04.05.2013 Views

Afrikaans LEESSTUKKE 5 'n Gevaarlike speletjie.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 5 'n Gevaarlike speletjie.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 5 'n Gevaarlike speletjie.pdf - Think Online

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MOTOR TRAP KIND GLO OOR SPELETJIE

2010-09-23 Alet Rademeyer

JOHANNESBURG - ’n Gevaarlike speletjie was glo

vandeesweek die rede waarom ’n inwoner van

Brits ’n gr. 4-leerling van die Laerskool

Olienpark lig beseer het toe dié voor haar

motor ingehardloop het. Fransie King (52) het

gesê sy was op pad om haar kleinkind by die

skool te gaan oplaai toe ’n leerling voor haar

wit Uno ingehardloop en “skielik oor die

voorkant gegly het”.

“Ek het gelukkig baie stadig oor ’n spoedwal

gery, maar het groot geskrik toe die kind voor

my beland het.” King het die voorval by die

polisie aangemeld en ook betaal dat ’n dokter

die seun ondersoek. Sy enkel is verstuit.

King het gesê sy het gehoor die kinders het na

bewering aan ’n gevaarlike speletjie

deelgeneem wat hulle Dare noem. Die kinders

kyk glo watter soort of kleur voertuig in die

straat afgery kom, waarna een van hulle se

naam uitgeroep word en hy uitgedaag word om

voor ’n spesifieke motor verby te hardloop tot

aan die ander kant van die pad.

“Dit is lewensgevaarlik,” het King gesê.

Volgens haar was daar gelukkig

ooggetuies wat gesien het dat die kind

moedswillig voor haar motor

ingehardloop het. “Die publiek moet oor

sulke voorvalle ingelig word. As daar nie

iemand was wat gesien het wat gebeur

nie, kon ek dalk ’n klag van roekelose en

nalatige bestuur teen my gehad het.”

Lizette Lambrecht, skoolhoof, het gesê daar is

onmiddellik ná die voorval opgetree. “Ons het

herhaaldelik met die leerlinge gepraat en die

bushalte is ook geskuif sodat hulle nie meer

oor die straat hoef te loop nie.”

LESERS SE KOMMENTAAR OP DIÉ STORIE:

Gert Venter

Vandag se kinders vergiftig mekaar met hulle

roekelose gedagtes. Dan is jy in of uit. As jy uit

is en nugter dink dan is jy ook nie meer deel

van die 'cool' groep nie.

Adele

Niks verrig soveel wondere soos 'n goeie pak

slae op die regte tyd en plek nie. Eerder die

kinders wat nou huil as die ouers wat langs 'n

oop graf huil....

Irma

Hierdie speletjie word al jare gespeel deur

groter kinders. Dit is inderdaad 'n "dare" onder

die groepe kinders. 'n Matriekmeisie het jare

gelede my byna 'n hartaanval gegee toe sy

met so 'n hengse spoed voor my oor die pad

gehol het. Gelukkig ry ek altyd stadiger as ek

voor 'n skool verbygaan.

Bier

En dan gaan ek gou na 'n kliënt en eet 'n ete

en drink net een bier, en hulle speel so en ek

stamp hom en hulle toets my? Dan is my hele

lewe verwoes. Daardie kinders moet gefoeter

word...

Kobie

Jare gelede het 'n groep kinders "Chicken" op

'n snelweg gespeel, waar die spoedgrens 120

km/h was. Die kind se kop is van haar lyf

afgeruk. Dit is swakkelinge wat toelaat dat

groepsdruk hulle dinge laat doen wat hulle

weet verkeerd is - liewers lewendig sonder

vriende as dood met vriende.

Emily

Hulle wil alewig beter weet en aangaan soos

grootmense, maar kyk nou hoe "stupid" is

hulle eintlik. Tree jy streng op dan is jy die

"spoil sports". Bring terug die lyfstraf!

Ami

My dogter het een van haar Graad 7seunsmaats

jare terug verloor met

dieselfde speletjie - hy was nie so gelukkig

nie, hy is op slag dood.

Bekommerde ma

Dit is skokkend, my kind is in die skool en

die eerste wat ek hiervan hoor is in die

koerant?

Ben

Ek het ook so 'n "stunt" probeer as kind, maar

'n nat waslap oor kaal boude in die badkamer

het die "trick" gedoen, sal nooit weer nie.

