Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online
Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online
Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Tale verander gedurig. Vandag se kinders praat nie presies soos hul

ouers nie, en húl kinders sal ook eendag anders praat.

In die vorige millenium het baie swart stamme suidwaarts getrek

vanaf die groot mere in Afrika. Terselfdertyd was daar 'n groot

ruilhandel aan die gang tussen Europa en die Verre Ooste: Indië,

China en Japan. Die Europieërs het speserye, juwele, goud, ivoor en

pêrels geruil met hierdie mense. Daar was slegs een handelsroete

van Europa na die Verre Ooste: oor land.

Marco Polo het hierdie handelsroete gevestig tussen 1271 en 1274. Dit was duisende

kilometers lank en het maande geneem om af te lê. Die roete was gevaarlik, want

struikrowers het handelaars voorgelê en hul goedere gebuit. In 1435 is hierdie roete

geblokkeer. Indien Europeërs verder wou handel dryf met die Verre Ooste, moes hul ‘n

ander roete vind.

Aan die einde van die 1400's het Portugese

seevaarders 'n seeroete om die suidpunt van

Afrika gesoek en gevind. Bartholomeus Diaz

het in 1488 verby die Kaap gevaar. By

Mosselbaai het hulle vee sien wei naby die

kus, maar die veewagters het binneland toe

gevlug toe hulle die Portugese sien. Teen die

tyd dat hul die Groot Visrivier bereik het, was

Diaz se bemanning moeg en bang. Hulle het

gedreig om hom oorboord te gooi as hulle nie

omdraai nie. In 1498 het Vasco da Gama uiteindelik ‘n seeweg na die Ooste gevind.

Tydens die baie handelsreise het baie matrose egter siek

geword en gesterf omdat daar nie vars kos aan boord was nie.

In 1652 is Jan van Riebeeck uit Nederland aangestel om 'n

halfwegstasie aan die Kaap te kom stig, waar vars voorraad

opgelaai kon word en siek matrose verpleeg kon word.

Khoi-stamme (in die volksmond "Hottentotte" genoem) het reeds hier gewoon. Autsumao,

beter bekend as Herrie, het opgetree as tolk wanneer die Hollanders wou vee ruil.

1
Hier was baie seelui en beamptes vanuit Nederland, Vlaandere en Duitsland. Ook het slawe

uit Madagaskar, Ceylon, Java en ander Oosterse lande in 1666 kom help bou aan die kasteel.

Nog later, in 1688, het 'n groep Hugenote uit Frankryk hulle hier kom vestig omdat hul nie

daar hul godsdiens kon beoefen nie.

Al hierdie mense moes met mekaar kommunikeer, en Afrikaans het toe ontstaan uit hierdie

maalkolk van tale: Nederlands, Duits, Frans, Maleis-Portugees, Khoikhoi- en ander. Ook die

swart tale in die binneland van Suid-Afrika het 'n invloed op Afrikaans gehad.

Hoewel Afrikaans hoofsaaklik uit die deftige Nederlands begin ontwikkel het, het die taal al

hoe meer anders begin klink en is later 'Kaaps-Hollands' genoem.

Brittanje het die Kaap oorgeneem

in 1814. In 1820 het 'n groep

Britse setlaars hul hier gevestig.

Engels was nou die voertaal aan

die Kaap en daar is probeer om

Afrikaans te onderdruk.

Die Moslem-gemeenskap in die

Bo-Kaap het die eerste Afrikaanse

skool begin. In 1858 is 'n

privaatskool in Paarl begin waar

Afrikaans 'n vak was.

Kaapstad in die jaar 1679. Hollandse skepe stop om vars

voorraad op te laai op pad na die Verre Ooste.

In die middel van die 19e eeu verskyn die eerste boeke in Afrikaans. 'n Groep mense het in

1875 begin stry vir Afrikaans as amptelike taal. In 1876 het die eerste Afrikaanse koerant,

"Die Patriot", verskyn. In 1925 het Afrikaans die tweede amptelike taal van Suid-Afrika

geword, en in 1933 verskyn die Bybel die eerste

keer in Afrikaans.

Tans is Afrikaans die derde grootste taal in Suid-

Afrika. Afrikaans groei daagliks: daar is talle

nuwe Afrikaanse tydskrifte, koerante,

radiostasies en 'n groot aantal Afrikaanse

webblaaie.

