Ter wille van die Engele pdf - Ecclesia

Ter wille van die Engele pdf - Ecclesia Ter wille van die Engele pdf - Ecclesia

ecclesia.co.za
from ecclesia.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Ter Wille van Die Engele Skriflesing: Oor die gedrag van die vrou in die gemeente. 1 Korinthiërs 11:1-16; 1 WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is. 2 En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het. 3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. 4 Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; 5 maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. 6 Want as ‘n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ‘n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek. 7 Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man. 8 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. 9 Want die man is ook nie terwille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man. 10 Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van gesag op die hoof he ter wille van die engele. 11 En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie. 12 Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God. 13 Oordeel self: Is dit betaamlik dat ‘n vrou met onbedekte hoof tot God bid? 14 Of leer ook die natuur self julle nie dat as ‘n man lang hare dra, dit vir hom ‘n oneer is nie; 15 maar as ‘n vrou lang hare dra, dit vir haar ‘n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as ‘n bedekking? 16 Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so ‘n gewoonte nie, en ook die gemeentes van God nie. Geliefdes ek het ‘n besonderse boodskap om met u te deel. Dit is ‘n boodskap waarop u miskien lankal ‘n antwoord wou gehad het en ek wil u elkeen vra om vir my u onverdeelde en u onpartydige aandag te gee. As daar aspekte van hierdie boodskap is wat u nie onmiddellik mee saamstem nie, moet u asseblief nie afskakel vir die res van die boodskap nie. Laat ons die saak uithoor. Dit is van baie groot belang. 3

Ek dank God geliefdes dat ek nooit in hierdie plek staan om net ‘n preek te lewer nie. Ek kom om ‘n boodskap te bring. Ek kom om iets uit God se Woord uit te haal wat ek glo wat God vir my gegee het om aan u te gee. Geliefdes daar is baie gepraat, daar is baie opinies uitgespreek, daar is baie geredeneer en ook al baie gestry oor hierdie saak. Ek wil vir u die hart en die kern daarvan bring, soos ek glo dat God dit aan my geopenbaar het. Ek wil hê u moet baie mooi kyk en u moet baie versigtig wees. Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê: “Often you can’t see the wood for the trees”. Baie keer as jy op die kant van ‘n woud staan dan kyk jy jouself so vas teen die eerste paar bome dat jy glad nie eers die woud raaksien nie. So is dit ook met baie dinge in die Godsaak en in die wêreld. ‘n Mens raak so maklik op ‘n syspoor uitgerangeer en dan sal jy groot sake daarvan maak en groot redenasies daaroor voer en dan is dit nie eers die hoofsaak nie. Ek wil dan ook dadelik vir u sê terwyl ek vir u vra om waarlikwaar u aandag te gee, want dit is werklik ‘n kwessie van bome en ‘n woud. Ek wil vir u sê dat dit nie in die eerste instansie ‘n saak is of die vrou ‘n hoed moet ophê wanneer sy in die erediens is en of sy nie ‘n hoed moet ophê nie. Dit is maar die boom. Ek wil hê ons moet ook kyk na die woud. Ons moet kyk wat is die onderliggende betekenis en die agtergrond daarvan en dan wil ek dit vir u bring in die konteks van die tyd waarin ons lewe. Dit is nie baie lank gelede dat niemand eers daaraan gedink het dat ‘n vrou sonder ‘n hoed na ‘n diens toe kan kom nie. U moet mooi dink wat het alles daarmee saam begin en dit is wat ek vir u op wil wys. Ek wil vir u wys dat dit alles saamloop en een patroon volg: ‘n hoed of nie ‘n hoed nie! ‘n Hoed of nie ‘n hoed nie! Geliefdes, wat is die kern? Ek wil dan vir u sê, kom ons begin met laasgenoemde. Ek wil vir u sê die kern, die fondament, die hoofsaak van hierdie hele saak is dat dit gaan om die orde en die dissipline van die Godsplan. Hier het ‘n teken gekom dat hier aan die einde van die eeu, en God se Woord wys dit vir ons, daar ‘n opstand sal kom teen die Godsgesag, ‘n rebellie teen God. Satan, dié rebel, het opgestaan teen God en hy is uitgewerp uit die hemel, anders sou hy anargie en wanorde in die hemel geskep het. Hy is uitgewerp na die aarde en daar het hy die sonde gebring en daar geliefdes, het hy verwarring op die aarde gebring sodat ons vandag in ‘n Babiloniese stelsel lewe. Babilon beteken chaos, dit beteken wanorde, dit beteken anargie. 4

Ek dank God geliefdes dat ek nooit in hierdie plek staan om net ‘n preek te lewer

nie. Ek kom om ‘n boodskap te bring. Ek kom om iets uit God se Woord uit te

haal wat ek glo wat God vir my gegee het om aan u te gee.

Geliefdes daar is baie gepraat, daar is baie opinies uitgespreek, daar is baie

geredeneer en ook al baie gestry oor hierdie saak. Ek wil vir u die hart en die

kern daarvan bring, soos ek glo dat God dit aan my geopenbaar het.

Ek wil hê u moet baie mooi kyk en u moet baie versigtig wees. Daar is ‘n Engelse

spreekwoord wat sê:

“Often you can’t see the wood for the trees”.

Baie keer as jy op die kant van ‘n woud staan dan kyk jy jouself so vas teen die

eerste paar bome dat jy glad nie eers die woud raaksien nie.

So is dit ook met baie dinge in die Godsaak en in die wêreld. ‘n Mens raak so

maklik op ‘n syspoor uitgerangeer en dan sal jy groot sake daarvan maak en

groot redenasies daaroor voer en dan is dit nie eers die hoofsaak nie.

Ek wil dan ook dadelik vir u sê terwyl ek vir u vra om waarlikwaar u aandag te

gee, want dit is werklik ‘n kwessie van bome en ‘n woud. Ek wil vir u sê dat dit nie

in die eerste instansie ‘n saak is of die vrou ‘n hoed moet ophê wanneer sy in die

erediens is en of sy nie ‘n hoed moet ophê nie. Dit is maar die boom.

Ek wil hê ons moet ook kyk na die woud. Ons moet kyk wat is die onderliggende

betekenis en die agtergrond daarvan en dan wil ek dit vir u bring in die konteks

van die tyd waarin ons lewe.

Dit is nie baie lank gelede dat niemand eers daaraan gedink het dat ‘n vrou

sonder ‘n hoed na ‘n diens toe kan kom nie. U moet mooi dink wat het alles

daarmee saam begin en dit is wat ek vir u op wil wys. Ek wil vir u wys dat dit alles

saamloop en een patroon volg: ‘n hoed of nie ‘n hoed nie!

‘n Hoed of nie ‘n hoed nie!

Geliefdes, wat is die kern? Ek wil dan vir u sê, kom ons begin met laasgenoemde.

Ek wil vir u sê die kern, die fondament, die hoofsaak van hierdie hele saak is dat

dit gaan om die orde en die dissipline van die Godsplan. Hier het ‘n teken gekom

dat hier aan die einde van die eeu, en God se Woord wys dit vir ons, daar ‘n

opstand sal kom teen die Godsgesag, ‘n rebellie teen God.

Satan, dié rebel, het opgestaan teen God en hy is uitgewerp uit die hemel, anders

sou hy anargie en wanorde in die hemel geskep het. Hy is uitgewerp na die

aarde en daar het hy die sonde gebring en daar geliefdes, het hy verwarring op

die aarde gebring sodat ons vandag in ‘n Babiloniese stelsel lewe. Babilon

beteken chaos, dit beteken wanorde, dit beteken anargie.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!