Vandag is dit mos kindermishandeling. 'n Pak

slae maak ore oop !!!

Naomi

Dis nie net vandag se kinders nie, die speletjie

kom al donkiejare ver. Dit was in 1962 dat my

pa 'n meisie omgery het wat 'n soortgelyke

speletjie gespeel het. 'n Hoed word voor

aankomende verkeer ingegooi en die een wie

se hoed dit is, moet dit gaan haal voor die

motor daar is. Toe sy buk, skep my pa haar.

Hy het haar op die toneel behandel tot die

ambulans gekom het.

Kleintjie

Ek hoop die ouers het daardie seuntjie se

boude mooi gepiets want dit is wat hy nodig

het. Laat niemand jou voorsê wat om te doen

nie. Al sê hulle ook jy is "chicken", onthou dit is

jou lewe wat in gevaar is. Tree streng op teen

die een wat die speletjie begin het.

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

'n Gevaarlike speletjie

w j p h g i d n e w e l l a v r o o v a

o k d x z h d g b a s d g a i b t b d j

e i u s m e u z d b o i n n y e h t r i

g i f n x r i h i r l d i y d a v o e g

i n j d e h q s v l e p l n y r m k e o

t n i t m a t r i e k m e i s i e s k o

a z w l e a l w s l e m w i o i o s r c

l e e o e l s w a b o p e i f o w t e i

a r w o n d e r e k r p n i r a x a v q

n r m g e e n p n m m g s t k a d d e g

w l e o k l r a s q e e g k i n p i r y

b e m l l i a v h h p e e h l g d g s l

o y v l m k w e a s l l v p e e c e t b

t e v q c g o r i y i d a x i m z r u o

u b i g p u d v k n b m a n k e c c i y

z j l m i l s e g j t g r a s l z x t v

e u v g o k g e t k i l l e d d i m n o

r k t o a s k l e i n k i n d r k s u e

g h p s n a l u b m a u k k e n e r y r

a s p b l l d n l e t g e t d p i d o t

n k y e d f l e s e i d e g r s l k n u

b f w y l m o n g c g o l a m q b z a i

u i z f v z v g i t f i g r e v u v b g

g n t s j t o q g e i j g d j v p x k b

e s n h e o t k g x x u e q w x q i y q

Soek hierdie 40 woorde in die woordsoekraaisel:

aangemeld

aankomende

alewig

ambulans

dieselfde

eintlik

gefoeter

gelukkig

gevaarlike

herhaaldelik

inderdaad

ingehardloop

inwoner

kindermishandeling

kleinkind

lewendig

lewensgevaarlik

matriekmeisie

moedswillig

nalatige

onmiddellik

ooggetuies

polisie

publiek

roekelose

skielik

soortgelyke

speletjie

spesifieke

stadiger

swakkelinge

terug

uitgedaag

vandeesweek

vergiftig

verkeerd

verstuit

voertuig

voorvalle

wondere

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

BEGRIPSTOETS: Naam: _________________________________

A Skryf slegs die antwoord neer:

Datum: ________________________

1. In watter graad was die kind wat raakgery is? ____________________

2. In watter dorp woon Fransie King? ____________________

3. Wat is die naam en van van die skoolhoof? ____________________

4. Het Fransie King vinnig of stadig gery? ____________________

B. Beantwoord die vrae in vol sinne: (Skryf behoorlike sinne met korrekte spelling en punktuasie!)

5. Watter beserings het die kind wat raakgery is, opgedoen?

_______________________________________________________________________________(1)

6. Watter twee dinge is deur die skool gedoen om te voorkom dat dit weer gebeur?

_______________________________________________________________________________(2)

7. Wat het met Ami se dogter se seunsmaat gebeur wat dieselfde speletjie gespeel het?

_______________________________________________________________________________(1)

C. Onderstreep die regte antwoord:

8. Hierdie leesstuk is ...

a) 'n verhaal b) 'n gedig c) 'n koerantberig d) 'n biografie e) 'n mite

9. Die meeste lesers wat kommentaar gelewer het, meen dat ...

a) skole die ouers nie behoorlik inlig oor wat daar aangaan nie. b) wette oor die gebruik van alkohol te streng is.

c) lyfstraf teruggebring behoort te word. d) stout kinders dit verdien om raakgery te word.

