04.05.2013 Views

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

Hoofstuk 16 Geloofsverskille - Ateisme.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GELOOFSVERSKILLE

Waarom gelowe verskil is eenvoudig om te beantwoord soos wat die voorafgaande reeds

uitgelig het. Daar is egter ook groot verskille binne elke spesifieke geloof wat nie so

maklik verstaanbaar is nie. As almal dan dieselfde handboek het en presies dieselfde

Gode of God respekteer, hoe is dit dan moontlik dat almal nie dieselfde interpretasie en

optrede het nie. Hoe is dit moontlik dat daar verskillende leerskole is met totaal

verskillende eind-resultate. Ongelooflik, maar dit is tog so. Kom ons kyk na ‘n paar redes

of invloede op geloof wat die eindresultaat laat verskil.

Die stelling word dikwels gemaak dat kultuur as ‘n laaste toevlug deur sosiale

deskundiges gebruik word as blaam vir die mislukking van ‘n gemeenskap.

Modernisering en demokrasie speel ‘n groot rol, maar ook so die dogmas van die

onderskeie gelowe. So kan Islam baie geblameer word vir die mislukking van

demokrasië en modernifisering. So ook kan die leerstelling van vooraf bepaling van jou

bestemming in Protestante Christene die oorsaak wees om vir hulself te werk, binne die

eie familie omgewing, eerder as resultate tot weelde akkumulasie. Verder moes jy streng

moreel buite die familie optree ten einde ‘n sosiale vertrouensposisie te skep. Dié was

teenstellend tot die ou Rooms Katolieke benadering om slegs soveel weelde te versamel

om jou ‘n goeie lewe te bied. So word die moderne lewe vandag nog beïnvloed deur die

“spoke van dooie gelowe”. Geloofspassies het gegewe waarde sisteme geskep.

In Amerika is die najaag van wins en weelde gestroop van enige geloofs- en etniese

betekenis, dus ‘n suiwer algemene passie. Nogtans is geloof en ‘n aanhang van geloof

nie iets van die verlede nie. So het Islam en Islamitiese fanatiese elemente toegeneem,

asook ‘n herlewing in fanatisme in Protestante. So ook Hinduïsme in Indië, Falum Gong

in China en Oos Ortodokse Christene in Rusland. Die moderne wêreld met die snelle en

beskikbare kommunikasiekanale speel hier ‘n groot rol. Dan is die toename in bevolking,

welvaart en volgehoue indoktrinasie, wat ‘n groot invloed het op swak opgevoede

gemeenskappe. So vind ons vandag die Europese Unie as ‘n vredevolle gemeenskap,

deeglik verwêrelds, hoog opgevoed met ‘n drastiese afname in geloofsaanhangers.

Nogtans onderskryf hulle ten strengste die geloofsbeginsels van menseregte en

menslikheid. Die wêreld se sterkste fundamentele en konserwatiewe, dog mees snelle

uitbreidende kerke tans is die Pinkster Kerke, terwyl die ander vasval op dogmas en

onbevraagbare waarhede van die geskriftes. Die Pinkster gelowe konsentreer op

geesvervullende aanbidding, praat in vreemde tale en wonder genesings.

Dit is duidelik dat sedert ongeveer 1970 geloof ‘n noue politiese verband vervul. So was

dit ook duidelik in Suid-Afrika beleef. In Nigerië se sentrale staat, het Moslem en Christen

bendes onlangs mekaar se woonareas vernietig, en tienduisende mense vermoor en

verwilder. In Indië, Gujarat staat, is 1000 Moslems deur Hindus vermoor, omdat die

Moslems vroeër ‘n trein aangeval en 59 Hindus vermoor het. Mense met sterk

oortuigende trandisionele beginsels kan blykbaar net so lank met mekaar oor die weg

kom. Konflikte blyk die norm te wees en kan toeneem weens groter impak op politieke

gebied en dus regeringsstelsels. Ons het die invloed van die Taliban op Afghanistan

beleef. Die helfte van die Moslem wêreld is ongeletterd en so ook die grootste gedeelte

van die inwoners van Afrika. Die mense is so maklik beïnvloedbaar en stem sonder

enige weerstand saam met enigiets wat aanloklik voorgestel word.

Dit is moeilik om te onderskei tussen Godsdiens geesdrif en potensiële gevaarlike

fanatisme. Dit is net so onmoontlik om met ‘n verkrampte Christen as ‘n Islam priester, ‘n

1

insiggewende gesprek te voer. Albei verval in die “Heilige Boek” as die woord van hulle

“God” wat dan blykbaar dieselfde is, maar tog volgens hulle verskil. Het enige van die

gelowe dan ‘n uitsluitlike alleenreg tot absolute insig, of is dit tot ander wesens buite die

groepie, toeganklik?

