WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville

WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville WONDERS PER DOSYN. - Die Gereformeerde Kerk Bellville

gkbellville.org
from gkbellville.org More from this publisher
04.05.2013 Views

√P√ 14 REISGELD VAN WIE EN VIR WIE ? Jona 1 : 3 Lees 1 Tim 5 : 17 , 18 In kort sinnetjies word die gejaagdheid van die vlugtende diensweieraar beskryf. Vinnig-vinnig reël hy sy sake, daal af na die hawestad Joppe en kry sommer gou-gou 'n skip wat reglê om na Tarsis te vaar. 'n Reis waarvoor die Joodse rabbi's 'n jaar bereken het. So wou hy dit onmoontlik vir God maak om hom te dwing om die Goddelike roeping uit te voer. Hy wat Jona was, was bang dat die gehate inwoners van Nineve moontlik tot bekering sou kom en dan ...o, hoe ontsettend vir 'n geharde nasionalistiese mens soos Jona, dan... sou die HERE die oordeel nie voltrek nie want Jona ken sy God goed genoeg om te weet dat Hy " 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en vol liefde" - dis die getuigskrif wat Jona self van God gee. So'n God is 'n gevaar vir die 'nasionale belang' en daarom moet hy spore maak en sommer vinnig ook. Jona het "geluk" gehad, want hy kry onmiddellik die regte skip. Dit lyk alweer of God se seën selfs op die mens se ongehoorsaamheid rus . Hy het vir die reis betaal - vir die sonde moet ook betaal word. Hy skryf nie hoe groot die bedrag was nie , maar dit moes aansienlik gewees het want die reis was die verste wat onderneem kon word. Geld wat hy in God se diens ontvang het, is gebruik om teen God in opstand te kom. By ons is dit dikwels ook so. Ons bely tog dat ons alles wat ons ontvang uit God se hand ontvang - gesondheid om te kan werk en ons salaris of loon of pensioen wat God vir ons as sy rentmeesters gee. Ons gee dit dikwels so maklik uit behalwe terug vir die diens aan God. Iemand het 'n keer gesê dat die moeilikste deel van 'n gereformeerde om te bekeer sy beursie is. Die rede daarvoor lê daarin dat ons ons roeping as profete, priesters en konings nie meer Skriftuurlik reg sien nie. Jona betaal met God se geld die reisgeld. Hy dink dat hy nou klaar is. Maar die grootste rekening kom nog as die skip op die diepsee sal vaar. Die reisgeld is baie hoog vir elkeen wat van die aangesig van God af wil wegreis. Kyk na die mens wat van God af weggereis het na die land van dronkenskap - wat is sy reisgeld ? U kan dit van sy vervalle gesig aflees, uit sy onvaste gang, u kan dit hoor in die horries waarin hy later sterf. Kyk na die mens wat afgereis het na die land van geldgierigheid en die reisgeld wat hy betaal het, is om nou 'n armoedige slaaf van verganklike geld te wees en om 'n hart te hê wat so koud en hard soos 'n muntstuk is. Kyk na die mens wat afgereis het na die land van verafgoding van die politiek en sy reisgeld is die verbreking van baie familie-, vriende- en kerklike bande, die verlies van Godsvertroue in die persoonlike lewe en vir die toekoms -alles hang nou van die sondige mens se stemme en grille af.

√P 15 Die verlore seun wat uit die vaderhuis vertrek het, het nie geweet hoe hoog die reisgeld was nie. Maar toe hy in vodde met 'n leë maag die varke moes oppas het hy die reisgeld weer nagereken en besef dat dit onmoontlik hoog was. Wat is die huil en kners van die tande waar Jesus oor praat ? Dit is die reisgeld van al die reisigers wat van die aangesig van Jesus en van die aangesig van God die Vader af weggereis het en ondanks al die geroep ook in en deur die kerklike tug , nie tot bekering gekom het nie.

√P√

14

REISGELD VAN WIE EN VIR WIE ?

Jona 1 : 3

Lees 1 Tim 5 : 17 , 18

In kort sinnetjies word die gejaagdheid van die vlugtende

diensweieraar beskryf. Vinnig-vinnig reël hy sy sake, daal af na die

hawestad Joppe en kry sommer gou-gou 'n skip wat reglê om na

Tarsis te vaar. 'n Reis waarvoor die Joodse rabbi's 'n jaar bereken het.

So wou hy dit onmoontlik vir God maak om hom te dwing om die

Goddelike roeping uit te voer. Hy wat Jona was, was bang dat die

gehate inwoners van Nineve moontlik tot bekering sou kom en

dan ...o, hoe ontsettend vir 'n geharde nasionalistiese mens soos Jona,

dan... sou die HERE die oordeel nie voltrek nie want Jona ken sy God

goed genoeg om te weet dat Hy " 'n genadige en barmhartige God is,

lankmoedig en vol liefde" - dis die getuigskrif wat Jona self van God

gee. So'n God is 'n gevaar vir die 'nasionale belang' en daarom moet

hy spore maak en sommer vinnig ook.

Jona het "geluk" gehad, want hy kry onmiddellik die regte skip. Dit

lyk alweer of God se seën selfs op die mens se ongehoorsaamheid rus

Hy het vir die reis betaal - vir die sonde moet ook betaal word. Hy

skryf nie hoe groot die bedrag was nie , maar dit moes aansienlik

gewees het want die reis was die verste wat onderneem kon word.

Geld wat hy in God se diens ontvang het, is gebruik om teen God in

opstand te kom. By ons is dit dikwels ook so. Ons bely tog dat ons

alles wat ons ontvang uit God se hand ontvang - gesondheid om te

kan werk en ons salaris of loon of pensioen wat God vir ons as sy

rentmeesters gee. Ons gee dit dikwels so maklik uit behalwe terug vir

die diens aan God. Iemand het 'n keer gesê dat die moeilikste deel van

'n gereformeerde om te bekeer sy beursie is. Die rede daarvoor lê

daarin dat ons ons roeping as profete, priesters en konings nie meer

Skriftuurlik reg sien nie.

Jona betaal met God se geld die reisgeld. Hy dink dat hy nou klaar is.

Maar die grootste rekening kom nog as die skip op die diepsee sal

vaar. Die reisgeld is baie hoog vir elkeen wat van die aangesig van

God af wil wegreis.

Kyk na die mens wat van God af weggereis het na die land van

dronkenskap - wat is sy reisgeld ? U kan dit van sy vervalle gesig

aflees, uit sy onvaste gang, u kan dit hoor in die horries waarin hy

later sterf. Kyk na die mens wat afgereis het na die land van geldgierigheid

en die reisgeld wat hy betaal het, is om nou 'n armoedige slaaf

van verganklike geld te wees en om 'n hart te hê wat so koud en hard

soos 'n muntstuk is. Kyk na die mens wat afgereis het na die land van

verafgoding van die politiek en sy reisgeld is die verbreking van baie

familie-, vriende- en kerklike bande, die verlies van Godsvertroue in

die persoonlike lewe en vir die toekoms -alles hang nou van die

sondige mens se stemme en grille af.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!