Met die uittog van baie Afrikaanssprekendes wat

oorsee beter werksgeleenthede gaan soek, word

Afrikaans al hoe meer in ander lande gehoor.

Afrikaanse kunstenaars tree ook gereeld in die

buiteland op.

2
LEESASSESSERING: DIE ONTSTAAN VAN AFRIKAANS

Merk slegs die sinne wat 100% waar is:

Naam: _____________________________

Datum: ____________________

1. Baie swart stamme het suidwaarts getrek vanaf die groot mere in Afrika.

2. Die Verre Ooste bestaan uit die lande Portugal, Duitsland en Spanje.

3. Die Europieërs wou speserye, juwele, goud, ivoor en pêrels ruil

met die Ooste.

4. Bartholomeus Diaz het die handelsroete oor land na die Ooste gevestig

in 1271 tot 1274.

5. Die roete was gevaarlik, want struikrowers het handelaars

se goedere gebuit.

6. Marco Polo het in 1488 verby die Kaap gevaar.

7. Die veewagters het binneland toe gevlug toe hulle die Portugese sien.

8. In 1498 het Vasco da Gama ‘n seeweg na die Ooste gevind.

9. Baie matrose het siek geword en gesterf omdat daar nie vars kos was nie.

10. In 1652 is Nelson Mandela aangestel om 'n halfwegstasie hier te kom stig.

11. Slawe uit Madagaskar, Ceylon en Java het kom help bou aan die kasteel.

12. In 1688 het Franse Hugenote hiernatoe gekom weens hul godsdiens.

13. Die swart tale in die binneland van SA het 'n invloed op Afrikaans gehad.

14. In 1820 het 'n groep Britse setlaars hul in Suid-Afrika kom vestig.

15. Die eerste Afrikaanse skool was in die Bo-Kaap.

16. In 1876 het die eerste Afrikaanse koerant, "Die Burger", verskyn.

17. In 1925 word Afrikaans die elfde amptelike taal van Suid-Afrika.

18. In 1933 het die Bybel die eerste keer in Afrikaans verskyn.

19. Tans is Afrikaans die derde grootste taal in Suid-Afrika.

20. Afrikaans word nêrens oorsee gepraat nie.

20

3
TALE IN SUID-AFRIKA

Sedert 1994 het Suid-Afrika elf amptelike tale wat volgens die

grondwet gelyke regte geniet. Die tabel wys hoeveel mense die

verskillende huistale praat:

In Namibië weer, is Engels sedert 1990 die enigste amptelike

taal. Afrikaans word egter daar deur baie mense gepraat.

TAALFAMILIES

Die wêreld het baie tale; sekeres is verwant, ander weer nie. 'My

pen is in my hand, my water was in my land.' Hierdie sinnetjie

word eenders geskryf en beteken presies dieselfde in Engels

sowel as Afrikaans - dit word net anders uitgespreek.

Dis omdat Afrikaans en Engels albei aan dieselfde taalfamilie behoort. Sinne word baie eenders gebou,

hoewel albei tale woorde en uitdrukkings by ander tale geleen het.

Kyk hoe lyk die woordjie 'nee'

in die verskillende Wes-Germaanse tale:

Nee (Afrikaans)

No (Engels)

Nej (Deens)

Nein (Duits)

Neita (Yslands)

Nej (Sweeds)

LEENWOORDE

Khoi-woorde wat vandag nog in Afrikaans

bestaan:

Uitroepe soos Eina! en Sies!; plant- en diername

soos boegoe, dagga, koedoe, kwagga);

plekname (Karoo [= woestyn], Prieska,

Aughrabies) en woorde uit die Khoi-kultuur

(karos, kierie, abba)

Leenwoord Taal Afrikaans

isitulo Zoeloe stoel

ipapa Zoeloe pap

imfolomane Zoeloe voorman

ummese Zoeloe mes

isikele Zoeloe skêr

umata Zoeloe mat

ihempe Xhosa hemp

ifestile Xhosa venster

Bronnelys:

http://www.sariemarais.com/afrikaans.html

http://www.sense-of-africa.com/

http://www.mieliestronk.com/

http://www.suid-afrika.de/taal1.htm

http://af.wikipedia.org

http://www.rotowerf.unp.ac.za/

Kyk hoe lyk 'nee' in ander tale:

нет (Russies)

아니다 (Koreaans)

α ρ ι θ . (Grieks)