Hoe is dit dan moontlik dat die hoofbaan gelowe nie eers hulle interne faksies kan

aanspreek en oortuig tot hulle weë nie? Skerm ons maar almal vir ons eie bestaan en

swyg tot verdraagsaamheid se einde bereik word. Dan wend ons onsself tot geweld

teenoor mekaar, soos wat die geskiedenis getuig.

Hier in Suid-Afrika is dit opvallend dat die Kerkgangers onder die blanke bevolking

afneem en onder veral die swartbevolking, veral die Pinkster en Zion Christen Kerk,

toeneem. Die blanke gereformeerde susterkerke, algemeen bekend as “Boerekerke” het

sterk in ledetalle afgeneem. Daar is die algmene blanke Afrikaner gevoel dat hierdie

kerke nie enigsins instaat is om hulle behoeftes of vrese aan te spreek nie. So was

kommunisme en rasse vermenging voorheen Ongoddellik. God het nou van opinie

verander en dit kan die mense nie verstaan nie. So het die kerk apartheid goedgepraat

en ondersteun, met die waarheid ‘n drastiese emigrasie sedert 1990. Hierdie kerk, in

meestal uitsluitlike luukse blanke woongebiede, beleef nog die apartheidsera in

afnemende getalle en toenemende geloofsfinansiële las.

Daarenteen is die toename in die karismatiese Pinkster kerke soos die Rhema Bybel kerk

opmerklik. Hierdie kerke het in 15 jaar omgeswaai van 90% blanke lidmate tot ongeveer

70% swart lidmate. Hulle predik die “Welvaarts Geloof”. God wil hê dat almal,

insluitende die predikers, welaf moet wees. Die onafhanklike Afrikakerke wen geweldig

veld, slegs omdat hulle die Afrika-tradisionele praktyke erken. Die ruimte vir voorvader

aanbidding word ingesluit, terwyl die ander Christen kerke dit as boos ag. Hierdie kerke

word oorstroom deur HIV-VIGS persone weens die aanspraak op geloofsgenesing. Dan

is daar die besondere waarde wat gekoppel word aan eenvormige of uniform kleredrag

as beskerming teen aanranding. Hulle glo eenvoudig dat mense in die kerk erkende

kleredrag nie aangeval sal word nie. Die NG Kerk is so verstok in sy eie dogmas dat

hulle vergeet het van die jeug van vandag. Volgens die Bybel is sonde’n afgehandelde

saak, maar Sondag op Sondag is almal so besig om skuldig te pleit en om vergifnis te

bid. Wat het Jesus dan kom red?

Kom ons kyk na ‘n paar plaaslike wêreld bekende persone.

Die Anglikaan Biskop Desmond Tutu, wie as onderwyser die swak apartheidsonderwys

verlaat het om prediker te word. Hy was ‘n doring in die Afrikaner vlees en was in 1980

alom na verwys in Suid-Afrika as “The Cheey Kaffir”. Hy was ‘n irriterende vegter vir

menseregte en oponhoudende prediker van liefde, God en verdraagsaam en

voortdurende omhelsing en soenery. Hy was bekend vir sy Engelse begrippe en stellings

en lief om in die wêreld van die populêre en ryk mense te beweeg. In sy eie woorde stel

hy : “I have a very strong weakness for being liked. I want to be popular. I love to be

loved. I am guilty of the sin of pride”. As Nobel Vrede Prys pryswenner in 1984 het hy

wêreld beroemdheid verwerf en het hy in 1995 voorsitter van die TRC (Waarheids en

versoeningskommissie) geword en sy insig, medelewendheid en karisma getoon. Hy is

‘n eindlose kampvegter vir menseregte en gee nie om dat hy gekritiseer word nie. Hy

kritiseer ook sy eie kerk vir hulle lakse stand ten opsigte van homosekusele bediening en

toelating van homoseksuele priesters. Hy beskryf dit soortgelyk aan die swart mense in

Suid-Afrika onder apartheid, om gestraf te word vir iets waaraan jyself niks kan doen nie.

2

Desmond Tutu, as ikoon, soos baie ander skep die indruk dat hy besef hy is ‘n Afgod, wat

dan maar ‘n God op sy eie is. Hy preek vir die armes, onderdruktes maar lewe in die

luuksheid van die rykes en beroemdes en ontvang die beste en duurste behandeling

waar nodig, in teenstelling met die vir wie hy preek. Hy lewe in die “Gin & Tonic” -wêreld

en is as mens ewe gemaklik met die Bybel as ‘n glas “Rum & Coke” in die hand. Hy gaan

nog steeds onverpoosed voort as kampvegter en daarom vereer met die erkenning.

