WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville

WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville

gkbellville.org
from gkbellville.org More from this publisher
04.05.2013 Views

√P√ 52 'n OORDEELSPREEK TOG GEEN VERDOEMENISPREEK NIE Jona 3 : 4 Lees Hebr 12 As daar in die prediking angsvallig oor die hel geswyg word, dan word die hemel 'n vanselfsprekende en kleurlose aangeleentheid. As bedreigings nie meer uitgespreek mag word nie omdat dit kwansuis by die Ou Testament behoort en bots met die stroperige-liewe-Jesus idee, dan word die beloftes flou, leeg en niksseggend. Dit sus die geliefde gemeente heerlik aan die slaap.. Die Evangelie van genade kry alleen diepte , kleur, klank, dringendheid en aktualiteit as ons dit sien soos ons belydenis as: Ellendekennis - Verlossingskennis - Dankbaarheid. Geloof sonder bekering sus ons aan die slaap. Bekering sonder geloof dryf ons tot wanhoopsraserny. Wat verkondig mag word is alleen die Bybelse boodskap wat alle eeue dieselfde eis : geloof én bekering. Luther het dit gedoen . Hy het in fel kleure die angste van die hel beskryf. Vandag word gesê dat hy daarin 'n kind van sy tyd was. Maar ons is kinders van ons tyd en het die hel eintlik nog net vir kragwoorde en vloeke gereserveer . In ons tyd vier troosryke genadepreke hoogty. Ons hoor oor radio en televisie dat God aan ons volke beloftes gee en ons sal bewaar... In 'n trefferliedjie is onlangs gesing dat die geliefde van die grens sal terugkeer want die sangeres se gebed bewaar hom.. Dit klink mooi vroom maar is heidense bygeloof wat van gebede en verlangens toorgoed maak. Ons mag nie teruggryp na God se beloftes wat Hy eeue gelede in bepaalde omstandighede gegee het nie en ons mag ook nie vooruitgryp na God se beloftes vir die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde nie. Ons kinderlike geloof bou op honderd persent genadeprediking wat juis sinvol is omdat dit gebaseer is op honderd persent oordeelsprediking. Die Heilige Skrif is heerlik radikaal na altwee kante : oordeel én vryspraak ! Hoe meer ons oë wawyd oopgemaak word vir ons skuld, hoe meer leer ons om te jubel oor die onbegryplike groot genade .. Intussen dreun Jona se een-sin eensydige grimmige oordeelspreek gedurig deur Nineve se strate. Daar IS situasies waarin God ons opdra om mense gesond-bang te maak. Want die gevaar is altyd daar dat ons die genade ontydig en die troos te vroeg bring, soos wanneer mense nog vér van 'n skulderkenning af is. Die gevaar is dat God se oordeel kragteloos gemaak word deur genadewoorde wat gerustheid gee, pleks van verslaentheid. Oordeelsprediking deur Jona maar tog is dit geen verdoemenispreek nie. Dit is nie :"NA veertig dae word Nineve verwoes.. Maar :" NOG veertig dae dan .... NOG - dus Nineve kry nog veertig dae lank tyd.

√P 53 Die oordeelswoord is ook genadewoord. Weens sy kortheid baie ernstig en dringend. Dat God Jona laat preek soos hy preek, is 'n wonder van genade ! Dit is geen aangename boodskap nie. Laat ons maar leer om die Woord van God eenvoudig na te sê. Dit is nie lekker om te sê dat God Hom geweldig vertoorn , ja kwaadmaak oor die sonde van die wêreld en dat Hy daarom die wêreld gaan verwoes nie. Dit klink verskriklik ! Of.. tog nie so erg nie ? Nee wat, dit klink nog glad nie so erg as wanneer ons hoor dat God nie vir die wêreld nie maar vir MY sonde geweldig kwaad is en dat Hy MY lewenshuis verwoes ! as.. EK nie daadwerklik tot bekering kom nie.

√P

53

Die oordeelswoord is ook genadewoord. Weens sy kortheid baie

ernstig en dringend.

Dat God Jona laat preek soos hy preek, is 'n wonder van genade ! Dit

is geen aangename boodskap nie. Laat ons maar leer om die Woord

van God eenvoudig na te sê. Dit is nie lekker om te sê dat God Hom

geweldig vertoorn , ja kwaadmaak oor die sonde van die wêreld en

dat Hy daarom die wêreld gaan verwoes nie. Dit klink verskriklik !

Of.. tog nie so erg nie ? Nee wat, dit klink nog glad nie so erg as

wanneer ons hoor dat God nie vir die wêreld nie maar vir MY sonde

geweldig kwaad is en dat Hy MY lewenshuis verwoes ! as.. EK nie

daadwerklik tot bekering kom nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!