HUISTALE IN SUID-AFRIKA

ZOELOE 8,5 MILJOEN 22,0%

XHOSA 6,6 MILJOEN 17,1%

AFRIKAANS 5,8 MILJOEN 15,0%

NOORD-SOTHO 3,7 MILJOEN 9,6%

ENGELS 3,5 MILJOEN 9,0%

TSWANA 3,3 MILJOEN 8,5%

SUID-SOTHO 2,6 MILJOEN 6,7%

TSONGA 1,7 MILJOEN 4,4%

SWAZI 1,0 MILJOEN 2,6%

VENDA 0,9 MILJOEN 2,3%

NDEBELE 0,6 MILJOEN 1,6%

ANDER 0,5 MILJOEN 1,3%

Sommige tale gebruik nie eens dieselfde alfabet as ons nie!)

1

7

9

2

5

10

6

BLOKKIESRAAISEL OOR TALE

Dwars

1. 'Ifestile' is 'n leenwoord uit die ___ taal.

5. Afrikaans en Engels behoort tot dieselfde ___.

7. 'Koedoe' is 'n leenwoord uit die ___ taal.

8. Afrikaans is die SA-huistaal wat deur die ___

meeste mense gepraat word.

9. 'Karoo' beteken ___

10. 'Ipapa' is 'n leenwoord uit die ___ taal.

Af

2. Suid-Afrika het elf ___ tale.

3. Die Yslandse woord vir 'nee'

4. Die huistaal wat deur die meeste

Suid-Afrikaners gepraat word

6. Volgens ons ____ het hierdie tale gelyke regte.

3

8

4

4
MAAK 'N TYDLYN OOR DIE ONTSTAAN VAN AFRIKAANS

LW: Hierdie taak word in die klas voltooi op 'n A3-bladsy.

Jy mag gekleurde papier en versierings bring.

1. Maak seker daar is 'n duidelike opskrif.

2. Jou naam, van, graad en klas moet ook duidelik

verskyn.

3. Gebruik 'n lyn (reguit of geboë lyn) en/of pyltjies.

4. Gee altyd datums en gebeurtenisse, en rangskik dit van

die vroegste datum tot die laatste.

5. Gebruik vol sinne, en let op korrekte spelling en

punktuasie.

6. Prente, tekeninge en versierings maak jou tydlyn

interessant! Bring dit saam of teken self.

Lees die leesstuk oor die ontstaan van Afrikaans. Skryf die

gebeurtenisse in chronologiese volgorde hier onder neer in

vol sinne en skryf ook die korrekte datums daarby.

Gebruik dit om jou te help om jou tydlyn op te stel.

Nr. DATUM ONDERWERP

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

1876

1933

1652

1666

1498

1488

1688

1435

1925

1820

Marco Polo

Bartholomeus Diaz

Vasco da Gama

Jan van Riebeeck

Slawe

Die Franse Hugenote

'n Groep Britse setlaars

8. Die eerste Afrikaanse

koerant,

9.

Afrikaans

10.

Die Bybel

HOE OM PRENTE VAN DIE INTERNET TE GEBRUIK VIR DIE TYDLYN:

GESEGDE EN VOORWERP

"Die Patriot", het in Suid-Afrika verskyn.

het “die Kaap die Goeie Hoop” bereik.

het die eerste keer in Afrikaans verskyn.

het hul hier kom vestig - Engels was nou die voertaal aan die Kaap.

het in Suid-Afrika kom woon weens godsdienstige redes.

het 'n halfwegstasie gestig aan die Kaap.

het 'n seeweg na die Ooste ontdek.

is as die tweede amptelike taal van Suid-Afrika erken.

se handelsroete oor land na die Verre Ooste is blokkeer.

uit Madagaskar, Ceylon en Java het kom help bou aan die Kasteel.

1) Tik in www.google.com en kliek op Images.

2) Tik in Engels in waarvoor jy soek, bv. "castle cape-town".

3) Kies 'n prentjie, kliek daarop en kliek wéér daarop om dit op sy grootste te kry

(om seker te maak die prentjie se kwaliteit is goed).

4) Kliek met die regter-muisknoppie op die prentjie en kliek op Copy.

5) Gaan na Microsoft Powerpoint en kliek Edit, Paste.

6) Kliek op die prent om dit te select, en kliek op Format, Picture en dan op Size.

7) Tik in presies hoe hoog jou prentjie moet wees (in cm) om in te pas op jou

tydlyn.