Beyers Naudé, het reeds as blanke Afrikaanssprekende teologiese student met Afrikaner

nasionalisme se heilige geregtigheid in stryd getree, en die sogenaamde waarheid en

geregtigheid bevraagteken. Ten spyte van sy interne stryd en die NG kerk se kleinlike

geslote brein, houding en optrede, het hy as predikant tot die NG Kerk toegetree. Op 25

jarige ouderdom 1940, het hy as jongste lid, tot die Broederbond toegetree. In 1948 het

hy vir DF Malan se Nasionale Party gestem en in dieselfde jaar nie sy naam op die

Transvaal se NG Kerk-lys aangebring nie, wat dan Bybelse regverdiging vir apartheid,

bepleit het. Nogtans het hy aan ene Dr Ben Marais erken dat hy hom in opposisie tot die

NG Kerk se beleid steun.

Dit was eers in die middel 1950 met die verwydering van Swart en Indiër mense in

Johannesburg dat hy oortuig was, apartheid is boosheid. As lid van die Broederbond is

hy as prediker in die invloedryke en gegoede Afrikaner omgewing van Northcliff,

Johannesburg, aangestel. In 1960 skryf hy amptelik aan sy kerk dat hy die kerk se

nalating van die Christelike roeping in die buitewêreld wil korrigeer. In 1963 het hy dit

duidelik gestel dat apartheid en die Evangelie as ‘n waarheid, nie saam gaan nie. Hy was

onmiddellik onthef en ontslaan van sy roeping en verneder tot verraaier van sy mense.

Sy nuusblad, die Christen Instituut was in 1966 ongewens verklaar en 50 predikers as

betrokkenes verlaat ook die NG kerk. In 1977 word die Christen Instituut as verban

verklaar en die betrokke predikante word vir 5 jaar verban met Beyers Naudé vir 8 jaar.

Beyers was nou algeheel verag deur die blanke Afrikaners, maar ‘n ikoon vir die swart

mense en anti-apartheidsmagte in die buiteland.

Hier is ‘n persoon wat al die rykdom en aansien verloor het waarvoor hy homself voor

beywer het. Hy kon so maklik in die binnekringe van die NG kerk en die Broederbond

gebly het en ryklik vereer en vergoed gewees het. Nogtans het hy die pad wat minder

gereis word verkies en was uitgewerp, verneder, onthef van alle status as ‘n veragtende

blanke Suid-Afrikaner. Dit alles, slegs omdat hy die eenvoudige geloofswaarheid

aanvaar het dat alle mense, mans en vrouens met gelyke geregtigheid geskape word.

Dit is dan opvallend dat dieselfde kerk later tydens die Rustenburgverklaring, bely het dat

hulle verkeerd was. Die Bybelse bewyse is nou blykbaar nie meer God se woord nie en

nog minder ‘n Bybelse waarheid. Beyers was dus as korrek erken en is terug verwelkom

in die NG Kerk geledere. Nogtans het die kerk en sy Christen susterkerke tot vandag nog

nie die waarheid aanvaar en toegepas nie. Mynsinsiens, word die apartheid eenvoudig in

die kerke voortgesit. Aparte kerke vir aparte groepe en aparte woongebiede word

nogsteeds gehandhaaf. Blykbaar is dit nou eerder klasseskeiding wat basies dieselfde

resultate bied as apartheid. Was Beyers Naudé se stryd en waarheid nogmaals te veel

vir die Blanke Christene? Beyers Naudé is wel vereer deurdat die algemene erkende D F

Malan pad in Blackheath, Johannesburg na hom vernoem is as Beyers Naudé rylaan.

Kom ons kyk na ‘n paar bekendes in Afrikaner NG Kerkkringe soos Ben du Toit skrywer

van die boek “God?” Geloof in ‘n Postmoderne Tyd. Hy is as ketter aangespreek omdat

hy die basis van die Christelike geloof aanspreek in stryd met wetenskap kennis en

3

tegnologie soos vandag bekend en verdere ontwikkeling. Enige persoon met ‘n bietjie

insig weet die skeppingsverhaal in Genesis in die Bybel is ‘n samestelling van antieke

mitologie en daar is geen verband tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament nie.

