en die meeste gemeente lede ‘n onvermoë toon om hierdie dinge waar te neem. Nogtans wou hulle hierdie afwykendes straf. ‘n Sekere professor in teologie te Stellenbosch Universiteit voel dat post-apartheid onsekerheid in Afrikaner kringe tot sulke verskille aansporing gee. Die kerk as sulks, dus die predikers en die lidmate, sal nie afstand doen van die Bybel as die basis vir waarheid nie. Alhoewel hulle dink hulle is nie fundamentaliste nie, glo hulle dat die Bybel in konteks gelees moet word, dus samehang van woord of sin. Indien wel so gelees, kan elke persoon wie dit lees ‘n ander interpretasie daaraan koppel. Die vraag is dus onomwonde, is Christendom ‘n klomp individuele gelowe of eenoorkoppelende geloof. Die bestaande sektes, splintergroepe is sekerlik oortuigende bewys dat geen basis vir ooreenkoms bestaan nie. Nog minder is daar ‘n wil onder die hoofstroomgroepe om die afwykendes aan te spreek. Dit is duidelik dat niemand bereid is om na ‘n ander te luister nie en ‘n ondersoek is deur persone wat dan die verkose resultaat sal gee. Die antwoord is vooraf bepaalbaar - slegs die inhoud van die Bybel sal dien as basis van die waarheid. Dan is daar professor Sakkie Spangenberg, oud-Testamentikus by Unisa. Hy is ‘n voorstaander vir hervorming, maar dan tot watter mate hervorm Christene en kan dit dan nog Christene wees? Volgens hom is die Christelike geloof een van baie spirituele tale en kan dus nie aanspraak maak op die enigste waarheid nie. Die breuklyn vir goed en sleg loop dwarsdeur alle gelowe. Die groot gevaar van fundamentalisme is nie net in Islam nie, maar ook in die Christen geloof. Ons leef vandag in ‘n ander tyd, met nuwe insigte en ons mag anders interpreteer. Die boodskap van Jesus verskil totaal van die boodskap wat die kerk verkondig. Die Mel Gibson weergawse van die Christen geloof is ‘n skokkende afstootlike slaghuis - teologie. Dit is bloot eenvoudig nie waar nie! Dit is die klassieke meesterverhaal van Westerse Christendom, erfsonde, Satan en die slang. Dit staan nie so in die Bybel nie. Dit is die weergawe van die Griekse en Latynse kerkvaders. Die Bybel is ‘n boek waar mense volgens hulle tyd skryf oor hulle worsteling oor hulle geloof, hulle nadenke. Dit is nie ‘n rigiede reëlboek nie en die reëls geld nie vir altyd en ewig nie. Hy is nie meer gepla oor die lewe na die dood nie. Dood is ‘n natuurlike proses, en nie ‘n straf vir Adam en Eva se ongehoorsaamnheid nie. Die Bybel is nie meer sy verwysingsraamwerk nie. Hy is nie meer rigied of fundamentalisties nie. Charismatiese fundamentalisme het ‘n wurggreep op die NG Kerk, en is ‘n geweldige invloed. Volgens prof. Spangenberg, het die geloof wat Jesus in geglo het, die van die Jode, nie in ‘n drie-eenheid God geglo nie. Jesus het sy volgelinge geleer om tot die Vader te bid, en maar nooit gesê hulle moet hom aanbid nie. Daar is geen Heilige Gees nie en die “Onse Vader” bevestig dit ook. Die leer van die Drie-eenheid is nie sinvol nie en niemand kan dit logies verduidelik nie. Indien jy wel daarin slaag, is daar nie meer ‘n God nie. Indien God dan ook in alles is, soos in Pan-enteïstiese siening, vervaag die onderskeid tussen God en sy skepping. Jy kan tog nie iets skep en deel daarvan wees nie. Vir die fundamentaliste is die Bybel die woord van God, en vir die Hervormers is dit ‘n basis dokument. 4

