WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville

WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville

gkbellville.org
from gkbellville.org More from this publisher
04.05.2013 Views

√P√ 8 DIE EIS VAN GEHOORSAAMHEID BLY ALTYD DIESELFDE Jona 1 : 1 , 2 Lees 1 Sam 15 : 22 Die Jona-mentaliteit van om te wil wegvlug wanneer ons 'n moeilike of onaangename taak van God ontvang, is iets wat in elke gelowige is. Laat ons dit maar onthou wanneer ons Jona beoordeel, hy was ook as profeet 'n sondige bang mens met sy eie denkbeelde oor nasionalisme en godsdiens. Bang, want dit sou leeuemoed kos om na die goddelose Nineve te gaan om daar openlik God se oordeel te gaan verkondig. Hy moes dan TEEN Nineve preek , die superwrede koning en al sy magtiges gaan AANSPREEK en VEROORDEEL. Dit wil gedoen wees! Wie sou in volle gemoedsrus na Moskou durf gaan om die oordeelswoord van die HERE Here uit te spreek teen die goddelose Kremlinleiers ? Nineve was vergelykbaar met daardie supermoondheid. 'n Man soos Mugabe , Neto of Nujoma is piepklein dwergies in vergelyking daarmee, maar selfs teen hulle sou ons nie so'n oordeelswoord van die HERE wil uitspreek nie want dit sou ons ons lewe kos. Die HERE lê nadruk daarop dat Nineve groot was. Groot in omvang, groot in sonde. God was daar volkome vergete. Wêreldmagte, volke en superstede mag God vergeet maar God vergeet hulle nie! Hulle mag sy wette verag en verwerp maar God sal hulle tog kragtens daardie wet van Hom oordeel. Alle volke en magte van die aarde word volgens presies dieselfde verbondswet geoordeel waaronder ons ook staan. Jona is deur die HERE bemoedig deurdat die HERE Here hom op die grootheid van Nineve gewys het. God weet dat die grootheid daar is en gee die profeet so vasberadenheid om hom nie deur grootheid, mag, prag en praal te laat afskrik nie. Om te hoor dat Nineve groot was, was vir die profeet seker geen nuus nie. God wys egter daarop om hom ook te beproef. Sou die profeet die opdrag van God hoër ag as al die hindernisse van die wêreld? En ons wat as profete, priesters en konings gesalf is? Gehoorsaamheid, eenvoudig net gehoorsaamheid word vandag van ons ge-eis. Wanneer daar geen uitweg meer lyk te wees nie moet ons asof met toe oë God volg op die pad waarop Hy ons lei. Ons mag Hom nie wantrou nie, asof Hy ons nie elke keer sal help wanneer ons dit nodig het nie. Die HERE wys op die boosheid , slegtheid van die stad. Ook daarmee bemoedig Hy sy kneg, want Hy stuur Jona nie net as 'n sterflike mens nie maar as Sy ambassadeur om die goddelose stad voor God se regterstoel te daag. Al beef die wêreld vir die skrikwekkende mag van Nineve en vandag se Nineve's en al steur die goddeloses hulle nie aan wat die mense sê nie, dit is nie van betekenis nie want God sien en weet alles en dit is al wat tel.

√P 9 Dit is ook vir ons vandag belangrik. Wanneer God iets van ons verlang - en Hy verlang van ons om in leer en lewe teenoor elkeen te getuig van ons geloof in Hom en om ons Saligmaker Jesus Christus te verwag - dan moet ons daaraan dink dat , hoe moeilik of onmoontlik ons roepingstaak ook al lyk, daar absoluut niks in die wêreld is wat nie moet padgee vir die bevel van God nie. Dan sal ons deur die krag van die Heilige Gees moed en vertroue kry en sal niks ons van ons taak en van die regte pad af kan trek nie, al veg die hele wêreld ook teen God.

√P√

8

DIE EIS VAN GEHOORSAAMHEID BLY ALTYD

DIESELFDE

Jona 1 : 1 , 2

Lees 1 Sam 15 : 22

Die Jona-mentaliteit van om te wil wegvlug wanneer ons 'n moeilike

of onaangename taak van God ontvang, is iets wat in elke gelowige is.

Laat ons dit maar onthou wanneer ons Jona beoordeel, hy was ook as

profeet 'n sondige bang mens met sy eie denkbeelde oor nasionalisme

en godsdiens.

Bang, want dit sou leeuemoed kos om na die goddelose Nineve te

gaan om daar openlik God se oordeel te gaan verkondig. Hy moes

dan TEEN Nineve preek , die superwrede koning en al sy magtiges

gaan AANSPREEK en VEROORDEEL. Dit wil gedoen wees! Wie

sou in volle gemoedsrus na Moskou durf gaan om die oordeelswoord

van die HERE Here uit te spreek teen die goddelose Kremlinleiers ?

Nineve was vergelykbaar met daardie supermoondheid. 'n Man soos

Mugabe , Neto of Nujoma is piepklein dwergies in vergelyking daarmee,

maar selfs teen hulle sou ons nie so'n oordeelswoord van die

HERE wil uitspreek nie want dit sou ons ons lewe kos.

Die HERE lê nadruk daarop dat Nineve groot was. Groot in omvang,

groot in sonde. God was daar volkome vergete. Wêreldmagte, volke

en superstede mag God vergeet maar God vergeet hulle nie! Hulle

mag sy wette verag en verwerp maar God sal hulle tog kragtens

daardie wet van Hom oordeel. Alle volke en magte van die aarde

word volgens presies dieselfde verbondswet geoordeel waaronder ons

ook staan.

Jona is deur die HERE bemoedig deurdat die HERE Here hom op die

grootheid van Nineve gewys het. God weet dat die grootheid daar is

en gee die profeet so vasberadenheid om hom nie deur grootheid,

mag, prag en praal te laat afskrik nie. Om te hoor dat Nineve groot

was, was vir die profeet seker geen nuus nie. God wys egter daarop

om hom ook te beproef. Sou die profeet die opdrag van God hoër ag

as al die hindernisse van die wêreld?

En ons wat as profete, priesters en konings gesalf is? Gehoorsaamheid,

eenvoudig net gehoorsaamheid word vandag van ons ge-eis.

Wanneer daar geen uitweg meer lyk te wees nie moet ons asof met

toe oë God volg op die pad waarop Hy ons lei. Ons mag Hom nie

wantrou nie, asof Hy ons nie elke keer sal help wanneer ons dit nodig

het nie.

Die HERE wys op die boosheid , slegtheid van die stad. Ook daarmee

bemoedig Hy sy kneg, want Hy stuur Jona nie net as 'n sterflike mens

nie maar as Sy ambassadeur om die goddelose stad voor God se

regterstoel te daag. Al beef die wêreld vir die skrikwekkende mag

van Nineve en vandag se Nineve's en al steur die goddeloses hulle nie

aan wat die mense sê nie, dit is nie van betekenis nie want God sien

en weet alles en dit is al wat tel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!