Die duiwel pdf - Ecclesia

Die duiwel pdf - Ecclesia Die duiwel pdf - Ecclesia

ecclesia.co.za
from ecclesia.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Matthéüs 13:19,39; 19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is - dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Johannes 13:2; En gedurende die maaltyd – die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai - Handelinge 5:3; Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? 1 Petrus 5:8; Wees nugter en waaksaam, want julle teëstaander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Efesiërs 6:11-12; 11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Ja, daar is ‘n duiwel! Hierdie waarheid, as ons dit na waarde begryp, sal ons meer as enigiets anders, ons diepe afhanklikheid van God laat besef, en ons dwing tot die gebed. Hoe, en Waarom het Die Duiwel Ontstaan? Die Duiwel het alreeds bestaan toe die Here God die mens geskape het. Daar was toe alreeds kwaad in die Skepping want daar was ‘n “boom, die kennis van goed en kwaad” - (Gén. 2:9,17). Dit is een van die grootste misterieë en miskien die grootste geheim wat eendag openbaar sal word wanneer dit wat nou ten dele is, opgeklaar sal word. Dan sal die swaarste van alle vrae beantwoord word: Hoe kon God, Wie Almagtig is, Heilig, Goed en Liefde is, kwaad geskep het, of die Duiwel toegelaat het om dit te doen? Waarom moes Adam versoek word? Waarom het God nie die Satan uitgewis toe hy in die gedaante van die slang gekom het om verleidende gedagtes in Eva se oor te fluister nie? Die Bybel is die enigste bron van inligting aangaande hierdie allerbelangrike vraag. Daar is ‘n paar gedagtes wat ons aan die hand kan doen, maar die volledige antwoord sal moet wag totdat ook die Duiwel sy rol klaar gespeel het in 4

die Groot Drama van die Plan van God. Bekend as Lucifer, die “Lig-draer” moes hy baie naby aan God gestaan het; so naby, om die waarheid te sê, dat hy ambisieus geword het, en homself voorgeneem het om nie langer God’s geliefde Prins te wees nie, maar om homself met God gelyk te stel! In die persoon van die koning van Tirus - (Eség. 28:12) spreek God die Satan aan as “die seëlring van eweredigheid, vol van wysheid en volmaak in skoonheid”. In Eség. 28:13, sien ons dat hy in Eden, die Tuin van God was en dat sy versiering allerhande kosbare edelgesteentes was. (Geen wonder hy was ‘n skitterende aanloklike wese vir Eva nie. In sy “Companion Bible” sê Dr. Bullinger by Génesis 3:1, dat die woord “slang” van die Hebreeuse woord “Nachash” kom, wat ‘n slang of ‘n verhewe geesteswese beteken. Vergelyk 2 Korinthiërs 11:3,14. 3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedreig het, julle sinne so miskien bedorwe raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Sien Eség. 28:11-19, en let daarop dat hy ‘n gérub, volmaak in skoonheid was - vergelyk verse 15,17). In Eség. 28:14, word hy genoem die gérub met uitgespreide vlerke wat beskut - miskien die hoogste rang in die Engelery: Vergelyk Exodus 37:9. Miskien was Satan die een wat die aanbidding van die ganse Skepping moes lei. Indien so, dan het hy probeer om die aanbidding wat God toegekom het, op homself te rig. Laat al die diensknegte van God tog gewaarsku wees teen hierdie gevaar, want ons sien in Eség. 28:17 dat dit hoogmoed was wat hom tot ‘n val gebring het. In Eség. 28:15, sien ons dat Satan ‘n geskape wese is, volkome in sy weë, totdat daar ongeregtigheid in hom gevind is. Dit is dan ook juis hier waar die breuk gekom het en waar Satan uitgewerp is. Lees Eségiël 28:16, 17(c). Vanaf daardie tyd het hy die teëstander van God geword, en was sy hoofdoel om die menseras te vernietig en sodoende smart in die vaderhart van God te bring. 5

die Groot Drama van die Plan van God.

Bekend as Lucifer, die “Lig-draer” moes hy baie naby aan God gestaan het; so

naby, om die waarheid te sê, dat hy ambisieus geword het, en homself

voorgeneem het om nie langer God’s geliefde Prins te wees nie, maar om

homself met God gelyk te stel!

In die persoon van die koning van Tirus - (Eség. 28:12) spreek God die Satan

aan as “die seëlring van eweredigheid, vol van wysheid en volmaak in

skoonheid”.

In Eség. 28:13, sien ons dat hy in Eden, die Tuin van God was en dat sy

versiering allerhande kosbare edelgesteentes was. (Geen wonder hy was ‘n

skitterende aanloklike wese vir Eva nie.

In sy “Companion Bible” sê Dr. Bullinger by Génesis 3:1, dat die woord “slang”

van die Hebreeuse woord “Nachash” kom, wat ‘n slang of ‘n verhewe

geesteswese beteken.

Vergelyk 2 Korinthiërs 11:3,14.

3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedreig het,

julle sinne so miskien bedorwe raak, vervreemd van die opregtheid

teenoor Christus.

14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van

die lig.

Sien Eség. 28:11-19, en let daarop dat hy ‘n gérub, volmaak in skoonheid was -

vergelyk verse 15,17).

In Eség. 28:14, word hy genoem die gérub met uitgespreide vlerke wat beskut -

miskien die hoogste rang in die Engelery:

Vergelyk Exodus 37:9.

Miskien was Satan die een wat die aanbidding van die ganse Skepping moes lei.

Indien so, dan het hy probeer om die aanbidding wat God toegekom het, op

homself te rig. Laat al die diensknegte van God tog gewaarsku wees teen hierdie

gevaar, want ons sien in Eség. 28:17 dat dit hoogmoed was wat hom tot ‘n val

gebring het.

In Eség. 28:15, sien ons dat Satan ‘n geskape wese is, volkome in sy weë, totdat

daar ongeregtigheid in hom gevind is.

Dit is dan ook juis hier waar die breuk gekom het en waar Satan uitgewerp is.

Lees Eségiël 28:16, 17(c).

Vanaf daardie tyd het hy die teëstander van God geword, en was sy hoofdoel om

die menseras te vernietig en sodoende smart in die vaderhart van God te bring.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!