Dan is daar Biskop Wilson Ledwaba van die algemene Apostoliese kerk in Winterveldt naby Pretoria. Hy het bomenslike magte om mense met alkohol te genees. Volgens hom het Jesus water in wyn verander en het baie mense genees. Hy beweer dat indien die Heilige Gees sê hy moet ‘n sekere wyn gebruik, dan maak hy so. Hy werk volgens instruksies. Hy doen die vermenging met doepa voor almal. Hy het geen verborge geheime nie. Hy het mense van kanker en ander siektes genees. Die Suid-Afrikaanse Raad van kerke het al hieroor kommentaar gelewer maar absoluut niks word gedoen om dit stop te sit nie. Dit is hier duidelik dat selfs die Apostoliese gemeenskap sulke prediking nie teenstaan nie. Dit blyk dat alles wat met die Bybel in die hand gedoen word, aanvaarbaar as Christen is. Daar is geen strukture wat eerbaarheid kan afdwing nie. Die wil tot orde en eerbaarheid in geloof ontbreek algeheel. Volgens Paul Germond, senior lektor in Sosiologie by Wits Universiteit is die waarheid van Christendom versteek agter baie maskers. Christendom is ‘n omstrede identiteit. Die drastiese toename van Afrika Christene van 143 na sowat 400 miljoen in die afgelope 30 jaar is besonders. Die ontploffing is deur Afrikane self gedoen, die sogenaamde ‘African Initiated Churches” AIC’s. Christendom is geen duidelike verskynsel nie. Daar is slegs veelvoudige vorms van Christendom. Indien die begrip deurgevoer word tot sy logiese gevolgrtekking, dan bestaan Christendom as eenheid nie. Daar is soveel Christendomme as wat daar Christene is. So is die Amerikaanse en Europese kerk hoogs agterdogtig tot Afrika-kerke wat kulturele tradisies by Christendom inskakel soos voorvaders oproep, genesings rituele, heiligheid en deurgangsregte. Daar is sowat 6000 AIC’s in Suid-Afrika met ‘n groot variasie van name, met uiteenlopende rituele en geloofsstrukture. Die Bybel en Jesus is almal se waarheid, maar is hierdie kerke Christene? Wie besluit wat die waarheid is, die kerkleier, die Pous, die professor, die profeet of die individuele Christen volgelinge met sy gewete, gesigte, mistieke en ontwrikbare geloof. Soos meeste gelowe is die Christendom op ‘n stel waarheidseise gebaseer. Die interne variasies binne die Christendom draai dan om eise tot besit van die waarheid. Sonder teleurstelling bekragtig elke weergawe van Christendom dan dat sy interpretasie meer korrek, geloofwaardig en meer Bybel-georiënteerd is as die ander. Die begrip van “besit van waarheid” en weet sonder twyfel, dat ‘n sekere sienswyse fundamenteel waar is en dat alle ander verkeerd is, is uiters gevaarlik. So, wat is die waarheid dan? In Johannes in die Bybel maak Jesus die stelling “Ek is die weg, die waarheid, en die lewe”. So, Jesus is die waarheid en niks anders nie! Meeste Christene beskou waarheid as iets wat kan verlaag word tot geformuleerde stellings, formele dogmas tot geldigheidsbevestiging van geloof. Waarheid kan dus gekodifiseer, onderrig, verdedig en besit word. Dit kan geleer en ten volle geken word. So, slegs hierdie Christene is reg en die ander is verkeerd. Indien Jesus die waarheid is, is al hierdie Christene se waarheid, gekkigheid. Want, as “Jesus die Waarheid” is, is die waarheid ‘n “persoon” en nie ‘n geformuleerde stelling of belydenis nie! Waarheid word dan gevind in ‘n verhouding, dit is dinamies en kan groei. Die begrip is dan slegs gedeeltelik, want jy kan nooit ‘n ander absoluut ten volle ken nie. Dan is Christene pelgrims op ‘n ontdekkingsreis en nie krygsmanne wie hulle waarheid tot die dood op ‘n slagveld moet verdedig nie. Indien Christene mekaar so verneder hoe makliker is dit om ander te beledig. Die Moslem, Jode, Hindus en alle ander gelowiges word nou vyande, beset deur die Duiwel, wie op die slagveld oorwin moet word, onder die vaandel van waarheid. 5

tegnologie soos vandag bekend en verdere ontwikkeling. Enige persoon met ‘n bietjie

insig weet die skeppingsverhaal in Genesis in die Bybel is ‘n samestelling van antieke

mitologie en daar is geen verband tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament nie.

