WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville
WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville
√P√ 64 'n INKONSEKWENTE GOD ? Jona 4 : 1 - 5 Lees Luk 15 : 11 - 32 Die gelykenis van die verlore seun is vir ons so mooi. Tog moet dit asseblief maar 'n gelykenis bly want in die gewone alledaagse lewe is ons eerder soos die oudste broer. Vies vir so'n sondaar en vies oor die vader se blydskap, barmhartigheid en vergewingsgesindheid. Maar as ons nie langs die verflenterde en stinkende verlore seun wil sit nie, selfs nie as hy uiterlik skoon is nie, dan kan ons ook nie aan die feestafel in die huis van ons Hemelse Vader sit nie ! As ons nie met blydskap kan sit langs hulle wat verlore was maar gevind is, langs hoere en tollenaars, diewe en moordenaars en politieke vyande nie dan het ons nog geen snars verstaan van sonde en genade nie. As ons dit in die kerk nie eers kan uithou met verloste sondaars wie se sondes openbaar geword het, terwyl al die sondes wat in onsself rondspook nog binnekant bepaalde sigbare grense gehou is deur gunstige omstandighede en deur God se guns of deur lewenswysheid - as ons dit in die kerk nie eers kan uithou met derglike mense nie, dan moet ons nie hoop om in die hemel te kom nie. Ons sal daar ontuis voel en nie kan aard nie want daar is net en alleen verlore seuns en verlore dogters, versoende vyande van God , verloste goddeloses ook uit die geledere van ons aartsvyande van links of regs. Geen mens kan uitreken hoe geweldig baie mense hulle rug op die kerk gedraai het omdat hulle gewalg het van die uitlewing van die godsdiens deur Jona en ons as sy geestelike familie nie. Die profeet Jona wil liewer sterf as om verder te leef nou God die sentrum van die anti-christelike wêreldmag spaar . Hierdie wrede "bloedstad" soos die HERE Self in Nahum die stad noem. Jona het die Assiriërs geken en geweet dat 'n jakkals sy hare verloor maar nie sy streke nie. Jona sien nou geen toekoms meer vir sy land ,volk en homself nie. Dit was nie juis 'n oorspronklike idee van die profeet nie. Moses wou sterf - uit liefde vir sy volk. Elia wou sterf omdat sy lewe ook sin-loos gelyk het. Maar om presies die teenoorgestelde rede as Jona. Elia het gepreek en gepreek en gedink dat sy prediking geen vrug gedra het nie, eenvoudig nie is nie. Elia is moedverlore moedeloos omdat die verbondsvolk die rug op die HERE gedraai het en die profete wil doodmaak. En Jona? Hy het selfs sy preekwerk afgeskeep uit vrees dat daar wel na geluister sou word; Jona bekommer hom amper siek dat Nineve die HERE sal aanneem , altare vir God sal bou en die profete sal aanvaar ! Watter omgekeerde wêreld ! Jona wil doodgaan omdat sy en ons God so barmhartig is. Die "probleem" van Sondag 4 van ons Heidelbergse Kategismus : God is wel barmhartig, maar Hy is ook regverdig. Jona sien geen kans om God se barmhartigheid saam met Sy regverdigheid te bely nie. Al wat
√P 65 vir hom tel is God se regverdigheid wat in sy vernietigende oordeel sigbaar moet word. Omdat God van plan verander het, beskou Jona God as inkonsekwent. Intussen het Jona vooraf geweet dat God 'n God van genade en vergewing is en daarom het hy gevlug. Hy noem homself 'n profeet van God maar werk doelbewus téén God en is sodoende die toppunt van inkonsekwente optrede. Jona bly baie netjies 'n goeie ortodokse konserwatiewe Jood wat geen selfmoord mag pleeg nie. Intussen kla hy God aan in sy sogenaamde gebed en verwyt hy God en wil hy hê dat God hom gou moet help om die dood in te gaan. Is die dood dan die groot oplosser van alle probleme? Is die ellende dan verby of dan nog erger? Daar is tog niemand wat sal sê dat die dood al genoeg is om die saligheid te ontvang nie ? Jona het 'n groot teleurstelling ondervind en wil sterf. Maar 'n teleurstelling is nie goed genoeg rede om rustig en salig te sterf nie. Ek moet eers 'n teleurstelling beleef, geen teleurstelling in God nie maar 'n groot teleurstelling in myself. Dan mag ek nie daarin vasval nie maar dan moet ek op my knieë en vlug. Nie wegvlug na skynvrede in 'n Tarsis nie, maar vlug na die kruis van my Here Jesus Christus om dan te mag hoor : "Staan op, laat ons feesvier, hierdie kind van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore en hy is teruggevind." So sal daar blydskap in die hemel wees, blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.
- Page 13 and 14: √P 13 Maar Jona se pad het ondert
- Page 15 and 16: √P 15 Die verlore seun wat uit di
- Page 17 and 18: √P 17 ook tekenend nie ? Hoe dikw
- Page 19 and 20: √P 19 GENESING VIR SONDE-WONDE Jo
- Page 21 and 22: √P 21 WAT MOET ONS MET DIE KERK D
- Page 23 and 24: √P JONA AS GELOOFSHELD Jona 1 : 1
- Page 25 and 26: √P 25 'n HELE KATEGISMUS IN PRAKT
- Page 27 and 28: √P 27 LIEWERS DOOD AS GEHOORSAAM
- Page 29 and 30: √P 29 DIE WONDER VAN GOD SE TROU
- Page 31 and 32: √P MENING OF BEGINSEL ? Jona 2 :
- Page 33 and 34: √P WERK-IN-DIE-KERK Jona 2 : 4 -
- Page 35 and 36: √P 35 Dit alles maak hierdie klei
- Page 37 and 38: √P 37 die geloof nie alleen vooru
- Page 39 and 40: √P 39
- Page 41 and 42: √P 41 REDDING NET VAN DIE HERE Jo
- Page 43 and 44: √P 'n DERTIENDE WONDER Jona 3 : 1
- Page 45 and 46: √P 45 VERSKIL IN PROFETIESE OPDRA
- Page 47 and 48: √P 47 DIE STAD 'n POEL VAN SONDE
- Page 49 and 50: √P 'n EENSINNIGE PREEK Jona 3 : 3
- Page 51 and 52: √P 51 heilige evangelie oopgeslui
- Page 53 and 54: √P 53 Die oordeelswoord is ook ge
- Page 55 and 56: √P 55 selfs in die laaste oordeel
- Page 57 and 58: √P 57 Die koning was 'n nuweling
- Page 59 and 60: √P 59 verdeelde kerklike lewe met
- Page 61 and 62: √P 61 mis voor die son en gaan di
- Page 63: √P 63 nie 'n lang donker ketting
- Page 67 and 68: √P 67 Ons leef in 'n tyd waarin h
- Page 69 and 70: √P 69 Dit het Jona doodsbang vir
- Page 71 and 72: √P 71 Waarom ly gelowiges en is g
- Page 73: √P 73 wêreld en Sy skepsele lief
√P