Verhale soos die maagdelike geboorte van Jesus, opstanding en opvaart na die hemel

en wonderwerke as Antieke verhale en Joodse leerstellings is nie meer vir die moderne

mens aanvaarbaar nie. Dit is verbasend om waar te neem dat die predikante, professers

by universiteite en die meeste gemeente lede ‘n onvermoë toon om hierdie dinge waar te

neem. Nogtans wou hulle hierdie afwykendes straf. ‘n Sekere professor in teologie te

Stellenbosch Universiteit voel dat post-apartheid onsekerheid in Afrikaner kringe tot sulke

verskille aansporing gee. Die kerk as sulks, dus die predikers en die lidmate, sal nie

afstand doen van die Bybel as die basis vir waarheid nie. Alhoewel hulle dink hulle is nie

fundamentaliste nie, glo hulle dat die Bybel in konteks gelees moet word, dus samehang

van woord of sin. Indien wel so gelees, kan elke persoon wie dit lees ‘n ander

interpretasie daaraan koppel. Die vraag is dus onomwonde, is Christendom ‘n klomp

individuele gelowe of eenoorkoppelende geloof. Die bestaande sektes, splintergroepe is

sekerlik oortuigende bewys dat geen basis vir ooreenkoms bestaan nie. Nog minder is

daar ‘n wil onder die hoofstroomgroepe om die afwykendes aan te spreek. Dit is duidelik

dat niemand bereid is om na ‘n ander te luister nie en ‘n ondersoek is deur persone wat

dan die verkose resultaat sal gee. Die antwoord is vooraf bepaalbaar - slegs die inhoud

van die Bybel sal dien as basis van die waarheid.

Dan is daar professor Sakkie Spangenberg, oud-Testamentikus by Unisa. Hy is ‘n

voorstaander vir hervorming, maar dan tot watter mate hervorm Christene en kan dit dan

nog Christene wees? Volgens hom is die Christelike geloof een van baie spirituele tale

en kan dus nie aanspraak maak op die enigste waarheid nie. Die breuklyn vir goed en

sleg loop dwarsdeur alle gelowe. Die groot gevaar van fundamentalisme is nie net in

Islam nie, maar ook in die Christen geloof. Ons leef vandag in ‘n ander tyd, met nuwe

insigte en ons mag anders interpreteer. Die boodskap van Jesus verskil totaal van die

boodskap wat die kerk verkondig. Die Mel Gibson weergawse van die Christen geloof is

‘n skokkende afstootlike slaghuis - teologie. Dit is bloot eenvoudig nie waar nie! Dit is die

klassieke meesterverhaal van Westerse Christendom, erfsonde, Satan en die slang. Dit

staan nie so in die Bybel nie. Dit is die weergawe van die Griekse en Latynse

kerkvaders. Die Bybel is ‘n boek waar mense volgens hulle tyd skryf oor hulle worsteling

oor hulle geloof, hulle nadenke. Dit is nie ‘n rigiede reëlboek nie en die reëls geld nie vir

altyd en ewig nie. Hy is nie meer gepla oor die lewe na die dood nie. Dood is ‘n

natuurlike proses, en nie ‘n straf vir Adam en Eva se ongehoorsaamnheid nie. Die Bybel

is nie meer sy verwysingsraamwerk nie. Hy is nie meer rigied of fundamentalisties nie.

Charismatiese fundamentalisme het ‘n wurggreep op die NG Kerk, en is ‘n geweldige

invloed.

Volgens prof. Spangenberg, het die geloof wat Jesus in geglo het, die van die Jode, nie in

‘n drie-eenheid God geglo nie. Jesus het sy volgelinge geleer om tot die Vader te bid, en

maar nooit gesê hulle moet hom aanbid nie. Daar is geen Heilige Gees nie en die “Onse

Vader” bevestig dit ook. Die leer van die Drie-eenheid is nie sinvol nie en niemand kan

dit logies verduidelik nie. Indien jy wel daarin slaag, is daar nie meer ‘n God nie. Indien

God dan ook in alles is, soos in Pan-enteïstiese siening, vervaag die onderskeid tussen

God en sy skepping. Jy kan tog nie iets skep en deel daarvan wees nie. Vir die

fundamentaliste is die Bybel die woord van God, en vir die Hervormers is dit ‘n basis

dokument.

4

Dan is daar Biskop Wilson Ledwaba van die algemene Apostoliese kerk in Winterveldt

naby Pretoria. Hy het bomenslike magte om mense met alkohol te genees. Volgens

hom het Jesus water in wyn verander en het baie mense genees. Hy beweer dat indien

die Heilige Gees sê hy moet ‘n sekere wyn gebruik, dan maak hy so. Hy werk volgens

instruksies. Hy doen die vermenging met doepa voor almal. Hy het geen verborge

geheime nie. Hy het mense van kanker en ander siektes genees.