Voorbeeld van 'n tydlyn

Daar is baie goeie mense in die

wêreld, maar ongelukkig is daar ook

slegte mense wat lelike goed op die

internet laai. Soms soek ons prentjies

by die huis of by die skool, en dan kry

ons per ongeluk so 'n lelike prent.

Maak dit dadelik toe - moenie daarop

kliek om dit groter te maak nie, en

moenie jou maats wys nie (net soos

wat jy nie by die kafee deur die lelike

boeke sal gaan blaai nie).

5
LEES / LITERATUUR

• Luister goed na die volgende uittreksel.

• Maak notas langs die kantlyn wanneer jou

opvoeder iets verduidelik.

PIETERNELLA VAN DIE

KAAP

- Dalene Matthee -

Almal en alles het vir die skepe gewag. Elke dag het

die uitkykers op die Leeuberg se rug, aan die

westekant van die Tafelberg, gaan sit om die see dop

te hou van die oggend tot die aand. Vreugde en

vooruitsien was wanneer hulle ver agter op die water

'n seil gewaar en kanonskote skiet vir elke skip wat

aan die kom was: een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe,

agt, nege, tien. Partykeer minder. Partykeer meer.

Dan het almal gejuig en rondgehardloop - Hollander, Hottentot, slaaf en kneg.

Elke asem op die skepe het gekom om te eet en te drink, te koop en te verkoop.

Dit was lewe, dit was vrolikheid, nuus, familie en vriende. Dit was elke taphuis se

oestyd, want daar was duisende dors matrose op pad.

Dis nou die matrose wat nog geleef het. Dooies was klaar oorboord gegooi.

Die see het in beroering gekom. Houtganse groet met kanonskote dat die rook

swart bollings trek. Die Kasteel groet terug. Een-en-twintig skote vir die groot

blydskap as dit die retoervloot was. Laaste is die vlerke opgerol en die ankers

uitgegooi - die groot houtlywe tot ruste gebring op die ankerplek.

Landsbote wat haastig van die kaai af vertrek. Heel eerste moes die fiskaal, die

boekhouer, die sjirurgyn en die man met die hamer en die spykers van skip tot

skip geneem word om die Kompanjie se wette teen die maste te gaan spyker:

Daar mag aan geen Hottentot geslaan of geskop of gestamp word nie. Niks mag

van Hottentotte gekoop word behalwe volstruiseierdoppe en vis nie. Mag nie

messe uitpluk nie. Mag nie in die land in loop nie. 'n Man met 'n harde stem roep

die wette uit vir almal wat nie kan lees nie.

Die sjirurgyn moes die siekes op die skepe deurkyk en saam met die skip se

sjirurgyn besluit watter siekes moet wal toe en watter kan op die skip bly.

Honderde siekes, gewoonlik. Hulle word met toue van die skepe af laat sak en

kaai toe gebring met die bote. Heen en weer. Heen en weer. Hulle word na die

siekehuis in slaapmatte of stukke seil gedra, nes halfdooie robbe, uitgeteer.

Monde oop, tande toegeswel van blou tandvleis. Die meeste tande klaar uitgeval:

skeurbuik. Kan nie roer nie, kreun net, alles seer. Meester sny die vrot vleis in

hulle monde weg.

"Hoe kom hulle weer reg, Mamma?"

"Party sterf net daar by die kaai. Ander in die siekehuis. Die res kry vars kos wat

slap gekook is tot hulle weer kan kou."

• 'n Roman is 'n lang prosaverhaal.

• In 'n historiese roman het iemand uit die

geskiedenis die hoofrol.

Pieternella van die Kaap is 'n historiese roman

wat die verhaal vertel van Pieternella, dogter

van 'n Deense sjirurgyn en die Khoi-meisie

Krotoa-Eva. Hierdie roman is die resultaat van

drie jaar se deeglike navorsing.

6
Die mooiste was wanneer die hoë mense van die skepe af wal toe gebring is. Die

bote wat hulle moes gaan haal, het spesiaal 'n groot rooi-wit-en-blou vlag op die

agterstewe gehys om te sê: Gee pad voor, ons kom met die belangrikes!

Die deftigste vroue in die mooiste rokke met krae wit en fyn gekant en musse vol

pêrels met punte oor die voorkop en oor die ore, musse vol van die mooiste

juwelegoed wat afhang in die spierwitte nekke. Voete in skoene met strikke en

hakke. Fynlapdoekies voor die neus as die Hottentotte te naby kom.