65

vir hom tel is God se regverdigheid wat in sy vernietigende oordeel

sigbaar moet word.

Omdat God van plan verander het, beskou Jona God as inkonsekwent.

Intussen het Jona vooraf geweet dat God 'n God van genade

en vergewing is en daarom het hy gevlug. Hy noem homself 'n profeet

van God maar werk doelbewus téén God en is sodoende die toppunt

van inkonsekwente optrede.

Jona bly baie netjies 'n goeie ortodokse konserwatiewe Jood wat geen

selfmoord mag pleeg nie. Intussen kla hy God aan in sy sogenaamde

gebed en verwyt hy God en wil hy hê dat God hom gou moet help om

die dood in te gaan.

Is die dood dan die groot oplosser van alle probleme? Is die ellende

dan verby of dan nog erger? Daar is tog niemand wat sal sê dat die

dood al genoeg is om die saligheid te ontvang nie ?

Jona het 'n groot teleurstelling ondervind en wil sterf. Maar 'n

teleurstelling is nie goed genoeg rede om rustig en salig te sterf nie.

Ek moet eers 'n teleurstelling beleef, geen teleurstelling in God nie

maar 'n groot teleurstelling in myself. Dan mag ek nie daarin vasval

nie maar dan moet ek op my knieë en vlug. Nie wegvlug na skynvrede

in 'n Tarsis nie, maar vlug na die kruis van my Here Jesus Christus om

dan te mag hoor : "Staan op, laat ons feesvier, hierdie kind van my

was dood, en hy lewe weer; hy was verlore en hy is teruggevind." So

sal daar blydskap in die hemel wees, blydskap onder die engele van

God oor een sondaar wat hom bekeer.