Die Suid-Afrikaanse Raad van kerke het al hieroor kommentaar gelewer maar absoluut

niks word gedoen om dit stop te sit nie. Dit is hier duidelik dat selfs die Apostoliese

gemeenskap sulke prediking nie teenstaan nie. Dit blyk dat alles wat met die Bybel in die

hand gedoen word, aanvaarbaar as Christen is. Daar is geen strukture wat eerbaarheid

kan afdwing nie. Die wil tot orde en eerbaarheid in geloof ontbreek algeheel.

Volgens Paul Germond, senior lektor in Sosiologie by Wits Universiteit is die waarheid

van Christendom versteek agter baie maskers. Christendom is ‘n omstrede identiteit.

Die drastiese toename van Afrika Christene van 143 na sowat 400 miljoen in die afgelope

30 jaar is besonders. Die ontploffing is deur Afrikane self gedoen, die sogenaamde

‘African Initiated Churches” AIC’s. Christendom is geen duidelike verskynsel nie. Daar is

slegs veelvoudige vorms van Christendom. Indien die begrip deurgevoer word tot sy

logiese gevolgrtekking, dan bestaan Christendom as eenheid nie. Daar is soveel

Christendomme as wat daar Christene is. So is die Amerikaanse en Europese kerk

hoogs agterdogtig tot Afrika-kerke wat kulturele tradisies by Christendom inskakel soos

voorvaders oproep, genesings rituele, heiligheid en deurgangsregte. Daar is sowat 6000

AIC’s in Suid-Afrika met ‘n groot variasie van name, met uiteenlopende rituele en

geloofsstrukture. Die Bybel en Jesus is almal se waarheid, maar is hierdie kerke

Christene? Wie besluit wat die waarheid is, die kerkleier, die Pous, die professor, die

profeet of die individuele Christen volgelinge met sy gewete, gesigte, mistieke en

ontwrikbare geloof. Soos meeste gelowe is die Christendom op ‘n stel waarheidseise

gebaseer. Die interne variasies binne die Christendom draai dan om eise tot besit van

die waarheid. Sonder teleurstelling bekragtig elke weergawe van Christendom dan dat sy

interpretasie meer korrek, geloofwaardig en meer Bybel-georiënteerd is as die ander. Die

begrip van “besit van waarheid” en weet sonder twyfel, dat ‘n sekere sienswyse

fundamenteel waar is en dat alle ander verkeerd is, is uiters gevaarlik.

So, wat is die waarheid dan? In Johannes in die Bybel maak Jesus die stelling “Ek is die

weg, die waarheid, en die lewe”. So, Jesus is die waarheid en niks anders nie!

Meeste Christene beskou waarheid as iets wat kan verlaag word tot geformuleerde

stellings, formele dogmas tot geldigheidsbevestiging van geloof. Waarheid kan dus

gekodifiseer, onderrig, verdedig en besit word. Dit kan geleer en ten volle geken word.

So, slegs hierdie Christene is reg en die ander is verkeerd.

Indien Jesus die waarheid is, is al hierdie Christene se waarheid, gekkigheid. Want, as

“Jesus die Waarheid” is, is die waarheid ‘n “persoon” en nie ‘n geformuleerde stelling of

belydenis nie! Waarheid word dan gevind in ‘n verhouding, dit is dinamies en kan groei.

Die begrip is dan slegs gedeeltelik, want jy kan nooit ‘n ander absoluut ten volle ken nie.

Dan is Christene pelgrims op ‘n ontdekkingsreis en nie krygsmanne wie hulle waarheid

tot die dood op ‘n slagveld moet verdedig nie. Indien Christene mekaar so verneder hoe

makliker is dit om ander te beledig. Die Moslem, Jode, Hindus en alle ander gelowiges

word nou vyande, beset deur die Duiwel, wie op die slagveld oorwin moet word, onder die

vaandel van waarheid.

5

Daartenteen, sal Moslems, Jode, Hindus en ander gelowiges en Ateïste oortuig wees dat

hulle oor die waarheid beskik, en sal veg daarvoor.

Dus geloofseise tot waarheid is uiters gevaarlik. Dit ontaard so maklik in ‘n eensydige,

vasgevange, geformuleeerde vorm van menslike dogma, menslike wysheid en menslike

vyandigheid.

Ons kan ons behoefte na waarheid soek verhoog, gedrewe met ‘n begeerte om te ontdek

eerder as verdedig, verstaan eerder as onderrig, en om te luister eerder as om te vertel.

Is dit dan moontlik dat daar so baie verskillende waarhede net in die Christendom is, of

soek hulle nog almal na die waarheid?

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!