Al wat Hottentot was, het saamgedrom op die kaai om

te buig en te dans en hand te hou vir 'n stukkie tabak of

'n mond vol arak of brandewyn.

Naam: _____________________________

1. Onderstreep die regte antwoord:

a) Wanneer hul 'n skip sien aankom, het hulle

i) die druiwe gaan oes. ii) kanonskote gevuur.

iii) hul neuse toegedruk. iv) messe uitgepluk.

b) Hoekom is die wette hardop uitgelees?

i) Die mense was belangrik.

ii) Die matrose sou doodgaan.

iii) Van die mense kon nie lees nie.

iv) Die Hottentotte mag nie geslaan word nie.

c) Wat was die Hottentotte toegelaat om te verkoop?

i) tabak en brandewyn

ii) robbe en slawe

iii) volstruiseierdoppe en vis

iv) hamers en spyker

2. Watter woord uit die lys beteken dieselfde as ...

seile bediende blydskap snydokter seilskepe juwele Khoi

pêrels hospitaal kaai terugkeer hartseer fynlapdoekies

a) retoer - ____________

b) Hottentotte - ____________

c) siekehuis - ____________

d) sjirurgyn - ____________

e) houtganse - ____________

3. Soek die regte woord uit die leesstuk:

a) die oortreffende trap van deftig - ____________

b) die oortreffende trap van wit - ____________

c) die siekte waaraan die matrose gely het - ____________

4. Waar of onwaar?

a) Almal was bly wanneer 'n skip arriveer. - _________

b) Sewe kanonskote het beteken daar was sewe skepe. - _________

c) Dooie matrose is reeds oorboord gegooi - _________

d) Die deftige vroue was bruin gebrand na die reis. - _________ [20]

20

Take vir ekstra krediete:

Gaan doen navorsing, en

skryf op 'n A4-bladsy:

Wanneer het Dalene

Matthee geleef?

Watter boeke het sy

geskryf?

Skryf 'n dialoog tussen

Jan van Riebeeck en Herrie.

f) vlerke - ____________

g) vasmeerplek - ____________

h) vreugde - ____________

i) kneg - ____________

j) sakdoekies - ____________

7
MEMORANDUM Leesassessering: Die ontstaan van Afrikaans

Merk slegs die sinne wat 100% waar is:

21. Baie swart stamme het suidwaarts getrek vanaf die groot mere in Afrika.

22. Die Verre Ooste bestaan uit die lande Portugal, Duitsland en Spanje.

23. Die Europieërs wou speserye, juwele, goud, ivoor en pêrels ruil

met die Ooste.

24. Bartholomeus Diaz het die handelsroete oor land na die Ooste gevestig

in 1271 tot 1274.

25. Die roete was gevaarlik, want struikrowers het handelaars

se goedere gebuit.

26. Marco Polo het in 1488 verby die Kaap gevaar.

27. Die veewagters het binneland toe gevlug toe hulle die Portugese sien.

28. In 1498 het Vasco da Gama ‘n seeweg na die Ooste gevind.

29. Baie matrose het siek geword en gesterf omdat daar nie vars kos was nie.

30. In 1652 is Nelson Mandela aangestel om 'n halfwegstasie hier te kom stig.

31. Slawe uit Madagaskar, Ceylon en Java het kom help bou aan die kasteel.

32. In 1688 het Franse Hugenote hiernatoe gekom weens hul godsdiens.

33. Die swart tale in die binneland van SA het 'n invloed op Afrikaans gehad.

34. In 1820 het 'n groep Britse setlaars hul in Suid-Afrika kom vestig.

35. Die eerste Afrikaanse skool was in die Bo-Kaap.

36. In 1876 het die eerste Afrikaanse koerant, "Die Burger", verskyn.

37. In 1925 word Afrikaans die elfde amptelike taal van Suid-Afrika.

38. In 1933 het die Bybel die eerste keer in Afrikaans verskyn.

39. Tans is Afrikaans die derde grootste taal in Suid-Afrika.

40. Afrikaans word nêrens oorsee gepraat nie.

TALE IN SUID-AFRIKA

8
Sedert 1994 het Suid-Afrika elf amptelike tale wat volgens die

grondwet gelyke regte geniet. Die tabel wys hoeveel mense die

verskillende huistale praat:

In Namibië weer, is Engels sedert 1990 die enigste amptelike

taal. Afrikaans word egter daar deur baie mense gepraat.