10. Irma het byna die matriekmeisie raakgery, maar gelukkig ...

a) ry sy altyd stadiger wanneer sy by 'n skool verbygaan. b) het sy van die speletjie in die koerant gelees.

c) het sy betyds die hoed gesien wat voor die motor ingegooi is. d) het sy stadig oor 'n spoedwal gery.

11. Watter een van die volgende is iemand se mening en nie 'n feit nie?

a) Die spoedgrens op die snelweg is 120 km/h.

b) 'n Pak slae los alle probleme op.

c) Die bushalte is geskuif sodat kinders nie meer oor die straat hoef te loop nie.

d) Fransie King was op pad om haar kleinkind by die skool te gaan oplaai.

D. Waar of onwaar?

12. ____________ Daar was niemand wat hierdie ongeluk gesien het nie.

13. ____________ Hierdie is 'n ou speletjie wat kinders speel.

14. ____________ Kinders het al gesterf omdat hul hierdie speletjie gespeel het.

15. ____________ Kinders doen soms dom dinge omdat hulle nie 'uit' wil wees nie.

E. Soek die regte antwoord uit die leesstuk om die sin te voltooi: (Spel korrek!)

16. Fransie King het die voorval by die ________________ aangemeld.

17. Ooggetuies het gesien dat die kind ________________ voor haar motor ingehardloop het.

18. Sy kon moontlik aangekla word van roekelose en _________________ bestuur.

19. Naomi se pa het die kind behandel totdat die _________________ gekom het.

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

20

(4)

(4)

(4)

(4)

(4)

[20]

SPEL/WOORDESKAT:

aangemeld

aankomende

alewig

ambulans

dieselfde

eintlik

gefoeter

gelukkig

gevaarlike

herhaaldelik

SKRYF/PRAATWERK:

inderdaad

ingehardloop

inwoner

kindermishandeling

kleinkind

lewendig

lewensgevaarlik

matriekmeisie

moedswillig

nalatige

onmiddellik

ooggetuies

polisie

publiek

roekelose

skielik

soortgelyke

speletjie

spesifieke

stadiger

swakkelinge

terug

uitgedaag

vandeesweek

vergiftig

verkeerd

verstuit

voertuig

voorvalle

wondere

a) Werk saam met 'n maat en skryf 'n dialoog oor die gesprek tussen Fransie King en die skoolhoof.

b) Jy is 'n ooggetuie. Beskryf in besonderhede wat jy sien gebeur het.

c) Jy is die skoolhoof. Lewer 'n toespraak aan leerders in die saal oor die gebeurtenis.

d) Voer 'n klasdebat oor lyfstraf - moet dit weer ingebring word in skole?

e) Maats daag jou uit om deel te neem aan die gevaarlike speletjie. Voer 'n toneelstuk hieroor oop.

OEFENINGE: WOORDSOORTE

Selfstandige naamwoorde is name van dinge wat ons kan sien, hoor, ruik, proe of voel.

'n Werkwoord vertel wat gedoen word ('n handeling of aksie).

'n Byvoeglike naamwoord vertel ons meer van 'n selfstandige naamwoord, bv. Die rooi roos ruik lekker.

Onderstreep soos volg:

'n Bywoord vertel ons meer van die werkwoord, bv. Hy stap stadig.

die selfstandige naamwoorde in rooi, die byvoeglike naamwoorde in oranje

die werkwoorde in blou, die bywoorde in groen

1. Die kinders speel 'n gevaarlike speletjie. (4)

2. Fransie ry stadig oor die spoedwal. (3)

3. 'n Leerling hardloop vinnig voor Fransie se wit motor in. (5)

4. Fransie meld dit dadelik by die polisie aan. (3)

5. Die vriendelike dokter ondersoek die kind se seer enkel. (5)

Voegwoorde voeg twee sinne bymekaar.

Voegwoorde staan in die middel van die sin, of heel voor.

Daar kom dikwels 'n komma voor voegwoorde soos want en maar.

Na 'n voegwoord verander die woordorde soms.

Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:

1. Die kind kon dood wees. Fransie King het gelukkig stadig gery. (maar)

2. Fransie King het groot geskrik. Die kind het voor haar motor beland. (toe)

3. Die kind se naam is uitgeroep. Hy moes oor die straat hardloop. (Nadat ...)

4. Die bushalte is verskuif. Leerders hoef nie meer oor die straat te loop nie. (sodat)

5. Irma het groot geskrik. 'n Meisie het voor haar ingehardloop. (want)

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

[20]

-1 vir elke fout [20]

MEMORANDUM: Woordsoek

+ + + + G I D N E W E L L A V R O O V +

+ + + + + H + G + + S + G A + + + + D +

E + + + + E U + + + O I N + + E + + R +

G I + + + R I + + + L D + + D + + + E +

I N J + E H + S + L E + L N + + + K E +

T N I T M A T R I E K M E I S I E S K +

A + W L E A + W S L E M W + + I O S R +

L + + O E L S W + + O + E I F O W T E +

A + W O N D E R E K R P N I R A + A V +

N + + + E E N P N + + G S T K A + D E +

+ + + O K L R A S + E E G K I N + I R +

+ + M + + I A + H H P E E + L G + G S +

+ + + + + K + E A S L L V + E E + E T +

+ + + + + + + R I Y I D A + I M + R U +

+ + + G + + D + K N + M A + K E + + I +

+ + + + I L + E G + T + R A S L + + T V

+ + + G O K + E + K I L L E D D I M N O

+ + + O A + K L E I N K I N D R K + + E

+ + P S N A L U B M A U K K E N E + + R

+ + + + L + D + L + T + E T + + I D + T

+ + + E D F L E S E I D E + + + L K N U

+ + W + + + + + G + G O + + + + B + + I

+ I + + + + + G I T F I G R E V U + + G

G + + + + + O + + E I + + + + + P + + +

+ + + + + O + + G + + U + + + + + + + +

(over,down,direction)

aangemeld(16,9,s)

aankomende(7,12,ne)

alewig(6,19,sw)

ambulans(11,19,w)

dieselfde(12,21,w)

eintlik(8,13,se)

gefoeter(9,25,ne)

gelukkig(11,22,nw)

gevaarlike(13,11,s)

herhaaldelik(6,2,s)

inderdaad(20,22,nw)

ingehardloop(14,8,sw)

inwoner(1,5,se)

kindermishandeling(18,21,nw)

kleinkind(7,18,e)

lewendig(12,1,w)

lewensgevaarlik(13,5,s)

matriekmeisie(5,6,e)

moedswillig(3,12,ne)

nalatige(1,10,n)

onmiddellik(20,17,w)

ooggetuies(6,25,ne)

polisie(12,9,nw)

publiek(17,24,n)

roekelose(11,9,n)

skielik(15,16,n)

soortgelyke(18,6,sw)

speletjie(9,11,nw)

spesifieke(10,13,ne)

stadiger(18,7,s)

swakkelinge(18,7,sw)

terug(4,6,ne)

uitgedaag(12,25,nw)

vandeesweek(15,1,sw)

vergiftig(16,23,w)

verkeerd(19,9,n)

verstuit(19,9,s)

voertuig(20,16,s)

voorvalle(19,1,w)

wondere(3,9,e)

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

MEMORANDUM: BEGRIPSTOETS

A Skryf slegs die antwoord neer:

1. In watter graad was die kind wat raakgery is? Graad 4

2. In watter dorp woon Fransie King? Brits

3. Wat is die naam en van van die skoolhoof? Lizette Lambrecht

4. Het Fransie King vinnig of stadig gery? stadig

B. Beantwoord die vrae in vol sinne: (Skryf behoorlike sinne met korrekte spelling en punktuasie!)

5. Watter beserings het die kind wat raakgery is, opgedoen?

Sy enkel is verstuit. (1)

6. Watter twee dinge is deur die skool gedoen om te voorkom dat dit weer gebeur?

Daar is met leerders gepraat.

Die bushalte is verskuif. (2)

7. Wat het met Ami se dogter se seunsmaat gebeur wat dieselfde speletjie gespeel het?

Hy is (op slag) dood. (1)

C. Onderstreep die regte antwoord:

8. Hierdie leesstuk is ...

a) 'n verhaal b) 'n gedig c) 'n koerantberig d) 'n biografie e) 'n mite

9. Die meeste lesers wat kommentaar gelewer het, meen dat ...

a) skole die ouers nie behoorlik inlig oor wat daar aangaan nie. b) wette oor die gebruik van alkohol te streng is.

c) lyfstraf teruggebring behoort te word. d) stout kinders dit verdien om raakgery te word.

10. Irma het byna die matriekmeisie raakgery, maar gelukkig ...

a) ry sy altyd stadiger wanneer sy by 'n skool verbygaan. b) het sy van die speletjie in die koerant gelees.

c) het sy betyds die hoed gesien wat voor die motor ingegooi is. d) het sy stadig oor 'n spoedwal gery.