Verhale soos die maagdelike geboorte van Jesus, opstanding en opvaart na die hemel

en wonderwerke as Antieke verhale en Joodse leerstellings is nie meer vir die moderne

mens aanvaarbaar nie. Dit is verbasend om waar te neem dat die predikante, professers

by universiteite en die meeste gemeente lede ‘n onvermoë toon om hierdie dinge waar te

neem. Nogtans wou hulle hierdie afwykendes straf. ‘n Sekere professor in teologie te

Stellenbosch Universiteit voel dat post-apartheid onsekerheid in Afrikaner kringe tot sulke

verskille aansporing gee. Die kerk as sulks, dus die predikers en die lidmate, sal nie

afstand doen van die Bybel as die basis vir waarheid nie. Alhoewel hulle dink hulle is nie

fundamentaliste nie, glo hulle dat die Bybel in konteks gelees moet word, dus samehang

van woord of sin. Indien wel so gelees, kan elke persoon wie dit lees ‘n ander

interpretasie daaraan koppel. Die vraag is dus onomwonde, is Christendom ‘n klomp

individuele gelowe of eenoorkoppelende geloof. Die bestaande sektes, splintergroepe is

sekerlik oortuigende bewys dat geen basis vir ooreenkoms bestaan nie. Nog minder is

daar ‘n wil onder die hoofstroomgroepe om die afwykendes aan te spreek. Dit is duidelik

dat niemand bereid is om na ‘n ander te luister nie en ‘n ondersoek is deur persone wat

dan die verkose resultaat sal gee. Die antwoord is vooraf bepaalbaar - slegs die inhoud

van die Bybel sal dien as basis van die waarheid.

Dan is daar professor Sakkie Spangenberg, oud-Testamentikus by Unisa. Hy is ‘n

voorstaander vir hervorming, maar dan tot watter mate hervorm Christene en kan dit dan

nog Christene wees? Volgens hom is die Christelike geloof een van baie spirituele tale

en kan dus nie aanspraak maak op die enigste waarheid nie. Die breuklyn vir goed en

sleg loop dwarsdeur alle gelowe. Die groot gevaar van fundamentalisme is nie net in

Islam nie, maar ook in die Christen geloof. Ons leef vandag in ‘n ander tyd, met nuwe

insigte en ons mag anders interpreteer. Die boodskap van Jesus verskil totaal van die

boodskap wat die kerk verkondig. Die Mel Gibson weergawse van die Christen geloof is

‘n skokkende afstootlike slaghuis - teologie. Dit is bloot eenvoudig nie waar nie! Dit is die

klassieke meesterverhaal van Westerse Christendom, erfsonde, Satan en die slang. Dit

staan nie so in die Bybel nie. Dit is die weergawe van die Griekse en Latynse

kerkvaders. Die Bybel is ‘n boek waar mense volgens hulle tyd skryf oor hulle worsteling

oor hulle geloof, hulle nadenke. Dit is nie ‘n rigiede reëlboek nie en die reëls geld nie vir

altyd en ewig nie. Hy is nie meer gepla oor die lewe na die dood nie. Dood is ‘n

natuurlike proses, en nie ‘n straf vir Adam en Eva se ongehoorsaamnheid nie. Die Bybel

is nie meer sy verwysingsraamwerk nie. Hy is nie meer rigied of fundamentalisties nie.

Charismatiese fundamentalisme het ‘n wurggreep op die NG Kerk, en is ‘n geweldige

invloed.

Volgens prof. Spangenberg, het die geloof wat Jesus in geglo het, die van die Jode, nie in

‘n drie-eenheid God geglo nie. Jesus het sy volgelinge geleer om tot die Vader te bid, en

maar nooit gesê hulle moet hom aanbid nie. Daar is geen Heilige Gees nie en die “Onse

Vader” bevestig dit ook. Die leer van die Drie-eenheid is nie sinvol nie en niemand kan

dit logies verduidelik nie. Indien jy wel daarin slaag, is daar nie meer ‘n God nie. Indien

God dan ook in alles is, soos in Pan-enteïstiese siening, vervaag die onderskeid tussen

God en sy skepping. Jy kan tog nie iets skep en deel daarvan wees nie. Vir die

fundamentaliste is die Bybel die woord van God, en vir die Hervormers is dit ‘n basis

dokument.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!