04.05.2013 Views

Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hier was baie seelui en beamptes vanuit Nederland, Vlaandere en Duitsland. Ook het slawe

uit Madagaskar, Ceylon, Java en ander Oosterse lande in 1666 kom help bou aan die kasteel.

Nog later, in 1688, het 'n groep Hugenote uit Frankryk hulle hier kom vestig omdat hul nie

daar hul godsdiens kon beoefen nie.

Al hierdie mense moes met mekaar kommunikeer, en Afrikaans het toe ontstaan uit hierdie

maalkolk van tale: Nederlands, Duits, Frans, Maleis-Portugees, Khoikhoi- en ander. Ook die

swart tale in die binneland van Suid-Afrika het 'n invloed op Afrikaans gehad.

Hoewel Afrikaans hoofsaaklik uit die deftige Nederlands begin ontwikkel het, het die taal al

hoe meer anders begin klink en is later 'Kaaps-Hollands' genoem.

Brittanje het die Kaap oorgeneem

in 1814. In 1820 het 'n groep

Britse setlaars hul hier gevestig.

Engels was nou die voertaal aan

die Kaap en daar is probeer om

Afrikaans te onderdruk.

Die Moslem-gemeenskap in die

Bo-Kaap het die eerste Afrikaanse

skool begin. In 1858 is 'n

privaatskool in Paarl begin waar

Afrikaans 'n vak was.

Kaapstad in die jaar 1679. Hollandse skepe stop om vars

voorraad op te laai op pad na die Verre Ooste.

In die middel van die 19e eeu verskyn die eerste boeke in Afrikaans. 'n Groep mense het in

1875 begin stry vir Afrikaans as amptelike taal. In 1876 het die eerste Afrikaanse koerant,

"Die Patriot", verskyn. In 1925 het Afrikaans die tweede amptelike taal van Suid-Afrika

geword, en in 1933 verskyn die Bybel die eerste

keer in Afrikaans.

Tans is Afrikaans die derde grootste taal in Suid-

Afrika. Afrikaans groei daagliks: daar is talle

nuwe Afrikaanse tydskrifte, koerante,

radiostasies en 'n groot aantal Afrikaanse

webblaaie.

Met die uittog van baie Afrikaanssprekendes wat

oorsee beter werksgeleenthede gaan soek, word

Afrikaans al hoe meer in ander lande gehoor.

Afrikaanse kunstenaars tree ook gereeld in die

buiteland op.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!