11. Watter van die volgende is iemand se mening en nie 'n feit nie?

a) Die spoedgrens op die snelweg is 120 km/h.

b) 'n Pak slae los alle probleme op.

c) Die bushalte is geskuif sodat kinders nie meer oor die straat hoef te loop nie.

d) Fransie King was op pad om haar kleinkind by die skool te gaan oplaai.

D. Waar of onwaar?

12. onwaar Daar was niemand wat hierdie ongeluk gesien het nie.

13. waar Hierdie is 'n ou speletjie wat kinders speel.

14. waar Kinders het al gesterf omdat hul hierdie speletjie gespeel het.

15. waar Kinders doen soms dom dinge omdat hulle nie 'uit' wil wees nie.

E. Soek die regte antwoord uit die leesstuk om die sin te voltooi: (Spel korrek!)

16. Fransie King het die voorval by die polisie aangemeld.

17. Ooggetuies het gesien dat die kind moedswillig voor haar motor ingehardloop het.

18. Sy kon moontlik aangekla word van roekelose en nalatige bestuur.

19. Naomi se pa het die kind behandel totdat die ambulans gekom het.

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

(4)

(4)

(4)

(4)

(4)

[20]

SPEL/WOORDESKAT:

aangemeld

aankomende

alewig

ambulans

dieselfde

eintlik

gefoeter

gelukkig

gevaarlike

herhaaldelik

SKRYF/PRAATWERK:

inderdaad

ingehardloop

inwoner

kindermishandeling

kleinkind

lewendig

lewensgevaarlik

matriekmeisie

moedswillig

nalatige

onmiddellik

ooggetuies

polisie

publiek

roekelose

skielik

soortgelyke

speletjie

spesifieke

stadiger

swakkelinge

terug

uitgedaag

vandeesweek

vergiftig

verkeerd

verstuit

voertuig

voorvalle

wondere

a) Werk saam met 'n maat en skryf 'n dialoog oor die gesprek tussen Fransie King en die skoolhoof.

b) Jy is 'n ooggetuie. Beskryf in besonderhede wat jy sien gebeur het.

c) Jy is die skoolhoof. Lewer 'n toespraak aan leerders in die saal oor die gebeurtenis.

d) Voer 'n klasdebat oor lyfstraf - moet dit weer ingebring word in skole?

e) Maats daag jou uit om deel te neem aan die gevaarlike speletjie. Voer 'n toneelstukkie hieroor oop.

OEFENINGE: WOORDSOORTE

Selfstandige naamwoorde is name van dinge wat ons kan sien, hoor, ruik, proe of voel.

'n Werkwoord vertel wat gedoen word ('n handeling of aksie).

'n Byvoeglike naamwoord vertel ons meer van 'n selfstandige naamwoord, bv. Die rooi roos ruik lekker.

Onderstreep soos volg:

'n Bywoord vertel ons meer van die werkwoord, bv. Hy stap stadig.

die selfstandige naamwoorde in rooi, die byvoeglike naamwoorde in oranje

die werkwoorde in blou, die bywoorde in groen

1. Die kinders speel 'n gevaarlike speletjie. (4)

2. Fransie ry stadig oor die spoedwal. (3)

3. 'n Leerling hardloop vinnig voor Fransie se wit motor in. (5)

4. Fransie meld dit dadelik by die polisie aan. (3)

5. Die vriendelike dokter ondersoek die kind se seer enkel. (5)

Voegwoorde voeg twee sinne bymekaar, bv.

Voegwoorde staan in die middel van die sin, of heel voor.

Daar kom dikwels 'n komma voor 'n voegwoord.

Na 'n voegwoord verander die woordorde soms.

Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:

Die kind kon dood wees, maar Fransie King het gelukkig stadig gery.

Fransie King het groot geskrik toe die kind voor haar motor beland het.

Nadat die kind se naam uitgeroep is, moes hy oor die straat hardloop.

Die bushalte is verskuif sodat leerders nie meer oor die straat hoef te loop nie.

Irma het groot geskrik, want 'n meisie het voor haar ingehardloop.

Afrikaans: Werkvelle vir lees, spel, woordeskat en taal beskikbaar by www.thinkonline.co.za

[20]

-1 vir elke fout [20]

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!