TAALFAMILIES

Die wêreld het baie tale; sekeres is verwant, ander weer nie. 'My

pen is in my hand, my water was in my land.' Hierdie sinnetjie

word eenders geskryf en beteken presies dieselfde in Engels

sowel as Afrikaans - dit word net anders uitgespreek.

Dis omdat Afrikaans en Engels albei aan dieselfde taalfamilie

behoort. Sinne word baie eenders gebou, hoewel albei tale

woorde en uitdrukkings by ander tale geleen het.

Kyk hoe lyk die woordjie 'nee'

in die verskillende Wes-Germaanse tale:

Nee (Afrikaans)

No (Engels)

Nej (Deens)

Nein (Duits)

Neita (Yslands)

Nej (Sweeds)

LEENWOORDE

Khoi-woorde wat vandag nog in Afrikaans

bestaan:

Uitroepe soos Eina! en Sies!; plant- en diername

soos boegoe, dagga, koedoe, kwagga);

plekname (Karoo [= woestyn], Prieska,

Aughrabies) en woorde uit die Khoi-kultuur

(karos, kierie, abba)

Leenwoord Taal Afrikaans

isitulo Zoeloe stoel

ipapa Zoeloe pap

imfolomane Zoeloe voorman

ummese Zoeloe mes

isikele Zoeloe skêr

umata Zoeloe mat

ihempe Xhosa hemp

ifestile Xhosa venster

Bronnelys:

http://www.sariemarais.com/afrikaans.html

http://www.sense-of-africa.com/

http://www.mieliestronk.com/

http://www.suid-afrika.de/taal1.htm

http://af.wikipedia.org

http://www.rotowerf.unp.ac.za/

Kyk hoe lyk 'nee' in ander tale:

нет (Russies)

아니다 (Koreaans)

α ρ ι θ . (Grieks)

HUISTALE IN SUID-AFRIKA

ZOELOE 8,5 MILJOEN 22,0%

XHOSA 6,6 MILJOEN 17,1%

AFRIKAANS 5,8 MILJOEN 15,0%

NOORD-SOTHO 3,7 MILJOEN 9,6%

ENGELS 3,5 MILJOEN 9,0%

TSWANA 3,3 MILJOEN 8,5%

SUID-SOTHO 2,6 MILJOEN 6,7%

TSONGA 1,7 MILJOEN 4,4%

SWAZI 1,0 MILJOEN 2,6%

VENDA 0,9 MILJOEN 2,3%

NDEBELE 0,6 MILJOEN 1,6%

ANDER 0,5 MILJOEN 1,3%

Sommige tale gebruik nie eens dieselfde alfabet as ons nie!)

1 X H O S 2 A

M 3 N 4 Z

P E O

5 T A A L F A M I L I E

E T L

L 6 G A O

7 K H O I R 8 D E R D E

K O

9 W O E S T Y N

D

W

10 Z O E L O E

T

BLOKKIESRAAISEL OOR TALE

Dwars

1. 'Ifestile' is 'n leenwoord uit die ___ taal.

5. Afrikaans en Engels behoort tot dieselfde ___.

7. 'Koedoe' is 'n leenwoord uit die ___ taal.

8. Afrikaans is die SA-huistaal wat deur die ___

meeste mense gepraat word.

9. 'Karoo' beteken ___

10. 'Ipapa' is 'n leenwoord uit die ___ taal.

Af

2. Suid-Afrika het elf ___ tale.

3. Die Yslandse woord vir 'nee'

4. Die huistaal wat deur die meeste

Suid-Afrikaners gepraat word

6. Volgens ons ____ het hierdie tale gelyke regte.

9
MAAK 'N TYDLYN OOR DIE ONTSTAAN VAN AFRIKAANS

LW: Hierdie taak word in die klas voltooi op 'n A3-bladsy.

Jy mag gekleurde papier en versierings bring.

7. Maak seker daar is 'n duidelike opskrif.

8. Jou naam, van, graad en klas moet ook duidelik

verskyn.

9. Gebruik 'n lyn (reguit of geboë lyn) en/of pyltjies.

10. Gee altyd datums en gebeurtenisse, en rangskik dit van

die vroegste datum tot die laatste.

11. Gebruik vol sinne, en let op korrekte spelling en

punktuasie.

12. Prente, tekeninge en versierings maak jou tydlyn

interessant! Bring dit saam of teken self.

Lees die leesstuk oor die ontstaan van Afrikaans. Skryf die

gebeurtenisse in chronologiese volgorde hier onder neer in

vol sinne en skryf ook die korrekte datums daarby.

Gebruik dit om jou te help om jou tydlyn op te stel.

Nr. DATUM ONDERWERP

11. 1435 Marco Polo

12. 1488

Bartholomeus

Diaz

GESEGDE EN VOORWERP

se handelsroete oor land na die Verre Ooste

is blokkeer.

het “die Kaap die Goeie Hoop” bereik.

13. 1498 Vasco da Gama het 'n seeweg na die Ooste ontdek.

14. 1652 Jan van Riebeeck het 'n halfwegstasie gestig aan die Kaap.

15. 1666 Slawe

16. 1688

17. 1820

18. 1876

Die Franse

Hugenote

'n Groep Britse

setlaars

Die eerste

Afrikaanse

koerant,

19. 1925 Afrikaans

uit Madagaskar, Ceylon en Java het kom help

bou aan die Kasteel.

het in Suid-Afrika kom woon weens

godsdienstige redes.

het hul hier kom vestig - Engels was nou die

voertaal aan die Kaap.

"Die Patriot", het in Suid-Afrika verskyn.

is as die tweede amptelike taal van Suid-

Afrika erken.

20. 1933 Die Bybel het die eerste keer in Afrikaans verskyn.

HOE OM PRENTE VAN DIE INTERNET TE GEBRUIK VIR DIE TYDLYN:

8) Tik in www.google.com en kliek op Images.

9) Tik in Engels in waarvoor jy soek, bv. "castle cape-town".

10) Kies 'n prentjie, kliek daarop en kliek wéér daarop om dit op sy grootste te kry (om seker te maak die prentjie

se kwaliteit is goed).

11) Kliek met die regter-muisknoppie op die prentjie en kliek op Copy.

12) Gaan na Microsoft Powerpoint en kliek Edit, Paste.

13) Kliek op die prent om dit te select, en kliek op Format, Picture en dan op Size.

14) Tik in presies hoe hoog jou prentjie moet wees (in cm) om in te pas op jou tydlyn.

Voorbeeld van 'n tydlyn

10
LEES / LITERATUUR

• Luister goed na die volgende uittreksel.

• Maak notas langs die kantlyn wanneer jou opvoeder iets verduidelik.

MEMORANDUM

Beantwoord nou die volgende vrae:

PIETERNELLA VAN DIE KAAP

- Dalene Matthee -

1. Onderstreep die regte antwoord:

a) Wanneer hul 'n skip sien aankom, het hulle

i) die druiwe gaan oes. ii) kanonskote gevuur.

iii) hul neuse toegedruk. iv) messe uitgepluk.

b) Hoekom is die wette hardop uitgelees?

i) Die mense was belangrik.

ii) Die matrose sou doodgaan.

iii) Van die mense kon nie lees nie.

iv) Die Hottentotte mag nie geslaan word nie.

c) Wat was die Hottentotte toegelaat om te verkoop?

i) tabak en brandewyn

ii) robbe en slawe

iii) volstruiseierdoppe en vis

iv) hamers en spyker

2. Kies 'n woord uit die lys wat die volgende beteken:

seile bediende blydskap snydokter seilskepe juwele Khoi

pêrels hospitaal kaai terugkeer hartseer fynlapdoekies

a) retoer - terugkeer

b) Hottentotte - Khoi

c) siekehuis - hospitaal

d) sjirurgyn - snydokter

e) houtganse - seilskepe

3. Soek die regte woord uit die leesstuk:

a) die oortreffende trap van deftig - deftigste

b) die oortreffende trap van wit - witste

c) die siekte waaraan die matrose gely het - skeurbuik

4. Waar of onwaar?

f) vlerke - seile

g) vasmeerplek - kaai

h) vreugde - blydskap

i) kneg - bediende

j) sakdoekies - fynlapdoekies

a) Almal was bly wanneer 'n skip arriveer. - waar

b) Sewe kanonskote het beteken daar was sewe skepe. - waar

c) Dooie matrose is reeds oorboord gegooi - waar

d) Die deftige vroue was bruin gebrand na die reis. - onwaar [20]

11